• No results found

Ingesteldheid en motivering van leerders en onderwysers

HOOFSTUK 6: RESULTATE EN BESPREKING

6.3 Kwalitatiewe bevindings: temas en sub-temas uit die data analise

6.3.2 Ingesteldheid en motivering van leerders en onderwysers

“Om leerders gemotiveerd te kry . . .” is ʼn sinsnede wat in ʼn hele paar deelnemers se onderhoude voorgekom het, en reflekteer ook in die behoeftes wat deur die deelnemers op die eerste dag van die indiens-opleidingprogram aangedui was. In oorvleueling met die eerste tema, was ongemotiveerde leerders deur sommige respondente as ʼn hindernis tot die aanbieding van Liggaamlike Opvoeding geïdentifiseer. Een deelnemer was van mening dat tegnologie ʼn groot rol in die handhawing van sedentêre leefstyle by leerders speel , wat ook die motivering van leerders om aan fisieke aktiwiteite tydens Liggaamlike Opvoeding deel te neem, negatief beïnvloed.

“. . . The lack of motivation from learners . . . To that obviously technology has taken over where, everything is done in the palm of your hand, in a very sedentary

sort of way . . .”

Leerders se ongewilligheid om deel te neem word met hulle selfvertroue, en indirek hul motivering geassosieer .

“. . . The unwillingness for the self-confidence of learners. The fear of failure. That is a major, major contribute . . .”

Volgens een respondent, kan die onwilligheid van leerders om saam te werk, ook die motivering van die onderwyser negatief beïnvloed.

“. . . Non-cooperation from their side can be a barrier for us . . .”

Verder een van die deelnemers beweer dat leerders nie omgee om “nul” vir Liggaamlike Opvoeding te kry nie, want hulle weet Liggaamlike Opvoeding is deel van die vak Lewensoriëntering en dat hulle nog steeds die vak sal slaag. Hierdie deelnemer se opinie was verder dat leerders meer gemotiveer moet word deur die Liggaamlike Opvoeding onderwyser en dat hy/sy moet volhou om die leerders te motiveer om hulle sodoende meer betrokke te kry:

“. . . As I said; we need to get the kids more involved. We need to involve them. We need do keep motivating the kids for Physical Education . . .”

Verskeie respondente het die gedagte uitgespreek dat leerders meer gemotiveerd sal wees as Liggaamlike Opvoeding onderwysers die vak meer “pret” kan maak en om die leerders die waarde van die vak te laat besef.

“. . . To help learners more to enjoy it and to not see it as a punishment . . .” “. . . to motivate children by, to open a new view point to exercise . . .”

“. . . get kids to understand why do we need to perform these movements . . . Why do we need to maintain this kind of fitness, why, how can, why does culture involve the moving of the body . . . How does everyday activities, involve in terms

of moving your body to function properly . . .”

ʼn Aantal deelnemers het dit beklemtoon dat leerders die verskil tussen Liggaamlike Opvoeding en sport moet begryp. In hierdie opsig het die deelnemers gevoel dat daar minder op sport en kompetisie gefokus moet word en meer op die belangrikheid van Liggaamlike Opvoeding en beweging.

“. . . I think there’s just too much emphasis on competition instead of self improvement. That’s why it has to be linked to real world situations instead of just

sport . . .”

“. . . To promote Physical Education you need realistic purpose, you need to, to somehow distance it from sport . . .”

Om leerders gemotiveerd te kry moet Liggaamlike Opvoeding onderwysers ook gemotiveerd wees om die vak aan te bied. Die meerderheid van die deelnemers meen dat Liggaamlike Opvoeding onderwysers voldoende kennis van en vaardighede in die vak moet hê en moet “weet wat hulle doen”. Wanneer ʼn onderwyser in Liggaamlike Opvoeding nie weet wat hy/sy doen nie, sal dit hul motivering en ingesteldheid beïnvloed. “. . . I am now able to link up the subjects and exercises, etc. I am ready for the new term

and I am exited . . .”

“. . . We have learnt the content and know how to present and do, which build my confidence and I am not withdrawn due to feeling uncertain anymore . . .”

van die respondente op die vraag van watter invloed van die indiens-opleidingprogram op hulle ingesteldheid teenoor Liggaamlike Opvoeding gehad het:

“. . . I have more confidence in teaching PE after the course. More ideas and creative things to do with the learners . . .”

“. . . A little more confident than in the beginning, because I received more knowledge. I think I might actually enjoy it more . . .”

“. . . Yes, after the workshop I am highly motivated . . .”

