• No results found

3.4.1 Inleidend

Die beginsel dat regspersone oor die algemeen strafregtelik tot verantwoording geroep kan word, word nie deur die reg van alle state erken nie. In Brasilië, Bulgarye, Luxemburg, Portugal, Griekeland, Spanje, Duitsland, Italië en Swede kan regspersone nie strafregtelik aanspreeklik gestel word nie.298 Heelwat van hierdie state het egter stelsels in plek ten einde te verseker dat regspersone by wyse van administratiewe sanksies tot orde geroep word.299 Dit blyk dat die skaduwee van die leerstuk societas delinquere non potest nog sterk val

294

Allens Arthur Robinson ‘Corporate culture’ 6. Hierdie aspek word volledig bespreek onder 3.5.2 hieronder.

295

Allens Arthur Robinson ‘Corporate culture’ 4.

296

Sien 3.5.1.2, 3.5.2.2 en Hoofstuk 4 hieronder.

297

Fisse en Braithwaite Sydney L. Rev. 475-488.

298

Allens Arthur Robinson ‘Corporate culture’ 4 en Pop Criminal liability of

corporations 13.

299

Allens Arthur Robinson ‘Corporate culture’ 4 en Pop Criminal liability of

68

oor die benadering rondom korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in hierdie jurisdiksies.300

In hierdie gedeelte word daar spesifiek verwys na die regsposisie in Duitsland ter illustrasie van ‘n stelsel waarin daar van administratiewe sanksies gebruik gemaak word. Die rede waarom die keuse op Duitsland val, is daarin geleë dat die betrokke stelsel nie net goed ontwikkel is nie, maar skynbaar ook bevredigende resultate in daardie land lewer.301 Die wyse waarop die administratiewe bestraffingstelsel funksioneer word ter aanvang volledigheidshalwe bespreek waarna die vereistes vir die aanspreeklikheid van regspersone in Duitsland hanteer word.

Daar moet egter gewys word op die feit dat die administratiewe aanspreeklikheid van regspersone egter ook naas strafregtelike aanspreeklikheid kan bestaan. Frankryk maak byvoorbeeld voorsiening vir die oplê van swaar administratiewe boetes vir regspersone waar kartelbedrywighede onbillike mededinging tot gevolg het, maar dié land maak ook sedert 1992 in sy Code Pénal voorsiening vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone.302 In Suid-Afrika word daar ook in sekere wetgewing voorsiening gemaak vir die oplegging van administratiewe sanksies. Voorbeelde hiervan word in hoofstuk 6 bespreek.303

300

Leigh Mich. L. R. 1509 som die argumente waarom sommige state slegs van administratiewe sanksies gebruik maak soos volg op: ‘n regspersoon het nie sy eie wil nie en kan daarom nie skuld hê nie; ‘n regspersoon beskik nie oor ‘n menslike liggaam nie en kan derhalwe nie in propria persona handel nie; dit is ‘n fundamentele beginsel dat slegs die werklike oortreder bestraf moet word; die vonnisstelsel maak nie voorsiening vir korporatiewe oortreders nie; en, laastens, is beginsels wat verband hou met die rehabilitasie van oortreders nie aangepas om korporatiewe entiteite in te sluit nie.

301

Sien 3.4.3 hieronder.

302

Leigh Mich. L. R. 1520. Sien ook Diskant Yale L. J. 146-147.

303

69

3.4.2 Die administratiewe betraffingstelsel in Duitsland

Grondwetlike bepalings verhoed die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone in Duitsland.304 In daardie land is regspersone slegs onderworpe aan administratiewe sanksies vir administratiewe of openbare welsynsoortredings (Ordnungswidrigkeiten) ooreenkomstig die

Gesetz ϋber Ordnungswidrigkeiten (OWiG) van 1968.305 Administratiewe organe en, in sommige gevalle, strafhowe word gemagtig om administratiewe boetes, bekend as Geldbuβen, aan regspersone op te lê.306 Hierdie strafvorm is die opvolger van voormalige sanksies vir mindere misdade (Űbertretungen), wat vergelyk kan word met die sogenaamde welsynsmisdade van die Engelse reg.307 Die administratiewe boete kan hoogstens 1 miljoen Euro beloop, maar indien die regspersoon onwettig wins gemaak het weens die wederregtelike gedrag, mag die boete verhoog word tot die mate waarin die regspersoon verryk is.308 Volgens een sienswyse, bekend as die funksionele benadering, het Duitsland eenvoudig individuele aanspreeklikheid en administratiewe beheermaatreëls in die plek van strafregtelike aanspreeklikheid gestel.309 Hierdie administratiewe sanksies word egter nie deur die gemeenskap of deur beskuldigdes in daardie land as strafregtelik van aard beskou nie, selfs nie in daardie gevalle waar die boete deur ‘n strafhof opgelê word nie.310

