• No results found

NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSMETODOLOGIE 3.1 Inleiding

3.3.4 Gevallestudie en navorsingsvraag

Met verwysing na die navorsingsvraag van hierdie studie, naamlik: “Wat is die ervaring van beginnerprinsipale, wat betref kurrikulumleierskap en -bestuur in hul skole, is ‘n verduideliking of beskrywing verwag. Die gevallestudie behoort die hoofnavorsingsvraag te beantwoord deur eerstehandse data te verkry tydens die onderhoude wat binne die prinsipaal se omgewing (sy skool of kantoor) gedoen is, te verkry. Die vrae vir die onderhoude, is so gestruktureer dat die hoofnavorsingsvraag binne ‘n relatief kort periode beantwoord behoort te word, ongeag die verskillende omgewings (agtergrond) van die onderskeie prinsipale, waar die gevallestudies plaasgevind het, omdat een fenomeen gekies is om die kwessie aan te spreek. McMillan en Schumacher (2006:316) voer aan dat “the data analysis in a case study design focuses on one phenomenon that was selected by the researcher, to get an in- depth understanding”.

Ek het na die prinsipale se skole (omgewing), wat onbekend is aan my, gegaan om ‘n beter begrip van die agtergrond te kry, en om inligting in te win sodat die gevallestudie deeglik en versigtig beplan kon word. Die gesprek met die beginnerprinsipale het oor die geskiedenis van die skool, personeel, leerders en gemeenskap gehandel. Dit het my ‘n begrip laat verkry van die agtergrond van die prinsipaal en die platform gelê waarop die onderhoude sal plaasvind.

Vir hierdie studies sal semi-gestruktureerde onderhoude met vier beginnerprinsipale van primêre skole, in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, gevoer word. Beginnerprinsipale vir hierdie studies sal prinsipale met een tot drie jaar ervaring as prinsipaal hê. Seleksie van dié prinsipale is doelgerig gedoen en daar is gepoog om skole van verskillende agtergronde by hierdie studie in te sluit.

3.4 Onderhoude

Semi-gestruktureerde vrae is vir data-insameling gebruik aangesien:

• positiewe interaksie tussen die onderhoudvoerder en die deelnemer verkry moes word en dit ‘n maklike metode is om data te verkry sonder om direk waar te neem (Durrheim 1999:128).

• ‘n hoë mate van geldigheid word, omdat persone items in detail kan bespreek (Yin 2009:40-41).

• gekompliseerde vrae en begrippe kan maklik bespreek en opgeklaar word (Yin 2014: 4).

• dit maklik is om onderhoude met behulp van video-opnemer, bandopnemer, cellulêre foon, skootrekenaar, ens. op te neem. In hierdie studie het ek van ‘n digitale bandopnemer gebruik gemaak.

Volgens McMillan en Schumacher (2006:204) laat semi-gestruktureerde vrae die respondent geen keuse nie as om te antwoord. Die vrae is so gestel dat die individu se mening verkry kon

53

word. Die vrae wat gebruik is, was oop vrae, maar dit was redelik spesifiek en onderhoude is met vier beginnerprinsipale van primêre skole gevoer. Die onderhoude is gefokus op verskillende uitdagings wat ervaar word tydens die bestuursfunksie van die prinsipaal in die implementering en bestuur van die kurrikulum. Die semi-gestruktureerde onderhoude vir hierdie gevallestudie moes die beginnerprinsipale volgens De Vos et al (2009:29-30) toelaat om hulle vryelik uit te druk. Dit het die respondente die geleentheid gegee om hul storie te vertel soos hulle dit op ‘n daaglikse wyse ervaar. Harding (2013:10) is ook van mening dat die onderhoude die respondente, in hierdie geval die beginnerprinsipale, die geleentheid bied om self te demonstreer wat vir hulle belangrik is, eerder as dat data versamel word wat die navorser self belangrik mag vind. In die onderhoude sal die beginnerprinsipale se probleme maar ook goeie praktyke en hul behoeftes, met die bestuur van die kurrikulum, na vore kom. Die soort ondersteuning wat hulle benodig het, het ook in die studie na vore te gekom. Hulle het ook die geleentheid om die rasionaal agter hul bestuursvermoë van die kurrikulum, te verduidelik.

De Marrais en Lapan (2003:227) is van mening dat die meeste gevallestudienavorsers met ‘n algemene kwessie begin, en algaande die ondersoek vorder, probeer die navorser ‘n stel vrae saamstel wat fokus op die tersaaklike kwessie op hande, met ander woorde die navorsingsonderwerp. In hierdie studie is die kwessie wat ondersoek is, die ervaring van vier beginnerprinsipale na aanleiding van kurrikulumleierskap en -bestuur in hulle skole. Die navorsingsvrae sou die fokus bepaal van die studie, maar daar moes begryp word dat gevallestudienavorsing ‘n ondersoekende proses is wat geleidelik ontwikkel. Met die literatuur in gedagte, het ek die voorgestelde navorsingsveld met ‘n buigbare gesindheid benader wat betref die data insamelingsproses. Yin (2014:4) beskryf hoe ‘n eiesoortige behoefte vir gevallestudie navorsing ontstaan uit ‘n begeerte om komplekse sosiale verskynsels, te verstaan. Met bogenoemde beskrywing het ek gefokus op die beginnerprinsipaal en spesifiek op die bestuur van die kurrikulum met ‘n holistiese benadering en ‘n realiteitsperspektief. Die gevallestudie het gefokus op hul ervaring sedert hul eerste aanstelling as prinsipaal met die hoof-navorsingsvraag en subvrae as fokus:

Wat is die ervaring van beginnerprinsipale wat betref kurrikulumleierskap en -bestuur in hule skole? Die subvrae van die navorsing is:

• Hoe lei en bestuur die prinsipale die kurrikulum by hullebetrokke skole?

• Watter uitdagings en behoeftes ervaar beginnerprinsipale op ‘n daagliksebasis, in primêre skole?

• Watter probleme ontstaan met die bestuur van die kurrikulum? • Watter ondersteuning kan aan beginnerprinsipale gebied word?

Die onderhoude met beginnerprinsipale is slegs eenmalig by hul skole gevoer. Daarna is die onderhoude getranskribeer en aan hulle teruggestuur om seker te maak die data wat hulle aan my gegee het, is korrek, voordat dit vir hierdie navorsing gebruik is. Die prinsipale is toegelaat om byvoegings te maak wat hulle tydens die onderhoude gemis het. Die inligting

54

wat bygevoeg is, is insiggewend en belangrik want dit het by die hoof-navorsingsvraag en subvrae aangesluit. Onderhoude is afsonderlik, individueel en vertroulik by elke skool, en in die prinsipaal se kantoor (sy of haar omgewing), gevoer.