• No results found

Ons is nog alen Vres door Den Zegen Des Heeren Gesondheidsformules in Afrikaans-Nederlandse persoonlike briewe uit die Anglo-Boereoorlog

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Ons is nog alen Vres door Den Zegen Des Heeren Gesondheidsformules in Afrikaans-Nederlandse persoonlike briewe uit die Anglo-Boereoorlog"

Copied!
266
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Ons is nog alen Vres door Den Zegen Des Heeren

Gesondheidsformules in Afrikaans-Nederlandse persoonlike

briewe uit die Anglo-Boereoorlog

A. Nel

(STUDENTENOMMER 10623019) Verhandeling voorgelê vir die graad

Magister Artium

in

Afrikaans en Nederlands

aan die

Vaaldriehoekkampus

van die

Noordwes-Universiteit

Studieleier: Prof A.J. van Rooy

Vanderbijlpark

(2)

... gezondheid is toch maar het spil waarom alles draait, gezondheid en een tevreden gemoed is het beste ... (Johannes Bredell, NA A1361).

(3)

ERKENNING

Ek bedank graag die volgende persone:

 Die Gewer van alle genadegawes, die Drie-Enige God, wat ook aan my amazing grace bewys.  Prof. Bertus van Rooy, my studieleier, vir eindelose geduld asook vir leiding, opbouende

kritiek en aanmoediging gedurende die studietydperk.  Die NWU vir ʼn beurs.

 Die skrywers van die epistolêre geskrifte (en hul nasate) wat deur hul dokumentering van gebeure aan ons ʼn geleentheid tot nuwe linguistiese insigte bied.

 Vicky Heunis en Ephraim Malankabe, verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boerepublieke in Bloemfontein, vir hul vriendelike en professionele hulp in die versameling van die data.

 Menitza Botha vir ure se werk om die databronne saam met my te ontsyfer, tik, proeflees en kodeer, en ʼn grappie oor ʼn snaaksigheid in ʼn databron te deel.

 Manie en Amanda Nel, my ouers, vir hul liefde en gebede en die hou van die fort terwyl ek die Anglo-Boereoorlog se slagvelde, konsentrasiekampe en krygsgevangekampe saam met die briefskrywers beleef het.

 Nico Moolman en dr. Johannes Retief vir insiggewende gesprekke.

 Die Ferreiras van Sasolburg vir toegang tot hul privaatversameling manuskripte.  Dr. Althéa Kotze en prof. Susan Coetzee-Van Rooy vir raad en hulp.

 Melanie Ziemerink en elke ander familielid, kollega en taalkundige wat belanggestel, ondersteun en gebid het ‒ ek waardeer dit.

(4)

OPSOMMING

Trefwoorde: Epistolêre tradisies; vroeë Afrikaanse taalstudies; poswese; geletterdheid;

briefskryf-handleidings; persoonlike briewe; gesondheidsformules; Anglo-Boereoorlog

Studies oor briewe is in die verlede veral toegespits op die historiese belang van briefinhoude en die wyse waarop die inhoud en konvensies van briewe tot die ontwikkeling van ander skryfvorms aanleiding gegee het. Voorkeur is gegee aan die outobiografiese geskrifte van bekende historiese figure of die korrespondensie van prominente families of sosiale netwerke. Elspaß (2002) beveel aan dat die outobiografiese geskrifte van onbekende en elementêr geskoolde mense bestudeer behoort te word. Dit hou vir die taalkundige groot voordele in om só nuwe insigte betreffende taalvariasie en -verandering te bekom.

Hoewel daar leemtes bestaan in die bestudering van epistolêre geskrifte in Europa en elders, is hierdie leemte nog omvangryker in Afrikaans. In Afrikaans word eensydig na plaaslike sewentiende- tot negentiende-eeuse outobiografiese (epistolêre) geskrifte gekyk deurdat ondersoeke tot suiwer taalkundige analises beperk word. Met hierdie studie word probeer om dié leemte onder die loep te neem deur die gesondheidsformules in die laat negentiende-eeuse en vroeë twintigste-eeuse epistolêre geskrifte van gewone, meestal elementêr geskoolde Afrikaans-Nederlandssprekende mense te ondersoek.

