• No results found

EKSTERNE FAKTORE WAT ‘N ROL SPEEL IN DIE TOEKOMSVERWAGTINGE VAN DIE SKOOLVERLATER

5.3 Eksterne faktore wat ‘n meer indirekte invloed op toekomsverwagtinge uitoefen (ekso en makrosisteme)

5.3.3 Demografiese gegewens

Die Suid-Afrikaanse bevolking is in 2001 op 44.33 miljoen geraam (South Africa Survey 2001/2002, 2002). Volgens die Buro vir Marknavorsing aan die Universiteit van Suid-Afrika is die bevolking in dieselfde jaar op 45.5 miljoen geraam. Hiervan het swart mense 78% van die

totale bevolking, wit mense 12%, bruin mense 8% en Indiërs 3% uitgemaak. Ongeveer 35% van die bevolking was onder 15 jaar oud, 43% was tussen 15 en 39 jaar oud, terwyl 4% ouer as 65 jaar was (South African Survey 2001/2002, 2002).

Die Suid-Afrikaanse bevolking het drasties afgeneem as gevolg van verminderde aanwas, maar veral as gevolg van die invloed van MIV/vigs. Gedurende 1996 was die SA Ontwikkelingsbank se vooruitskatting van die land se bevolking 57.5 miljoen teen 2010, maar die realiteite van MIV/vigs het dit in só ‘n mate laat daal dat die Wêreldbank in 1998 die bevolking vir 2010 op 46 miljoen geskat het. ‘n Studie vir die Departement van Water en Bosbou skat die totaal egter op 47 miljoen in 2010. Die bevolkingsafname sal gepaard gaan met toenemende afhanklikheid en armoede, aangesien baie mense reeds deur MIV/vigs en verwante siektetoestande geraak sal word (South African Survey 2001/2002, 2002). Hierdie demografiese verspreiding van die SA bevolking word in Tabelle 5.1 – 5.3 aangedui.

Tabel 5.1 Geprojekteerde bevolking volgens ras: 2001 en 2006

Ras 2001 2006 Toename/afname Swart 35 185 040 37 648 310 7.0% Bruin 3 808 770 4 028 360 5.8% Indiër 1 113 210 1 159 720 4.2% Wit 5 242 500 5 265 030 0.4% Totaal 45 349 520 48 101 420 6.1% Bron; SA Survey 2001/2002, 2002, p. 129.

Tabel 5.2 Geskatte ouderdomsprofiel volgens ras: 2001

Ouderdom Swart Bruin Indiër Wit Totaal 0-14 37.0% 33.4% 25.5% 21.8% 34.8%

15-39* 43.2% 42.4% 43.6% 38.0% 42.6%

40-64 15.9% 20.2% 24.4% 30.7% 18.1% 65+ 3.8% 3.9% 4.8% 8.8% 4.4% Totaal 100% 100% 100% 100% 100%

Bron: Stats. SA, Labour Force Survey, Februarie 2001.

Uit: SA Survey, 2001/2002, 2002, p. 127. Die persentasies is afgerond.

Tabel 5.3 Manlike/vroulike verspreiding van ras: 2001

Ras Manlik % v. totaal Vroulik % v. totaal Meerderheid Totaal Swart 17 299 560 49.2% 17 885 480 50.8% 585 920 (V) 35 185 040 Bruin 1 853 270 48.7% 1 955 500 51.3% 102 230 (V) 3 808 770 Indiër 548 510 49.3% 564 700 50.7% 16 190 (V) 1 113 210 Wit 2 605 010 49.7% 2 637 490 50.3% 32 480(V) 5 242 500 Totaal 22 306 350 49.% 23 043 170 50.8% 736 820 (V) 45 349 520 Getalle is afgerond. Bron: SA Survey, 2001/2002, 2002, p. 126. 5.3.3.1 Taal

Die 1996-sensusopname dui die verspreidingspersentasies van die 11 amptelike tale soos uiteengesit in Tabel 5.4. aan en dit is ‘n weerspieëling van die verskillende ras/etniese groeperings van Suid-Afrika:

Tabel 5.4 Persentasies van die totale Suid-Afrikaanse bevolking volgens die 1996- sensus wat die volgende tale as huistaal aandui, uitgesluit die wat nie hul huistaal aangedui het nie

