• No results found

HOOFSTUK 3: BERAMING VAN ‘n PASIëNTE MET VENEUSE ONDERBEEN-

3.2 BERAMINGSINSTRUMENTE

3.3.3 Leefstylfaktore wat tot die ontstaan van veneuse onderbeenulkusse

3.4.1.2 Monitering van wondgrootte en wondbedvoorkoms

Monitering van ‘n wond kan op die volgende maniere gedoen word, naamlik meting en fotografie.

3.4.1.2.1 METING VAN DIE WOND

Schubert (1997:154) beskryf die natrek van die wondgrens as ‘n effektiewe metode om die grootte van die wondarea te bepaal, omrede dit koste-effektief is, geen intensiewe oplei- ding verg nie en dit konstante resultate voorsien wat onmiddellik beskikbaar is. Sonder basislyndata en deurlopende monitering van die wond(e) is dit onmoontlik om te sien of die doelwit van wondgenesing bereik is (Hampton, 1997:7). Plassmann (1995:269) is dit ook eens dat akkurate monitering van kardinale belang is.

Die tegniek behels die natrek van die wondgrense op ‘n dubbele laag asetaatvelle. Die wondgrense word op die boonste asetaatvel met ‘n permanente waterdigte pen nagetrek. Die asetaatvel wat in kontak met die wond was, word weggegooi omrede dit gekon- tamineer is (Small, 2000:75).

Daar is ‘n verskeidenheid van metodes beskikbaar om die presiese grootte van die wondbed te bepaal. Een van die metodes is om die tekening van die afgetrekte wondgrense op grafiekpapier te plaas waarvan die blokkies presies 25 mm2 is. Die

hoeveelheid blokkies word dan getel en met 25 mm2 vermenigvuldig om die

Akkurate mates is moeilik bekombaar weens die drie dimensionele en dinamiese struktuur van die wond. Daar is drie spesifieke probleme wat die akkuraatheid van die meettegniek kan beïnvloed. Plassmann (1995:269) en Banks (1998b:212) beskryf die probleme as volg:

¿ DEFINISIE VAN WONDGRENSE

Die grens van die wond word volgens die subjektiewe oordeel van die waarnemer wat die monitering doen bepaal wat besluit of ‘n spesifieke area tot die wond behoort, aldan nie.

¿ BUIGBAARHEID VAN DIE WOND

Wonde word weens hul grootte en diepte onderskat en is daartoe in staat om hul voorkoms betekenisvol te verander en dit kan die werklike mates van die wond beïnvloed.

¿ DIE N ATUURLIKE KURWES VAN DIE MENSLIKE LIGGAAM

Die moniteringstegniek sluit nie die natuurlike kurwes van die liggaam in nie en dit kan onakkurate resultate veroorsaak.

3.4.1.2.2 FOTOGRAFIE

Volgens Small (2000:76) is fotografie die eenvoudigste nie-kontak moniteringstegniek. Die bestudering en meting van foto’s staan as fotogrammetrie bekend. Dit is belangrik om foto’s van die wonde te neem, wat met mekaar vergelyk kan word. Veranderlikes wat moontlik die resultate kan beïnvloed, moet dus beheer word (Small, 2000:76). Bellamy (1995:313-316) en Flanagan (1997:42) is van mening dat spesiale aandag aan die volgende veranderlikes gegee moet word:

¿ KEUSE VAN TOERUSTING

Geen twee kameramodelle is presies dieselfde nie; daarom is dit raadsaam dat dieselfde model by elke geleentheid vir dieselfde studie gebruik moet word.

¿ KEUSE VAN KLEUR

Omrede die kleur van die wondbed en omliggende velarea baie belangrik is, moet ‘n kleurfilm of digitale fotografie gebruik word.

¿ KEUSE VAN PROSESSERING

Die prosessering en druk van die foto’s moet by elke geleentheid by dieselfde dienssentrum of deur dieselfde drukker (digitale foto’s) gedoen word, om konstante resultate te verseker.

