• No results found

2.8 DIE VORMING EN ONTWIKKELING VAN HOUDINGS

3.5.2 MEEGAANDE GELDIGHEID

4.1.1.2 BEOORDELAARS SE HOUDINGS

Sover vasgestel kon word, het slegs Stouffer gebruik gemaak van verskeie beoordelaars om die graad van die houdings wat uitgedruk word in geskrewe beskrywings, te skat of te evalueer (Droba, 1932, p.311). Die navorsers in die ander bronne wat ge.-raadpleeg is, het glad nie gebruik gemaak van beoordelaars nie.

Aangesien hierdie metode een van die heel eerstes was, en weens ·n gebrek aan beskikbare bronne, kan daar nie met sekerheid aanvaar word dat die beoordelaar se houding wel ·n rol gespeel het by die evaluering van stellings nie.

4.1 .1 .3 EENDIMENSIONALITEIT

As Bogardus (1925), Busch (1926) en Vaughan (1930) se studies oor houdings nagegaan word, · blyk di t dat daar geen spesifiekheid van houding is nie, m.a.w. die stellings wat houdings beskrywe, is nie eendimensionaal of hornogeen nie. Dit kom daarop neer dat onder hierdie metode nie slegs een houding of veranderlike gemeet word nie, rnaar wel verskeie (Sartain en Bell, 1949, pp.85-86). 4.1.1.4 BETROUBAARHEID

Wat betref die betroubaarheid van hierdie metode, het geen bronne wat geraadpleeg is enigsins iets in di� verband aan die lig ge= bring nie.

4.1 .1 .5 GELDIGHEID

Die geldigheid van die gevallemetode kon in die meeste bronne wat geraadpleeg is, nie opgespoor word nie. Slegs Stouffe.-r- het ·n korrelasie van 0,96 gekry in die beoordeli:ng van houdings in die gevallestudies wat geensi:ns geldigheid van die metode aandui nie

(Bain, 1930, p.360).

4.1 .2 VERDERE EVALUERING

Die enigste voordeel wat hierdie metode inhou, is <lat dit gebruik kan word om houdings te verduidelik of te bestudeer, en dan ook slegs as die houdings reeds deur ·n meer a.kkurate prosedure gemeet

Volgens Droba kan die gevallemetode nie onderwerp word aan kwanti= tatiewe analise nie. Verder

se

hy: "in a description of an

attitude the depth rather than the breadth is taken into considera= tion.11 (1932, p.311). Sekere navorsers, onder andere Bogardus,

het pogings aangewend om houdings volgens hierdie metode te ont= leed, maar ·n ontleding volgens hierdie metode is onderhewig aan growwe flaters aangesien dit slegs deur ·n enkele individu gedoen word. Soos reeds gemeld, het slegs Stouffer gebruik gemaak van verskeie beoordelaars om die graad van houdings, wat in geskrewe beskrywings uitgedruk word, te waardeer (Droba, 1932, p.311). Opsommend kan verklaar word dat, behalwe vir bogenoemde voordeel, hierdie metode nie met vertroue aanvaar kan word om houdings te meet nie. ·n Houdingskaal wat nie betroubaar of geldig is nie, het geen nut vir toekomstige gebruik nie.

4. 2 DIE ABSOLUTE RANGMETODE

Hierdie metode het ook vroeer bekend gestaan as die vraelysmetode, wat •n vae betekenis gehad het en wat gebruik is om twee of meer metodes te dek. ·n Reeks stellings word aan ·n klein groepie soge= naamd bekwame beoordelaars vir beoordeling voorgele. Hulle moet by elke stelling in die lys besluit oor die graad van die houding, sonder om te verwys na die ander stellings in die J.ys. Hulle

selekteer, met ander woorde, die stellings wa.t dan volgens hulle mening verskeie grade van houdings langs 'It liniere skaal sal ver= teenwoordig (Droba, 1932, p.309; Ferguson, 1934, pp. 3 en 4).

Galton blyk die eerste navorser te wees wat hierdie metode gebruik het om psigologiese verskynsels te meet. Sy metingsoogmerk was om voorstellingsbeelde, en nie houdings nie, te meet (Droba, 1932, p.310).