Afrikaans 14.4% Engels 8.6% IsiNdebele 1.5% IsiXhosa 17.9% IsiZulu 22.9% Sepedi 9.2% Sesotho 7.7% SiSwati 2.5% Setswana 8.2% Tshivenda 2.2% Xitsonga 4.4% Ander 0.6% Totaal 100%

Bron: Statistics South Africa: Census in Brief. The People of South Africa: Population Census, 1996, p. 13.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat Suid-Afrika oor ‘n groot verskeidenheid etniese groepe beskik wat ‘n wye taaldiversiteit tot gevolg het. Internasionaal is daar ‘n inherente begeerte by volke aanwesig om hul onderskeie tale te koester en te bewaar. Sodanig word sosiale identiteit beklemtoon in ‘n wêreld wat as gevolg van tegnologie al kleiner word. Dit is egter oorwegend die Afrikaanssprekendes wat taalregte in Suid-Afrika bepleit. Engels word grootliks gebesig ten koste van die ander tale. Die Schmidtsdrift-Khoigemeenskap is byvoorbeeld besig om hul eie taal as gevolg van onderwys en modernisasie te verloor. Taal is ‘n basiese bousteen van kommunikasie en ‘n belangrike element van identiteitsvorming en selfwaarde. Dit maak ‘n groot deel uit van wie die individu en sy groep is. Dit vorm ook nasiebou. Moedertaalonderrig is noodsaaklik vir ‘n kind se onderwys, veral in die vroeë onderrigjare. Die finansiële implikasies van moedertaalonderrig in Suid-Afrika bring egter mee dat dit nie prakties uitvoerbaar is nie.

Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse adolessent teen die agtergrond van die veelrassige en verskillende etniese en taalgroeperings bestudeer moet word om werklik insig in die leefwêreld van die skoolverlater te verkry. Die Suid-Afrikaanse bevolking is ‘n komplekse reënboognasie wat uit verskillende bevolkings-, etniese en taalgroepe met verskillende agtergronde saamgestel is en wat ‘n bepaalde invloed sal uitoefen op die toekomsverwagtinge van die skoolverlater.

5.3.3.2 Ras

Tydens die aanvaarding van die Universele Verklaring van Menseregte in Desember 1948 het Suid-Afrika en Rusland saam met nog ses ander lande buite stemming gebly. Gelykheid en menseregte vir almal het nie tydens die apartheidsregering gerealiseer nie. Suid-Afrika het vier dekades neutraal en eerder negatief teenoor die internasionale menseregtedebat gestaan. Internasionale konvensies wat standaarde op verskeie gebiede vir regerings opstel, is ontwikkel. Hiervan vorm politieke en burgerregte, sosiaal-ekonomiese en kulturele regte, die uitwissing van diskriminasie tussen rasse en teenoor vroue, die beskerming van kinders, asook die voorkoming van marteling en onmenslike strawwe tydens gevangeneskap die kern. Dit stel ook dat die taal-, kultuur- en godsdiensregte van alle bevolkingsgroepe gerespekteer word.

Alhoewel menseregte wêreldwyd steeds geskend word, negeer dit nie die bestaan daarvan en dat vervolging teen sulke lande en hul heersers ingestel kan word nie. Volgens Thabo Mbeki, tydens die Nasionale Konferensie oor Menseregte (2000), is geen land vry van rassisme nie. Die Suid- Afrikaanse Grondwet (1996) en Handves van Menseregte staan vir die uitwissing van rassisme, seksisme en diskriminasie teen alle mense. Dit kan egter nie voorkom dat diskriminasie steeds plaasvind nie.

Etnisiteit kan ‘n positiewe sowel as negatiewe invloed op die adolessent se lewe hê. Positief waar die gemeenskap se waardes geïnternaliseer en aanvaar word en negatief waar dit etnosentrisme en rassisme tot gevolg het. Dit is tydens interaksie met ander kulture dat die mens die meeste oor sy eie sowel as die verskille tussen kulture leer. Dit is baie belangrik om sleutelelemente in kultuur by kruiskultuur-analises in ag te neem, byvoorbeeld sosiale norme en rolle, sosiale status, ideologieë, stereotipes en waardes (Branch, 1999; Peplau, DeBro, Veniegas & Taylor, 1999; Van Zyl Slabbert et al., 1994).

