HOOFSTUK SES
'N D£MOkRATJ£S£ ID£010GI£ SINN£ Dl£
RAAMW£Rk VAN MAATSkAP11k£ DI£NS1£W£RJNG.
APRIL 1994 - D£S£MB£R 1995
Op 27 Aprill994 het Suid-Afrika 'n mylpaal in sy geskiedenis beleef. Vir die eerste keer kon die lede van al die gemeenskappe in die land na die stembus gaan om die Owerheid van hulle keuse te verkies . Swart, blanke, Kleurling-, en Indier- politieke partye het meegeding om verteenwoordiging binne die bestel van 'n demokraties-verkose Owerheid.
Na die verkiesing is die nuwe verkose lede van die Nasionale Vergadering en die Senaat ingehuldig, en kon die ANC-beheerde Owerheid met sy werksaamhede begin .
6.1. DEMOKRASIE AS IDEOLOGIESE PERSPEKTIEF
In
sy oorspronklike betekenis verwys demokrasie daarna dat die mense van ' n land hulleself regeer. Later is hierdie basiese definisie uitgebrei om politieke en ekonomiese gelykheid of geregtigheid in te sluit. V andag verwys demokrasie na die komplekse stel politieke, ekonomiese, en sosiale verhoudings van die mens. Modeme denkers is dit met mekaar eens dat verhoogde sosiale beweeglikheid die logiese uitvloeisel van politieke demokrasie is. Veral onderdrukte gemeenskappe gebruik politieke mag om verteenwoordiging te verseker en om die Owerheid van hulle ekonomiese en sosiale behoeftes te oortuig.
1Die ideologiese paradigma van Demokratiese sosialisme
2 ,soos uitgewys deur George en Page, noem dat hierdie paradigma die sogenaamde welsynstaat as baken op die pad na totale sosialisme reflekteer. Sosialisme kom in baie gedaantes voor, en sommige is nie baie ver verwyder van welsynskapitalisme nie. Tesame hiermee was daar die af gelope jare 'n wegbeweeg van die tradisionele idees dat welsynsdienste net aan professionele
2
J. Dunner, (Ed.), Handbook ofworld history, p. 274, 283; J. Kruger, ''Regstaat, kultuurstaat, welvaartstaat: bestanddele van 'n nuwe staatsmodel?", Stellenbosch Law Review, 5:1, 1994, pp. 15-32.
Vergelyk ook Hoofstuk Een, afdeling 1.6.
persone of burokrate toevertrou kon word. Vandag word gepraat van 'n klient- landsburger- samewerkende model van welsynsdienste.
36.2 DIE HEROPBOU- EN ONTWIKKELINGSPROGRAMAS EERSTE STAP NA DEMOKRA TIESE MAA TSKAPLIKE WELSYNSDIENSTE IN SUID- AFRIKA
Reeds voor April 1994 het die ANC 'n program opgestel wat die ontwikkeling van Said- Afrika in die toekoms uiteensit.
Indie program, bekend as die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP), is voorsiening gemaak vir maatskaplike welsynsdienste, onderwys, opleiding, gesondheidsorgdienste, vervoer, behuising, werkskepping, grondhervorming, verskaffing van water en sanitere dienste, elektrifisering, telekommunikasie en omgewingsbestuur. Die HOP is beskou as 'n ge'integreerde, sosio- ekonomiese beleidsraamwerk wat die Suid-Afrikaanse gemeenskappe en die hulpbronne van die land sou saamsnoer in die finale aftakeling van apartheid, ook met betrekking tot aparte welsynsdienste, en die heropbou van die land.
4Met die opstel van die HOP het die ANC ook insette van die partikuliere organisasies verwelkom, om sodoende partikuliere organisasies en nie-regerings organisasies (NRO' s )
5te betrek in die proses. Dit is
'n tipiese demokratiese beginsel hierdie van mensebetrokkenheid. V eral as gevolg van die diepe wonde wat deur die apartheidsbeleid veroorsaak is, is die HOP gesien as rigtinggewend om versoening en ontwikkeling te bevorder deur die betrokkenheid van aile Suid-Afrikaners.
