• No results found

Die kankerdiagnose van ʼn gesin lei tot die ontstaan van nuwe behoeftes wat die gesin nie voorheen gehad het nie. Om beter begrip te toon vir die nuwe uitdagings wat gepaardgaan met die kankerdiagnose van ʼn kind, sal die behoeftes wat ʼn gesin toon na die diagnose, bespreek word.

2.7.1 Behoefte aan inligting

Hierdie behoefte van die gesin, onderskeidelik die ouers en gesonde sibbe se behoefte, word gedryf deur die begeerte om in beheer te voel oor die situasie waarin hulle is (Gibbens, Steinhardt & Beinart, 2012). Volgens Kerr, Harrison, Medves, Tranmer en Fitch (2007) verminder hierdie behoefte aan inligting die gesin se verwardheid, angstigheid en vrese, help gesinne om meer ingelig te wees en beter besluite te neem, en dra ook by tot die ontwikkeling van vaardighede. Hierdie behoefte aan inligting oor die kankerdiagnose is nie verwant

43

aan die ouderdom van die kind of duurte van die diagnose nie, maar eerder aan die opvoedkundige vlak van die ouers en die tipe behandeling wat ontvang word (Arabiat & Altamimi, 2013).

ʼn Studie gedoen deur Aburn en Gott (2014) oor die opvoedkundige inligting wat ouers oor die diagnose ontvang, het die volgende resultate opgfelewer. Die ouers het gapings identifiseer oor hierdie behoefte wat hulle het. Volgens hulle is daar sekere onderwerpe waaroor hulle meer inligting wil ontvang, soos veilige kossoorte, infeksies en meer kommunikasie van verpleegsters en dokters oor die toestand van die kind (Aburn & Gott, 2014:245). Om inligting te ontvang oor die kankerdiagnose vorm dus die basis vir die gesin om hulself te bemagtig in die situasie.

2.7.2 Behoefte aan ondersteuning van familielede

Volgens ʼn studie (Yildirim Sari, Yilmaz, Ozsoy, Kantar & Çetingul, 2013:388) toon die gesin ook ʼn behoefte aan ondersteuning van familielede wanneer hul kind met kanker gediagnoseer word. Familielede kan ondersteuning soos voorbereiding van kos, skoonmaak, omsien en versorging van ander kinders, bystaan met vervoer en emosionele ondersteuning bied. Sommige gesinne het ook genoem hoe hul ouers of skoonouers by hulle kom bly het, en so kon hulle sekere take uitrig en verantwoordelikhede oorneem wanneer die ma of pa nie kon nie. Soos reeds genoem, sal die belangrikheid van ondersteuning in Hoofstuk 3 bespreek word.

2.7.3 Behoefte aan kommunikasie

Gesinne, en spesifiek die ouers, van kinders wat met kanker gediagnoseer word toon ʼn behoefte aan oop, eerlike en outentieke kommunikasie van die gesondheidsorgspan oor byvoorbeeld die mislukking van behandelingsprosedures. Ouers koppel ʼn groot waardering aan eerlike kommunikasie van die gesondheidsorgspan omdat dit hulle help om realisties gedurende die proses te bly. Die wyse waarop daar met ouers gekommunikeer word, is ook ʼn belangrike aspek en behoefte van gesinne (Monterosso & Kristjanson, 2008: 62,65).

Die gesin toon ook ʼn behoefte om gehoor te word deur die gesondheidsorgspan. Volgens Monterosso en Kristjanson (2008:66) wil die gesin ernstig opgevat word, en inligting rakende die verandering van toestand onmiddellik ontvang.

2.7.4 Behoefte aan verhouding en beskikbaarheid van gesondheidsorgspan

Die kontinuïteit en beskikbaarheid van die gesondheidsorgspan is ʼn belangrike komponent vir die ouers, maar ook vir die kinders in die gesin. Die verhouding wat ontwikkel tussen die gesin en die gesondheidsorgspan bied vertroosting vir die ouers, veral wanneer dit opgemerk word as die gediagnoseerde kind en gesonde sibbe as persone, en nie net pasiënte, deur die verpleegsters leer ken word (Monterosso & Kristjanson, 2008:65).

44

ʼn Verdere behoefte wat ook onder hierdie aspek val, is die wyse waarop die gesin ten alle tye ingesluit word by die proses en ontmoetings wat deur die gesondheidsorgspan gehou word. Monterosso en Kristjanson (2008:65) dui aan dat daar nie altyd aan hierdie behoefte van ouers voldoen word nie, en daar ruimte vir verbetering is.

