• No results found

Aanneemkinders het wel meer leer en emosionele probleme as nie-aangenome kinders, maar die verskille verdwyn soos wat hulle grootword (Berk, 2003) Navorsing oor gay en

3.5 HERSIENE GRIFFITHS-ONTWIKKELINGSKALE

3.5.1 Ontstaan van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale

Hoewel toetsing van skoolgaande kinders teen die begin van die twintigste eeu reeds gevestig was, het toetsing van babas eers later gevolg (Brooks & Weinraub, 1976). Die toetse op babas het egter minder betroubaar en geldig geblyk, en die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale is gedurende 1954 ontwikkel om die leemte te ondervang (Luiz, 1994b). Die skale is deur Ruth Griffiths van die Verenigde Koninkryk ontwerp om die ontwikkeling van kinders van geboorte tot twee jaar te bepaal (Griffiths, 1954; 1970; 1986). Die skale verskaf 'n differensiele diagnose van verstandelike status, wat die sterktes en swakhede van 'n kind verskaf op grond van die kind se peil van ontwikkeling. Die verstandsouderdom word dan vergelyk met die kind se kronologiese ouderdom deur grafieke of histogramme, ten einde sterktes en swakhede te identifiseer. Die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale word algemeen beskou as een van die gesaghebbendste babaskale. Dit is ook een van die bekendste toetse wat in Engeland gebruikword (Thomas, 1970).

Die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale se ontwikkeling het swaar geleun op voorgangers, veral die Gesell-toetse. Griffiths het veel meer verbale items by die skale gevoeg, omdat sy van mening was dat spraak 'n belangrike deel van menslike ontwikkeling is (Brooks & Weinraub, 1976). Sy het ook items ingesluit wat sosiale aanpassing bepaal, veral in die eerste jaar van ontwikkeling.

Die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale het aanvanklik bestaan uit vyf subskale, naamlik lokomotoriese skaal (subskaal A), persoonlik-sosiale skaal (subskaal B), gehoor- en spraakskaal (subskaal C), oog-hand-koordinasieskaal (subskaal D), en prestasieskaai (subskaal E). Die populariteit en bruikbaarheid in kliniese diagnose deur verskeie dissiplines het die hersiening van die meetinstrument gemspireer. Die Griffiths Ontwikkelingskale is in 1970 hersien om voorsiening te maak vir toetsing van kinders van geboorte tot agt jaar en vier maande (Griffiths, 1970). Nog 'n subskaal het later gevolg, naamlik die praktiese redeneringskaal (subskaal F) vir kinders van twee jaar en ouer om voorsiening te maak vir toetsing van sekere vaardighede wat met leer en redenering verband hou. Die uitgebreide skale het voorsiening gemaak vir meer kontinu'fteit wanneer ouer kinders met spesifieke gestremdhede getoets word. Die uitgebreide skale bestaan tans uit die volgende ses subskale:

(i) Lokomotoriese skaal (subskaal A)

Subskaal A gee aan die toetsafnemer die geleentheid om sekere fisiese swak punte en gestremdhede te identifiseer (Foxcroft & Roodt, 2006). Die items wat in die skaal voorkom, sluit in: op een been spring, met trappe op- en afklim, om 'n bal te gooi en te vang en tou te spring (Kontras, 2001). Die items op hierdie subskaal toets die kind se algemene fisiese krag, vaardigheid van beweging, ritme en houding, in verhouding tot die kind se ouderdom. Volgens Sweeney (1994) sal 'n kind se vermoe om te fokus en te konsentreer op die take sowel as die kind se emosionele vasberadenheid sy/haar

(ii) Persoonlik-sosiale skaal (subskaal B)

Subskaal B verskaf die geleentheid om persoonlike en sosiale aanpassing te evalueer, in verhouding tot die kind se ouderdom (Foxcroft & Roodt, 2006). Sosiale interaksie en samewerking in sekere spel-aktiwiteite is 'n voorvereiste om die skaal te kan toepas. Aktiwiteite op die subskaal sluit die volgende in: persoonlike higiene, om op sosiaal- aanvaarbare wyse te kan eet, om hande en gesig sonder hulp te was, om self aan- en uit te trek en knope vas en !os te maak. Voigens Kontras (2001) speel emosionele faktore veral 'n rol in kinders se prestasie op die skaal. Voigens Griffiths (1984) vaar kinders wat verwaarloos of oorbeskerm word, gewoonlik swak op die skaal.