Volgens die sensusopname van 2001 maak swart mense 79% uit van die bevolking, wit mense 9.6%, bruin mense 8.9% en Indiërs 2.6%. Kritiek teen hierdie opname is egter dat tot 1 uit elke 6 Suid-Afrikaners weens ondertelling uitgesluit is. Hiervolgens is veral wit mense, weens ‘n onwilligheid om aan die sensus deel te neem, ondertel (Lackay & Zwecker, 2003).

Die aanwesigheid van hoop by verskillende gemeenskappe is wel deur navorsers ondersoek (Averill et al., 1990; Snyder et al., 1991). Die navorsingsresultate dui daarop dat die hoopinhoud tussen verskillende kulture kan verskil. Dit is egter belangrik om hier weer die aandag daarop te vestig dat daar min kruiskulturele studies gedoen is ten opsigte van hoop en dat die Hoopskaal van Snyder et al. (1991) geen of baie min rasverskille tot op hede kon uitwys – dieselfde geval ten opsigte van geslagsverskille (Snyder, 1994, 2000).

Gray-Little en Hafdahl (2000) het ‘n kruiskulturele ondersoek gedoen na die verskil in selfwaarde tussen wit en Afro-Amerikaners en gevind dat, teen die verwagting in, Afro- Amerikaners dieselfde vlak van selfwaarde as wit Amerikaners toon. Kultuur, etnisiteit, minderheidstatus en sosiale klas het almal ‘n bepaalde invloed op die individu se selfwaarde. So

byvoorbeeld sou swart mense die stelsel vir hulle mislukkings en lae status kon blameer. Afro- Amerikaners identifiseeer ook met hul eie in-groep en nie met die groter kultuur en gemeenskap nie. Selfwaarde omvat die individu se algemene oordeel van sy persoonlike waarde en is gebaseer op evaluasies van hom deur die belangrike ander persone in sy lewe. Hierdie evaluasies uit sy sosiale konteks kan dus positiewe of negatiewe evaluasies van ander inhou. Oor die algemeen toon adolessente verhoogde selfwaarde gedurende hul adolessente-fase. Hulle het bevind dat swart kinders, adolessente en vroeë volwassenes teen alle verwagtinge in dieselfde en hoër selfwaarde toon as hul wit eweknieë. Hulle het verhoogde selfwaarde onder swart adolessente gedurende adolessensie gevind – wat weer bydra tot verhoogde motivering vir selfverbetering.

Navorsing deur Smith en Stones (1999) het getoon dat die meeste Suid-Afrikaanse adolessente onseker voel oor wat die sosiale en politieke veranderinge in Suid-Afrika vir hulle inhou. Hiervolgens is groter rasaanvaarding en vermindering in rasse-vooroordeel in die nuwe sosiaal- politieke konteks van die land waarneembaar onder adolessente. Swart adolessente het die meeste aanvaarding en verdraagsaamheid getoon met wit Afrikaanssprekende adolessente wat die minste aanvaarding en verdraagsaamheid openbaar. Wit Engelssprekende adolessente was die mees pro-wit, terwyl wit Afrikaanssprekendes meer bereidheid getoon het om van politieke mag afstand te doen en om foute van die verlede reg te stel. Swart en bruin was meer neutraal in hul sienings in hierdie opsig. Volgens hierdie navorsing neig Suid-Afrikaanse adolessente om met hul eie rasgroep te identifiseeer en hul eie kultuur as belangrik te ag. Daar is dus nog nie ‘n kollektiewe Suid-Afrikaanse identiteit gevorm wat alle bevolkingsgroepe insluit nie. Bruin adolessente het die grootste onsekerheid en afhanklikheid van ander ten opsigte van hul rasmenings getoon.

Bykomend kan gestel word dat die ingewikkelde verweefdheid van rasverskille en geloofsoortuiginge wat deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis is, die invloed en die verandering daarvan op die adolessent nog verder kompliseer. Die feit dat talle lede van die wit gemeenskap sedert 1994 van kerklike denominasie verander het, onderstreep dat die wit Afrikaanssprekende wat hom nie met ‘n veranderende politieke ideologie kan vereenselwig nie, probleme ondervind in die uitlewing van sy geloof volgens sy vorige kerkverband. Die feit dat

die NG Kerk hom deur sy stilswye en in sommige gevalle selfs van die openlike napraat van die apartheidsbestel skuldig gemaak het, het sy geloofwaardigheid as onpartydige kerk ernstige skade berokken. Daar is egter sedert die vroeë negentigerjare daadwerklike pogings aangewend om die geloofwaardigheid van die kerk aan te spreek en te herstel.