• No results found

Nasionalisme en godsdiens

5.5 Nasionalistiese temas

5.5.2 Nasionalisme en godsdiens

Anders as erfenisverwante sleutelwoorde, toon Christelike sleutelwoorde ’n veel ho¨er frekwensie as erfeniswoorde. Gesamentlik het dit trouens die hoogste frekwensie van alle naamwoorde in die korpus. Die mees frekwente hiervan is sleutelwoorde wat na manifestasies van die Christelike God verwys:

god 22 591 / 5269 jesus 8299 / 2813 die here 4913 / 1709 christus 2477 / 793 heilige gees 669 / 341

Ander gode vaar nie so goed nie, wat daarop dui dat die meeste bloggers bekend is met die Christelike tradisie eerder as ander godsdienstige tradisies15:

Boeddha 117 / 34 Zeus 56 / 34 Allah 39 / 30 Vishnu 3 / 3

Die sleutelwoord “god” is die mees frekwente eienaam en tweede mees frekwente naamwoord in die korpus16. Dit lˆe 92ste op ’n frekwensieranglys

van 256 826 unieke woorde en is dus deel van 33% van die mees gebruikte woorde, wat dit dus ’n uiters gewilde onderwerp maak. siteSearcher toon aan dat 22 591 gebruike van die woord versprei is oor 5269 inskrywings. Die term verskyn dus gemiddeld 4.29 keer per inskrywing, wat dit waarskynlik maak dat dit dikwels ’n onderwerp van bespreking is. Hierdie 5269 inskrywings is boonop deur 447 blogs geplaas, wat beteken dat 62% van die blogs ’n gemiddeld van 12 inskrywings gemaak het wat die woord bevat en dat die meerderheid bloggers hulself met die begrip bemoei. ’n Lyngrafiek waarop die term “god” en “zuma” (’n arbitrˆere keuse van ’n relatief gewilde onderwerp) saamgeplot word, illustreer die gewildheid van eersgenoemde term effektief:

15In die bostaande verwys “Vishnu” in al drie gevalle na Senior Superintendent Vishnu

Naidoo van die SAPS.

16Die mees frekwente naamwoord is “mens” (28 534) en sy meervoudvorm “mense” (38

’n Ewekansige steekproef van 363 inskrywings toon aan dat 37% (132) van hierdie inskrywings egter nie na ’n goddelike entiteit of godsdiens verwys nie. Hierdie geraasdata bevat kragwoorde, nie-godsdienstige metafore waarin mense (hoofsaaklik welgeskape mans) met Griekse en Noorse gode vergelyk word en Afrikaanse uitdrukkings soos “gods water oor gods akker laat loop”. Die oorblywende 63% (227) is by uitstek nie nasionalisties nie.

99% van die inskrywings maak geensins melding van die uitverkorenheid van die Afrikaner-volk en die sienings wat Diederichs en Malan hieroor gehuldig het nie. Eerder is dit ’n bre¨e spektrum van geloofsbelydenisse, bemoedigende gedagtes en, soms, apologetiek - pogings om die Christelike geloof teen die menings van andersdenkendes te verdedig. Godsdienstige fundamentalisme is interessant genoeg nie baie sterk nie. (’n Feit wat hier vermeld moet word, is dat daar ’n groeiende gros predikante en teolo¨e op die blogosfeer is. ’n Gewilde voorbeeld in hierdie verband is Attie, ’n predikant van Gauteng wat by geleentheid positief geskryf het oor evolusie17).

17’n Interessante resultaat is dat die meeste inskrywings wat die begrip “evolusie” gebruik

positief of neutraal daaroor is. 82% van die inskrywings behandel die onderwerp asof dit ’n gegewe is, met 8% wat dit voorwaardelik voorstaan. (Die voorwaarde in hierdie inskrywings is dat evolusie nie vir God moet vervang nie, maar in harmonie saam met die Bybel moet bestaan.) Slegs 10% van inskrywings is geskryf met die invalshoek dat evolusie onbybels is en as ’n dwaalleer verwerp moet word. In die korpus as geheel is daar ook slegs 2 bloggers wat die term “6000 jaar” gebruik om na die ouderdom van die aarde te wys (Geloofsfonteine, 2006; Afrikaansmytaal, 2008).

