• No results found

Aangesien hierdie proefskrif ook handel met die straftoemeting van die regspersoon, is dit nodig om die basiese beginsels van vonnisoplegging in die Suid-Afrikaanse reg kortliks aan te raak.240

Die tradisionele benadering tot vonnisoplegging is dat die hof op ‘n ewewigtige wyse alle relevante faktore, feite en omstandighede wat verband hou met drie aspekte, naamlik die aard en erns van die misdaad, die persoonlike omstandighede van die oortreder en die belange van die gemeenskap by vonnisoplegging moet verreken. Die hof moet ook die hoofoogmerke van straf, te wete afskrikking, voorkoming, hervorming en vergelding nastreef.241 Die vonnis wat die hof oplê moet ook ‘n element van genade weerspieël.242

239

Ngcwase v Terblanche 1977 3 SA 796 (A) 803H-804A. Sien ook Dadoo Ltd v

Krugersdorp Municipal Council 1920 AD 530 550-551. In S v Kritzinger 1971 2 SA

57 (A) 59F beslis die hof: ―A company is an artificial persona which cannot read a written or hear a spoken representation. It reads or hears a representation through the eyes or ears of, inter alios , its directors acting in the course of their duty, and ‗board‘ is the collective term used to designate the directors when they act together in the course of their duty to the company.‖

240

Hier word nie in detail ingegaan op die inhoud van die verskillende strafteorieë nie. Standaardwerke oor die strafreg en vonnisoplegging behandel hierdie tema volledig. Sien in hierdie verband Burchell Criminal Law 68-80, Snyman Strafreg 12-23 en Terblanche Sentencing 171-174. Die kwessie van strafoplegging van die regspersoon word hanteer in Hoofstuk 5 hieronder. Sien ook 6.5 en 6.6 hieronder.

241

Snyman en Morkel Strafprosesreg 419 en Director of Public Prosecutions,

Kwazulu-Natal v P 2006 1 SASV 243 (HHA) [13].

242

Director of Public Prosecutions, Kwazulu-Natal v P 2006 1 SASV 243 (HHA) [13]. Die genade-element beteken egter nie ‘n blote misplaaste simpatie vir die

56

Afskrikking hou in dat die oortreder, maar ook potensiële oortreders in die gemeenskap ontmoedig word om hulle aan misdaad skuldig te maak, wetende dat hulle deur die onaangename gevolge van straf getref sal word sou hulle misdade pleeg.243 Die voorkomingsoogmerk gaan hand aan hand met afskrikking en het ten doel om misdaad te beperk en die gemeenskap te beskerm.244 Vergelding hou in dat die oortreder gestraf word om sy skuld aan die gemeenskap te betaal. Die howe straf vergeldend om die afkeur en skok van die belanghebbendes en die gemeenskap uit te druk, om eierigting deur middel van effektiewe straf te voorkom en om die oortreder regverdige behandeling te laat toekom.245 Die oortreder moet egter ook gestraf word met die oog op sy individuele hervorming of verbetering sodat hy weer ‘n goeie lid van die gemeenskap kan word. Juis daarom moet die straf op die individuele oortreder gemik wees.246

Die hof moet sy strafdiskresie redelik, reëlmatig en regterlik uitoefen. Redelik beteken dat die straf verband behoort te hou met die morele blaamwaardigheid van die oortreder en die laakbaarheid van sy daad. Reëlmatigheid hou in dat daar ‘n regsbasis vir die vonnis moet wees, dit moet met ander woorde deur ‘n regsreël gemagtig word en moet binne die strafjurisdiksie van die hof val. Die beginsel dat die vonnis regterlik moet wees beteken dat dit gebalanseerd en effektief moet wees asook gebaseer op al die relevante materiaal.247

Die howe verwys gereeld na die blaamwaardigheid of morele blaamwaardigheid van die individu wat gevonnis staan te word ten einde

oortreder nie, maar dat die hof moet straf met volle inagneming van menslike swakhede en ander gebreke, op ‘n juridies gebalanseerde en deernisvolle wyse. Sien in hierdie verband Snyman en Morkel Strafprosesreg 420. Die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 het egter ook hierdie tradisionele benadering tot vonnisoplegging, veral met betrekking tot kinders wat gevonnis staan te word, beïnvloed, soos blyk uit die uitspraak gemeld in hierdie voetnota.

243

Terblanche Sentencing 156-162.

244

Snyman en Morkel Strafprosesreg 417 en Terblanche Sentencing 162-163.

245

Snyman en Morkel Strafprosesreg 417. Sien ook Terblanche Sentencing 165-171.

246

Snyman en Morkel Strafprosesreg 417-418 en Terblanche Sentencing 163-165.

247

57

die omvang van die vonnis te bepaal.248 Hiervolgens word die erns van die misdaad beïnvloed deur die mate waartoe die oortreder geblameer of verantwoordelik gehou kan word vir die misdaad en die gevolge daarvan. Die bepaling van die blaamwaardigheid van die oortreder is gedeeltelik objektief, maar subjektiewe faktore wat die blaamwaardigheid kan verhoog of verlaag moet ook verreken word.249

‘n Meer onlangse ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse reg is die aanmoediging deur Hoë Howe om die beginsels van herstellende geregtigheid by die vonnis wat die hof oplê, te inkorporeer.250 In S v

Maluleke251 het Bertelsman R die volgende daaroor gesê:

Restorative justice has been developed by criminal jurists and social scientists as a new approach to dealing with crimes, victims and offenders. It emphasizes the need for reparation, healing and rehabilitation rather than harsher sentences…252

In S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)253 het Sachs R in sy uitspraak in die Konstitusionele Hof daarop gewys dat die fokus by herstellende geregtigheid op die rol van die gemeenskap in die beheer van misdaad val, eerder as die owerhede wat verantwoordelik is vir strafregspleging.