63
4
5
6
V. George and R. Page, Modern thinkers on welfare, pp. 132- 133; vergelyk ook A.W. Stadler, "A contribution to the conditions of democracy debate", International Affairs Bulletin, 12:3, 1988, pp. 25 - 34.
African National Congress, The reconstruction and development programme: a policy framework, p. 1; F.N.M. Mazibuko, "Social workers and social policy: related functions and
skills in practice", Social Work/Maatskaplike Werk, 32:1, 1996, pp. 148- 161.
Daar word in die omgangstaal dikwels na nie-regeringsorganisasies verwys as NGO's (Non- Governmental Organizations). Vir die doel van die studie word die afk:orting NRO's gebruik.
African National Congress, The reconstruction and development programme: a policy framework, pp. 2-3, 52- 57.
Hoofstuk Ses Blodsy 11 0
Kortliks kan die HOP soos volg saamgevat word: dit is 'n gemtegreerde en selfonderhoudende program wat deur die inwoners van die land op provinsiale vlak self bestuur sal word. 'n Nasionale strewe na vrede en veiligheid asook nasiebou is vooropgestel, terwyl heropbou en ontwikkeling as hoeksteen van die program beskou kan word. Die oorkoepelende doel van die program kan saamgevat word as die demokratisering van Suid-Afrika deur die voorsiening van gesentraliseerde welsynsprogramme tot voordeel van al die inwoners van die land.
7Soos vermeld vorm maatskaplike welsynsdienste 'n integrale deel van die HOP. Daar was 'n algemene gevoel dat die apartheidsbeleid soos verwesenlik ook in die Owerheid se maatskaplike welsynsdienste, eerder bygedra het tot die verbrokkeling van die gesin en die gemeenskap. Daarom het die HOP hom dit ten doel gestel om die bestaande maatskaplike welsynsbeleid, programme en ondersteuningsdienste aan te pas by die veranderende Suid-Afrika, en om veral daardie deel van die gemeenskap wat histories agtergeblewe was, te hulp te snel.
8As oogmerke is gestel die daarstelling van basiese maatskaplike welsynsdienste aan aile Suid-Afrikaners, die herstel van die wanbalans van die verlede, die bemagtiging van die individu, gesin en gemeenskap, en die erkenning van die rol wat die partikuliere welsynsorganisasies en ander gemeenskapsgebaseerde organisasies kan speel in die voorsiening van welsynsdienste.
9Om die HOP in te stel, is beplan om die nasionale, provinsiale en plaaslike Owerhede meer te betrek, in ooreenstemming met intemasionale norme en standaarde. Daarom sou daar nie net 'n nasionale Department van Welsyn wees nie maar ook provinsiale
7
8
9
Vergelyk met African National Congress, The reconstruction and development programme:
a policy framework, pp. 4 - 7.
V ergelyk met African National Congress, The reconstruction and development programme:
a policy framework, p. 52; V. Sewpaul, ''The RDP: implications for social work pratice and social welfare policy development in South Africa", Social Work/Maatskaplike Werk, 27:1, March 1997, pp. 1 - 9.
Vergelyk met African National Congress, The reconstruction and development programme:
a policy framework, pp. 52- 53; F.N.M. Mazibuko, "Social workers and social policy: related functions and skills in practice", Social Work/Maatskaplike Werk, 32:2, 32: 1, 1996, pp. 148 - 161.
Departemente van W elsyn om die geweldige taak wat gewag het, te koordineer en te help uitvoer.