Volgens Droba was die eerste navorsers wat van die absolute rang= metode gebruik gemaak het om houdings te meet Symonds en Moore. Hulle het van •n tweekategorie skaal gebruik gemaak. In hierdie geval moes die proefpersone die stellings onder die kategoriee

"Ja" of "Nee" rangskik (1932, p.310). Weinland het dieselfde beginsel as Symonds en Moore toegepas in sy studie om houdings te meet, maar het van die "+" en "-" tekens gebruik gemaak (1930, pp.429-430).

Die volgende navorsers, wat ook onder die eerstes geklassifiseer kan word, het ook van hierdie metode gebruik gemaak om houdings te meet. Harper het '!l poging aangewend om Konserwatisme ".""' Libe= ralisme - Radikalisme van Amerikaanse opvoedkundiges aanga.ande verskeie standpunte en openbare geskilpunte te meet. Hy het van 41 beoordelaars gebruik gemaak om ·n oordeel oor 71 stellings aan= gaande bogenoemde houdings te vel. Hy het van die "+" en "-" tegniek s·ebruik gemaak. ·n Gemiddelde ooreenstern..'Tling va.n oor die 98% is ender die beoordelaars gevind. Hy het gevind dat die "verdeelde hel.fte" betroubaarheid van die stellings van drie groepe O, 75, O, 78 en O, 81 was. Drie weke later is •n korrelasie

van 0,90 tussen die toets en die hertoets verkry (Droba, 1931, pp.411-412; Ferguson, 1934, p.4).

Watson, weer, het die houdings van Westerlinge, soos bv. die

Arnerikaners, teenoor die Oosterlinge, bv. die Chinese en Japanese gemeet., Hy het gebruik gemaak van die sogenaamde °Five step line technique" (Ferguson, 1934, p.4). Hy het 20 bekwame beoordelaars versoek om 300 stellings te kritiseer, te herformuleer en ander voorstelle te maak. Daarna is die 100 beste stellings behou

(Watson, 1929, p.322). Ter illustrasie het hy onpersoonlike stel= lings gebruik om houdings teenoor ·n_ spesi.fieke ras uit te druk. Die proefpersoon moes dan die stellings in vyf kategoriee rangskik

volgens die mate wat dit sy eie houdings weerspieel het. Byvoor= beeld, ·n stelling soos: 11Jode sal altyd poog om ·n goeie slag te

slaan, al moet hulle ook verneuk" word gevolg deur keuses soos: Absoluut waar, moontlik waar, twy.fe1agtig, moontlik vals, abso=

*

luut vals. Stellings word afsonderlike gerangskik sonder om hoegenaamd te vervrys na ander stellings in die skaal. Daarom word hierdie metode 11absoluut11 genoem (Droba, 1931, pp,412-413;

Droba, 1932, .pp.309-310).

Zeleny het die sosiale menings van studente gemeet. Haar stel=

lings is ge.formuleer beide op ·n direkte en ·n omgekeerde �.1se.

Slegs daardie stellings is vir haar skaal behou waar proefpersone konsekwent stelJ.ings beide in die direkte en die omgekeerde wyse beantwoord het. Die 68 stellings is aan sewe fakulteitslede ge= gee om gekri tiseer te word. Die betroubaarheid va.n haar vraelys was 0,89 (Droba, 1931, p.414).

Die volgende stellings kan die:n te..r illustrasie van direkte en

omgekeerde stellings:

"Opregte patriotte is altyd lojaal aan hulle politieke partye" (direk).

"Opregte patriotte is soms dislojaal aan hulle politieke partye" (omgekeerd) (Zeleny, 1926, p.57 en pp.61-64).

So was daar ook verskeie antler navorsers wat van hierdie metode gebruik gemaak het om houdings oor sekere aspekte te bestudeer

(Droba, 1932, p.310).

Vervolgens sal die absolute rangmetode aan die vereistes vir � doeltreffende houdingskaal gemeet word.

4.2.1 EVALUERING MET DIE ALGEMENE VEREISTES VIR 71 DOELTREFFENDE