Die strafoogmerke en vonnisopsies wat op ‘n besondere manier met regpersone in verband gebring kan word, word in hoofstuk 5 deeglik bespreek. Die huidige regsposisie in Suid-Afrika met betrekking tot die bestrawwing van regspersone geniet aandag in hoofstuk 6.254

248 Terblanche Sentencing 150. 249 Terblanche Sentencing 150 vn 152. 250

S v Maluleke 2008 1 SASV 49 (T), S v Saayman 2008 1 SASV 393 (OK), S v

Shilubane 2008 1 SASV 295 (T) en S v Tabethe 2009 2 SASV 62 (T).

251

S v Maluleke 2008 1 SASV 49 (T).

252

S v Maluleke 2008 1 SASV 49 (T) [26]. In pars [27]-[40] bespreek die hof die aard van herstellende geregtigheid in groter detail.

253

S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae) 2007 2 SASV 539 (KH) [62]. ‘n Waardevolle vertrekpunt vir die verdere bestudering van hierdie onderwerp in Suid-Afrika is die webblad Restorative Justice Centre http://www.rjc.co.za/. Hier word daarop gewys dat die slagoffer ‘n belangrike rol speel in die vonnisopleggingsproses.

254

58 2.7 Samevatting en gevolgtrekking

Individuele outonomie en persoonlike blaamwaardigheid van mense vorm die grondslag van strafregtelike aanspreeklikheid. Die staat durf nie inbreuk maak op die vryheid van individue indien hulle nie strafwaardig is nie. Daarom is die tradisionele benadering van die strafreg dat slegs wederregtelike menslike gedrag wat met individuele menslike skuld gepaardgaan, bestraf word. Die strafreg staan egter in diens van die gemeenskap. Die belangrike rol wat korporatiewe entiteite in die moderne samelewing speel en die feit dat korporatiewe bedrywighede dikwels gepaardgaan met die ernstige vergrype of growwe onverantwoordelikheid wat die potensiaal het om enorme skade vir mense en die omgewing mee te bring, maak die oplê van strafregtelike aanspreeklikheid aan en bestrawwing van regspersone noodsaaklik. So ‘n benadering is nie net in pas met die eise van die tyd nie, maar ook met die benadering in vele liberaal demokratiese state.

Die internasionale strafreg erken nie die idee van strafregtelike aanspreeklikheid van korporatiewe entiteite nie. State maak egter dikwels voorsiening vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone vir internasionale misdade. Daar bestaan ook verskeie multilaterale verdrae wat ‘n verpligting op state plaas om korporatiewe entiteite met gepaste sanksies, desnoods strafregtelik, aan te spreek en in toom te hou. Die regspersoon is ‘n werklikheid wat, selfs al word sy wil en gedrag gesoek in die gedrag van sy amptenare, sélf handel en met die skuldverwyt getref kan word. Die regspersoon is ‘n volwaardige korporatiewe landsburger wat aan die regsverkeer deelneem en oor regte én verpligtinge beskik.

59

Hoofstuk 3

Toegerekende aanspreeklikheid

3.1 Inleiding

In Hoofstuk 2 is daarop gewys dat die strafregtelike aanspreeklikheidstelling van regspersone nie net noodsaaklik is nie, maar inderdaad ook goed gevestig is in verskeie jurisdiksies.255 Die tradisionele wyses waarop regspersone strafregtelik aanspreeklik gestel word, het egter die fiktiewe aard van regspersone, soos gepropageer deur Von Savigny, nie heeltemal uit die oog verloor nie.256 Volgens individualistiese of nominalistiese aanspreeklikheidsteorieë is ‘n verwysing na die gedrag en skuld van regspersone eintlik niks anders nie as ‘n verwysing na die gedrag en skuld van die regspersoon se samestellende individue.257 Die gedrag en skuld van dié individue word derhalwe aan die regspersoon oorgedra of toegereken.

Hierdie hoofstuk het ten doel om antwoorde te vind op die volgende vrae:

1. Op watter wyses word regspersone kragtens ‘n individualistiese siening rakende die aard van regspersone aanspreeklik gestel? 2. Watter tekortkominge bestaan daar in die individualistiese

benaderings tot die aanspreeklikheid van regspersone?

Ten einde die benaderings van die verskillende jurisdiksies wat hier bespreek word in konteks te plaas, word daar ter aanvang ‘n historiese oorsig verskaf oor die ontwikkeling van korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid in elkeen.258 Daarna word die metode wat gebruik 255 Sien 2.2 hierbo. 256 Sien 2.5.3.2 hierbo. 257

Colvin Crim. L. F. 1-2. Vir ‘n meer gedetailleerde bespreking rakende die onderskeid tussen individualistiese en realistiese aanspreeklikheidsteorieë sien 4.1 hieronder.

258

60

word ten einde die verskillende modelle te onderskei, verduidelik.259 Elkeen van die modelle word daarna bespreek, waarna enkele belangrike gevolgtrekkings weergegee word.260