• No results found

Jamisponding – Taalgebruik, vormgewing en heterotopiese aspekte rakende die tema van taal en letterkunde

Soos in die geval van Zoo City is die taalgebruik en vormgewing in Animal’s People ook nie as sodanig heterotopies nie. Wat die vormgewing betref: Die roman word in hoofstukke verdeel wat ooreenstem met die bande waarop Animal sy verhaal opneem. Dit het tot gevolg dat die einde van ’n hoofstuk byvoorbeeld deur Animal se behoeftes bepaal word, en nie deur ’n natuurlike breuk in die gegewe of die spanningslyn nie: “I’m tired of talking, tape’s nearly gone, mouth’s dry, I should make chai, plus it’s past time for me to shit” (20).

Soos reeds uit aangehaalde gedeeltes geblyk het, wyk Animal gereeld af van konvensionele taalgebruik. In die “Editor’s Note” word daar gesê: “True to the agreement between the boy and the journalist who befriended him, the story is told entirely in the boy’s words as recorded on the tapes. Apart from translating to English, nothing has been changed.” Wat dus gelees word as Animal se ‘taal’

43

Tydens die hongerstaking word die Khaufpuri’s se afhanklikheid van retoriek eksplisiet deur Animal verwoord: “I can see Elli’s expression, I know what’s in her mind, which is that they’ll soon learn how hard it is to survive on rhetoric. Despite living among us and speaking our language, she knows next to nothing about us Khaufpuris” (292). In Animal sien ons dus die Khaufpuri’s se sinisme teenoor retoriese taalgebruik; en tog ook die wete dat hulle self nie veel meer het nie.

92

is eintlik ’n fyn gestruktureerde ‘vertaling’ waardeur die implisiete outeur ’n sekere vreemdheid aan die leeservaring wil verleen. ’n Mens sou ook kon aanvoer dat hy sy spore as vertaler wil ‘doodvee’ – perfekte Engels sou immers die karakter minder geloofwaardig gemaak het.

Animal se taalgebruik (of dan die ‘vertaler’ se konstruksie hiervan) dra egter wel by tot die konstituering van die roman as krities-etiese heterotopie, juis omdat dit die heterotopiese aspekte onderstreep wat na vore tree met die uitbouing van die tema van taal en letterkunde. Vervolgens dan ’n bespreking van laasgenoemde.

In die roman word ’n paar filosofiese kwessies oor taal aangeraak wat tot ’n bespreking van die roman

as voorbeeld van heterotopiese literatuur kan bydra. Eerstens kom die kwessie van ideologie en mag44

prominent na vore. Nou verbonde hieraan is die kwessie van vertaling: nie bloot die vertaling van Animal se woorde uit Hindi in Engels nie, maar ook die vertaling van die diskoers van rykes na die diskoers van armes. Die wyse waarop hierdie kwessies sigself in die verhouding tussen Animal en Eyes (Animal se aanspreekvorm vir die leser) uitspeel, speel ’n belangrike rol in die konstituering van die roman as krities-etiese heterotopie.

Die kwessie van taal en die ideologie en mag daaraan verbonde word veral aangespreek in die figuur van Ma Franci, die non wat Animal van kleins af ken en na wie hy begin omsien. Animal vertel die storie van Ma Franci en die gevolge van Daardie Nag as volg aan Nisha:

On that night all sorts of people lost all kinds of things, lives for sure, families, friends, health, jobs, in some cases their wits. This poor woman, Ma Franci, lost all knowledge of Hindi [...] In that great méla of death, those rowdy, unforgettable festivities, her mind was wiped clean of Hindi, and of Inglis too, which she had also been able to speak à sa manière […] But there was

44

Sien voetnota op bl. 45 van hierdie opstel in verband met my gebruik van ‘ideologie’. ‘Mag’ verwys hier na die vermoë van ’n individu, groep of institusie om ekonomiese, sosiale of politieke magte te mobiliseer ten einde ’n spesifieke doel te bereik, sowel as ’n alomteenwoordige, onpersoonlike aspek van die samelewing wat alle sosiale verhoudings en sisteme kenmerk. Laasgenoemde siening stem ooreen met dié van Foucault. (Blackburn, 1994:295-296)