Die Duitse

Strafgesetzbuch maak egter ook voorsiening vir die moontlikheid dat die

opbrengs van misdaad van ‘n regspersoon verhaal kan word in gevalle waar ‘n natuurlike persoon ‘n misdaad tot voordeel van die regspersoon pleeg.311

304

Leigh Mich. L. R. 1509 en Mueller U. Pitt. L. Rev. 31-32.

305

Bohlander Principles of German Criminal Law 23, Hefendehl Buff. Crim. L. Rev. 286, Kyriakakis NILR 343, Khanna Harv. L. R. 1490, Wagner ―Corporate Criminal Liability‖ 5-6 en Weigend JICJ 931.

306

§§ 30(3) en 17(4) Gesetz über Ordnungswidrigkeiten (OWiG) van 1968.

307

Hefendehl Buff. Crim. L. Rev. 286. Sien ook Beale en Safwat Buff. Crim. L. Rev. 122-123, Stessens Int’l & Comp. L. Q. 503 en Terblanche Stellenbosch

Regstydskrif 350. 308 Weigend JICJ 931. 309 Diskant Yale L. J. 146. 310

Hefendehl Buff. Crim. L. Rev. 286.

311

70

Dit word soms gesê dat Duitsland nie die ware strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone erken nie of dat dié land minstens ‘n posisie van gedeeltelike ontkenning handhaaf.312 Volgens Hefendehl313 kan die Duitse sanksies wat toegepas word op regspersone hoogstens gesien word as ―kwasi-kriminele‖ sanksies. Stessens314

is egter van mening dat, juis vanweë die feit dat Ordnungswidrigkeiten die opvolgers van gedekriminaliseerde kleinere misdade is en omdat strafhowe in sekere gevalle ook hierdie administratiewe boetes kan oplê, dit tog dui op die kriminele aard van die oortredings. Leigh315 argumenteer dat die administratiewe sanksies van Duitsland moontlik bloot ter wille van semantiek bestaan juis omdat die Duitse reg ‘n verbod plaas op die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone.316 Daarbenewens kan ‘n natuurlike persoon wat hom aan Ordnungswidrigkeiten skuldig maak nie gevangenisstraf opgelê word vir sy oortreding nie.317

Volgens Pop318 gaan die administratiewe sanksie-benadering nie gepaard met dieselfde morele stigma wat met ‘n strafregtelike skuldigbevinding gepaardgaan nie en beskik so ‘n administratiewe bestraffingstelsel dus nie oor voldoende afskrikkingswaarde vir regspersone nie. Sy wys voorts daarop dat hierdie benadering daartoe aanleiding kan gee dat maatskappye wie se onregmatige gedrag in hulle eie state strafregtelike aanspreeklikheid meebring dit aanloklik kan vind om hulle in ‘n staat te vestig waarin hulle hoogstens aan administratiewe sanksies blootgestel kan word. Dìt kan weer aanleiding gee tot ‘n toename in korporatiewe wangedrag in laasgemelde state.

312

Weigend JICJ 930.

313

Hefendehl Buff. Crim. L. Rev. 286.

314

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 503.

315

Leigh Mich. L. Rev. 1523.

316

Volgens Stessens Int’l & Comp. L. Q. 503 het administratiewe sanksies nie die

stigma van ‘n morele waarde-oordeel nie en was hierdie feit die deurslaggewende faktor toe die wetgewer besluit het om hierdie aangeleenthede oor die boeg van administratiewe sanksies te hanteer en dus te verwyder uit die veld van die strafreg.

317

Leigh Mich. L. R. 1523.

318

71

Dit is onwaarskynlik dat die posisie in Duitsland in die nabye toekoms nader sal beweeg aan ―volkome‖ strafregtelike aanspreeklikheid.319 Die

Gesetz ϋber Ordnungswidrigkeiten is sedert 1968 in plek en, alhoewel

die oplê van boetes aan regspersone nie in Duitsland as strafregtelik in die ware sin van die woord beskou word nie, vervul dit tog die hoofoogmerke van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid deurdat regspersone beboet kan word vir die onregmatige gedrag van werknemers en ander agente wat namens hulle handel.320 In Duitsland bestaan die oortuiging dat die morele stigma verbonde aan strafregtelike sanksies onnodig is om die oogmerke van straf, in soverre dit ‘n regspersoon betref, te bevredig. Daarbenewens blyk dit dat Duitse maatskappye tog doeltreffend gereguleer word deur die gevorderde stelsel en is dit derhalwe onnodig om vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone voorsiening te maak.321 Die Duitse wetgewer is skynbaar van oordeel dat die administratiewe aanspreeklikheid van regspersone billikheid, afskrikking en koste- effektiwiteit in die hand werk en dat dit derhalwe nie noodsaaklik is om vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone voorsiening te maak nie.322

3.4.3 Die vereistes vir administratiewe korporatiewe aanspreeklikheid in die Duitse reg

Die Gesetz ϋber Ordnungswidrigkeiten beperk die klas natuurlike persone wie se handelinge aanspreeklikheid vir die regspersoon meebring. In die algemeen word aanspreeklikheid beperk tot daardie gevalle waarin die regspersoon se direkteure of regsverteenwoordigers onbehoorlik gehandel het of versuim het om behoorlike beheer oor

319

In 1999 het die Duitse Ministerie van Justisie ‘n kommissie aangestel ten einde die kwessie van die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone te ondersoek. Die lede van die kommissie was dermate verdeeld dat hulle verslag slegs die argumente ten gunste van en teen korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid uitgelig het en moontlike opsies tot beskikking van die wetgewer uitgewys het. Sien in die verband Weigend JICJ 931.

320

Weigend JICJ 931.

321

Pop Criminal liability of corporations 6.

322

72

werknemers uit te oefen.323 Die maatskappydirekteur of regsverteenwoordiger van die regspersoon moes in sy of haar hoedanigheid as direkteur of regsverteenwoordiger gehandel het.324 Indien dit egter eenmaal blyk dat ‘n direkteur of regsverteenwoordiger inderdaad gehandel het, is dit nie nodig om die spesifieke direkteur of regsverteenwoordiger te identifiseer nie.325 Voorts is die blote versuim om toesig te hou oor werknemers (Aufsichtsplichtsverletzung) opsigself ‘n administratiewe oortreding.326 Indien ‘n werknemer, anders as ‘n direkteur of regsverteenwoordiger, ‘n onregmatige handeling verrig wat voorkom kon word deur ‘n direkteur of regsverteenwoordiger, kan die regspersoon ook administratiewe aanspreeklikheid opdoen. Gebreke in die organisasie van die regspersoon kan aanleiding gee tot die afleiding dat daar ‘n gebrek was om behoorlik toesig te hou, byvoorbeeld waar daar geen persoon aangewys is om te verseker dat ‘n regsplig wat op die regspersoon gerus het nagekom word nie, of deurdat daar geen duidelike toedeling van verantwoordelikhede in die regspersoon was nie.327 Stessens328 beskryf hierdie benadering as ‘n vermomde vorm van middellike aanspreeklikheid. Weens die kompleksiteit van moderne maatskappye is dit egter nie altyd maklik om te bewys dat die betrokke senior beamptes inderdaad die oortreding sou kon verhoed het nie.329

Die onregmatige handeling moet voorts verband hou met die aktiwiteite van die regspersoon. Die gedrag moet óf neerkom op die nie-nakoming van ‘n regsplig van die regspersoon óf ten doel het of tot gevolg het dat die regspersoon onregmatig verryk word.330

Opsommenderwys kan daar dus gesê word dat die regspersoon aanspreeklik gestel kan word indien ‘n senior verteenwoordiger van die

323

Hefendehl Buff. Crim. L. Rev. 286.

324

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 513.

325

§ 30(4) Gesetz über Ordnungswidrigkeiten.

326

§ 130 Gesetz über Ordnungswidrigkeiten.

327

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 508. Sien ook Pop criminal liability of corporations 30.

328

Stessens Int’l & Comp. L. Q. 508 en 514-515.

329

Leigh Mich. L. R. 1523.

330

73

regspersoon of ‘n persoon wat die werksaamhede van die regspersoon beheer ‘n oortreding begaan waarby ‘n regsplig wat op die regspersoon rus nie nagekom word nie of waardeur die regspersoon verryk word.331 Alhoewel administratiewe aanspreeklikheid skynbaar oor die algemeen nie in Duitsland as ‘n vorm van strafregtelike aanspreeklikheid gesien word nie,332 blyk dit dat die basis van administratiewe aanspreeklikheid in Duitsland eintlik net ‘n eng vorm is van die identifikasieleerstuk, waarna later verwys word.333