• No results found

its its

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "its its"

Copied!
176
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 7

TOEPASSING VAN GESELEKTEERDE TEORETIESE BEGRIPPE IN 'N ANALISE VAN

DIE KEREL VAN DIE PEREL

••• today, writing is not "teLling" but saying that one is teLLing and assigning aLL the referent ("what one says") to this act of Locution, which is why part of contemporary Literature is no Longer descriptive, but tran= sitive, striving to accompLish so pure a present in its Language that the whoLe of the discourse is identified with the act of its deLivery, the whoLe Logos being brought down - or extended -to a Lexis.

- Roland Barthes

Sy wend aL die komponente van taaL aan om geLoof= waardigheid aan haar verdigseLs te gee.

Die verteller in Die KereL van die PereL

(2)

7.1 Inleiding

In die loop van die twintigste eeu is daar geweldig baie geskryf oor stories, verhale en verhalende tekste, soos wat ek in die voorafgaande hoofstukke aangetoon het. Gevolglik is die omvang van die kontemporere verhaalteorie indrukwekkend. Wanneer ~ mens met ~ verhalende teks in die hand staan, is daar 'n geweldige hoeveelheid voortreflike teoretiese modelle en begrippe wat op die teks "toegepas" kan word.

Myns insiens kom die uniekheid van die goeie artistieke literere teks in die gedrang as ~mens teen wil en dank sekere teoretiese uitgangspunte op die teks afdwing. Daarom wi 1 ek aileen met groot omsigtigheid van •n toepassing van die teorie op 'n teks praat. Ek wil liewer ~ teks noukeurig onder oe neem en kyk watter teoretiese hulpmiddele ek in die skat van die verhaalteorie kan vind wat geskik is om hierdie teks mee te beskryf, te analiseer en te interpreteer. Dit is immers net logies dat •n mens •n keuse moet maak tussen teoretiese benaderinge, en die keuse word bepaal (of minstens aangedui) deur die teks self.

Die teksanalise wat ek van Die kerel van die Perel gaan maak, berus op •n bepaalde siening van die literere teorie, en ek wil sekere uitgangspunte duidelik stel.

(a) Geen teoretiese model kan in sy totaliteit of presies net soos wat dit teoreties uiteengesit is, op •n verhalende teks toegepas word nie. Die rede hiervoor is dat verhalende tekste nie volgens teoretiese resepte geskryf word nie. Die teorie dui "moontlikhede" of "waarskynlikhede" aan, en dit is die taak van die ondersoeker om met oorleg te besluit watter aspekte van ~ teorie nuttig kan wees

in die beskrywing van 'n teks of behulpsaam kan wees in die ontsluiting van •n teks.

(b) Dit is teoreties moontlik om alle teoretiese begrippe of modelle aan bepaalde tekste te illustreer of op bepaalde tekste toe te pas. 'n Mens moet net gaan soek en jy sal waarskynlik •n teks vind vir elke teorie of onderdeel van~ teorie. Vanselfsprekend is alle teorie

(3)

egter nie vir aile tekste van nut nie, omdat die verskeidenheid tekste so groat is. In hierdie studie wil ek andersom te werk gaan - ek gaan in die eerste plek na die teks kyk en daarna teoretiese begrippe soek om die teks te beskryf, te analiseer en te interpreteer.

(c) Ek aanvaar dat geen teks deur ~ bepaalde analise en interpretasie ten voile "uitgeput" kan word nie. Afgesien daarvan dat alle interpretasies beperk is, het die resepsie-estetika dit opnuut beklemtoon dat elke Ieser op •n ander manier •n teks ervaar. Elke volgende Ieser kan teoreties iets nuuts aan •n interpretasie toevoeg. •n Mens is hoogstens in staat om •n adekwate interpretasie te gee. Afgesien daarvan dat •n spesifieke interpretasie nie volledig kan wees nie, is elke analise ook maar net nog •n analise. Dieselfde teks kan op ander maniere, volgens ander modelle en uitgaande van ander ui tgangspunte beskryf word, sod at •n ander beskrywi ng en analise nie noodwendig beter of slegter is nie, maar bloat ver= skillend. Die goeie artistieke teks bied •n ryke verskeidenheid van artistieke eienskappe wat op verskillende maniere belig kan word.

(d) Omdat die literatuur uit literere tekste bestaan, omdat die hele literatuurwetenskap (teorie, kritiek en literatuurgeskiedskrywing)_ sy ontstaan aan die bestaan van literere tekste te danke het en van die literere tekste afhanklik is vir sy voortbestaan, omdat reeds die woord literatuur die bestaan van literere tekste implio; seer, wil ek steeds van die literere teks self uitgaan. Ek w.il graag glo dat die goeie artistieke teks so gestruktureer en aange= -bied word dat dit aan die noukeurige Ieser aanduidings sal gee v.an hoe daar na die teks gekyk moet word. Hiermee bedoel ek nie dat ~ bepaalde teks self ~ bepaalde teoretiese benadering in sy _ge= heel sal aandui as die geskikte benadering nie. Wat ek wei be= doe!, is die volgende: die artistieke teks vertoon onteenseglik sekere artistieke eienskappe en die ondersoeker moet instrumente soek wat daardie besondere artistieke eienskappe in die bepaalde .. , .... artistieke konteks die beste kan beskryf en ontsluit.

(4)

Ek gaan Die kerel van die Perel primer as verhalende teks ontleed - dit is die logiese uitvloeisel van die teoretiese voorstudie. Ek sal met •n beskrywing begin, algaande interpreteer en uiteindelik sekerlik oak evalueer. •n Mens se waardering a! dan nie vir .'n teks spreek immers uit .die konnotasie van die eerste byvoeglike naamwoord wat jy gebruik. Ek maak geen absolute evaluering nie, maar gaan waarderend te werk deur die aandag te vestig op dit wat ek voortreflik vind in die teks.

Uit bostaande volg vanselfsprekend dat ek eklekties te werk gaan ten op= sigte van die verskillende teoriee en dat ek begrippe uit verskillende teoretiese raamwerke gebruik in dieselfde analise indien sulke begrippe bepaalde fasette van die teks die beste beskryf. Hierdie analise is enersyds •n voorbeeld van •n moontlike of adekwate analise van Die kerel van die Perel, maar andersyds is dit'ook •n 'voorbeeld van hoe •n verhalende teks moontlik geanaliseer kan word.

7 .1.2 Werkwyse

Ek gaan Mieke Bal se onderskeiding tussen geskiedenis, verhaal en teks as uitgangspunt gebruik, maar ek gaan telkens die terme opnuut beskryf en oak ander terme invoer indien ek dit nodig vind. Ek sal elke keer verduidelik waarom ek dink dat sekere tekseienskappe op •n bepaalde vlak bespreek moet word. AI aanvaar ek Bal (1980) se basiese onderskeiding tussen die drie vlakke waarop die teks ontleed kan word, gaan ek binne hierdie raamwerk oak ander terme uit ander teoriee qebruil( soos l"lat ek suike terme handig vind of nodig vind. Ek verander oak aan Bal se raamwerk. Ek vind die terme geskiedenis, verhaal en teks soos Bal (1980:13) hulle definieer te strak om •n uitvoerige analise uit te voer binne die beperkinge van hierdie definisies. Sy maak verder geen onder= skeid tussen die mate van abstraksie wat die rekonstruksie van byvoor= beeld die aktansiele ~ode! in vergelyking met die blote geskiedenis meeb"ring nie en dit vind ek •n leemte in haar teorie. Deur geskiedenis, verhaal en teks telkens as •n duidelik omlynde en wetenskaplik omskryfbare "objek" te beskou, word •n teksbeskrywing en analise binne •n rigide raam= werk

van

definisies geplaas, wat uiteraard sekere beperkinge meebring.

(5)

Ek gaan nie al die teoretiese begrippe wat ek gebruik weer uitvoerig ver= duidelik nie, vera! nie di~ wat in die voorafgaande hoofstukke deeglik bespreek is en op dieselfde manier gebruik word nie. In sulke gevalle sal ek bloot na die tersaaklike paragrawe in die voorafgaande hoofstukke verwys. Ter wille van duidelikheid gee ek hier wei enkele definisies van kernbegrippe wat ek in my teksbeskrywing en analise gebruik. Hier= die stel begrippe vorm die raamwerk waarop die analise berus.

*

*

*

*

•n Teks is •n 1 i nelke reeks konkrete taa 1 tekens, wat as reeks •n begin en •n einde het en wat •n bepaalde ordening van tekens vertoon. 'n Storie is die weergawe van 'n reeks gebeurtenisse wat chronologies,

logies eh met inbegrip van kousaliteit georden is.

'n Verhaal is die doelbewus artistieke weergawe van 'n bepaalde storie, s6 dat die aanbiedingswyse s~lf ook betekenisvol is.

'n Verhalende teks is 'n teks waarin daar 'n storie of 'n verhaal vertel word.

