• No results found

DIE ONTWIKKELING VAN DIB BEDRYFSEKONOMIE

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "DIE ONTWIKKELING VAN DIB BEDRYFSEKONOMIE"

Copied!
9
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

D IE O N T W IK K E L IN G V A N D IB B E D R Y F S E K O N O M IE R ede uitgespreek by die aanvaarding van die P rofesso raat in die Be- dryfsekonom ie aan die U niversiteit van P reto ria op 24 M a a rt 1949

d eur D r Ir ). Goudriaan

Lede v an die R aad, M eneer die R ektor,

D am es en H e re P rofessore, L ektore en D osente, D am es en H e re S tudente,

E n v o o rts u almal, w a t hierdie plegtigheid m et u teenw oordigheid vereer,

G eag te toehoorders,

D ie p ra g tig e seereis v an N e d erlan d n a Suid-A frika, w a t 'n mens dae lank niks la a t sien as see en lug en hulle alty d v eran d eren d e aansigte, het my aan die dink gebring oor die ontwikkeling van my eie vak, oor die resultate bereik in die laatste tientalle jare en oor die m oontlikhede vir die toekoms.

E nkele re su ltate v an hierdie oordenkings wil ek hier gee.

D ie bedryfsekonom ie het tot ta a k om ons w etenskaplike insig te v ersk af in die m iddels en m etodes om ’n b e d ry f so doelm atig m oontlik te lei.

M et hierdie k orte sin is ’n besonder ingew ikkelde sam estel gegee v an v ra ag stu k k e v a n baie uiteenlopende aa rd .

’n M ens hoef net sy oë te laat gaan oor die hele ekonomiese lewe om hom die verskeidenheid te laat besef v an w a t ons m et die enkele w oord b e d ry f om vat. O ns sien b ed ry w e in die landbou en die veeteelt, in die bosbou en vissery, in die m ynw ese, fabrieksnyw erheid, tran sp o rt, b a n k ­ w ese, in die g root- en in die kleinhandel. O ns sien b ed ry w e m et duisende of tienduisende w erknem ers, soos Eskom en Y skor en bedryw e m et net 1 of 2 m an personeel. O ns sien b ed ry w e in die besit v an een alleen- eienaar of in die besit v a n vennootskappe, m aatskappye, koöperasies of v an die S ta a t of die stad of v an kom binasies v an hierdie kategorieë v an eienaars.

D it is geen w o n d e r d a t in die begin m ense d a a ra a n gew anhoop het om ooit die v erskillende v ra a g stu k k e in die verskillende soorte o n d er- nem ings o n d er gem eenskaplike gesigspunte te bring en so het ons die ontw ikkeling gesien v an n aa n ta l verskillende bedryfsekonom ieë, elk v ir n b epaalde so o rt v an besighede. O ns vind d it ook nou nog in die landbouekonom ie en in sommige lande in die verkeersekonom ie. M a a r ek durf die v erw ag tin g uitspreek d a t in die toekom s die ko n tak tussen die verskillende lede v an die gro o t familie v e rste rk sal w ord, om dat ons w ederkerig v an m ek aar kan leer en die besondere v ra ag stu k k e v an een bepaalde bedry fstak soos die landbou of die transportw ese by n a a lty d ook sekere betekenis h et vir b e d ry w e buite hierdie b ed ry fstak k e en om gekeer.

D ie besondere uiteenlopendheid van die vraagstukke binne een en dieselfde b ed ry f het in die eerste ja re v an die ontw ikkeling v a n die bedryfsekonom ie nog to t a n d e re splitsings gelei. R ekenm eesters, inge­ nieurs, fisioloë, psigoloë en opvoedkundiges het hulle, ieder m et sy eie gesigspunte, m et bedryfsekonom iese v ra a g stu k k e besig gehou en baie n uttige w e rk verrig . M a a r ons ontkom nie aa n die in d ru k d a t die

(2)

sydigheid van hulle uitgangspunte soms sekere gevare m eegebring het nie. B yna elke v ra a g stu k v an die bedryfsekonom ie is im m ers v a n sam e- gestelde aard .

D ie lew e v an elke b ed ry f is n sam ew erking v an m ense en dinge, v an arbeid en kapitaal; elke b ed ry f sta a n deur inkoop en verkoop, deur kredietnem ing en k red ietverskaffing in v erbinding m et die buitew êreld; in v ry wel alle bedryw e, as ons ’n oomblik afsien v an die suiw ere handel en die bankw ese vind h eur fabrikasie, v erp ak k in g of tra n sp o rt sekere om settings v an w a a rd e plaas; elke b ed ry f h et v ir sy v o o rtb estaa n ’n boekhouding nodig soos al beliggaam is in die ouuitdrukking: W a t sk ry f die blyf.