Hierdie studie volg korpuslinguistiese ondersoekmetodes. Dit ondersoek die algemene semantiese struktuur en vormlike realisering van gesondheidsformules in ongepubliseerde brieftekste uit die era 1899 tot 1903. Die korpus is saamgestel uit Anglo-Boereoorlog-brieftekste van hoofsaaklik onbekende burgers van die eertydse Boererepublieke en Kaapkolonie.

Daar word ondersoek ingestel na die bronne wat briefskrywers se vraag na geletterheid vervul het sodat hulle in staat was om formulaïese taalgebruik in persoonlike briewe te kon aanwend. Aandag word geskenk aan die modelle wat hulle gevolg het om aan tradisionele epistolêre konvensies te voldoen, spesifiek rakende die navolging van gesondheidsformules. Die tipes formules in die briewe, die frekwensie en funksie daarvan, en die omvang van spesifieke herhalende patrone in die gesondheidsformules met die doel om te bepaal hoe Afrikaans-Nederlandse briefskrywers oor gesondheid geskryf het deur voorafsaamgestelde woordreekse aan te wend, word ondersoek.

In hierdie studie is bevind dat skrywers, ten spyte van hulle elementêre geskooldheid, daarin geslaag het om aan die briefskryfkonvensies te voldoen. Hulle het ʼn baie gevarieerde spektrum van idees, van gesondwees tot dood, aangebied. Die rykheid van die semantiese kategorieë blyk

(5)

gesondheidsmeldings: Die persoon is gesond en fris, dit gaan goed, die persoon is nog gesond,

dit gaan beter, die toestand is onveranderd, die persoon lewe nog, dit gaan nie goed nie, die persoon is siek of dood. Die drie kategorieë ondergeskikte gesondheidsformules (die bron,

ingesteldheid en wense, en kanaal) hou verband met gesondheidsmeldings waarin gemeld word dat die persoon wel is of nog lewe. Skrywers het 1 158 gesondheidsmeldings geskryf. In 367 hiervan rapporteer hulle met vaste formules. In nog 692 formules wend hulle grammatikale middele (basiese uitbreiding, leksikale variasie, komplekse sinne, variante segswyses) aan om op die formule uit te brei. Slegs 99 formulerings is werklik oorspronklik geformuleer en steun nie op die kruk van formules nie. Uit die databronne blyk dat vroue meer primêre gesondheidsformules as mans geskryf het (weens die verpligte verblyf van die meerderheid vroue in Britsbeheerde konsentrasiekampe), terwyl mans meer ondergeskikte formules aangewend het.

(6)

ABSTRACT

Key words: Epistolary traditions; early Afrikaans language studies; postal service; literacy; letter

writing manuals; personal letters; health formulas; Anglo Boer War

In the past, studies about letters focused on the historic significance of letter content, and the manner in which the content and conventions of letter writing prompted the development of other writing forms. Preference was given to autobiographical documents of well-known historical figures or the correspondence of prominent families or social networks. Elspaß (2002) recommends that the autobiographical documents of unknown and elementary schooled people should be investigated. In this way linguists can benefit from obtaining new insights into language variation and change.

Although research in Europe and elsewhere has left gaps in the study of epistolary writing, these gaps are even more extensive in Afrikaans. In Afrikaans, researchers take a one-sided look at local seventeenth to nineteenth century autobiographical (epistolary) documents by focusing on pure linguistic analysis. In this study, this gap will be addressed by investigating the health formulae in late nineteenth and early twentieth century epistolary documents of ordinary, mostly elementary schooled, Afrikaans Dutch speaking people.

This study uses corpus linguistic research methods, and investigates the general semantic structure and formations of health formulae in unpublished letter texts from the period of 1899 to 1903. The corpus is compiled mainly from Anglo Boer War letter texts of unknown citizens of the former Boer Republics and Cape Colony.