*

Elemente is die basiese semantiese eenhede waaruit 'n teks bestaan (soos Tomasevskij se motiew~). In 'n verhalende teks kan elemente onder andere beskrywend of verhalend van aard wees, maar hierdie elemente is die "inhoud'; die nie-artistieke materiaal waaruit die storie, die verhaal en die teks bestaan. l) Die elemente is die wat van die teks - wat gebeur en wie doen dit, wanneer en waar?

*

*

Die narratiewe elemente is die gebeurtenisse, akteurs, plek en tyd, en is dus ongeskakeerde nie-artistieke semantiese bestanddele van die teks wat in bepaalde verhoudinge tot mekaar staan.

Die Ieser ervaar oie teks as 'n reeks tekens wat na verskillende stelle betekendes verwys, maar die Ieser ervaar die verhalende teks ook as 'n stel tekens wat op drie vlakke funksioneer. Hierdie er= varing van die teks op drie vlakke geskied nie as drie afsonderlike prosesse nie en geskied ook nie agtereenvolgenct nie. Die ervaring

(6)

van die teks is 'n kontinue en gekompliseerde belewenis, wat egter doelbewus geanaliseer kan word, omdat dit verskillende waarnemings= prosesse en verskillende vorme van begrip inkorporeer. Om die leserservaring so te ondersoek, is myns insiens heeltemal gereg= verdig, omdat ~mens op diA manier van sowel die leeservaring as van die verhalende teks veel te wete kan kom.

*

Die vlakke van bestaan van 'n teks ontstaan dus deurdat bepaalde elemente in 'n teks in bepaalde verhoudinge tot mekaar staan en so ondersoek kan word. Die proses wat outomaties in die verbeelding of verstand van die leser plaasvind, word so doelbewus nagegaan.

*

Die eenvoudigste vlak waarop die teks funksioneer, is die vlak waar=

*

*

op die narratiewe elemente in verskillende verhoudinge tot mekaar ondersoek kan word. Ek noem hierdie vlak die vlak van die geskiedenis. Dit gaan op hierdie vlak om die geskiedenis, waar die geskiedenis bestaan uit die reeks narratiewe elemente. Op hierdie vlak word slegs ·met die materiaal gewerk en nie met die artistieke aard of aanbieding van die teks as sodanig nie.

Die narratiewe elemente staan egter in verskillende verhoudinge tot mekaar en daar kan verskillende abstraksies gemaak word om telkens 'n ander ·stel verhoudinge tussen die narratiewe elemente te onder= soek. Al die verskillende bewerkinge met die narratiewe elemente le op die vlak van die geskiedenis.

Die reeks narratiewe elemente, georden volgens die beginsels van chronologie, logika en kousaliteit, noem ek, in aansluiting by die algemene definisie soos gegee in die inleidingshoofstuk en aan die begin van hierdie paragraaf, die storie. Wanneer die reeks nar= ratiewe elemente uit die teks geabstraheer word, die gebeurtenisse chronologies gerangskik word, en die logiese en kousale verband tussen die gebeurtenisse (soos in die teks gegee) in ag geneem word, die gebeurtenisse en akteurs gesien word soos wat hulle in 'n bepaalde fiktiewe periode van tyd en op 'n bepaalde fikUewe plek voorkom, dan is die storie uit die teks geabstraheer. Dit is

(7)

belangrik dat volgens hierdie definisie die storie slegs uit konkrete elemente wat in die teks voorkom, bestaan.

*

Deur •n verdere abstraksie ontstaan die uitgebreide storie, waarin die basiese raam van die storie aangevul-word en ingevul word met bykomende kennis uit die teks en kennis van dinge in die werklik= heid. Die uitgebreide storie stel •n rekonstruksie voor wat die leser outomaties maak en·waarin die leser die gebeurtenisse en akteurs in •n deurlopende Pn kontinue "lewe" sien.

*

*

*

*

Die teleologiese verhoudinge tussen akteurs en gebeurtenisse le op •n derde trap van abstraksie, naamlik die trap van die aktansi~le verhoudinge.

Die ondersoek van die handelingsreekse as logiese strukture (in vergelyking met logiese moontlikhede soos in die werklikheid) le op ~ vierde trap van abstraksie.

Hierdie vier abstraksies 1~ almal op die vlak van die geskiedenis. Die geskiedenis is dus die oorkoepelende term wat die storie, die uitgebreide storie, die aktansiele verhoudinge en die logiese handelingsmoontlikhede insluit. Die implikasie is dat alle ver= houdinge tussen die narratiewe elemente op die vlak van die ge= skiedenis realiseer en ondersoek kan word. Op hierdie vlak vorm die verskillende reekse gebeurtenisse wat telkens om •n bepaalde akteur sentreer, -~ storielyn.

Uie verhaal is die bepaalde artistieke weergawe van die bepaalde geskiedenis (want alle narratiewe verhoudinge is relevant in die verhaal!) in~ bepaalde teks. In die verhaal bestaan die narra= .~ tiewe elemente en ander elemente in getransformeerde vorm as deel- · van die totale artistieke voorkoms en sin van die verhaal. Wanneer die vlak van die verhaal ontleed word, gaan dit nie net om wat

vertel word nie, maar juis en veral om hoe die vertelde aangebied word. Vertelde inhoud en aanbiedingswyse staan op die vlak van die verhaal saam in die fokus van die ondersoek. Dit wat aange=

(8)

bied word en die wyse van aanbieding vorm •n nuwe artistieke eenheid wat •n bepaalde teks uniek maak. Waar chronologie die basiese ·temporele verhouding op die vlak van die geskiedenis is, word aller=

lei temporele verhoudinge in die aanbiedingswyse tot stand gebring. Die blbte plek van die geskiedenis word •n artistiek betekenisvolle ruimte op die vlak van die verhaal, akteurs word karakters, en die chronologiese storielyne word gesien as verhaallyne wat struktureel en inhoudel ik •n groot verskeidenheid van tekselemente betekenisvol saamsnoer.

*

Die uiteindelike artistieke eenheid wat in die konkrete reeks teks= tekens bestaan en wat sowel die narratiewe inhoud, die artistieke vormgewing en die linguistiese aard van die vertelakt insluit, reali= seer op die vlak van die tekstekstuur.

*

Onder meerduidigheid verstaan ek die eienskap van •n teks of dele van •n teks om na meer as een stel betekendes in die fiktiewe werk=

*

likheid te verwys. Ek praat van die verskillende betekenislae. Teksgedeeltes of teks as geheel is metanarratief van aard as die onderwerp van die teks die verhaal van dieselfde teks is. Die teks of gedeeltes van die teks is metatekstueel van aard as die tekstekens na die teks self as objek verwys.

Hierdie reeks begrippe vorm·die raamwerk van my analise van Die kerer van die PereL. Ander begrippe en terme sal in die loop van die analise ver= duidelik word. Fynere detail in verband met bogenoemde stel terme, word oak in die analise self ingevoeg.

Die verskillende fasette van die teks waaraan ek in hierdie analise gaan aandag gee, kan diagrammaties voorgestel word.

(9)

I

Metatekstuele en metanarratiewe aspekte

Vlak van tekste~stuur

Meerduidigheid

~'

IL---~

Vlak van verhaal

~,.__,.---o:,---,:-_..,_

.

TEKS

r

+

Betekenislae f f

Vlak van geskiedenis

i

Eerste trap van abstraksie: storie

i

Tweede trap van abstraksie: uitgebreide storie

~

Derde trap van abstraksie: aktansiele model

~

Vierde trap van abstraksie: logiese moontlikhede

van handelingsreekse

Hierdie diagram wil nie die manier van bestaan of die funksies en verhou=

dinge van die teks volledig weergee nie: dit is bloot 'n grafiese voor=

stelling van di~ fasette van die teks waaraan in hierdie analise aandag gegee word.

Vir die analise van Die kerel van die Perel van Henriette Grov~ gebruik

ek die 1983-uitgawe van die verhaal in die bundel met dieselfde titel.

Die syfers tussen hakies in die teks van die analise verwys na die

bladsye van hierdie boek.

Wanneer 'n mens 'n goeie 1 i terere teks ondersoek, moet jy die teks toelaat

om met jou te praat. Die teks is en bly primer. Die teorie is en bly

'n instrument in die hande van die ondersoeker, wat uiteindelik maar net '

(10)

7.2 Geskiedenis, verhaal en teks

In hierdie studie, waarin gepoog is om al die belangrikste twintigste-eeuse verhaalteorie bymakaar te bring, het dit algaande duidelik geword dat verhalende tekste op verskillende vlakke ondersoek kan word. Aan die aanvanklike tweedeling in story en pLot, 2 ) fabuLa en sju~et3) en histoire en discours 4) is 'n 9erde kategorie van teksontleding en teks= beskrywing toegevoeg deur latere teoretici. Genette praat van histoire, recit en narration,5) Rimmon-Kenan van story, text en narration en Bal van geschiedenis, verhaaL en tekst. 6)

In hierdie analise werk ek met drie vlakke soos in die vorige paragrawe ge= definieer.