E lke m aatreël op een v a n hierdie gebiede h et dus m eestal ’n sekere invloed op die ander gebiede. Die beste oplossing w ord dan alleen verkry as ons die verskillende gesigspunte na m ekaar die w oord gee en dan soek n a die m aatreël w a t al die verskillende gesigspunte op die beste m anier bevredig.

In die m eeste b ed ry w e en v eral in die grote h et d an ook 'n spesiali- sasie gegroei vir die verskillende take. M in of m eer bew us h et ons oral die rigting gevolg w a t T a y lo r b y n a vyftig ja a r gelede aan g ew y s het: „ O n d e r die opp erste leiding sal elke m an so min m oontlik verskillende funksies uitoefen.” !)

D ie eerste en v ern aam ste splitsing het ons hierbo al geskets. D it is die taak v erd elin g tussen die ingenieur, die koopm an, die finansier, die rekenm eester en die m aatskaplike w erker in die bedryf. E n die gedagte lê v o o r die han d om die bedrysekonom ie ook soveel m oontlik in hierdie v y f hoofstukke in te deel en d a a ra a n toe te voeg n sesde hoofstuk v ir die algem ene leiding.

D ie funksieverdeling in die bedryw e moet ons mos sien as ’n voor­ beeld van die algem ene groeiw et v a n alle lew ende organism es soos H e rb e rt S pencer, die beroem de E ngelse sosioloog al v ir ’n halw e eeu gelede uiteengesit het: n v o o rtd u re n d e toenem ing v a n die differensiasie, v an die min of m eer b ew uste skepping v an gespesialiseerde o rg a n e v ir verskillende funksies m et as teenpool ’n sterk d ra n g to t in teg rasie om hierdie verskillende funksies in goeie onderlinge harm onie te la a t w erk.

D ie bedryfsekonom ie is mos niks an d e rs as ’n onderdeel v a n die toegepaste sosiologie w a t op sy b eu rt ’n deel is v an die biologiese w e te n - skappe. H ierdie analogie m et die evolusie v an lew ende organism es uit die p lan te- en dierew êreld k an ons ook la a t besef d a t d a a r gladnie g ep raat kan w o rd v an oorheersing v a n een v a n die v y f fijnksies oor een of m eer v an die an d e re nie. H ulle is al v y f ondergeskik aa n die algem ene leiding v an die bedryf; die v eronderstelling d aa ren tee n d a t een v an hierdie v y f funksies die b aas k an w ees oor een v an die an d e r is ew e ongerym d as die ged ag te d at die asem haling v ir die m enslike ge- sondheid b elan g rik er is as die bloedsom loop of die spysvertering.

Die beperktheid van die menslike arbeidsverm oë en van die menslike intellek m aak d a t dit vir die o o rg ro te m eerderheid v an die besigheids- m ense w enslik is d a t hulle in een of tw ee hoofstukke v a n die b ed ry fs­ ekonom ie spesialiseer m aar dit wil n iet sê d a t hulle v an die an d e r hoof­ stukke heeltem al onkundig m ag bly nie. Inteendeel: onbekend m aak onbemind. D ie enge, kam eraadskaplike sam ew erking in die bedryw e sal nooit bereik w o rd as elke v erte en w o o rd ig er v an ’n bepaalde funksie nie ook globaal kennis d ra v a n die v ra a g stu k k e en v a n die m oontlikhede 1

(3)

en m oeilikhede v an die an d e r funksies nie. D aarom is ’n ruime, algem ene inleiding in die bedryfsekonom ie vir alle stu d en te in die v ak onontbeerlik as grondslag vir latere spesialisasie.

D aarom juig ek dit ook toe d at die voorlesings d eur die nuw e In stitu t vir B estuur en A dm inistrasie in die voetspoor van die G rad u ate School of Business A d m inistration v an die H a rv a rd U n iv ersiteit v ir ’n gro o t deel sal geskied volgens die sgn. „G evalle m etode.” H ierdie m etode is beter as enige ander daartoe geskik om die studente die sam egestelheid v a n alle b ed ry fsv raa g stu k k e te la a t besef en die n a d ru k te lê op die noodsaaklikheid om na harm onie te stree f tussen die verskillende, dik- w els teen stry d ig e gesigspunte v an die verskillende funksies.

D ie m etode is ook b y uitstek geskik om die stu d en te te leer om beslis- sings te neem; dit prikkel die aktiw iteit, die belangrikste vereiste vir die besigheidsm an.

M a a r ek kan my kollegas van die H a rv ard U niversiteit nie volg as hulle die gevalle-m etode as die enigste aa n p ry s nie en alle teorie wil afskaf. Juis die analitiese dinkm etode m oet ons die algem een geldige insig verskaf in die voorw aardes w at noodsaaklik en voldoende is om ’n bepaalde oplossing bo and er te verkies. Dis nie alleen sierliker nie m aar op die duur ook baie vinniger en b etro u b a ard e r as om vir elke geval afsonderlik, telkens opnuut die beste oplossing te soek.

H ierdie teoretiese analise m aak dit ook m oontlik om alle b ed ry w e hoe uiteenlopend ook in a a rd of om vang, m et een sam ev atten d e blik te oor- sien en so die v ru g b a re uitw isseling en o o rd rag v an erv arin g s ook tussen die mees verskillende b ed ry fstak k e te b evorder. Die indeling v a n die bedryfsekonom ie volgens hooffunksies is v a n die analitiese m etode ’n eerste m aar belangrike voorbeeld, om dat dit laat blyk dat, ook as be- d ry w e in een bep aald e funksie, soos die tegniese, baie uiteenloop, hulle tog in a n d e re funksies v o o r dieselfde v ra ag stu k k e k an staan .

L aa t ons sien w a t die ontw ikkeling v an die laaste tientalle jare v ir die verskillende funksies opgelew er het.

L aat ons d a a rto e begin m et die boekhouding. D it is die oudste funksie in die bed ry w e w a t ’n sekere w etenskaplike behandeling gehad het en d it neem ’n a p a rte plaas in om dat die boekhouers, in leenstelling m et alle an d e r u itvoerende m ense in die b edryf, geen eintlike d ad e v an b eh e er v errig nie. H ul ta a k is n et soos die naam so duidelik aandui, om boek te hou v an w a t a n d e re gedoen het. D it w as n saak v an goeie m enslike insig om al in v ro e ë ty e hierdie ta a k v an boekhou v an die u itv o eren d e w erksaam hede te skei.

D ie oudste vorm v an boekhouding w a t ons ken het b etrekking op handelsake. D ie m etode v a n dubbele inskryw ing w as reeds in die m iddel v a n die veertien d e eeu in G enua bekend; die leerboeke het, soos so dikw els in die toegep aste w etenskappe, eers la te r versk y n . V a n die oudste ged ru k te v erh an d elin g v a n die Italiaan se F ran sisk aa n se M onnik Pacciolo (1494), van die A ntw erp en aar Y m pyn (1543), van C laes P ietersz v an D e v en ter (1576) en v an die veelsydige R enaissance sk ry - w er Simon Stevin (1608) ■— groot w iskundige, vestingboukundige en hersk ep p er v an die N e d erlan d se taal -— loop ’n d eu rg aan d e lyn n a die beroem de boek v an L éautey en G uilbault, w a t in 1889 v e rsk y n het, die goue m edalje v erw erf het op die W e reld ten to o n stellin g in P a ry s v an d a a rd ie ja a r en sedertd ien om streeks vyftig h erd ru k k e beleef h e t . 2 )

V ir ons is die boek v a n die tw ee F ra n se sk ry w e rs die b ekroning èn 2) La Science des Comptes, mise a la portée de tous. Parys, Béranger.

(4)

die afsluiting van vier eeue boekhoutegniek. H ierdie boek gee ’n glas­ heldere uiteensetting v an die sierlike en logiese m etodiek v a n die dubbele inskryw ing; m aar tegelyk vir die eerste keer 'n form ulering v an een van die hoofbeginsels, w aarop die klassieke boekhouding berus, 'n beginsel w a t die m ense al die eeue w el gevolg het, m aar n iet so bew us gesien het nie: die beginsel van die behoud van die waardes binne die bedryf.

’n Beginsel w a t tot vandag, veral in die A ngelsaksiese lande die grootste belem m ering gew ees het v ir die aanpassing v a n die boekhou- m etodes aan die eise v an die m oderne bedryfsleiding.

H oe het die konflik o n tstaan en w a t is die oplossing?

■ D ie klassieke boekhouding is in oorsprong die boekhouding v an die handelsake; miskien mag ons sê die boekhouding v an g roothandelsake w a t per p arty ingekoopte goedere hulle rekenings opm aak. D ie Itali­ aa n se handelsrepublieke w a a r die klassieke boekhouding o n tstaan het, la te r A ntw erpen, A m sterdam , Londen, P ary s, H am burg en N u Y ork is van die soort stapelhandel die setel gewees. 3) V ir hierdie saké w as die beginsel v an die behoud v an die w a ard es binne die b ed ry f w a t sê: verlies o f wins kan alleen ontstaan by verkoop aan derdes buite die bedryf, volstrek geen belem m ering, m aar iets v anselfsprekends. H ul h et dit natuurlik aangevul met die nog altyd juiste beginsel van balans­ w aard erin g : goedere neem ons hoogstens op teen m arkprys of koopprys, w a tte r v an die tw ee die laagste is; dit w as reeds aa n die sk ry w e rs uit die sestiende eeu bekend en sal, sover ons kan sien, nog eeue lan k goed bly.

M a a r die m oderne saké, soos huile gegroei het in die negentiende en tw intigste eeu verskil ra d ik aal v an die ou groothandel: hul het baie gro ter en ingew ikkelder gew ord, die kom binasie v a n nyw erh eid en handel beteken allerhande w aardeom settings binne die bedryw e, hul gebruik veel g ro ter kapitaal, dikw els m et v erantw oordelikheid teenoor derdes w a t as aandeelhouers of k redietgew ers optree en veral: d eu r hul g rootte en v erantw oordelikheid teenoor kapitaal en arbeid stree f hulle m eer bew ustelik na duursaam dheid en stabiliteit.

D ie alles oorheersende gedagte van die m oderne bedryfsleiding is: vooruitsien in die toekom s sover as dit m aar m oontlik is, so vro eg m oont- lik nuutopkom ende m oontlikhede en m oeilikhede ontdek om so vinnig m oontlik m aatreëls te neem om ons d a a rb y aa n te pas. A s T a y lo r die naam v erdien v an die g rondlegger te w ees v a n die w etenskaplike be­ dryfsleiding, d an is dit v eral om dat h y die eerste en die k ra g tig ste vir die algem ene g edagte v an die „p lan n in g ”, die planm atige vooruitsien gepleit het. 4)

Die ty d v an die K oopliede-avonturiers, v an die M erch an t ad v e n tu rers, is verby; die g ed a g te v an die w etenskaplike analise het op al die v e r­ skillende velde van die bedryfsleiding toepassing gevind; dit beteken d a t die begroting of beram ing v a n allerh an d e toekom stige b ed ry fsv er- skynsels, w a t ons m et een w oord sal aa ngee as die voorkalkulasie, ’n baie belangrike plaas in die m oderne bedryfsleiding inneem. D ie ou gesegde: besin eer jy begin, het 'n konk rete toepassing gevind.

M aa r die m aak van planne vir die toekoms het geen praktiese betekenis 3) Die leser kry, miskien beter as uit dikke leerboeke 'n lewende indruk van hierdie handel en sy boekhouding uit die roman Ferdinand Huyck van Jacob van Lennep; sien die begin van die agtiende hoofstuk waarin Ferdinand op ’n handelskantoor geïnstalleer word.

4) Die woord Scientific Management is die eerste gebruik in 1910 deur n ’ groep van ingenieurs; in 1911 het Taylor se boek oor „Principles of Scientific Management” verskyn wat die woord algemene bekendheid gegee het.

(5)

nie as ons die uitvoering nie op die voet volg nie en daarom streef ons alty d na die noukeurige vergelyking tussen voor- en nakalkulasie, tussen die berekenings w at ons gem aak het voordat die betrokke verskynsels hulle voordoen en die berekenings oor die verskynsels soos hulle werklik plaasgevind het.

H ier lê nou presies die veld w aarop die nuw e eise m et die beginsels van die klassieke boekhouding gebots het.

A s ons die vergelyking tussen voor- en nakalkulasie so eenvoudig en noukeurig m oontlik wil m aak en om ring m et al die w aarb o rg e w a t die dubbele inskryw ing daaroor verskaf moet ons die voorkalkulatoriese w a a r­ des in die boekhouding invoer en die verskille tussen voor- en nakalkulasie as verliese of w inste aanvaar. D aarm ee het ons dan die beginsel van die behoud van die w aardes binne die ondernem ing prysgegee.

O m gekeerd: as ons hierdie beginsel wil h an d h a af is ons verplig om die vergelyking tussen voorkalkulasie en nakalkulasie extrakom ptabel, d.w.s. buite die boekhouding te m aak en ons verval daarm ee in baie ekstra w erk en ’n hoop onsam ehangende state w at nooit die regte oorsigtelike ver­ b an d m et die boekhouding kan gee nie.

D ie A m erikane, w at eerste die algem ene eis van voorgekalkuleerde kospryse en hulle voortdurende vergelyking met die nakalkulasie vanaf 1910 of 1920 op die voorgrond gestel het, het in oorgrote m eerderheid die laaste w eg gekies en ek glo d at die onoorsigtelikheid van die A m erikaanse literatu u r oor hierdie onderw erp hoofsaaklik aan hierdie keuse toegeskryf moet w ord. E ers n a die tw eede w êreldoorlog is d aar enkele skoorvoetende en h alfhartige pogings om die intrakom ptabele verband to t stan d te bring. 5) M a a r die teenstand van die rekenm eesters w a t die beginsel van die behoud van die w aardes, dikwels on- of halfbew us as 'n dogm a h an ­ teer, sal in die A ngelsaksiese lande die invoering van die intrakom p tabele m etode baie moeilik en langsaam maak.

O n s het in N e d erlan d in 1931 vir die internasionale Philips C oncern doelbew us die intrakom ptabele invoering van voorkalkulatoriese w aardes toegepas en ek durf sê d at die resultate baie bevredigend w as. D a t dit m oontlik w as om hierby die m edew erking van die N ed erlan d se reken­ m eesters en ouditeurs te v erkry moet ons toeskryf aan die voorbreidende w erk van Simon, 6) V olm er en Limperg; veral die laasgenoem de het deur sy beskouings oor die noodsaak om die kosprys te bereken op grondslag van die vervangingsw aarde die dogm a van die „w erklike w a a rd e ” soos dit voortvloei uit die klassieke boekhouding baie aangetas.

’n M ens kan origens onm iddellik insien d at die invoering van die voor­ kalkulatoriese w aardes in die boekhouding geen enkele gevaar kan op- lew er vir die soliditeit van die boekhouding en sy oudste doel die ver- m oëns- en w insbepaling nie solank ons m aar die ou-beproefde voorskrifte h an d h a af vir die w aardering van bates en laste in die balansstaat.

*) Sien: Rowland and Harr, Budgeting for Management Control. Harper and Bro­ thers, N u York en Londen 1945, Hoofstuk XX.

6) Simon het al in 1909 in sy boek: Kostprysberekening en Administratieve Fabrieks- organisatie (Delwel, W assenaar) daarop gewys dat ons die onkoste nie moet verdeel oor die werklike (nakalkulatoriese) bedryfsdrukte niet, maar oor die normale of stan­ daard bedryfsdrukte. Dit is waar dat die Amerikaan Hamilton Church al in 1900 dieselfde gedagte verdedig het. M aar hy schrik terug om die onder- of oordekking op onkoste, w at onvermydelik uit die rekening met standaard bedryfskoste voortvloei, oor te boek na die Verlies- en Winsrekening. Daarom het hy die sogenaamde „Supplemen- tary rate” uitgevind .— ’n ekstra omslagtige metode om foutief te reken. Sien sy boek: The proper distribution of the expense burden. Dunlop 1908. The Engineering, Mag., 1921.

(6)

A s die w aarderings van bates en laste in openings- en sluitbalans die- selfde bly, moet ook die verlies of wins oor die tussenliggende tydvak dieselfde wees, ongeag die w aarderings w at ons onderw eg in die rekeningsstelsel ingevoer het; hulle w ord immers, by die w aardering in die sluitbalans w eer ongedaan gemaak.

D ie invoering v an voorkalkulatoriese w aardes beteken nie d a t ons die totale verlies of wins verander nie, m aar d at ons hierdie saldo splits op ’n sodanige m anier d a t ons d aard eu r 'n skerp insig kry in die plase w aar verlies of w ins optree en in die oorsake van die verlies of wins. D ie verlies en w insrekening van die hele bedryf is dan net die som van 'n aa n tal ver­ skillende verlies- en w insrekeninge, elk gedebiteer vir bepaalde nakalku- latoriese koste en gekrediteer vir die ooreenkom stige voorkalkulatoriese w aardes.

H oe kan ons die spliting op die beste m anier uitvoer?

In die eerste plaas deur verlies- en w insrekeninge te m aak per persoon- like verantw oordelikheid. O ns volg daarby die skem a van die organisasie en ons kan die verantw oordelikhede net so laag of hoog lê as ons verkies.

P er persoonlike verantw oordelikheid kry ons dan ’n verlies- en w ins­ rekening w at debet staan vir alle verbruike van die afdeling en kredit vir alle prestasies. M a a r om die resultate van die afdeling suiw er te m eet is dit noodsaaklik d at alle verbruike en alle prestasies teen vaste sgn. stan d aa rd pryse in die rekening opgeneem w ord.

V ir sover die verbruike betrekking het op prestasies van ander af- delings in die b edryf (halfklaar produkte, hulpdienste soos transport, elektriese energie, stoom ens.) is die pryse vir die debet van die verbrui­ ken d e afdeling gelyk aan die pryse vir die kredit van die produserende afdeling. V ir lone en salarisse debiteer ons die w erklike w aardes.

V ir grondstow w e buite die bedryf gekoop voer ons v aste pryse in deur tussenskakeling van ’n rekening vir prysverskille; hierdie rekening staan dus debet vir die fak tuurw aarde en kredit vir die ingekoopte hoeveelhede om gereken teen standaardpryse.

V ir afdelings soos die algem ene direksie, navorsings-laboratorium s ens. voer ons vaste bedrae in, w at diens doen vir die verrekening van die on­ koste na ander afdelings; verskille tussen w erklike uitgaw es en die vaste bedrae is net die verlies- of w inssaldo van hierdie afdeling.

D ie verkoopsrekening staan debet vir die stan d aard w aard es van die verkoopte goedere en die reeds genoemde stan d aard b ed rag aan verkoops- koste en kredit, soos altyd, vir die werklike opbrengste.

Die laaste afdeling in iedere b edryf is die verkoopsafdeling, indien nodig gesplits vir verskillende artikelgroepe. D ie rekening van die v er­ koopsafdeling staan dus debet vir die w erklike koste, ew entueel bereken teen stan d aard p ry se en kredit vir die stan d aard b ed rag aan verkoopskoste, soos dit volgens die geldende formules belas w ord aan die verkoops­ rekening.

O n s kry dus ’n rekeningskem a soos op sterk vereenvoudigde m anier aangegee in T ab èl A.

D it is duidelik d at b y stygende p ryse die prysverskillerekening ’n debet­ saldo moet toon. D it is die aanw ysing d at ons die verkooprekening te laag belas het om dat die stan d aard p ry se van die verkoopte goedere klaar- blyklik nie m eer ooreenstem m et die kospryse bereken op grondslag van die vervangingsw aarde nie. A s ons die verskille groot en duursaam ge­ noeg ag om daarm ee rekening te hou in die kalkulasie, kan ons gemaklik deur middel van indekssyfers bereken hoeveel die prysstyging uitm aak

(7)

op die stan d aa rd w a ard e van die verkoopte goedere. O n s belas met hier- die bedrag dan die verkooprekening en krediteer vir dieselfde bedrag die prysverskillerekening. D ie hele sisteem van standaardpryse soos d it geld vir m agasynvoorrade van grondstow w e, halfklaar produkte en eind- produkte bly dus onaangetas. O ns kan ’n jaar lank reken m et vaste pryse vir al hierdie voorrade en dit beteken ’n groot vereenvoudiging van die kantoorarbeid en ’n veel beter m oontlikheid tot kontrole van die voorrade. Die tegniese afdelings w ord dus deur die prysveranderings heeltem al nie beïnvloed nie en hierdie veranderings het vir hulle ook nie die m inste betekenis nie.

A s ons per afdeling net die saldo ken van die verlies- en w insrekening sou dit nie voldoende wees vir die beoordeling van hierdie saldo en vir die juiste insig in die m aatreëls w at ons eventueel kan en moet neem om ’n ongunstige saldo te verhelp nie. D aarom is ’n noodsaaklike aanvulling op hierdie stelsel van m oderne boekhouding die sgn. parsiële kreditering met die stan d aard w aard es telkens in gedeeltes sodat ons per onderdeel van die koste kan sien w a ar die verskille o ntstaan het. O n s kan natuurlik die splitsing net sover voortsit as ons verkies, m aar elke splitsing kos geld aan kantoorarbeid. D it is daarom goed om aan te dui d at in elk geval ’n splitsing in drie groepe noodsaaklik is, naam lik in: —

1. die variabele koste w at g e ly k ty d ig of so go ed as g e ly k ty d ig m et die produksie en verkoop verander, soos m ateriaalkoste, kragverbruik en ’n sekere deel van die arbeidslone:

2. die variabele koste w at hulle eers na 'n sekere tydsverloop by wysi- gings in besetting aanpas;

3. die vaste koste, w at op veranderings in die bedrijfsbesetting in die geheel nie reageer nie.

Sien T ab el B.

B elangrike verskille in groep 1 moet onmiddellik ondersoek w ord; ver­ skille in groep 2 behoort na ’n sekere tydverloop as die besetting w eer stabiel is te verdw yn; verskille in groep 3, dus in vaste koste, ra ak in die produksie nie die verantw oordelikheid van die afdelingshoof nie en raak in die verkoop die algem ene verkoopsbeleid, nie die suinigheid van die kostebeheer nie. Splitsing van die vaste koste in die verlies- en w ins­ rekening van die afdeling het daarom geen sin nie.

D ie m ate van splitsing van die koste van groep 1 en groep 2 moet ge­ heel bepaal w ord deur die nu t w at ons van hierdie splitsing verw ag. A s d aa r geen groot verskille is nie, kan ons die splitsing so goed as geheel agterw eë laat; by groot verskille en onreëlm atighede in produksie of v er­ koop sal ons die splitsing ver deurvoer, m aar onm iddellik w eer nalaat sodra die moeilikhede opgelos is. By geen ander stelsel het die leiding dit so in die h a n d om die boekhouding uit te brei of te vereenvoudig, binne die raam w erk van ’n in sigself gelykblyw ende sisteem, as die w at ons so pas geskets het nie.

D it w erk as ’n soeklig w at ’n mens na w ins kan laat skyn as en w aar hy dit begeer.

D eur die byna volledige afskaffing van die indiwiduele nakalkulasie per order en die konstantheid van alle pryse van voorrade is dit ook baie goedkoper as die klassieke boekhouding of as alle extrakom ptabelle m etodes.

(8)

groting deur m iddel van standaardkoste en parsiële kreditering aangevoer dat die afdelingshoofde nie verantw oordelik gehou kan w ord vir die sluitendheid van sy verlies- en w insrekening nie, om dat hy, veral in die produksie, sy bedryfsbesetting nie selfstandig kan bepaal nie. 7) H ul stel dan voor om beram ings van koste te m aak vir verskillende grade van besetting, m aar ons kan dit nie beskou as 'n verbetering nie. Inteendeel: sodanige berekenings vereis baie werk, hul kan nooit op eenvoudige m a­ nier intrakom ptabel verw erk w ord nie, om dat hul nie korrespondeer met die werklike prestasies en ten slotte: ons kan ook langs hierdie weg nie daarin slaag om volstrekte sluitendheid te eis nie, om dat die koste nie alleen afhanklik is van die besetting nie, m aar by verandering van die besetting ook van die besetting in vroeëre tydvakke.

Die doel van die bedryfsbegroting van koste is ook nie, soos by die begroting van ow erheidsliggam e om 'n bindende outorisasie te gee vir bepaalde uitgaw es of koste nie, m aar om ’n duidelike rigsnoer te gee vir die tegniese en kommersiële leiding, soos die eerste A m erikaanse skryw ers so duidelik op die voorgrond gestel het in die titels van hul boeke: C ost A ccounting to aid P ro d u c tio n 8) ; C ost Accounting for Sales. 9) Die beoordeling van die verskille tussen w erklikheid en begroting is die be- langrikste elem ent en hierdie lew ende beoordeling kan nie oorbodig ge- m aak w ord deur gebrekkige statistiese berekenings nie.

Die regstreekse begroting deur middel van die opbrengste teen sta n ­ d aardkoste het ook die onskatbare voordeel dat die afdelingsleiers voel dat hul uitgaw es in wese nie begroot w ord deur 'n kantoor met am ptenare nie, m aar deur die m ark w aar die hele bedryf van leef. Die opbrengs van hulle prestasies teen stan d aard p ry se is immers net daardie deel van die m arkopbrengste w at aan die betrokke afdeling toegeken kan en mag w ord.

D ie ontwikkeling van die m oderne kalkulasiem etodes is nie alleen van groot belang vir die tegniese en kommersiële funksie nie, ook die finansiële fu n ksie kan groot voordeel daaruit trek.

O ns het al gesê d at die vernaam ste doel van die m oderne bedryw e is sekerheid en stabiliteit vir die toekoms. Kan ons d aa rn a streef om altans die skadelike invloed van hierdie veranderings op die lewe van ons bedryf op te hef of te beperk ook solank ons die konjunktuurveranderings nog nie beheers nie?

Die verliese van 'n bedryf in slegte konjunktuur bestaan uit drie dele: 1. V erliese deur prysdaling van die eie produkte benede die eie kosprys: 2. V erliese op vaste of vertraag d e variabele koste deur onderbesetting; 3. V erliese deur w aardedaling van vaste en vlottende bates.

Die eerste bron van verliese sal ons so aanstons bespreek: die onder 2 en 3 genoem de verliese kan ons deur doelm atige kosprysberekening, w at regstreeks gerig is op doelm atige w insberekening van die onder­ neming, vryw el geheel uitsluit. D it beteken natuurlik nie d at ons deur kalkulasie verliese in w inste kan omtoor nie; dit beteken eenvoudig dat ons die kalkulasie so moet inrig dat ons in goeie jare deur die kalkulasie gelei w ord tot die vorming van die nodige reserw es, w a t bestem is om

7) Sien Rowland and Harr t.a.p. Hoofstuk III en as navolging P. Bakker. De

Grondslagen van de bedryfsbudgetering, Hoofstuk IV. Stenfert Kroese, Leiden, ,1948. Sien ook die goeie uiteensetting by Bourquin: Traité de coraptabilité industrielle avec application des prix de revient Standard. Parys, Dunod, 1947.

(9)

bepaalde verliese in slegte jare op te vang. H oe dit geskied deur die verliese op vertraagd-variabele koste is onm iddellik duidelijk. O n s m oet die w inste d.w.s. die oordekkings w a t in ty d van stygende be- dryfsbesetting op hierdie soort koste ontstaan volledig reserveer, om dat die w inste by eerste benadering gelyk is aan die verliese, d.w.s. die onder- dekkings w a t hierdie koste sal vertoon in tyd van dalende bedryfsbe- setting.

D eur die parsiële kreditering ■— en uitsluitend deur parsiële kreditering ■— is hierdie verliese en w inste afsonderlik bekend.

V ir die vaste koste geld presies dieselfde, as ons die norm ale besetting, w aarop ons die hoogte van die betreffende onkoste-toeslae bereken mos elke jaar opnuut bepaal as 'n so goed m oontlike ska ttin g van die gem iddel­ de bedryfsbesetting vir die lopende konjunktuursiklus. Die m etode van die bew egende gem iddeldes oor die geskatte duur van een siklus, sê sewe to t nege jaar, gee hier met behulp van ekstrapolasie die beste resultate. E n as ons mos sorg d at ons geen eensydige fout m aak by hierdie sk at- tings nie, sal die som van die w inste deur oordekking in goeie jare b y be­ nadering gelyk w ees aan die verliese deur onderdekking in slegte jare.

E n die oor- en onderdekkings is w eer deur die parsiële kreditering be­ kend.

V ir die landbou moet ons in plaas van met die bedryfsbesetting rekening hou met die w isselvalligheid van die oeste.[ D it is duidelik d at ons hier vir die kosprys- en w insberekening moet uitgaan van die gem id­ delde opbrengs oor ’n reeks van opeenvolgende jare; ons moet dus in jare van groot oeste’n reserw e opbou vir jare van klein oeste —' ongeag die hoogte van die pryse — die ou politiek van Josef in E gipte, soos die O u T estam ent ons dit beskryf.

Om te sien hoe ons die verliese deur prysdaling van grondstow w e kan opvang gaan ons w eer uit van die stygende tak van die prysbew eging. O n s het alreeds gesien d at ons b y stygende pryse die verkooprekening moet belas vir die vervangingsw aarde; d aard eu r kry ons ’n kreditpos op die prysverskillerekening w at hierdie rekening nagenoeg in ewewig bring. D it beteken d at ons aan die einde van die boekingstydvak die grond­ stow w e nog teen die lae stan d aa rd p ry se in die boeke laat staan, terw yl die inkooppryse en die m arkpryse gestyg het. O n s sal die voorraad dus teen ’n hoër prys as die ou stan d aa rd p ry s in die b alan sstaat opneem m aar reserveer die verskil •— ’n reserw e juis voldoende om ’n ooreenkom stige prysdaling op te vang.

V ir die vaste bates soos m asjiene en geboue moet ons d aa raa n dink, d at ons die jaarlikse afskryw ing by stygende pryse moet bereken op die vervangingsw aarde. By stasionêre bedryw e —- streng geneem geld al hierdie beskouings die noukeurigste vir stasionêre bedryw e, m aar ieder b edryf w at ’n sekere omvang, leeftyd en verskeidenheid bereik het is vir die grootste deel stasionêr ■— by stasionêre bedryw e sal ons iedere jaar die afskyw ingsbedrae opnuut investeer. Die totale boekw aarde van alle bates saam geneem bly dan ook in jare van oplopende pryse dieselfde en as hierdie styging in daling om slaan k ry ons geen enkel verlies, tensy die pryse benede die oorspronklike peil sou daal.

So sien ons d at die m oderne kalkulasie die eenvoudigste en afdoende oplossing gee vir die eliminasie van sky n w in ste w a t juis in die teens- w oordige tydperk van inflasie, w a t oor die hele w éreld heers, so baie gevaarlik kan wees as ons hulle nie betyds onderken nie.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

die vakansie mag drie maande per jaar nie te ho gaan nie, en biervan moet twee derde in die myne deurgebring word. Deur die Eerste Volksraad was <lit saam

• Soos in die VSA en Frankryk het die kerk aanvanklik met onderwys begin in Kenia, en sodoende die inheemse onderwys vir 'n tyd lank geheel en al beheer. Dit het ook

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

HULPFROMOTOR: PROF.. Daar is verder ook In gevoel van erkentlikheid teenoor die baie mense wat meegehelp het dat die werk ondernaem en afgehandel kon word. Om

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling "so hoog rnoontlik" sou wees. Onderwysers

Die Dameskomitee het egter nooit aanbeveel dat die Pietersburgse konsentras iekamp verskuif moes word nie en daar is geen gegewens in die amptel ike dokumente

(a)-Daar hierdie werkwoorde geen hulpw.w.. Die eenvoudige verl. dan verander die verl. maar selde in Afrikaans.. di.~ uitbreiding van die gesegde. Die vol- gende is

keling van die onderwys aangewakker het. Brebner het van die standpunt uitgegaan dat die onderwys In staatsaangeleentheid was. Die skool was, volgens horn,