• No results found

Hoofstuk 2 : Literatuurstudie

2.3 Demokrasie

2.3.3 Demokrasie en insluiting

Daar kan aangevoer word dat insluiting een van die kernwaardes van demokrasie is. Om almal in te sluit, is deel van die kerndoel van die rol van demokrasie in die samelewing. “Power is not in the hands of the minority but of the whole people” (Held, 1987 aangehaal in Biesta 2009). Insluiting beïnvloed ook die waarheid van demokrasie, soos Young dit stel. Die waarheid van demokratiese besluitneming word bepaal deur die mate waarvolgens diegene wat deur die besluit geraak word, by die besluitnemingsproses ingesluit word (Young, 2000: 25).

Alhoewel insluiting een van die kerndele van demokrasie behoort te wees, is dit ook een van die grootste probleme of uitdagings aangaande demokrasie (Young, 2000: 25). Die vraag wat ten opsigte van demokratiese burgerskap ontstaan, is wie ingesluit word, met ander woorde wie die demos (die mense) (sien Benhabib, 1994: 5).

die gemeenskap afgebreek het.

Liberale demokrasie wat die demokratiese beginsel van die populêre groep wat regeer (meerderheidsgroep) behels, is gekwalifiseer deur ʼn stel basiese vryhede wat prioriteit bo populêre heerskappy geniet, om seker te maak dat meerderheidsgroepe nie individuele vryheid belemmer nie (Biesta, 2009: 101). Daar is ʼn direkte skakel tussen demokrasie en uitsluiting. Uitsluiting word gebruik in verband met diegene wat gesien word as ‘sub-rasioneel’ en/of onbillik. Uitsluiting word geregverdig deur die minderheidsgroepe te sien as ‘pre-rasioneel’ of ‘pre-demokraties’ (Biesta, 2009: 102). ʼn Goeie voorbeeld hiervan is kinders se posisie in ’n demokrasie. Dis hier waar daar ʼn belangrike konneksie met die onderwys gemaak word, aangesien demokratiese onderwys gesien word as die proses wat individue gereed moet maak om deel te neem aan demokratiese besluitnemingsprosesse (Biesta, 2009: 102).

Die meerderheid demokratiese stelsels word gebaseer op aannames wat problematies en nie altyd akkuraat is nie. Misverstande ontstaan as gevolg van hierdie aannames, wat dan nie na almal se belange omsien nie. Inklusiwiteit word dan weer nie bereik nie (Biesta, 2009: 102).

2.3.3.1 Die rol van insluiting in demokratiese teorie:

Inklusiwiteit speel ʼn kernrol in die gesprek met betrekking tot die politiese besluitnemingsproses. Volgens Young (2000) is daar twee modelle van demokratiese besluitneming is; die “aggregative”-model (wat in hierdie studie vertaal is as die voorkeur-model) en die beraadslagingsmodel (Young, 2000: 18–26).

• Die voorkeur-model is gerig op die voorkeure van die individu, sonder uitsluiting, met ander woorde met inklusiwiteit. ʼn Sentrale aanname is dat voorkeure van individue gesien moet word as ʼn gegewe en dat politici net bekommerd moet wees oor die samevoeging van voorkeure. Die idee is dus dat die model so deursigtig moontlik is teenoor die populêre voorkeure is (Heath, 2016: 4). Voorkeure word dus gereguleer deur die klassifikasie van geldigheid al dan nie. Hierdie model neem aan dat eindes en waardes subjektief is en nie rasioneel of eksogeen aan die politieke proses nie. Verder word demokratiese politiek gesien as ʼn kompetisie tussen private belange en voorkeur (Young, 2000: 22).

• Die beraadslagingsmodel is nie net gebaseer op voorkeure nie, maar sluit beraadslaging oor transformasie van voorkeure in. Besluitneming word dus gebaseer op argumente wat saamgestel word deur en vir die deelnemers, met ander woorde ‘n demokratiese stem proses (Heath, 2016: 11). Young (2000) verduidelik hierdie model as die besluite wat nie bepaal word deur die grootste aantal ondersteuners nie, maar deur te bepaal watter voorstel die sterkste ondersteun kan word met die beste redes. Dit vereis besinning oor voorkeure, sodat voorkeure met gegronde redes saamgestel kan word (Young, 2000: 23).

Die beraadslagingsmodel blyk as die sterker model, met ‘n groter opvoedkundige potensiaal (Young, 2000: 26), aangesien daar nie net na die individu se voorkeure gekyk word nie, maar ook goed oor besluite na gedink word. Verskeie betrokke partye moet met mekaar kan kommunikeer (Heath, 2016: 11) om sodoende inklusiewe gelykheid te vestig. Hierdie interaksie vereis ʼn ‘oopheid’ en bereidheid om te luister na mekaar, om sodoende stellings en menings te regverdig ten opsigte van wat vir almal aanvaarbaar is. Die oriëntering van deelnemers beweeg dan van selfregulering na dit wat volgens die publiek aanvaarbaar is. Deur kommentaar op hulle eie opinies, sowel as ander s’n en ervaring van gesamentlike probleme, vind baie meer leer en groei plaas (Biesta, 2009: 103).