Die teks is 'n reeks konkrete taaltekens op papier, wat na verskillende stelle betekendes in 'n fiktiewe wereld verwys (indien die teks meerduidig is), maar wat ook na sigself as 'n linguistiese verskynsel met bepaalde linguistiese eienskappe verwys (vgl. Ruthrof, 1981 :5-6). Sowel verhaal as geskiedenis is vir hierdie analise abstraksies wat 'n versameling van spesifieke elemente uit ~ teks in ~ be~aalde volgorde en in bepaalde ver= houdinge impliseer.

Ek gaan die teks beskryf en ontleed soos wat dit op die verskillende vlakke bestaan en funksioneer, naamlik op die vlak van die geskiedenis, die vlak van die verhaal en die vlak van die tekstekstuur. Op elke vlak gaan die seleksie en ordening en aile relevante verhoudinge tussen tekselemente ondersoek word, uitgaande van die veronderstelling dat 'n versameling bepaalde elemente uit die teks op ~ bepaalde vlak in bepaalde verhoudinge tot mekaar staan en ondersoek kan word. Elke element en elke verhouding is uiteindelik weer dee! van die teks en die totale artistieke "betekenis" van die teks.·

In sommige strukturalistiese teoriee kry 'n mens die idee dat die teoretici by die kleinste onderdeel of by die dieptestruktuur begin en na die teks as artistieke taalhandeling opwerk. Vera! by Dolezel (1972) en Van Dijk ( 1976a) kry 'n mens die indruk dat '11 teks van onder af opgebou word en ook

(11)

so ontleed kan word. Ek wil liewer by die teks self begin en dan abstra= heer. Op di~ manier sal ~mens ook by a! die elemente en die dieptestruk= tuur uitkom, maar die uitgangspunt in hierdie analise is en bly die teks en die teks is ook die kontrole vir elke analitiese handeling wat op die teks uitgevoer word. 7

l

Ek verkies om die teksanalise te koppel aan die verhoudinge tussen teks= elemente op die verskillende vlakke omdat so 'n manier van doen myns in= siens meer ruimte laat vir die variasies wat die teks mag vertoon. Aan= gesien "moderne" of kontemporike tekste juis so baie "variasie" vertoon, is hierdie werkwyse verkieslik bo ~ analise gekoppel aan ~ stel vaste definisies.

Ek wil dit vooraf baie duidelik stel dat die verskillende vlakke waarop die verhalende teks ondersoek en beskryf gaan word, slegs teoreties van mekaar geskei kan word. In The French Lieutenant's Woman van John Fowles byvoorbeeld vloei die vlakke van die verhaal en die tekstekstuur deur= mekaar, aangesien die verteller (skrywer?) homself as 'n karakter in die verhaal inskryf en deur die voorkoms en optrede van di~ "karakter" 'n sleutel gee waarvolgens die vertelling daar beoordeel en verstaan moet word. 8 )

Wanneer 'n mens 'n teks ana 1 i seer of ui tmekaar pro beer haal, word d it gou duidelik dat die essensie van 'n goeie teks juis in die unieke en onskei= bare samestelling van al die teksonderdele en die artistieke hantering of aanbieding daarv?n gesetel is. Enige verantwoorde ondersoek sal by die teks as die enigste werklik konkrete beskikbare gegewe rnoet begin. Aile abstraherings, uitbreidings, navorsing oor verwysingsraamwerke, resepsie-ondersoeke, ens. kan meewerk om die teks te ontsluit of om die voile trefwydte van die teks aan te toon, maar aile beskrywirigs,ondersoeke, interpretasies en evaluerings van •n bepaalde teks.moet as't ware deur die konkrete teks "gedirigeer" word en kan slegs sinvol wees as dlt na die ; teks teruglei. Wanneer onderdele,. elemente, fasette, aspekte of wat ook al van •n teks ondersoek word, sal alles voortdurend in verhouding tot die teks as ~ eenheid geplaas moet word.

(12)

Ter wille van die praktyk word die teks op verskillende vlakke- beskou en op elke vlak word aan verskillende sake aandag gegee, maar die analise word juis gedoen om die komplekse sintese van die teks te kan verstaan en na waarde te ag. In die teksbeskrywing en analise wat hier volg, word die vlakke waarop die teks ondersoek word hoegenaamd nie as afge= slate kompartemente of ·rigide onderafdelings beskou nie. Op elke vlak word die binnetekstuele verhoudinge van sekere tekselemente ondersoek, maar oak die verhoudinge tussen die verskillende vlakke is van groat belang, omdat die verhoudinge tussen vlakke 'n belangrike rol speel in die uiteindelike binding en eenheid van die komplete artistieke teks.

7.3 Die vlak van die geskiedenis9)

Die vlak van die geskiedenis is •n abstraksie wat bestaan uit die narra= tiewe elemente wat in die teks voorkom. Op hierdie vlak word die nar= ratiewe elemente anders georden as in die teks en gevolglik word sekere verhoudinge tussen die elemente duideliker waarneembaar: Dit is myns insiens verantwoordbaar om hierdie abstraksie te maak, omdat verhoudinge wat essensieel is om die teks te begryp na vore tree in die eenvoudiger abstrakte konstruksie.

Die elemente 10 ) wat op die vlak van die geskiedenis met mekaar in ver= houdinge tree is gebeurtenisse, akteurs (handelende agente), tyd en plek. Na aanleiding van die soort verhoudinge tussen hierdie tekselemente kan •n mens vier trappe van abstraksie op die vlak van die geskiedenis onder= skei.

(a) Die narratiewe elemente (gebeurtenisse, akteurs, tyd enplek) kan chronologies en logies georden word en in hulle kousale verband met mekaar geplaas word. Hierdie rekonstruksie van die betrokke tekselemente_ vorm die storie, •n lineer opeenvolgende reeks van gebeurtenisse wat deur akteurs ondergaan word, _of handelinge wat deur hulle verrig word, op •n bepaalde plek en tyd in die fiktiewe wereld van die teks. Die rekonstruksie van die storie is iets wat outomaties deur 'n leser 11 ) val trek word, omdat die mens die fiktiewe wereld met die werklikheid in verband moet bring om dit

(13)

te verstaan: in die werklikheid is menslike ervaring en begrip daarvan onlosmaaklik aan logika en chronologie gekoppel en kan die mens aan tyd en ruimte nie ontkom nie.

•n Deurlopende storie, al is dit die mees basiese, die laagste, die primitiefste faset van •n verhalende teks, is juis daardie faset waaraan die verhaal onthou word en in hoofsaak verstaan word. Hierdie feit word deur uiteenlopende teoretiese bena= deringe aanvaar en is~ voor die hand liggende en praktiese wegspringplek vir die beskrywing en ontleding van •n verhalende teks. Forster (1978:43) praat van die onontkombare band met the interminable tapevorm, Barthes (1977:91 e.v.) beskou dit as •n noodsaaklike stap in •n verhaalanalise om die verhaal te redu= seer tot •n reeks kerngebeurtenisse, en die storiegrammatikas (6.2.2) het hul bestaan en funksie daaraan te danke dat mense dikwels in terme van stories dink, redeneer en veral onthou. Wanneer •n teks verski llende "handel ingslyne" of "gebeurereekse" bevat, 12 ) sal op die geskiedenisvlak elke lyn logies en chrono= logies georden word. Die verbinding van sulke storielyne is op die vlak van die geskiedenis nag nie belangrik nie - daar word slegs kennis geneem van die teenwoordigheid van die verskillende storielyne in die teks en elkeen word op sigself beskou.

Die storie (die prim~re geskiedenis volgens Bal se terminologie) bestaan slegs uit elemente wat in die teks voorkom, 13) maar wel in •n ander volgorde. Hierdie reeks elemente toon reeds ~ mate van seleksie (ten opsigte van die fiktiewe werklikheid), omdat sekere feite slegs veronderstel word en omdat die storie tyd= spronge kan vertoon.

(b) Die uitgebreide storie (Bal se sekond~re geskiedenis) is •n volgende trap van abstraksie. Die chronologiese en logiese reeks gebeur= tenisse wat in die teks voorkom, word (oak outomaties in die ver~ beelding van die Ieser) aangevul met logiese kennis van die werklik= heid en deur die uitbreiding van suggestie in die teks. In ~ teks

(14)

word 'n reis byvoorbeeld nie beskryf nie, maar die leser·weet die karakter kan nie onmoontlike spronge in tyd en plek (van die fiktiewe wereld) maak nie, en hy sal die veronderstelde reis as 'n geimpliseerde maar minder belangrike dee! van die verhaal by= dink en begryp. Verwysings na plek wat hier en daar in 'n teks voorkom, vorm later saam 'n deurlopende indruk van die "omgewing" waarin die akteurs beweeg.. In die verbeelding van die leser beweeg die akteurs voortdurend in 'n bepaalde ruimtelike omgewing. Waar die primere geskiedenis die vaste pool is wat die artistieke ordening van die gegewens op verhaalvlak aantoon, is hierdie uitgebreide storie die wyer spektrum van gegewens waaruit sekere elemente gekies word vir die storie. Die uitgebreide storie speel 'n belangrike rol om die wyse van seleksie aan te toon. Hier werk 'n mens slegs met die seleksie van narratiewe elemente en nie met volgorde van die elemente in die teks nie. Daar word slegs gekyk na watter elemente uit die logiese geheel gekies is en wat weggelaat is of veronderstel word. . Die aard van die gekose elemente is dikwels reeds 'n belangrike sleutel tot die ontsluiting van die teks. 14 )

(c) Die akteurs in die storie staan altyd in 'n verhouding tot iets wat hulle (elkeen aileen of in groepe) nastreef. Die teleologiese verhoudinge waarin die akteurs staan, stel ~ mens in staat om ~ aktansiele model vir 'n bepaalde teks te konstrueer. Ek wil nie Greimas se model op die teks afdwing en juis ses aktante vir die teks as geheel soek nie. Ek wil kyk hoe die akteurs teenoor dit

··;;

.. wat hulle doen staan in elke stadium van die handelingsverloop, want ek glo dat 'n goeie teks sy eie model bou.

