• No results found

HOOFSTUK 3: BERAMING VAN ‘n PASIëNTE MET VENEUSE ONDERBEEN-

3.2 BERAMINGSINSTRUMENTE

3.3.3 Leefstylfaktore wat tot die ontstaan van veneuse onderbeenulkusse

3.4.2.4 Lipodermatosklerose

Myers (2004:240) beskryf lipodermatosklerose as hiperpigmentasie met meegaande eriteem, verharding en plaaslike strukturele veranderinge wat weens langstaande veneuse ontoereikendheid voorkom. Die vel en oppervlakkige weefsel is meer fibroties en minder rekbaar as die gesonde weefsel. Dit is belangrik om hierdie toestand te verreken, want dit word met swak wondgenesing geassosieer.

3.4.3 Ouskultasie

Ouskultasie behels die luister na klanke wat in die liggaam voortgebring word. Dié tegniek word hoofsaaklik gebruik om klanke wat deur die beweging van bloed in die kardiovaskulêre stelsel voortgebring word, te beluister.

3.4.3.1 Bloeddruk

Die bloeddruk word met behulp van ‘n stetoskoop en ‘n baumanometer geneem. Die bloeddruk van die pasiënt word geneem om vas te stel of die pasiënt hipertensief of hipotensief is. Sodoende kan daar bepaal word of die pas iënt se bloeddruk gekontroleerd of ongekontroleer is. Kyk onderstaande tabel (Tabel 9) vir die klassifikasie van bloeddruk.

Tabel 9: Klassifikasie bloeddruk:

Klasse van hipertensie Sistoliese bloeddruk (mmHg) Diastoliese bloeddruk (mmHg)

Hipotensie Laer as 100 Laer as 70 Normotensie 100-139 70-80 Geringe hipertensie Hoër as 140 Hoër as 90 Matige hipertensie Hoër as160 Hoër as 100 Ernstige hipertensie Hoër as180 Hoër as110

3.4.3.2 Enkelbragiale drukindeks

Myers (2004:210-211) beskryf die enkelbragiale drukindeks as ‘n sensitiewe indirekte en nie-indringende metode om die perifere weefselperfusie te bepaal. Die toets verskaf inligting met betrekking tot die verhouding van die sistoliese druk in die onderste ledemate in vergelyking met die sistoliese druk in die boonste ledemate. Om die enkelbragiale drukindeks (EBDI) te bereken word die volgende formule gebruik:

Hoogste sistoliese druk van die betrokke onderste ledemate EBDI = ---

Hoogste sistoliese druk van die boonste ledemate

Figuur 8 is ‘n voorbeeld vir die berekening van enkelbragiale drukindeks.

Die druk in die kuit is 30-40 mmHg hoër as die bragiale druk, terwyl die druk van die enkel 12-24 mmHg hoër as die bragiale druk is (Anderson, 2002:250-251). Anderson (2002:250) het die posisie vir die plasing van die mansjet op twee areas getoets om te bepaal wat die verskil in enkelbragiale drukindeks gaan wees. Die een area was so naby as moontlik aan die enkel en die ander area was 10 sentimeter bokant die enkel. Daar was ‘n statistiese verskil van 0-4 mmHg in die sistoliese bloeddruk tussen die twee areas gewees en ‘n statistiese betekenisvolle enkelbragiale drukindeksverskil van 0.08 tot 0.05.

Vowden & Vowden24 (2002) is van mening dat sekere probleme en foute met die neem van ‘n enkelbragiale drukindeks mag voorkom:

¿ die mansjet is die verkeerde grootte – ‘n te klein mansjet veroorsaak oormeting, terwyl ‘n te groot mansjet ondermeting van die sistoliese druk veroorsaak;

¿ die mansjet word herhaaldelik of vir te lang periodes opgeblaas – dit kan veroorsaak dat die arm- of enkeldruk daal (hiperemiese repons kan voorkom);

¿ die mansjet is nie by die enkel geplaas nie – die enkel sistoliese druk word dus nie gemeet nie; die druk wat gemeet word is gewoontlik hoër as die druk in die enkel. Dit kan tot oormeting van die enkelbragiale drukindeks aanleiding gee;

¿ die polse is onreëlmatig of die mansjet word te vinnig afgeblaas – die ware sistoliese druk kan gemis word en

24

¿ Die vate is gekalsifiseerd (byvoorbeeld by pasiënte met diabetes mellitus), die bene is te groot, of die bene is edemateus – ‘n ontoepaslike hoë sistoliese druklesing kan verkry word en dit kan tot oormeting van die enkelbragiale drukindeks aanleiding gee.

150

145

120

115

80

85

Posterior tibialis

Posterior tibialis

Dorsalis pedis

Dorsalis pedis

Linkerenkel-

bragiale

drukindeks

= 120

---

150

=0.80

Regterenkel-

bragiale

drukindeks

= 85

---

150

=0.57

Bragiaal

Bragiaal

Figuur 8: Voorbeeld vir die berekening van enkelbragiale druk-indeks

Bron: Botma soos in Mulder en medewerkers (2002:294); Vowden & Vowden22 (2002a) en Govers23 (2004).

22

Plakkaat.

23

Dit is dus duidelik dat die neem van enkelbragiale drukindeks ‘n vaardigheid is wat intensiewe opleiding van personeel noodsaak. Kyk Bylaag M vir ‘n volledige beskrywing van die prosedure om enkelbragiale drukindeks te neem.

Interpretasie van ‘n enkelbragiale drukindeks:

1.0 = Normaal

>0.9 = Nie betekenisvolle arteriële inkorting.

>0.5 en <0.9 = Arteriële inkorting, maar die pasiënt is gewoonlik simptoomvry. Hierdie pasiënte moet vir verdere ondersoeke na 'n vaskulêre kliniek verwys word.