Mense ontdek hulle eie onkunde, vooropgestelde idees en ʼn wanopvatting van hulle opinies. Hierdie proses gee aan mense groter selfvertroue, meer verdraagsaamheid, meer kennis en breër insig (Biesta, 2009). Verder raak mense meer ingestel op die belangstelling van ander en word meer ondersoekend ten opsigte van hulle eie belange. Daar word dus aangevoer dat beraadslagende demokrasie dus nie net demokraties is nie, maar ook opvoedkundig is (Biesta, 2009: 103). ʼn Verdere positiewe effek is die moontlikheid van motivering vir deelname en toegewyde deelnemers in die besluitnemingsproses, sowel as die uitkomstes. Dit is dus nie net ʼn gekose wyse van demokrasie en besluitneming nie, maar ook ʼn effektiewe metode (Biesta, 2009: 103).

Young (2000) verduidelik dat die beraadslagingsmodel verskeie normatiewe idees vir die verhouding tussen beraadslagende partye behels, wat onder andere gelykheid, redelikheid en publisiteit insluit, wat alles logies aan die model gekoppel is. Beraadslaging kan gesien word as ʼn poging om demokrasie nader te bring aan sy kernwaarde van inklusiwiteit en insluiting (Biesta, 2009: 104).

maar vir enige (of politiese) kommunikasie (Biesta, 2009: 104). Vir die model om te kan plaasvind, word daar staat gemaak op redelike mense, wat hulle redelik maak, is die feit dat hulle bereid is om te luister na ander, veral in verband met idees wat dalk nie korrek is nie, of nie geldig , onvanpas of verkeerd is nie. Redelikheid groei tot na ʼn kernaspek van kommunikasie, naamlik die oop gesindheid teenoor ander se insette en kommentaar.

Eksterne uitsluiting behels die uitsluiting van ‘wie mense is’ in die gesprek rakende die besluitnemingsproses wat hulle beïnvloed (Young, 2000: 55). Interne uitsluiting kom voor waar mense wel toegelaat word om fisies teenwoordig te wees, maar hulle menings of insette nie werklik geag word nie. Hulle ervaar dan dat hulle nie met gelyke respek hanteer word nie (Young, 2000: 55). ʼn Gebrek aan geleentheid vir ware deelname en beïnvloeding van die denkwyse van ander word dus by interne uitsluiting ervaar. ʼn Mate van respek en vertroue is nodig om dit moontlik te maak om ’n begrip van strukturele en kulturele verskille te vorm. Die respek begin by die eenvoudige gebaar van groet en openbare erkenning aan diegene om ʼn mens heen, veral diegene wat moontlik van jou verskil (Sen, 2012: 43).

ʼn Deel van kommunikasie is om mekaar as mens te erken en deel te maak van ʼn gesprek. Die tweede modus van politieke kommunikasie is retoriek, en meer spesifiek die regstellende gebruik van retoriek (Young, 2000: 63), met ander woorde effektiewe of oorredende kommunikasie. Young is van mening dat, veral in politieke gesprek, aandag geskenk moet word aan kommunikasie en dat daar inklusief opgetree moet word in verband met die verskillende maniere waarop mense hulle handhaaf of uitdruk (Young, 2000: 79). Retoriek kan ook help om aansprake en argumente te formuleer op maniere wat toepaslik is vir ʼn bepaalde publiek in ʼn gegewe situasie. Retoriek ondersteun ʼn argument deur dit op so ʼn wyse te stel met behulp van ʼn spesifieke styl en toon dat dit gepas is vir die besondere gehoor (Young, 2000: 67).

Die derde modus van politieke kommunikasie is deur op die manier van ʼn verhaal of ʼn storie te werk te gaan. Die belangrikste krag van hierdie modus in demokratiese kommunikasie is die potensiaal om ʼn begrip onder lede met uiteenlopende ervarings en aannames oor wat as belangrik geag word, te vorm. Young lê klem op die rol van die verhaal by die onderrig (Young, 2000: 71).

deelnemers iets van hulle samelewing het om aan die publiek te leer. Young voer verder aan dat alle deelnemers ʼn mate van onkunde oor sommige aspekte het en daarom kom almal na die gesprek met sekere konflik en met basiese vooroordele of swak punte (Young, 2000: 77). Deur kommunikasie en refleksie word hierdie leemtes ontbloot, waarna daaraan gewerk en dit verbeter kan word.