Dole;(e! ( 1972) wil 'n aktansiele model as 'n oop stelsel met onbe= · perkte moontlikhede sien. 15 ) Ek stem saam dat die drie pare opposisies van Greimas enersyds soms te eng kan wees, en ander= syds kan dit gebeur dat nie a! ses aktante in ~ teks voorkom nie. Bal (1980:45) noem ander moontlikhede wat as basis vir 'n klassifi= kasie van akteurs kan dien. Psigologiese of ideologiese verhoudinge

(15)

kan as uitgangspunt geneem word, of selfs teenstellings wat met uiterlike voorkoms of bepaalde eienskappe te make het. Omdat menslike strewe altyd insiggewend is ten opsigte van karakters, gaan ek hier wei met die teleologiese verhoudinge tussen karak= ters en handeling werk. •n Mens sou in •n analise van Die kereL van die PereL die akteurs ten opsigte van hulle verhoudinge tot waarheid en leuen kan klassifiseer, maar omdat die polarisasie tussen waar en onwaar eers breedvoerig op die vlak van die ver= haal realiseer, wonder ek of so •n aktansii~le model nie op die vlak van die verhaal sou hoort nie! 16 )

Akteurs hoef nie noodwendig dwarsdeur •n verhaal net na een objek te streef nie. Die strewe kan verander, en die verhoudinge tussen die akteurs gevolglik ook. Die aktansiele model of dieptestruktuur of makrostruktuur van •n verhalende teks kan uit die storie afgelei word, maar oak uit die teks self. Dit sal waarskynlik net makliker wees om die doelmatige strewes van die akteurs uit die reglynige reeks storiegebeurtenisse te abstra= heer as uit die komplekse en digte verhaalteks. Dit is egter duidelik 'n verdere trap van abstraksie om hierdie globale ver= houdinge van die akteurs in ~ verhalende teks as ~ stelsel van verhoudinge te konstrueer.

(d) Die handelingspatrone van die akteurs kan ondersoek word na aan= Ieiding van 'n algemene model van logiese handelingsmoontlikhede soos wat Bremond gedoen het. 17 ) Omdat hier gepoog word om die handeling van die akteurs met 'n oorkoepelende algemene model in die werklikheid in verband te bring, of dit minstens daarmee te. vergelyk, het 'n mens hier met 'n nag grater mate van abstraksie ten opsigte van die teks te make. Hierdie ondersoek van die ge= beurtenisse en handelinge in •n teks le op die vierde trap van abstraksie.

'n Mens moet hier byvoeg dat •n teks ondersoek kan word in verhoudi'ng tot verskillende oorkoepelende stelsels. Die semiotiek beskou 'n taalteks as een bepaalde stelsel van tekens. 18) 'n Teks kan ook

(16)

as •n bepaalde stel handelinge in verhouding tot algemene logiese handelingspatrone ondersoek word soos wat Bremond (1977) gedoen het en ek ook hier wil doen.

Die hele ondersoek van 'n teks op die vlak van die geskiedenis is myns in= siens 'n noodsaaklike voorstudie om die artistieke verhaal en die komplekse tekstekstuur na behore te kan ontleed en waardeer. Die rekonstruksies wat gemaak word, is veronderstelde rekonstruksies wat in die verbeelding van die leser tot stand kom. Hierdie leser is die implisiete leser van Iser (1974), dit wil se, •n veronderstelde persoon met sekere psigiese en intellektuele eienskappe en vermoens wat waarskynlik die teks gaan lees. 19l 7 .3.1 Die storie van Die kereL van die PereL

•n Ondersoek van die narratiewe elemente in Die kereL van die PereL, dit wil se ~ abstrahering van gebeurtenisse, akteurs, tyd en plek uit die teks, toon baie gou dat verskillende storielyne vervleg word en afwis= selend vertel word. Die belangrikste storie is die storie van Elwiena want haar storie word die uitvoerigste vertel.

Brink se storie en G.T. Jordaan se storie.

Daar is oak Stefaans

Elwiena se storie kan gerekonstrueer word deur alles wat sy ervaar en doen (wat in die teks vertel word) chronologies te arden in •n logiese en kousaal verantwoordbare volgorde. Ek gaan nie die hele rekonstruksie hier weergee nie, want dit sal te veel plek in beslag neem. Ek wil slegs ~ aanduiding gee van hoe so ~ storie daar sal uitsien.

Teoreties word so •n rekonstruks ie volledig ui tgevoer. Dit is die logiese wegspringplek vir •n analise, omdat dit die normale ordenende denkpatrone van die leser weerspieel en omdat •n ordening ooreenkomstig die werklikheid verstaanbaarheid voorafgaan. 20l

Elwiena se storie begin by die kind wat op die Moosvlakte grootword . . Haar rna is baie streng oar die vertel van leuens en as Elwiena jok, word

haar mond met karbolseep uitgewas. Wanneer Elwiena nege jaar oud is, kom G.T. Jordaan as kunsmisagent in hulle omgewing woon en we.rk. Sy

(17)

luister in vervoering na sy wonderlike verhale oar sy herkoms, sy ge= boortehuis, die Perel en die wonderlike wereld waar hy vandaan kom. So kan •n mens voortgaan en gebeurtenisse in Elwiena se kinderjare chronologies arden- die ontmoeting met G.T., die besoek aan G.T. om na die nuwe radio te kyk, haar rit per fiets om weer na die wonderlike ap= paraat te gaan kyk en luister, haar voorliefde om G.T. se geboortehuis te bou met enige ding tot haar beskikking, die insident toe die "huis" in die sandwal op haar ingesak het. In haar hoerskooljare besoek sy en Jessie G.T. op die naburige dorp waarheen hy getrek het. As haar koshuiskamermaats een aand oar hom skinder, hou sy val dat hy nie lieg nie en hou haar vinger bo die kersvlam om te bewys dat sy die waarheid praat.

Haar siekte as gevolg van komplikasies van die gebrande vinger, volg. Hierdie ervaring maak haar finaal afkerig van leuens.

•n Mens kan die storie verder volg: sy trou met Sasson, sy het na baie probleme •n seuntjie, die kind is sieklik en sukkelend en dit is •n stryd om hom groat en gesond te kry. Wanneer Brink die kind behandel, vloei Elwiena en Brink se stories saam. Hulle kry mekaar lief, •n verhouding ontwikkel en sy raak swanger. Haar man skei van haar op grand van eg= breuk en sy word wetlik verhinder om haar sterwende kind te sien. Die kind sterf, Brink word van die Mediese Rol geskrap, sy verloor die baba op ses maande swangerskap en Brink pleeg selfmoord.

Daarna loop sy Jessie raak en hoar G.T. is ernstig siek in die hospitaal. Sy besoek hom. Sy wou hom met sy leuens konfronteer, maar hy is ster= wend en sy troos hom met sy eie leuens.

Op dieselfde manier kan •n mens Brink se storie rekonstrueer, vanaf sy tweede jaar op universiteit tot by sy dood. Sy sterk roeping om lewe te bewaar, te beskerm en te bevorder, is die sterkste motivering in sy lewe. Hy is •n baie bekwame en toegewyde mediese dokter. Hy raak ver= lief op •n pasient en gaan •n verhouding met haar aan. Hy word geskors weens hierdie misstap, werk vier jaar as klerk maar word weer toegelaat

(18)

tot die mediese beroep. Hy praktiseer op •n dorp op die Moosvlakte. Elwiena bring haar kind na hom vir behandeling. Van hier af val sy storie saam met di~ van Elwiena, want die belangrikste gebeurtenisse in hulle lewens in hierdie tydperk (die wat in die teks beskryf word), is die dinge wat hulle saam beleef.

•n Maand na sy tweede en finale skorsing, pleeg hy selfmoord.

