• No results found

2.3 Die gemene reg

2.3.2 Die Staat as werkgewer

Soos reeds genoem is in par. 2.2.2.2, is die Staat in enige land die grootste enkele werkgewer wat binne die raamwerk van wetgewing en regulasies sy werknemers moet bestuur en arbeidsverhoudinge moet beheer (Meyer & Kirsten, 2005:125). ‟n Primêre plig van die Staat is om werk aan sy landsburgers te voorsien. In die onderwysopset vervul die Staat hierdie plig deur middel van die kontrakturele verhouding wat daar tussen die opvoeder as werknemer en die Staat as werkgewer bestaan deur die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente.

Artikel 3 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998 beskryf die werkgewer van opvoeders wat deur die Staat aangestel word soos volg:

3. Werkgewers van opvoeders en ander persone (1) Behalwe vir sover hierdie artikel anders bepaal-

(a) is die Direkteur-generaal die werkgewer van opvoeders in die diens van die Departement van Onderwys in poste op die diensstaat van opvoeders van genoemde Departement vir alle doeleindes van indiensneming; en

(b) is die Departementshoof die werkgewer van opvoeders in die diens van die provinsiale departement van onderwys in poste op die diensstaat van opvoeders van daardie departement vir alle doeleindes van indiensneming.

Hoofstuk 2 57 Die kortlysting, onderhoudvoering en aanbeveling van kandidate in geadverteerde onderwysposte word deur die beheerliggame van openbare skole hanteer. Die Provinsiale Departementshoof van Onderwys behou, met goeie redes, die reg voor om ‟n kandidaat anders as die aanbevole kandidaat deur die beheerliggaam aan te stel. In die hofsaak The Governing Body of the Point High School v the Head of the Western Cape Education Department Case 14188/2006 (C) is die beslissing van die Departementshoof ter syde gestel. In hul verweer het die beheerliggaam dit voorgehou dat die aanstelling van die kandidate deur die Departementshoof volgens artikel 28(2) van die Grondwet nie die beste belange van die leerders sou dien nie. Die kandidate wat deur die Departementshoof aanbeveel is, was in die evaluering tydens die onderhoudsproses minder bekwaam as die kandidate wat deur die beheerliggaam aanbeveel is.

Die hof het in sy oorweging van die meriete van die saak, die nie-aanstelling van die twee afgekeurde kandidate wat deur die beheerliggaam aanbeveel is as onredelik en onwettig beskou. Ter stawing van die feite het Regter Potgieter dit gestel dat “… it is quite apparent that first respondent, acting rationally and reasonably as required by the provisions of the PAJA, would have appointed the candidates who were properly assessed to be the best suited for appointment”.

Artikel 3 gaan voort deur in subartikel 2 tot 4 ook die posisie van die Minister te verklaar ten opsigte van salarisse en die skep van poste:

(2) Vir die doeleindes van die bepaling van die salarisse en ander diensvoorwaardes van opvoeders is die Minister die werkgewer van alle opvoeders.

(3) Vir die doeleindes van die skepping van poste-

(a) op die diensstaat van opvoeders van die Departement van Onderwys is die Minister die werkgewer van opvoeders in die diens van genoemde Departement; en (b) op die diensstaat van opvoeders van 'n provinsiale departement van onderwys is die Lid van die Uitvoerende Raad die werkgewer van opvoeders in die diens van daardie departement.

Hoofstuk 2 58 (4) 'n Openbare skool is die werkgewer van persone in die diens van bedoelde skool soos in artikel 20 (4) of (5) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), beoog.

Rossouw (2010:75) som die verskillende werkgewer-werknemer-verhoudings in die onderwyssfeer soos volg op:

Tabel 2.1 Werkgewers van opvoeders

Werknemer Aspekte van diens Werkgewer

Opvoeders op provinsiale vlak

Alle aspekte van diens Departementshoof Opvoeders op provinsiale

vlak

Skep van poste Lid van die Uitvoerende Raad

Opvoeders op provinsiale en nasionale vlak

Salarisse en ander diensvoorwaardes

Minister van Basiese Onderwys

Opvoeders op nasionale vlak

Alle aspekte van diens Direkteur-Generaal Opvoeders op nasionale

vlak

Skep van poste Minister van Basiese Onderwys

Addisionele opvoeders tot die personeel (nie-

gesubsideerde poste)

Skep van poste, salarisse en diensvoorwaardes en alle ander aspekte van diens

Openbare skool (deur middel van die

skoolbeheerliggaam) (Rossouw, 2010:75).

Dis duidelik uit die tabel dat die werkgewer van verskillende opvoeders baie kan wissel, afhangende van die plek waar hy of sy werk, of die aspek van die indiensneming wat ter sprake is.

Die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 beskerm opvoeders wat deur die Staat aangestel is. Volgens Rossouw (2008:14) word opvoeders ook beskerm en gebind deur die Wet op Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998 wat spesifiek met die onderwyssektor handel. Hoofstuk 2 van die Wet op Indiensneming beskryf die diensvoorwaardes soos salarisse en ander diensvoorwaardes (art. 4) en die skepping van poste (art. 5) van opvoeders in openbare skole. Die diensvoorwaardes wat vir opvoeders geld, word ook noukeurig uiteengesit in die Personeel- administrasiemaatreëls (PAM) van 1999 en moet saam met artikel 4 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders gelees word.

Hoofstuk 2 59 Die toekenning van huiseienaarstoelae is een van die voordele wat aan opvoeders toegestaan word. Die kwessie van ‟n onbillike arbeidspraktyk word in die hofsaak George v Western Cape Education Department [1996] 2 BLLR 166 (IC) aangespreek. In hierdie saak word die applikant die toekenning van ‟n huiseienaarstoelaag ontsê op grond van die feit dat sy ‟n getroude vrou is. Artikel 186 (2)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge definieer ‟n onbillike arbeidspraktyk as ‟n onbillike optrede deur die werkgewer wat verband hou met bevordering, verlaging in rang, proefaanstelling of opleiding van werknemers of bepalings wat verband hou met die diensvoorwaardes van opvoeders. Die reg op regverdige arbeidspraktyke word verder ondersteun deur artikel 23(10) van die Grondwet.

Die uitkoms van hierdie saak was dat die destydse Industriёle Hof gebind is deur die Grondwet as hoogste gesag van die land, in die interpretasie van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. Die Grondwet verbied diskriminasie op grond van geslag of huwelikstatus. Die hof het bevind dat die verweerder duidelik diskrimineer teen vroue deur nie ‟n behuisingstoelaag aan hulle toe te staan nie. Die uitsluitsel van die saak was dat die verweerder ‟n huiseienaarstoelaag aan die applikant moes betaal terugwerkend vanaf die datum waarop die aansoek afgekeur was.