“ . . . ek dink dit het net weer die vlam net weer aangesteek deur te sê verstaan jy, want vergeet wat ander mense dink, ek weet wat belangrik is vir my, en om te sien hoe ander mense ʼn passie uitlewe, jy weet, dit trigger net ‘dit is my passie ook’, en ek sal nou weer graag wil teruggaan skool toe met ʼn baie positiewe ‘mindset’ . . .” Een deelnemer het haar gevoel met betrekking tot die impak van die indiens-opleidingprogram met betrekking tot haar verwerwing van nuwe idees en kennis beskryf as:

“. . . The ability to feel free but in control . . .”

Dit blyk dus uit die response van die deelnemers dat hulle nuwe idees en kennis opgedoen het en dat die indiens-opleidingprogram ʼn positiewe impak op die deelnemers se selfvertroue en motivering gehad het. Die selfmotivering van onderwysers blyk dus hier verwant te wees aan die bekwaamheid van ʼn onderwyser om Liggaamlike Opvoeding te onderrig. In die raamwerk van die SDT (Deci & Ryan, 2000:232) dui hierdie response daarop dat die basiese psigologiese behoeftes van bekwaamheid en ook outonomie (die behoefte van onderwysers om hulle eie keuses te maak in hulle onderrigstrategieë, en om eienaarskap te neem van hulle onderrig), hier aangespreek is, en dat dit sodoende moontlik tot meer intrinsieke motivering gelei het (Richards et al., 2014:43; Agbuga et al., 2016:138). Volgens een deelnemer is self-motivering vir onderwysers ook baie belangrik. Onderwysers moet hulself kan motiveer om leerders gemotiveerd te kry. Fletcher et al. (2013:176) beskryf die proses van eienaarskap neem van Liggaamlike Opvoeding onderrig, as die aanneem van ʼn “Liggaamlike Opvoeding onderwyser identiteit”. Dit beteken dat die onderwyser die posisie sy/haar eie maak en daarop trots is (Fletcher et al., 2013:176). Om die behoefte aan bekwaamheid van die SDT te bevredig, moet Liggaamlike Opvoeders voel dat hulle oor die kennis en

vaardighede beskik om effektiewe klasse te fasiliteer (Harris et al., 2012:372;Aelterman et al., 2013:74; Fletcher et al., 2013:176). Die deelnemers het aangedui dat Liggaamlike Opvoeding onderwysers moet weet wat hulle doen, dat die vak interessant gehou moet word, en dat die selfmotivering en ingesteldheid van die onderwyser hierdeur beïnvloed kan word. Zhang (2016:5) beveel in hierdie verband aan dat daar spesiale aandag geskenk moet word aan die invloed van die kurrikuluminhoud in Liggaamlike Opvoeding op die onderwyser se motivering.

Die deelnemers het verder daarop gedui dat hulle dikwels sukkel om leerders gemotiveerd te kry om aan Liggaamlike Opvoeding deel te neem. Binne die raamwerk van die SDT kom die psigologiese behoefte van verwantskap wat ʼn persoon se behoefte om ʼn aktiwiteit as waardevol te beskou, asook om te voel dat hy of sy aan ʼn groep behoort (Deci & Ryan, 2000:240), is hier ter sprake. Volgens Silva et al. (2010:111) en McDavid et al. (2014:471), sal leerders intrinsiek gemotiveerd wees indien hierdie behoefte bevredig word en sal hulle deelneem omdat hulle die vak as genotvol en belangrik vir hulle ontwikkeling en gesondheid beskou. Uit die response van enkele deelnemers blyk dit dat leerders nie die waarde van Liggaamlike Opvoeding besef nie. Een deelnemer was van mening dat leerders ongewillig is om deel te neem as gevolg van lae selfvertroue en die “fear of failure”. ʼn Ander deelnemer het beweer dat leerders nie meer gemotiveerd is om aktief te wees nie omdat tegnologie dit vir kinders makliker maak om ʼn sedentêre leefwyse te handhaaf. Die studie van Niederkofler et al. (2015:73) wys daarop dat leerders se motivering om aan Liggaamlike Opvoeding deel te neem, tydens die laaste deel van hul laerskool loopbaan en die oorgang na die hoërskool afneem. Gegewe dat leerders se motivering om aan Liggaamlike Opvoeding en sport deel te neem met die verloop van hul skool loopbaan afneem, beweer Gao et al. (2008:236) dat dit belangrik is vir Liggaamlike Opvoeding onderwysers en afrigters om leerders se motivering en oortuigings te verstaan en dat die beklemtoning van die waarde van deelname aan fisieke aktiwiteite, die sleutel tot die bevordering van ʼn gesonde leefstyl is.