106.3 DIE DEPARTMENT VAN WELSYN, APRIL 1994 - DESEMBER 1995 Die eerste taak van die nuwe verenigde Departement van W elsyn was die daarstelling van
'n verenigde welsynsbeleid wat in staat is om die vraagstukke van die onderskeie gemeenskappe aan te pak . Vir hierdie doel is 'n Subdirektoraat Beleidsontwikkeling ingestel om 'n spesifieke welsynsbeleid op te stel. Die Subdirektoraat moes ook sake soos primere maatskaplike dienste, welsynswetgewing asook statutere rade en komitees ondersoek
11Die Departement se welsynsdoelstelling is opgesom as die fasilitering van die ontwikkeling van elke mens se volle potensiaal en om individue selfstandig te maak Verder is die funksies van die Departement beskou as die vasstelling van 'n welsynsbeleid
virSuid-Afrika, die bevordering van maatskaplike ontwikkeling, sosiale welsynsdienste, en effektiewe skakel- en kommunikasiedienste. Verder moes organisasies en individue gehelp word met administratiewe take asook regsondersteuningsdienste.
12Die wanverhoudings ten opsigte van fasiliteite
virdie onderskeie gemeenskappe wat in die verlede bestaan het, is 'n verdere taak wat die Departement hom opgele het. Sewe ander werksgroepe sluit in ondersoek na ' n nasionale welsynontwikkelingstrategie, omvattende welsynswetgewing, en die daarstelling van maatskaplike welsynsprogramme.
13Na deeglike beraadslaging is die hele struktuur van die Departement van Welsyn verander om aan te pas by die Owerheid se poging om die staatsdiens meer vaartbelyn te maak.
10
11
12
13
Vergelyk met African National Congress, The reconstruction and development programme:
a policy framework, p. 54.
Republiek van Suid-Afrika. Departement van Welsyn. Verslag van die Departement van Welsyn vir diejaar 1994. (RP 10411995), pp. 5-7.
Republic of South Africa. Department of Welfare, Report of the Department of Welfare for the year 1995-1996, p. 6.
Republic of South Africa. Department ofWelfare, Report of the Department of Welfare for the year 1995-1996, p. 9.
Hoofstuk Ses Blodsy 112
Die Departement se hoogste beleidmakende liggaam is die Ministeriele Komitee
virWelsyn en Bevolkingsontwikkeling. Om hierdie komitee by te staan is die Departementele Komitee oor Ontwikkeling - Maatskaplike Dienste in 1995 gestig. ' n Derde komitee , die Nasionale Interim- Raadplegende Komitee, is ingestel om te skakel tussen die partikuliere welsynsorganisasies en die Owerheid.
14In Suid-Afrika is maatskaplike dienste ten opsigte van kindersorg, bejaardesorg, gestremdesorg en oortredersorg aktief deur die Department van W elsyn uitgebrei na 1994.
Die nuwe Departement het egter ook aktief betrokke geraak by intemasionale organisasies . So het Suid-Afrika in 1994 die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die kind onderteken, terwyl die Intemasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel aktief in Suid-Afrika bekend gestel is.
15Na 'n lang afwesigheid as gevolg van sy apartheidsbeleid, het Suid-Afrika weer noue kontak met Afrikalande bewerkstellig na 1994. Inligting, videobande en plakkate is onder andere gedeel met Swaziland, Kenia en Mauritius.
16In 1995 het die Departement van Welsyn aktiefbetrokke geraak by die Wereldberaad oor Maatskaplike Ontwikkeling, terwyl vergaderings van die V oorbereidingskomitee by die Verenigde Nasies bygewoon is. Verder is insette gelewer by die Vierde Wereldkongres
virVroue: Optrede
virGelykheid, Ontwikkeling en Vrede in Beijing gedurende September 1995
_17Landsveranderinge op polities-ideologiese vlak en verskuifde paradigmas op Owerheidsvlak het ook 'n invloed op die professie maatskaplike werk gehad. Sedert die middel-negentigerjare het spesialiste en opleiers emsig begin kyk in watter mate demokratisering ook in die keuse van inhoud en opleidingsmetodiek van voomemende
14
15
16
17
Republic of South Afiica, Department of Welfare. Report of the Department of Welfare for the year 1995-1996, p. 7.
