• No results found

Die konsep van die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone het duidelik verskillend ontwikkel in kontinentale regstelsels, aan die een kant, en Anglo-Amerikaanse stelsels, aan die ander kant. Uiteraard het die geskiedenis, ekonomie en politieke onderstrominge eie aan elke land die aanvaarding en ontwikkeling van hierdie idee in verskillende lande in die twee stelsels anders geraak.261

Die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone was aanvanklik nie ‘n vreemde konsep in die vastelandse regstelsels nie. Reeds in 1579 het die Franse Ordonnance de Blois daarvoor voorsiening gemaak en die Grande Ordinance Criminelle van 1670 het ook gedetailleerde bepalings in hierdie verband bevat.262 Die Franse Rewolusie van 1789 en die klem op individualisme en persoonlike aanspreeklikheid wat daarmee gepaardgegaan het, het die regsposisie egter drasties verander.263 Die Code Pénal van 1810 het geen voorsiening vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone gemaak nie.264 Volgens Stessens265 kon dit die spesifieke bedoeling van die wetgewer gewees het om regspersone vry te stel van strafregtelike sanksies, maar die mees waarskynlike verduideliking is dat daar ‘n byna totale afwesigheid van regspersone in Frankryk was ná afloop van die Rewolusie en dat die wetgewer dus bloot eenvoudig nie aandag gegee het aan die konsep

259

Sien 3.3 hieronder.

260

Sien 3.4 en 3.5 hieronder vir die bespreking van die verskillende modelle. Die samevatting en gevolgtrekking word onder 3.6 gemaak.

261

Pop Criminal liability of corporations 7-8 en Leigh Ottowa L. Rev. 264.

262

Orland en Cachera Conn. J. Int’l L. 113 en 115, Pop Criminal liability of

corporations 10 en Stessens Int’l & Comp. L. Q. 494-495.

263

Leigh Ottowa L. Rev. 265, Orland en Cachera Conn. J. Int’l L. 113 en 115 en Stessens Int’l & Comp. L. Q. 494.

264

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 494.

265

61

nie. Hierdie afwesigheid van regspersone is onder meer meegebring deur die rewolusionêre beweging van Frankryk wat sy geldkoffers aangevul het deur die bates van regspersone te konfiskeer.266

Die invloed van die Franse Rewolusie op die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone het ook die benadering daartoe in die res van Europa beïnvloed.267 Die beginsel societas delinquere non

potest, soos gepropageer deur onder meer Von Savigny, was

kenmerkend van onder andere die Belgiese en Nederlandse regstelsels.268 Ook die Strafkode van 1870 vir die Duitse keiserryk het Von Savigny se teorie nagevolg en strafregtelike aanspreeklikheid tot natuurlike persone beperk.269

Daar was dus (en daar is steeds) ‘n veel groter mate van teensinnigheid in kontinentale jurisdiksies as in Engelssprekende stelsels om erkenning te verleen aan die idee van strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone.270 Dit was eers teen die tweede helfte van die twintigste eeu waarin die erkenning van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid weer in Europa erkenning begin geniet het. Die Nederlandse Wetboek van Strafrecht is in 1976 gewysig ten einde voorsiening te maak vir die pleeg van misdade deur regspersone.271 Frankryk het eers in 1992 in sy nuut aanvaarde strafkode, die Code

Penál, voorsiening gemaak vir ‘n beperkende vorm van korporatiewe

266

Pop Criminal liability of corporations 11, Koch Strafrechtwissenschaft 405-406 en Wagner ―Corporate Criminal Liability‖ 5.

267

Pop Criminal liability of corporations 11.

268

Mueller U. Pitt. L. Rev. 29-30 en Pop Criminal liability of corporations 11. Sien ook Stessens Int’l & Comp. L. Q. 495 en Orland en Cachera Conn. J. Int’l L. 115 en

459. Weigend JICJ 930 wys egter daarop dat die strafregtelike aanspreeklikheid van kollektiewe entiteite tot aan die einde van die 18de eeu nie ‘n vreemde verskynsel was in die gebied wat tans as Duitsland bekend is nie. Die fiksieteorie van Von Savigny is bespreek onder 2.5.3.2 hierbo.

