• No results found

Persone wat ʼn rol speel tydens die proses van aanvaarding

HOOFSTUK 4 ANALISE VAN MAATSKAPLIKE WERKERS SE SIENINGS OOR DIE

4.5 TEMA 1: FUNKSIONERING VAN DIE GESIN TYDENS EN NA KANKER-

4.5.2 Sub-tema 1.2: Aanpassing en aanvaarding van kankerdiagnose van ʼn kind

4.5.2.3 Persone wat ʼn rol speel tydens die proses van aanvaarding

Deelnemers was gevra om aan te dui op die skaal van 1 tot 5 hoe onderskeie sisteme in die gesin se lewe bydra tot die proses van aanvaarding van die kankerdiagnose.

ʼn Interessante aspek wat tydens hierdie vraag ontstaan het, is die vraag of die gesin die diagnose ooit aanvaar. Een van deelnemers het genoem dat die wyse waarop kliniese persone die term aanvaarding verstaan en definieer, verskil van hoe die pasiënt en die gesin dit verstaan en definieer:

“Aanvaarding is baie keer ʼn ding waar mense dink ek aanvaar ek het kanker en ek gee hoop op.”

Hierdie stelling van die deelnemer identifiseer ʼn belangrike aspek vir verdere navorsing.

Sien Figuur 4.8 vir die verspreiding van die deelnemers se sienings oor watter persone ʼn rol speel.

N = 18

Figuur 4.8: Persone wat ʼn rol speel tydens aanvaarding van die kankerdiagnose

Vanuit die voorstelling van Figuur 4.8 is dit oplettend dat die meeste deelnemers aangedui het dat die ma altyd ʼn rol sal speel tydens die proses van aanvaarding van die kankerdiagnose. Volgens die deelnemers was die tweede belangrikste persoon wat gesinne kan bystaan en help om die kankerdiagnose te aanvaar, die professionele persone met ander woorde die maatskaplike werker.

Die ses bogenoemde persone se rol en invloed sal kortliks bespreek word.

Moeder Vader Ander gesinslede Uitgebreide

familie Vriende Professionele persone 5 16 8 5 6 3 10 4 1 4 4 4 6 6 3 0 5 9 8 6 2 2 0 0 0 0 2 0 1 1 1 0 0 1 0 0 2 4 6 8 10 12 14 16 18 20 Aa nta l D ee lnem er s

101 Moeder

Soos reeds genoem het die meeste deelnemers (89%) aangedui dat die ma van die kind gediagnoseer met kanker, altyd ʼn rol sal speel tydens aanvaarding van die siekte.

Die deelnemers het verduidelik waarom hulle so sê:

“The mother plays a very vital role because they are the one who are always here with the

child. They have to act as a pillar for the child and sometimes the whole family.”

(Die ma speel ʼn belangrike rol omdat hulle altyd teenwoordig is by die kind. Hulle moet dien

as ʼn pilaar vir die kind en soms vir die gesin ook.)

Literatuur (Björk et al., 2009; Fletcher, 2010; McCubbin et al., 2002; Patterson et al., 2004) noem hoe moeders dikwels meer tyd by die siek kind in die hospitaal spandeer. Fletcher (2010) noem spesifiek hoe ma’s dae aaneen by die hospitaal bly. Vanuit hierdie literatuur en die deelnemers se sienings oor die ma se rol, is dit duidelik dat die ma ʼn beduidende rol speel, wat oorgedra word na die res van die gesin.

Soos gesien hierbo kan aanvaarding dikwels beteken om hoop op te gee. Die een deelnemer wat verwys het na die ma wat nooit aanvaar of nie ʼn rol speel tydens aanvaarding nie is as gevolg van daardie siening wat ouers en die gesin soms het.

“…ek aanvaar dat moeders nie sommer by aanvaarding uitkom nie omdat hulle wil nie hoop

op gee nie, want aanvaar ek daar is kanker sê ek die kanker kan nou maar aangaan met wat

hy wil.”

Vader

Alhoewel Figuur 4.8 aandui dat die meerderheid vaders gereeld en altyd ʼn rol speel, is daar ʼn groter verdeeldheid tussen die deelnemers se ervaring van vaders wat ʼn rol speel tydens aanvaarding van die kankerdiagnose. Daar is egter vyf deelnemers wat voel dat vaders net soms ʼn rol speel tydens hierdie proses. Die data in Figuur 4.8 kan misleidend wees, want alhoewel die meeste aangedui het dat die pa wel ʼn belangrike rol speel as hy teenwoordig is, is hy dikwels nie so betrokke nie, of daar is geen pa teenwoordig nie. Daar is ook deelnemers wat aangedui het dat weens kulturele aspekte en geloof is dit soms moeiliker vir die pa’s om die diagnose te aanvaar.