Slegs 1% (3) van die steekproef se inskrywings eggo ’n Christelik-nasionalistiese sentiment. Al drie die inskrywings is afkomstig van dieselfde blogger, VAKTAP. Die inskrywings se titels is afsonderlik: “God straf Joost vir sy onsedelikheid”, “Onthou Bloedrivier” en “Reguit van die duiwel”. By nadere ondersoek blyk dit dat die skrywer van VAKTAP agter ’n pseudoniem skuil (“dominee Siener van Zyl”) en in werklikheid besig is om die spot te dryf met Afrikaner-nasionalisme. Hierdie spot is duidelik sigbaar in die akronomieme wat in VAKTAP se inskrywings verskyn18, die naam van die “predikant”

wat hy as spreekbuis gebruik en die algehele toon van die inskrywings. Die inskrywing “God straf Joost vir sy onsedelikheid” lees byvoorbeeld as volg (VAKTAP, 2009):

Het julle regtig gedink dat Liewe Jesus gaan bystaan en kyk hoe Joost vertel dat hy ’n groot Christen is terwyl hy prostitute spyker en dwelms van hulle boudjies af snuif? Dink weer! Jesus vat nie nonsens van mense wat hulle self Christene noem maar eintlik is hulle nie [. . . ] Ons moet almal vir Joost bid en die Here Jesus vra om hom genadig te wees en om Joost se baie afskuwelike sondes te vergewe. Hy en God loop al ’n lang paadjie saam, van die dae toe hy vir Liewe Jesus se gunsteling rugby span, die Blou Bulle, gespeel het [. . . ] Laat ons bid: “Beste Here, gee asseblief die dokters die kundigheid om Joost te genees. Ons weet u sal self intree om hom te genees indien nodig maar ons wil dit nie te duidelik maak dat u wel bestaan nie. Vergewe Joost sy sonde en laat hy asseblief sy totterman in sy broek hou en net seks hˆe met sy vrou in die doel om die Afrikaner te vermeerder. Vergewe hom ook dat hy met ’n soutie vrou getrou het.” Amen Ds./ Dr. Siener van Zyl

Dat dit ’n parodie is, blyk uit die gebruik van “Liewe Jesus” (’n aanspreekvorm wat normaalweg deur kinders gebruik word), die gebruik van die verkleinwoorde “boudjies” en “paadjie”, die verwysing na “Joost” se

18V.A.K.T.A.P staan volgens die blogger vir Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal

en die Allerhoogste Party. Hierbenewens gebruik VAKTAP dikwels die akroniem K.A.K. (Kerk vir Afrikaner Kultuur). Die akronieme is duidelik toespelings op vloekwoorde, wat daarop aandui dat die skrywer agter die persona van ds Siener van Zyl nie ’n baie ho¨e dunk van Afrikaner-nasionalisme het nie en dit spot.

geslagsdeel as ’n “totterman” (’n eufemisme wat ook vir kinders aangeleer word) en die aanspraak daarop dat die Blou Bulle God se gunsteling rugbyspan is. Indien VAKTAP inderdaad ’n parodie is, kan verder gepostuleer word dat die skrywer van VAKTAP moontlik nie-gelowig is, na aanleiding van die sinsnede: “ons wil dit nie te duidelik maak dat u wel bestaan nie” . ’n Nasionalistiese sentiment wat voorkom, maar waarmee daar duidelik gespot word, is ’n afkeer van Engels in die verwysing na ’n “soutie vrou”(sic). Ook word daar gespot met die Calvinistiese siening van seks as uitsluitlik behorende tot voortplanting in die sin: “Vergewe Joost sy sonde en laat hy asseblief sy totterman in sy broek hou en net seks hˆe met sy vrou in die doel om die Afrikaner te vermeerder”. VAKTAP dryf die spot met die stereotiepe konserwatiewe Afrikaner.

VAKTAP se parodie tersyde is daar statisties ’n baie lae voorkoms van ’n Christelik-nasionalistiese sentiment in inskrywings wat die begrip “god” vermeld. Uitsonderinge is, soos die geval is met die geskiedenis-inskrywings, die minderheid.

