• No results found

6.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk word 'n kort samevatting van die literatuurstudie en die empiriese ondersoek asook die navorsingsresultate gegee. Leemtes wat in die ondersoek gevind is, word bespreek en aanbevelings volg dan op grand van die bevindinge.

6.2 BEVINDINGE UIT DIE LITERATUUR

Die literatuurstudie het bevestig dat die studie van menslike ontwikkeling gegroei het tot 'n onafhanklike navorsingsveld. Die verweefdheid van die verskillende terreine van ontwikkeling (fisies, kognitief, moreel, persoonlik en sosiaal) word deur die literatuur aangedui. Optimale kinderontwikkeling vir die voorkoming van fisiese en emosionele problematiek word ook deur die literatuur beklemtoon.

Suid-Afrikaanse kinders het 'n hoe risiko vir ontwikkelingsprobleme, weens toestande soos armoede, geweld, VIGS, en voedsel- en behuisingsnood. Dit blyk verder dat nie alle kinders in Suid-Afrika toegang het tot dagsorgsentrums of kleuterskole nie. Andersyds blyk dit dat dagsorgsentrums en kleuterskole dikwels nie oor die optimale personeel-kind-ratio beskik nie. Uiteraard kan al hierdie faktore die moontlike ontstaan van ontwikkelingsproblematiek bevorder. Verskeie Suid-Afrikaanse navorsers stem saam dat daar 'n behoefte is aan vroee identifisering van hoerisikokinders, sodat vroegtydige assessering en intervensie die kinders kan help om hulle probleme te oorkom.

In hierdie studie is gefokus op kognitiewe ontwikkeling. Navorsers is dit eens dat kognitiewe ontwikkeling van kinders 'n wye spektrum van aspekte insluit, wat 'n bepalende rol speel in kinders se funksionering en uiteindelike aanpassing as volwassenes.

Kognitiewe ontwikkeling kan gesien word as die wyse waarop individue inligting verkry oor die wereld en sluit prosesse in soos persepsie, leer, geheue, denke, oordeel, besluitneming, taal, intelligensie, aandag en probleemoplossing.

Piaget, Vygotsky en Kohlberg was navorsers wat 'n groot invloed gehad net op die veld van die ontwikkelingsielkunde en op die bestudering van kognitiewe ontwikkeling. Piaget se teorie word gekenmerk deur die uitgangspunt dat kognitiewe ontwikkeling 'n proses is wat volgens vasgestelde fases en teen 'n vasgestelde tempo plaasvind om uiteindelik te lei tot suksesvolle aanpassing van die individu in die wereld. Kritiek op Piaget net gelei tot die ontstaan van 'n nuwe denkskool, naamlik die Neo-Piagetiste. Die denkskool is gekenmerk deur die insluiting van konsepte. Vygotsky net 'n belangrike bydrae gelewer met sy sosio- kulturele teorie. Die belangrikste uitgangspunt van Vygotsky se sosio-kulturele teorie is dat kinders se kognitiewe ontwikkeling grootliks deur sosiale invloede gevorm word. Kohlberg se teorie van morele ontwikkeling loop hand aan hand met die van Piaget, deurdat hy van mening is dat morele ontwikkeling interafhanklik is van kognitiewe ontwikkeling en ook volgens fases verloop wat strek van geboorte tot by volwassenheid. Dat menslike ontwikkeling en kognitiewe ontwikkeling dus vanuit verskillende teoretiese perspektiewe verklaar kan word, het duidelik geblyk.

Die literatuurstudie het bevestig dat sekere faktore 'n rol speel in kognitiewe ontwikkeling. Faktore wat belangrik blyk te wees, sluit in die opvoedingsmilieu tuis en in die skool, gesinsinvloede, ouerlike opvoedingstyle, gesinstruktuur en -grootte en sosio-ekonomiese status. Kinders kan slegs optimaal op kognitiewe terrein ontwikkel in stabiele omstandighede waar hulle beste belang gehandhaaf word.

Die literatuur het aangetoon dat die identifisering van vroee ontwikkelingsagterstande deur betroubare en geldige meetinstrumente die risiko's ten opsigte van kinders se verdere ontwikkeling aansienlik kan verminder. Verskeie meetinstrumente wat gebruik word om kinders se ontwikkeling te assesseer, is krities bespreek. Dit het geblyk dat alhoewel al die meetinstrumente bepaalde voordele inhou, daar ook gebreke in die meeste instrumente voorkom.

Die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale word op 'n voortdurende basis hersien. Wanneer die Griffiths Ontwikkelingskale met ander skale vergelyk word, blyk dit dat dit 'n omvattende skaal is wat in al die assesseringsbehoeftes van kinders voorsien, ouderdomsekwivalente norme kan verskaf en internasionaal hoog aangeslaan word. Tog blyk daar ook sekere gebreke te wees wat verdere navorsing regverdig. Die navorsingsvraag vir hierdie spesifieke ondersoek was dus om die bruikbaarheid van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale vir 'n groep Suid-Afrikaanse kinders te bepaal in vergelyking met Britse norme, en ook in terme van ras en gesiag. Daar is ook gelet op die

betroubaarheid en geldigheid van die spesifieke ondersoekgroep in hierdie studie.

6.3 BEVINDINGE UIT DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat Suid-Afrikaanse kinders se prestasie op die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale in sommige opsigte problematies is as dit vergelyk word met die van Britse kinders.

