• No results found

FIGUUR 3: DIE EFFEK VAN TEMPERATUUR EN VOGINHOUD OP DIE PERIODE WAAROOR GRAAN VEILIG OPGEBERG KAN WORD

Volgens die inligting in Figuur 3 neem die periode waaroor graan veilig opgeberg word dramaties toe soos die temperatuur en voginhoud daal. Graan kan volgens die inligting, vir ‘n periode van 512 dae veilig opgeberg word indien die voginhoud 13% is en die temperatuur 16°C. Die periode neem af na slegs 8 dae indien die vogpersentasie en temperatuur onderskeidelik na 18% en 29°C. styg. Mielies met ‘n vogpersentasie van 12% kan vir ‘n tydperk van 36 weke veilig opgeberg word as die temperatuur 29°C is.

Weens die belangrikheid van die vogpersentasie vir die veilige opberging van mielies word die vogpersentasie van mielies tydens die inname en versending van die mielies gemeet. Ingevolge die bepalings van die mieliegraderingsregulasie (Wet 119 van 1990) word die vogpersentasie van mielies volgens die 72 uur-103°C oonddroog-metode (AACC Metode 44/15A/1981) bepaal (Wet 119 van 1990). Ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) kan mielies tot ‘n maksimum vogpersentasie van 14% gelewer word. Silo’s wat oor droërs beskik, neem egter mielies met ‘n hoër vogpersentasie in. Indien die vogpersentasie hoër as 12.5% is, word die

massa volgens die onderstaande formule tot die basis voginhoud van 12.5% aangepas (VKB, 2002).

Finale massa = A x 1 - 100 – x waar

100 - y

A = massa van vrag (Bruto gewig minus Tarra gewig) x = werklike vogpersentasie

y = basis vog (12.5%)

Temperatuur is baie belangrik aangesien die meeste graaninsekte aktief is en reproduseer by temperature tussen 20 en 35°C. Graaninsekte kan beheer word deur die graan met chemiese middels te behandel en die toepassing van bestuurspraktyke, soos die gereelde skoonmaak van toerusting en strukture (Van Aswegen 2009; Van Aswegen 2012). Fasiliteite kan ook vooraf met chemiese middels bespuit word. Dit is belangrik dat doeltreffende graanbestuur toegepas word, ten einde graan veilig te hanteer en op te berg en verliese ten opsigte van kwantiteit en kwaliteit te beperk (GOSA, 2004: 54-55).

Produsente kan volgens die vryemarkstelsel mielies by kommersiële opbergers en hanteerders se depots lewer of die mielies self op die plaas opberg. Indien die mielies op die plaas opgeberg word, kan verskeie metodes, soos sinksilo’s, silosakke of damme gebruik word. Gevolglik sal die opberging van mielies deur landboubesighede asook die opberging van mielies op plase binne sinksilo’s, damme en silosakke bespreek word.

2.3 OPBERGINGSMETODES

2.3.1 KOMMERSIËLE OPBERGING

Die landboubesighede het in die eerste helfte van die vorige eeu as Koöperatiewe Landbou- verenigings ontstaan met die doel om die gesamentlike aankoop- en bemarkingskrag van produsente te verbeter (Suidwes, 1959: 23). Na die depressie in die dertigerjare van die vorige eeu het die landbouverenigings gesamentlike hanterings- en opbergingsfasiliteite vir graan opgerig (Louw, 1971: 1). Graan is aanvanklik in sakke opgeberg en sakstapels is algemeen deur die destydse koöperasies gebruik om mielies op

te berg (Suidwes, 1959: 53). Die eerste losmaatstrukture is in 1923 opgerig, toe die Suid- Afrikaanse Spoorweë die sogenaamde spoorwegsilo’s opgerig het (GOSA, 1999: 5). Nadat probleme sedert 1952 met die verkryging van jute vir die maak van sakke ondervind is, is losmaatfasiliteite op al groter skaal in Suid-Afrika opgerig (GOSA, 2004: 5). Die infasering van stropers het ook die oprigting van losmaatsilo’s bevoordeel en volgens Reed (1992: 149) bestaan daar ‘n positiewe korrelasie tussen die oprigting van silo’s en die gebruik van stropers.

Gedurende die periode tussen 1952 en 1996 is die oprigting en geografiese verspreiding van silo’s in Suid-Afrika deur die Siloboukomitee beheer (Louw P, 2011: persoonlike mededeling). Dit het verseker dat silo’s strategies in die graanproduserende gebiede opgerig is. Die gemiddelde padvervoerafstand in Suid-Afrika tussen die plaas en die silo is 16.5 km (Gosa, 1999: 3). Slegs 7.7% van produsente is volgens GOSA (1999: 3) verder as 30 km vanaf ‘n silo geleë. Tans is tien voormalige koöperasies by die hantering en opberging van mielies in Suid-Afrika betrokke.

