• No results found

Die internasionale strafreg hou verband met gedrag wat universeel as misdadig beskou word, wat groot besorgdheid by die internasionale gemeenskap veroorsaak en wat nie bloot oorgelaat kan word aan die uitsluitlike jurisdiksie van state wat normaalweg daaroor jurisdiksie sou uitoefen nie.81 Volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade, wat elk op hulle beurt weer verskeie moontlike vorme van strafregtelike handelinge kan omvat, dien as voorbeelde van internasionale misdade.82

Die International Military Tribunal wat verantwoordelik was vir die beregting van internasionale misdade gepleeg deur die hoofrolspelers in die Nazi-regime, het in 1946 beslis dat misdade teen die internasionale reg deur mense gepleeg word en nie deur abstrakte entiteite nie en dat die voorskrifte van die internasionale reg dus slegs afgedwing kan word

77

International Commission of Jurists Corporate Complicity and Legal Accountability Volume 1 1.

78

International Commission of Jurists Corporate Complicity and Legal Accountability Volume 1 1.

79

International Commission of Jurists Corporate Complicity and Legal Accountability Volume 1 1.

80

International Commission of Jurists Corporate Complicity and Legal Accountability Volume 2 6.

81

Kittichaisaree International Criminal Law 3 en Dugard International Law 156- 159.

82

Beginsel 7 International Law Commission Principles of International Law

Recognized in the Charter of the Nϋremberg Tribunal and in the Judgment of the Tribunal UN Doc A/CN.4/SER.A/1950/Add.1 (1950) en a 6 Charter of the International Military Tribunal - Annex to the Agreement for the prosecution and punishment of the major war criminals of the European Axis ("London

Agreement"), 8 Augustus 1945

http://www.unhcr.org/refworld/docid/3ae6b39614.html en aa 5-8 Rome Statute of

24

deur individue wat hierdie tipe misdade pleeg te bestraf.83 Alhoewel die

Charter of the International Military Tribunal, wat aangeneem is ter

uitvoering van die London-ooreenkoms tussen die geallieerdes met betrekking tot die vervolging van oorlogsmisdadigers, daarvoor voorsiening gemaak het dat die International Military Tribunal sekere organisasies tot kriminele organisasies kon verklaar, het dit het slegs die vervolging van individue verbonde aan daardie organisasies vergemaklik.84

Die regspraak van die post-Tweede Wêreldoorlog internasionale tribunale het die strafregtelike aanspreeklikheid van individue vir ernstige skendings van die internasionale reg onherroeplik meegebring.85 Alhoewel korporatiewe entiteite tydens daardie oorlog ook verryk is deur slawe-arbeid, die onregmatige verkryging van eiendom en ander praktyke wat as oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom geklassifiseer kan word, was daar nie sprake van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid nie.86 Senior korporatiewe beamptes is egter vervolg weens misdade wat die korporatiewe entiteite tot voordeel gestrek het.87 Verskeie internasionale maatskappye wat verantwoordelik was vir destydse menseregtevergrype het onlangs vergoedingseise geskik tot voordeel van die benadeeldes.88

In die aanloop tot die daarstelling van die Internasionale Strafhof, het daar stemme opgegaan dat korporatiewe entiteite ook deur die Internasionale Strafhof verhoor en bestraf moet word.89 Alhoewel daar tydens die onderhandelinge, wat die stigting van die hof voorafgegaan

83

International Military Tribunal (Nuremberg), Judgment and Sentences Am. J. Int’l

L. 221.

84

Aa 9-11 Charter of the International Military Tribunal - Annex to the Agreement for

the prosecution and punishment of the major war criminals of the European Axis ("London Agreement"), 8 August 1945.

http://www.unhcr.org/refworld/docid/3ae6b39614.html en Ramasastry Berkely J.

Int’l L. 104-117.

85

Slye Brook. J. Int’l L. 959.

86

Slye Brook. J. Int’l L. 959-960.

87

Slye Brook. J. Int’l L. 959-960 en Tully International Documents 471.