2.7.5 Behoeftes van die gediagnoseerde kind

Kinders gediagnoseer met kanker se lewe word ontwrig en hulle word blootgestel aan verskeie uitdagings. Wanneer kanker gediagnoseer word in ʼn kind, ervaar daardie kind behoeftes wat nie voorheen teenwoordig was nie. Behoeftes kan verskil van ouderdomsgroep of ontwikkelingsfase van die kind (Gibson, Aldiss, Horstman, Kumpunen & Richardson, 2010). Die behoeftes van kinders sal volgens hulle ouderdomsgroep bespreek word soos uiteengesit in Gibson et al. (2010).

2.7.5.1 Vroeë Kinderjare (kinders tot 6 jaar)

Inligting

Kinders van hierdie ouderdom toon wel ʼn behoefte aan inligting oor hulle diagnose. Hierdie ouderdom kind wil egter die inligting ontvang van hulle ouers, en nie die mediese span nie. Indien hulle enige behoefte getoon het rakende inligting, sou hulle dit aan hulle ouers rig (Gibson et al., 2010).

Ondersteuning

Ondersteuning is ʼn groot behoefte vir kinders, en ondersteuning van die ouers is veral baie belangrik vir ʼn kind van hierdie ouderdom. Hulle toon ʼn behoefte aan ouers wat ten alle tye teenwoordig moet wees, asook om oornag te bly (Gibson et al., 2010).

2.7.5.2 Middelkinderjare (6 tot 12 jaar)

Inligting

Ouers kinders toon ook ʼn behoefte aan eerlike kommunikasie en inligting oor hulle siekte toestand. Hulle sal dikwels persoonlik met die dokter wil praat daaroor, en wil duidelike, spesifieke en nie-dubbelsinnige inligting oor hulle toestand ontvang met die teenwoordigheid van hulle ouers (Gibson et al., 2010).

Ondersteuning

Soos hierbo genoem, is ondersteuning van die gesinsisteem uiters belangrik. Ondersteuning van ouers, sibbe en vriende is prioriteit vir hierdie ouderdomsgroep. Hierdie ouderdom kind toon ook ʼn groot behoefte aan teenwoordigheid van ouers, en toon ook die behoefte aan ouers wat oornag in die hospitaal moet bly (Gibson

45

2.7.5.3 Adolessente (12 tot 18 jaar)

Inligting

Kinders tussen hierdie ouderdomsgroep heg waarde aan inligting rakende hulle diagnose, prognose en behandeling. Hulle wil dikwels die gesprek met die dokter lei, sonder hulp van hulle ouers (Gibson et al., 2010). Wanneer kinders ingelig is oor die diagnose, is hulle meer betrokke by die proses en het meer positiewe herinneringe oor die behandeling.

Ondersteuning

Adolessente, net soos jonger kinders, het ook ʼn behoefte aan ondersteuning van die gesinsisteem. Hulle mis hulle sibbe en vriende, en om kontak te hou met hulle is ʼn behoefte van hierdie ouderdomsgroep. Hierdie kinders (adolessente) het ook aangedui dat ondersteuning van die verpleegsters uiters belangrik is, en dat hulle dit waardeer (Gibson et al., 2010).

Kinders van al drie bespreekte ontwikkelingsfases het ʼn behoefte aan emosionele en informatiewe ondersteuning. Hierdie behoeftes kan aangespreek word deur ouers, sibbe, verpleegsters en dokters (Gibson et

al., 2010).

2.7.6 Samevatting

Om hierdie behoeftes van gesinne aan te spreek en gesinne te help om veerkragtigheid te bereik, is ondersteuningsnetwerke noodsaaklik. Persoonlike en gesinshulpbronne is ook belangrik wanneer die kind behandeling ontvang, ouers die siek kind moet versorg, en omsien na ander kinders in die gesin. Persoonlike hulpbronne verwys na dit wat die gesinslede besit soos intelligensie, vaardighede en positiwiteit, terwyl gesinshulpbronne na gesinskohesie en die vermoë om aan te pas in moeilike omstandighede verwys (Brody & Simmons, 2007:153).

McCubbin et al. (2002:108) maak die volgende gevolgtrekking: Gesinne wat die vermoë het om staat te maak op verskeie ondersteuningsbronne, soos bespreek gaan word in Hoofstuk 3, se bogenoemde behoeftes word aangespreek en bereik veerkragtigheid deur die proses.