• No results found

Besondere strafversagtende en strafverswarende faktore

Clough en Mulhern78 argumenteer dat afskrikking en hervorming die belangrikste oogmerke van korporatiewe bestrawwing behoort te wees. Die belangrikheid van strafregtelike sanksies vir regspersone is volgens hierdie skrywers geleë in die feit dat dit groter opvoedkundige en afskrikkende waarde as siviele sanksies het. Heelwat van dieselfde faktore wat by die bestrawwing van individuele oortreders in ag geneem word, behoort ook verreken te word wanneer regspersone gevonnis staan te word. Dit sluit in die kriminele geskiedenis van die regspersoon, die omvang van die skade aangerig deur die misdadige gedrag, stappe wat gedoen is ten einde die aangerigte skade te herstel, die vraag of die regspersoon skuldig gepleit en sy samewerking aan die owerhede

76

Fisse Adel. L. Rev. 405-408. Sien ook Lederman J. Crim. L. & Criminology 314- 315.

77

Fisse Adel. L. Rev. 408-409.

78

183

verleen het, die mate van berou wat getoon is en die mate van morele afkeurenswaardigheid met inagneming van die skuldelement.79

Die Amerikaanse federale Sentencing Guidelines80 vir organisasies is op vier beginsels gebaseer: eerstens moet die hof die oortreder beveel om enige skade, veroorsaak deur die pleeg van die misdryf, goed te maak in soverre dit prakties moontlik is. Hierdie aksie word egter nie as straf in die ware sin van die woord beskou nie, maar eerder as ‘n metode wat ‘n herstellende uitwerking het op die slagoffers van die misdaad.81 Tweedens, waar die organisasie primêr vir misdadige oogmerke bedryf is, moet enige boete wat die organisasie opgelê word sodanig hoog wees dat dit die organisasie al sy bates ontneem.82 Derdens word die omvang van ‘n boete vasgestel met verwysing na die erns van die misdaad en die blaamwaardigheid van die organisasie. Die erns van die misdaad word onder meer weerspieël in die omvang van die ekonomiese voordeel wat deur die organisasie uit die pleeg daarvan getrek het. Die graad van blaamwaardigheid word bepaal met verwysing na ses faktore. Vier daarvan verhoog die blaamwaardigheid en lei tot swaarder vonnisse, te wete (i) die mate van betrokkenheid by en mate van verdraging van die misdaadpleging, (ii) die misdaadgeskiedenis van die organisasie, (iii) die nie nakoming van ‘n bevel van owerheidsweë en (iv) die belemmering van regspleging. Die twee strafversagtende faktore is (i) die bestaan van ‘n doeltreffende voldoeningsprogram (compliance program) en (ii) die aanmelding van die misdaad deur die regspersoon self, die verlening van samewerking aan die owerhede en die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die pleeg van die misdaad.83 Vierdens word toesighouding oor (probation) die betrokke organisasie voorgestaan in gevalle waar dit nodig is om te verseker dat ‘n ander sanksie as ‘n boete doeltreffend in werking gestel word. Dit kan ook aangewend word om te verseker dat die organisasie

79

Clough en Mulhern The Prosecution of Corporations 187-188.

80

―Introductory Commentary‖ Federal Sentencing Guidelines Manual.

81

―Introductory Commentary‖ Federal Sentencing Guidelines Manual.

82

―Introductory Commentary‖ Federal Sentencing Guidelines Manual.

83

184

stappe doen ten einde die waarskynlike intrede van toekomstige misdadige gedrag te verminder.84