88

Tully International Documents 471-472.

89

25

het, vordering gemaak is met die pogings om die een of ander vorm van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid daar te stel, het dit uiteindelik op niks uitgeloop nie.90 Van die redes daarvoor was dat daar by sekere afgevaardigdes besorgdheid was rakende die wyse waarop die akte van beskuldiging beteken sou word, wie die regspersoon tydens die hofverrigtinge sou verteenwoordig en die manier waarop korporatiewe skuld bepaal sou word.91 Ander was van oordeel dat daar bloot nie genoegsame tyd beskikbaar was om die aangeleenthede behoorlik te oorweeg nie.92 Voorts was daar besorgdheid rondom die uitwerking van so ‘n bepaling op lidstate wat nie korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in hulle nasionale regstelsels erken nie.93 Die Rome Statute of the International Criminal Court maak derhalwe slegs voorsiening vir individuele strafregtelike aanspreeklikheid.94 Dit is ook die geval met die statute van die ad hoc internasionale straftribunale vir Rwanda en die voormalige Joegoslawië.95

Dit blyk dus dat die stand van die internasionale strafreg is dat korporatiewe entiteite nie strafregtelike aanspreeklikheid vir die pleeg van internasionale misdade kan opdoen nie. Daar is egter toenemend stemme wat opgaan dat die tyd aangebreek het vir die erkenning van hierdie vorm van aanspreeklikheid.96 Weigend,97 byvoorbeeld, wys

90 Schabas Introduction 101. Haigh AJHR 202-203 gee ‘n nuttige samevatting van

die voorstelle wat ter tafel was met betrekking tot korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in die aanloop tot die stigting van die Internasionale Strafhof.

91

Haigh AJHR 203.

92

Haigh AJHR 203.

93

Haigh AJHR 203. Laasgenoemde besorgdheid hou verband met die beginsel van komplementariteit vervat in a 17 van die Rome Statute of the International Criminal

Court UN Doc A/CONF 183/9 ingevolge waarvan die Internasionale Strafhof slegs

jurisdiksie uitoefen in daardie gevalle waar state nie in staat is nie of onwillig is om die vervolgings vir misdade vervat in die Rome Statute in te stel. Sien Haigh

AJHR 204.

94

A 25 Rome Statute of the International Criminal Court UN Doc A/CONF. 183/9 onder die opskrif ―Individual criminal responsibility‖ lui: ―The Court shall have jurisdiction over natural persons pursuant to this Statute.‖ Sien verder Allens Arthur Robinson ‗Corporate culture’ 9.

95

Aa 1 en 6 Statute of the International Criminal Tribunal for Rwanda UN Doc. S/RES/955 en aa 1 en 7 Statute of the International Criminal Tribunal for the

Former Yugoslavia UN Doc S/RES/827.

96

Slye Brook. J. Int’l L. 955-973 voer oortuigende redes aan waarom die

internasionale strafreg ook voorsiening behoort te maak vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone. Sien ook Haigh AJHR 214-215 wat spesifiek

26

daarop dat dit nie ‘n individu is wat gifgasse aan die diktator verskaf met die oog op die pleeg van oorlogsmisdade nie, maar ‘n firma wat as regspersoon getipeer kan word, ook dat dit besighede is wat spesialiseer in winsgewende transaksies wat gesteelde diamante aankoop en verkoop en sodoende finansiële ondersteuning aan ‘n diktatoriale regeringsbestel verleen.

In 2005 het die Sekretaris-Generaal van die VN ter uitvoering van ‘n resolusie van die VN Human Rights Commission vir Professor John Ruggie aangestel as die sogenaamde Special Representative of the

Secretary-General on the issue of human rights and transnational corporations and other business enterprises.98 Een van die oogmerke van die amp is die identifisering en opheldering van die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanspreeklikheid van besighede met betrekking tot menseregteskendings.99 Een van die verslae van die