93

a further twist to Ma Franci’s madness, when she heard people talking in Hindi or Inglis […] or any other tongue used in Khaufpur, she could no longer recognise that what they were speaking was a language, she thought they were just making stupid grunts and sounds [...] None of the remaining sisters spoke francais […] The Indian sisters did take the trouble to learn a few things […] but this only made the old woman crazier. If they knew what proper language was, why did they keep on with their beastly gibbering? (37-38)

Hier is ’n skynbaar welmenende non – in die tweede ontploffing offer sy haar lewe op om ander te help – wat haar lewe aan die armes gegee het en nou as gevolg van Daardie Nag glo dat almal in haar aangenome stad slegs dom geluide kan maak. Dit blyk dus dat sy nie kan ontsnap aan die koloniale houding van meerderwaardigheid wat taal betref nie. Dit gaan egter oor meer as net die neerbuigende houding van die kolonis of sendeling. Nadat Animal leer Frans praat, probeer hy om vir die ou vrou te verduidelik wat aangaan:

‘It is not rubbish Ma Franci, it is another language.’

‘Go on with you,’ she says. ‘I know many languages. These people are just drivelling. Why do they do it? Why won’t they treat me like a human being?’

Je ne sais pas, Ma, je suis un animal (40).

Ma Franci voel dat haar eie menswaardigheid deur diegene wat hulleself skynbaar aspris nie aan haar verstaanbaar wil maak nie, aangetas word. Oor Elli sê Animal vir Ma Franci: “She speaks human”(199). Dit gaan dus nie hier bloot oor Frans of Hindi of Urdu nie. Dit gaan daaroor of jy ‘mens’ of ‘dier’ praat. Aangesien Ma Franci tegelyk magteloos is, ’n nederige lewe lei én glo dat haar moedertaal die enigste ‘menslike’ taal is, word die tradisionele verhouding tussen kolonis en gekoloniseerde soos uitgespeel op die vlak van taal, hier gekompliseer. ’n Verdere ondermyning is die feit dat Animal oor die algemeen die enigste een is wat Ma Franci – vanuit haar perspektief – soos ’n ‘mens’ behandel. Animal praat ‘mens’ terwyl die meeste ‘menslike’ karakters ‘dier’ praat.

Die onverstaanbaarheid tussen diegene wat ‘mens’ en ‘dier’ praat, geld ook tussen diegene wat hulle binne die diskoers van die rykes en die diskoers van die armes bevind. Wanneer die Kampani se advokate Khaufpur toe kom, sien ons die onversoenbaarheid van hierdie ‘tale’. Wanneer iemand die

94

buffel (hoof van onderhandeling aan die kant van die Kampani) buite die hof vra wanneer ’n ooreenkoms geteken gaan word, antwoord hy: “Can’t be too soon for me [...] I’m missing home. I have two Italian greyhounds. They sleep on my bed” (306). ’n Ou vrou, Gargi, wie se rug amper so krom soos Animal s’n is, sê vir die buffel: “[I]f the Kampani has any honour it must stand trial, and it should pay just and proper compensation for all the wrongs it has done”. Wanneer hy vir ’n joernalis vra om te vertaal wat sy sê, sê die joernalis dat sy geld vra. Die buffel se reaksie word as volg beskryf: “The buffalo reaches in his red-lined coat, gets out his wallet. ‘Buy yourself something nice,’ he says” (307).

’n Mens verwag dat hierdie Hollywoodfrase45

gesê sal word teenoor ’n bedorwe vrou wat daaraan gewoond is dat geld en inkopies haar wêreld ’n beter plek maak. Net soos opreggeteelde honde wat op beddens slaap, is die idee om iets fraais te gaan koop, onverstaanbaar in die diskoers van armes wat nie beddens of geld vir kos en medisyne het nie.

Ons het hier nie te make met ’n geval van die tekstuele heterotopie wat Foucault in The Order of

Things – as die afwesigheid van onderskeidende ruimtes tussen kategorieë – definieer nie. Tog sien ons

hier in die filosofie oor taal en vertaling wat na vore tree hoe die onversoenbare terreine van ryk en arm ook soos die sambreel en naaimasjien op Foucault se operasietafel ontmoet (vgl. die voetnoot op bl. 35 van hierdie opstel).

