• No results found

Die kennis wat die skoolhoof moet hê om gesondheid te bevorder in skole

HOOFSTUK 4: DATA-ANALISE EN BESPREKING

4.3 ANALISERING EN INTERPRETASIE VAN DIE DATA

4.3.4 Die kennis wat die skoolhoof moet hê om gesondheid te bevorder in skole

bemagtiging, voorkoming, beskerming en verbetering van die kind (WGO, 1986) (cf. 2.6). Voorkomende gesondheid help om mens se gesondheidstatus te verbeter en om dit in stand te hou. Dit is ook ‘n bewustheid aangaande sosiale kwessies wat die bevolking se gesondheid affekteer (Marotz, 2012). Die deelnemers se persepsie stem ooreen met navorsing dat skoolhoofde hulle kennis moet verbreed wat gesondheid betref. Hulle moet op hoogte wees van wat in die wêreld aangaan wat gesondheid raak en die leerders daaroor inlig. Rudd en Keller (2013) beweer dat daar reeds navorsing gedoen is oor gesondheidsgeletterdheid en openbare gesondheid en mediese joernale verwys daarna dat siekte en dood die gevolg is van te min inligting oor gesondheidsorg en gesondheidsgeletterdheid onder kwesbare bevolkingsgroepe. Dit is dus van kardinale belang om almal in te lig oor gesondheidsgeletterdheid, oral in die wêreld en mense van alle ouderdomme.

4.3.4 Die kennis wat die skoolhoof moet hê om gesondheid te bevorder in skole

Die eerste tema wat navore gekom het uit deelnemers se response oor wat ‘n skoolhoof behoort te weet om gesondheid te bevorder in die skool was kennis. Die deelnemers het genoem dat skoolhoofde moet weet van en navorsing doen oor gesondheid. Hulle moet die kennis met leerders deel en die skoolhoofde sowel as leerders moet lees om hul kennis te verbreed.

Vyf van die deelnemers het melding gemaak van kennis. Kennis gaan gepaard met ‘n paar sake wat deelnemers genoem het, naamlik basiese kennis, om op hoogte te wees, om navorsing te doen, algehele gesondheid, om holisties gesond te wees, om

dokters of sielkundiges te nader, om higiënies te wees en om te weet hoe om sekere gevalle of situasies te hanteer.

“…eintlik moet ‘n mens ‘n baie wye kennis het…” (D1:53,54)

“…the principal needs to know which structures must be there in the school that will sustain health promotion in the schools you know like I’ve said in the cancer board,

the peer education groups, the safety of the school…” (D2:81-83)

“…jy moet wysheid hê om onmiddellik te kan weet watter rigting moet jy daardie probleem of situasie wat op jou tafel lê, na wie toe kan jy dit dan analiseer en met

watter groep moet jy dit bespreek en oplos…” (D6:104,105)

Die tweede tema wat navore gekom het uit die skoolhoofde se response was dat skoolhoofde bewus moet wees van alle gesondheidskwessies in die omgewing en op hoogte wees met en kennis dra van alle bedreigings vir die leerders en onderwysers se gesondheid en hulle dus inlig. Vier van die deelnemers het gesê skoolhoofde moet leerders by die skool monitor en sommer op die oog af kan sien wanneer leerders fisies, emosioneel of intellektueel siek is.

“….die kind byvoorbeeld wat uit die huis uit kom waar hy nie eers die gerieflikheid het om te kan was nie, kyk hulle het glad nie spoel water of lopende water….”

(D1:66,67)

“…we must be able to identify issues such as depression and things like uh stress levels of educators so that we can help them to be referred as soon as possible…”

(D3:78,79)

“…die hoof moet weet wat is in die omgewing aan die gang en wat is in die land aan die gang wat gesondheid betref om kinders voor te berei…” (D4:48,49)

Die derde tema wat navore gekom het was samewerking tussen skoolhoofde en onderwysers en belanghebbendes. Vier van die deelnemers het gepraat oor die belangrikheid van samewerking. Die skoolhoof moet kan delegeer en saam met sy skool kan werk om die visie en missie van die skool te bereik.

