• No results found

Kohlberg (gebore 1928) het 'n belangrike rol gespeel in die uitbreiding van die kennisbasis van die ontwikkelingsielkunde. Alhoewel Kohlberg se teorie primer fokus op morele ontwikkeling, is dit belangrik om daarvan kennis te neem aangesien kognitiewe ontwikkeling en morele ontwikkeling verweef is. Lawrence Kolhberg was 'n lid van die Merchant Marines tydens die Tweede Wereldoorfog en het gedurende hierdie tydperk Jode na ve'iligheid gesmokkel. Kohlberg se belewenis van die massamoord tydends die oorlog het sy teorie direk bemvloed en word hy dus deur sommige skrywers as 'n aktivis en "n kulturele produk van die jare sestig en sewentig beskryf (Kretchmar, 2008).

Kolhberg is deur Piaget se werk ge'inspireer. Albei het waardevoile bydraes tot ons kennis van die morele ontwikkeling van kinders geiewer. Volgens Berk (2003) het Kohlberg die kognitiewe ontwikkelingsteorie geformuleer wat die studie van morele ontwikkeling oorheers het. Alhoewel Piaget bekend is vir sy navorsing oor kognitiewe ontwikkeling, het hy ook daarin belang gestel om te weet hoe leer mense die onderskeid tussen reg en verkeerd. Vir beide Piaget en Kohlberg was morele ontwikkeling hoogs afhanklik van kognitiewe ontwikkeling - namate die individu se kognitiewe strukture mettertyd verander, verander 'n individu se vermoe om te redeneer oor intellektuele en morele kwessies (Kretchmar, 2008). Vir Piaget was die verhouding tussen morele denke en aksie nie 'n belangrike aspek nie. Hy het van die standpunt uitgegaan dat kinders se aksies, gedrag en interaksie met mekaar hulle lei tot nuwe morele begrippe.

Hoewel Kohlberg se teorie primer ontwikkeling beskryf, maak die teorie dit ook duideiik dat morele ontwikkeling slegs kan plaasvind as kognitiewe ontwikkeling plaasvind. Piaget en Kohlberg het saamgestem dat wanneer kognitiewe ontwikkeling plaasvind deurdat kognitiewe strukture verander, die individu se morele redenering ook verander.

2.8.1 Belangrike onderliggende konsepte van Kohlberg s e teorie

Kohlberg het van kliniese onderhoudvoering gebruik om morele ontwikkeling te bestudeer. Hy het met kinders gepraat, eerder as om hulle te observeer terwyl hulle speel en in interaksie met mekaar verkeer (Kretchmar, 2008). Individue moes dan sekere dilemmas oplos wat konflik tussen twee morele waardes verteenwoordig het (Berk, 2003). Die respondents moes dan fn keuse maak tussen gehoorsaamheid aan 'n reel, wet of outoriteitsfiguur, of oortreding van die reel ter wille van mense se behoeftes.

Volgens Kohlberg kan morele ontwikkeling in drie stadia verdeel word, waarvan elkeen twee onderlinge fases bevat. Die verloop van ontwikkeling deur hierdie stadia is volgens horn invariant, dit wil se alle mense deurloop al die stadia in dieselfde volgorde, sonder weglating van enige stadium. Die spoed waarteen mense deur die stadia beweeg, verskil egter van individu tot individu (Kretchmar, 2008; Rich & Davitis, 1985). Kohlberg se morele ontwikkelingstadia is baie nou verwant aan Piaget se stadia van kognitiewe ontwikkeling, in die opsig dat 'n individu nie die hoogste stadia van morele ontwikkeling kan bereik sonder om die hoogste stadium van kognitiewe ontwikkeling te bereik nie.