Teen die agtergrond van die skynbare onversoenbaarheid tussen die taal van die Khaufpuri’s en Animal, en die taal van Eyes / ryk mense / die Weste – dit word onderstreep deur die eiesoortige Engels wat die ‘vertaler’ Animal laat praat – kan die leser se vooropgestelde idees ook ’n hindernis tot begrip word. Animal praat van sy werk as ‘informasieversamelaar’ as “Namispond! Jamispond!” (26). My vermoede was aanvanklik dat dit spreektaal is wat nie in Engels vertaal kan word nie. Later word dit

45 ’n Webtuiste waarop ’n mens kan soek uit watter films en reekse ’n spesifieke aanhaling kom, gee ses resultate vir hierdie

95

duidelik dat hy na “My name is Bond. James Bond” verwys. Sy situasie is egter so ver verwyder van dié van die Britse spioen met sy tegnologiese hulpmiddele en die ondersteuning van ’n magtige organisasie dat hierdie Westerse verwysing nie verwag word nie. Die implikasie is onder andere dat die diskoers van kommersialisme tog beide die diskoers van arm en ryk onderlê. Waar Topinka van mening is dat heterotopieë deur middel van die afwesigheid van orde die reëls van die totstandkoming van kennis sigbaar maak (Topinka, 2010:68; bl. 35 in hierdie opstel), het ons hier ’n geval waar die aanvanklike afwesigheid van begrip daartoe lei dat die kommersiële operasionele tabel, wat globaal die totstandkoming van kennis beheer, ontbloot word.

Die onverstaanbaarheid wat tussen ryk en arm heers, kom ook ter sprake in Animal se denke rondom letterkunde, veral in sy aanvanklike onwilligheid om sy eie storie te vertel. Vir Chunaram – die man wat die joernalis na hom toe bring – sê hy:

What can I say that they will understand? Have these thousands of eyes slept even one night in a place like this? Do these eyes shit on railway tracks? When was the last time these eyes had nothing to eat? These cuntish eyes, what do they know of our lives? (7-8)

Animal se huiwering het te make met sy skeptisisme oor die mag en impak van boeke en literatuur. Vir die joernalis sê Animal:

[M]any books have been written about this place, not one has changed anything for the better, how will yours be different? You will bleat like all the rest. You’ll talk of rights, law, justice. Those words sound the same in my mouth as in yours but they don’t mean the same, Zafar says such words are like shadows the moon makes in the Kampani’s factory, always changing shape. On that night it was poison, now it’s words that are choking us (3).

Wanneer die joernalis vir Animal die bande en bandopnemer stuur, stuur hy ook ’n boodskap: “Animal, you think books should change things. So do I […] If you tell the truth from the heart, they will listen” (10). Dit is egter nooit duidelik dat Animal dink boeke behoort dinge te verander nie. Hy begin nie onmiddellik om sy storie te vertel nie en hy het geen illusie oor verandering nie: “You were like all the

96

others, come to suck our stories from us, so strangers in far off countries can marvel there’s so much pain in the world” (5).

Wanneer Animal wel sy storie begin vertel, is dit vir eie gewin. Nie om die wêreld te verander of mense bewus te maak van sy eie en ander Khaufpuri’s se lot nie. Hy sê dan ook: “So I got it back, my familiar life, I have it back. Everything the same, yet everything changed.” Dit wat dieselfde gebly het, is die gesloer met die hofsaak teen die Kampani, die hoeveelheid siekes in Khaufpur, die fabriek, die vreemde joernaliste. Wat verander het, is dat hy ’n kans het om regop te loop. Daar is ’n vorm wat hy moet teken om die proses aan die gang te sit. Terwyl hy met die vorm gesit en dink het, het hy besef hy moet die storie vertel: “It’s then I’ve remembered the tape mashin in the wall. I will tell this story, I thought, and that way I’ll find out what the end should be. I’ll know what to do” (365). Die storie is dus nie regtig vir Eyes nie. Dit is vir Animal om tot ’n besluit te kom. In hierdie opsig slaag die storie in sy doel, maar ook: Animal bly Animal, die armes bly die armes. Geen konkrete verandering word voorsien nie, behalwe in die getalle: “All things pass, but the poor remain. We are the people of the Apokalis. Tomorrow there will be more of us” (366).