Met die uitsondering van Afgri besit produsente die beherende belang in die organisasies se beheermaatskappye (Senwes a, 2011; NWK b, 2011; Suidwes a, 2011). Die landboubesighede het ‘n gesamentlike kapasiteit van 13.9 miljoen ton (GSI, 2008) en die kapasiteite van Safex-geregistreerde silo-komplekse wissel van 8 231 ton tot 291 549 ton (Safex 2012). Behalwe vir die ontvangs en opberging van graan bied sommige van die kommersiële silo’s drogingsfasiliteite aan klante. Fasiliteite om skadelike sade te verwyder of graan te versak is by sommige silo’s teen ‘n addisionele koste beskikbaar (Suidwes b, 2011; NWK a, 2011; Senwes b, 2011). In Bylae A (Figuur A1) word ‘n foto van ‘n tipiese kommersiële silo-kompleks aangetoon.

Landboubesighede hef ‘n hanteringstarief op die hoeveelheid mielies wat deur die produsent gelewer word asook ‘n opbergingstarief gebaseer op die periode waaroor die mielies opgeberg word. Die opbergingstarief word per ton per dag gehef. Indien mielies vir ‘n langer periode opgeberg word, kan ‘n seisoenstarief of jaartarief onderhandel word (Senwes b, 2011; NWK a, 2011; Suidwes b, 2011). Die seisoenstarief is ‘n eenmalige

tarief per ton wat vir die opberging van die mielies oor ‘n vasgestelde periode gehef word. In Figuur 4 word die verspreiding van die landboubesighede se silo’s aangetoon:

FIGUUR 4: DIE VERSPREIDING VAN KOMMERSIëLE SILO’S IN SUID- AFRIKA

Bron: SIQ

Die mielies wat by die depots van landboubesighede gelewer word, word tydens inname volgens die graderingsregulasies van mielies, soos vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) gradeer. Die besending word volgens die bepalings van die Wet op Handelsmetrologie (Wet 77 van 1973) hanteer en met ‘n ge- ykte weegbrug geweeg (MKB 2004). Landboubesighede doen vogaanpassings indien die vog van die mielies die voorgeskrewe vogpersentasie van 12.5% oorskry. ‘n Aanpassing van tussen 0.85% en 1% ten opsigte van die massa is van toepassing om voorsiening te maak vir verliese wat tydens die hantering- en opbergingsproses plaasvind (Senwes a, 2011; NWK a, 2012; Suidwes b, 2012).

Die landboubesigheid aanvaar volle verantwoordelikheid vir die mielies terwyl dit opgeberg word en waarborg die kwaliteit en kwantiteit van die mielies of die waarde daarvan (Suidwes b, 2012; NWK a, 2012; VKB, 2012). Silosertifikate kan uitgereik word en dien as bewys dat die mielies namens die kliënt deur die betrokke landboubesigheid opgeberg word. Hierdie silosertifikate kan as sekuriteit gebruik word om finansiering te bekom. Behalwe vir die hantering en opberging van mielies, is landboubesighede ook betrokke by die verhandeling van mielies en produsente kan hulle mielies deur die landboubesighede verkoop. Die landboubesighede bied ook dienste en produkte aan waarmee produsente hulle prysrisiko kan bestuur (Senwes b, 2012: aanlyn; NWK b, 2012: aanlyn; Suidwes c, 2012: aanlyn).

2.3.2 SILOSAKKE

Silosakke is aanvanklik in Argentinië gebruik om voer op te berg. Gedurende 2005 is silosakke in Suid-Afrika bekendgestel, toe maatskappye soos BKBGrainco en Louis Dryfus dit gebruik het om kommersiële depots op te rig (Grobbelaar & Van den Berg, 2006). Nadat dit suksesvol gebruik is om graan binne kommersiële depots op te berg, het produsente dit begin gebruik om mielies op plase op te berg. Volgens SIQ (2011) word 190 476 ton tans in silosakke op plase opgeberg terwyl 389 000 ton in kommersiële depots in silosakke geberg word.

Silosakke word van poliëtheleen vervaardig en is 60m lank en 2.75m breed (Silobag 2011:aanlyn). Afhangend van die hektolitermassa kan tussen 180 ton en 190 ton mieies per silosak opgeberg word (GIG, 2012). ‘n Foto van silosakke word in Bylae A (Figuur A2) aangetoon. Ten einde te verseker dat die mielies in die sak so koel as moontlik gehou word, is die sak wit aan die buitekant en swart aan die binnekant soos aangetoon in Bylae A (Figuur A3). Die wit sak verseker dat die maksimum sonlig gereflekteer word terwyl die hitte in die sak deur die swart binnekant absorbeer word.

Die silosak is lugdig en die mielies word binne ‘n anaërobiese omgewing opgeberg (Silobag 2011:aanlyn). Mielies respireer tydens die opbergingsproses, met die gevolg dat suurstof verbruik word en koolstofdioksied geproduseer word. Die konsentrasie suurstof

neem oor ‘n tydperk van opberging af terwyl die konsentrasie koolstofdioksied toeneem (Rodriquez, J.C, Bartosik, R.E, Malinarich, HD, Exilart, J.P & Nolasco, M.E (1999:15) . In Tabel 2 word die verandering in die konsentrasie suurstof en koolstofdioksied binne ‘n silosak aangetoon. Mielies met ‘n vogpersentasie van 14.8% is oor ‘n periode van 79 dae in die sak opgeberg.

TABEL 2: DIE KONSENTRASIE SUURSTOF EN KOOLSTOFDIOKSIED IN