2.8.1.1 Prekonvensionele vlak

Die prekonvensionele vlak van ontwikkeling is kenmerkend van die middelkinderjare- tydperk. Kinders konformeer nou met reels om straf te vermy en beloning te kry. Tydens hierdie fase is dit wat die kind as reg beskou, gelykstaande aan dit waarmee hy kan wegkom en dit impliseer dat die perspektief van die self nou dominant is (Sigelman & Rider, 2003). Die volgende twee fases word onderskei:

a. Straf- en gehoorsaamheidsorientering

Die kind ignoreer mense se intensies en fokus op vrees vir gesag en vermyding van straf. Kinders is dus gehoorsaam ter wille van gehoorsaamheid, wat bekend staan as heteronome morele redenering, wat beteken dat gehoorsaamheid absoluut is - t o t selfs die letter van die wet (Thomas, 1997).

b. Instrumentele doel van uitruiling

Instrumentele moraliteit is 'n pragmatiese, individualistiese benadering tot morele redenering, wat impliseer dat kinders nou begin insien dat mense verskillende standpunte ten opsigte van 'n morele dilemma kan he. Reels word nagekom om behoeftes te bevredig of belonings te kry en gevolge word geminimaliseer (Kretchmar, 2008).

2.8.1.2 Konvensionele vlak

Op die konvensionele vlak konformeer kinders met die sosiale orde en die verwagtings van ander. Individue beskou die handhawing van die gevestigde norme. as hul morele plig en die perspektiewe van andere word nou as belangrik geag (Sigelman & Rider, 2003). Kinders besef dat mense se gedrag gerig word deur 'n gedeelde eerder as 'n individuele belang. Die redenering wat op hierdie vlak gevolg word, is afgestem op die beginsel van doen aan andere soos wat jy aan jouself gedoen wil he (Thomas, 1997). Die konvensionele vlak net twee substadia.

a. Die goeie seun/meisie-orientasie

Kinders in die ontwikkelingstadium beskou goeie gedrag as gedrag wat deur ander goedgekeurword.

b. Outoriteit en sosiale-orde-onderhoudingsmoraliteit

Korrekte gedrag is gedrag wat geassosieer word met pligvervulling, respek vir outoriteit en handhawing van die bestaande sosiale wet en orde. Wette word beskou as iets wat vir alma) geld en dat dit streng toegepas moet word om almal te bevoordeel.

2.8.1.3 Postkonvensionele vlak

Op postkonvensionele vlak definieer en internaliseer persone morele waardes onafhanklik van die groepe wat die beginsels handhaaf. Alternatiewe morele beginsels word nou erken. Daar is twee substadia.

Die individu is toenemend bewus van die voordele van wette en dat hulle die oortuiging van die meerderheid bevat. Individue neem nou besluite ten gunste van gelykheid, regverdigheid en die algemene welsyn van alle persone, selfs al sou die besluite teen die van die gemeenskap wees (Kretchmar, 2008).

b. Moraliteit van individuele gewetensbeginsels

Persone beoordeel nie net gedrag volgens bestaande norme nie, maar ook volgens hulle eie gewete en op grond van bree universele selfontwikkelingsbeginsels. Die persone tree volgens hulle eie beginsels op, ongeag ander se reaksie en individue is nou in staat om die perspektief van andere te begryp (Henry, 2001).

2.8.2 Kritiese evaluering van Kohlberg

Kohlberg se hoogste vlak van morele ontwikkeling reflekteer waarskynlik 'n Westerse ideaal van geregtigheid, wat beteken dat sy teorie as kultureel veroordelend gesien kan word, omdat postkonvensionele redenering eenvoudig nie in sommige kultuurgroepe bestaan nie (Berk, 2003). Kritici voer aan dat Kohlberg se teorie ook veroordelend is teenoor mense wat nie met sy liberale opinie saamstem nie en ook teenoor vroue, omdat hy slegs manlike proefpersone gebruik het.

Dit is duidelik dat Kohlberg se teorie van morele ontwikkeling baie nou verbind is aan Piaget se teorie oor kognitiewe ontwikkeling. Beide was van mening dat individue deur vasgestelde stadia beweeg, maar volgens Kohlberg sal elke individu teen sy/haar eie tempo beweeg, terwyl Piaget geglo het dat elke stadium binne 'n vasgestelde ontwikkelingstydperk plaasvind.