• No results found

Met ’n uiteensetting van die een komponent van hierdie tesis se onderwerp, die blogosfeer, is dit nodig om nou aandag te skenk aan die ander een, naamlik Afrikaneridentiteit. Ten einde hierdie identiteit te omskryf, moet daar egter eers vasgestel word wat onder die term “Afrikaner” verstaan word.

Hoewel nie alle Afrikaners vandag saamstem oor wat dit behels om ’n Afrikaner te wees nie, het die Nasionale Party se staatsapparatuur dit eens maklik gemaak om na ’n ideale identiteitskonstruk te wys en dit as amptelike identiteit voor te hou. Oor hierdie konstruk kan daar maklik opsommings geskryf word; eienskappe van ’n “Afrikaner”, kan dan bloot puntsgewys gelys word. Daarsonder raak dit ’n onbegonne taak.

Die gevaar van ’n ontleding van Afrikanerdom, soos O ’Meara (1983:1- 11) aantoon, is dat die bestaan daarvan implisiet, sonder ’n problematisering van die begrip, veronderstel kan word en dan op foutiewe interpretasies van die geskiedenis kan afstuur. Sodoende loop ontledings die gevaar om ’n monolitiese identiteit op ’n diverse groep mense te projekteer wat in werklikheid veel meer gefragmenteerd en ingewikkeld is as wat die skeppers van daardie identiteit dalk wil hˆe. Hoewel talle analises, soos di´e van Moodie (1975), suksesvol aantoon hoe Afrikanernasionalistiese ideolo¨e die wˆereld vir hulself en hul volk ge¨ınterpreteer het, loop hulle die gevaar dat die verlede ’n onvermydelike beweging na die toekoms raak, soos O ’Meara (1983:6-7) verduidelik:

A perceived aspect of South African politics of the period after

1960 (i.e. support for a political party) is sundered from its historically specific conditions of existence and unproblematically transformed into something else – into a timeless ethnic concept, ‘Afrikanerdom’. This is then imposed backwards in linear historical time as a core concept to organise aspects of South African history as far back as the Great Trek of 1836-8.

[. . . ]

Afrikaner nationalism becomes one all-embracing, teleological pro- cess in which an undifferentiated historical subject, ‘nascent Afrikanerdom’ (Welsh 1974: 250), realises its self-positing end. The history of Afrikaner nationalism is the simple unfolding of ‘what was there in embryo’ (de Villiers 1971: 368).

Die fout kan dus begaan word om die geskiedenis van die Europese setlaars wat in 1652 aan die Kaap geland het as die uiteindelike geskiedenis van die “Afrikaner” te interpreteer, terwyl laasgenoemde identiteit eers veel later ontwikkel het. Hoewel die term “Africander” reeds in die laat 1770’s en vroe¨e 1780’s deur burgers in die Kaap gebruik is om na hulself te verwys en waarnemers “die term ‘Afrikaners’ of ‘Afrikanen’ gebruik [het] vir mense in die stad en ‘Boeren’ vir di´e op die platteland” (Giliomee, 2004:41), was daar nie werklik sprake van ’n nasionale identiteit of ’n selfbewuste Afrikanervolk voor die aanvang van die twintigste eeu nie. Du Plessis (1964:2) maak byvoorbeeld melding van sogenaamde “oer-Afrikaners” om die vryburgers van 1670 te beskryf, maar doen so binne die raamwerk van ’n reeds ontwikkelde Afrikanernasionalisme en begaan dus die fout waarteen O Meara waarsku.

Dit sou immers veel makliker wees om ’n “Afrikaner” te identifiseer in die 1960’s as in die 1860’s (en bykans onmoontlik in die 1660’s, toe n´og Afrikaners n´og Suid-Afrika bestaan het). Die kernelemente van Afrikanerdom was toe nog nie almal teenwoordig nie. Afrikaans was nog nie gestandardiseer nie en die gereformeerde kerke se eredienste het verskil van di´e wat in die twintigste eeu die norm was. Trekkers en vryburgers wat jare later in ’n nasionalistiese narratief ge¨ınkorporeer is, was nie naastenby so bewus van die identiteit soos dikwels in die twintigste eeu voorgegee is nie. Daar kan nie met sekerheid gesˆe word dat die vryburgers in die Kaapkolonie en selfs die Voortrekkers hulself as Afrikaners beskou het nie. Selfs al het hulle, sou hulle nie naastenby dieselfde

vreugdes, vrese en siviele simbole van die Afrikaners in 1960’s gekoester het nie. (Die blote gegewe dat die inwoners van die boererepublieke van die 1800’s nie oor die opvoedingspeil van die stedelike Afrikaners van die 1960’s beskik het nie, impliseer dat hul daaglikse lewe en strewes verskil het.)