269

Weigend JICJ 930.

270

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 498.

271

A 51 Wetboek van Strafrecht, Beale en Safwat Buff. Crim. L. Rev. 110-111, Torringa De Rechtspersoon als dader 9-11, Torringa Strafbaarheid van

rechtspersonen 57-58 en Stessens Int’l & Comp. L. Q. 498-500. Sien ook Leigh Mich. L. R. 1509 en Wells Law Society Journal 64.

62

strafregtelike aanspreeklikheid.272 Die Belgiese Strafkode is eers in 1999 gewysig om voorsiening te maak vir hierdie vorm van aanspreeklikheid.273

In Duitsland, Italië, en heelwat ander Europese state word die beginsel dat regspersone nie strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen nie vandag steeds aangehang, hoewel daar dikwels voorsiening gemaak word daarvoor dat administratiewe sanksies aan regspersone opgelê kan word.274

In Engelssprekende jurisdiksies is ‘n soortgelyke benadering van die nie- erkenning van strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone gevolg, maar hierdie posisie het geleidelik verander namate industrialisering toenemend in die negentiende eeu plaasgevind het. Aanvanklik was die redenasie in Engeland dat, aangesien ‘n regspersoon niks anders as ‘n regsfiksie is nie, die regspersoon slegs handelinge kan verrig waartoe dit spesifiek deur die reg gemagtig is, dus die ultra vires-beginsel. Voorts is daar aangevoer dat die regspersoon nie oor die nodige mens rea kon beskik nie en dus nie blaamwaardig kon wees nie. Daar was ook heelwat praktiese probleme rondom die voortbrenging en vonnisoplegging van ‘n regspersoon.275

Die verandering van die nie- erkenning na die erkenning van strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone het ook nie eensklaps plaasgevind nie, maar het in verskeie fases ontwikkel.276

272

Beale en Safwat Buff. Crim. L. Rev. 115-116, Stessens Int’l & Comp. L. Q. 501 en Wagner ―Corporate Criminal Liability‖ 5.

273

Pop Criminal liability of corporations 12 en Beale en Safwat Buff. Crim. L. Rev. 110-115.

274

Sien 3.4 hieronder, Heine St. Louis-Warsaw Transatlantic L. J. 174-175, Pop

Criminal liability of corporations 13, Weigend JICJ 928 en Wells Corporations and Criminal Responsibility 138-140.

275

Leigh Ottowa L. Rev. 3247-251, Pinto en Evans Corporate Criminal Liability 17-19, Stessens Int’l & Comp. L. Q. 495 en Wagner ―Corporate Criminal Liability‖ 2.

276

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 495. Vir ‘n geskiedkundige oorsig oor korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in die Anglo-Amerikaanse reg, sien Lederman J.

Crim. L. & Criminology 288-293. Sien ook Pinto en Evans Corporate Criminal Liability 19, Clough Crim. L. F. 271-272, Clough en Mulhern The Prosecution of Corporations 71-79 en Elkins Ky. L. J. 85-89.

63

Sedert 1842 het die Engelse howe erkenning verleen aan die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone in daardie gevalle waar die regspersoon versuim het om ‘n statutêre regsplig na te kom.277

Die howe het daarna geleidelik begin om regspersone middellik aanspreeklik te stel op grond van dieselfde beginsels waarop ‘n natuurlike persoon middellik aanspreeklik gestel kon word. In beide die gevalle waar ‘n statutêre regsplig nie nagekom is nie en waar middellike aanspreeklikheid aangewend is, het die regspersoon egter net aanspreeklikheid opgedoen indien mens rea nie ‘n vereiste vir aanspreeklikheid was nie, met ander woorde, slegs vir misdade van skuldlose aanspreeklikheid.278

