• No results found

Hoofstuk 4: Derde beweging: Die klank van stilte 4.1 Inleiding: Algemene beskouing van stilte

4.7 Stilte en God

4.7.1.3 Gerald C Liu op verskeie Bybelse tekste

Gerald C. Liu gee ‘n beter begrip dat stilte dus nie die afwesigheid van klank is nie, maar ook die vermoë het om ‘n kerugmaties rol te vervul. Liu vra tereg:

“What do we imagine by “preaching” and proclamation?” What and who do we see as “preachers” and “proclaimers”? Dan haal hy vir Karl Barth as volg aan; “[p]reaching must conform to revelation” (Barth, 1991 in Liu 2016)18.

Hy gebruik die wonderlike beskrywing van Psalm 19 in hierdie verband met perspektiewe op stilte wat buite die parameters van woorde en buite die parameters van musiek strek as maniere van ‘prediking’ en ‘verkondiging’ (Liu 2016).

“Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde” (Psalm 19:2-5b, Die Bybel 1983).

Blykbaar het die aarde ook ’n boodskap wanneer God tot Moses ‘spreek’ deur die brandende bos in Eksodus 3. Die aanklag van Job teen God dat hy wat God is, afwesig

83

was in sy alleenheid, waar God hom dan antwoord dat Hy juis teenwoordig was toe Job gereken het dat Hy afwesig was. Elia se ervaring by Horeb in 1 Konings 19:11,12 waar hy God nie in die aardbewing, vuur of geweldige rukwind beleef nie, maar in die fluistering van die windstilte (Die Bybel 1983).

4.8 ‘n Beweging vanuit Diep Stilte tot gemeenskaplikheid

“Stilte bied ‘n baie spesiale geleentheid om deur God te ken te word” (Bosman 1998:63). Dit is vanuit hierdie beskouing dat Cilliers verder uitbrei oor stilte as estetiese fenomeen en ondersoek instel na, soos hy dit beskryf, “Die Antropologie van Stilte” (2012:198).

“Silence is genetically ordained. In a theological perspective, God speaks to us and we answer. But God speaks out of silence, and God’s words create silence, before they call forth an answer. In the relationship between God and humans, silence on the part of both contributes towards true dialogue” (Cilliers 2012:198).

Soos wat Heidegger herinner aan die diskoers van verbale kommunikasie, help Picard, Dauenhauer en Cilliers om ook te wys op die perspektief dat stilte na die mens kyk en nie soseer die mens na stilte nie. Juis daarom sluit Dauenhauer hom aan by Picard om die grootsheid en omvangrykheid van stilte te beskryf as Diep Stilte. Hulle stel dit as volg: “Dit is nie stilte wat die toets van die mens nie deurstaan nie, maar dat stilte juis die mens toets.”

Hierinis die moontlikheid om van een ruimte na ‘n ander te beweg: van skynbare ruimtes van gestremdheid na die groter Goddelike ruimte. Gekonstrueerde ruimtes soos dié waarin die ‘Stil en Sterk-tipe’ hulself bevind, tot die ontdekking dat die Goddelike ruimte van Diep Stilte, die begrensdheid van menslikheid ver oorskry. Dat daar dus in hierdie Diep Stilte van God ook herskepping moontlik is.

Geloofskonsepte soos vergifnis, sou met betrekking tot sommige WAM, vanweë hul huidige historiese kontekste moontlik begrensing te weeg bring.

84

Beide Picard en Dauenhauer help in hierdie opsig om te verstaan dat die ruimte van Diepe Stilte, ook hierin van waarde kon wees.

Picard en Dauenhauer het dit eens; wanneer verbale kommunikasie wegsink tot slegs stilte, word die woorde wat gespreek is mettertyd vergete. Vergete beteken nie die uitwissing van dit wat gespreek was nie, maar eerder dat vergeet die pad voorberei tot vergifnis: “…forgetting prepares the way for forgiveness” (Dauenhauer 1982:135). Binne die ruimte van die erediens kan daar dus geleenthede geskep word, waarbinne individue soos die ‘Stil en Sterk-tipe’ geakkommodeer word. Ruimtes waar die afwesigheid van woorde, plek maak vir helende momente soos vergifnis en versoening. Beide Dauenhauer en Picard toon aan dat ‘n eiesoortige groepsdinamika ontstaan wanneer daar momente van stilte aanwesig is.

Dit is dus moontlik vir individue om ook vanuit stilte ‘n heroriëntering ten opsigte van hul eie konteks kan ervaar. Hierdie herorientering hang alles van God as Inisiatiefnemer af. Vanuit Diepe Stilte, is dit die Skeppende Woord wat ook nuut kan skep. Na aanleiding van laasgenoemde, kan stilte juis ‘n positiewe bydrae lewer wanneer dit binne die liturgie verreken word. Wanneer prosesse soos heling, genesing, herstel, rus en groei ook vir lidmate soos die ‘Stil en Sterk-tipe’ in die voortuitsig is, is die waarde hiervan dat dit nie slegs tot opbou van die individu alleenlik sou wees nie, maar ook tot opbou en geloofsgroei kan strek van die gemeenskap waarbinne so ‘n individu staan. Hier sou geloofsopbou tot voordeel van die breër gemeenskap beslis inslag vind waar daar gefokus word op eienskappe van die koinoniale modaliteit. Hierdie heling wat vanuit sou ook beskryf kon word as ubuntu vanuit stilte. Ubuntu, ‘n vereenvoudige isiXhosa uitdrukking van “Umuntu ngumuntu ngabantu” is. Laasgenoemde beteken dat ‘n individu, ‘n individu is deur sy bestaan en wese saam met ander individue as kollektiewe groep (Sarpong Bi & Amankwah- Amoah 2016; Karsten & Illa 2005; Mbigi & Maree 1995). Hierdie beginsel van Ubuntu is nie slegs eie tot ‘n Afrika filosofie nie, maar het ontwikkel tot ‘n Afro-sentriese humanistiese filosofie vir die res van die wêreld. Hierdie filosofiese ingesteldheid het ten doel om vrede, harmonie en versoening binne gemeenskappe te bewerk (Sarpong, Bi & Amankwah-Amoah 2016). Dit is Picard wat sê dat stilte baie verder as net die leeftyd van een individue strek; “The silence in a man strecthes out beyond the single human life. In this silence man is connected with past and future generations”

85

(Picard 1948:21). Dit is dan tog moontlik vir groepe soos die ‘Stil en Sterk-tipe’ om deel te wees van ‘n inklusiewe geloofsgemeenskap en samelewing. Tog argumenteer Dauenhauer dat: “mits stilte nie gekoester word binne ‘n konteks van byvoorbeeld aanbidding nie, dit bloot net fiktief is.” (Dauenhauer 1982:18). Dit vra dus na ‘n volgende beweging binne hierdie navorsing wat kyk na ‘n herwaardering van stilte binne die liturgie.