G.T. Jordaan se storie sal so begin: hy word gebore op die Moosvlakte, maar "gatkant" voor. Hy hou nie van die wereld soos wat hy dit sien nie en ontvlug die swaarkry en armoede en onherbergsaamheid van sy om= gewing deur •n pragtige verbeeldingswereld vir homself te skep. Hy doen dit reeds as kind, en as hy grootword, word dit net erger. Hy lieg die skewe wereld reg. Hy is egter in der waarheid •n groat bedrieer. Hy kul sy vrou, sy besittings word teruggeneem weens onbetaalde skuld, sy huwelik is ~ mislukking, sy kind is vertraag. Desnieteenstaande vertel hy die leuens oor sy wonderlike herkoms (die groat rietdakhuis in die Perel), sy goeie huwelik, sy begaafde kind, sy ander dogter Kathleen wat so goed getroud is, tot op sy sterfbed. Wanneer Elwiena hom besoek, is hy egter reeds so ver heen dat hy nie meer kan praat of leuens vertel nie.

Hierdie opsommings van Elwiena, Brink en G.T. se stories bevat vanself= sprekend nie a! die narratiewe elemente wat in die teks voorkom nie, maar ek wou net illustreer hoe so •n rekonstruksie gemaak kan word. Ek glo in elk geval dat ~ soortgelyke proses outomaties in die verbeelding van ~ Ieser voltrek word. Ek gebruik hier we! die name van die karakters in die teks a! het ek in die teoretiese verduideliking gese dat akteurs op die vlak van die geskiedenis optree (waar akteurs gedefinieer is bloat as instansies wat handelinge verrig of ondergaan). In die eerste plek kan ek aan geen ander praktiese of verstaanbare manier dink om die handelende agente mee aan te dui nie. Die gebruik van simbole vind ek kunsmatig en onnodig ingewikkeld en die name toon aan dat die band met die teks steeds voorop gestel word. In die tweede plek word die akteurs, al word hulle op name genoem, hier slegs gesien as persone of agente wat dinge doen of dinge oorkom. Op hierdie vlak van ondersoek.is die fyn spel van moti=

(19)

veringe en die komplekse ervaringe van die karakters soos in die teks beskryf, nie ter sake nie.

As •n mens die versameling belangrike gebeurtenisse en die betrokke akteurs van nader beskou, kan 'n mens s~kere belangrike afleidings maak. Die afleidings wat uit die storiegegewens gemaak kan word, is geldig, maar tog ontoereikend. Die voor die hand liggende wat uit die storie blyk, vorm •n betekenislaag, maar op die vlak van die verhaal kan verdere be= tekenislae uit dieselfde gegewens afgelei word. Die storie is wel be= langrik, maar vir 'n gekompliseerde teks kan 'n kompetente analise nooit in die storie bly steek nie.

Ten spyte van die titel van die teks is dit duidelik dat Elwiena en nie die k~rel van die P~rel nie, die sentrale figuur in die storie is. Die meeste gebeurtenisse sentreer random haar. Dit is ook haar "lewens= geskiedenis" wat die uitvoerigste vertel word. Van Brink weet ~mens net die essensiele feite vanaf sy tweedejaarop universiteit. Sy eerste misstap is van belang omdat dit die tweede misstap in die oe van die Mediese Raad onvergeeflik maak. Van G.T. weet ~mens van sy geboorte, sy leuens en sy miserabele lewe. Dit word duidelik dat G.T. se voorge= skiedenis (sy geboorte) op sigself staan, maar net soos Brink, word hy namate die storielyne verder loop, net van belang in die mate wat sy lewe met Elwiena s'n in aanraking kom. In al die mees dramatiese gebeurtenisse staan Elwina sentraal - die sandhuis wat instort, die beswer~ng van die waarheid in •n kersvlam, die kind wat stadig sterf, die intense ervaring van liefde. Brink se selfmoord staan hier apart, maar juis die feit dat dit apart staan, is betekenisvol - in die daad van selfvernietiging staan Brink (en enige ander mens) essensieel en noodwendig alleen. Belangrike gebeurtenisse in Elwiena se lewe word vertel. Haar kinderlewe word getipeer deur die reaksie op G.T. se verbeeldingryke verhale, deur haar voortdurende bou van G.T. se huis as 'n spel, deur haar sensitiwiteit oor leuens, deur haar skrik as die sandhuis op haar inval. Haar adoles= sente jare word gekenmerk deur die ontnugtering van grootword. Sy .kom·· agter dat G.T. lieg en as sy die leuens ontken, verbrand sy haar vinger. Hierdie daad en die daaropvolgende siekte, maak haar afkerig van drome en

(20)

fantasiee en vera! leuens. As jong volwassene hou sy aan sekerhede en feite vas en trou met die saaklike en korrekte Basson. Die huwelik is nie gelukkig nie, ook nie ongelukkig nie, dit is bloot •n feit. Sy is intens lief vir haar kind wat sy na 'vele smarte in die wereld bring. Sy leer ken die liefde tussen man en vrou eers op agt en dertig as sy Brink liefkry. Basson skei van haar. Sy verloor Brink en haar twee kinders. Haar volwasse !ewe word dus gevul deur die vreugde en smart van vrouwees, •n smagting na moederskap, '11 verbode liefde, •n kind wat kwyn en sterf, verantwoording vir onverantwoordelike optrede, •n te vroeg= gebore kind wat sterf, die verlies van die geliefde.

•n Mens kan daarom se dat die seleksie van gebeurtenisse primer bepaal is deur die sentrale akteur. Haar verhouding met die ander akteurs open= baar egter •n sekere ooreenkoms tussen die bepa lende gebeurten i sse. In a! die rigtinggewende gebeurtenisse in haar !ewe soos wat hierdie teks daarvan vertel, kom werklikheid en leuen, waarheid en verbeelding teen= oor mekaar te staan. As sy G. T. se huis in die sandwal wil uitgra~1e (die droom wil waar maak in '11 spel), val dit op haar in. As sy die waarheid wil besweer, brand die kersvlam haar vinger tot 'n permanente letsel. As sy met Basson trou, veins sy onderdanigheid en eggenootlike liefde. As haar kind kwyn, weier sy om die agteruitgang te aanvaar. So word dit reeds op hierdie vlak duidelik dat die belangrikste gebeur= tenisse in die teks21 ) alma! te make het met die verhouding tussen werklikheid (feite in die fiktiewe werklikheid) en .waarheid aan die een kant en verbeelding, leuen en verdigsel aan die ander kant.

Hierdie teenstelling blyk ook uit dit wat van G.T. en Brink vertel word. Wat G.T. is en wat hy praat, is teenstrydig. Wat Brink nastreef (be= waring van !ewe) en die gevolge van sy dade, is nie te versoen nie. In Mieke Bal se terminologie kan •n mens dus se dat hier op die storievlak twee struktureringsprinsipes werksa·am is. Die sentrale figuur vervul •n strukturerende funksie in die keuse van gebeurtenisse en die hoeveelheid storieruimte wat aan ander akteurs afgestaan word, maar die teenstelling tussen feit en verdigsel speel duidelik ook 'n strukturerende rol. Op die storievl~k sien •n mens Elwiena dus as die belangrikste akteur.

(21)

Van Brink weet •n mens dat hy •n toegewyde medikus is. Sy !ewe word bepaal deur die onderskeid lewe-dood en lewe en liefde hoort bymekaar. Van G. T. weet die Ieser dat hy •n armsal ige sukkelaar is wat sy I ewe met leuens ophelder. Ander akteurs is blote agtergrondfigure. Selfs Elwiena se ouers bly vae figure wat hier en daar iets doen en s~. Jessie word nie •n selfstandige akteur nie, aangesien haar optrede altyd aan Elwiena gekoppel is. Die verloop van die storie word nie ingrypend deur ander akteurs beinvloed nie.22

J

Stefaans Brink was in 1943 ~ tweedejaarstudent (8). Deur hierdie ver= wysing na die tyd in die werklikheid, word die storie histories geplaas. Die datum self is vanselfsprekend nie so belangrik nie, alhoewel 'n mens •n skatting sou kon maak oor wanneer die kerngebeurtenisse, histories ge= sproke, sou kon plaasvind. As Brink ongeveer 20 jaar oud was in sy tweede jaar dan is hy 25 jaar later 45 jaar oud, sodat die gebeure random Arnoldus se dood ongeveer in 1968 sou kon afspeel. Op hierdie stadium is Elwiena 38 jaar oud. Dit was dus ongeveer 1939 toe sy 9 jaar oud was en G.T. ontmoet het. Die teks gee egter self die relevante inlig= ting om die storie ten opsigte van karakters en hul omstandighede te plaas. Die storie speel af tussen Elwiena se negende en (ongeveer) veertigste lewensjaar. Toe sy •n kind was (_:~: 1940) was radio's en vin= nige motors skaars. Sulke dinge was wonderlik en nuut en het Elwiena se verbeelding intens aangegryp. Brink is ~ mediese dokter 1n ~ tyd= perk toe die mediese navorsing nog baie moes ontwikkel. Wat vir die storie van betekenis is, is in die teks self gegee. Die historiese plasing ten opsigte van werklike datums gee bykomende inligting, maar begrip van die storie is nie daarvan afhanklik nie, aangesien die tyd= perk waarin die storie afspeel binne die teks getipeer word. Dit is baie duidelik dat dit prim~r gaan om die manier waarop hierdie spesi= fieke akteurs hulle tyd beleef het, en die storie gee self alles wat nodig is om, deur hulle belewenisse van omgewing en omstandighede, die akteurs te leer ken. Deur na datums te kyk, bring •n mens die storie iri verband met die konkrete werklikheid, terwyl die ander gegewens sorg vir die opbou van •n fiktiewe werklikheid. 23 ) ·; Die storie speel af op die Moosvlakte, •n onherbergsame, kaal en windge= ,.

(22)

teisterde streek, wat mens en dier uitmergel en boerdery •n ewige stryd

maak. Op die vlak van die geskiedenis is die Moos slegs •n "plek", •n

landstreek met bepaalde voorkoms en eienskappe waar die akteurs woon en leef.

7.3.2 Die uitgebreide storie van Die kereL van die PereL

Die uitgebreide storie bestaan basies uit die narratiewe elemente wat in die teks voorkom (gebeurtenisse, akteurs, tyd en plek), maar in die ver= beelding van die Ieser word hierdie geselekteerde gegewens aangevul om 'n

kontinue beeld (soos in ~ film) en ~ kontinue geskiedenis (soos in die

egte werklikheid) te vorm.

Hierdie uitgebreide storie word opgebou deur die storie in verband te

bring met ander tekselemente. Gevolglik is di~ rekonstruksie baie nou

aan die teks verbonde. Dit is enersyds afhanklik van die kwaliteit van die leesproses ('n noukeurige en geoefende Ieser sal meer detail. raak=

sien), maar dit is oak afhanklik van kennis uit die regte werklikheid. •n Mens kan se dat waar die storie primer dit wat gebeur en dit wat gedoen

word weergee, die uitgebreide storie die leemtes tussen die geselekteerde

gebeurtenisse aanvul. Die omstandighede waarin die akteurs hulle bevind

en die omgewing (milieu) 24

l

waar hulle optree, vorm dee! van die uitge= breide storie. 'n Mens is hier net met wat vertel word besig; hoe dit vertel word en die betekenis of funksie van die vertelde vir die teks word buite rekening gelaat.

Dit is dus hier waar die Ieser die UnbestimmtheitssteLLen of LeersteLLen of spots of indeterminacy opvul, maar slegs binne die perke en voorskrifte wat die teks toelaat25) en op die wyse wat deur die teks gesuggereer of

aangedui word.

Wanneer die Ieser die teks klaar gelees het, kan hy nie net die chronolo=

giese en logiese storie rekonstrueer nie, maar hy sien die gebeurtenisse in die storie as geselekteerde hoogtepunte van ~ "lewensgeskiedenis". Dit is in Elwiena se storie duidelik dat net spesifieke gebeurtenisse in haar, lewe vertel word .• Elke mens ondergaan verskillende soorte ontwik=

(23)

kel ingsprosesse in sy !ewe - 'n fisiese ontwikkel ing, 'n intellektuele ontwikkeling, •n seksuele ontwikkeling, 'l1 godsdienstige ontwikkeling, ens. In die algemeen gesproke is iemand se geboorte en dood die be= langrikste dinge wat in sy !ewe gebeur. Maar Elwiena se geboorte word nie beskryf nie, en die normale ontwikkeling van •n dogtertjie ook nie. Hoewel die Ieser in sy verbeelding Elwiena kan sien grootword en in= direk aflei dat sy al hierdie ontwikkelinge en rypingsprosesse in mindere of meerdere mate moes ervaar het, is dit baie duidelik dat die gebeurtenisse uit haar !ewe wat in die teks voorkom, met 'n bepaalde doe! voor oe gekies is. Soos wat uit die storiegebeure afgelei is, gaan dit by Elwiena om die ontwikkeling van 'l1 vermoe om die waarheid te her= ken'en die werklikheid (as waarheid) te aanvaar en te verwerk. As die geselekteerde gebeurtenisse teen •n kontinue "!ewe" geplaas word, is dit onmiskenbaar dat hierdie storie gaan oor hoe die werklikheid lyk en oor verskillende maniere om die werklikheid te probeer hanteer. As kind probeer Elwiena die werklikheid ontvlug, later glo sy die werklikheid !s die waarheid en dit moet nH so aanvaar word:. Uiteindelik besef sy met deernis dat mense dit nodig het - dat dit noodsaaklik is - om maniere te vind waarop die werklikheid makliker, sagter, aanvaarbaarder gemaak kan word.

As •n mens byvoorbeeld kyk na dit wat van Elwiena se huwelik met Basson vertel word, word dit baie duidelik hoe prominent die problematiek van die skyn is en hoe sterk strukturerende funksie hierdie problematiek in die soort en aantal vertelde gebeurtenisse vervul. Die ontmoeting met Basson word nie vertel nie, die huweliksbevestiging en die volvoering van die huwelik ook nie. Daar word wei vertel dat Basson 'n man van feite

is: geld, eiendom, mense en woorde kan beheer word, want alles is feite. Elwiena is vyftien jaar met Basson getroud en daar word vertel hoe sy 'n goeie sorgsame huisvrou is en graag 'n kind wil he. Maar daar word ook vertel dat sy dikwels snags nagmerries kry wat_haar bitterlik laat huil en dat sy Basson glad nie lief het nie. Van •n emosionele verbintenis tussen die twee mense word niks vertel nie; daar is van 'l1 geestelike samekoms of binding geen melding nie. Dit word uiteindelik direk gese dat die huwelik •n leuen is. Dit wat van buite af van die huwelik ge= sien en vertel word en dit wat die huwelik is; is nie te rym nie.

(24)

Uit wat van die huwelik gese word, is dit reeds duidelik dat dit 'n leuen is en •n verbintenis sander enige lewensvatbaarheid of lewenskrag. Van G.T. se geboorte word uitvoerig vertel. Dit is immers die belang=' rikste gebeurtenis van sy !ewe. Hy het die wereld agterstevoor ingekom en sy hele !ewe deur het hy 'n agterstevoor siening van die wereld. Hy hou nie van die armsalige werklikheid waarin hy hom bevind nie en hy her= skep die werklikheid in verbeeldingryke leuens. Alles wat verder van hom vertel word, dien om G.T. se siening van die !ewe soos wat dit van die begin af was, te illustreer. Die Ieser kan hom voorstel hoe die arm ordentlike ouers hulle oor die kind se leuens sou verkwel het, hoe G.T. mense met sy blink voorkoms en gladde mond kon imponeer, hoe hy 'n motorfiets, motor of radio sou koop sander dat hy geld het, omdat hy moes voldoen aan die verwagtinge wat sy eie woorde geskep het. Al die gebeur= tenisse in hierdie storie waarby G.T. betrokke is, het met leuens te doen. Al die ander dinge wat met hom in sy !ewe gebeur (logies gesproke moes daar ook ander dinge gebeur) is vir hierdie storie nie belangrik nie. Die leuen is vir hom 'n manier van leef en die werklikheid, wat altyd daar is, weerhou hom tot op die laaste nie van sy gekose manier van leef nie. Wanneer Elwiena hom besoek en hy nie meer kan lieg nie, leef hy eintlik nie meer nie.

Die geheelindruk van Brink se !ewe is dat hierdie man in die eerste en in die laaste plek toegewyde medikus is. Alles wat hy doen, word gemoti= veer deur 'n ongekompliseerde strewe om !ewe te bewaar, om as wetenskaplike mense in die !ewe te probeer hou met alles wat hy het en weet. Na die lees van die teks as geheel, het die Ieser die indruk van 'n man wat nie tyd mars op nietighede nie, selfs met pasiente maak hy nie onnodige praatjies nie (12). Hierdie man beveg die dreigende verlies van !ewe met totale oorgawe, soos blyk uit sy optrede tydens die moeilike geboorte waarvan vertel word en die gedurige versameling van kennis wat hom in staat stel om Arnoldus se siekte reg te diagnoseer (67, 86-87). Aanvank= 'lik word sy verhouding tot Elwiena deur hierdie selfde strewe gekenmerk

-hy wil haar dwing om te besef dat sy nog !ewe a! sterf haar kind. Net soos die leuens vir G.T., is die beoefening van sy beroep vir Bfink ~ leetwyse en daarsonder kan hy nie voortbestaan nie.

(25)

In die uitgebreide storie word die omstandighede waarin die akteurs optree baie belangrik. Die mense waaroor die storie gaan, is byna almal arm: G. T. se ouers voer 'n sukkelbestaan ( 16-17) en Elwiena kan in haar !ewe nooit van armoede en ellende wegkom nie (34). Die teks verwys telkens na die armoedigheid en die magtelose wyse waarop die mense die ellendig= heid verduur en uiteindelik sien die Ieser die hele prentjie voor hom. Nooit, maar nooit ontsnap hierdie mense uit die werklikheid van hulle omstandighede nie. Die omstandighede waarin hulle hulle bevind, is on=

losmaaklik deel van die omgewing waarin hulle hulle bevind. Die Moos, die wind- of hitte- of vloedgeteisterde, onherbergsame vlakte, is die waarste werklikheid in die storie waaraan die akteurs nooit kan ontkom nie. En die Moos is ~ durende werklikheid, dit is altyd ctaar. Elwiena se kinderjare word gevul deur mense (ouers, Jessie, ens.) drome en ver= beeldingsvlugte en die Moos - die wind op die Moos, die dwarrels van die Moos, die sand van die Moos. As sy grootword, bly die Moos by haar - 'n plek van swaarkry (haar ma se siekte) en harde werk (haar pa), waar alles, plant en dier en mens, met 'n sukkelstryd aan die lewe gehou word. Haar kind se fisiese swakheid maak Elwiena oorbewus van die gesukkel om te bly lewe op die Moos.

