• No results found

3.2 Begrensing van Maatskaplike werkteorie deur nasionale kwalifikasierade

3.2.3 Globaliseringsmodelle

In die soeke na redes waarom maatskaplike werk as professie grootliks wegbeweeg van die oorspronklike godsdienstige en filantropiese beginsels waaruit dit onstaan het, blyk dit dat globalisering ook ‘n moontlike rolspelende invloed kan wees. Tans heers ‘n nuwe wêreldbestel bekend as globalisering waarin gelyke regte vir almal die hoof- uitgangspunt is. Globalisering verwys na ‘n wêreldbestel waar alle grense tussen wêreldmoondhede opgehef word, ten einde maksimum ekonomies-beheerde geleenthede vir alle mense te bied. Die impak wat hierdie benaderingsmodel op maatskaplike ontwikkeling tot gevolg kan hê, is nog nie met volle implikasies deurdink nie (Estes 2003:3).

Figuur 3.2 bied ‘n samevattende oosig van wisselwerkende rolle wat teoretiese kennis-raamwerke in maatskaplike werk tot gevolg kan hê.

Figuur 3.2 Wisselwerkende invloed van teoretiese kennisraamwerke in maatskaplike

werk MAATSKAPLIKE WERKSTRATEGIEë EPISTEMOLOGIESE KEUSE MAATSKAPLIKE WERKER KLIëNT RELIGIEUSE HART KEUSE TEORETIESE KENNISRAAMWERKE TEORETIESE KENNISRAAMWERKE STAATSBEHEERDE WELSYNSTELSEL WELSYNSTAAT/ STRATEGIEë ONTWIKKELINGS GERIGTE STRATEGIEë GLOBALISERINGS STRATEGIEë

Samevattend en in aansluiting by Figuur 3.2 blyk dit dat die breë oorkoepelende teoretiese kennisraamwerke wat op maatskaplike werk van toepassing is, verbind kan word aan die geldende politieke beleidsraamwerke waarvolgens wêreldmoondhede bestuur word. Sodoende is die oorhoofse geldende kennisraamwerk wat tans in Suid- Afrika van toepassing is, ‘n ontwikkelingsgerigte strategie. Wanneer bogenoemde beredenerings verder gevoer word, kan uit ‘n diakonologies-gefundeerde narratief- pastorale benadering geargumenteer word, dat ‘n humanisties-gefundeerde benadering op die hier en nou fokus, sonder die verrekening van die geestelike dimensie. Die verligting van armoede vra ‘n geheelbenadering. Armoede kan sinvol deur middel van ‘n pastorale benadering aangespreek word indien die mense-in-nood deel vorm van ‘n bepaalde gemeente of gemeenskap onder die sorg van ‘n geestelike leier. Geestelike leiers kan van langtermyn strategieë gebruik maak. Deur byvoorbeeld die mense te leer ken en van ‘n holistiese benadering gebruik te maak, kan die fisiese, psigiese- en geestelike dimensie sodoende verreken word. Hierdie benadering kan lei tot geloofsversterking en heling van wonde (Janse van Rensburg 2000b:8). In aansluiting by die voorafgaande redenasie bied ‘n interdissiplinêre samewerkingsooreenkoms soos tussen gemeenskapswerk en pastorale benaderings nuwe moontlikhede waarvolgens die armoedeprobleem in Suid-Afrika op ‘n volhoubare wyse aangespreek kan word (Smale et al. 2000). ‘n Eensydige ekonomiese bemagtingsdoelwit blyk nie die antwoord te wees nie (Praglin 2003:1). ‘n Radikale klemverskuiwing ten opsigte van die oorspronklike roepingsbewuste Christelik-georïenteerde persoon wat toetree tot die professie, is ook duidelik waarneembaar. Professionele status gekoppel aan wetenskaplike inhoude het onbewustelik gelei tot die humanisering van die professie (Praglin 2003:1; Bowpitt 2000:349). Moderne maatskaplikewerkomskrywings maak nie voorsiening vir Christelike beginsels nie. Die hoë premie wat op menseregte geplaas word, is direk in konflik met ‘n pastorale benadering. Hierdie aanname kan lei tot velerlei kritiek, maar binne die voorafgaande konteks wil dit tog voorkom asof Christelike beginsels slegs ‘n verwysingsraamwerk is, omdat die werklike kommunikering van die heilsboodskap soos in pastorale modelle, nie in maatskaplikewerkintervensies toegepas word nie (Bowpitt 2000:350). Te min gereformeerde aanhangers glo dat ‘n wêreldbeskouing wat op Bybelse gronde gebaseer word, ‘n basis kan vorm vir betroubare wetenskapsbeoefening, met spesiale verwysing na gebruik in die

