• No results found

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid 226

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid 226 "

Copied!
14
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid 226

Hoofstuk 5

Praktykteoretiese perspektiewe

op die toepassing van noutetiese berading

5.1 lnleiding

In die basisteorie is aangedui dat gelowiges die opstanding-lewe van Christus ononderbroke deur die Heilige Gees ontvang. Paulus beskryf die Kerk as 'n eenheid - gelowiges in verhou- ding tot Christus is "in Christus" (2 Kor. 5:17); dus kinders van God (Rom. 8:14, vergelyk ook 1 Joh. 3:1 ,2). Christus se opstanding-lewe is volkome en in Hom het gelowiges alles (vergelyk Ef.

1 :3; Kol. 2:9) or1 volkome kinders van God te wees (Rom. 8:16), d.w.r.. om te leef ooreenkom- stig hul wese (Ef. 5:8). Hulle het die Gees (Rom. 8:9); hulle is deur Hom met Christus in sy dood en opstanding verenig (Rom. 6:3 v.); deur Hom verseel (Ef. 1:13, 14), en omdat Hy in hul- le is (Joh. 14:17), is hulle deur Hom vervul (Ef. 5:18) en geheilig (1 Kor. 6:11), sodat hulle heilig kan lewe (Rom. 12:1; Ef. 1:4).

In die pietisme-vorm waarop daar in die studie gefokus is, word gelowiges egter onder 'n dog- matiese en/of wettiese verpligting geplaas om iets bykomstigs en opvolgend en skynbaar beter as die ewige lewe wat hulle in Christus deur die Heilige Gees het, na te jaag. 'n "Tweede gena- dewerk" word as noodsaaklik vir lewensheiligheid voorgehou, want volgens die leer moet gelo- wiges van "inwonende sonde" verlos word, beide om inisieel met die Gees vervul te kan word en daarna herhaaldelike vervullings te fasiliteer. Die pietisme trek die Bybel se grondstelling rakende die volheid van nuwe lewe in Christus binne die indikatief-imperatief-verhouding van die Versoening (vergelyk p. 110-111) skeef, en/of misken dit. Die negatiewe potensiaal van so 'n leer, om die werklike uitleef van wat gelowiges in Christus is, te strem of selfs te verhoed, is in die basisteorie beredeneer. In plaas daarvan om gelowiges na die ewige lewe - wat reeds hier begin -tot eer van God te begelei, word hulle deur so 'n leer mislei.

As iemand vanwee mistastings rakende lewensheiligheid nie beset dat hy volgens die Skrif reeds die valle lewe in Christus ontvang het nie, bestaan daar ook die moontlikheid dat hy van- wee so 'n leer nie in die volheid van die Versoening leef nie. Vanwee die wanopvatting dat ge- lowiges addisioneel van "inwonende sonde" verlos moet word, kan dit binne en vir verskeie fa- sette van 'n gelowige se lewensheiligheid en alledaagse wandel uiters negatiewe gevolge in- hou. Dit het duidelik na vore gekom uit die empiriese ondersoek: gelowiges het begin twyfel aan hulle saligheid en ander was selfs deur die leer van God vervreem.

Teologiese opleiding en addisionele akademiese blootstelling het die deelnemers van die kate-

gorie "voorheen p-persone" in staat gestel om hul probleem aan die hand van die Skrif te han-

teer. Hulle het van die pietisme losgekom, maar iemand wat nie tot dieselfde insigte kan kom

(2)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oar /ewensheiligheid

227 nie, kan dalk nie van die pietisme loskom nie. Daar kan geantisipeer word dat 'n gelowige wat tevergeefs na so 'n opvolgende genadewerk seek, of in/vanwee die pietisme-vorm ontnugter word, in die een of ander stadium pastorale begeleiding/berading kan benodig. Gelowiges meet verstaan wie en wat hulle in Christus is en weet dat die Versoening volkome is sodat hulle deur die Heilige Gees heilig lewe.

In die metateoretiese studie is 'n narratiewe empiriese ondersoek na betrokkenheid by die pie- tisme-vorm gedoen met die fokus op die vrae rakende hoe iemand daarby betrokke raak; waa- rom iemand daarin bly en hoe iemand daaruit kan kom of dit nooit aanvaar het nie. Die resulta- te van die metateoretiese studie is in drie gevolgtrekkings saamgevat, nl. wat die pietisme be- hels, waarom mense daarby betrokke raak en/of daarin bly en wat gelowiges verhinder om daarby betrokke te raak en/of daarvan los te kom. By elk van die gevolgtrekkings is 'n aanbeve- ling gedoen en dit word in hierdie hoofstuk rigtinggewend in die beradingsfokus en die toepas- sing van nouthesia in ag geneem.

5.2 Beradingsfokus

Pastorale begeleiding/berading om gelowiges by te staan wat weens pietistiese mistastings oor lewensheiligheid nie in die volheid van die Versoening lewe nie, sal op twee vlakke of troosten- de dimensies (Louw, 2005:313) kan konsentreer. Enersyds sal gelet meet word op die sorgsa- me begeleiding van gelowiges wat na 'n ideaal van 'n opvolgende en bykomende genadewerk streef. Dit sal ook diegene kan insluit wat probeer om aan die vereistes ('n sogenaamde stan- daard) wat binne of vir sodanige ideaal neergele is, te voldoen. In die begeleiding sal, ander- syds, daarop gekonsentreer meet word om die gevolge van teleurstelling of 'n geloofskrisis vanwee so 'n "genadewerk", die hoof te bied.

Die doelwit van berading vir beide dimensies het uit die empiriese resultate na vore gekom: eer- stens dat gelowiges bewusgemaak meet word van die allesomvattendheid en volkomenheid van die Versoening. Dit is noodsaaklik dat dft reg begryp meet word sodat iemand, tweedens, deur die vestiging van 'n Bybelse begrip van lewensheiliging, begelei kan word tot geloofsvol- wassenheid en integrale geloof (Louw, 2005:314) om vanuit die Versoening en ondersteun deur die Heilige Gees se werking, reg te lewe.

Die troos vir beide beradingsdimensies word in die Versoening self gebied. Die eskatologiese

kousaliteit van lewe in Christus dien as beg rending daarvoor: Christus het gesterf en opgestaan

en gelowiges kan bemoedig word dat sy soenverdienste (Louw, 2005: 160) volkome is (vergelyk

eerste doelwit, p. 20). In hierdie verband verwys Louw (2005:343) na die "modaliteit van die

perfektum" wat blyk uit Blass en Debrunner (1961 :175) se stelling oor die aktionsart van die per-

fektum: dat die aoristus en praesens daarin gekombineer is. Met betrekking tot die Versoening

dui dit aan dat dit volmaak is: dit is gedoen, afgehandel, en op grond van die onbeperktheid

(3)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor /ewenshei/igheid 228 daarvan, kan gelowiges ononderbroke in Christus se opstanding-lewe leef. Die navorser verge- lyk die modaliteit met die indikatief van die Versoening: gelowiges leef die ewige lewe op grond van, vanwee en vanuit die voldane Versoening.

Die "modaliteit van die praesens" (Louw, 2005:344) van die Versoening kan nie van die perfek- tum geskei word nie. Die onverpoosde werking van die Heilige Gees (vergelyk Fil. 1 :6) bied die eksistensit:He realiteit vir die kerk as Liggaam van Christus. Vir die kerk as geheel en gelowiges individueel kan dit vergelyk word met die imperatief wat uit die Versoening voortvloei: die ewige lewe is nie iets passief nie, maar binne die wil van God meet gelowiges ooreenkomstig wie hulle is (vergelyk Ef. 5:8), in die vervulling met die Heilige Gees reg lewe (vergelyk Ef. 5:18). Wat die berading aan gelowiges sou betref om hieraan te voldoen, dui Adams (1970:73) in sy stelling dat "[n]outhetic counselling ... is simply an application of the means of sanctification" (kursief oor- spronklik) relevant aan waarop nouthesia toegespits is. Die indikatief en imperatief van die Ver- soening (d.w.s. dit wat Christus gedoen het en gelowiges se resiproke toewyding daarvolgens), kom dus in noutetiese berading na vore (vergelyk Diagram 1 op p. 114).

5.3 Die toepassing van 'n noutetiese beradingsmodel

'n Noutetiese beradingsmodel is gekies om by gelowiges wat vanwee die te berde pietisme- vorm verstaanprobleme ten opsigte van lewensheiligheid en -heiliging ondervind, balans te br- ing deur middel van 'n Bybels-verantwoorde begrip van die Versoening. Die keuse is in hoof- stuk een verantwoord met verwysing na die selfstandige naamwoord vou8Ecria: en die werk- woord vou8E'tew waarvan die model se benaming afkomstig is. Vanuit die noutetiese vertrek- punt, wat gekombineer word met die indikatief-imperatief-perspektief oor die Versoening, word die toepassing van 'n hermeneutiese interaksiemodel vervolgens nader aangedui.

Die doel van die toepassing is nie om 'n volledige pastorale metodologie uiteen te sit nie. Ge- fundeerde werk hieroor is reeds beskikbaar in, o.a. Adams (1987), Collins (1988) en MacArthur en Mack (1994). Die doelwit is om in die konteks van die studie vanaf 'n noutetiese (Bybelse) vertrekpunt en toeligting vanuit die empiriese resultate, begeleiding aan die hand te doen hoe om persone met die pietistiese "mistastingsprobleem" pastoraal te bemoedig, aan te moedig en te begelei in Christelike lewensheiligheid en -heiliging.

5.3.1 Werk-paradigma

Die toepassing van die noutetiese beradingsmodel behels aspekte van onderrig, waarskuwing

en teregwysing vir die remediering van die pietistiese mistastings. Metodologies gesproke hoef

so 'n beradingsmodel nie ingewikkeld te wees nie. Faul en Hanekom (2008:5 v.) se lewensvi-

siemodel kan as 'n werk-paradigma dien vir die pastorale berading wat in die konteks van die

studie in die vooruitsig gestel word. Die paradigma kan soos volg daar uitsien:

(4)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oar lewensheiligheid

229

~

lemand wat met pietistiese mistastings te kampe het (bv. vanwee bygelowige, rigiede en/of outoritere geloofspraktyke- Louw, 2005:364), word bewus van die probleem en soek na 'n oplossing.

~

ldentifiseer die aard en omvang van die probleem, nl. pietisme. Dit kan d.m.v. die narratief van die berade persoon verneem word (vergelyk Louw, 2005:365) of 'n persoonlike data- inventaris (POI) (Mack, 1994:222) gepaard met vertelling kan hiervoor gebruik word. Die kernbesonderhede (vergelyk Adams, 1986:259 v. "core data") is hier van kardinale belang.

~

Plaas die probleem in perspektief vir die berade persoon. Die konfrontasie van noutheteo is hier toepaslik: om besonderhede rakende die bepaalde probleem vir 'n berade persoon duidelik verstaanbaar uit te stippel, d.w.s. hom/haar daarmee te "konfronteer." Powlison (1994:51) se stelling oor noutheteo is hier belangrik, nl. dat die werkwoord letterlik beteken

"to place in mind." As sorlanig sou konfrontasie met waarskuwing gepaard gaa'1: dat die berade persoon nadruklik bewus gemaak word van die gevaar/moontlikheid dat die pietis- me-vorm vir God uiteindelik uit sy lewe kan verdring.

~

Onderrig die persoon om die betekenis van die soenverdienste van Christus te begryp (vergelyk p. 13-14 nouthesia).

~

Die berade persoon moet oor grondige kennis beskik ten einde in staat te wees om 'n inge- ligte keuse te kan uitoefen. Ondersteun hom/haar om die pietisme-vorm enersyds, en hei- liging in Christus andersyds krities te evalueer ten einde 'n weloorwoe, Skrif- verantwoordbare besluit te kan neem. Die berade persoon se onderrig in die Bybelse bete- kenis van sonde (vergelyk p. 40-58) en heiliging (vergelyk p. 98 v.) is hier relevant.

In die verloop van die beradingsproses kan die noutetiese aspekte van onderrig, teregwysing en waarskuwing beurtelings aan die orde kom soos nodig.

Soos reeds in die basisteorie aangedui, is pietisme 'n veelvuldig geskakeerde en veelkantige probleem wat vir beide 'n individu en 'n geloofsgemeenskap negatiewe uitkomste kan meebring.

Gegewens oor die problematiek is empiries bekom uit die narratologiese ondersoek waaruit dit blyk dat die dogma van opvolgende genadewerke 'n verskeidenheid probleme vir gelowiges in- hou. Daar sou voorsien kon word dat die dogma met verloop van tyd ook 'n negatiewe impak op 'n betrokke kerkgenootskap se ontwikkeling kan he, nl. gelowige individue kan in 'n blyd- skaplose, wettiese leefwyse om 'n neergelegde "standaard" te moet handhaaf, vasgevang raak;

die (soms liefdelose) handelswyse van pietistiese persone kan verstaan-probleme rakende die

werklikheid en egtheid van die Christelike geloofslewe by beide medegelowiges en ander ver-

oorsaak; 'n gemeente kan ly vanwee 'n pietistiese leraar se prediking of pietistiese lidmaatl-ate

se betwisbare optrede teenoor ander gemeentelede en buitestanders; vanwee fundamentalisti-

es-rigiede strukture oor die handhawing van 'n dogma of tradisie kan leraars en lidmate indivi-

dueel onaangenaamheid en trauma ervaar wat 'n gemeente of die genootskap kan benadeel

(5)

Noutetiese berading van persone met piiHistiese mistastings oor lewensheiligheid 230 'n Gernterpreteerde geheelbeeld van die data van die twee navorsing-afdelings is gevorm deur dit te tabuleer. Die basisteoretiese gevolgtrekkings en die empiriese bevindinge is kernagtig in drie tabelle georden wat onderskeidelik 'n bree oorsig bied op (1) betrokkenheid by pietisme (2) waarom iemand in pietisme bly en (3) waarom iemand nie betrokke raak by en/of loskom van pietisme nie. Die tabelle kan, met verwysing na Faul en Hanekom se model, dien as 'n basis om 'n toepassing van noutetiese berading deur middel van 'n aantal gespreksessies met 'n be- rade persoon voor te stel. 'n Gespreksessie of -sessies word voorgestel

5.3.1.1 Betrokkenheid by pietisme

Tabel 2: Betrokkenheid by pietisme

Ge~'olgtrekkings

uit die basisteorie Bevindinge

r

!it die empiriese ondersoek

• 'n Nie-hermeneutiese hantering van die betekenis • Onkunde/gebrek aan Bybelkennis van pas- van sonde en heiligheid/heiliging by die eerste bekeerde gelowiges/nuwe lidmate werk gehore/lesers van die Bybel en die verkondiging/ daartoe mee dat mense by pietisme betrok- handhawing van 'n pietisme-dogma veroorsaak ke raak.

teologiese mistasting by lidmate.

• 'n Pietisme-dogma oor 'n opvolgende gena-

• Die Heilige Gees is in sy volheid by die gemeen- dewerk/e vind byval: gelowiges wil graag te as geheel en gelowiges persoonlik. Perfeksi- sondeloos/perfeksionisties leef en smag na onisme spruit voort uit individualistiese pietisme. "meer'' van die Gees.

• Gelowiges is deur die inwoning van die Heilige • Gelowiges word be"indruk deur allegorisering Gees in die gemeente en as individu geheilig. van O.T. -gebeure bv. die Egipte-woestyn- lndividue kan vleeslik optree, maar daar bestaan Kanaan-sage in die volksgeskiedenis van Is- nie so-iets soos 'n "vleeslike gelowige" nie. rael waarvolgens sg. vleeslikheid vs. geeste-

• 'n lndividualistiese heiligheidstrewe en pietistie- likheid verkondig of "gestaaf' word.

se prestasie-gedrewenheid is vreemd aan die • Opregte entoesiasme om die Here voluit te Skrif. Die gemeente moet heilig wees sodat sy dien/diensbaar te wees, dryf onkundige ge- lede voortdurend geheilig word. lowiges daartoe om individueel 'n heiligma-

• Lewensheiligheid en -heiliging bestaan in die king-gebeurtenis nate jaag.

werk van die Heilige Gees wat die gemeente as • Narewe lidmate aanvaar dat die Woord her- geheel en gelowiges as lede deur die Woord/ meneuties verantwoord verkondig word en/of prediking lei en in die gemeenskap van die heili- hulle vertrou predikante kritiekloos dat die ges en die sakramente bekragtig om kinders van dogma wat verkondig word, Bybelgefun-

God te wees. deerd is.

Verkeerde inligting/onderrig laat gelowiges onkundig m.b.t. wie en wat hulle in Christus is. Die stelreel in Spr. 23:7 dat iemand volgens wat hy dink, leef, sou hier belangrik geag kon word. Met inagneming van die aanbeveling oor die aard van die pietisme-vorm, nl. 'n onbybelse vereiste vir 'n bykomende genadewerkle, moet die Skrifopenbaring oor die algenoegsaamheid van Christus se Versoening asook die volgehoue, heiligende werking van die Heilige Gees vanaf Regverdig- making, veral aan pasbekeerde mense of nuwe lidmate duidelik gemaak word.

Twee gespreksessies kan aanvanklik dien om die mistasting te hanteer.

(6)

Noutetiese berading van persone met piiHistiese mistastings oar lewensheiligheid 231 GESPREKSESSIE 1

Stel die probleem vas 1. Vestig rapport met klient.

2. Stel vas of die persoon 'n belydende gelowige is. Feitelike inligting hieroor is bepalend ten opsigte van pietisme en die verdere verloop van die beradingstrategie.

3. lndien die persoon nie 'n belydende gelowige is nie, sou aanvanklike gesprekke ("pre- counseling" -Adams, 1977:45) om die persoon tot 'n geloofsverhouding met die Here te lei, noodsaaklik wees. Tydens so 'n gesprek/gesprekke kan pietistiese mistasting/e grootliks ondervang en voorkom word as die persoon onderrig word oor wat die Versoening inhou en wat 'n gelowige in Christus is. Dit behoort opgevolg te word om die gelowige in sy geloofs- lewe te help vestig.

~~

Gebed vorm 'n integrale deel van pastorale berarling (McMinn, 1996:61 v.) en in hierdie proses sal dit 'n noodsaaklike komponent meet wees soos dit ook in die metateorie na vore gekom het. Gegewe die aard van die beradingsonderwerp en die "tipe" beradene (baie godsdienstige persone) asook die uitgangspunt (p. 15 v.) dat berading in afhanklikheid van die Heilige Gees gedoen word (vergelyk McMinn, 1996:68) is gebed die noodsaaklike kom- ponent om die gesprekke mee te begin en af te sluit. Die berader kan die beradene ook aanmoedig om die beradingsproses deurentyd tydens sy daaglikse gebede aan die Here op te dra. Dit is noodsaaklik dat die berader ook die seen van die Here meet afsmeek op die proses.

5. Die aanvanklike berading vervul die baie belangrike funksie om die persoon op 'n Bybelse geloofsgrondslag te plaas. Dit verg baie sorg, en in sommige gevalle kan dit 'n tydsame proses wees.

6. lndien die persoon 'n gelowige is, meet dit vasgestel word waarom hy/sy hulpl'n oplossing seek- is pietistiese mistasting oor 'n opvolgende genadewerk dalk die probleem?

7. Vrae vervul 'n noodsaaklike funksie tydens die beradingsproses:

• Verduidelik dat dit vanuit die beradingsvertrekpunt noodsaaklik is om (aanvanklik) d.m.v.

vrae te kommunikeer.

• Vrae meet relevant op die beradingskwessie (bv. pietisme) ingestel wees.

• Relevante antwoorde moet op relevante vrae verkry word. lndien die verlangde inligting nie verkry word nie, meet die vrae anders geformuleer word.

• Vrae meet deurdag en bedagsaam wees - 'n berader meet in ag neem dat daar by 'n persoon dalk kwessies aanwesig kan wees waaroor hy/sy nie maklik sou kon/wou praat nie - en 'n vraag waaroor die klient ongemaklik voorkom, meet dalk eers gelaat, maar la- ter weer aangeraak word.

8. Die berader meet volledige besonderhede van die berade persoon en aanverwante kwes-

sies verkry ten einde paraat te wees vir die berading-scenario. Hiervoor kan die klient ver-

(7)

Noutetiese berading van persone met piiHistiese mistastings oor lewensheiligheid 232 soek word om by die huis 'n persoonlike data-inventaris (P D I) ('n voorbeeld verskyn in Adams, 1970:271-274 asook MacArthur & Mack, 1994:222-223, 387-390) in te vul en dit binne 'n vasgestelde tyd voor die volgende gespreksessie aan die berader te besorg. Met die oog op inligting oor of betrokkenheid by die pietisme-vorm, kan die P D I spesifiek daar- voor opgestel word.

Die inventaris vervul 'n belangrike doel, want die vraelys:

• bied aan die berade persoon die versekering dat die berader gesteld is op deeglikheid en wek so vertroue by hom/haar (MacArthur & Mack, 1994:222);

• is 'n databasis van inligting waarna die berader tel kens terug kan verwys om te voorkom dat belangrike besonderhede vergeet word of nie agterwee gelaat word nie (:222);

• se inligting is noodsaaklik vir die voorbereiding vir opvolgende gesprekke (:222);

• kan die persoon help om S81f te besin oor kwessies in sy/haar lewe as hy/sy eerd~=r skrif- telik sou wou antwoord op vrae waaroor hy/sy nie maklik sou kon/wou praat nie (:222).

GESPREKSESSIE 2

Plaas die probleem in perspektief

1. Hanteer die P D I en klaar moontlike onduidelikheid uit oor wat daarin voorkom al dan nie.

2. lndien die pietisme van opvolgende genadewerke nie die persoon se probleem is nie, moet vasgestel word wat die werklike probleem is (Louw, 2005:313; Collins, 1988:44).

3. lndien die probleem weliswaar die betrokke pietisme-vorm is, stel vas hoe die persoon daarby betrokke geraak het? (vergelyk Tabel 2). 'n Narratiewe verkenning sou hiervoor die aangewese metode wees en 'n elektroniese of bandopname van die narratief (met die per- soon se toestemming) sou met die oog op verdere begeleiding as noodsaaklik geag kon word.

4. Verken die persoon se insig met betrekking tot die Bybelse begrip sonde.

5. Hanteer die Bybelse sondebegrip kortliks. Belangrike teksgedeeltes wat hier deur die be- rader gebruik kan word, is o.a. Rom. 5:12, 1 Joh. 1:5-10, Rom. 7:17; 1 Joh. 3:4, 9. Bera- ders moet daarteen waak om 'n persoon nie te oorweldig met te veel detail nie, daarom is huiswerk 'n nuttige metode om 'n persoon self oor 'n saak te laat besin.

6. Huiswerk: Die persoon moet die volgende teksverse met betrekking tot sonde nagaan en sy/haar verstaan en/of indrukke skriftelik probeer weergee: Rom. 5:12; Rom. 6:2; 7:17, 20;

Rom. 7:24; 1 Kor. 13:4-6 (die teenoorgesteldes van die regte); Ef. 4:25-31; Gal. 5:22 (teen- oorgesteldes van die vrug van die Gees); Kol. 3:5; Jak. 4:17; 1 Joh. 3:4, 9.

7. Die werk moet binne 'n vasgestelde tyd voor die volgende gespreksessie aan die berader

besorg word.

(8)

Noutetiese berading van persone met piiHistiese mistastings oor lewensheiligheid

233

5.3.1.2 Waarom iemand in pietisme (wil) bly

Tabel 3: Waarom iemand in pietisme (wil) bly

Gevolgtrekkings uit die basisteorie Bevindinge uit die empiriese ondersoek

• Uit regverdigmaking/wedergeboorte in Christus • Lid mate aanvaar die dogma/leer van hul werk die Heilige Gees lewensheiligheid in gelo- kerk.

wiges.

Die aanname dat 'n 2de genadewerk werk-

• Gelowiges se heiligheid bestaan in die Heilige • lik bestaan, neig leraars daartoe om dit te Gees by/in hulle wat hulle lei om kinders van verkondig en lidmate om dit aan te hang.

God te wees.

Die verkondiging word mettertyd aanvaar

• In 'n godsdienstige stryd om 'n bykomende gena- • as reg . dewerk te ontvang verloor gelowiges hul vryheid.

• Die "veiligheid" van 'n kerklike tradisie en

• 'n Moderne fariseTsme ontstaan as die klem op handhawing van 'n uiterlike "standaard."

sonde as iets wat net godsdienstige betekenis

• Geslotenheid van geloofsgP.meenskappe het, geplaas word, of ii uiterlike dinge bestaan.

weerhou bevrydende kenni3invloede.

• Heiligheid en heiliging heteken nie dat die Heilige Gees gelowiges pneuma-monisties "beheer" nie.

Lidmate kan in 'n pietisme van opvolgende genadewerke en 'n hunkering na ervarings vasge- vang raak as hulle nie verstaan wat die Versoening inhou en/of besef wat die regverdigmaking/

wedergeboorte in werklikheid is nie. In so 'n geval kan lidmate in hul geesdrif mistas, en 'n ui- terlike heiligheid/farise"isme beoefen waardeur 'n kerklike "standaard"/tradisie nagevolg of in stand gehou word. Om lojaal te wees of te bly of iets rigied/tradisionalisties as waar of reg te aanvaar/te handhaaf, is makliker as om te besef en te erken dat daardie iets verkeerd was/is.

Lidmate/gelowiges wat met pietistiese mistastings ocr opvolgende genadewerke te kampe het, kan moontlik as gevolg van mistasting die volheid van die Versoening verkeerd verstaan. Hulle meet onderrig en begelei word in hul geloof en begrip van die werk van die Heilige Gees in hulle lewe. Dit is noodsaaklik sodat hulle volgens die Woord ten voile as kinders van God in die ge- meente en die wereld kan lewe. Die individualisme wat intrinsiek deel uitmaak van die pietisme- vorm, kan stremmend inwerk op gelowiges se deelgenootskap aan die gemeente en die gemeen- te insgelyks benadeel.

Die moontlikheid dat iemand in 'n leefstylverslawing van oorgodsdienstigheid vasgevang kan

raak - dat die pietisme-vorm selfs God se plek inneem - meet ondervang word deur berade per-

sene te begelei in die werklikheid waarin liefde tot God en naaste die gelowige se hoogste geed

is. Die negatiewe aspekte wat by pietisme kan voorkom (bv. geestelike trots/hoogmoed, onver-

draagsaamheid/rigiditeit ocr 'n leer en kerktradisie, hardheid en haatlikheid teenoor medegelowi-

ges, mistisisme), is 'n werklikheid. Dit verg liefdevolle, maar ferm pastorale optrede, verantwoor-

de prediking en die uitleef van ware toegewydheid aan die Here deur leiers en lidmate om Chris-

tus te verhoog (vergelyk Joh. 17:20, 21, 23).

(9)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid 234 GESPREKSESSIE 3

Plaas die versoening in perspektief

1. Hanteer die vorige huiswerk. Stel vas of die persoon verstaan wat die Bybel met betrekking tot die konsep sonde leer.

2. Verken die persoon se insig met betrekking tot die Bybelse begrip van die Versoening.

3. Hanteer die omvangrykheid van die Regverdigmaking.

4. Stel vas of die persoon verstaan wat die Heilige Gees in ons lewe doen met betrekking tot wedergeboorte/om "in Christus" te wees.

5. Stel vas of die persoon verstaan wat die inwoning deur die Heilige Gees beteken.

6. Huiswerk: Vra die persoon om die volgende tekste te gaan oordink en skriftelik sy/haar be- grip/verstaan/indrukke weer te gee met betrekking tot:

• Versoening: Rom. 6:3;

• Regverdigmaking en wedergeboorte: Joh. 1: 13; 3:3; Rom. 6:5; 6:15-23 (geregtigheid in verband met heiligmaking); 1 Kor. 1 :30; 2 Kor. 5: 17; Gal. 2:20; Ef. 2:8-9; Kol. 2:9-1 0; 2 Pet. 1:3;

• Die Heilige Gees in gelowiges se lewe: Hand. 2:47, Rom. 8:29; Rom. 5-8; Rom. 8:9b; 1 Kor. 1:7, 30; Gal. 5:16-26; Ef. 4:13; Fil. 1:6; Op. 3:16;

• Die praktiese uitlewing van die ewige lewe deur gelowiges in die geloofsgemeenskap/

kerk en die wereld, met ander woorde, om Christus onder mense te vergestalt: Matt. 5:1- 14; Rom. 12:1-13:14).

7. Die werk meet binne 'n vasgestelde tyd voor die volgende gespreksessie aan die berader

terugbesorg word.

(10)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid

235

5.3.1.3 Waarom iemand nie betrokke raak by en/of loskom van pietisme nie

Tabel 4: Waarom iemand nie betrokke raak by en/of loskom van pietisme nie

Gevolgtrekkings uit die basisteorie Bevindinge uit die empiriese ondersoek

• Die heiligheid van die gemeente, d.w.s. om as • Skrifgetroue onderrig deur voldoende teo- geloofsgemeenskap met die Gees vervul te logies-opgeleide predikante en getroue wees (Ef. 5: 18), is noodsaaklik vir die heiliging pastorale versorging van die kudde.

van gelowiges as individue.

• Teenstrydige (onheiligelliefdelose) optrede

• Praktiese lewensheiligheid vrywaar niemand van pietiste-gelowiges maak ander gelo- teen sonde nie, maar gelowiges sondig teen wiges bedag op die ontoereikenheid daar- God wanneer hulle aan die Woord ongehoor- van.

saam is t.o.v. optrede teenoor ander.

• Gebed en onderlinge ondersteuning vir

• Lewensheiligheid kom nie tot uiting in kompeti- gelowiges wat in pietisme vasgevang is.

sie met ander nie, maar binne liefdevolle ver-

'n Opregte, eenvoudige naleef van Chris- houdinge met, en tot voordeel van ander- bei- •

de in en buite die gemeente. tus in betrokkenheid by die nood en be- hoefte van ander volgens sy voorbeeld.

• Progressiewe heiliging kom tot uiting in die aile- daagse lewe.

Die Woordbediening staan sentraal en kan nie deur iets anders vervang word nie. Dit is 'n ge- gewe dat 'n suiwer dogma in 'n hermeneuties verantwoorde Skrif-eksegese verklaar meet word.

Die Bybelse leer oor lewensheiligheid wat op die Versoening berus, en toewyding aan Christus wat uit die wedergeboorte realiseer in die Ieiding deur/onderworpenheid aan die Gees, meet verantwoord word in 'n Skriftuurlike Christologie en soteriologie wat die algenoegsaamheid van Christus en die realiteit van die Versoening duidelik stel.

Die Woordverkondiging meet tot uiting kom in praktiese lewensheiligheid deur die vrug van die Gees in gelowiges se lewe, waardeur hulle mekaar binne die gemeenskap van die liggaam van Christus teen die pietisme-dogma en die uitvloeisels daarvan beskerm. Dit gebeur in 'n heilige lewenswyse waarin daar nie met iemand anders, veral nie ander lidmate, godsdienstig gekom- peteer word nie, maar waarin Jesus Christus in eenvoud in die alledaagse nageleef word en waarby die negatiewe aspekte van pietisme, geen plek het nie. Gebed saam met, en voorbid- ding vir mekaar is noodsaaklik, gepaard met die opregte betoning van Christelike liefde vir men- se wat hulle in pietisme bevind, om iemand wat daardeur ingetrek is, te "bevry".

lndien gelowiges wat in 'n pietistiese godsdiens-gemaksone verkeer, bewus gemaak kan word van die nood van andere en hulle in barmhartigheid en betoning van naasteliefde betrokke kan raak, kan ware lewensheiligheid volgens die lewensvoorbeeld van Jesus Christus na vore kom.

Fasiliterende strukture binne die gemeente is hiervoor noodsaaklik, soos om gelowiges betrok-

ke te kry by verskillende vorme en fasette van barmhartigheidsdiens in en buite die eie gemeen-

(11)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheifigheid 236 te, plaaslike sending-aksies en gemeenskapsbetrokkenheid, bv. by skole, hospitale en hospie- se.

GESPREKSESSIE 4

Evaluering van pietisme en Versoening 1. Hanteer die vorige huiswerk.

2. Hanteer die gelowige se geloofsposisie/verhouding in Christus - Rom. 6:3, 5; 1 Joh. 3:2; 1 Tes. 5:23.

3. Hanteer die reele uitleef van Christenskap in die gemeente - Joh. 17:22; Rom. 12:1 Ob; 1 Kor. 12:14-26; Fil. 2:3

4. Hanteer die uitleef van Christenskap teenoor/ten opsigte van ander mense/nie-gelowiges: 1 Tess. 4:12; Matt. 5:21-48

5. Hanteer diensbaarheid vir Christus, volgens die voorbeeld van Christus: Ror1. 6:10, 11; I Joh. 3:4; Op. 3:16.

Die hantering van hierdie onderafdeling bied 'n guide geleentheid om 'n persoon te begelei tot betrokkenheid/diensbaarheid binne diensstrukture (verwys laaste paragraaf hierbo) beide in en buite die gemeente.

5.4 Samevatting

Dit is 'n algemene verskynsel dat godsdiens vanwee onbybelse dogmas gekompliseer kan word. In die prediking en pastorale versorging van die gemeente deur leraars en ander pastora- le werkers, behoort die Bybel se leer oor die volledigheid van die Versoening in Christus en ge- lowiges se eenvoudige gehoorsaamheid aan die Ieiding van die Heilige Gees, dus voorop te staan.

In die studie is die aard en die uitwerking van die pietisme-vorm van opvolgende genadewerke by gelowiges aangedui gepaard met hoe gelowiges daarvan vry geraak het. Dit is rigtingge- wend aangewend om 'n toepassing van die noutetiese model aan die hand te doen deur middel van 'n aantal gespreksessies.

5.5 Gevolgtrekkings en aanbevelings

Die studie is gerig op pastorale hulpverlening aan gelowiges wat op die een of ander wyse, in 'n mindere of meerdere mate, deur die pietisme-vorm van opvolgende genadewerke in die begrip en uitleef van lewensheiligheid benadeel is, en/of in hul lewensheiliging gestrem word.

Die pietisme-vorm is krities beoordeel in die lig en gesag van die Skrif. Die oorsaak van die

mistastings wat na vore gekom het, is ge·identifiseer, nl. 'n nie-hermeneutiese gebruik van die

Skrif. Hierby sluit die onkunde van beide lidmaat en leraar ten nouste aan. Wanneer predikan-

(12)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid

237 te nie doeltreffend opgelei word om teologies ingelig en hermeneuties verantwoord met die Skrif om te gaan nie, kan hulle nie anders as om die Bybel uit 'n bepaalde konteks te (meet) "ver- staan" en ook uit so 'n "verstaan" te preek nie. Die dogma word sodoende in stand gehou. Die teendeel is dat 'n hermeneuties-verantwoorde Skrifgebruik iemand teen die pietisme-vorm be- skerm, of vrywording daarvan meegebring het.

'n Empiriese ondersoek is uitgevoer deur middel van die narratiewe van gelowiges wat in hul kerkgenootskap aan die pietisme-vorm blootgestel is. Die ondersoek het persone ingesluit wat die dogma onderskryf, diegene wat daarvan losgekom het, en diegene wat dit nooit aanvaar het nie, onderskeidelik. Die resultate bevestig eerstens die gevolgtrekkings rakende die oorsaak /oorsake van die mistastings en voorts dat dit gelowiges se begrip en uitleef van lewensheilig- heid negatief be'invloed. Van die deelnemers het minderwaardigheidsgevoelens ervaar, ander het getwyfel aan hul saligheid en sommige het selfs die lees van die Bybel as 'n klug begin be- skou en van God vervreem geraak. Verder blyk 'n positiewe resultaat uit die belewenis van persone wat van die pietisme-vorm losgekom het en diegene wat dit nooit aanvaar het nie: die feit dat iemand nie Ianger of neg nooit so 'n dogma onderskryf nie of nooit so 'n opvolgende ge- nadewerk ontvang of "in besit geneem" het nie, het nie 'n negatiewe invloed op so 'n gelowige se toewyding aan die Here, beide as gelowige en as dienende geroepene nie.

Op 'n gemeentelike vlak het die hulpverlening in hoofsaak met individue en die pastorale bege- leiding van gelowiges te doen wat negatief deur die pietisme-vorm geraak word. Dit is relatief eenvoudig: gelowiges meet pastoraal begelei word om die Versoening reg te verstaan; hulle meet begryp wie en wat hulle in Christus is; hulle meet sonde, soos dit in die Skrif geopenbaar word, verstaan, en gehoorsaam aan die Ieiding van die Heilige Gees, d.w.s. om met hom vervul te wees, in/deur sy bekragtiging lewe. Hierin kan die eenvoudige toepassing van Skriftuurlike nouthesia in sy verskillende fasette doelmatig 'n bydrae lewer.

Op die hoer vlak van die kerkgenootskap behels die hulpverlening die aansporing tot korrekte, bruikbare teologiese opleiding van 'n denominasie se leraars. Uit die resultate van die empirie- se ondersoek sou gese ken word dat grondige opleiding, om Bybelkundig toereikend toegerus te wees en hermeneuties vaardig met die Skrif te kan omgaan, die primere vereiste is. 'n Kerk sal sy leer eerlik meet ondersoek of dit integraal/in harmonie met die Skrif is en of dit die gesag van die Skrif eer bokant en cor die handhawing van 'n/sy dogma of eie tradisie/s en wat daar- mee gepaard gaan.

In 'n retrospektiewe oorsig op die studieprosesse kan die navorser aandui dat hy verskillende

fases en belewenisse moes deurmaak. Die omvattende bestudering van veral die Romeinebrief

binne die Pauliniese teologie vir die basisteoretiese beoordeling van die pietisme-vorm het, e-

nersyds, sy begrip wat latent cor die pietisme-vorm bestaan het, bevestig. Andersyds het dit

gepaard met die onderhoude vir die meta-teoretiese/empiriese navorsing en die diepgaande

ontleding van die narratiewe 'n terapeutiese uitwerking gehad - vanuit die deelnemers se sto-

(13)

Noutetiese berading van persone met piiitistiese mistastings oor lewensheiligheid 238 ries is 'n beter insig in die fenomeen verkry en kon hy beter verstaan hoedanig hy self daardeur be"invloed is (vergelyk p. 194).

Die studie is stellig nie sender tekortkominge nie. In die fokus op die bepaalde vorm van pie- tisme is die basisteoretiese gegewens en die empiriese bevindinge verreweg nie die laaste woord oor die aspekte wat nagevors is nie. Die navorser se persoonlike betrokkenheid sou as 'n negatiewe faset beskou kon word. Hy is immers 'n lidmaat wat hom na byna vier dekades as lojaal aan die kerk beoordeel waarin die betrokke pietisme-vorm bestaan. Hy is self negatief deur die pietisme-vorm be·invloed en beskou hom as 'n "gewese p-persoon." Kritici sou die e- mosionele gewaarwordings wat hy tydens die verskillende stadia van die studie beleef het, moontlik wil aanvoer dat dit 'n gebrek aan objektiwiteit by hom kon veroorsaak het. Die effek van subjektiewe be·invloeding is egter simpatiek, dog ferm deur die promoters - wat bewus is van die omstandighede waarin die studie onderneem is - teengewerk. Hulle het die navorser deurentyd daarop laat konsentreer om epoche in die navorsing en in die optekening van die na- vorsingsresultate te handhaaf.

'n Tweede leemte wat aangevoer sou kon word, kan die betreklik klein aantal deelnemers in die onderskeie kategoriee wees. Vir die kategoriee "gewese p-persone" en "nooit p-persone nie" is daar 'n groot groep deelnemers beskikbaar, maar deelnemers vir die eerste kategorie, "huidige p-persone", was moeiliker bekombaar. Vanwee die negatiewe aspekte wat in die basis- en me- tateorie uitgestippel is, soos fundamentalisme en vyandige onverdraagsaamheid, onheilige ge- sindhede en tradisie-handhawing, was dit noodsaaklik dat ook die deelnemers ten opsigte van die navorser die etiese aspekte van die empiriese studie moes nakom. Die gekose deelnemers van al drie kategoriee het goedgesind hierin meegewerk.

'n Beswaar sou ook geopper kon word dat daar in die navorsingsresultate negatief veralgemeen word en 'n ongunstige beeld van pietisties-gesinde gelowiges voorhou. Dit is egter voor- die- hand- liggend dat die resultate van die empiriese ondersoek nie sender meer as 'n veralgeme- ning kan dien dat aile gelowiges in 'n pietistiese omgewing "s6" is nie. Uit die bevindinge is dit egter onbetwisbaar dat die negatiewe aspekte en fasette wat van die pietisme-vorm beskrywe is, gewis voorkom en 'n negatiewe impak op gelowiges se lewe het.

Uit die persoonlike ervaring en indrukke van die navorser kan dit teenoor die negatiewe aspekte

en fasette gese word dat die meeste gelowiges binne die pietistiese milieu waarin die navorsing

gedoen is, mense is wat pro beer om Christus opreg te dien, ook ten opsigte van hul verhouding

met ander mense. Die navorser meen dat daar ook op die lidmate staatgemaak kan word om

saam voorbidding te doen vir, soos dit in die aanvangsparagraaf hierbo gestel is, die pastorale

hulpverlening aan gelowiges wat op die een of ander wyse deur die pietisme-vorm van opvol-

gende genadewerke in die begrip en uitleef van lewensheiligheid benadeel is, en/of in hul le-

wensheiliging gestrem word.

(14)

Noutetiese berading van persone met pietistiese mistastings oor lewensheiligheid

239 Uit die bogenoemde samevatting kan aangedui word dat die studie 'n bree veld vir verdere teo- logiese/basisteoretiese en meta-teoretiese/empiriese navorsing open. Die volgende kan aan die hand gedoen word:

1. Dit sou wenslik wees om, indien die deelnemers van die huidige studie daartoe instem, 'n opvolggesprek met hulle te he waartydens navraag gedoen word oor hulle reflektering aang- aande die navorsingsproses waarby hulle betrokke was. Dit mag wees dat die navorsings- proses daartoe gelei het dat hulle, hul stories oor die pietisme-vorm weer geredigeer ("re- authored") het (vergelyk White & Epston, 1990: 15-18).

2. Die voorgestelde program kan geevalueer word.

3. 'n Verdere hermeneutiese verkenning van die dogma van opvolgende genadewerke en meegaande fenomene vanuit 'n Sistematies-Teologiese perspektief.

4. Die moontlikheid dat die dogma van

o~volgende

genadewerke by iemand 'n valse geloofs- fondament kan skep: hy leef nie reg nie omdat hy nog nie die "genadewerk" ontvang het nie.

5. Die negatiewe uitwerking van obsessies met geloof/oorgodsdienstigheid op die persoon wat daarin verstrik is, se geestelike, fisiese en alledaagse lewe.

6. Die uitwerking van pietisme op die gesin van 'n pietistiese leraar.

7. Die invloed wat hiper-godsdienstigheid op 'n pietistiese lidmaat se gesins- of familielede het.

8. Die gevare en impak wat die betrokke pietisme-vorm en pietisme in die algemeen vir die re- ligieuse eie-groep, d.w.s. die gemeente, geloofsgemeenskap of kerkgenootskap, inhou.

9. 'n Psigologiese ondersoek van die fenomeen vers/awing aan godsdiens en die mate waarin godsdiens/pietisme die plek van God inneem, of God se plek in iemand se lewe kan oor- neem.

10. Die negatiewe uitwerking wat traumatisering deur kerkleiers en kerklike kommissies vanuit 'n fundamentalistiese onverdraagsaamheid aan die religieuse, psigologiese en liggaamlike ge- sondheid van lidmate, leraars en hul eggenote het.

Die navorser vertrou dat hierdie studie oor die pietisme-vorm sal bydra tot gesprekvoering daar-

oor. Dit bied ruimte vir talle verdere navorsingsprojekte om sodoende die volle omvang van die

fenomeen te verken, dit met die oog daarop om die Versoening in Christus te beklemtoon, die

Ieiding en in-staatstelling van die Heilige Gees in Gods kinders te eer, Gods heerskappy hier op

aarde te erken, die gesag van die Woord met integriteit te aanvaar en die koninkryk van God uit

te bou.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

They combined the principles of primary health care and public health by gathering social scientific and epidemiological data in defined geographical areas which informed

Uit die ondersoek na goeie gewilde prosa i n Afrikaans blyk dit dat, alhoewel spesifieke kriteria (wat duidelik andersoortig is as by literatuur) aangewend word

selectie van de risicogezinnen aan de hand van een vragenlijst, over onder andere: de ouders (zelf mishandeld, verslaafd, jonger dan 19 jaar), de situatie (alleenstaande

Omdat impliciete theorie invloed lijkt te hebben op contingentie van zelfwaardering, en waargenomen competentie en contingentie van zelfwaardering invloed lijken te hebben op

Voor hypothese C, “boze gezichtsuitdrukkingen worden sterker geassocieerd met afwijzing bij afgewezen proefpersonen, vergeleken met geaccepteerde proefpersonen”, en

Thus, the trust decision has a two- -dimensional structure: The decision to place norm-ba- sed trust in the cooperation partner becomes manifest in acts of trust

More specifically, this study strived to define whether this relationship is mediated by fairness perceptions and if this is moderated by type of work

A number of measurement policies have been proposed for the ranking and selection problem when the number of alternatives is not too large, and where our beliefs about the value of