An investigation is launched into the sources which met letter writers’ demand for literacy in order for them to utilize formulaic language in their personal letters. The models they followed to comply with traditional epistolary conventions, especially regarding the imitation of health formulae, are investigated. Types of formulae and the frequency and function thereof in the letters are investigated, as well as the extent of specific repetitive patterns in the health formulae with the aim of determining how Afrikaans Dutch letter writers wrote about health by using prefabricated word sequences.

In this study, it was found that writers, in spite of their elementary schooling, succeeded in meeting the requirements of letter writing conventions. They utilised a varied spectrum of ideas ranging from good health to death. The richness of the semantic categories transpires out of the variety of formulations within the nine semantic primary health reports: The person is hale and hearty, it

(7)

alive, it is not going well, the person is ill or dead. The three categories of subordinate health

formulae (the source, disposition and wishes, and channel) correlate with health reports mentioning that the person is well or still alive. Writers penned 1 158 health formulae. In 367 of these they report with fixed formulae. In 692 more formulations, they employ grammatical means (basic extension, lexical variation, complex sentences, and variant expressions) to extend on the formulae. Only 99 formulations are original formulations. From the data sources, it becomes evident that women (as a result of the compulsory residence of the majority of women in British controlled camps) used more primary health formulae than men, while men wrote more subordinate health formulae.

(8)

INHOUDSOPGAWE

ERKENNING ... ii

OPSOMMING ... iii

ABSTRACT ... v

INHOUDSOPGAWE ... vii

LYS VAN TABELLE ... xii

LYS VAN FIGURE ... xiii

HOOFSTUK 1 INLEIDING ... 14

1.1 INLEIDING ... 14

1.2 KONTEKSTUALISERING EN PROBLEEMSTELLING ... 14

1.2.1 Kontekstualisering ... 14

1.2.1.1 Gesondheidsformules ... 15

1.2.1.2 Ondersoeke na vroeë Afrikaans-Nederlandse outobiografiese tekste ... 16

1.2.1.3 Die briefkultuur voor en tydens die Anglo-Boereoorlog ... 16

1.2.1.4 Die verwerwing van geletterdheid ... 17

1.2.1.5 Die rol van die Anglo-Boereoorlog in die skep van ’n nuwe kommunikasiesituasie .... 18

1.3 NAVORSINGSVRAE EN DOELSTELLINGS ... 19

1.3.1 Navorsingsvrae ... 19

1.3.2 Doelstellings ... 20

1.4 METODOLOGIE ... 21

1.5 BYDRAE VAN HIERDIE STUDIE ... 22

1.6 HOOFSTUKINDELING... 22

HOOFSTUK 2 DIE GEBRUIK VAN OUTOBIOGRAFIESE TEKSTE AS BRONNE VIR TAALHISTORIESE ONDERSOEKE ... 23

2.1 INLEIDING ... 23

2.2 ORALITEIT... 23

2.3 ONDERSOEKE NA OUTOBIOGRAFIESE EPISTOLÊRE GESKRIFTE ... 27

2.3.1 Studies voortspruitend uit die fokusverskuiwing rakende epistolêre geskrifte ... 28

2.3.1.1 Fokusverskuiwing ... 28

2.3.1.2 Briefskrywers probeer om die norm na te volg ... 30

2.3.1.3 Die rol van sosiale klas en geslag in ortografiese vaardigheid ... 31

2.3.1.4 Sosialisering ... 31

(9)