Die Engelse howe het in drie sake wat in 1944 gerapporteer is beslis dat die regspersoon direk - en nie net middellik nie - aanspreeklik gestel kan word vir misdadige gedrag deurdat die gedrag en mens rea van sekere amptenare van die regspersoon geag word die gedrag en mens rea van die regspersoon te wees.279 Groter helderheid oor die wyse waarop hierdie beginsel toegepas moet word, is in 1972 gegee toe die House of Lords die sogenaamde alter ego-beginsel aangewend het ten einde ‘n regspersoon strafregtelik aanspreeklik te stel. Hierdie benadering het bekend geword as die identifikasieteorie en is tans die grondslag van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in Engeland met betrekking tot sake waarin mens rea ‘n element van die tenlastegelegde misdaad is.280 Ten einde bepaalde tekortkominge in die identifikasieteorie aan te spreek in sake waar individue tot sterwe kom weens korporatiewe

277

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 496 en Khanna Harv. L. R. 1481.

278

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 496. Vir ‘n bespreking van die omstandighede waaronder regspersone op grond van middellike aanspreeklikheid in die Engelse reg aanspreeklik gehou kan word, sien 3.5.1.2 hieronder. Sien ook Clough Crim.

L. F. 271 en French Collective and Corporate Responsibility 174-175.

279

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 496 en Pinto en Evans Corporate Criminal Liability 39. Die sake was DPP v Kent and Sussex Contractors [1944] 1 KB 146, R v ICR

Haulage Co Ltd [1944] KB 551 en Moore v I Bresler Ltd [1944] 2 KB 515.

280

Pop Criminal liability of corporations 15. Die beslissing waarna verwys word, is

Tesco Supermarkets Ltd v Natrass [1972] AC 153 en word volledig bespreek

64

onverantwoordelikheid, het die Corporate Manslaughter en Corporate

Homicide Act van 2007 op 6 April 2008 in Engeland in werking getree.281

In die VSA het die posisie met betrekking tot korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid, in navolging van die Engelse reg, ook ontwikkel van ‘n posisie van nie-erkenning, tot erkenning van aanspreeklikheid in daardie gevalle waar ‘n statutêre regsplig nie nagekom is nie en later ook erkenning vir aanspreeklikheid vir misdade waarvoor mens rea vereis word.282 In 1909 het die Amerikaanse Supreme Court in New York

Central & Hudson River Railroad Co v US283bevind dat hy die feit dat ‘n

groot aantal handelstransaksies, veral oor staatsgrense heen, deur regspersone gesluit word nie kan ignoreer nie. Die hof bevind die verlening van immuniteit aan regspersone teen bestrawwing weens ‘n leerstuk dat ‘n regspersoon nie ‘n misdaad kan pleeg nie, sou beteken dat die howe ontneem word van die enigste manier om regspersone doeltreffend te beheer.284

Die benadering in die VSA tot korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid het egter uiteindelik ‘n totaal ander koers as die benadering in Engeland ingeslaan. Regspersone word, minstens op federale vlak, op die basis van middellike aanspreeklikheid tot verantwoording geroep, maar middellike aanspreeklikheid aldaar is nie onderworpe aan dieselfde streng beperkings as in die Engelse reg nie.285

Die Kanadese gemene reg met betrekking tot die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone is deur die howe van daardie land ontwikkel deur beginsels van die deliktereg op strafsake van toepassing

281

Hierdie ontwikkeling word volledig onder 4.5 hieronder bespreek.

282

DiMento en Geis ―Corporate criminal liability in the United States‖ 160-166, French

Collective and Corporate Responsibility 175-178, Pop Criminal liability of corporations 15 en Stessens Int’l & Comp. L. Q. 496-497. Sien ook Bucy Minn. L. Rev. 1114-1121.

283

New York Central & Hudson River Railroad Co v US 212 US 481 (1909).

284

Pop Criminal liability of corporations 15-16.

285

65

te maak. In daardie gevalle waarin mens rea ‘n vereiste vir strafregtelike aanspreeklikheid is, het die Kanadese howe, in navolging van die Engelse reg, die identifikasieteorie aangeneem, maar ook verder ontwikkel.286 Die Kanadese Criminal Code maak egter sedert 2004 voorsiening vir die wyse waarop korporatiewe entiteite strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen. Die identifikasieteorie het in beginsel behoue gebly, maar die toepassing daarvan is aansienlik uitgebrei.287