Republiek van Suid-Afrika. Departement van Welsyn. Verslag van die Departement van Welsyn vir diejaar 1994 (RP 10411995), pp. 12, 15.
Republiek van Suid-Afiika. Departement van Welsyn. Verslag van die Departement van Welsyn vir diejaar 1994 (RP 10411995), p. 15
Republiek van Suid-Afiika. Departement van Welsyn. Verslag van die Departement van Welsyn vir diejaar 1994 (RP 10411995), p. 4.
maatskaplike werkers vergestalt kan word. Verafrikanisering in maatskaplike werk is teen 1995 al aan sommige tmiversiteite aangebied
. 18In 1995, na die aanvanklike aanpassings die vorige jaar, was die Departement van Welsyn
in staat om sy nuut geformuleerde doelstellings bekend te maak. Die Departement sestrewe sou in die toekoms wees om die ontwikkeling, implementering en monitering van
'n maatskaplike welsynsbeleid te behartig. Tesame daannee sou maatskaplike ontwikkeling en welsynsdienste asook kommunikasie en skakeldienste bevorder word.
Dit sou beteken dat die Departement ook defmitiewe wetlike dienste sou lewer.
19Teen die einde van 1995 het die nuwe Departement reeds ver gevorder in sy beplarming.
Die Departement het probeer om die veranderende omstandighede in Suid-Afrika en die res van die wereld
ingedagte te hou in sy beplanning vir die toekoms
.206.4 TOEKOlVISVERW AGTINGE
Die Owerheid se welsynsplan vir die toekoms stetm op samewerking tussen die nasionale Departement van W elsyn, ander nasionale departemente, provinsiale departemente en NRO' s. NRO
's, met
hulle bestaande stn1kture en lang tradisie ten opsigte van dieverlening van maatskaplike hulp, kan 'n belangrike rol in die nasionale Department van W elsyn se welsynsbeleid speel. Op die oomblik word gepoog om die rolle van die
18
19
20
Vergelyk H. Strydom, "Die inhoud van 'n kursus in multikulturele maatskaplike werk", Maat- skaplike Werk/Social Work, 31:2, Junie 1995, pp. 115 - 125; R. Taback, "The movement towards indigenization of social service delivery in South Mrica", Social Work/Maatskaplike
Werk, 27:3, August 1991, pp. 268-271.
Republic of South Africa. Department of Welfare, Report of the Department of Welfare for the year 1995-1996, p. 6.
'n Konsepwetsontwerp rakende welsyn is in F ebruarie 1996 vir kommentaar gepubliseer.
Tesame met die witskrif is 'n Maatskaplike Welsynaksieplan bekend gestel. Die vyf-jaar- nasionale plan sal die witskrif implementeer. Aandag word vera! aan die armste van die Suid- Afrikaanse gemeenskap gegee. 'n Mdeling van die Aksieplan is 'n Nasionale Plan van Aksie om families te herbou en aandag te gee aan die lot van kinders en vroue in Suid-Afrika.
Republic of South Mrica, Department of Welfare, Report of the Department of Welfare for the year 1995- 1996, p. 4.
Hoofstuk Ses Bladsy 114
Owerheid aan die een kant en die NRO's aan die ander kant te omskryf. Daar sal gepoog word om fragmentasie en duplisering uit te skakel.
21Die Witskrif oor maatskaplike welsyn is in 1996 die eerste keer gepubliseer. In hierdie dokument val die klem op maatskaplike welsyn as instn1ment van heropbou en ontwikkeling. Die individue se potensiaal en selfontwikkeling speel "n belangrike rol in die toekomstige werk van die Owerheid ten opsigte van welsyn. Maatskaplike dienste word beskou in samehang met ekonomiese opbou en ontwikkeling. Die witskrif stel dit ook duidelik dat Suid-Afrika nie "n welsynstaat is nie. Die individu word gehelp om homselfte help en daardeur die hele land te help.
