• No results found

LITERATUUROORSIG EN TEORETIESE UITEENSETTING 2.1 Inleiding

2.4 Leierskap en bestuur

Die begrippe leierskap, bestuur en skoolhoofskap word in skoolverband gewoonlik gesamentlik of uitruilbaar gebruik (Naicker et al. 2014: 421). Leierskap het te make met die vermoë wat ‘n persoon (leier) het om ander te beïnvloed. Bush (2007: 392) onderskei soos volg tussen leierskap en bestuur:

“by leadership, I mean influencing others’ actions in achieving desirable ends. Leaders are people who shape goals, motivate, and try to make sense of actions of others. Frequently they

23

initiate change to reach exciting and new goals… Leadership…takes… much ingenuity, energy and skill”.

Bestuur word wees soos volg deur Christie (2010: 695-695) omskryf: “Managing is maintaining efficiently and effectively current organisational arrangements. While managing well often exhibits leadership skills, the overall function is towards maintenance rather than change”.

Myns insiens verwys kurrikulumleierskap dus na die mate waartoe die prinsipaal die opvoeders, ouers en leerders oorhaal en ondersteun om vernuwing en verandering in die skool te weeg te bring.

Kurrikulumleierskap vereis dat kurrikulumbestuurders vertroud moet wees met ‘n wye spektrum kurrikulumteorieë. Kurrikulumbestuurders moet die verhouding tussen teorie en praktyk verstaan, aldus Glatthorn, Borschee en Whitehead (2006: 75). Glatthorn et al. (2006: 75) is verder van mening dat leierskap ‘n belangrike element in die sukses van kurrikulumverandering is en dat dit leerderprestasie by skole beïnvloed. Dit is daarom baie belangrik vir gemeenskappe om erkenning te gee en aanmoediging te verskaf aan suksesvolle leiers wat die vaardighede, om ‘n verskil in onderrig en leer te maak, demonstreer. Dit is dus uiters belangrik dat kurrikulumleierskap en –bestuur op die mikro kurrikuleringsaspek gerig moet wees, naamlik waar onderrig en leer plaasvind, gewoonlik in die klaskamer.

Die prinsipaal as kurrikulumbestuurder word by die skool gewoonlik deur kurrikulumleiers, wat sekere aspekte van die kurrikulum koördineer, ondersteun. Die funksies van hierdie kurrikulumleiers word opgestel wanneer die behoefte by ‘n skool bestaan. Die gebruik by skole is dat kurrikulumleiers gewoonlik lede is van die kurrikulumkomitee. Hierdie komitee bestaan uit die adjunkhoof, departementshoofde, fase-, graad- en vakhoofde en die assesseringskoordineerder. Die prinsipaal is óf in ‘n toesighoudende hoedanigheid óf as koördineerder deel van die komitee. Die kurrikulumkoördineerder bestuur die werksaamhede van die komitee en kan die prinsipaal of adjunk-prinsipaal wees. Die prinsipaal bly egter, volgens die PAM (1999: 8-9), die Suid-Afrikaanse Standaard vir Skoolhoofskap (2005)(DvO 2005) en Suid-Afrikaanse Standaard vir Skoolhoofskap (2015), verantwoordelik vir die bestuur van die kurrikulum (DvO 2015). Opvoeders van ‘n skool kan as kurrikulumleiers binne hulle fase, graad of vakverband optree, terwyl ander op ‘n ander vlak binne die skoolstrukture as leiers kan dien, maar die prinsipaal bly verantwoordelik vir alle aspekte van die kurrikulum. Kurrikulumleierskap en -bestuur is dus ‘n generiese, oorkoepelende term wat verskillende funksionarisse insluit en nie noodwendig op een spesifieke funksie dui nie (DvO 2015). Kurrikulumbestuurders as leiers lewer dus ‘n unieke bydrae om teorie binne die praktyk na kennistoepassing om te skakel (DvO 2015). Hulle ondersoek en herondersoek kennis op die gebied van kurrikulum asook ander kennisvelde. Kurrikulumbestuurders is spesialiste en in ‘n goeie posisie om navorsing oor kurrikulumaangeleenthede te doen. Hulle gebruik die resultate van die navorsing om probleme in kurrikulum te verbeter. Kurrrikulumspesialiste is gewoonlik jou vakadviseurs, inklusiewe opvoeders (spesialiseer met leerders met spesiale behoeftes), graadhoofde, vakhoofde, departementshoofde, adjunkhoof en die prinsipaal. Terwyl opvoeders daagliks met probleme van die kurrikulum worstel, is dit kurrikulumspesialiste se doelwit om opvoeders van moontlike oplossings te voorsien en met

24

vaardighede te bemagtig. Om dit te kan doen, moet hulle grondige studie van die kurrikulum maak om die verskillende opvoedkundige benaderings te verstaan en te demonstreer.

Van Jaarveld et al. (2015) wys daarop dat die taak van ‘n beginnerprinsipaal as kurrikulumbestuurder moeilik is, aangesien so ‘n persoon oor ‘n baie wye en deeglike kennisbasis moet beskik en leiding aan die SBS, opvoeders, leerders, ouers en SBL moet kan verskaf. Christie (2010) verwys tereg ook na die kompleksiteit van die verskillende verantwoordelikhede van ’n prinsipaal. Hierdie insig word gedeel deur Bus et al.(2011:32) wat meen “there is a growing realisation that headship is a specialist occupation that requires specific preparation”. Daar het na 1994, ’n groot aanvraag ontstaan vir effektiewe opleiding en voorbereiding van prinsipale om hulle voor te berei op die uitdagings wat van hulle vereis word, met betrekking tot die professionele bestuur en leiding van ’n skool, om gehalte- onderrig vir leerders van die 21ste eeu te verseker. Van Jaarsveld et al. (2015) waarsku dat beginnerprinsipale as kurrikulumbestuurders min kans op sukses kan hê, aangesien die moderne stelsel waarin hulle werk, voortdurend verander en kurrikulumhersiening onafwendbaar is, terwyl voorbereiding, gepaste opleiding en ondersteuning ontbreek.

Ek is van mening dat bogenoemde rolle wat binne kurrikulumbestuur aan die verskillende opvoeders as kurrikulumspesialiste, toegeken word, daarop dui dat hierdie persone almal op die een of ander wyse by leierskap betrokke is of behoort te wees ten opsigte van kurrikulumontwikkeling. Dit is duidelik, of behoort te wees, dat persone wat hierdie verskillende rolle vervul, almal die gemeenskaplike doelwit nastreef om die kurrikulum te ontwikkel en/of te implementeer om leerderprestasie moontlik te maak. Ek is van mening dat die beginnerprinsipaal in hierdie spesialisrolle as fasehoof, graadhoof, vakhoof, departementshoof en adjunkhoof, waardevolle ervaring en vaardighede behoort op te doen en dat hierdie ondervinding hom of haar die nodige vaardighede sal laat ontwikkel om, as beginnerprinsipaal, die kurrikulum na wense te bestuur.

2.5 Bestuursfunksies van die prinsipaal volgens die SASW, PAM en ander beleide