• No results found

5.3.1,1 Bespreking van resultate van Tabel

5.3.3.1 Bespreking van resultate van Tabel

In hierdie studie is betekenisvolle verskilie ten opsigte van die prestasie van seuns en dogters onderskeidelik op die taalskaal (subskaal C) van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale gevind.

• Lokomotoriese skaal (subskaal A)

Die seuns en dogters in die ondersoekgroep het geen verskil getoon ten opsigte van hul prestasie op die lokomotoriese skaal nie. Die implikasie hiervan is dus dat die seuns en dogters in hierdie ondersoekgroep dieselfde gefunksioneer het ten opsigte van fisiese krag, spoed en beweging. Hierdie resultate was ietwat verrassend aangesien Khail en Cavanaugh (2007) aantoon dat seuns oor die algemeen beter vaar op groot motoriese take as dogters. Van Heerden (2007) se ondersoekgroep het effens meer dogters as seuns ingesluit, maar sy het ook geen verskil in die prestasie van die ondersoekgroep in vergelyking met die Britse normgroep bevind nie.

• Persoonlik-sosiale skaal (subskaal B)

Ten opsigte van hul vermoe tot selfhelpvaardighede, sosiale interaksie en algemene persoonlike en sosiale ontwikkeling het daar geen verskil voorgekom ten opsigte van seuns en dogters se funksionering nie. Volgens Khail en Cavanaugh (2007) vaar dogters oor die algemeen beter in take wat samewerking verg, emosionele sensitiwiteit en konformering aan sosiale eise wat met persoonlike en sosiale ontwikkeling verband hou. Hierdie konstrukte word egter nie spesifiek geopenbaar in die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale nie.

• Taalskaal (subskaal C)

Louw en Louw (2007) en Bjorklund (2005) toon aan dat daar steeds nie in navorsing afdoende tot die gevolgtrekking gekom kan word dat dogters wel vinniger en beter taalontwikkeling toon as seuns nie. Hy meen dat verskillende faktore, soos kultuur, suike navorsing sal beTnvloed. Hy kom tot die gevolgtrekking dat daar by jonger kinders wel geslagsverskille bestaan ten opsigte van taal, maar dat die verskille by ouer kinders verdwyn.

Ten opsigte van die taalskaal is daar in hierdie ondersoekgroep geen statisties beduidende verskil gevind tussen seuns en dogters nie, maar wel 'n groot prakties betekenisvolle verskil (d = 0.80). Rosenthal, Rosnow en Robin (2000) toon aan dat wanneer daar 'n groot effekwaarde gevind word in die afwesigheid van 'n statisties beduidende p-waarde, dit 'n foutiewe aanname sal wees om te aanvaar dat daar nie 'n verskil is nie. So 'n resultaat dui steeds op 'n tendens. Die nie-beduidende p- waarde kon deur 'n verskeidenheid van faktore beTnvloed gewees het - waaronder 'n klein steekproef. Navorsing waar 'n groot effekwaarde voorkom in die afwesigheid van 'n beduidende p-telling regverdig verdere navorsing. Interpretasie van so 'n verskil moet egter met groot versigtigheid gepaardgaan.

Moontlike redes vir die verskil mag gelee wees in die geslagsrolverwagtinge waarmee kinders grootword. Volgens Papalia etal. (2008) bepaal die geslagsrol die gedrag, belangstelling, houding, vaardighede en persoonlikheidstrekke wat in 'n bepaalde kultuur as belangrik geag word. In 'n opname onder voorskoolse kinders het Ruble en Martin (1998) bevind dat seuns hulself as sterk, vinnig en wreed beskryf en dogters as bang en hulpeloos. Seuns mag dus meer geneig wees om speletjies te speel wat fokus op oefening van spiere en krag en minder op taalverwante speletjies. Dogters speel eerder in 'n kalm, harmonieuse omgewing met een speelmaat en verkies meer gestruktureerde spel (Beneson, 1993; Fabes et

aL, 2003). Daarmee saam toon Khail en Cavanaugh (2007) aan dat voorskoolse

kinders verkies om met lede van hulle eie geslag te speel en sodoende sal taalontwikkeling eerder gestimuleer word. Allan (1992) het egter bevind dat seuns en dogters se totale prestasie op die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale nie beduidend van mekaar verskil nie. Mothuloe (1990) het bevind dat swart Suid Afrikaanse seuns swakker vaar op die lokomotoriese skaal as swart Suid Afrikaanse dogters, maar dat hulle prestasie nie andersins beduidend verskil nie.

Wanneer hierdie resultate in samehang met tabel 3 gemterpreteer word, is dit steeds belangrik om in ag te neem dat die totale groep (dus beide seuns en dogters) se gemiddelde telling nie goed vergelyk het met die Britse norme nie. Van Heerden

(2007) bevestig ook dat Suid-Afrikaanse kinders beduidend swakker vaar as die Britse kinders op hierdie skaal.

