• No results found

Vrystaat Leefbaarheidsmonitor

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "Vrystaat Leefbaarheidsmonitor"

Copied!
55
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23 Navorsingsinstituut

Die doel van hierdie indeks is om die leefbaarheid van die Vrystaat op munisipale vlak te meet.

Solidariteit Beweging

Leefbaarheidsmonitor

Vrystaat

Opgestel deur

Senior Navorser by die SNI dr. Eugene Brink

Vrystaat

(2)

Indeks

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

15.

16.

17.

18.

19.

20.

Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit Mafube Plaaslike Munisipaliteit

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit Nala Plaaslike Munisipaliteit

Tokologo Plaaslike Munisipaliteit Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit

Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit Mantsopa Plaaslike Munisipaliteitt

Nketoana Plaaslike Munisipaliteit Phumelela Plaaslike Munisipaliteit Setsoto Plaaslike Munisipaliteit Kopanong Plaaslike Munisipaliteit Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit Mohokare Plaaslike Munisipaliteit Naledi Plaaslike Munisipaliteit

Bronne

bl. 4 bl. 7 bl. 10 bl. 13 bl. 15 bl. 18 bl. 21 bl. 24 bl. 27 bl. 30 bl. 32 bl. 34 bl. 36 bl. 38 bl. 41 bl. 44 bl. 46 bl. 49 bl. 51 bl. 53

bl. 55

(3)

Leefbaarheids monitor

Vrystaat

Beknopte oorsig

Die Vrystaatse Leefbaarheidsmonitor is die vierde aflewering in ’n reeks. Vorige provinsies wat gemeet is, sluit in Gauteng, Noordwes, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Limpopo. Die doel daarvan is om die leefbaarheid van bepaalde dorp of stad op munisipale vlak te meet. “Leefbaarheid” kan omskryf word as persoon se vermoë om menswaardige bestaan in só dorp of stad te kan voer. Benewens beskrywing van die openbare dienste wat gelewer word, sluit dit ook tersaaklike empiriese eienskappe van die bepaalde munisipaliteit in, soos bevolkingsdigtheid en -struktuur, juis vanweë die invloed wat demografie op dienslewering en die koste daaraan verbonde kan hê.

Leefbaarheid word aan die hand van 'n stel sleutel- en subaanwysers ontleed. Die vier sleutelaanwysers is demografie en sosio-ekonomiese aanwysers, dienslewering en bestuur. Aan die einde van elke evaluering word punt verskaf om die bepaalde munisipaliteit se leefbaarheid aan te dui.

Nie een munisipaliteit in die provinsie het uitstekend gevaar nie en munisipale bestuur, dienslewering en leefbaarheid in die provinsie is treurig. Daar was wel sekere relatiewe ligpunte, soos die Mangaung Metro en Metsimaholo- plaaslike munisipaliteit, wat goed vaar wat drinkwatergehalte, behuising asook die voorsiening en gebruik van elektrisiteit betref.

Misdaad, veral geweldsmisdaad, bly 'n ernstige probleem in feitlik al die munisipaliteite hoewel dit wissel tussen munisipaliteite en gebiede binne munisipaliteite. Terwyl vullisverwydering wel op 'n skaflike vlak in meeste munisipaliteite geskied, is die gehalte van drinkwater baie swak in sekere gebiede en selfs op krisisvlakke in sekere munisipaliteite. Die algehele bestuur van die munisipaliteite is klaarblyklik ook hoogs problematies, met talle waarvoor daar bloot nie ouditmenings uitgespreek kan word nie en ander wat gereeld onderpresteer. Korrupsie en wanbestuur kom wydverspreid in die provinsie voor.

Sommige munisipaliteite het lae tellings verwerf ten spyte daarvan dat hulle goed tot uitnemend op sekere gebiede gevaar het. Hulle het egter so erbarmlik op sekere gebiede gevaar dat dit hul algehele telling afgebring het. Indien hul rade strategies ingryp, kan hulle hul leefbaarheidstellings aansienlik verhoog. Sommige sukkel egter met strukturele uitdagings soos lae skolingsvlakke en nypende armoede wat nie gou gaan verdwyn nie.

Die indeks is 'n deurlopende projek wat die leefbaarheid in alle munisipaliteite van Suid-Afrika periodiek meet. Vanaf die tweede metingsronde sal ons vergelykings kan tref tussen die vorige en die huidige stand van sake in elke munisipaliteit. Sodoende sal ons kan bepaal of ons munisipaliteite verbeter, onveranderd gebly – of dalk selfs verswak het.

’n

’n ’n

’n ’n

’n

(4)

41

Suid-Afrika South Africa

Leefbaarheidstelling: 6½ uit 10

747 431 Grondoppervlakte

6283,99 km²

Bevolkingsdigtheid per km

118

2

Groen Druppel- telling

Blou Druppel- telling

Moordkoers (per 100 000 mense)

Kraanwater in huis

Gebruik eie vullishoop

Gebruik puttoilet

van mense

van mense

van mense

Werkloosheid

Gekwalifiseerd met bevindinge

Ouderdom onder 40

Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit

Ouditmening

(5)

Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die bevolking het tussen 2001 en 2011 van 645 440 tot 747 431 toegeneem en die afhanklikheidslas – die verhouding van mense, per 100, van mense onder 15 en ouer as 65 teenoor diegene tussen hierdie ouderdomme – het van 50,4 tot 47,4 gedaal. Die munisipaliteit beslaan 6 283,99 km² en die bevolkingsdigtheid is 'n taamlik hoë 118 mense per vierkante kilometer. Die getal huishoudings het ook in hierdie dekade skerp gestyg, van 185 013 tot 231 921, en die gemiddelde huishoudinggrootte het van 3,4 tot 3,1 gedaal. Meer as 72%

van die inwoners is jonger as 40 en 36,4% is jonger as 20. Die gebied is 74,4% landelik.

Die werkloosheidsyfers vir Mangaung strook min of meer met die nasionale syfers en is besig om te daal. Die amptelike werkloosheidsyfer is 27,7% (2001: 40,1%) en die jeugwerkloosheidsyfer is 37,2% (2001: 49,1%). Ongeveer 74% van die huishoudings het 'n jaarlikse inkomste van minder as R76 400, en bykans die helfte se jaarlikse inkomste val tussen R1 en R38 200. Meer as 15% se jaarlikse inkomste oorskry R153 800. Die onderwyssyfers is baie goed vergeleke met die res van die provinsie en die land. Slegs 4,3%

van die inwoners ouer as 20 het geen skoolonderrig ontvang nie en 30,1% het wel matriek geslaag. 'n Stewige 14,1% besit tersiêre kwalifikasies.

Wat behuising betref, woon 68,6% van huishoudings in huise op aparte erwe en 3,2% in tradisionele behuising, 3,1% in 'n woonstel in 'n woonstelblok en 2,2% in 'n meenthuis.

Ongeveer 18% woon in informele behuising, hetsy in 'n agterplaas of elders. Die res is weglaatbaar klein.

Die misdaadkoers in Mangaung is taamlik hoog en geweldsmisdaad is 'n probleem. Tydens 2011-'12 was die moordkoers 41 per 100 000 mense terwyl hierdie koers 291 vir roof met verswarende omstandighede was. Wat eiendomsmisdaad betref, was dit 31 vir huisroof en 56 vir sakeroof. Die munisipaliteit word deur 15 polisiekantore bedien en elkeen bedien teoreties ongeveer 50 000 mense.

'n Ewekansige seleksie van polisiekantore wys dat die misdaadsyfers by verskillende kantore taamlik verskil. By die Bloemspruit-kantoor is daar 76 moorde, 74 pogings tot moord, 273 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 39 van sakeroof en 525 van huisroof tussen April 2012 en Maart 2013 aangemeld. Daarenteen is daar geen moorde, geen pogings tot moord, geen voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 3 van sakeroof en 27 van huisroof aangemeld in hierdie tydperk by die Tierpoort- kantoor aangemeld. By die Mangaung-kantoor is daar 24

moorde, 29 pogings tot moord, 193 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 144 van sakeroof en 468 van huisroof aangemeld.

As 'n verstedelikte munisipaliteit is Mangaung met Bloemfontein as kernstad goed van mediese geriewe voorsien. Daar is tientalle staatsklinieke en die Botshabelo- hospitaal tel onder die staatshospitale. Die Universitas- hospitaal is 'n privaat-openbare vennootskap tussen die Vrystaatse departement van gesondheid en Netcare, terwyl die Bloemfontein Mediclinic en die Life Pasteur-hospitaal twee van talle privaat geriewe in die gebied is.

Kraanwater is feitlik die uitsluitlike vorm van watervoorsiening. Bykans 47% van die huishoudings het toegang daartoe in hul wonings, 35% het toegang daartoe in hul erwe en 17,3% het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Wat drinkwatergehalte betref, het die munisipaliteit 'n telling van 84,45% tydens die laaste Blou Druppel-metingsronde ontvang en daarmee die sesde plek in die provinsie ingeneem. Hoewel dit 'n goeie telling is, dui dit op 'n agteruitgang teenoor 2011 se 84,69% en 2010 se 95%. Twee van die stelsels het slegs 32% vir hul drinkwater-gehaltevoldoening in 2012 ontvang. Wat batebestuur, bestuur en veran twoordbaarheid, waterveiligheidsbeplanning en die bestuur van die behandelingsproses betref, het Mangaung goed tot baie goed gevaar.

Wat sanitasie betref, gebruik 49,4% van die huishoudings 'n spoeltoilet en 2,9% droëtoiletgeriewe. Ongeveer 19% maak van puttoilette met verbeterde ventilasie gebruik en 12% van puttoilette. Ongeveer 11% gebruik die emmerstelsel en 3,8% het geen toiletgeriewe nie. Mangaung se laaste Groen Druppel-telling (wat die gehalte van die suiwering en verwydering van afvalwater meet) was slegs 38%. Daarmee het Mangaung die sewende plek uit 20 munisipaliteite ingeneem: ’n bewys van hoe swak dit op hierdie gebied in die Vrystaat gaan.

Die vullisverwyderingsprentjie lyk baie goed, met 80,4% van die huishoudings wat weeklikse vullisverwydering deur die munisipaliteit geniet en 2,1% op 'n ander grondslag. Bykans 10% moet steeds hul eie vullishoop gebruik en 5,4% het geen vullisverwydering nie.

Ongeveer 91% van die huishoudings gebruik elektrisiteit vir beligting, 88,3% om mee te kook en 52,7% vir verhitting.

Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit

(6)

Bestuur

By die skryf hiervan was daar nie enige strategiese poste in die munisipaliteit vakant nie. Hoewel daar in die laaste paar jaar talle bewerings van korrupsie, onreëlmatighede en wanbestuur in die Mangaung Metro gemaak is, was daar min skuldigbevindings en skorsings.

Die metro se ouditmening vir die 2012-'13-ronde was

“gekwalifiseerd met bevindinge”. Die 2011-'12 ouditmening was ook “gekwalifiseerd” en in 2010-'11 was dit “weiering met bevindinge”. Die jongste evaluering lui as volg:

Daar is in November 2014 berig dat die munisipaliteit ’n verdere 450 poste goedgekeur het; dit kan die belastingbetaler 'n bykomende R60 miljoen per jaar kos. Die ANC-raadslede het die besluit danksy hul meerderheid deurgevoer met die betoog dat die poste noodsaaklik vir dienslewering is. Die opposisie voer aan dat dit onnodige uitgawes is waarvoor daar nie begroot is nie.

Die munisipaliteit het 'n telling van 6,86 uit 10 in die Suid- Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge (SAIRV) se 80/20 munisipale verslag vir 2014 ontvang.

“The stagnation in the audit outcome of the metropolitan municipality (metro) was caused by the findings on various audit matters reported in previous years not being adequately addressed. Management acknowledged that it would take more than one year to resolve these matters. However, the entity's audit outcome improved due to management's increased involvement and commitment in addressing the findings of the previous year, which related mainly to the availability of documentation . . . The metro's audit outcome reflected a lack of progress in addressing the findings in the six key risk areas reported in the previous year . . . The financial statements submitted for audit purposes were of poor quality as the financial official who prepared the financial statements lacked a comprehensive understanding of the accounting standards.

Consequently, both auditees made material corrections to their financial statements based on misstatements identified by the auditors . . . The metro also still faces significant difficulties in the collection of debts, along with excessive distribution losses as a result of the deterioration in the water reticulation system and unmetered water and electricity connections.”

Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit se telling: 6½ uit 10

(7)

Suid-Afrika South Africa

Mafube Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: uit 10 2

Vrystaat

(8)

Mafube Plaaslike Munisipaliteit

Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Hierdie munisipaliteit het 'n geringe bevolkingsaanwas tussen 2001 en 2011 beleef toe dit van 56 637 tot 57 876 aangegroei het. Die gebied is 3 971,36 km² groot en die bevolkingsdigtheid is sowat 14,5 mense per vierkante kilometer. Die afhanklikheidslas het in hierdie tydperk van 67,5 tot 61,1 gedaal, die getal huisgesinne het van 14 465 tot 16 460 toegeneem en die gemiddelde gesinsgrootte het van 3,8 lede tot 3,4 gedaal. Die jeugdige karakter van die munisipaliteit word weerspieël in die feit dat 72,7% van die inwoners jonger as 40 is. Ongeveer 95% van die gebied word as landelik geklassifiseer.

Die amptelike werkloosheidsyfer het van 'n hoë 45% in 2001 tot 33,4% in 2011 gedaal, en die jeugwerkloosheidsyfer van 59,1% tot 44,3%. Die meeste inwoners is behoeftig en 86,9%

van die huishoudings het 'n jaarlikse inkomste van minder as R76 400. Bykans 62% se jaarlikse inkomste is iewers tussen R1 en R38 200 en 12,3% het geen inkomste nie. Slegs 6,3%

se inkomste is meer as R153 800 per jaar. Die skolingsvlakke is nie goed nie maar dit verbeter darem: 14,1% van die inwoners ouer as 20 het geen skoling ontvang nie (2001:

26,4%) en slegs 24,4% het skool voltooi (2001: 14,3%).

Wat behuising betref, woon 'n aansienlike 64,7% van die huishoudings in huise op aparte erwe, 4,4% in tradisionele wonings, 6,6% in informele behuising in 'n agterplaas en 21,2% in informele strukture elders. Die res is weglaatbaar klein.

Mafube het hoë misdaadvlakke. Gedurende 2011-'12 was die moordkoers 30 per 100 000 terwyl hierdie koers 186 vir roof met verswarende omstandighede was. Wat eiendomsmisdaad betref, was dit 36 vir huisroof en 44 vir sakeroof. Die munisipaliteit word deur vyf polisiekantore bedien. Die aanmeldingsyfers wissel van kantoor tot kantoor, maar is in die algemeen taamlik laag. Tussen April 2012 en Maart 2013 is daar byvoorbeeld 1 moord, 2 pogings tot moord, 3 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 10 van sakeroof en 23 van huisroof by die Cornelia-kantoor aangemeld. By die Namahadi-kantoor was hierdie syfers egter 14, 7, 88, 67 en 246.

Daar is slegs 'n paar staatsklinieke in die munisipaliteit.

Feitlik alle huishoudings het toegang tot kraanwater: 43,6% in hul wonings, 48,5% in hul erwe, en 3,5% vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Slegs 2,4% gebruik 'n boorgat

en die res is weglaatbaar klein. Die drinkwater in Mafube is beroerd. Die laaste Blou Druppel-telling was 18,16% en daarmee het die munisipaliteit maar net die 18de plek (uit 20) in die provinsie ingeneem. Wat selfs meer onrusbarend is, is dat daar nie veel vordering met hierdie swak prestasie gemaak word nie want die 2011-telling was 15,25% en 2010 s'n 10,6%. Nie een van die munisipaliteit se drie voorsieningstelsels het meer as 25% vir drinkwater- gehaltevoldoening ontvang nie.

Die sanitasiekonteks lyk egter goed met 86,1% van die huishoudings wat van spoeltoilette gebruik maak en 3,4%

van droëtoiletgeriewe. Meer as 4% het geen sanitasiegeriewe nie en die res is weglaatbaar klein. Die verwydering en suiwering van afvalwater is baie swak en die munisipaliteit se laaste Groen Druppel-telling was slegs 9,5%

(15de uit 20 munisipaliteite in die Vrystaat). Al vyf die afvoerstelsels het 0% vir afvalwater-gehaltevoldoening ontvang. In die evaluering word dit soos volg beskryf:

Die berig op 21 Februarie 2015 dat daar reeds vier hofbevele uitgereik is; luidens die vierde bevel is rou riool gestort in die Wilgerivier, een van die belangrikste voedingsbronne van die Vaaldam, omdat die rioolaanleg nie behoorlik onderhou word nie.

Meer as 85% van die huishoudings se vullis word weekliks deur die munisipaliteit verwyder terwyl 10,6% hul eie v u l l i s h o o p m o e t g e b r u i k e n 2 , 6 % g e e n vullisverwyderingsgeriewe geniet nie. Die res is weglaatbaar klein. Ongeveer 84% van die huishoudings gebruik elektrisiteit vir beligting, 75,2% om mee te kook en 58,1% vir verhitting.

“The Mafube Local Municipality has performed unsatisfactorily during the Green Drop assessments, indicating that wastewater services are not being managed according to the expectations of the regulation programme. The most prominent gaps are to be found in the lack of technical staff, as well as management aspects as reflected in the breach of essential planning, procedures and planning aspects.”

Volksblad

(9)

Bestuur

Daar is geen inligting oor vakante poste by Mafube beskikbaar nie. Daar kon ook geen bevestigde gevalle van korrupsie gevind word nie.

Mafube se geldsake en finansiële bestuur is van die swakstes in ’n provinsie wat onder swak munisipale bestuur gebuk gaan. Die nuwe OG (ouditeur-generaal), Kimi Makwetu, het die munisipaliteit in 2014 as een van sewe Vrystaatse munisipaliteite uitgewys wat dringende ingryping benodig.

Mafube het tydens die laaste drie ouditmenings 'n

“weerhouding van mening” ontvang omdat sy rekeningkundige stelsels te swak is om te oudit. Die evaluering lui onder meer as volg:

Die munisipaliteit het 'n telling van slegs 6,62 uit 10 ontvang in die SAIRV se 80/20 munisipale verslag in 2014.

“Since the amalgamation of the municipality 12 years ago there has been persistent stagnation in its audit outcomes as the audit matters reported in previous years were not addressed. The CFO position was vacant for three months of the year under review and some of the senior managers, including the municipal manager and the mayor, were only appointed during the year under review.

Urgent intervention on both provincial and political levels is needed to change the culture of repeated disclaimers . . . The financial statements submitted for audit purposes remained of poor quality, even though consultants were reappointed due to the lack of skills within the municipality. As a result, many repeat and new qualifications were reported. In addition, material corrections were made to the submitted financial statements based on misstatements identified by the auditors . . . The status of SCM remains unsatisfactory, primarily due to management's neglect to comply with SCM regulations and a lack of consequences for poor performance, which ultimately resulted in irregular expenditure of R120 110 781 (2012:

R56 089 663) being incurred for the year. A qualified audit opinion was expressed in terms of the amount of irregular expenditure disclosed in the financial statements, as the full extent thereof could not be determined. The municipality was one of the major contributors to irregular expenditure.”

Mafube Plaaslike Munisipaliteit se telling: 2 uit 10

(10)

31

Suid-Afrika South Africa

Leefbaarheidstelling: 6½ uit 10

149 108 Grondoppervlakte

1 717,10 km²

Bevolkingsdigtheid per km

87

2

Groen Druppel- telling

Blou Druppel- telling

Moordkoers (per 100 000 mense)

Kraanwater in huis

Gebruik eie vullishoop

Gebruik puttoilet

van mense

van mense

van mense

Werkloosheid

Gekwalifiseerd

Ouderdom onder 40

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit

Ouditmening

(11)

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit

Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die bevolking het tussen 2001 en 2011 van 115 955 tot 149 108 toegeneem, terwyl die afhanklikheidslas effens gedaal het, van 45,7 tot 44,3. Die oppervlakte is 1 717,10 km² en die bevolkingsdigtheid is sowat 87 mense per vierkante kilometer. Die getal huisgesinne het van 32 260 tot 47 757 toegeneem terwyl die gemiddelde huishoudinggrootte van 3,3 tot 3,1 lede gedaal het. Ouderdomsgewys is 72,9% van die inwoners jonger as 40 en 34,7% is jonger as 20. Ongeveer 84% van die gebied word as landelik geklassifiseer.

Die amptelike werkloosheidskoers het in hierdie dekade van 37% tot 32,1% gedaal terwyl die jeugwerkloosheidskoers van 47,7% tot 41,6% afgeneem het. Ongeveer 73% van die huishoudings het 'n inkomste van minder as R76 400 per jaar en byna 60% verdien minder as R38 200 per jaar. Slegs 16,7%

se jaarlikse inkomste is hoër as R153 800. Die skolingsvlakke in die munisipaliteit is redelik, met 5,6% (2001: 10,7%) wat geen skoling ondergaan het nie en 29,8% (2001: 22,2%) wat matriek geslaag het.

Die behuisingsituasie lyk goed: 74% van die huishoudings woon in huise op aparte erwe en 5,3% in woonstelle in woonstelblokke. Bykans 20% bewoon informele strukture in agterplase of elders. Die res is weglaatbaar klein.

Misdaad is hoog in Metsimaholo. Gedurende 2011-'12 was die moordkoers 31 per 100 000 en hierdie koers vir roof met v e r s w a r e n d e o m s t a n d i g h e d e w a s 2 1 3 . W a t eiendomsmisdaad betref, was hierdie koers 25 vir huisroof en 49 vir sakeroof. Daar is vyf polisiekantore in die munisipaliteit en elkeen bedien ongeveer 30 000 mense. Die getal aangemelde misdade wissel aansienlik van kantoor tot kantoor. By die Deneysville-kantoor is daar slegs 5 moorde, 8 pogings tot moord, 22 voorvalle van roof met verswarende omstandighede en 12 van sakeroof tussen April 2012 en Maart 2013 aangemeld, maar ook 111 van huisroof. By die Oranjeville-kantoor was hierdie syfers slegs 1, 1, 1, 7 en 42.

Hierdie syfers was 27, 51, 142, 126 en 466 by die Zamdela- kantoor.

Die gebied word deur slegs vyf staatsklinieke en die Metsimaholo-staatshospitaal bedien.

Feitlik alle huishoudings is van kraanwater voorsien en 73%

het toegang daartoe in hul wonings, 16,3% het dit in hul erwe en 10,5% het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Die drinkwatergehalte is baie goed en die laaste Blou Druppel-telling was 89,49% nadat dit 48,86% in 2011

en 0% in 2010 was. Daar het dus spoedige verbetering ingetree. Die drinkwater-gehaltevoldoening by al drie die s t e l s e l s w a s 1 0 0 % . D i e b a t e b e s t u u r e n verantwoordbaarheid by al die stelsels het ook hoë tellings ontvang.

Wat sanitasie betref, maak 'n groot persentasie (87,5%) van spoeltoilette gebruik, 1,4% van die emmerstelsel en 8,7% van puttoilette. Die munisipaliteit se laaste Groen Druppel- telling was 'n baie gemiddelde 61,8%, maar dit was die tweede beste in die provinsie. Al drie stelsels het slegs 20%

vir hul afvalwater-gehaltevoldoening ontvang. Die verslag lui as volg:

Wat vullisverwydering betref, word 94,5% van die huishoudings se vullis weekliks deur die munisipaliteit verwyder en 1,3% op 'n ander grondslag. Raps meer as 2%

het geen vullisverwydering nie.

Ongeveer 86% van die huishoudings gebruik krag vir beligting, 83,1% vir kookdoeleindes en 67,7% vir verhitting.

“The Metsimaholo Local Municipality has performed unsatisfactorily during the Green Drop assessments, indicating that the wastewater services are not being managed according to the expectations of the regulation programme . . . Overall, the Green Drop requirements are largely not met, with the key gaps pertaining to water quality compliance and the credibility of the sample analysis.”

ʼn

Bestuur

By die skryf hiervan was daar talle belangrike poste vakant soos dié van administratiewe bestuurder, personeel- beampte, risiko-koördineerder, netwerkadministrateur, finansiëlestelsels-administrateur, en bestuurder belas met openbare veiligheid. Daar was ook etlike vakatures vir elektrisiëns, bouers en skrynwerkers.

Die munisipaliteit se laaste twee ouditmenings deur die OG was “gekwalifiseerd”. Die OG se verslag verduidelik dit as volg: “The stagnation in the portfolio's audit outcome could be attributed to the municipality again receiving a qualified audit opinion on irregular expenditure, although all the other qualifications of the previous year were cleared. Various noncompliance findings and findings on the usefulness and reliability of performance information at the municipality were, however, also reported again . . . The municipality did not improve its audit outcome due to a lack of progress made in addressing the findings in the six key risk areas reported in the previous year. The position of CFO was vacant for five months of the year under review. The financial statements submitted for audit

(12)

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se telling: 6½ uit 10

purposes remained of poor quality, even though consultants

were reappointed due to the lack of skills and vacant positions within the municipality. As a result, many material corrections were made to the submitted financial statements, based on misstatements identified by the auditors . . . The stagnation in key controls was caused by vacancies, skills shortages and the lack of consequences for poor performance.”

Die munisipaliteit het 'n skaflike telling van 7,04 uit 10 in die SAIRV se 80/20-verslag ontvang.

(13)

Suid-Afrika South Africa

Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: 4 ½ uit 10

Vrystaat

(14)

Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit

2011 en 0% in 2010. Kraanwater kom egter algemeen voor met 32,8% van die huishoudings wat dit in hul huise het, 62%

in hul erwe en 2,3% vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe.

Wat sanitasie betref, maak 86,2% van huishoudings van 'n spoeltoilet gebruik. Voorts maak 5,9% van 'n puttoilet met verbeterde ventilasie gebruik, 3,9% van 'n puttoilet en 2,1%

van die emmerstelsel. Die laaste Groen Druppel-telling (in 2011) was slegs 41,9%. Al drie die stelsels het 0% vir die gehaltevoldoening van hul afvalwater ontvang. Die Groen Druppel-mening lui as volg:

Ongeveer 90% van huishoudings in die munisipaliteit se vullis word weekliks deur die munisipaliteit verwyder, 6% gebruik hul eie vullishoop en 2,6% het geen vullisverwyderings- geriewe nie.

“The situation in Moqhaka is considered critical from a regulatory view and holds a high risk to public health and the environment.”

Bestuur

Daar is heelwat bewerings van korrupsie en wanbestuur teen die munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, gemaak maar niks is bewys of in die hof getoets nie. Daar kon nie vasgestel word hoeveel vakante poste daar in die munisipaliteit is nie want die webwerf was buite werking by die skryf van hierdie verslag.

Die OG se laaste agt ouditmenings was “weiering met bevindinge”, wat dui op chroniese bestuursprobleme in die munisipaliteit. Die mening lui onder meer as volg:

Moqhaka het 'n telling van 6,94 uit 10 in die SAIRV se 80/20- verslag ontvang.

“The municipality has been receiving a disclaimer of opinion for the past eight years as audit report matters of previous years were not being addressed. These included qualifications on fixed assets, receivables and disclosure notes, various noncompliance matters and findings on performance information. Additional qualifications on matters such as service charges, payables and expenditure have also been raised. The stagnation can largely be attributed to the instability in key positions as the CFO and SCM manager positions were vacant during the financial year.”

Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Daar woon tans 160 532 mense in Moqhaka (2001: 167 892). Die afhanklikheidslas is nou 50,5 vergeleke met 2001 se 51, en 'n oppervlakte van 7 924,56 km² beteken 'n bevolkingsdigtheid van 20,2 mense per vierkante kilometer.

Die getal huisgesinne het van 41 514 tot 45 661 aangegroei.

Ongeveer 68% van die inwoners is jonger as 40, en 98,4%

van die gebied word as “landelik” geklassifiseer.

Tussen 2001 en 2011 het die werkloosheidskoers van n a g en o eg 40 % to t 3 5, 2 % a fg en e e m en d i e jeugwerkloosheidskoers van 54,6% tot 47,2%. Terwyl 67,4%

van die bevolking 'n inkomste van minder as R38 200 per jaar het, is hierdie persentasie nie so hoog soos in die meeste ander Vrystaatse munisipaliteite nie. Minder as 10% van die huishoudings se jaarlikse inkomste oorskry R153 800.

Inwoners ouer as 20 met geen skoling nie het tussen 2001 en 2011 van 10,9% tot 5,7% afgeneem terwyl diegene met matriek van 20% tot 27,8% toegeneem het.

Wat behuising betref, woon 47% van huishoudings in huise op aparte erwe, 3% in woonstelle in woonstelblokke, 10,1%

in informele behuising en 36,4% in werkershostelle.

Die misdaadvlakke is aan die hoë kant. Die moordkoers is 20 per 100 000 mense en die koers vir roof met verswarende omstandighede is 158. Daarbenewens is hierdie koers 13 vir huisroof en 35 vir sakeroof. Daar is vyf polisiekantore in Moqhaka en elkeen bedien ongeveer 31 000 mense. Die misdaadvlakke is baie laag by die Steynsrus-kantoor met slegs 2 moorde, 1 poging tot moord, 1 voorval van roof met verswarende omstandighede, 12 van sakeroof en 27 van huisroof wat daar tussen April 2013 tot Maart 2014 aangemeld is. Geweldsmisdaad is ook laag by die Vierfontein- en Viljoenskroon-kantoor, maar in hierdie tydperk is daar 75 voorvalle van sakeroof en 92 van huisroof by Vil j oen skr oon aa ng emeld . Die vl ak ke v an geweldsmisdaad asook eiendomsmisdaad is hoog by die Maobeng- en Kroonstad-kantoor.

Die munisipaliteit beskik oor 'n hele aantal mediese geriewe wat deur die staat bedryf word, soos die Boitumelo- hospitaal, asook verskeie klinieke. Die Netcare Kroon- privaat hospitaal is die enigste privaat fasiliteit in die gebied.

Die watergehalte is nie goed nie. Die laaste Blou Druppel- telling was 54,93% (in 2012) en voor dit was dit 21,76% in

Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit se telling: 4½ uit 10

(15)

Suid-Afrika South Africa

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: uit 10 3

Vrystaat

(16)

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit

Kraanwater is volop in Ngwathe, maar die gehalte van die water is nie goed nie. Ongeveer 44% van die huishoudings het kraanwater in hul wonings, 47,4% het toegang daartoe in hul erwe en 3,3% het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Die laaste Blou Druppel-telling (2012) was slegs 20,59% terwyl dit 45,37% in 2011 was en 25% in 2010.

Daar was dus selfs 'n verswakking in die gehalte van die drinkwater.

Wat sanitasie betref, maak 70,2% van huishoudings van spoeltoilette gebruik en 5,3% van spoeltoilette met septiese tenks. Ongeveer 2% maak gebruik van ventilasie-verbeterde puttoilette, 6,7% van puttoilette en 13,5% van die emmerstelsel. Die laaste Groen Druppel-telling was slegs 44,9%. Die gehaltevoldoening van die afvalwater was swak by al die aanlegte behalwe Heilbron. Die verslag lui as volg:

Vullisverwydering lyk egter goed: 84,4% van die huishoudings se vullis word weekliks deur die munisipaliteit verwyder en 1,5% deur die munisipaliteit op 'n minder gereelde grondslag.

Ongeveer 11% maak nog van hul eie vullishoop gebruik en 2,8% het geen vullisverwyderingsgeriewe nie.

Wat die gebruik van elektrisiteit betref, gebruik 92% van die huishoudings dit vir beligting, 88,1% vir verhitting en 0% om mee te kook.

Die munisipaliteit was die laaste paar jaar pal in die nuus oor korrupsie en wanadministrasie. Een van die jongste en mees flagrante voorvalle is toegeskryf aan die voormalige munisipale bestuurder, Thabo Mokoena; hy het vriende in munisipale poste aangestel en buitensporige salarisse betaal.

Dit was die bevindinge van 'n provinsiale taakspan en Mokoena is afgedank. Daar was ook heelwat arrestasies oor beweerde korrupsie en finansiële onreëlmatighede in 2011.

“The Ngwathe Local Municipality has performed poorly for the 2010/11 Green Drop assessments, indicating that the wastewater services are not being managed according to the expectations of the regulation programme. With the exception of the Heilbron plant, the Green Drop requirements are largely not met and result in a low overall municipal score for Ngwathe.”

Bestuur Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Daar woon 120 520 (2001: 118 810) mense in die munisipaliteit, en met 'n oppervlakte van 7 055,01 km² is die bevolkingsdigtheid sowat 17 mense per vierkante kilometer.

Die afhanklikheidslas het sedert 2001 effens afgeneem van 60,5 tot 60,2 en die getal huisgesinne het van 32 108 tot 37 102 toegeneem, terwyl die grootte van die huishoudings van 3,6 lede tot 3,2 gedaal het. Bykans 70% van die inwoners is jonger as 40 en die munisipaliteit is sowat 90% landelik.

Die amptelike werkloosheidskoers bly hardnekkig hoog op 35,3% en die jeugwerkloosheidskoers is ook hoog op 44,4%. Die inkomstevlakke is laag: 61,6% van die huishoudings se jaarlikse inkomste val tussen R1 en R38 200 en 13% het geen inkomste nie. Slegs 7,1% van huishoudings verdien meer as R153 800 per jaar. Die skolingsvlakke lyk egter nie sleg nie: 8,5% van mense ouer as 20 het geen onderrig ontvang nie en 25,8% beskik oor 'n matrieksertifikaat.

Wat behuising betref, is dit taamlik formeel en 72,3% van die huishoudings woon in huise op aparte erwe en 2,3% in woonstelle in woonstelblokke. Ongeveer 21% van die huishoudings woon in informele behuising, hetsy in agterplase of elders.

Misdaad is in sekere opsigte taamlik hoog. Gedurende 2011- '12 was die moordkoers 15 mense per 100 000. Hierdie koers vir roof met verswarende omstandighede was 78, 3 vir huisroof en 35 vir sakeroof. Die gebied beskik oor sewe polisiekantore, wat elk ongeveer 17 000 mense bedien. By sommige stasies is die misdaadkoerse laag: By die Edenville- kantoor is daar byvoorbeeld nul moorde, 2 pogings tot moord, 3 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 7 van sakeroof en 23 van huisroof tussen April 2013 en Maart 2014 aangemeld. By Heuningspruit was hierdie syfers 0, 0, 1, 0 en 9. By ander kantore is die misdaadvlakke weer hoër, soos by Tumahole waar daar 6 moorde, 12 pogings tot moord, 20 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 24 van sakeroof en 124 van huisroof in hierdie tydperk aangemeld is.

Daar is geen privaat mediese fasiliteite in die munisipaliteit geleë nie, slegs etlike klinieke en twee hospitale (Parys en Tokollo) wat deur die staat bedryf word.

(17)

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se telling: 3 uit 10

Die munisipaliteit se webwerf was buite werking by die skryf

van hierdie artikel en inligting oor vakatures was dus nie beskikbaar nie.

Die laaste drie ouditmenings deur die OG was “weiering met bevindinge”. Onreëlmatige besteding tydens die laaste ouditronde het R17 361 899 beloop, meer as dubbeld die bedrag in 2012. Dit kan toegeskryf word aan die pos van hoof finansiële beampte wat vakant is. Die verslag lui onder meer:

Die munisipaliteit se telling in die SAIRV se 80/20-verslag is 6,78 uit 10.

“Since the amalgamation of the municipality 12 years ago there has been persistent stagnation in its audit outcomes as a result of audit matters reported in previous years not being addressed. The municipality received a qualified audit opinion on most of the components in the financial statements, which is indicative of poor financial management. Urgent intervention on both provincial and political levels is needed to change the culture of repeated disclaimers . . . The financial statements submitted for audit purposes remained of poor quality even though the services of consultants were again obtained due to vacancies and the lack of skills at the municipality. The recurrent lack of supporting documents, inadequate monthly disciplines and the late appointment of consultants resulted in many repeat qualifications. Although the provincial treasury assisted the municipality during the audit process, their efforts were frustrated by the municipality's lack of key controls.”

(18)

43

Suid-Afrika South Africa

Leefbaarheidstelling: 1 uit 10

63 334 Grondoppervlakte

6 796,09 km²

Bevolkingsdigtheid per km

9,3

2

Groen Druppel- telling

Blou Druppel- telling

Moordkoers (per 100 000 mense)

Kraanwater in huis

Gebruik eie vullishoop

Gebruik puttoilet

van mense

van mense

van mense

Werkloosheid

Gekwalifiseerd

Ouderdom onder 40

Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit

Ouditmening

(19)

Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit

beklee. Hierdie telling was 6,49% in 2011 en 6,2% in 2010.

Drie uit die vyf stelsels het 0% vir drinkwater- gehaltevoldoening ontvang. Al vyf het 0% vir bestuur en verantwoordbaarheid ontvang. Volgens Netwerk24 (11 Maart 2014) het 'n waterkrisis in die munisipaliteit ontstaan.

Die DA het versoek dat die gebied as rampgebied verklaar word en AfriForum het die munisipaliteit voor die hof gedaag.

Ongeveer 64% van die huishoudings gebruik 'n spoeltoilet, 1,9% maak van 'n puttoilet gebruik en 'n massale 30,2% moet van die emmerstelsel gebruik maak vir sanitasie. Die laaste Groen Druppel-telling was 0% en al vyf stelsels het 0% vir elke aanwyser ontvang weens 'n weiering om gemeet te word. Die evaluering lui as volg:

Terwyl 57,9% van die huishoudings se vullis deur die munisipaliteit op 'n weeklikse grondslag verwyder word, moet meer as 'n derde (33,6%) hul eie vullishoop gebruik.

'n Hoë persentasie van huishoudings (93,2%) maak van elektrisiteit gebruik vir beligting, 88,4% gebruik dit om mee te kook en 55,3% vir verhitting.

Die munisipaliteit se webwerf was buite werking by die skryf van hierdie verslag en dus kon die omvang van vakatures nie bepaal word nie.

Die munisipaliteit se laaste twee ouditmenings was

“gekwalifiseerd”. Die verslag lui onder meer :

“The indifferent behaviour by Masilonyana Local Municipality towards a national programme to inform the public of local wastewater services performance, is deplorable . . . From a regulatory point of view, wastewater services by Masilonyana present a high risk situation to public health and the environment.”

“The stagnation in the audit outcome was due to management's slow response in addressing the findings on audit matters reported in the previous year. The CFO was, moreover, only appointed in February 2013. The audit opinion included qualifications on immovable assets as well as various non-compliance matters and findings on performance information . . . Management did not monitor the human resources processes satisfactorily, which resulted in a vacancy rate of 60%.”

Bestuur Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die bevolking het tussen 2001 en 2011 van 64 409 tot 63 334 afgeneem, en 'n oppervlakte van 6 796,09 km² beteken 'n bevolkingsdigtheid van 9,3 mense per vierkante kilometer.

In dieselfde tydperk het die afhanklikheidslas van 54,2 tot 55,3 toegeneem. Die getal huishoudings het effens gestyg, van 17 064 tot 17 575, en die gemiddelde huishoudinggrootte het ook van 3,1 lede tot 3,3 in hierdie dekade toegeneem. Meer as 70% van die inwoners is jonger as 40 en die munisipaliteit is 84,6% landelik.

Die amptelike werkloosheidskoers van 38,8% is die tweede hoogste vir 'n munisipaliteit in die Vrystaat en hoog vergeleke met die res van die land. Die jeugwerkloosheidskoers van nagenoeg 50% is geweldig hoog. Meer as driekwart van die huishoudings se inkomste is minder as R38 200 per jaar. Slegs 5,5% verdien jaarliks meer as R153 800. Ongeveer 9% van die inwoners ouer as 20 het geen onderrig ontvang nie en 23,1% het matriek voltooi.

Weens die mynboubedrywighede in die gebied woon 36,8%

van die huishoudings in werkershostelle. Daarbenewens woon 47,4% in huise op aparte erwe en 11% in informele behuising in agterplase of elders.

Misdaad in die munisipaliteit is taamlik hoog. In 2011-'12 was die moordkoers 43 per 100 000 en vir roof met verswarende omstandighede was dit 89. Hierdie koers vir huisroof was 16 en 33 vir sakeroof. Die gebied beskik oor vyf polisiekantore wat elk ongeveer 12 000 mense moet bedien.

By sommige stasies is die misdaadkoerse hoog, soos Brandfort waar daar 15 moorde, 16 pogings tot moord, 39 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 118 van sakeroof en 156 van huisroof tussen April 2013 en April 2014 aangemeld is. By ander, soos Verkeerdevlei, is dit weer baie laag. Daar is nul moorde, 1 poging tot moord, 1 voorval van roof met verswarende omstandighede, 6 van sakeroof en 15 van huisroof aangemeld.

Daar is slegs sewe staatsklinieke en ’n staatshospitaal in die munisipaliteit.

Meer as 90% van die huishoudings het toegang tot kraanwater: 56,6% in hul wonings; 38,7% in hul erwe; en 3,4%

vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Met 'n Blou Druppel- telling van 11,4% in 2012 het dit die laaste plek in die Vrystaat

(20)

Volgens Leon Claassen, ontleder by Ratings Afrika, 'n konsultasiefirma wat munisipale finansies ontleed, is Masilonyana een van die tien swakste munisipaliteite in die land wat finansies betref. Hy het volgens Netwerk24 (3 Julie 2013) gesê hy skryf dit toe aan swak bedryfsprestasie – met uitgawes hoër as inkomste – en onvoldoende besteding aan die instandhouding van infrastruktuur.

Die munisipaliteit het 'n telling van 6,56 uit 10 in die SAIRV se 80/20-verslag ontvang.

Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit se telling: 1 uit 10

(21)

Suid-Afrika South Africa

Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: uit 10 5

Vrystaat

(22)

Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit

Wat watervoorsiening en -gehalte betref, lyk die prentjie redelik rooskleurig. Meer as 60% van die huishoudings het kraanwater in hul wonings, 30,7% het toegang daartoe in hul erwe en 7% het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Matjhabeng se laaste Blou Druppel-telling was 94,72% – die beste in die provinsie. Dit is ook 'n yslike verbetering teenoor 2011 se 79,91% en 2010 se 47,3%. Al die stelsels behalwe een het 100% vir die gehaltevoldoening van hul drinkwater ontvang. Almal het 100% vir bestuur en verantwoordbaarheid ontvang en dit is baie positiewe tekens.

Wat sanitasie betref, gebruik 78,4% van die huishoudings spoeltoilette, maar 6,8% moet steeds van puttoilette gebruik maak en 11,1% van emmertoilette. Die res is weglaatbaar klein. So goed soos die drinkwater is, so swak is die gehalte van die afvalwater. Die laaste Groen Druppel-telling is 14,2%.

Van al 11 suiweringsaanlegte het slegs een, Virginia (18%), nie nul vir die gehalte van die afvalwater ontvang nie.

Die munisipaliteit verwyder weekliks die vullis van 89,1% van die huishoudings. Ongeveer 7,8% moet nog hul eie vullishoop gebruik.

Meer as 91% van die huishoudings gebruik krag vir beligting, 87,7% vir kookdoeleindes en 64,8% vir verhitting.

Die munisipaliteit se webwerf het geen inligting oor vakante poste bevat nie.

Wat korrupsie betref, het die Vrystaatse provinsiale departement van samewerkende regering in 2013 'n ondersoek na die munisipaliteit gelas nadat bewerings van korrupsie rugbaar geword het. Die parlementêre moniteringsgroep het as volg daaroor verslag gedoen:

Bestuur

“Interviews had been conducted with senior officials and there were attempts to analyse relevant records and documentation, and site investigations. Once again, the investigation was hindered by non-availability of some documentation, especially on procurement and bidding. It was suspected that some of the information about directorships in companies might be outdated, and the investigation in some cases had not been conclusive. It was, however, known that the municipality suffered loss and damage through incompetence in supply chain management, inadequate management of contracts, non- compliance with the local government framework and weak project management. This had led to financial distress of the municipality, whilst the municipal manager was often also under

Demografiese en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die munisipale bevolking van 406 461 is baie hoog, maar dit is 'n effense afname sedert 2001 se 408 170. Die oppervlakte van 5 155,46 km² beteken die bevolkingsdigtheid is sowat 79 mense per vierkante kilometer. Die bevolkingsdigtheid het oor die laaste 15 jaar dieselfde gebly op 46,9. Die getal huisgesinne is nou 123 195 en die gemiddelde huishoudinggrootte is 3,1 mense. Ongeveer 70% van die mense is jonger as 40 en die munisipaliteit is 72% landelik.

Die amptelike werkloosheidskoers in die gebied is 'n hoë 37%, maar dit is ten minste 'n afname teenoor 2001 se 46,5%. Die jeugwerkloosheidskoers is bykans 50%. Dit voorspel niks goeds vir die bestendigheid van die munisipaliteit nie, veral wat misdaad betref. Bykans 65% van die huishoudings se jaarlikse inkomste is laer as R38 200 en 10,7% se inkomste oorskry R153 800 per jaar. Die onderwysprofiel lyk nie sleg nie: slegs 4,6% van die inwoners jonger as 20 het geen formele onderrig ontvang nie en 28%

het wel matriek voltooi.

Nagenoeg 60% van die huishoudings woon in huise op aparte erwe en 3,7% in woonstelle in woonstelblokke.

Bykans 23% woon in informele behuising – in agterplase of elders – en 8,7% in werkershostelle.

Misdaad in Matjhabeng is baie hoog. In 2011/'12 was die moordkoers 55 per 100 000 en vir roof met verswarende omstandighede was dit 305. Wat eiendomsmisdaad betref, was dit 42 vir huisroof en 48 vir sakeroof. Die munisipaliteit beskik oor nege polisiekantore, wat elk nagenoeg 40 000 mense moet bedien. Stasies soos Allanridge en Ventersburg het lae misdaadkoerse. Ander stasies het weer baie hoë misdaadkoerse. By die Bronville-kantoor is daar byvoorbeeld 34 moorde, 22 pogings tot moord, 75 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 12 van sakeroof en 125 van huisroof aangemeld. Meloding, Odendaalsrus, Virginia, Welkom en Thabong toon ook baie hoë vlakke van gewelds- en eiendomsmisdaad.

Weens die gebied se groot bevolking en konsentrasie van mense, beskik dit ook oor 'n wye reeks mediese geriewe. Dit bevat heelwat staatsklinieke en staatshospitale soos die Thusanong-hospitaal. Dit beskik ook oor privaat geriewe, s oos d i e We l k om Me d i cl i ni c e n d i e E r n es t Oppenheimerhospitaal.

(23)

political pressure to accede to certain decisions.”

“Since the amalgamation of the municipality 12 years ago there has been persistent stagnation in its audit outcomes, which could be attributed to management's slow response in addressing the matters in the audit reports of previous years.

Furthermore, the positions of CFO and SCM manager have been vacant for more than four and two years, respectively.

Urgent intervention at both provincial and political levels is needed to change the culture of repeated disclaimers.”

Daar is ook onlangs bewerings oor korrupsie in die munisipaliteit, maar daar was nog geen hofsake of skuldigbevindings nie.

Die munisipaliteit het die laaste drie jaar 'n “weiering”- ouditmening van die OG ontvang. Die verslag lui onder meer:

Die munisipaliteit het 'n telling van 6,86 uit 10 in die SAIRV se 80/20-verslag ontvang.

Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit se telling: 5 uit 10

(24)

Suid-Afrika South Africa

Nala Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: 1 ½ uit 10

Vrystaat

(25)

Nala Plaaslike Munisipaliteit

2012 het die munisipaliteit die tiende plek uit 20 ingeneem.

Die vorige tellings was 58,29% en 63,6%. Die evaluering lui onder meer:

Wat sanitasie betref, maak slegs 33,6% van huishoudings van spoeltoilette gebruik terwyl 9,1% puttoilette moet gebruik en die meerderheid (52,6%) steeds van die emmerstelsel afhanklik is. Meer as 3% het aangedui dat hulle geen sanitasiegeriewe het nie. Selfs meer skokkend is die munisipaliteit se laaste Groen Druppel-telling: 20,4%. Die Wesselsbron- sowel as die Bothaville-stelsel het albei 0%

ontvang vir die gehaltevoldoening van afvalwater, die indiening van resultate en die geloofwaardigheid van monsterontledings. Die verslag som die toedrag van sake treffend as volg op:

Vullisverwydering lyk nie sleg nie: 83,3% van die huishoudings se vullis word weekliks deur die munisipaliteit verwyder, 13,2% moet hul eie vullishoop gebruik en 2% het geen vullisverwyderingsgeriewe nie.

Meer as 90% van die huishoudings gebruik krag vir beligting, 85,5% om mee te kook en 54,1% vir verhitting.

“The E.coli failures apparent in the compliance data submitted by Nala infer that the water possesses an unacceptable risk for human consumption.”

“The Nala Local Municipality has not impressed during the Green Drop assessments, indicating that the wastewater services are not being managed according to the expectations of the regulation programme . . . The gaps in the current performance reach into most aspects of the wastewater business and it is difficult to find but one requirement that is on par with good practice.”

Demografie en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die bevolking het tussen 2001 en 2011 dramaties van 98 264 tot 81 220 afgeneem (-1,9% per jaar) en die oppervlakte van 4 128,79 km² beteken 'n bevolkingsdigtheid van sowat 20 mense per vierkante kilometer. Die afhanklikheidslas is tans 'n taamlik hoë 62,4 en het mettertyd toegeneem – vermoedelik omdat mense van werkende ouderdom beter geleenthede elders gaan soek het. Die getal huishoudings het tussen 2001 en 2011 van 25 839 tot 21 703 afgeneem en die gemiddelde huishouding bestaan nou uit 3,7 lede. Die munisipaliteit is 88,4% landelik en 72,9% van die inwoners is jonger as 40.

Die amptelike werkloosheidskoers van 35,9% is steeds hoog en hoër as in die res van die land, maar dit het mettertyd 'n skerp afname getoon. Die jeugwerkloosheidskoers is 47,6%

(2001: 61,1%). Armoede is hoog, met nagenoeg 80% van die huishoudings wat oor 'n jaarlikse inkomste van minder as R38 200 beskik. Slegs 6,2% se inkomste is meer as R153 800 per jaar. Die onderwysprofiel lyk ook power: 7,9% van inwoners ouer as 20 het nie skool klaargemaak nie en slegs 22,9% het matriek voltooi.

Slegs 52,2% van die huishoudings in die munisipaliteit woon in huise op aparte erwe en 2,7% in woonstelle in woonstelblokke. Die munisipaliteit het 'n reuse informele komponent: 36,6% woon in strukture wat nie in 'n agterplaas is nie en 5,5% in strukture wat wel in ’n agterplaas is.

Geweldsmisdaad blyk hoog te wees. Gedurende 2011-'12 was die moordkoers 30 per 100 000 mense en hierdie koers vir roof met verswarende omstandighede was 160. Wat eiendomsmisdaad betref, was hierdie koers 8 en 46 vir sakeroof. Die gebied word deur slegs twee polisiekantore bedien wat elk na meer as 40 000 mense moet omsien.

Tussen April 2013 en Maart 2014 is daar 8 moorde, 20 pogings tot moord, 28 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 58 van sakeroof en 128 van huisroof by die Wesselsbron-kantoor aangemeld. By die Bothaville-kantoor was hierdie syfers 16, 9, 83, 97 en 286.

Etlike klinieke en een hospitaal – almal staatsinrigtings – is die enigste mediese geriewe in die munisipaliteit.

Kraanwater kom algemeen voor, maar slegs 32,1% van die huishoudings het toegang daartoe in hul wonings terwyl 57%

dit in hul erwe het. Vyf persent het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. 3,7% gebruik boorgate en die res is weglaatbaar klein. Die gehalte van die drinkwater is redelik. Met die laaste Blou Druppel-telling van 67,23% in

(26)

Nala Plaaslike Munisipaliteit se telling: 1½ uit 10 Bestuur

By die skryf hiervan was daar geen vakatures in die munisipaliteit nie.

Die munisipaliteit was veral in 2013 dikwels in die nuus weens korrupsie, tenderonreëlmatighede en wanbestuur.

Teen die einde van 2012 het die tesourie byvoorbeeld betalings aan die munisipaliteit gestaak. Daar was talle bewerings van korrupsie (Corruption Watch, 13 Februarie 2013). Een handel oor die aankoop van “koeldrank” teen R1,4 miljoen – ’n bedrag wat vir die opgradering van toilette bestem was. In 2010 het die tesourie KPMG versoek om aantygings van bedrog en korrupsie teen die munisipaliteit te ondersoek en hul bevindinge het tot die ontslag van die munisipale bestuurder, David Shongwe, gelei. Talle ander amptenare en raadslede is ook betrek. 'n Ander amptenaar, Dibusang Denny Mekgoe, is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy R60 000 in 2008 by die munisipaliteit gesteel het. Die voormalige burgemeester, Mpai Mogorosi, het R230 000 se munisipale fondse gebruik om 'n veiligheidsmuur by ’n familielid se huis te laat oprig.

In die jongste ouditronde kon die OG nie 'n mening uitspreek nie; die oudit kon nie voltooi word nie te wyte aan die nie-indiening van finansiële state. Dit is ’n uiters kommerwekkende toedrag van sake.

Die munisipaliteit het 'n telling van 6,58 uit 10 in die SAIRV se 80/20-verslag ontvang.

(27)

41

Suid-Afrika South Africa

Leefbaarheidstelling: 1 uit 10

28 986 Grondoppervlakte

9325,86 km²

Bevolkingsdigtheid per km

3,1

2

Groen Druppel- telling

Blou Druppel- telling

Moordkoers (per 100 000 mense)

Kraanwater in huis

Gebruik eie vullishoop

Gebruik puttoilet

van mense

van mense

van mense

Werkloosheid

Gekwalifiseerd

Ouderdom onder 40

Tokologo Plaaslike Munisipaliteit

Ouditmening

(28)

Tokologo Plaaslike Munisipaliteit

Wat sanitasie betref, kan die situasie as 'n krisis bestempel word. Slegs 19% van die huishoudings maak gebruik van spoeltoilette en 1,4% van spoeltoilette met septiese tenks.

B yn a 'n k w a rt ( 23 ,6 %) m a a k g eb r u i k v a n ventilasieverbeterde puttoilette, 4,6% van gewone puttoilette, 34% van die emmerstelsel en 16,8% het geen sanitasiegeriewe nie. Die laaste Groen Druppel-telling was 'n ronde nul. Al drie die stelsels het 0% vir elke metingsaanwyser ontvang. Die departement van watersake het hom só oor die situasie uitgespreek:

AfriForum het al verskeie kere gewys op die rioolkrisis in die munisipaliteit, spesifiek in Hertzogville. Vanweë die waterprobleme in Dealesville, wat teweeggebring is deur die munisipaliteit se versuim om die infrastruktuur in stand te hou, het AfriForum 'n pomp gekoop en geïnstalleer om die probleem op te los. Die koste is van die Tokologo- munisipaliteit verhaal.

Vullisverwydering is ook nie na wense nie. Slegs 48,1% van die huishoudings se vullis word deur die munisipaliteit op 'n weeklikse grondslag verwyder. Daarnaas is 25,4% van hul eie vullishope afhanklik en 22,1% het geen vullisverwyderings- geriewe nie.

Meer as 84% van die huishoudings gebruik elektrisiteit vir beligting, 78,9% om mee te kook en 58,8% vir verhitting.

“The passive approach and lack of responsibility displayed by Tokologo Local Municipality in terms of its wastewater services is deplorable.

The municipality provided no evidence in support of the wastewater service delivery in the municipal area. From a reguatory point of view, wastewater services by Tokologo present a high risk situation to public health and the environment.”

Demografie en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die getal inwoners het tussen 2001 en 2011 van 32 455 tot 28 986 afgeneem en die bevolkingsdigtheid is tans slegs 3,1 mense per vierkante kilometer. Die afhanklikheidslas is tans 'n hoë 62,4 en die getal huisgesinne het van 8 847 tot 8 698 gedaal terwyl die gemiddelde huishouding van 3,6 lede tot 3,2 gekrimp het. Meer as 72% van die inwoners is jonger as 40 en 93,4% van die gebied word as landelik geklassifiseer.

Die werkloosheidskoers het effens gestyg, van 26,8% in 2001 tot 27,5% in 2011. Die jeugwerkloosheidskoers het ook van 33,1% tot 35,8% toegeneem. Meer as 76% van die huishoudings se jaarlikse inkomste is minder as R38 200 en slegs 6,7% se inkomste oorskry R153 800 per jaar. Die onderwysprentjie lyk nie goed nie. 'n Hoë persentasie, absoluut en relatief gesproke, van 20,8% van die inwoners ouer as 20 het nie skool klaargemaak nie en slegs 17,8% het matriek voltooi.

Wat behuising betref, woon 'n stewige 70,5% in huise op aparte erwe. Die informele komponent – 26,4% in agterplase of elders – is aansienlik.

Misdaad in Tokologo is taamlik hoog, maar nie so hoog soos op ander plekke in die Vrystaat nie. Die moordkoers in 2011- '12 was 41 per 100 000 en hierdie koers vir roof met verswarende omstandighede was 53. Vir huisroof was hierdie koers 12 en vir sakeroof 27. Daar is drie polisiekantore in die gebied en elkeen bedien nagenoeg 10 000 mense – 'n gunstige verhouding. Tussen April 2013 en Maart 2014 is slegs 4 moorde, 3 pogings tot moord, 4 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 29 van sakeroof en 42 van huisroof by die Boshof-kantoor aangemeld. By die Dealesville-kantoor was hierdie syfers nóg laer op 3, 0, 1, 17 en 20. By die Hertzogville-kantoor was dit 1, 2, 2, 23 en 53.

Daar is slegs 'n paar staatsklinieke in die munisipaliteit en geen staatshospitale of privaat geriewe nie.

Kraanwater is redelik algemeen en 52,9% van die huishoudings het toegang daartoe in hul wonings, 33,8% in hul erwe, 7,7% vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe en 3,7%

gebruik boorgate. Die gehalte van die drinkwater is swak. Die laaste Blou Druppel-telling in 2012 was slegs 25,46% (15de uit 20 munisipaliteite in die Vrystaat). Die twee vorige tellings was 20,35% en 11,8%. Die Boshof-, Dealesville- en Hertzogville-stelsel het onderskeidelik 0%, 10% en 5% vir hul drinkwater-gehaltevoldoening ontvang.

(29)

Bestuur

Daar was nie vakante tegniese of bestuursposte in die munisipaliteit by die skryf van hierdie verslag nie.

Die laaste twee ouditmenings was “gekwalifiseerd” en werp lig op die vakante poste in die munisipaliteit. Die verslag lui as volg:

Tokologo het 'n telling van slegs 5,64 uit 10 in die SAIRV se 80/20-verslag ontvang.

“The stagnation in the audit outcome was caused by audit matters reported in the previous year not being addressed due to vacancies in middle management . . . The status of SCM remains unsatisfactory, primarily due to management's neglect to comply with SCM regulations, a lack of consequences for poor performance and the vacancy of the SCM manager position for 24 months, which ultimately resulted in irregular expenditure of R13 949 004 (2012: R5 154 096) being incurred for the year.”

Tokologo Plaaslike Munisipaliteit se telling: 1 uit 10

(30)

Suid-Afrika South Africa

Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: uit 10 4

Vrystaat

(31)

Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit

Ten opsigte van sanitasie maak byna 60% van die huishoudings van 'n spoeltoilet gebruik. Daarbenewens gebruik 3,8% droëtoiletgeriewe, 7,9% gebruik puttoilette en 22,5% maak van die emmerstelsel gebruik. Die laaste Groen Druppel-telling van 46,4% was swak. Die twee stelsels het onderskeidelik 13% en 0,5% vir die gehaltevoldoening van hul afvalwater ontvang. Nietemin moet die munisipaliteit lof toegeswaai word vir verbeterings, veral met betrekking tot bestuur.

Vullisverwydering in die gebied lyk oor die algemeen goed:

80,3% van die huishoudings se vullis word weekliks deur die munisipaliteit verwyder. Tog moet 18,3% steeds van hul eie vullishoop gebruik maak.

Wat elektrisiteit betref, gebruik 91,9% dit vir beligting, 79,9%

om mee te kook en 60,7% vir verhitting.

Bestuur

By die skryf hiervan was daar geen vakatures in die munisipaliteit nie.

Netwerk24 het in Oktober 2014 berig dat daar R1,1 miljoen aan motors vir die burgemeester en speaker van die raad bestee is – ongeag die feit dat daar vanjaar vir 'n tekort van R100 miljoen begroot moes word. Verder, ondanks verskeie bewerings, kon geen gevalle van korrupsie of wanbestuur bevestig word nie.

Die munisipaliteit se geldsake lyk egter nie te sleg nie. Die laaste twee ouditmenings was “ongekwalifiseerd met bevindinge”. Die stagnering in die ouditmening word toegeskryf aan ouditaanbevelings van die vorige jaar wat nie uitgevoer is nie. Dit sluit in verskeie voldoeningsaan- geleenthede asook bevindinge oor prestasie-inligting. Daar word ook swaar op konsultante staatgemaak terwyl vaardighede nie voldoende aan vaste personeel oorgedra word nie.

Die munisipaliteit het 'n telling van 6,65 uit 10 in die SAIRV se 80/20-indeks ontvang.

Demografie en sosio-ekonomiese konteks

Dienslewering en geriewe

Die bevolking het sedert 2001 se 53 714 tot 47 625 afgeneem en die bevolkingsdigtheid is 7,2 mense per vierkante kilometer. Die getal huishoudings het dienooreenkomstig van 12 430 tot 11 992 gedaal terwyl die grootte van die huishoudings van 4,2 tot 3,8 lede afgeneem het. Die afhanklikheidslas het tussen 2001 en 2011 van 67,4 tot 64,5 afgeneem. Bykans driekwart van die inwoners is jonger as 40 en die gebied is byna heeltemal landelik.

Hoewel die amptelike werkloosheidskoers oor die jare afgeneem het, is dit op 34,8% steeds baie hoog en heelwat hoër as die land se gemiddeld. Die jeugwerkloosheidskoers is tans 'n kommerwekkende 46,2%. Meer as driekwart van die inwoners se inkomste val onder R38 200 per jaar en slegs 6,6% se jaarlikse inkomste oorskry R153 800. Meer as 13%

(2001: 26,1%) van die inwoners ouer as 20 het nie skool voltooi nie terwyl 20,5% wel matriek geslaag het.

Nagenoeg 70% van die huishoudings woon in huise op aparte erwe, 1,3% in 'n tradisionele woning en 2,5% in 'n formele struktuur in 'n agterplaas. Bykans 27% woon in informele behuising – in 'n agterplaas of elders.

Geweldsmisdaad is taamlik hoog in Tswelopele. Tydens 2011-'12 was die moordkoers 46 per 100 000 mense en die koers vir roof met verswarende omstandighede 27. Wat eiendomsmisdaad betref, was hierdie koers 5 vir huisroof en 11 vir sakeroof. Die gebied word deur slegs twee polisiestasies bedien en elkeen bedien ongeveer 24 000 mense. Tussen April 2013 en Maart 2014 is daar by die Bultfontein-kantoor 10 moorde, 5 pogings tot moord, 4 voorvalle van roof met verswarende omstandighede, 42 van sakeroof en 106 van huisroof aangemeld. By die Hoopstad- kantoor was hierdie syfers 5, 3, 10, 36 en 81.

Daar is nie privaat mediese geriewe in die munisipaliteit nie;

dit word slegs deur etlike staatsklinieke en een staatshospitaal (Mohau) bedien.

Bykans 40% van die huishoudings maak van kraanwater in hul huise gebruik, 52,2% het toegang daartoe in hul erwe en 7,7% het toegang daartoe vanaf 'n toegangspunt buite hul erwe. Die gehalte van die drinkwater is baie goed. Die laaste Blou Druppel-telling van 92,42% in 2012 was die tweede beste in die provinsie. Die twee voriges was 54,71% en 49,9% en dus het daar 'n merkbare verbetering plaasgevind.

Albei stelsels, Bultfontein en Hoopstad, se drinkwater het 100% vir gehaltevoldoening ontvang. Albei het ook 96% vir

bestuur en verantwoordbaarheid ontvang.

Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit se telling: 4 uit 10

(32)

Suid-Afrika South Africa

Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit

Leefbaarheidstelling: uit 10 5

Vrystaat

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Als je zélf wordt buitengesloten door Marokkanen, zou een reactie kunnen zijn dat je daarna zelf deze groep ook meer gaat buitensluiten, afhankelijk van of je vooroordelen hebt over

Website Evaluation Questionnaire INSTRUCTIONS The purpose of this Website Evaluation Questionnaire is to obtain feedback from the perspective of the end-user potential job

zeer breed, chondrophoor driehoekig tot langwerpig driehoekig, ligamentdrager opvallend laag, steeds la- ger dan de voor-bovenrand (behalve bij exemplaren kleiner dan 5 mm).

Die verandering van die toerisme-kultuur in ’n bepaalde omgewing, skep ’n breë geheelbeeld van die verloop van geskiedenis wat in ’n streek – in hierdie geval

Gegeven de ontwikkeling met grote impact, ook voor de gemeente Albrandswaard, heeft de Reken- kamercommissie Albrandswaard besloten tot een onderzoek naar de stand van zaken

In het Witboek staat dat van deze twee vervoersmodaliteiten veel meer gebruikgemaakt kan worden binnen Europa dan nu het geval is.. 2p 26 Geef de twee

is er volstrekt onbegrip over, dat dat bij het CDA zou kunnen Ieven. Die zien een veel grotere breuk tussen de politieke praktijk en de beginselen van waaruit Je

Bij vervangende nieuwbouw in het Kali Besar blok moet aandacht worden geschonken aan onderzoek en ontsluiting van het bodemarchief onder de actuele stad.. Kota staat