Die hof moet telkens as vertrekpunt die tipe misdaad (die sogenaamde

base offence level) bepaal.85 Hierdie base offense level mag dan opwaarts of afwaarts aangepas word deur die toepassing van eienskappe wat spesifiek met die betrokke misdryf te make het (specific

offence characteristics).86 Dit maak voorsiening vir aanpassings met inagneming van faktore soos die status van die slagoffer van die misdaad, die rol van die organisasie in die pleging van die misdryf en die mate waarin die reg verydel is.87 Hierna kan die hof, met inagneming van die base offence level die basiese boete (base fine) wat hy ingevolge die Sentencing Guidelines kan oplê, bepaal.88 Die Guidelines skryf ook die wyse waarop die boete bepaal moet word, voor. Hierdie basiese boete weerspieël die aard en erns van die misdaad waaraan die organisasie skuldig bevind is.89 Die volgende stap is die toekenning van ‘n blaamwaardigheidspunt (culpability score) aan die organisasie. Die hof ken aanvanklik ‘n vasgestelde blaamwaardigheidspunt toe. Hierdie punt kan dan, met inagneming van bogemelde verswarende en versagtende faktore, soos in die voorgaande paragraaf uiteengesit, opwaarts of afwaarts aangepas word. Die uiteindelike punt dien as basis vir die bepaling van die omvang van die boete.90

In Kanada maak die Criminal Code RS 1985 voorsiening vir tien faktore wat by die bestrawwing van korporatiewe entiteite verreken moet word:

(i) die voordeel wat die entiteit as gevolg van die misdaadpleging verkry het;

84

―Introductory Commentary‖ Federal Sentencing Guidelines Manual. Sien ook Wray Yale L. J. 2030-2038.

85

§ 8C2.3(a) Federal Sentencing Guidelines Manual.

86

§ 1B1.3 Federal Sentencing Guidelines Manual.

87

§§ 3A-C Federal Sentencing Guidelines Manual.

88

§ 8C2.4 Federal Sentencing Guidelines Manual.

89

§ 8C2.4 Federal Sentencing Guidelines Manual.

90 § 8C2.5 Federal Sentencing Guidelines Manual. Vir ‘n toeganklike oorsig oor die

werking van die riglyne sien Ku en Pepper Am. Crim. L. Rev. 293-303 en Viano en Arnold Am. Crim. L. Rev.320-339.

185

(ii) die mate van beplanning waarmee die misdaad gepaardgegaan het en die duur en kompleksiteit van die misdaad;

(iii) die vraag of die entiteit sy bates verdoesel het ten einde te probeer aantoon dat dit nie ‘n boete kan betaal of restitusie kan doen nie;

(iv) die impak wat die vonnis op die ekonomiese lewensvatbaarheid van die entiteit het asook die invloed wat dit het op die voortgestte indiensneming van werknemers; (v) die koste wat deur die staat aangegaan is met betrekking tot

die ondersoek en vervolging van die misdaad;

(vi) enige straf wat reeds deur ‘n regulerende owerheid aan die entiteit of sy verteenwoordigers opgelê is ten aansien van gedrag wat die grondslag van die misdaad gevorm het;

(vii) die vraag of die entiteit of een van sy verteenwoordigers vantevore skuldig bevind is aan ‘n soortgelyke misdryf of andersins deur die regulerende owerheid gesanksioneer is; (viii) enige sanksie wat deur die entiteit opgelê is aan

verteenwoordigers daarvan vir hul rol in die pleeg van die misdryf;

(ix) enige restitusie wat die organisasie moet maak of enige bedrag wat die entiteit aan die slagoffers van die misdaad betaal het; en

(x) enige stappe wat die organisasie gedoen het ten einde die waarskynlike intrede van toekomstige misdaadpleging te verminder.91

Die Law Reform Commission van New South Wales92 het ook voorgestel dat daar vir spesifieke verswarende en versagtende faktore voorsiening

91

A 718.21 (a)-(j) Criminal Code RS 1985 c.C-46. Die bepalings van die Kanadese

Criminal Code met betrekking tot die strafregtelike aanspreeklikheidstelling van

regspersone is bespreek onder 3.5.2.3 hierbo. Sien ook Archibald, Jull en Roach

Crim. L. Q. 389-391 en Department of Justice Guide to Bill C-45 7-9.