¿ KONTROLE VAN DIE PASIëNTE SE POSISIE

Die posisie van die pasiënt in verhouding tot die kamera is baie moeilik beheerbaar. Dit is nodig om volledige aantekeninge by elke geleentheid te maak en dit is ook raadsaam om die vorige foto’s as verwysing byderhand te hê. Indien foto’s vir meting van die wondgrootte gebruik gaan word, is dit nodig om ‘n skaal soos ‘n liniaal so naby as moontlik aan die wondrand in die fokuspunt van die kamera te plaas.

¿ BEHEER VAN BELIGTING

Om konstante resultate te verseker, moet die hoeveelheid, die hoek en rigting waarteen die lig op die wond val, beheer word. Dit is belangrik dat die skaduwees so klein as moontlik moet wees en dit moet met addisionele beligting beheer word. Die foto’s moet dus in ‘n vertrek waar die beligting maksimaal is, geneem word.

¿ BEHEER VAN DIE AGTERGROND

Die agtergrond wat gebruik word, moet effekleurig wees . Helder kleure moet vermy word omrede dit ‘n weerkaatsing op die wondbed en vel kan veroorsaak.

¿ AFSTAND VAN DIE KAMERA

Om goeie resultate by elke geleentheid te verseker, moet die lens van die kamera altyd dieselfde afstand van die wondoppervlak wees (Bellamy, 1995:313-316; Small, 2000:76- 78 en Mulder et al., 2002:49-50)

3.4.1.2.3 VOORKOMS VAN DIE WONDBED (KLASSIFIKASIE)

Flanagan (2003:9) is daarvan oortuig dat die algemeenste metode om wonde te beraam, is deur van direkte waarneming gebruik te maak om te bepaal wat die kleur van die wondbed is. Die voorkoms van die wondbed voorsien ‘n aanduiding van die fase van wondgenesing wat die wond bereik het, asook enige komplikasies wat teenwoordig is (Krasner, 1995:44 en Flanagan, 2003: 9-10). Wonde kan as volg geklas sifiseer word:

¿ SWART NEKROTIESE WONDE

‘n Swart wond dui op die teenwoordigheid van nekrotiese weefsel. Soms is ‘n harde roof teenwoordig. Hierdie gedehidreerde dooie weefsel vertraag die genesing van die wond en noodsaak die verwydering daarvan, aangesien dit as ‘n groeimedium vir patogene organismes kan dien (Mulder et al., 2002:52).

¿ GEEL WONDE

Krasner (1995:45) beskryf twee tipes geel wonde, naamlik die wat geïnfekteerd is en die wat fibreuse afskotweefsel (slough) bevat. Fibreuse afskotweefsel is gewoonlik geel, roomkleurig of wit. Somtyds kan dit sag en veselagtig wees en kan aan die wondbed vas sit.

¿ ROOI GRANULERENDE WONDE

‘n Rooi wond dui die teenwoordigheid van granulasieweefsel aan. Gesonde granulasieweefsel mag ‘n diep pienk of rooi van kleur wees en is vogtig met verhoogde “granules”. Dit is delikate stammetjies van kapillêre vate wat maklik beskadig kan word. ‘n Granulerende wond verteenwoordig ‘n gesonde, genesende wond met ‘n optimale genesingsmilieu (Krasner, 1995:44; Hampton, 1997:7 en Flanagan, 1998:508-510). Die oormatige groei van granulasieweefsel of hiperglanulasie verhinder die migrasie van epiteelselle oor die wondbed en dit kan dus die genesingsproses vertraag.

¿ PIENK EPITELISERENDE WONDE

‘n Pienk wondbed verteenwoordig ‘n epiteliserende wond. Nuut gevormde epiteelselle het ‘n deurskynende voorkoms, is wit-pienk of pienk-pers van kleur en is moeilik waarneem- baar in oop, skoon, granulerende wonde (Flanagan, 2003:10). Dit kom hoofsaaklik om die wondrand voor. Aangesien epiteelselle deurskynend is, kan dit maklik met maserasie van die wondrand verwar word (Flanagan, 2003:10). Epiteelselle migreer vanaf die wondrand en vanuit onbeskadigde haarfollikels en oor die wondoppervlak sodra die vlak van die wond dieselfde as dié van die omliggende vel is (Harding, Bale & Assenheimer, 1997:CD- Rom ; Hampton, 1997:7 en Banks, 1998b:211).