geesteswetenskappe. In aansluiting by die voorafgande argumentering handhaaf Atwood (1998:2) die volgende standpunte:

- Sommige Christene beskou hul godsdiensbeoefening as iets wat slegs by die Kerk moet gebeur en as deel van hul gebede, terwyl ander maar te gewillig hoofstroom sekulêre benaderings soos postmodernisme, feminisme en ander -ismes navolg. - Hoewel subtiel, dra hierdie vorm van akkommodering van wêreldse sintese in

benaderings by tot die ontkenning van ‘n Bybelse wêreldbeskouing.

Godsdienstige oortuigings kan verskillende invloede op maatskaplike veranderings uitoefen wanneer byvoorbeeld gedink word aan die verskille tussen Christelike godsdiens, Jehova getuies en Moslems. Dit kan verandering bevorder, vertraag of dit kan selfs geen invloed uitoefen nie. Dit blyk volgens Haralambos en Holborn (1991:658) dat daar ‘n wederkerige beïnvloeding tussen godsdiens en sosiale verandering bestaan, dat godsdiens aanleidng kan gee tot verandering en dat die mens se gedrag deur sekere betekenisse en motiewe gerig word. Godsdiens kan deel wees van ‘n persoon se wêreldbeskouing en sodoende ‘n invloed uitoefen op sy menings, doelstellings en motiewe (Haralambos & Holborn 1991:658). Die slotsom blyk te wees dat daar nie langer gevra moet word óf godsdiens maatskaplike veranderings tot gevolg het nie, maar wel in watter opsig en onder watter omstandighede bevorder of beperk godsdiens verandering (Haralambos & Holborn 1991:664).

Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieraad vir Maatskaplike Werk vereis dat van holistiese benaderings in die assessering van die funksioneringspatrone van kliëntsisteme gebruik gemaak moet word (SACSSP Nuusbrief 2003:8). Verdermeer word vereis dat intervensiemodelle voorsiening moet maak vir die behoeftes van kliënte op individuele, groep- en gemeenskapsvlak. (Vgl. 3.2.2). Voorsiening word ook deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieraad gemaak vir die insluiting van antropologiese en religieuse studies as deel van onderrig in maatskaplike werk (SACSSP Nuusbrief 2003:7). Die voorafgaande gestelde moontlikhede deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieraad vir Maatskaplike Werk, maak dit dus moontlik om die inhoudelike van hierdie studie in maatskaplikewerkteorie te inkorporeer.

Volgens ‘n teologiese antropologie kan hierdie behoefte uit ‘n pastoraal- terapeutiese benadering aandag geniet. “Dit is die taak van die pastor om die mens se storie te vertolk onder leiding van die Heilige Gees as deel van God se storie en omgekeerd” (Louw 1999:304). Die voorafgaande verwysing beskryf die kern waaroor dit in ‘n diakonologies-gefundeerde narratief-pastorale benadering gaan. Vir die maatskap- likewerkprofessie bied dit die moontlikheid van nuwe geleenthede omdat die aansluiting by die geestelike dimensie van die totale mens in sy geheel-konteks ‘n unieke benadering is. Dit kan aan die praktisyn ‘n nuwe geheelbenaderde uitdaging bied, soos die aanvaarding dat daar in ‘n trialogiese konteks gewerk word, naamlik maatskaplike werker, mens-in-nood en die Heilige Gees.

Vervolgens word aandag gegee aan die rol wat maatskaplikewerkbenaderings speel uit ‘n pastoraal-antropologiese oogpunt ten einde moontlike samewerkings- ooreenkomste tussen maatskaplike en pastorale intervensies te identifiseer.