MASKEW MILLER SE
AF RIK A.AN SE
GRAMMATIKA
DEUR
M. C. BOTHA, M.A.,
Professor in Nederland.~ en Afrikaans aan die Uniwersiteit van Kaapstart
EN
]. F. BURGER, M.A., Ph.D.
Lektor in Oppoedkunde aan die Uniwersiteit van J(aapstad Skrywers van ,,A Grammur of Afrikaans"
VYFDE DRUK
• MASKEW MILLER BEPERK
VOORWOORD.
Na die verskyning van ons ,,Grammar of Afri-kaans " het baie onderwysers ons versoek om ook 'n grammatika in Afrikaans vir die skool te skrywe. En omdat ons bewus is van die feit dat leiding baie nodig is, noudat Afrikaans orals in skole ingevoer en geleer word, kon ons die versoek nie van die hand wys nie. Hiermee word dan aan die onderwyswereld aangebied die resultaat van ons poging om in 'n ongetwyfelde behoelte te voorsien.
Ilierdie boek is nie 'n vertaling van die grammatika wat ons vir Engelssprekende mense geskryf het nie. Uit die aard van die saak moes daar veel weggelaat en bygevoeg word, aangesien die doel hier verskillend is. In sommige gevalle is daar ook klein veranderinge aangebring as gevolg van 'n deeglikor ondersoek van die Afrikaanse taalgebruik. Die hoofstuk oor Sintaksis is feitlik 'n nuwe, en ook die our Klanke en oar 'l'aal en Taalontwikkeling. Laasgenoemde twee hoofstukke het ons bygevoeg, nie om 'n geleerde aansien aan ons werk te gee nie; trouens, vir die taalkenner word daar weinig nuuts verkondig. As hulle sal dien om die onderwyser . 'n meer wetenskaplike insig in die wese van die taal te gee, en daardeur die taalonderwys meer intelligent en dus interessanter sal maak as wat <lit in die reel in die verlede was, sal ons ons doel bereik het. Die onvol-ledigheid wat artiekels van die aard in 'n beskrywende grammatika noodsaaklikerwys aankleef, sal al 'n spoor-slag wees om die onderwyser na meer kennis te laat soek. En wat is daarmee nie al gewen nie?
Die oefeninge by die verskillende afdelinge en ook die agterin is ook weer gegee op versoek van onder-wysers. Vir meer oefeninge is daar taalboekies wat by die onderwys behoort gebruik te word; ook kan die onderwyser waarskynlik die geskikste oefeninge na gelang van omstandighede self maak. Dit bring onR op 'n beswaar wat moontlik teen die boek geopper kan word.
Elke taalonderwyser wat sy vak ken, sal weet dat ons 1.aalonderwys in die verlede baie doods en oninteres-sant was, omdat <lit te dikwels bestaan het uit die leer van die reels van die grammatilrn buite alle verband mot die praut, lees en skry£ van die taul self. Dis nouliks nodig om te se dat ons die gebrnik van 'n grumrnatika op daardie manier nie aanbeveel nie. l\1aar daar word teenswoonlig in die antler uiterste ge1wndig, en hoor 'n mens soms van gesaghehbende ( ?) mense wat daarop trots is dat hulle al <lie grammatika wat hulle op ;;kool geleer bet, vergeet het. Sulko boweringe berus egter op 'n verwarring van die rolle wat stof en metode respektioflik in die leerproses speel. Die grammatika is altyd duar, of 'n mens <lit nou iu boekvonn het of uie. 'n Goeie skrywer gebruik die taal korrek, nie omdat daar geen taalreels bestaan nie of omdat hy hulle nie ken nie, maar hy gee horn geen rekenskap van die taal-reels wat hy op min of meer onbewuste wyse Yolg nie.
