• No results found

Voorwoord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Voorwoord"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

4

VOORWOORD

gIDEON ELS

Wat is die lekkerste werk wat iemand kan hê? Ek dink ek kan met groot dankbaarheid sê: ORRELIS! Ek was bevoorreg om vir amper 28 jaar voltydse orrelis by die NG Gemeente Farrarmere in Benoni te wees. Daar is darem niks lekkerder as om te hoor hoe ’n gemeente ’n gesang of psalm met oorgawe uitbasuin nie. Dit gee jou agter die orrel sommer so ’n skop om nog meer intens en met meer lof te speel!

Toe die SAKOV bestuur my dus in 2016 gevra het om die redaksionele rol van Vir die Musiekleier oor te neem was dit met bietjie bewing in my broek wat ek ja gesê het. Hier is nou my kans om saam met “groot geeste” in die Suid-Afrikaanse kerkmusiekwêreld op ’n heel ander vlak saam te werk. En watter voorreg is dit nie!

Ek moet dus hier onmiddellik my grootste dank en waardering uitspreek teenoor Drs. Gerrit Jordaan en Mario Nel wat my hierdie ongelooflike kans gegee het. Daarmee saam sê ek dankie vir Prof Hetta Potgieter en Dr Ockie Vermeulen wat oor ’n aantal jare hierdie vaktydskrif uitgebrei het tot waar dit vandag sonder skroom nie net kan uitstaan as ’n trotse deel van die SAKOV familie nie maar ook ’n belangrike bydraer tot die navorsingsveld van kerkmusiek.

In this edition of To the Director of Music, Dr Andrew-John Bethke investigates the process of

localisation or inculturation using a case study approach. This, sometimes controversial issue, looks at transformation in relation to South African Anglican worship at Grahamstown Cathedral. With his presentation of musical examples drawn from experiments, he has proven some broad success within their congregation.

As deel van die jaarlikse Gawie Cillié gedenklesing het Prof Elsabe Kloppers ’n navorsingsreferaat

aangebied waar sy gefokus het op die 500 jarige herdenking van die Reformasie in 2017. Net soos wat die Hervorming ’n teologiese beweging was, was dit ook ’n ‘sang beweging’: samesang het ’n ekumeniese simbool geword. Dit beteken dat die herdenkingsjaar ons ’n geleentheid bied om die ekumeniese moontlikhede van sang beter te verken en om nuwe perspektiewe op musiek en sang in die liturgie raak te sien. Die probleem met van hierdie liedere is egter dat baie onbekend blyk te wees. Sy gaan verder deur verskeie redes vir die onbekendheid aan te voer waaronder die vervelige manier waarop baie van die ekumeniese liedere in die verlede gesing is; die invloed van die omliggende musikale kultuur; ’n dominante spiritualiteit wat geen ruimte vir ekumeniese liedere uit die verlede bied nie; sowel as ’n gebrek aan kennis deur beide predikante en aanbiddingsleiers oor van die moontlikhede van hierdie liedere in die kreatiewe kommunikasie van geloof.

Dr Diederick Basson bied, deur die gebruikmaking van ’n historiografiese metodiek, ’n oorsig

op sinodebesluite met betrekking tot die gebruik van die psalms in die erediens in die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) vir die tydperk 1862-2012. Navorsing dui daarop dat psalms in die 1936-beryming en 2001-beryming nie optimaal in die Gereformeerde erediens benut word nie.

(2)

5

Sinodebesluite toon duidelike leemtes in die musikologiese beoordeling van die liedmatig bewerkte psalms deurdat daar nie ’n betroubare, objektiewe stelsel bestaan waarteen psalms gemeet kan word nie. Sinodebesluite neem ook nie die deursnee lidmaat se musikale profiel en musikale voorkeure in ag nie.

Volgens Me Isabeau Swanepoel en Prof Daleen Kruger het die rol van orreliste in die

post-moderne kontemporêre NG Kerk dramaties oor die afgelope 50 jaar verander. Hierdie paradigmaskuif in die liturgie en liturgiese musiek van die kerk het daartoe gelei dat drastiese veranderinge soms nodig is vir sover dit die keuse van musiek, liedere en musikale begeleiding aangaan ten einde hierdie behoefte van die post-moderne gemeente te bevredig. Hul navorsing het ook getoon dat orreliste ’n sogenaamde ‘kopskuif’ sal moet maak ten einde suksesvol te wees.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling "so hoog rnoontlik" sou wees. Onderwysers

Die Dameskomitee het egter nooit aanbeveel dat die Pietersburgse konsentras iekamp verskuif moes word nie en daar is geen gegewens in die amptel ike dokumente

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies