• No results found

Dieretuine as geografiese heterotopieë en manifestasie van ’n kontinuïteitsgaping in Westerse epistemologie – ’n geskiedkundige oorsig

Na aanleiding van sy voorbeeld van Persiese tuine as ’n plek waarin verskillende onversoenbare ruimtes in jukstaposisie tot mekaar kan saambestaan (die derde beginsel van sy heterotopologie), verwys Foucault na die dieretuin as ’n uitvloeisel van die tuin as “a sort of happy, universalizing heterotopia since the beginnings of antiquity” (Foucault, 1986:26). Foucault impliseer ’n ander kant van hierdie ‘vrolike heterotopie’ wanneer hy in sy ontleding van Jeremy Bentham se Panopticon,

laasgenoemde met die Schonbrunn plan25 vergelyk (Wirtz, 1997). Die dieretuin en tronk deel immers

’n hele paar eienskappe waarvan gevangenisskap en bewaking die mees voor die hand liggende is.

In terme van Foucault se eerste beginsel sou ’n mens kon sê dat die dieretuin in sy oorsprong beide ’n heterotopie van afwyking én ’n krisisheterotopie was. In Europa – waar daar in die 19de eeu ’n spanning bestaan het tussen die idee van die dieretuin as wetenskaplike ruimte en die dieretuin as “‘vulgar’ entertainment attractions” (Wirtz, 1997) – het die dieretuin, as kenmerkende stedelike fenomeen, ’n belangrike rol gespeel in die wyse waarop die digotomie tussen natuur en mens versterk is. Hierdie versterking was nou verbonde aan die fisiese uitleg van dieretuine. Waar die mens wilde diere gewoonlik met vrees en verwondering aanskou, het die dieretuin ’n spesifieke verhouding tot gevolg: “[W]hereas a tiger viewing a human in the wild has sinister overtones, a tiger viewing a human through cage bars becomes a mini-triumph of human mastery” (Wirtz, 1997). Dit bevestig meerderwaardigheid. In die dieretuin was dit verder nie slegs die diere wat as ‘anders’ en ‘afwykend’

25

In 1752 ontwerp sodat die diereversameling by die Schonbrunn Paleis naby Wenen met min moeite besigtig kon word: “The designers placed the animals in enclosures which radiated outward from the central pavilion with long, tree-lined paths running between them like spokes of a wheel” (Wirtz, 1997).

49

vertoon is nie; mense uit die kolonies het dikwels deel uitgemaak van uitstallings, in een geval as deel van die aapuitstalling.26 In hierdie konteks is die dieretuin dus ’n heterotopie van afwyking.

In Amerika het die dieretuin in ’n groot mate as krisisheterotopie ontstaan. Anders as in Europa, het die eerste dieretuine in Amerika as gevolg van kommer oor die beskerming van die plaaslike wildernis tot stand gekom (Wirtz, 1997). Die New York Soölogiese Park, een van die eerste prominente dieretuine, se opening in 1899 is onder andere gedryf deur ’n elite organisasie van grootwildjagters (Wirtz, 1997). Jag is gesien as ’n sport wat met ’n sekere etiek en fatsoenlike maniere saamhang en die organisasie wou hulle daarom distansieer van diegene wat diere doodgemaak het om hulle velle en vere te verkoop

(Wirtz, 1997). Amerikaanse dieretuine is gestig om “surrogate Noah’s Arks”27

te wees: “sites where wildlife species were not only protected but saved as genetic specimens to repopulate the wilderness after curbing the deluge of destruction” (Wirtz, 1997). Die dieretuin moes ’n tussenin ruimte wees waar wilde diere – wat hulleself in ’n krisis ten opsigte van (of liewer as gevolg van) die menslike omgewing bevind het – kon voortbestaan met die oog op latere herintegrasie in die natuur.

Foucault se tweede beginsel – die verskynsel dat heterotopieë met die verloop van tyd ander funksies in ’n samelewing kan aanneem – is reeds in ’n groot mate geïllustreer deur die verskillende funksies wat dieretuine in Europa en Amerika in hul bestaansjare vervul het. Die verskillende funksies sal op sekere tydstipte na aanleiding van die breër diskoerse en morele klimaat wat binne ’n samelewing heers, van meerdere of mindere belang wees. Die vroegste diereversamelings (“menageries”) was hoofsaaklik ’n statussimbool vir die privaateienaars en dikwels ’n teken van koninklikheid; van die eerste Europese dieretuine was slegs toeganklik vir lede van soölogiese klubs en hul gaste; vanweë finansiële oorwegings het dit later ook die funksie van publieke vermaak vervul (Wirtz, 1997). Alhoewel die een

26 Ota Benga, ’n Batwa pigmee uit die Belgiese Kongo, is in 1904 in die New York Soölogiese Park in die aapuitstalling

ingesluit (Wirtz, 1997).

27

50

funksie nie die ander heeltemal vervang nie (soos in Foucault se voorbeeld van die begraafplaas), kan en het die hooffunksie van dieretuine deur die jare verander.

Die derde beginsel – waarna reeds verwys is omdat Foucault dieretuine as voorbeeld gebruik – manifesteer duidelik in dieretuine. Dieretuine bring nie slegs diere van regoor die wêreld in een ruimte bymekaar nie, maar dit is ook die ruimte waarbinne die stad en die wildernis – twee skynbaar onversoenbare ruimtes – mekaar ontmoet. Die dieretuin – as verteenwoordigend van die wildernis – bly immers ’n stedelike skepping. Binne hierdie wildernis was daar reeds in die 19de eeu restaurante, publieke ontmoetingsplekke en netjiese paadjies (Wirtz, 1997). Die wildernis word dus stad toe gebring, net sodat die stad weer die wildernis kan binnedring en reguleer.

Die beginsel waarvolgens heterotopieë gewoonlik aan heterochronieë verbind kan word, is ook op dieretuine van toepassing. Aan die een kant funksioneer dieretuine as museums (heterotopieë van die onbeperkte versameling van tyd): hulle probeer die voortbestaan van bedreigde spesies verseker en stal dikwels opgestopte voorbeelde van reeds uitgestorwe spesies uit. Aan die ander kant funksioneer hulle ook soos sirkusse en kermisse (heterotopieë van vervlietendheid), omdat hulle vir die algemene publiek ’n tydelike vorm van vermaak en ‘ontsnapping’ uit die stad bied (vgl. Wirtz, 1997).

Die vyfde beginsel, naamlik dat heterotopieë ’n sisteem van oop- en toemaak veronderstel, manifesteer sigself op twee vlakke in dieretuine. In die eerste plek is toegang vir die diere verpligtend en in- en uitgang tot hulle hokke word deur personeel gereguleer. Soos reeds genoem, het toegangsvereistes vir die groter samelewing deur die jare verander: die bring van ’n kat of hond om die leeus te voer,28

28 Dit was die geval by die Tower of London se diereversameling wat reeds in die 13de eeu begin is en oop was vir die

51

lidmaatskap van ’n klub en die betaal van ’n toegangsfooi het in verskillende tydsgleuwe toegang moontlik gemaak.

Die laaste beginsel, naamlik dat heterotopieë in verhouding tot alle omliggende ruimtes ’n funksie het, óf as heterotopieë van illusie óf as heterotopieë van kompensasie, kan ook in ’n groot mate op dieretuine van toepassing gemaak word. Dieretuine is “another real space, as perfect, as meticulous, as well arranged as ours is messy, ill constructed, and jumbled” (Foucault, 1986:27). Teoreties is dit in elk geval so. Wirtz (1997) sê van dieretuine: “[T]he animal space was a controlled space”. Dit is nie bloot beheersd en georden in terme van die diere se fisiese ruimte nie; dit is ook ’n ruimte waarbinne diere geklassifiseer word volgens ’n gestandaardiseerde sisteem.

Hierdie klassifikasiesisteem wys op ’n raakpunt tussen die geskiedenis van die dieretuin en Foucault se konsep van heteropia soos uitgewerk in The Order of Things. Die ontwikkeling van die dieretuin as wetenskaplike instansie het saamgehang met ’n nuwe episteem of operasionele tabel wat betref die ordening van die Westerse wêreld. Foucault se argument in The Order of Things is dat daar twee groot kontinuïteitsgapings in die epistemologie van die Westerse kultuur geïdentifiseer kan word: die eerste een, ongeveer in die middel van die 17de eeu, lei die Klassieke era in; die tweede, aan die begin van die 19de eeu, die moderne era. Hy wys op ’n “quasi-continuity on the level of ideas and themes” wat ’n mens blind maak vir hierdie kontinuïteitsgapings (laasgenoemde word onomwonde van ’n idee van rasionele progressie gedistansieer). (Foucault, 2002:xxiv) In terme van die klassifikasie van diere en plante, verduidelik Foucault sy punt as volg:

In the sixteenth century, the identity of plants or animals was assured by the positive mark […] which they all bore: what distinguished the various species of birds [...was] the fact that this one hunted its food at night, that another lived on the water, that yet another fed on living flesh [...] But, from the seventeenth century, there can no longer be any signs except in the analysis of representations according to identities and differences (Foucault, 2002:157).

52

Hy bring hierdie breuk ook in verband met die ontstaan van soölogiese versamelings:

It is often said that the establishment of botanical gardens and zoological collections expressed a new curiosity about exotic plants and animals. In fact, these had already claimed men’s interest for a long while. What had changed was the space in which it was possible to see them and from which it was possible to describe them. To the Renaissance, the strangeness of animals was a spectacle [...] The natural history room and the garden, as created in the Classical period, replace the circular procession of the ‘show’ with the arrangement of things in a ‘table’ (Foucault, 2002:143).

Die dieretuin, met sy Latynse benamings en klassifikasie van diere volgens spesie, is dus nie die uitvloeisel van ’n langverwagte verwoording van iets wat sedert die oorsprong van tyd sigbaar was maar wat as gevolg van “a sort of invincible distraction of men’s eyes” ongesê gebly het nie: “In fact, it was not an age-old inattentiveness being suddenly dissipated, but a new field of visibility being constituted in all its density” (Foucault, 2002:144). In een opsig sou dit dus as heterotopies gesien kon word: die Latynse benamings is in die 19de eeu immers juis gebruik om die publiek te vervreem en sodoende van die meerderwaardigheid van die soöloë bewus te maak (Wirtz, 1997); as sodanig kon dit soos Borges se lys funksioneer as ’n bewusmaking van die modus van ordening. Aan die ander kant sou dit vandag as isotopies gesien kon word in die sin dat dit hierdie nuwe episteem voortgesit en genormaliseer het.