(iii) Gehoor- en spraakskaal (subskaal C)

Subskaal C is afgestem op die toetsing van intellektuele vermoens en veral taalvaardighede. Voigens (Kontras, 2001) moet die kind taal kan verstaan en hom/haarself verbaal kan uitdruk, en verskillende dele van gesproke taal en ook sinne en paragrawe kan gebruik. Items soos hemaling van sinne met 'n verskillende aantal lettergrepe, benoeming van kleure, en identifisering en benoeming van gebruiksartikels vorm deel van die skaal. Voigens Schroder (2004) sal kinders wat swak vaar op hierdie skaal in verhouding tot ander skale, oor spraak-en/of taalagterstande beskik of 'n gehoorprobleem ervaar.

(iv) Oog-hand-koordinasieskaal (subskaal D)

Subskaal D bestaan uit items wat verwant is aan handwerk en visuele vermoe, manipuleringsvaardighede, en die koordinasie van oe en hande. Die vaardige voltooiing van take word hier van kinders vereis (Kontras, 2001). Items op hierdie subskaal sluit in die vou en knip van papier, formele en informele tekeninge en nateken van syfers en letters. Formele tekeninge gee 'n aanduiding van die kind se begrip van ruimte en vormverhoudings. Tekeninge van 'n mens gee sekere inligting oor die persoonlikheid, soortgelyk aan projektiewe tekeninge soos die menstekentoets.

(v) Prestasieskaal (subskaal E)

Subskaal E is afgestem op die vermoe van die kind om objekte met vaardigheid te manipuleer en 'n taak met presiesheid te kan uitvoer (Kontras, 2001). Hier kan ook afleidings met betrekking tot die koordinasie van oe en hande, volharding met voltooiing van 'n taak en die kind se persoonlikheid gemaak word (Luiz, 1994a). Items soos die bou van brue en trappe, patroonvoltooiing en vormborde is by die skaal ingesluit.

(vi) Praktiese redeneringskaal (subskaal F)

Die skaal meet vroee aanduidings van wiskundige begrip en oplossing van eenvoudige praktiese probleme (Luiz, 1994b). Die skaal gee ook 'n aanduiding of 'n kind sal baat by formele skoolonderrig. Aandag en konsentrasie is nodig om 'n goeie prestasie op die skaal te behaal. Die items op hierdie skaal sluit in die herhaling van syfers (korttermyn- ouditiewe geheue), die onderskeid tussen gewig, hoogte, lengte en grootte, en onderskeid tussen die pryse van bekende artikels (Kontras, 2001).

Teen 1994 het die bevindinge van verskeie navorsingstudies aangedui dat daar 'n behoefte bestaan om die Griffiths skale verderte hersien (Luiz, Stewart, Barnard, Collier & Kontras, 2000; Allan, 1988). Volgens Kontras (2003) was daar verskeie items wat uitgedien was; sekere items was ook kultureel bevooroordeeld en verwarrend. 'n Voorlopige weergawe van die Hersiene Babaskale van geboorte tot twee jaar is voorgele op die konferensie van die Association for Research in Infant and Child Development (ARICD) wat gedurende Maart 1994 plaasgevind het. As 'n uitvloeisel van besluite wat by hierdie kongres geneem is, is 'n projek deur Professor D.M.Luiz van die Universiteit van Port Elizabeth van stapel gestuur om die uitgebreide skale in Brittanje en lerland te hersien en te hernonneer. Die proses het uit verskeie fases bestaan en die studies was afgestem daarop om problematiese items te identifiseer, nuwe eksperimentele items te ontwikkel, bestaande items aan te pas en te verander, orh nuwe items te toets en uiteindelik die totaal uitgebreide skale te toets (Van Heerden, 2007).

Volgens Schroder (2004) is 'n opname gemaak onder 'n groep geregistreerde Griffiths- gebruikers wat gereeld die toets gebruik. Respondente is versoek om items in nege kategoriee as goed of swak te evalueer. 'n Aantal items wat probleme veroorsaak is deur die respondente ge'fdentifiseer en sekere nuwe items is ge'fdentifiseer en in loodsstudies getoets. Daarna is die nuwe eksperimentele weergawe van die uitgebreide skale gedurende 2004 aan die ARICD voorgele vir kommentaar (Schroder, 2004).

Die hersiene weergawe is aanvaar en die standaardisering van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale is in 2006 in Brittanje afgehandel. Nuwe items is ingesluit en die oorspronklike handleiding is aangepas om nuwe instruksies in te sluit.