22Die Departement van W elsyn beskou die be legging in maatskaplike welsynsprogramme as "n belegging in mense. Die ontwikkeling van die mense as hulpbron en die bydrae wat tot die nasionale ekonomie gelewer kan word, is beklemtoon. Basiese menslike behoeftes moet aangepak word om armes, kwesbares en mense op randgebiede te ondersteun.
23Daar word beoog om die konsepwitskrif deur
'n nasionale aksieplan van vyf jaar teimplementeer.
Inhierdie opsig sal die nasionale en provinsiale departemente van welsyn nou saamwerk. As prioriteite word genoem die opbou van gesinne, kinders en jeug, programme om armoede te verminder, die bevegting van mishandeling van vroue asook die ekonomiese bemagtiging van vroue. Verder moet alkohol- en ander dwelmmisbn1ik
21
22
23
Republiek van Suid-Afrika. Departement van Welsyn. 'n Bylaag oor die Konsepwitskrifvir Maatskaplike Welsyn, 'n Nuwe N/issie vir Welsyn in Suid-Afrika, Februarie 1996, p.l; Departement van Welsyn, 'n Bylae oor die Konsepwitskrifvir Maatskaplike Welsyn, NRO's:
Die regering se welsynsvennoot, Februarie 1996, p.4.
Republic of South Africa. Department of Welfare. Report of the Department of Welfare for the year 199 5- 1996, p. 8; vergelyk ook R. Rankin, "Developmental social welfare: challenges facing South Africa", Social Work1Jl1aatskaplike Werk, 33:3, 1997, pp. 184- 192.
Republiek van Suid-Afrika. Departement van Welsyn 'n Bylaag oor die Konsepwitskrif vir Maatskaplike Welsyn, 'n Nuwe A'/issie vir We/syn in Suid-Afrika, Februarie 1996, p.l.
bekamp word, die invloed van chroniese siektes soos VIGS
24beveg word en fisies en psigies gestremde persone se regte bevorder word.
25Teen F ebn1arie 1997 kon die Departement van W elsyn berig dat daar goed gevorder is met die samesmelting van alle maatskaplike sekuriteitstelsels, terwyl gelyke betaling vir begunstigdes sedert April 1996 bestaan. Gelykheid ten opsigte van subsidies is ook teweeggebring. Programme van die Departement sluit in 'n voorkeurprogram vir werklose vroue met kinders jonger as
vyfjaar, wat reeds in die Noordelike Provinsie, Noordwes en Wes-Kaap geloods is.
26'n Nuwe stelsel van toelaes aan gesinne ten opsigte van kinders, asook gesondheidsorg met betrekking tot swanger vroue en nageboortelike sorg is ook ingestel.
24
25
26
Die invloed van chroniese siektes op die individu en die gemeenskap is nog altyd deel deur die maatskaplike werker aangespreek. In die begin negentigetjare het die toenemende openheid oor veral VIGS en HIV 'n prominente rol begin speel in die welsynsdienslewering van partikuliere en vrywillige welsynsorganisasies. Vergelyk Anon., "VIGS en maatskaplike werk", Maatskap- like Werk Praktyk/Social Work Practitioner, :2, 1990, p. 1; E.N. Chinkanda, "Some psycho- social issues regarding the care of AIDS patients", Social Work Practitioner/Maatskaplike Werk Praktyk, :2, 1990, pp. 12- 14; en G. Isaacs, "A voluntary non-government social service centre dealing with HIV infection, AIDS and human sexuality: strategic intervention in post- apartheid South Africa", Social Work Practitioner/Maatskaplike Werk Praktyk, 4:1, March 1991, pp. 12- 18.
Republiek van Suid-Afrika. Departement van Welsyn. 'n Bylaag oor die Konsepwitskrifvir
Maat~kaplike Welsyn, 'n Nuwe Missie vir Welsyn in Suid-Afrika, Februarie 1996, p.1. Republiek van Suid-Afrika. Die grondslag vir 'n betel' /ewe is gele. Die regering se halftermynverslag aan die nasie, pp. 42- 43.