“…the cancer board, the peer education groups, the safety of the school…we have a committee that looks after the safety policy of the school and safety includes many things it includes even health issues you know like uh health and then the policies of

how the SGB should be run, the sub committees of the SGB that includes the parents there you know...” (D2: 82-85)

“….jy doen nie meer ‘n ding alleen in vandag se lewe nie. Jy’t ‘n bestuurspan, gekwalifiseerde persone wat op jou bestuur is jy’t mense met ongelooflike kennis en

daai kennis word saamgevoeg om ‘n probleem aan te spreek en om ‘n oplossing te kry…” (D6:101-103)

Deelnemers se persepsie van gesondheid was baie duidelik, maar oor hoe om dit doeltreffend te bevorder, was hulle maar bietjie onseker. Die deelnemers het ‘n paar vereistes genoem wat volgens hulle absoluut noodsaaklik is. Hulle het uitgebrei oor die kennis en vaardighede waaroor skoolhoofde moet beskik om gesondheid in die skool te bevorder. Die belangrikste aspekte wat deelnemers genoem het was om op hoogte te wees van gesondheidskwessies en om gereeld navorsing te doen oor gesondheid. Skoolhoofde moet die res van die personeel asook die leerders inlig en hulle monitor of help om sekere situasies te voorkom en te oorkom. Die skoolhoof moet hulp en leiding verleen aan leerders asook aan die ouers. Een deelnemer het ook gesê dat die skoolhoof bewus moet wees daarvan dat hy/sy nie alles alleen kan doen nie, maar dat ‘n mens hulp nodig het om ‘n visie en missie van die skool te bereik. Maedor (2018) se navorsing ondersteun hierdie deelnemer se respons deur aan te dui dat die skoolhoof nie by alle belangrike pligte van die skool kan uitkom nie en dus werk moet delegeer onder onderwysers wat hy/sy vertrou en wat dit goed sal uitvoer (cf. 2.8). Hy/sy moet kennis dra van die kurrikulum, evalueringsprosedures, begrip hê vir die verskillende vorme van leierskap, goeie kommunikasievaardighede hê, kreatiewe en kritiese denkwyse besit asook krisisbestuur kan toepas (Tzeni et al., 2019). Die skoolhoof moet vining op sy voete kan dink in elke situasie waarmee hy/sy gekonfronteer word en weet by wie om hulp te vra. Volgens Mendenhall et al. (2017) word onderwysers en skoolondersteuningspersoneel beskou as belangrike bronne van geestesgesondheid wat tradisioneel onderbenut is. Gesondheidsbevordering is die proses wat mense in staat stel om beheer te hê oor hul gesondheid en om hul gesondheid te verbeter (WGO, 1986). Gesondheidsbevordering het ten doel om

mense te help om ‘n goeie gesondheid in stand te hou. Die skoolhoof kan nou die kennis gebruik en strategieë uitwerk om gesondheid te bevorder in die skool. Uit die deelnemers se response is daar bevind dat die skoolhoofde wat meer as tien jaar al skoolhoof is of ‘n sport afrig of fisies baie fiks is baie meer agtergrondkennis het oor die konsep. Hulle pogings om gesondheid te bevorder lewer ook positiewe resultate. Die skool se akademiese, kulturele en sportprestasies korreleer met die vermoëns, toewyding en leierskap van die skoolhoof. Ongeag al die kennis en vaardighede wat skoolhoofde het oor gesondheidsgeletterdheid, het persoonlike motivering en bevoegdheid ook verder ʼn direkte effek op die aanspreek van gesondheids- en welstandskwessies in die skool wat dan bydra tot die gesondheidsbevordering in skole (Leurs et al., 2007:58-69; Speller et al., 2010:490-507).

4.3.5 Vaardighede wat die skoolhoof moet hê om gesondheid te kan bevorder