• No results found

FIGUUR 11: DIE MAANDELIKSE KONTANTPRYS IN IOWA AS % VAN DIE OKTOBER-KONTANTPRYS IN IOWA TUSSEN 1999 EN

Volgens die inligting in Figuur 11 is die kontantmielieprys in Iowa op sy laagste gedurende oestyd en styg die prys geleidelik soos daar wegbeweeg word van oestyd. Volgens die inligting in Figuur 11 kan die prys met tot 15% styg. Indien produsente besluit om mielies op te berg, kan produsente volgens Edwards (2010) opbergingstrukture op die plaas oprig, of ‘n groep produsente kan gesamentlik opbergingstrukture oprig.

Verhoogde aanpasbaarheid ten opsigte van die bemarking van mielies word verkry indien mielies opgeberg word, terwyl die oesproses ook makliker en vinniger geskied as mielies op die plaas opgeberg word. Opbergingspasie kan by kommersiële opbergers gehuur word terwyl opbergingspasie ook by ander produsente gehuur kan word. Volgens Edwards (2010:7) se studie het die oprigting van opbergingstrukture op die plaas die voordeel dat groter aanpasbaarheid moontlik binne die bemarkingsplan verkry kan word. Die produsent is ook verseker van die bepaalde hoeveelheid kapasiteit tot sy beskikking en is in beheer van die aflaaiproses van die mielies. Mielies met verskillende vogvlakke

kan gemeng word terwyl mielies waarvan die identiteit bewaar moet word, apart opgeberg kan word. Die druk op die vervoer van mielies tydens oestyd word verminder terwyl aantreklike finansieringspakkette vir die oprigting van opbergingstrukture bestaan. Die produsent bly verantwoordelik vir die mielies se kwaliteit indien die mielies op die plaas opgeberg word, wat as nadeel beskou kan word.

Die belegging in gesamentlike opberging is ook ‘n opsie wat in Iowa gebruik word. Volgens dié model rig kommersiële opbergers kapasiteit op wat finansier word deur individuele produsente. Die produsente verkry ‘n benuttingsreg ten opsigte van ‘n sekere volume in verhouding met die kapitaal wat voorsien is. Die kommersiële opberger is verantwoordelik vir die bestuur van die fasiliteite en aanvaar verantwoordelikheid vir die kwaliteit en kwantiteit van die mielies. Die kommersiële opberger se vergoeding word baseer op die volume mielies wat hanteer is. Die gesamentlike opberging van mielies kan die volgende voordele inhou:

 Kommersiële opbergers kan fasiliteite teen ‘n laer koste as produsente oprig.  Die kommersiële opberger waarborg die kwantiteit en kwaliteit van die mielies.  Die opbergingspasie kan verkoop word.

Vergoeding vir die gebruik van kapasiteit by gesamentlike opbergingstrukture kan bestaan uit ‘n vaste belegging wat oor ‘n periode versprei word en bestuursfooie wat baseer word op die hoeveelheid mielies wat opgeberg word.

Die huur van opbergingkapasiteit by ‘n kommersiële opberger is die derde opsie wat beskikbaar is. Die gebruik van kommersiële opbergspasie het die voordele dat die produsent slegs betaal vir die hoeveelheid opbergspasie wat gebruik word. Die produsent betaal ook slegs vir die tydperk wat opbergspasie gebruik word. Die kommersiële opberger bestuur die mielies en waarborg die kwaliteit van die mielies en hef geen addisionele koste indien die graan deur dieselfde kommersiële opberger verkoop word nie.

Die gebruik van kommersiële opberging kan negatief beïnvloed word deur langer vervoer- afstande na kommersiële depots en die aflaaityd by kommersiële depots. By sommige kommersiële opbergers kan dit ook gebeur dat die produsent weens finansiële en ander redes eintlik verplig is om die mielies aan die betrokke opberger te verkoop. Kommersiële opbergers hef gewoonlik ‘n tarief per bushel/dag. Aanpassings ten opsigte van die gewig wat gelewer word, is van toepassing indien die vogpersentasie die voorgeskrewe vlak oorskry. Aanpassings ten opsigte van die gewig is ook van toepassing om voorsiening te maak vir voorraadverliese wat kan ontstaan. ‘n Hanteringstarief word gehef as die mielies onttrek word. Die koste verbonde aan kommersiële opberging kan hoër wees as die kostes verbonde aan plaasopberging indien mielies vir lang periodes opgeberg word.

Die huur van opbergkapasiteit by mede-produsente kan ook oorweeg word. Die voordele verbonde aan die opsie is soos volg:

 Die kapasiteit kan gerieflik naby die produsent wees.

 Die huurtariewe kan laer wees as die tariewe wat kommersiële opbergers hef.  Die huurooreenkomste is gewoonlik slegs vir ‘n jaar geldig.

 Aanpasbaarheid ten opsigte van die bemarking van mielies word behou.

Die huur van ander produsente se plaasopbergingstrukture kan problematies wees aangesien die produsent verantwoordelik bly vir die kwaliteit van die mielies terwyl die instandhouding van die strukture nie op standaard kan wees nie.