Die omgewing waarin die verhaal afspeel, word op verskillende plekke in die teks beskryf. Nadat sy eerste skorsing opgehef is, praktiseer Brink· op ~ ver~ate dorpie iewers in die uitgestrektheid van d~e Moosv~akte, daardie einde~ose stuk aarde aan die benede~oop van die Diste~rivier ( 11 )'. G.T. se ouers is albei gebore en getoe op die Moosvlakte en hulle ken geen ander plek nie. G.T. is ook op die Moos gebore: Op die p~aas Dee~kraa~, daar het sy agterent grondgevat (15). Hierdie wereld word elke keer beskryf as eensaam, dor, verlate en vera! onherbergsaam -ver~ate garingbome soos vo~~verskrikkers teen die ~ug (7), Tussen skepsel

en geskapenheid was die onmin van Genesis (20), wat die mense hoor en sien is onbehaag~ike prikkels teen oortromme~ en netv~ies (22). Aldie· mense op die Moos word geteister deur die realiteite van hulle omgewing· - in die streek is armoede onontkombaar en alma!, G.T. se ouers, Elwiena se pa en ma, selfs mevrou Anna Meintjies die koshuismoeder, voer ~ voort= durende stryd teen armoede en slytasie, teen die sukke~ en swaarkry (19)';

(26)

Vir Elwiena is die Mooswereld 'n beproewing waaraan sy nooit gewoond kon raak nie. Wanneer Brink met haar praat oor Jola en se dat vertraagdes en siekes en armes tog nog maar altyd daar was, is dit uit Elwiena se antwoord duidelik dat hierdie dinge vir haar onlosmaaklik aan die Moos verbonde is. Hy is met 'n algemene waarheid besig - vir haar is dit !ewe op die Moos: Ja ••• ek ken baie arm mense, want niemand word daar ryk nie (34). Hierdie "daar" is die Moosvlakte waar alma! skuld het, alma! teen die sand stry, alma! aan siekte blootgestel is en voor hulle tyd oud word (20). Dit is vir Elwiena baie moeilik om hierdie omstandig= hede te aanvaar: .•• ek het nag nooit daaraan gewoond kon raak nie (34). Haar rna se puriteinse lewenssiening, haar pa se oorvermoeidheid is vir haar negatiewe jasette van die Moosv1akte (52-53). Daar word beskryf hoe die wind van Junie tot Oktober die wereld kasty (29), hoe die somer daarna so dor en verstikkend warm is dat klippe uitmekaar bars (20).

Wanneer dit wel reen, start dit en storm dit in die nasomer met so 'n geweld dat alles verspoel en verwaai agterbly. Van die winter op die Moos se die verteller: Dit was of die here skepping seLfverdedigend in homse1f terugkrimp (67). Die winter op die Moos is 'n bruin enersheid want alles is tot in die kern doodgeryp: ~ onvrugbare gety, kaar en hard {28-29).

Hierdie streek is die mens se vyand. Wanneer Elwiena na die radio wil gaan luister, maak die hitte en die sand die fietsrit ~ nagmerrie.

Ironies genoeg wil die wind dan nie waai nie en daarom kan die radio nie speel nie. Sy klim op die dak om die kragopwekkertjie met die hand te draai en ~ onverwagte moedswillige dwarrel waai haar byna van die dak af (46-47).

lam! e.

Dit is asof die natuur die mens voortdurend dwarsboom en

As die mens hierdie· teks lees, is dit opvallend dat die omgewing waarin die akteurs hulle bevind voortdurend en onontkombaar 'n faktor is in alles wat hulle doen en ervaar. Die Moos, wat op verskillende plekke in die teks beskryf word, is dus ~ durende aanwesigheid in die storie.

Hierdie uitgebreide storie kan nog baie verder uitgebrei word. Random die storie, die reeks kardinale funksies, kan ander tekselemente opge=

(27)

stapel word en kan teksgegewens met kennis uit die regte werklikheid aangevul word. Barthes noem die kardinale funksies wat •n soort op= somming van die verhaal vorm, die nuklei en die ander tekselemente wat die kernstorie uitbou, katalisators (minder belangrike handelinge),

indisiee en informatiewe. 26) Elwiena se huweLik met Sasson is •n kardi=

nale funksie, want dit speel •n bepalende rol in verloop van die storie. Die geboorte van haar kind en sy siekte is ook kardinale funksies. Haar pligsgetroue versorging van haar huishouding en haar volgehoue pogings om die kind se ontwikkeling te stimuleer, is katalisators .. Die gesukkel met die kind se ~oeding is ~ indisie, ~ egte indisie wat heenwys na die sukkelstryd van ~ bestaan op die Moos en by al die ander verwysings na swaarkry en uithou aansluit. Die probleme met die bok,

byvoorbeeld die koppigheid en die stank van die dier, is informatiewe wat die omvang en die intensiteit van die ellende beklemtoon.

Die volle omvang van die werking van hierdie uitbreidings (vgl. 4.2.3.2)

kan eers op die vlakke van die verhaal en die tekstekstuur aangetoon word. Die uitgebreide storie kan in hierdie teks ni~ van die totale artistieke tekstekstuur losgemaak word nie, maar myns insiens is dit

tog van waarde om van die uitgebreide storie op die vlak van die geskiedenis

kennis te neem. Soos aangetoon, kan uiters betekenisvolle afleidings·'·• oor die seleksie van akteurs en gebeurtenisse ~emaak word deur die uit=~ gebreide storie en die storie te vergelyk, en dit is ook uiters belangrli<:b om te besef hoe nou verbonde die uitgebreide storie,die verhaal en die teks is - in hierdie teks is dit vera! van groot belang. Baie fasette van die uitgebreide storie, kan nie onderskei word van die verhaal nie en ek gaan sulke sake by die bespreking van die verhaal en die tekstekstuur

insluit.

Ek hoop dit is duidelik dat die rekonstruksie van die uitgebreide storie ' •n blote teoretiese hulpmiddel is. Dit kan vanuit die resepsie van die

teks as 'n outomatiese ontvangersaktiwiteit beskou word. Ter wille van •n verantwoorde analise wat van soveel moontlik fasette van die bestaan

en ~erking van die artistieke verhalende taalteks rekenskap wil gee, is enkele onderdele van die uitgebreide storie hier bespreek.

(28)

7.3.3 Die dieptestruktuur van Die kereL van die PereL

Dit is baie beslis sinvol om in~ gekompliseerde teks soos hierdie te vra waarna die akteurs, globaal gesien, strewe. Die verhouding tussen die akteurs en hulle handelinge weerspieel hier, soos in die meeste tekste, sekere eienskappe wat vir die duur van die hele storie dieselfde bly. Ek gaan my glad nie gebonde voel om •n aktansiele model wat net soos Greimas s'n lyk, in hierdie teks te probeer vind riie. In •n ge= kompliseerde teks kan daar •n oneindige verskeidenheid van moontlike ver= houdinge tussen die akteurs en dit·wat hulle doen en tussen die akteurs onderling bestaan. Dit is ook moontlik dat op verskillende stadia van die ontwikkeling van die storie, die verhoudinge tussen die akteurs kan verander en dat daar klemverskuiwinge in die strewes van die akteurs kan plaasvind. Omdat •n mens in •n aktansiele dieptestruktuur werk met die abstrakte oorkoepelende verhoudinge tussen die akteurs en dit wat hulle doen, is ~ mens hier steeds op dii vlak van die basiese narratiewe ele= mente, op die vlak van die geskreaenis. Gebeurtenisse word hier egter gesien vanuit die hoek van die akteurs: die gebeurtenis word beskou as iets wat gedoen word. Daar word gekyk na die akteurs en hulle handelinge en die verhouding tussen die akteurs en die handeling. Ek plaas hierdie ondersoek op .die derde trap van abstraks ie vanaf die teks, omdat 'n mens die storiegegewens hier nog verder veralgemeen of vereenvoudig. Hier= dJ,e vereenvoudiging kan nogtans slegs gedoen word aan die hand van die teks as konkrete gegewe. Hoewel ek hier, weens die mate van abstrak~ie, die aktansiele verhoudinge op die vlak van die geskiedenis ondersoek, wil ek dit duidelik stel dat die gegewens op grand waarvan hierdie verhoudinge ondersoek word, direk uit die teks kom, maar dat die afleidings wat uit die vereenvoudiging van die teks tot die storie voortkom, oak •n rol speel. Die akteurs kan slegs in aktansiele verhoudinge geplaas word op grand van •n deeglike ondersoek van die teks as artistieke geheel.