2.3.1.6 Samevatting... 33

2.3.2 Belangrike anderstalige ondersoeke na epistolêre formules ... 34

2.3.2.1 Skryfervaring tree as kruk op in ʼn poging om die norm na te volg ... 34

2.3.2.2 Die aanwending van formulaïese taal om die verhouding tussen skrywer en ontvanger te bevestig ... 37

2.3.2.3 Ooreenstemmende epistolêre formules ... 38

2.3.2.4 Resente navorsing oor formules vul ʼn gaping ... 38

2.3.2.5 Die funksies van formulaïese taal ... 41

2.3.2.6 Samevatting... 43

2.4 GESONDHEIDSFORMULES: ONDERSOEKE EN MODELLE ... 44

2.4.1 Vroeë ondersoeke na gesondheidsformules ... 44

2.4.2 GESONDHEIDSFORMULES MAAK DEEL UIT VAN ʼn PAN-EUROPESE TRADISIE ... 45

2.4.3 Die verband tussen sosiale stratifikasie, geslag en skryfvaardigheid en die gebruik van gesondheidsformules ... 46

2.4.4 Diachroniese effek ... 47

2.4.5 Epistolêre formules word aan ’n spesifieke diskoersstruktuur onderwerp ... 47

2.4.6 Modelle vir die aanleer van konvensionele epistolêre formules en gesondheidsformules ... 49

2.4.7 Samevatting ... 53

2.5 ONDERSOEKE NA VROEË AFRIKAANS-NEDERLANDSE OUTOBIOGRA-FIESE TEKSTE ... 53

2.5.1 Beperkende histories taalkundige benadering tot vroeë tekste ... 54

2.5.1.1 Die uitbouing van ʼn bepaalde Nederlandse dialek ... 55

2.5.1.2 Die vermenging en gelykskakeling van ʼn aantal Nederlandse dialekte ... 56

2.5.1.3 Spontane ontwikkeling en “Vreemdelinge”-Nederlands ... 59

2.5.1.4 Kontak en botsing met ander tale ... 60

2.5.1.5 Samevatting... 64

2.5.2 Andersoortige ondersoeke van vroeëre outobiografiese tekste ... 65

2.5.3 Samevatting ... 68

HOOFSTUK 3 BUITETALIGE FAKTORE ... 69

3.1 INLEIDING ... 69

3.2 DIE VRAAG NA MODELLE ... 69

3.2.1 Die voorrepublikeinse era ... 70

3.2.1.1 Verengelsingsbeleid in die Kaapkolonie ... 70

(10)

3.2.2 Faktore wat die geletterdheid van die Afrikaans-Nederlandse kind gestrem

het ... 72

3.2.2.1 Die problematiek van ’n onderrigmedium in die Oranjevrijstaat en Transvaal ... 72

3.2.2.2 Die tekort aan bekwame onderwysers in die Kaapkolonie, die Oranjevrijstaat en die Transvaal ... 76

3.2.2.3 Die gemeenskap se siening oor die waarde van formele onderrig en skoolbywoning ... 77

3.2.2.4 Beskikbaarheid van handboeke ... 79

3.2.2.5 Vakinhoud ... 80

3.2.2.6 Verpligte onderwys in die Oranjevrijstaat en Transvaal ... 81

3.2.3 Kamponderwys (1900-1902) ... 82

3.2.4 Koerante en tydskrifte as modelle vir die aanleer van briefformules ... 83

3.3 DIE FUNKSIONERING VAN DIE POSWESE VOOR EN TYDENS DIE OORLOG .... 85

3.3.1 Die ontwikkeling van die posdiens in die Oranjevrijstaat en die Transvaal ... 85

3.3.1.1 Die Oranjevrijstaat ... 85

3.3.1.2 Die Zuid-Afrikaansche Republiek ... 86

3.3.2 Die funksionering van die posdiens tydens die Anglo-Boereoorlog ... 88

3.3.3 Samevatting ... 90

3.4 DIE ANGLO-BOEREOORLOG: DIE SOSIO-MAATSKAPLIKE KONTEKS WAT ’N NUWE KOMMUNIKASIESITUASIE GESKEP HET ... 91

3.4.1 Die vryheidsideaal van die burgers van die twee Boererepublieke ... 93

3.4.2 Kontak tussen wit en swart mense ... 95

3.4.3 Die oorsake van die Anglo-Boereoorlog ... 97

3.4.4 Die stryd om oorlewing in die konsentrasiekampe ... 99

3.4.5 Die lewe van die burgers op kommando ... 105

3.4.6 Krygsgevangenes ... 108

3.5 ’N SUID-AFRIKAANSE OORLOG ... 111

3.6 SAMEVATTING ... 113

HOOFSTUK 4 METODOLOGIE ... 115

4.1 INLEIDING ... 115

4.2 KORPUSGEBASEERDE BENADERING TOT NAVORSING ... 115

4.2.1 Wat ’n korpus behels ... 115

4.2.2 Korpuslinguistiek as metode om databronne te ontgin ... 117

4.3 BESKRYWING VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG-KORPUS ... 119

4.3.1 Samevatting ... 132

(11)

