• No results found

Bron: Department Landbou, Wes-Kaap

In Figuur 14 word die netto kontantvloei van elke jaar vermenigvuldig met die faktor wat volgens die periode en die verdiskonteringskoers bereken is. Deur die kontantvloei met die omskakelingsfaktor te vermeningvuldig, word die jaarlikse kontantvloei verdiskonteer na ‘n bepaalde verwysingspunt in tyd. Gewoonlik word die hede gebruik as verwysingspunt van tyd. Nadat al die jare se kontantvloeie met behulp van die omskakelingsfaktor omgeskakel is na ‘n waarde wat gebaseer is op dieselfde punt in tyd, word dit bymekaargetel om die huidige waarde te bereken (Northcot, 1998: 39). Volgens bogenoemde formule word ‘n projek se netto huidige waarde deur die verdiskonteringskoers wat gebruik word en die termyn van investering beïnvloed (Standardbank, 1988: 117). Die aspekte word vervolgens bespreek.

2.6.2.2 VERDISKONTERINGSKOERS

Die verdiskonteringskoers is ‘n belangrike komponent wat gebruik word om die huidige waarde van geld te bereken. Die verdiskonteringskoers verteenwoordig die minimum aanvaarbare opbrengskoers wat die kapitaalprojek moet genereer ten einde volhoubaar te wees (Castle et al, 1987: 138). Die verdiskonteringskoers moet daarom baie sorgvuldig oorweeg word. Die gemiddelde koste van kapitaal kan volgens Stapelberg (1990: 42) gebruik word om die verdiskonteringskoers te bereken. Die gemiddelde koste van kapitaal is ‘n funksie van die geweegde gemiddelde koste van die kapitaal wat in die onderneming gebruik word en word baseer op die rentekoers van die geleende kapitaal wat binne die boerdery aangewend word en die geleentheidskoste wat op eie kapitaal verdien kan word (Standardbank, 1988: 119). Geleentheidskoste word gedefinieer as die rentekoers wat verdien kan word indien die kapitaal elders belê word (Lambrechts, 1979: 180).

Die riskantheid van die beleggings waarteen die kapitaal elders belê word, behoort oorweeg te word. Indien die alternatiewe belegging minder riskant is as die beoogde kapitaalprojek moet die verdiskonteringskoers hierdie risiko aantoon en behoort die

verdiskonteringskoers hoër as die alternatiewe opbrengskoers te wees (Gitman, 2010: 417)

Die termyn waaroor die kontantvloei van die projek geprojekteer word, speel ‘n belangrike rol in die berekening van die huidige waarde en die effek daarvan word vervolgens bespreek.

2.6.2.3 TERMYN

Binne kapitaalbegrotings word die produktiewe leeftyd van ‘n projek gebruik. Die produktiewe leeftyd van ‘n projek moet nie met die rekeningkundige leeftyd van ‘n item verwar word nie (Lambrechts et al, 1979: 97) Die produktiewe leeftyd van ‘n projek word gedefinieer as die termyn waaroor die projek kontantvloei sal genereer (Barry et al, 2000: 293). Ervaring en ingenieursinligting word gebruik om die projekleeftyd te bepaal.

Die projekleeftyd kan ook gedefinieer word as die periode waarvoor die item gebruik kan word voor dit vervang moet word. .

In die volgende gedeeltes van die hoofstuk word die verskillende kapitaalevaluerings- metodes bespreek word.

2.6.3 KAPITAALBEGROTINGSMETODES

Dit is baie belangrik vir ‘n onderneming se volhoubaarheid dat kapitaalprojekte sorgvuldig evalueer word. Die volgende evalueringsmetodes word volgens Barry et al (2000: 274) algemeen gebruik om kapitaalprojekte te evalueer:

 Terugbetaalmetode  Netto huidige waarde  Interne opbrengskoers

 Rekenkundige opbrengs op kapitaal

Brigham & Ehrhardt (2002: 13-2) voeg die aangepaste interne opbrengskoers en die winsgewendheidsindeks as evalueringsmetodes by. Die ses metodes sal vervolgens bespreek word:

2.6.3.1 TERUGBETAALMETODE

Die terugbetaalmetode word gedefinieer as die aantal jare wat dit neem om die oorspronklike kapitale koste deur middel van winste te verhaal (Bringham & Ehrhardt, 2002. 13-2). Die onderstaande formule kan gebruik word om die terugbetaalperiode te bereken (Barry et al, 2000: 277)

P = I/E waar

P = terugbetaalperiode I = aanvanklike investering E = jaarlikse kontantvloei

Die terugbetaalmetode berus op die aanname dat hoe langer dit neem om die aanvanklike kapitaal terug te betaal, hoe meer riskant is die projek en hoe kleiner is die kans dat die projek homself kan betaal (Gitman, 2010: 383). Die belangrikste nadeel van die terugbetaalmetode is dat dit nie gebaseer is op die verdiskontering van toekomstige kontantvloei nie. Die effek van tydwaarde van geld word volgens Gitman (2010: 383) buite rekening gelaat in die berekening van die terugbetaalmetode. Volgens Bringham & Ehrhardt (2002: 13-2) word verdienstes na die gelykbreekpunt ook nie in ag geneem nie. Projekte waarvan die inkomste oor die periode toeneem, word gepenaliseer, aangesien dit slegs op gelyke kontantvloeie gebaseer is. Die totale winsgewendheid van die projek word daarom nie heeltemal in ag neem nie, aangesien die metode op herwinning van die kapitale belegging fokus (Barry et al. 2002: 278).

2.6.3.2 NETTO HUIDIGE WAARDE

Die netto huidige waardemetode word algemeen gebruik om kapitaalprojekte te evalueer. Volgens die metode word die netto kontantvloei wat oor die leeftyd van die projek gerealiseer kan word, verdiskonteer (Clasen, 2011: 28). Die aanvanklike kapitale belegging word afgetrek van die verdiskonteerde kontantvloei om ‘n netto huidige waarde vir die projek te bereken (Clasen, 2011: 28). Die skrootwaarde van die projek word in die berekening van die netto huidige waarde ingesluit (Barry et al, 2002: 278). Indien die netto huidige waarde positief is, realiseer die projek ‘n hoër opbrengskoers as die verdiskonteringskoers (Stapelberg, 1990: 46) en kan dit aanvaar word. Indien die netto huidige waarde van die projek negatief is, behoort die projek verwerp te word (Levy & Sarnat, 1986: 35).

Die onderstaande aspekte is volgens Stapelberg (1990: 46) nodig om die netto huidige waarde van ‘n projek te bereken:

 Die aanvanklike investeringsbedrag  Die verwagte leeftyd van die projek

 Die netto kontantvloei per jaar oor die leeftyd van die projek  Die verdiskonteringskoers.

Die kontantvloei van die projek het ‘n belangrike invloed op die berekening van die netto huidige waarde en moet op realistiese aannames gebaseer word. Die reswaarde van die kapitaalprojek is volgens Lambrechts (1979) ‘n belangrike komponent van ‘n projek se kontantstroom en moet daarom ingesluit word in die berekening van die kontantvloei.

In die praktyk ontstaan die situasie dat projekte met verskillende leeftye vergelyk word. Die netto huidige waarde van die projekte kan nie direk met mekaar vergelyk word nie aangesien dit oor verskillende periodes bereken is. Volgens Hayward (1980) kan die probleem opgelos word deur ‘n gemeenskaplike periode van tyd vir die twee projekte te bepaal. Dit beteken dat daar voorsiening gemaak word dat addisionele kapitaal binne die tydperk bestee word sodat die projek met die kortste leeftyd herkapitaliseer kan word. Gestel projek A benodig ‘n aanvanklike investeringsbedrag van R50 000 en het ‘n leeftyd van drie jaar terwyl projek B ‘n aanvanklike investering van R125 000 benodig en ‘n leeftyd van 6 jaar het. Soos aangetoon in Tabel 15 is die tydperk van die projek na 12 jaar verleng aangesien albei projekte se leeftyd volledig binne die tydperk inpas.

TABEL 15: DIE HERKAPITALISERING VAN PROJEKTE MET

VERSKILLENDE LEEFTYE