Ten opsigte algemene funksionering soos gemeet deur die algemene kwosient van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale het hierdie groep Suid-Afrikaanse kinders 'n algehele ontwikkelingsagterstand van 9,5 maande getoon. Funksionering van Suid-Afrikaanse kinders op al die subskale het nie goed vergelyk met die Britse norms nie en hulle vaar veral swakker op die taalskaal (subskaal C). Die redes hiervoor kan moontlik wees dat meer as die helfte van kinders in die ondersoekgroep in hulle tweede taal getoets is. Verder begin Britse kinders vroeer met formele skoolonderrig terwyl baie Suid-Afrikaanse kinders nie toegang tot voorskoolse onderrig het nie. Vanwee faktore soos apartheid en armoede het ouers uit voorheen benadeelde gemeenskappe laer vlakke van opleiding wat daartoe lei dat hulle onder andere nie in staat is om vroee taalvaardighede by hulle kinders te stimuleer nie. Die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale behoort dus met versigtigheid vir ontwikkelingsassessering van Suid-Afrikaanse kinders gebruik te word.

Die prestasie van die onderskeie rasgroepe toon 'n statisties beduidende en prakties betekenisvolle verskil op die persoonlik-sosiale skaal (subskaal B) en die taalskaal (subskaal C). So is bevind dat die groep wit kinders beduidend beter funksioneer as die

groep bruin kinders op die persoonlik-sosiale skaai (subskaal B). Die beduidende verskil tussen die prestasie van wit kinders teenoor bruin kinders op die persoonlik-sosiale skaai (subskaal B) kan moontlik daaraan toegeskryf word dat kinders uit die bruin gemeenskap wat voorheen benadeel was, nie toegang tot formele voorskoolse opleiding gehad het nie en sodoende nie persoonlike en sosiale vaardighede kon aaleer nie.

Daar was ook 'n beduidende verskil tussen die prestasie van wit kinders teenoor swart en bruin kinders op die taalskaal (subskaa! C), wat beteken dat wit kinders aansienlik beter gevaar het op die skaai. Die rede hiervoor mag moontlik gelee wees daarin dat sommige swart kinders eers by skooltoetrede 'n tweede taal aanleer. Die ouers se taalvaardighede kon by beide die swart en bruin groep moontlik ook 'n rol gespeel het. Voorts kon die kinders wat uit voorheen benadeelde gemeenskappe afkomstig is, moontlik nie voldoende blootstelling aan voorskoolse onderrig gehad het nie, sodat taalvaardighede kon ontwikkel nie. Daar was geen verdere statistiese of praktiese beduidende verskille op al die ander skale nie.

Ten opsigte van die verskil in prestasie tussen die geslagte het die dogters 'n prakties betekenisvolle hoer telling op die taalskaal (subskaal C). Die rede vir dogters se beter prestasie op die skaai is moontlik toe te skryf daaraan dat dogters meer ingestel is op taalverwante, intellektuele vaardighede en spel wat taalontwikkeling stimuleer. Daar was geen ander statistiese of praktiese beduidende verskille tussen die geslagte op die skale van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale nie.

Die bevindinge van die empiriese ondersoek bevestig dat die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale vir hierdie ondersoekgroep betroubaar is en betroubaarheidsindekse op al die skale gewissel het tussen 0,91 en 0,80. Geldigheid op elke skaai is bevestig met korrelasies tussen 0,98 en 0,40.

6.4 LEEMTES EN AANBEVELINGS

• Die feit dat die ondersoekgroep 'n beskikbaarheidsteekproef en nie 'n ewekansige steekproef was nie, beperk die veralgemening van die resultate na die breer populasie. Die ondersoekgroep was afkomstig uit twee provinsies van Suid-Afrika en is dus nie verteenwoordigend van alle Suid- Afrikaanse kinders van vyf en ses jaar nie.

• Daar was nie proporsionele verteenwoordiging van die rasgroepe soos dit per ratio in die populasie voorkom nie.

• Slegs drie rasgroepe was verteenwoordig in die ondersoekgroep, wat nie verteenwoordigend is van al die diverse rasgroepe wat in Suid-Afrika voorkom nie.

• Daar is nie in hierdie studie vir sosio-ekonomiese omstandighede gekontroleer nie en dit kon moontlik die resultate van die ondersoek be'fnvloed het.

• Resultate is vergelyk met Britse norme, dus buite die Suid-Afrikaanse konteks, met ander omstandighede as die van die ondersoekgroep. Hierdie aspek kan moontlik 'n invloed gehad het op die interprestasie van die resultate.

• In soortgelyke studies behoort daar gepoog te word om 'n ewekansige steekproef, verteenwoordigend van die diverse samestelling van alle Suid- Afrikaanse kinders, te bekom.

6.5 SLOT

Tydens hierdie studie het die navorser die geleentheid gehad om die praktyk van navorsing te leer ken en sodoende die uitbreiding van haar wetenskaplike kennis, maar ook die frustrasie wat met die proses gepaard gegaan het, te ervaar. Die eindproduk kan 'n sinvolle bydrae lewer tot die uitbreiding van die kennisbasis oor die Hersiene Griffiths

Ontwikkelingskale. Die gebruik van die meetinstrument deur sielkundiges kan beslis 'n