Afrikaners se voorsate het oor drie eeue stuk-stuk vanuit ander nasionali- teite na die onderpunt van Afrika gemigreer en stadig begin saamsmelt in ‘n smeltkroes van kulture. Die mense in hierdie proses was onder meer vryburgers, trekkers, lede van die boererepublieke, laerklas arbeiders, kampvegters vir taalregte, individue wat hul seuns na grensvegte gestuur het en ’n politieke elite wat uit Apartheid voordeel geput het. Genealogiese verbande kan gelˆe word tussen die verskillende skakels in hierdie ketting, maar om elkeen onderskeidelik ’n Afrikaner te noem, is vergesog.

Wanneer daar boonop in ag geneem word dat daar dikwels “broedertwis” onder selfs die produsente van Afrikanernasionalisme geheers het, raak die problematiek van ’n monolitiese Afrikaneridentiteit vinnig duidelik. In hierdie verband kon Giliomee (1979:123) dertig jaar gelede reeds drie soorte “Afrikaners” identifiseer:

First, there are those who see the Afrikaners as an exclusive volk, a creation of God sharing a definite genetic character, a distinct cultural heritage, and common conservative values.

A second pattern of identification is that of the political leadership, who sees the Afrikaner as the core of the white South African nation embracing all whites and sharing the same privileges.

Third, there are also those Afrikaners, particularly among the business elite, professionals, academics, and writers, who identify with the group not because it is the politically dominant group or because it serves their own interests. They do, however, feel attached to the Afrikaans culture.

Juis vanwe¨e die ingewikkelde sosiale landskap waarbinne Suid-Afrikaners vandag bestaan, eindig vrae soos “Wie en wat ’n is Afrikaner?” dikwels

in sirkelredenasies op. Die rede hiervoor is dat dit deur ’n wanpersepsie aangaande identiteit gedryf word; sodanige vrae veronderstel dat daar ’n enkele antwoord, ’n korrekte, finale definisie beskikbaar is. Hierdie veronderstelling impliseer verder dat daar ’n enkele meesternarratief oor die Afrikaner is, wat nie ’n geldige aanname is nie.

’n Meer realistiese vraag is: “Wie het die Afrikaner gekonstrueer – en hoekom?” Die vinnige antwoord hierop is: “Nasionaliste het die Afrikaner gekonstrueer”. Selfs hier moet egter gedifferensieer word tussen Afrikaner- nasionaliste en Afrikanasionaliste, wat voor 1994 ongetwyfeld ’n verskillende prentjie van mekaar sou gehad het. O ’Meara (1983:13) merk tereg oor die apartheidsjare op:

A black man wanting to travel from the outskirts of any city to its centre would have to wait for the arrival of a bus reserved for blacks. Even if five empty buses for whites pass him by, he would not be allowed to board them. . . It would confirm his probable interpretation of South Africa as a pervasively racist society, structured by white power and privilege.

Was die man in bogenoemde voorbeeld ’n Afrikanasionalis, sou hy ongetwyfeld ’n ander meesternarratief oor die Afrikaner ken as die Afrikanernasionalis self.

Geen studie oor Afrikaneridentiteit kan egter volledig wees sonder die uiteensetting van die narratief soos vertel deur Afrikaners self nie, juis omdat dit ’n verreikende invloed op hul geskiedenis gehad het. Akademies kan daar immers vir ure geteoretiseer word oor die presiese besonderhede en problematiek van ’n monolitiese identiteitsbeskouing, maar op grondvlak is die realiteit dat duisende Afrikaners grootgeword het met die simbole van Afrikanernasionalisme en ’n narratief wat vir hulle as die hoogste waarheid omtrent hulself aangeleer is. Die Stem van Suid-Afrika is tydens skoolsaalperiodes gesing, vergaderings is met skriflesing en gebed geopen, soldate is opgelei om te veg teen swart en rooi gevare. Vir baie Afrikaners, wat nie noodwendig Afrikanerpolitiek met ’n arendsoog bespied het nie, was die narratief wat gebou is om hulle saam te snoer vir jare ’n realistiese uiteensetting van hul wˆereld. Dit is onder meer hierdie Afrikaners en hul nasate wie se blogs in hierdie studie aan bod kom.

’n Bespreking van hierdie narratief is dus kardinaal. Omdat die narratief nasionalisties van aard is, sal ’n vlugtige bespreking van nasionalisme, gevolg met ’n omskrywing van Afrikanernasionalisme, verskaf word. Die omskrywing is nie bedoel om ’n omvattende gids oor die onderwerp te wees nie, maar wil eerder poog om die indentiteitskonstruk, soos dit vir duisende Afrikaners ’n werklikheid was, te skets.