Ten einde die finansiële aspekte van opberging te evalueer tref Edwards (2010: 5) onderskeid tussen vaste en veranderlike koste. Die gebruik van kommersiële opbergingkapasiteit verteenwoordig slegs ‘n veranderlike koste vir die produsent aangesien die produsent dit net betaal as mielies fisies opgeberg word. Daar word ook net betaal vir die tydperk wat die spesifieke hoeveelheid mielies opgeberg word. Indien plaasopberging gebruik word, ontstaan vaste- en veranderlike koste. Vastekoste ontstaan ongeag of mielies opgeberg word of nie en word nie beïnvloed deur die tydperk waaroor

die mielies opgeberg word nie. Depresiasie, versekering en onderhoud word geklassifiseer as vastekostes. Veranderlike kostes behels die kostes wat onstaan as mielies fisies opgeberg word. Die omvang van die kostes word beïnvloed deur die hoeveelheid mielies wat opgeberg word sowel as die tydperk waaroor dit opgeberg word. Elektristeit, berokingskoste, brandstof vir droërs en arbeid word as veranderlike koste geklassifiseer.

Die aanvanklike kapitale koste verbonde aan die oprigting van opbergingstrukture op plase is een van die belangrikste koste-elemente verbonde aan die opberging van mielies op plase en kan as depresiasie en rente oor die leeftyd van die strukture versprei word. ’n Vergelyking van die kostes tussen plaasopberging en kommersiële opberging word in Figuur 12 aangetoon:

FIGUUR 12: DIE KUMULATIEWE KOSTE ($/BUSHEL) VAN KOMMERSIëLE OPBERGING EN PLAASOPBERING IN IOWA

Volgens die inligting in Figuur 12 breek kommersiële- en plaasopbering na vyf maande gelyk. Die gebruik van kommersiële opberging is meer ekonomies indien mielies vir ‘n korter periode as sewe maande opgeberg word. Plaasopberging kan oorweeg word indien mielies vir langer periodes as sewe maande opgeberg word. Die studie van Edwards

(2010:6) beklemtoon die belangrikheid van tydwaarde van geld weens die langtermyn implikasies verbonde aan die oprigting van opbergingstrukture. Die effek van rente wat betaal word op produksiekrediet wat nie dadelik afgelos word as mielies opgeberg word nie of geleentheidskoste wat verloor word indien eie kapitaal gebruik word, behoort volgens Edwards (2010) in berekening gebring te word as bergingsopsies oorweeg word.

2.4.3 PLAASOPBERGING VAN MIELIES IN AUSTRALIË (Turner,

Connel, Hooper & Gleeson)

Turner et al (2001) het die opberging van mielies in Australië ondersoek en die resultate van die studie word vervolgens bespreek. Die Australiese Graanbemarkingsomgewing was tot en met 1990 grootliks gereguleer deur die regering. Beheerrade soos die

Australian Wheat Board, the Australian Barley Board, the New South Wales Grain Board, the Queensland Barley Board, The Central Queensland Grainsorghum Markering Board, en die Western Australian Grain Pool het die bermarkingsomgewing binne ‘n eenkanaalbemarkingstelsel beheer en was verantwoordelik vir die bemarking van graan.

Sedert 1990 het deregulering binne die graanbemarkingsomgewing plaasgevind en is produsente toegelaat om graan direk aan agente en eindverbruikers te verkoop. Soos privatisering binne die graanbemarkingsomgewing plaasvind het, begin al hoe meer privaatmaatskappye, waarvan baie deur produsente beheer word, betrokke raak by aksies binne die graanwaardeketting soos vervoer en opberging. Hierdie aksies is vroeër deur een staatsbeheerde entiteit beheer. Die meeste van die maatskappye het ook betrokke geraak by meer as een van die fasette binne die waardeketting.

Die verhoogde graanproduksie wat tussen 1969 en 2000 voorgekom het, sowel as die verhooge kompetisie in graanhantering en- opberging, het veroorsaak dat kommersiële graanopbergers groter, beter en tegnologies-gevorderde fasiliteite opgerig het. Graanopbergers fokus op die vermindering van inname- en uitlaaitye, die verbetering van graankwaliteitprosedures, die vermindering van kostes en die aanbied van verskeie bemarkingsopsies. Die implementering van bogenoemde aksies deur die kommersiële

opbergers veroorsaak dat die gebruik van plaasopbergingstrukture stadiger toeneem as wat aanvanklik voorspel is.

Die effek van deregulering op die produsente word hoofsaaklik beïnvloed deur die geografiese ligging van die produsent. Produsente in die oostelike gedeeltes van die land bemark meer graan direk aan die eindverbruiker en veertig tot vyftig persent van die graan in New South Wales word direk aan eindverbruikers verkoop. Na deregulering kan produsente enige van onderstaande opsies gebruik om graan te bemark:

 Kontantverkope  Termynkontrakte  Poele

 Direkte kontrakte met eindverbruikers soos meulens, brouerye en veevoervervaardigers.

Daar word geraam dat opbergingstrukture op 64% van Australië se akkerbouplase opgerig is. Volgens die raming word 38% van Australië se jaarlikse graanoes in hierdie strukture op die plase opgeberg. Ongeveer 50% van die opbergingskapasiteit is in New

South Wales geskep terwyl 13% van die kapasiteit in Wes-Australië geskep is. Die

meeste van die opbergingstrukture wat op Australiese plase geskep is, is betreklik klein en het ‘n gemiddelde kapasiteit van 296 ton per plaas.

In Figuur 13 word die belangrikste redes waarom produsente opbergingstrukture op plase in Australië oprig aangetoon. Volgens die inligting in Figuur 13 word opbergingstrukture op plase opgerig ten einde saad te stoor, graan vir die gebruik binne veevertakkings te berg, bemarkingsgeleenthede later in die seisoen te benut en bufferkapasiteit op die plaas gedurende oestyd te skep.

FIGUUR 13: DIE REDES VIR DIE OPRIGTING VAN PLAASOPBERGING IN