“Very important, but generally often a lesser role.” (Baie belangrik, maar meestal ʼn kleiner rol.)

102

“He would also play a significant role in terms of acceptance both ways, in terms of not

accepting or accepting. That depends on culture and religious backgrounds. There is a belief that children cannot get cancer and that it is a white man’s disease.”

(Hy sal ʼn beduidende rol speel in terme van aanvaarding beide kante toe, in terme van aanvaarding of nie. Dit hang af van kulturele en godsdienstige agtergronde. Daar is ʼn siening dat kinders nie kanker kan kry nie en dat dit ʼn witmens se siekte is.)

Munet-Vilaró (2004), aangehaal uit Gray et al. (2014:252), voer aan dat elke individu binne ʼn kulturele sisteem funksioneer en leef en dat dit ʼn deurlopende impak het op hoe gesinne die kankerdiagnose van hul kind bestuur, asook hoe hulle daarop reageer. Hierdie literatuur bevestig die deelnemers se narratiewe oor hoe kulturele aspekte die gesin of eerder die pa se sienings kan beïnvloed. Dikwels sal die pa finansiële ondersteuning moet bied en terug werk toe gaan, asook nuwe rolle aanneem soos die versorging van die gesonde sibbe en die uitvoer van huistake (Björk et al., 2009; Fletcher, 2010; McCubbin et al., 2002; Patterson et al., 2004). Hierdie aspekte kan ook bydra tot pa’s wat minder betrokke is en ʼn minder belangrike rol speel tydens die proses van aanvaarding.

Ander gesinslede

Helfte van die deelnemers (50%) het aangedui dat ander gesinslede soos die gesonde sibbe net soms ʼn rol speel tydens die proses van aanvaarding. Wat egter opgetel is gedurende die vraag is dat ouers wel die wyse waarop die gesonde sibbe die diagnose van hul broer of suster aanvaar kan vergemaklik of moeiliker maak. Die wyse waarop die ouers ook tydens die kankerdiagnose van die kind, die gesonde sibbe versorg en hul behoeftes bevredig kan ook bydra tot die wyse waarop hulle aanpas en die diagnose aanvaar. Nog ʼn aspek wat kan lei tot gesonde sibbe wat slegs soms ʼn rol speel, is hul ouderdom.

“Depending on the age of the child if the child accepts because the little ones don’t have the

cognitive understanding of what cancer is.”

(Aanvaarding word bepaal deur die ouderdom van kinders, jonger kinders het nog nie die kognitiewe begrip van wat kanker is nie.)

Figuur 4.8 dui ook aan dat die res van die deelnemers se ervarings dui aan dat die gesonde sibbe wel ʼn rol kan speel tydens die proses van aanvaarding.

“…the siblings can play a very vital role in being a source of strength and courage to the

mother.”

(…die sibbe speel ʼn belangrike rol as bron van ondersteuning en gee krag en moed vir die ma.)

103

Prchal en Landolt (2012:137) verduidelik hoe gesonde sibbe dikwels hulle ouers by staan met take soos kosmaak, skoonmaak en wasgoed was oorneem. Hierdie literatuur bevestig die narratief hierbo oor gesonde sibbe wat die siekte van hul broer of suster aanvaar en so as ʼn bron van ondersteuning en krag vir die ma is.

Uitgebreide familie

Volgens McCubbin et al. (2002) is ondersteuning van die uitgebreide familie een van die faktore wat bydra tot gesinne se veerkragtigheid tydens die kankerdiagnose. Gesinne wat oor eienskappe beskik om veerkragtigheid te bereik sal makliker by die kankerdiagnose aanpas en dit aanvaar. Die uitgebreide familie bied dikwels verskeie vorme van ondersteuning aan die gesinne, wat die proses om by aanvaarding uit te kom, vergemaklik. Dit is dus die ondersteunende rol van die uitgebreide familie wat gesinne help om beter aan te pas.

“Very important role. What they are able to help you facilitate makes the journey that much

easier and maybe that much more acceptable.”

(Baie belangrike rol. Deur dit waarmee hulle jou help is die pad makliker en ook meer aanvaarbaar.)