Op die vlak van die geskiedenis kan daar random die drie belangrikste karakters, drie storielyne onderskei word (terwyl daar op verhaalvlak meer verhaallyne voorkom). 27) In elke storielyn kom 'n subjek wat na

~

bepaalde objek streef, voor.

kyk.

(29)

In Elwiena se storie is Elwiena duidelik die subjek_ Die vraag moet ge= vra word: wat wil Elwiena graag he? Waarna strewe sy? Wat is die dryf= veer agter die dinge wat sy doen? Soos in d~e bespreking van die storie en die uitgebreide storie aangetoon is, verander Elwiena en ondergaan sy sekere ontwikkelinge deur die loop van die storie. As kind of as jong= mens of as volwassene word haar lewe telkens deur ander inhoude gevul. Sekere dinge bly egter dieselfde.

Die strewe wat dwarsdeur die storie vir Elwiena •n konstante faktor is, is heel eenvoudig. Elwiena strewe na geluk. Die objek waarna sy strewe is iets abstrak, naamlik geluk op hierdie aarde in hierdie lewe.

Geluk beteken egter vir Elwiena in verskillende stadia van haar lewe ver= skillende dinge. Vir die dogtertjie van nege beteken geluk die glo in die bestaan van •n wonderlike mooi en vrugbare plek en die bestaan van wonderlik gelukkige mense. Om te glo dat daar iewers 'n plek is met 'n milde klimaat, met elegansie en skoonheid, waar mense geslagte lank al ryk en gevestig en met sekuriteit lewe, dit maak Elwiena gelukkig. Daarom bou sy voortdurend as sy speel mooi en groot huise so_os die een waarvan G.T. vertel. Sy bou huise met enkele meubelstukke en met klei= steentjies wat sy self maak. Hierdie huise is verbeeldingshuise en die .· verbeelding is onbegrens - geen rietdak is te hoog, geen vertrek te ruirn1 .

geen deftigheid te duursaam vir haar verbeelding nie. Daarom is die huisie wat sy met die boustel bou, met regte speelboumateriaal, so onbe= vredigend - dit pootjie haar verbeeLding (24). Geluk beteken vir Elwiena ontvlugting van die Moosvlakte, ontvlugting van die barre en _grasielose werklikheid waarin sy leef.

In die aktansiele model is die begunstiger en negatiewe begunstiger kon=· stant€ faktore, terwyl helpers en teenstanders slegs tydelik die strewe van die subjek beinvloed (Bal, 1980:39).

In hierdie

strew~

is Elwiena se verbeelding vir haar

~

begunstiger, 29

l

~

konstante faktor wat haar strewe vir haar moontlik maak - en Elwiena is self· die begunstigde. Die hele verbeeldingspel is vir niemand en niks anders tot nut nie, dit is op haarself gerig. In hierdie strewe is G. L·,

(30)

.met sy leuens vir Elwiena •n helper. Sy wonderlike stories is die prikkel waarop Elwiena se verbeelding reageer en dit wat hy se, word in haar gemoed nog vee! mooier en vrugbaarder.

Wanneer Elwiena en haar pa na G.T. se nuwe radio gaan kyk, is die kind soos •n trillende snaar wat by elke aanraking vibreer. G.T. se dat die stasie die klankgolwe uitsaai en Elwiena se verbeelding antwoord: ••• saai en saad, soos koring en rog. •n Saaier gaan uit om te saai... • G. T. se dat die klankgolwe oor die see trek en Elwiena sien hoe die golwe soos windswaels die lug versier: Skielik duik hurre af en op, werk met huLLe vlerke en vlieg in wye kringe, ar wyer en hoer. Hy verduidelik hoe •n mens die klank hoor en Elwiena dink: ••• ~ goue Long vor note... Note en voeLs en drade wat in stemme sing, bas en heLder en sopraan (40-41). Die werklikheid is vir Elwiena se drome •n permanente bedreiging, daarom is die werklikheid, die waarheid, ~ negatiewe begunstiger. Die werklik~ heid is die Moosvlakte, die skroeiende hitte, die ·teisterende wind, die permanente armoede. Telkens as sy in •n verbeeldingswereld wil opgaan, dwing die werklikheid homself aan haar op. Die beste voorbeeld hiervan is die huis in die sandwal wat op haar inval. Sy wou •n huis met twaaLf ysLike vertrekke in die sandwal uitgrawe, waarin sy in koeligheid en be= skut teen wind en son kon bly, maar die sanddak sak op haar in en die sand oorspoel haar en vernietig haar droom.

Alma! wat Elwiena se drome wil vernietig, wat G.T. se leuens wil ont= ,, . .masker, kan as teenstanders gesien word: Jessie met haar nugterheid,

haar rna met haar nougesette handhawing van die waarheid, haar maats wat so lekker oor G.T. skinder. Vir die vashou aan die droom betaal sy duur. · Sy hou nie haar vinger in die kers ter wille van G.T. as persoon nie, maar ter wille van die droom - die droom dat iemand 'n plek en om= standighede ken wat net mooi is, net vrugbaar is, wat die teenoorgestelde is van alles wat Elwiena ken.

Hierna besluit Elwiena dat geluk nie in ontvlugting kan le nie. Sy moet geluk soek in feitelikheid en korrektheid en saaklikheid. Haar objek is dus steeds gel uk, maar nou het gel uk 'n ander i nhoud. Sy streef na 'n veT'=

(31)

soening met die werklikhede van haar bestaan. Basson is •n helper wat

haar moet help om die werklikheid in perspektief te kry. Haar kinder=

loosheid is •n teenstander. Die begunstiger is haar aanpassingsvermoe

-sy is vasbeslote om vir Basson •n goeie vrou te wees en •n mens kan se dat

die situasie haarself en Basson begunstig. Die werklikheid, die waar=

heid, is weer eens die negatiewe begunstiger wat haar strewe bedreig.

Sy maak asof sy nie weet hoe leeg die huwelik is nie, sy maak asof sy

nie weet hoe swak en sukkelend haar kind is nie. Al die verskillende

vorme van die werklikheid is vir haar teenstanders: die bok, die

siekte, die ou dokter wat nie kan help nie, die skoolhoof wat haar op

die kind se probleme wys. G.T. met sy leuens en stories is hier ook

•n teenstander wat haar gelykmoedigheid bedreig - sy wll die waarheid

leef.

In die verhouding met Brink wil Elwiena steeds geluk vind, maar nou be=

teken geluk vir haar liefde en die herstel van haar kind. Brink is die

begunstiger wat aan haar liefde gee en die kind probeer behandel. Nou

is Basson •n teenstander. In hierdie stadium het Elwiena baie teenstanders

- almal wat uiteindelik teen haar getuig in die egskeidingsaak. •n Mens

kan hier amper die dood as •n negatiewe begunstiger sien, want die dood

,word hier 'n konstante bedreiging - al twee die kinders en Brink sterf.

oft is baie duidelik hoe gekompliseer die verhoudinge kan word. Uit=

eindelik bereik die storie in die samevloei van die drie hoofstorielyne

so •n kompleksiteit dat daar nie meer op simplistiese wyse gese kan word

dat akteurs en handelinge presies in een of ander verhouding tot mekaar

staan nie. Die verhoudinge tussen die verskillende akteurs raak ook

meer kompleks en daar kan nie ligweg klassifiserings gemaak word nie.

Hoe aldie verhoudinge in die slotgedeelte op mekaar inspeel, kan nie op

die vlak van die geskiedenis op bevredigende wyse bespreek word nie.

_ •n Akti3nsiele model is per definisie gemoeid met die globale verhoudinge, ·

en ek laat my daardeur lei, maar dit is baie insiggewend, en belangrik,

dat in hierdie teks daar duidelik veel meer ter sake is as die skelet

van die aktansiele model. •n Mens kan dus in so •n toepassing die nut

van die aktansiele verhoudinge (as 'n hulpmiddel tot ontsluiting van die

teks) sien, maar ook die beperkinge, wat al hoe duideliker word namate

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Samen gaan we in geloof op weg, één plus één zijn er al twee.. Zie, zoals de herders in die nacht, God, geboren in

OF PARENT-CHILD INVESTIGATION A FUNDAMENTAL-EDUCATIONAL EDUCATIONAL RELATIONSHIPS WITH SPECIFIC REFERENCE TO CORE FAMILIES IN IKAGENG The objectives of this research were mainly

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

Dit is in die tipiese ontwikkelings­ pad van die kultuur as geheel, waarin die eenheid van die kul tuur geopen­ baar word en waarin die aktiwiteite in die

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling &#34;so hoog rnoontlik&#34; sou wees. Onderwysers

Chapter 3 is an account of the educational changes which manifest themselves as innovations and reforms which were intended to impact on the educational system

Characters protesting against the socio-political structures developed in Afrikaans drama. from secondary characters to main characters, from antagonists