Hoewel dit nie op Christelike-Nasionalisme dui nie, dui die inskrywings wel op ’n sterk godsdienstige identiteit by bloggers. Van hierdie inskrywings is 92% (204) deur bloggers geskryf wat agting toon vir ’n te¨ıstiese god, terwyl slegs 8% (17) geskryf is deur individue wat hulself nie Christene ag nie. Gegewe die ho¨e frekwensie van die woord, sowel as die frekwensie van sy verskeie godsdientige sinonieme, kan die afleiding gemaak word dat die meerderheid van Afrikaanse bloggers Christene is.

Uiteraard verskil die aard van hierdie godsdienstigheid drasties van blogger tot blogger. Afrikaanse bloggers is lief daarvoor om hul diverse menings oor hul geloof te lug – iets wat vermoedelik skaars sal wees binne ’n Christelik- nasionalistiese paradigma. Dit wissel van ’n mening soos Griet13 s’n, wat in ’n lys met 100 kitsfeite as volg oor haarself skryf (2008): “Ek glo in God, maar glo ook in evolution. Ek bid baie deur die dag” tot Geloofsfonteine wat dikwels bybelversies aanhaal en KobusVictor wat parallelle trek tussen Angus Buchan en die profeet Amos (2008):

Ek kan my voorstel dat Amos se preke groot konsternasie veroor- saak het. Die mense was verontwaardig en gebelg. Hulle het kwaad geword. Wie is hy miskien om hier vir ons te kom preek? Is hy dan

nie maar die ou skaapboertjie van Tekoa nie? Buitendien, hy kom nie eers uit een van die groot profete-families nie! Gmf, ’n boertjie wat skielik sy lyf profeet hou? Wie is hy miskien?

Aan die ander kant van die spirituele spektrum is Annerkant, wat vanwe¨e die gang van sy of haar lewe nie meer ’n Christen kan wees nie en bevryding vind in die anonimiteit van die blogosfeer. ’n Bladsy getiteld “meer oor my” bevat die volgende belydenis:

Ek begin hier skryf omdat my eie geestelike reis vreemde wendinge geneem het in die milieu van my eie kultuur en omgewing. Die reis begin ook al intenser raak, en elke dag stoei ek met gedagtes wat sirkelpaadjies in my kop oopdwaal. Kort-kort kom ek so deur die gejaag van die lewe op oopmakende gedagtes en nuwe insigte af, maar meestel bring nuwe kennis net nog meer tergende vrae en onsekerhede. My reis het in ’n mate ’n eensame een geword, want ek kan dit nie met meeste vriende, kennisse of familie en in my eie taal deel nie, om verskeie redes.

Anders as VAKTAP, wat moontlik al dieselfde vrae as Annerkant vir homself oor die Christendom gevra het, is Annerkant se blogskrywings oor die algemeen in ’n eerlike, neutrale styl geskryf en is daar geen geniepsige houding teenoor Christene te vinde nie. Beide bloggers (sowel as al die ander wat oor “god” blog) het dit egter in gemeen dat hulle hul godsdiens op publieke gespreksvorms uitmekaartrek, oordink of verdedig. Hierdie fenomeen is iets wat nouliks in ’n Afrikaner-nasionalistiese bestel (die soort bestel waarmee VAKTAP spot) te vinde sou wees.

Dit lyk nie asof Afrikaanse bloggers hulself vereenselwig met die Christelik- nasionalistiese denkwyse nie. Indien hulle glo dat die Afrikaners ’n uitverkore volk is, skryf hulle dit beslis nie neer nie. Christelike oortuigings het egter nie saam met die nasionalisme uitgesterf nie, met die oorgrote meerderheid van inskrywings oor “god” wat ’n gelowige inslag het en “god” wat ’n uiters frekwente woord is. Die meeste van hierdie inskrywings huldig ’n te¨ıstiese wˆerelbeeld. Verder is daar ’n diverse aantal opinies oor wat dit behels om ’n Christen te wees - soveel so dat dit onmoontlik is om dit in ’n sintese te probeer saamvat.

Gevolglik bly slegs een pilaar van die nasionalistiese narratief oor vir ondersoek, naamlik Afrikaans.