“Noodwendig, as hier ʼn oupa of ʼn ouma naby is, of veral in jou swart gemeenskappe het ons mos wonderlike uitgebreide gesinstrukture en hulle is dikwels die mamma en pappa.”

“They also play a big role in supporting the family and making the process easier to accept.” (Hulle speel ʼn groot rol deur die gesin te ondersteun en om die proses makliker te aanvaar.)

Alhoewel agt van die deelnemers aangedui het dat die uitgebreide familie net soms bydra tot die aanvaarding van die kankerdiagnose, het 10 deelnemers die kategorie van gereeld en altyd afgemerk vir die uitgebreide familie.

Vriende

Daar was verdeelde sienings oor die rol wat vriende speel tydens die proses van aanvaarding opgemerk. Vanuit Figuur 4.8 is dit duidelik dat die helfte van die deelnemers die vriende in die kategorie 1 tot 3 op die skaal gemerk het.

“Noodwendig, maar dit hang ook af van hoe die gesin funksioneer. Jy kry soms geïsoleerde gesinne en dan kry jy ook baie oop gesinne.”

Geslote sisteme neem nie deel aan transaksies met die gemeenskap nie en isoleer hulself van die gemeenskap (Goldenberg & Goldenberg, 2002:30). Geslote sisteme neig na entrofie – dit verwys na gesinne wat disfunksioneel is weens die feit dat daar nie genoeg insette van die gemeenskap toegelaat word nie en daar ook

104

geen hulpbronne tot hul beskikking is nie (Goldenberg & Goldenberg, 2002:30). Hierdie literatuur wys hoe gesinne wat nie ondersteuning en bystand van vriende toelaat nie, uitdagings sal ervaar en moontlik moeiliker die diagnose aanvaar.

Alhoewel helfte van die deelnemers aangedui het dat vriende nie so groot rol speel nie, beteken dit dus ook dat die ander helfte die vriende se rol as belangrik en behulpsaam tot die proses van aanvaarding beskou het.

“They will because in most cases people are much closer to their friends than family.” (Hulle sal want in meeste gevalle is mense nader aan hulle vriende as hulle familie.)

Die rol wat vriende speel, wat kan bystand bied om die proses te normaliseer en te aanvaar word ook gedefinieer as ondersteuning. Volgens McCubbin et al. (2002:107) bied gemeenskappe, met spesifieke verwysing na die vriende, ook instrumentele en emosionele ondersteuning aan gesinne. Hierdie ondersteuning word ook as waardevol deur die gesin beskou.

Professionele persone

Die meerderheid deelnemers het aangedui dat professionele persone ʼn rol speel en ouers help om aanvaarding te bereik.

“It is not about us wanting them to accept but I think we play a very critical role in helping

them accept.”

(Dit gaan nie oor ons wat wil hê hulle moet aanvaar nie, maar ek dink ons speel ʼn kritieke

rol om hulle te help aanvaar.)

“I think they play an extremely important role, even more important than the family unit in

the sense as a family you do not know much about the disease, you don’t know the statistics so you will generally look up to professionals for guidance and support and knowledge.”

(Ek dink hulle speel ʼn baie belangrike rol, selfs meer belangrik as die gesinsisteem. Die gesinsisteem het nie soveel kennis oor die siekte nie, ken nie die statistieke nie, so hulle sal

dikwels opkyk na professionele persone vir leiding, kennis en ondersteuning.)

Volgens Snow et al. (2008:378) is een van die belangrikste rolle van ʼn maatskaplike werker in ʼn hospitaalopset om gesinne te help om die diagnose van die kroniese/terminale siekte te aanvaar, te hanteer en daarby aan te pas. Hierdie literatuur bevestig die bogenoemde sienings van die deelnemers.

105

Daar is wel ʼn deelnemer wat verwys het na die beskikbaarheid van maatskaplike werkers in die mediese span, en indien daar nie een is nie (daar is dikwels ʼn tekort) is daardie ondersteuning wat van die maatskaplike werker kom en wat bydra tot die proses van aanvaarding afwesig.

Ander

Deelnemers was ook die geleentheid gegee om ander persone te identifiseer wat gesinne kan bystaan tot aanvaarding bereik is. Drie deelnemers het geloof, kerke, en predikante as persone wat kan help om aanvaarding te bereik uitgewys. Daar was genoem dat dit nie noodwendig van toepassing sal wees vir alle gesinne nie, maar kan ook ʼn rol speel.