~lot die leerling op die skoolbanke iR dit andern gesteld. Hy moet die taal - ook sy moedertaal - nog- leer, en watter metodo ook al by die taalonderwys gevolg mag word, sal dit altyd nodig wees om horn opsetlik aitent te maak op sekere versky_nsols in die taalgebruik. As die le.erling die taal korrek sal gebruik, dan mnet hy die taalreels ken; en die bestaan van 'n grammatika, ook in die skool, word geregverdig deur die foit dat dit sulke taalrePls beskrywe. Hoe hy dit moet leer, is 'n saak van rnetode, waarop ons hier uie kan ingaan nie. In die veronderstolling dat elke taalonderwyser vandag op hoogte van Rake is aangaande die nuutste en beste metodes wat by die taalonderwys gevolg behoort te word, hied ons hierdie grammaiika aan as 'n middel
tot 'n doel. As dit die leiding gee, oor die gebrek waarvan in die laaste tyd so dikwels gekla word, sal 1ms ons moeite ruimskoots beloon ag.
Kaapstad,
November 1921.
M. C. BOTHA.
BY DIE TWEDE DRUK.
Daar die eerste oplaag binne 'n paar maande uit-verkoop is en 'n twede <lruk dringend nodig geword het, het dit vir ons onwenslik gelyk om enige verandering aan te bring wat betref opset, indeling of verwerking van die stof. Rierdie uitgawe is dus, met uitsondering van 'n paar bladsye, 'n herdruk van die eerste. Die hoofstuk oor W oor<lvorming is uitgebrei deur toevoeging van die Bywoord, en op 'n paar ander plekke is klein veranderinge, wat, na ons hoop, verbeteringe sal blyk, aangebring.
W aar ons die publiek, en by name die onderwY.sers m ons land, baie hartlik bedank vir die gulle ontvangs wat die eerste uitgawe van hierdie boekie te beurt geval het, wil ons hulle verseker dat alle welgemeende op- en aanmerkinge ter verbetering van 'n volgende uitgawe baie hartlik sal verwelkom word deur
DIE SKRYWERS.
Kaapstad, April 1922.
BY DIE DERDE DRUK.
Hierdie derde druk is dieselfde as die twede van verlede jaar, behalwe dat daar hier en daar 'n verande-ring in die gebruik van die leestekens aangebverande-ring is, om dit te laat ooreenstem met die sisteem wat ons in Afri-kaanse Stylleer aanbeveel het.
Ons dank aan die onderwysers vir die goeie ont-vangs ook van die twede uitgawe.
DIE SKRYWERS. Kaapstad,
Februarie 1923.
BY
DIE VIERDE DRUK.Hierdie druk verskil nie veel van die derde me. Hier en daar is daar 'n woordjie ingevoeg 0£ weggelaa.t waar dit nodig gelyk het, en die uiteensetting van nasalering is enigsins anders en, na ons hoop, duideliker gestel.
Dat 'n vierde druk so gou na die derde nodig geword het, is 'n bewys dat die boekie nog beantwoord aan die doel waarmee dit geskry£ is. 'I.'erwy.l ons onderwysers dank vir die voortdurend hartlike ontvangs, en ook vir die belangstellende wyse waarop hulle oor sekere punte in die.boek aan die outeurs geskry£ het, sal ons verdere wenke van harte verwelkom.
DIE SKRYWERS. Kaapstad,
INHOUD. Dl<jF.L I. Hoofstuk. I. II. III. IY.
v.
VJ. VII.vnr.
IX.x.
XI. XII. XIII. XIV.xv.
XVI.Die Enkelvoudige Sin Die Samegestelde Sin Die Negatief in Afrikaans
Die Ilededele Verbuiging
DF.EL Tr.
Die Selfstandige Naamwoord Die Voornaamwoord
Die Byvoeglike Naamwoord
Verbuiging van Byvoeglike Naamwoorde Die Telwoord
Die Bywoord Die Voegwoord Die Voorsetsel Die Werkwoord
Die Werkwood: Deelwoorde Die \Yerkwoord (velvolg)
DEEL III. XVII. \Yoordvorming
DEEL IV. XVITT. Die Klanke in Afrikaa1rn
XIX. Spelling DEEL V. XX. Taal en Taalontwikkeli11g DEEL \'!. A ddisionele Oefeni11ge bis. 1 9 !:!J 31 3i 3H 66 75 78 86 90 9i 103 109 119 133 144 166 180 1K9 20i