Special Representative wat tot dusver verskyn het, dui daarop dat

regspersone toenemend as die draers van verpligtinge binne die konteks van die internasionale strafreg gesien word.100 Die verslag dui aan dat, alhoewel korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid nie in die Statuut van die Internasionale Strafhof erken word nie, verskeie state tog voorsiening maak vir buite-territoriale jurisdiksie met betrekking tot internasionale misdade wat byvoorbeeld teen een van sy burgers

betoog dat die jurisdiksie van die Internasionale Strafhof uitgebrei behoort te word ten einde voorsiening te maak vir korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid. Clapham JICJ 899-926 betoog dat die volkereg sodanig ontwikkel het dat dit nie slegs meer state is wat as subjekte van die volkereg aangemerk kan word nie, maar ook regspersone. Omdat regspersone ook internasionale verpligtinge opdoen, moet hulle ook strafregtelik aanspreeklik gestel kan word vir internasionale misdade. Duruigbo Nw. Univ. J. Int’l Hum. Rts. 260 bespreek ook die drastiese veranderinge wat plaasvind ten aansien van die internasionale regstatus van regspersone.

97 Weigend JICJ 928. 98 http://www.businesshumanrights.org/Categories/UNintlorgs/UNintergovernmental orgs/UN/UNSpecialRepresentativeonbusinesshumanrights. 99 http://www.businesshumanrights.org/Categories/UNintlorgs/UNintergovernmental orgs/UN/UNSpecialRepresentativeonbusinesshumanrights. 100

Report of the Special Representative of the Secretary-General on the issue of

human rights and transnational corporations and other business enterprises, John Ruggie. Business and Human Rights: mapping international standards of responsibility and accountability for corporate acts UN Doc A/HRC/4/35 (2007) par

27

gepleeg word. Ander steun op die volkeregtelike beginsel van universele jurisdiksie met betrekking tot internasionale misdade ten einde die toepassing van hulle reg uit te brei. Aangesien korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid erken word deur baie nasionale regstelsels, bring dit mee dat daardie state regspersone dus strafregtelik aanspreeklik kan stel vir internasionale misdade. Sommige state wat partye is tot die Statuut van die Internasionale Strafhof brei dan ook die misdade waarvoor voorsiening in die Statuut gemaak word uit om van toepassing te wees op regspersone.101 Daar is dus aanduidings dat korporatiewe entiteite in die toekoms toenemend onderwerp kan word aan strafregtelike aanspreeklikheid vir internasionale misdade.102 In Suid- Afrika maak die Wet op die Implementering van die Statuut van

Rome oor die Internasionale Strafhof 27 van 2002 voorsiening vir die

implementering van dié Statuut. Die Wet bevat geen voorskrif waarvolgens regspersone ook ingevolge daarvan aanspreeklik gestel word nie. Dit beteken myns insiens egter nie dat regspersone nie weens oortredings van die Wet aanspreeklik gestel kan word nie. Regspersone behoort steeds kragtens die werking van artikel 332(1) van die

Strafproseswet, wat in Hoofstuk 6 hanteer word, aanspreeklik gestel te

word vir oortredings van die Wet op die Implementering van die Statuut

van Rome oor die Internasionale Strafhof.

101

Report of the Special Representative of the Secretary-General on the issue of

human rights and transnational corporations and other business enterprises, John Ruggie. Business and Human Rights: mapping international standards of responsibility and accountability for corporate acts UN Doc A/HRC/4/35 (2007) par

24-25. Sien ook Magraw Minn. J. Int’l L. 497, Ramasastry en Thompson

Commerce Crime and Conflict 16.

102

Report of the Special Representative of the Secretary-General on the issue of

human rights and transnational corporations and other business enterprises, John Ruggie. Business and Human Rights: mapping international standards of responsibility and accountability for corporate acts UN Doc A/HRC/4/35 (2007) par

27 en International Commission of Jurists Corporate Complicity and Legal

Accountability Volume 2 5. Sien ook Meron European Journal of International Law

19-20, Ruggie Am J. Int’l L. 830-832 en Ramasastry en Thompson Commerce,

28

2.4 Algemene vereistes vir strafregtelike aanspreeklikheid in