92

186

gemaak behoort te word by die bestrawwing van korporatiewe entiteite: Die vier verswarende faktore is die volgende:

(i) dat die regspersoon redelikerwys kon voorsien het dat die misdaad gepleeg sou word of dat enige skade veroorsaak sou word;

(ii) dat individue wat wesenlike beheer oor die entiteit uitoefen, of wat ‘n wesenlike rol in die besluitneming in die entiteit speel, deelgeneem het aan die pleging van die misdaad of dit goedgekeur het;

(iii) dat die verdraging van die misdaad deur lede van die bestuurskorps of ander persone wat ‘n wesenlike mate van diskresie het om ten behoewe van die entiteit op te tree die entiteit deurdrenk het; en

(iv) die feit dat die regspersoon nie ten tyde van die misdaadpleging oor ‘n doeltreffende voldoeningsprogram beskik het ten einde misdaadpleging te identifiseer en te voorkom nie.93

Die vier versagtende faktore wat aangestip word, is: (i) die finansiële toestand van die entiteit;

(ii) die feit dat die entiteit oor ‘n doeltreffende voldoeningsprogram beskik het;

(iii) die feit dat die entiteit ‘n einde aan die wederregtelike gedrag gemaak het binne ‘n redelike tydperk nadat dit ontdek is; en (iv) die impak van die straf op openbare dienslewering.94

Dit is myns insiens nie bevredigend om spesifieke faktore as verswarende faktore en spesifieke faktore as versagtende faktore te klassifiseer nie, aangesien dit te beperkend is. Alle relevante faktore wat

93

Law Reform Commission New South Wales Sentencing Corporate Offenders par 4.53 Recommendation 3.

94

Law Reform Commission New South Wales Sentencing Corporate Offenders par 4.53 Recommendation 3. Vir ‘n gedetailleerde bespreking van elkeen van hierdie faktore sien para 4.6-4.53.

187

betrekking het op die erns van die misdaad, die korporatiewe persoonlikheid en die belange van die gemeenskap behoort verreken te word, hetsy dit ‘n versagtende of verswarende effek op die vonnis het. Alhoewel wetgewing ‘n uitvoerige lys faktore kan vermeld wat as hulpmiddel aan strafopleggers kan dien en konsekwentheid in die hand kan werk, behoort sodanige lys nie geslote te wees nie.95

5.4 Vonnisopsies

5.4.1 Boete

In Suid-Afrika kan regspersone ingevolge die voorskrifte van die

Strafproseswet 51 van 1977 slegs beboet word na skuldigbevinding aan

die pleging van ‘n misdryf.96

Boetes het natuurlik die potensiaal om een van die belangrike faktore wat korporatiewe misdaad kan aanspoor, naamlik winsbejag, ‘n knou toe te dien. Afskrikking word dus bevorder deur die aanspreek van die winsmotief.97 Aan die ander kant is winsbejag nie noodwendig die dryfveer vir die pleeg van ‘n bepaalde misdaad deur ‘n regspersoon nie.98

Die boete as uitsluitlike vonnisopsie vir regspersone bereik egter nie noodwendig die oogmerke van straf doeltreffend nie. Die meeste korporatiewe entiteite het winsbejag as oogmerk. Die moontlikheid bestaan dat veral groter regspersone boetes bloot as besigheidsuitgawes kan verreken en regspersone mag selfs vir die gevolge van hul strafregtelike gedrag begroot. Die ekonomiese wins mag vir daardie regspersone swaarder weeg as die uitgawes

95

A 332(2)(c) Strafproseswet 51 van 1977. Hierdie sentimente is ook uitgespreek deur die Australiese Law Reform Commission. Sien in die verband Australian Law Reform Commission Same Crime Same Time: Sentencing of Federal Offences pars 6.4-6.14 en 30.3.

96

Vir ‘n volledige bespreking van die regsposisie in Suid-Afrika sien 6.5 hieronder. Ander sanskies mag wel in terme van besondere wetgewing oorweeg word, byvoorbeeld die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998. Sien in die verband 6.5 hieronder.

97

Kennedy Cal. L. Rev. 450-451.

98

Sien in die verband Fisse en French Corrigible Corporations 140 en Fisse Crim. L.