• No results found

HOOFSTUK 4: DATA-ANALISE EN BESPREKING

4.3 ANALISERING EN INTERPRETASIE VAN DIE DATA

4.3.3 Die skoolhoof se persepsie van gesondheidsbevordering

Om te bepaal hoe gesondheidsgeletterd die skoolhoof is, is dit belangrik om vas te stel wat die skoolhoofde se persepsies is oor gesondheidsbevordering, omdat gesondheidsbevordering ‘n baie breë en komplekse term is om te verstaan. Dit is belangrik vir skoolhoofde om gesondheidsbevordering te verstaan omdat hulle natuurlik rolmodelle is, nie net vir leerders nie maar ook vir onderwysers. Die skoolhoof kan die leerders, onderwysers en gemeenskap inspireer deur gesondheidsgeletterd te wees in hul alledaagse lewe.

Met die analisering van die onderhoude is daar vier temas geïdentifiseer.

Die eerste tema wat na vore gekom het was dat skoolhoofde hulle kennis moet verbreed wat gesondheid betref. Hulle moet op hoogte wees van wat in die wêreld aangaan wat gesondheid raak en die leerders daaroor inlig. Drie deelnemers het genoem dat skoolhoofde moet bewus wees van en moet navorsing doen oor gesondheid. Hulle moet hul kennis met leerders deel en hulle sowel as leerders moet lees om hul kennis te verbreed. Die volgende is response aangaande die tema van kennis verbreed:

“….we need to be empowered one way or the other to address these health issues even though we are not health practitioners…” (D3:77,78)

“….die hoof moet weet wat is in die omgewing aan die gang en wat is in die land aan die gang wat gesondheid betref om kinders voor te berei….” (D4:48,49)

Uit die response van deelnemers het die navorser bevind dat gesonde leefstyl die tweede tema was. Verskillende sub-temas wat hieronder na vore gekom het was dat skoolhoofde ‘n voorbeeld moet stel aan kinders om oefeninge te doen, gesond te eet en baie higiënies te wees. Meer as die helfte van die deelnemers stem ooreen oor die belangrikheid daarvan om emosioneel en sosiaal ook te ontwikkel en nie net fisiese nie. ‘n Mens moet in geheel gesond wees, om werklik gesond te kan wees. Die volgende is response aangaande die tema van gesonde leefstyl as deel van gesondheidsbevordering:

“….as a human being growing up you become more busy there is a lot of things you need to do as so to sustain life, but that’s where you sometimes lack time in terms of

uh going to the gym…” (D5:31-33)

“…gesonde kos nie junk food en en en nie ons probeer regtig wanneer ons vir hulle kos maak nie vir hulle junk food te gee nie, gesonde kos en selfs die department hulle het nou ‘n beleid dat daar moet Woensdae sport wees maar ons het elke dag

“….om mense te begelei tot volle wasdom en mense deur krissise te help wat ook gaan bydra tot gesondheid en hy gaan goed voel oor himself, want sodra jy goed

voel oor jouself oorwin jy baie keer siektes…” (D8:45-47)

Die derde tema wat navore gekom het in die bevordering van gesondheid in die klaskamer of skool was onderrig. Skoolhoofde moet dit wat hulle leer en van kennis neem aan onderwysers en leerders oorvertel om hulle bewus te maak van die belangrikheid daarvan om ‘n gesonde lewe te lei. Lewensoriëntering is die perfekte platform van die skool se kant af om leerders te onderrig oor gesondheid en die bevordering daarvan. ‘n Gesonde kind is ‘n gelukkige kind.

“….health promotion is when we teach during Life Orientation you know…” (D2:60) “….hoe meer inligting ‘n kind op sy vlak het rus dit hom toe om goeie besluite te neem soos wanneer hy gekonfronteer word met dwelms en sulke goed, sodat hy kan

weet is dit goed vir my gesondheid of is dit nie goed vir my gesondheid nie en dan die kurrikulum moet voorsiening maak vir gesondheid jy weet in LO is dit deel

daarvan…”(D4: 35-37)

Die vierde tema wat navore gekom het was dat skoolhoofde bewus moet wees van leerders se gesondheidstoestande, sodat hulle die leerders in die klaskamer/skool kan ondersteun. Die skoolhoof moet seker maak dat alle kinders goed funksioneer en dat hul gesondheidstoestande na wense is. Twee van die deelnemers het dit soos volg beskryf:

“….die kind wat uit die huis uit kom waar hy nie eers die gerieflikheid het om te kan was nie, kyk hulle het glad nie spoel water of lopende water…” (D1:66,67) “….molestering, verkragting, aanranding, moord dit het alles ‘n effek op gesondheid

want as ek uhm in ‘n situasie is waar ek deur ‘n trauma gegaan het sonder hulp is my fisiese toestand ook geaffekteer maar my emosionele toestand ook so dit dra by

tot ‘n lae immuniteit sisteem…”(D8:35-37)

Die vyfde tema wat navore gekom het, was om die omgewing te beskerm. Twee van die deelnemers het gesê om die omgewing te beskerm dra by tot gesondheidsbevordering.

“….hoeveel tyd spandeer ons in ons skole sewe tot agt ure in sommige gevalle meer, so jy moet daardie omgewing van jou moet jy so gesond as moontlik hou. Hou

jou omgewing skoon, hou jou omgewing gesond…” (D1:34,35)

“…..having environmental clubs where learners look after the environment….” (D2:73)

Kwaliteit onderwys en die rol wat skoolhoofde speel om gesondheidsgeletterdheid in