• No results found

HOOFSTUK 6: RESULTATE EN BESPREKING

6.4 Kwantitatiewe bevindings

Die kwantitatiewe vrae in die vraelys wat op die eerste dag deur die deelnemers voltooi is, het bestaan uit vyf vrae met betrekking tot die Liggaamlike Opvoeding kurrikulum in die KABV-dokument, naamlik: of die deelnemers die dokument ken; of die dokument by hulle skole beskikbaar is; of die voorgeskrewe inhoud en instruksies vir Liggaamlike Opvoeding maklik is om te verstaan; of die voorgeskrewe inhoud en instruksies vir Liggaamlike Opvoeding duidelik is; en of die voorgeskrewe inhoud en instruksies vir Liggaamlike Opvoeding buigbaar is. Al die deelnemers het by al die vrae “ja” geantwoord, behalwe by die vrae oor die duidelikheid en verstaanbaarheid van die Liggaamlike

Opvoeding kurrikulum, waar vyf van die deelnemers “nee” of “nie seker nie” geantwoord het. Hierdie antwoorde ondersteun die behoefte aan meer inhoudskennis en strategieë om Liggaamlike Opvoeding meer effektief aan te bied.

Die kwantitatiewe vrae in die vraelys wat die deelnemers op dag vyf voltooi het, het aan die deelnemers gevra om ʼn punt uit 4 (waar 1 = “nie relevant nie”, 2 = “relevant”, 3 = “belangrik” en 4 = “noodsaaklik”), toe te ken met betrekking tot die belangrikheid van die spesifieke aspek van die opleidingprogram vir onderwysers. Die beskrywende statistiek van die kwantitatiewe gedeelte van die vraelyste van die laaste dag van die indiens-opleidingprogram, word in Tabel 2 aangedui.

Tabel 2: Beskrywende statistiek met betrekking tot die kwantitatiewe gedeelte van die vraelys op dag vyf

Aspek van

opleidingsprogram N

x

Min Maks Sa

Oorsig van Liggaamlike

Opvoeding inhoudstemas 8 3.70 3.00 4.00 0.48

Teoretiese agtergrond van

Liggaamlike Opvoeding 8 3.40 2.00 4.00 0.84

Apparate en fasiliteite 8 3.40 2.00 4.00 0.70

Organisasie en administrasie 8 3.30 2.00 4.00 0.67

Veiligheidskwessies 8 3.80 3.00 4.00 0.42

Teorie van sport en spele 8 3.20 1.00 4.00 1.03

Prakties van sport en spele 8 3.50 3.00 4.00 0.53

Teorie van rekreasie-aktiwiteite 8 3.20 2.00 4.00 0.79 Opvoedkundige dans 8 3.50 2.00 4.00 0.71 Opvoedkundige gimnastiek 8 3.20 2.00 4.00 0.79 Fisieke fiksheid 8 3.80 3.00 4.00 0.42 Assessering in Liggaamlike Opvoeding 8 3.70 3.00 4.00 0.48

Beplanning vir Liggaamlike

Opvoeding 8 3.60 2.00 4.00 0.70

Die Liggaamlike

Nota: N = aantal deelnemers;

x

= gemiddelde waare; min = minumum waarde; maks = maksimum waarde; Sa = standaardafwyking

In Tabel 2 kan gesien word dat die opleiding wat die deelnemers met betrekking tot die inhoudstemas van Liggaamlike Opvoeding ontvang het (sport en spele, rekreasie-bewegingsaktiwiteite insluitende opvoedkundige dans en gimnastiek en fisieke fiksheid), as belangrik tot noodsaaklik (gemiddelde waardes van tussen

x

= 3.3 en

x

= 3.6), deur die deelnemers beskou word. Hierdie waardes ondersteun die behoefte aan opleiding met betrekking tot inhoudstemas wat op die eerste dag deur die deelnemers uitgespreek was, en dui daarop dat hierdie behoefte bogemiddeld aangespreek was. Opleiding ten opsigte van organisasie en administrasie, apparate en fasiliteite, beplanning en lesaanbieding van Liggaamlike Opvoeding was as belangrik tot noodsaaklik (

x

= 3.5 tot

x

= 3.8) deur die deelnemers beskou (Tabel 2). Hierdie bevinding ondersteun die persepsies van die deelnemers dat hulle nuwe idees en strategieë in die opleidingprogram bekom het om Liggaamlike Opvoeding klasse meer effektief aan te bied en om die hindernisse van ʼn tekort aan apparate en fasiliteite, tydstoekenning en oorvol klasse, beter te hanteer.

Die deelnemers het ook ʼn hoë gemiddelde punt (

x

= 3.7) aan “Assessering in Liggaamlike Opvoeding” toegeken. Hoewel hierdie aspek in die indiens-opleidingprogram aangespreek was, het die helfte van die deelnemers in die oop- vrae op die vyfde dag aangedui dat hulle meer opleiding in hierdie aspek sou wou gehad het. ‘n Hoë gemiddelde punt van 3.8 is verder aan “fisieke fiksheid” en “veiligheidskwessies” toegeken, wat daarop dui dat hierdie aspekte ook deur die deelnemers as belangrik beskou word en dat dit in opleidingsprogramme ingesluit moet word.

6.5 Opsomming

Die behoeftes wat die deelnemers op die eerste dag van die indiens-opleidingprogram aangedui het , kan opgesom word as opleiding in spesifieke inhoudstemas, assessering en in improvisasie en strategieë om Liggaamlike Opvoeding meer effektief, met inbegrip van fasiliteite en apparate, beplanning en organisasie en leerdermotivering, aan te bied. Die temas wat uit die kwalitatiewe ontleding na vore gekom het, was: hindernisse tot die

aanbied van Liggaamlike Opvoeding; ingesteldheid en motivering van leerders en onderwysers; die waarde en status van Liggaamlike Opvoeding; en die opleiding en ontwikkeling van onderwysers. Die indiens-opleidingprogram het telkens ʼn positiewe effek op die deelnemers se persepsies van elk van hierdie aspekte gehad. Die deelnemers het gevoel dat die opleidingsprogram aan hulle nuwe idees en strategieë gebied het om die hindernisse met betrekking tot die aanbieding van Liggaamlike Opvoeding beter te hanteer. Die verkryging van kennis en vaardighede in, en die besef van die waarde en doel van Liggaamlike Opvoeding, het die motivering van die deelnemers om Liggaamlike Opvoeding meer effektief aan te bied, verhoog en die deelnemers het ook gevoel dat hulle hul leerders beter gaan motiveer deur hierdie kennis van die waarde en doel van Liggaamlike Opvoeding aan hulle oor te dra. Die deelnemers was ook van mening dat Liggaamlike Opvoeding onderwysers vak spesialiste moet wees en dat alle onopgeleide Liggaamlike Opvoeding onderwysers indiens-opleiding moet ondergaan.

Die kwantitatiewe data het die bevindinge van die kwalitatiewe analise ondersteun, maar daarop gedui dat een behoefte naamlik opleiding in assessering, nie volledig genoeg in die indiens-opleidingprogram, soos die ander behoeftes nie, aangespreek was nie.

Dit blyk dus uit die bevindinge van hierdie studie dat die behoeftes van die deelnemers grootliks deur die indiens-opleidingprogram aangespreek was, en dat hierdie behoeftebevrediging, binne die raamwerk van die SDT, ook tot die bevordering van die motiveringsvlakke van die deelnemers gelei het.

Hoofstuk 7: Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings