HOOFSTUK XI.
BESLUIT.
In
die Afrikaanse letterkunde neem Totius 'n besonder plek in. Voortsetter van 'n Dietse tradiesie van Calvinistiese digkuns in Suid-Afri.ka, het hy hier, volgens eie deurskou- ingsvermoe, volgens die geestesgeaardheid van die volk waarin hy wortel, die Afrikaner se veelbewoe geskiedenis digterlik gesien en simbolies vertolk in 'n aantal werke, wat duidelik aantoon hoe die digter 'n bepaalde konsepsie of konsepsies vir 'n lang tyd vashou, en telkens in ooreen- stemming met diepte van lewensbeskouing c•p daardie ont- wikkelingstadium, dit breer en omvattender uitgewerk het.
Die gevolg hiervan is dat sy werk, veral om die besonder styl-aard om 'n bepaalde toon en duidelik kenmerkende verbeeldingslyn, ooreenkoms vertoon
infyn onderdele: die voltooide werke is soos afsonderlike. skilderye, elkeen met eie kleurwarmte, lewensuitdrukking, lewensveralgemening, versigbaring van bepaalde, in hulle kern Calvinistiese idees.
Maar al die doeke saam gee vir ons 'n ruimer beeld van die digter se ontwikkeling, iets wat duidelik wys hoe Totius se konsepsionele strewe uitmond
inbreer terreine, van waar ons mooi kan heenkyk oor die weg waarlangs die volk gekom het.
Die feit dat daar 'n vas-terugkerende ide6-ondergrond in sy werk aanwesig is, met 'n min of meer deurlopende verhaal daaraan vasgekakel, moet ons verklaar uit die feit dat sy lewensbeskouing besonder sterk uitgesproke is en deurdring tot, sigbaar is in elke gebaar, elke tekenende lyn, elke konsepsie van die digter.
Nie alleen as 'n digter met 'n uitgesproke Calvinistiese lewensbeskouing is hy vir ons van groot betekenis nie, nie alleen as verhalende digter nie, maar
Oii\sy besondere aanleg as fynvoelende lirikus.
Toe ons digterlike tradiesie na die oorlog ernstig begin
het, daar verandering gekom het in die natuuraanskouing,
het hy as gevolg van sy diep indringingsvermoe, getoon wat
natuurdeurskouing is, het hy omvorming van die stof ge-
236
bring, deur dit met sy eie sielelig te deurskyn. Ook Jan Celliers
isCalvinis van lewensoortuiging, maar ons merk dit by horn nie so onmiddellik en uitgesproke nie; by Totius is die begin en einde van sy digkuns, vandaar dat die
~tiese
waardes by horn die estetiese so sterk deurgloei.
Ons kan die ontwikkelingsgang van die digter duide- lik volg. Ons ontmoet hom in die
OnsKlyntji-periode, toe hy nog heeltemal vergroei is met die tradiesie van daardie tyd. Baie van die wortels van sy digwerk 10 hier, maar na die oorlog kom die ryping, win sy werk aan innerlike diepte. Uit die overwegende invloed van Gezelle gaan hy in die rigting uit van eie ontwikkeling, en sy By
die Monumentis dan 'n vrug van sy inleiding in die lyding van sy volk. Dit is fyn en teer gesien, maar 'n werk- like openbaring van die ritmiese deining, iets wat later so kenmerkend is van die digter, is hier nog afwesig.
In Verse van Potgieter's Trekneig hy oor na die kragtige siening, maar sy beelding is nie altyd suiwer nie. Tog merk ons hier by die digter al die behoefte aan 'n omvattende konsepsie, wat elke onderdeel moet beinvloed deur 'n bepaalde toon.
Wilgerboombogies
beteken 'n verdieping
indie rigting
van suiwer liriek. Die digter se hele aanskouing het gewin
aan innerlikheid, aan lewensvolheid.
Inhierdie opsig is
daar by horn vooruitgang te hespeur, 'n wyer uitswelling
van die aandoeningstroom. W aar die natuur hier binne sy
aanskouingsveld gebring word, bly die siening deurgaans
anders as by Celliers en Leipoldt. Hier het ons die digter
wat die dinge in die verte sien, wasig omsluier, en sy werk
getuig nie van kragtige taalbeelding nie, maar soos die
brose lieflikheid van lenteblomme is dit deurskynend en
beweeg dit lig in die skemering van die weemoed. Totius
soek in die natuur gedurig die Godsopenbaring, net soos 'n
Gezelle. Die digter het 'n bepaalde houding teenoor God
en natuur, en hierdie eerbiedige aandag het tot gevolg dat
hy en Celliers albei op statige wyse hulle indruk verwoord,
dit laat aandrywe op hulle Godsdiensgevoel, terwyl Leipoldt
regstreeks sy vreugde uitjubel en tot in die kleinste beson-
derheid die lewe om horn sien, instede om soos Totius dit
te verwyd tot vergesigte wat telkens die see van die onein-
digheid daar agter sigbaar maak. Leipoldt se hele aandag
is op die aardse volheid gerig; hy hou van die somer en
safier, van die kleurrykheid van die aarde en by noem dit
soos die vreugdedronke mens wat in hierdie kortstondige
237
lewensuur tog iets wil behou van die skoonheid wat so goli vergrys tot as. Die hiernamaals, die diepliggende kern boei horn nie soos vir Totius nie.
Totius se siening word al wyer. In
Rachel
bereik hy 'n hoogtepunt, en inTrekkerswee
is daar hier en daar agter- uitgang, rnaar die sentrale stroorn bly nog vloei. Sy latere gedigte bring sorns 'n treffende hoogtepunt, en dit laat by ons die hoop lewe dat die stem in horn nog nie geswyg het nie. Wat vir ons baie belangrik is om Totius se hele ont- wikkeling te begryp, is die uitgroeiing van sy ritme-open- baring, sy vorrnbesef. InRachel
kry ons dit baie mooi. By Celliers en Leipoldt het ons selde die deinen- de volsin, dit word maklik verbreek in kleiner rim- pelings, in onderdele wat nie saamgewieg word deur 'n hoofgolf nie. Daar is by Totius, veral inRachel,
'n duidelik bree ritmiese swaai waar te neem in die beste gedeeltes.Die gedagte ontvou horn saam met die ritmiese opgolwing en wanneer die deining versterf, is die gedagte self ook voltooi, sodat die ritme-golf, die wesenlike openbaring van die innerlike, die gedagte opgeneem en die vorm daarvan bepaal het. As ons hierdie ontwikkeling in Totius se inner- like tegniek gesien het, het ons sy intens liriese aanleg begryp, wanneer hy sing:
Net soos 'n boom, met stof bestrooi, in voorjaar as die sappe swel die basse en pluiensweet af te gooi, en soos 'n slang-lyf te vervel, om weer te wys sy gladdigheid en horn met jonkheid weer te tooi - so staan weer Rachel, stofbevryd, en Rachel is weer altyd mooi,
dan voel ons dadelik die bree stroom van sy volsin, die deining. Hierdie deining is gewoonlik van so'n omvangryke aard dat dit die hele voorstelling omvat; die een periode omslinger die antler, sy beelde het gewoonlik 'n groot draagwydte.
By Leipoldt kry ons selde die bree deining.
As hy gevul is met sy onderwerp dan merk ons heel duidelik hoe die musikaal ritmiese beweging die hele kon- sepsie omsluit en dra. Sy siening van die natuur is rustig
238
en dikwels somber, maar alles word oorstraal deur die dieper lig van sy geloof. Gedurig het ons, soos b.v. in Alle Vlees is Gras, die wye perspektiewe waarin die natuur gesien word.
By Totius kry ons dikwels die simboliek wat met parallel- lyne loop. By Leipoldt bet ons die regstreekse uitstorting van die aandoening, wat verras deur skerpheid van beeld en segging, maar waarin die simboliese deurskemering dik- wels afwesig bly.
Totius se voordrag staan verder van die volkstaal af as die van Leipoldt. Miskien daarom dat Verwey vir Totius verwyt het dat sy vers nie die indruk bring van stemklank nie.
By Totius is daar 'n onwrikbare geloof in God; Celliers stel in sy Die Saaier en ander gedigte nog bier en daar huiwerig 'n vraag, maar Leipoldt voel, meer as een van hulle, die dreiging van 'n donker lot: hy is die twyfelaar.
Ons kan byna se dat Leipoldt en Totius verteenwoordigers is van die Humanisme en Calvinisme in Suid-Afrika.
Albert Verwey het in sy studie oor Totius se Rachel probeer aantoon dat Totius 'n romantiese digter is, 'n digter van die verlede, terwyl Leipoldt 'n digter van die toekoms is. As Totius 'n digter van die verlede is, soos Verwey dit bedoel, dan moet die beste wat daar in die Afrikaner skuil, ook tot die verlede gereken word. 1)
Seker is dit dat Totius veel geskrywe bet wat benede peil is; sy vers is dikwels swak en mis rugsteun. Sy werk doen nie altyd geniaal aan nie; miskien merk ons hier en daar by horn 'n gebrek aan ,, Wille zum Leben"; sy poesie is nie ryk-geskakeerd, gepluk uit baie blomtuine nie; sy digtergawe is soos sy persoon beskeie en ken sy grense.
Maar binne daardie grense bet by dan ook werk gelewer, so diep gewortel in die Afrikaanse aarde, so vas aan ons geskiedenis-agtergrond, so simpatiek van aanskouing en voordrag, dat hy vir die Afrikaanse volk 'n edel boodskap gebring het en nog altyd sal bring. 2) Deur die natuur laat by ons skou in die grenselose, by laat ons luister na die diepe stroom van die lewe wat die oppervlakkige nooit merk nie; by bring altyd veralgemening deurdat sy siele- lewe drink aan die bron van die Immer-blywende. Met 'n stem vol profetiese diepklinkendbeid roep h '{ sy volk tot selfinkeer, terugkeer na die oue paaie, eis hy dat hulle die eie tradiesie moet eerbiedig, as bulle harmonies wil ont-