<0.5 = Hierdie pasiënte is simptomaties met rustende pyn, het ulkusse en/of gangreen.

≥0.8 = Dit beteken dat hoë kompressieverbande met veiligheid

aangewend kan word, maar moet saam met ander inligting wat tydens beraming bekom is, gebruik word.

>1.3 = Dit dui op ‘n arteriosklerose van die arterieë.

NB. Indien arteriosklerose teenwoordig is, kan vals normale waardes verkry word, omdat die arteries weens verharding nie met die mansjet toegedruk word nie. Persone met diabetes mellitus kan ook normale lesings hê, maar dit sluit nie klein bloedvatsiektes uit nie. Kompressieverbande bly steeds 'n risiko by laasgenoemde pasiënte (Llewellyn & Bale, 199-25:126-127; Botma soos in Mulder et al., 2002:294; Vowden & Vowden 2001:201 en Vowden & Vowden26, 2002).

3.4.3.3 Toonsistoliese drukindeks

Govers27 (2004:9) beveel aan dat die toonsistoliese drukindeks (TSDI) gedoen moet word wanneer ‘n enkelbragiale drukindeks van hoër as 1.3 gekry word. Hierdie kan van waarde wees om die genesingspotensiaal by diabetiese pasiënte wat ‘n ulkus het te bepaal. Toonsistoliese drukindeks hou direk met die genesing van veneuse onderbeenulkusse verband. Dit kan as volg bereken word:

25

Die presiese jaar van uitgawe van die artikel is nie beskikbaar nie.

26

Plakkaat.

27

sistoliese toonlesing (mmHg) Toonsistoliese drukindeks = ---

sistoliese bragiale lesing (mmHG)

Interpretasie van toondrukke:

Normaal = TSDI >0.7

Genesing is onmoontlik om plaas te vind = TSDI <0.65 (Govers28, 2004:9).

3.5 ANDER FAKTORE

3.5.1 Liggaamstemperatuur

Liggaamstemperatuur van ‘n pasiënt word gem eet met behulp van ‘n termometer om te bepaal of ‘n pasiënt se temperatuur hipotermies, normotermies of pireksies is. ‘n Normale liggaamstemperatuur is 37°C. Wanneer ‘n pasiënt ‘n temperatuur hoër as 38°C het, is die pasiënt pireksies, terwyl ‘n temperatuur laer as 35°C hipotermies is (Mulder, 1997:32-70).

3.5.2 Liggaamsgewig en lengte

Sodra die gewig en lengte van ‘n persoon bepaal is, kan daar met behulp van gewigstabelle bepaal word of die persoon ondergewig, ‘n normale gewig, oorgewig of geset is.

Die vo lgende formule word gebruik om die liggaamsgewigsindeks van ‘n persoon te bepaal:

Gewig in kilogram Liggaamsgewigsindeks = ---

(Lengte in meters)2

Die normale liggaamsgewigsindeks vir volwasse persone is:

¿ laer as 18.5 = ondergewig;

¿ 18.6 – 24.9 = normaal gewig;

¿ 25 – 29.9 = oorgewig;

¿ 30 – 34.9 = vetsugtig (klas 1);

¿ 35 – 39.9 = vetsugtig (klas 2) en

¿ hoër as 40 = vetsugtig (klas 3) (Smeltzer & Bare, 2000:61-62).

28

Individue met ‘n lae liggaamsgewigsindeks van laer as 18.5, het ‘n verhoogde risiko vir probleme wat met swak voedingstatus geassosieer word. Persone met ‘n liggaamsge- wigsindeks van 25 of meer is oorgewig, terwyl persone met ‘n liggaamsgewigsindeks van 30 of meer vetsugtig is. Persone wat vetsugtig is, het ‘n hoë risiko vir hipertensie, osteoartrose en ander probleme wat met vetsug geassosieer word (Smeltzer & Bare, 2000:61-62).

Vetsug veroorsaak ook gedeeltelike obstruksie van die venae commitantes by die pelvisarea wat die terugkeer van veneuse bloed belemmer met gevolglike veneuse stase en die vorming van edeem in die onderste ekstremiteite. Die druk op die veneuse sisteem kan verminder word deur gewig te verloor (Mulder et al., 2002:42). Gewigsverlies verseker ook dat die pasiënt meer mobiel is.

Wanneer die pasiënt vetsugtig is kan die volgende probleme voorkom:

¿ wondinfeksie aangesien vetweefsel swak bloedvoorsiening het; moeilike asemhaling wat moontlik hipoventilasie tot gevolg kan hê;

¿ flebitis;

¿ kardiovaskulêre siektes (byvoorbeeld miokardiale infarksies);

¿ endokriene siektes (byvoorbeeld diabetes mellitus);

¿ hepatiese siektes (byvoorbeeld obstruktiewe geelsug);

¿ wanneer ‘n pasiënt 13.6 kilogram oorgewig is, word ‘n ekstra 40.2 kilometer bloedvate benodig en

¿ die kardiale uitwerp is ook groter (Smeltzer & Bare, 2000:320).

3.5.3 Enkel- en kuitomtrek

Die enkel- en kuitomtrek word by elke pasiënt geneem wanneer die onderbeenulkusberamingsinstrument voltooi word. Hierdie data dien as basislyndata van elke pasiënt. Daarna word die enkel- en kuitomtrek weekliks beraam om te bepaal of daar enige af- of toename in edeem is. Die enkel- en kuitomtrek word geneem onder andere om te bepaal of die kompressieterapie van die afgelope week effektief was of nie. Wanneer die omtrek van die enkel en kuit toeneem is daar ‘n aanduiding dat die behandeling nie effektief was nie.

3.6 SPESIALE ONDERSOEKE