• Oog-hand-koordinasieskaal (subskaal D)

Wat die resultate op die oog-hand-koordinasieskaal betref, het daar geen beduidende verskille in die prestasie van seuns en dogters voorgekom nie. Dit impliseer dus dat die onderskeie geslagte in hierdie ondersoekgroep op dieselfde vlak funksioneer ten opsigte van handwerk en visuele vermoe, manipuleringsvaardighede eri koordinasie tussen die oe en hande. Hoewel hierdie studie dit nie bevestig nie, is Papalia et al. (2008) van mening dat dogters oor die algemeen beter vaar in take wat verband hou met verbale take, en op take wat verband hou metfyn motoriese- en perseptuele vaardighede.

• Die Prestasieskaal (subskaal E)

Met betrekking tot die resultate op die prestasieskaal het dit geblyk dat daar geen beduidende verskil in die resultate van die onderskeie geslagte voorgekom nie. Dus kan aanvaar word dat die seuns en dogters in hierdie ondersoekgroep se vaardighede ten opsigte van manipulasie van objekte, koordinasie tussen oe en hande en volharding met die uitvbering van 'n taak ooreenstem. Volgens Levine, Huttenlocher, Taylor en Langrock (1999) toon seuns tydens die vroee kinderjare egter beter vaardighede in die manipulering van figure en objekte en die opios van doolhoftake. Dit mag wees dat die konstrukte soos gemeet in Levine et al. (1999) se navorsing nie deur die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale gereflekteer word nie.

• Die Praktiese redeneringskaal (subskaal F)

Die resultate behaal deur die twee geslagte in hierdie ondersoekgroep toon nie 'n statisties beduidende verskil nie. Seuns en dogters wat deelgeneem het aan hierdie navorsing, het dus tot 'n ooreenstemmende mate vaardighede ontwikkel wat verband hou met vroee wiskundige begrip en die opios van eenvoudige praktiese

probleme, en aandag en konsentrasie. Volgens MacCoby en Jacklin (1974) vaar dogters effens beter tydens skooltoetrede met eenvoudige wiskundige berekeninge, maar die verskil verminder namate kinders ouer word en hoerskool toe gaan.

5.3.3.2 Gevolgtrekking

Daar kan dus tot die gevolgtrekking gekom word dat seuns en dogters se prestasie op die Hersiene Griffiths Ontiwkkelingskale ten opsigte van die taalskaal prakties beduidend van mekaar verskil. Dogters in hierdie ondersoekgroep het beter as seuns gevaar, wat volgens verskillende navorsers moontlik toe te skryf is aan verskillende geslagsrolverwagtings. Prestasie op die ander skale van die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale was nie beduidend verskillend van mekaar nie.

5.3.4 Resultate van doelstelling 4

Doelstelling 4:

Om vas te stel of die meetinstrumente wat gebruik is, geldig en betroubaar is.

Tabel 7: Betroubaarheids- en geldigheisindekse vir die Hersiene Griffiths Ontwikkelingskale S u b s k a l e n C r o n b a c h - a Getal f a k t o r e % v e r k l a a r H o o g s t e k o m m u n a l i t e r t Laagste k o m m u n a l i t e i t A 90 0,81 . 12 76,4 0,96 0,66 B 90 0,80 8 66,1 0,85 0,40 C 90 0,91 10 71,6 0,84 0,46 D 90 0,85 9 65,8 0,88 0,46 E 90 0,87 11 75,6 0,98 0,62 F 90 0,85 11 69,9 0,92 0,47 SLEUTEL: a : Cronbach-alfa-koeffisient A: Lokomotoriese skaal (subskaal A) B: Persoonlik-sosiale skaal (subskaal B) C: Taalskaal (subskaal C)

E: Prestasieskaal (subskaal E)

F: Prakfiese reden eringskaal (subskaal F) n: Groottevan die ondersoekgroep

5.3.4,1 Inleiding

Die Cronbach-alfa-koeffisient, wat 'n indeks van interne konstantheid is, is gebruik om die betroubaarheid van die meetinstrument te bepaal. Soos beskryf onder 4.3.7.2.5 geld die volgende by die interpretasie van die gegewens:

• Cronbach-alfa-koeffisient van 1 dui op besliste geldigheid met verwysing na die meetinstument;

• Cronbach-alfa-koeffisiente tussen 0,5 en 0,8 dui op bevredigende betroubaarheid;

• Tellings laer as 0,5 laat twyfel ontstaan oor die betroubaarheid van die meetinstrument (Huysamen, 1998).

Ten einde geldigheid te bepaal, is gebruik gemaak van die faktorontleding. 'n Meetinstrument is konstrukgeldig indien daar hoe onderiinge interkorrelasie bestaan tussen veranderlikes wat dieselfde konstruk meet (Smit, 1991).