4.5 SAMEVATTING ... 138

HOOFSTUK 5 ANALISE ... 139

5.1 INLEIDING ... 139

5.2 NADERE SEMANTIESE KATEGORISERING VAN DIE WYSES WAAROP SKRYWERS OOR HULLE GESONDHEID BERIG ... 140

5.2.1 Kerngegewe: direkte rapportering oor gesondheid ... 141

5.2.2 Kontekste waarbinne idees oor gesondheid ingebed word ... 144

5.2.2.1 Die bron van gesondheid ... 146

5.2.2.2 Die ingesteldheid teenoor gesondheid ... 148

5.2.2.3 Die wens oor gesondheid ... 150

5.2.2.4 Transaksionele handeling oor gesondheid ... 151

5.2.3 Samevatting ... 152

5.3 ONDERSOEK NA DIE VORMLIKE ASPEKTE VAN DIE PRIMÊRE GESONDHEIDSMELDINGS ... 152

5.3.1 Rapportering oor gesondheid: persoon is gesond/fris ... 152

5.3.1.1 Die persoon is gesond ... 153

5.3.1.2 Die brief het my in gesondheid ter hand gekom/ontvang of verlaat ... 155

5.3.2 Rapportering oor gesondheid: dit gaan goed... 155

5.3.2.1 Dit gaan goed met die persoon ... 156

5.3.2.2 Dit is wel met die persone ... 158

5.3.3 Rapportering oor gesondheid: die persoon is nog gesond ... 159

5.3.3.1 Die persoon is nog fris ... 159

5.3.3.2 Dit gaan nog goed met die persoon ... 161

5.3.4 Rapportering oor gesondheid: beterskap na siekte ... 164

5.3.4.1 Die persoon is beter ... 165

5.3.4.2 Dit gaan beter met die persoon ... 168

5.3.4.3 Die persoon is weer gesond/fris/wel ... 172

5.3.4.4 Die persoon is herstel ... 174

5.3.5 Rapportering oor gesondheid: geen verandering in toestand nie ... 177

5.3.6 Rapportering oor gesondheid: dit gaan nié goed nie ... 177

5.3.6.1 Die persoon is nie heeltemal gesond ... 177

5.3.7 Rapportering oor gesondheid: die persoon lewe nog ... 181

5.3.7.1 Die persoon lewe nog ... 182

5.3.7.2 Die persoon is nog in die lewe ... 183

5.3.8 Rapportering oor gesondheid: die persoon is siek ... 184

5.3.8.1 Die koppelwerkwoord is/was ... 185

5.3.8.2 Variante koppelwerkwoorde ... 187

(12)

5.3.9 Rapportering oor gesondheid: die persoon het gesterf ... 191

5.3.9.1 Die koppelwerkwoord ... 192

5.3.9.2 Die hoofwerkwoord ... 195

5.3.9.3 Die gebruik van die passief en verledetydsvorme ... 198

5.3.9.4 Die selfstandige naamwoord ... 199

5.3.10 Samevatting: gesondheidsmeldings ... 200

5.4 KONTEKSTE ... 202

5.4.1 Konteks: die bron van die welstand ... 203

5.4.1.1 God se goedheid en gawes ... 204

5.4.1.2 Skrywers se reaksie op dié gawes ... 206

5.4.1.3 Dokters se bystand ... 209

5.4.2 Konteks: ingesteldheid en wens ... 211

5.4.2.1 Ingesteldheid ... 211

5.4.2.2 Wens ... 218

5.4.3 Konteks: kanaal/transaksionele handeling ... 223

5.4.3.1 Ek sit om vir jou te skryf ... 223

5.4.3.2 “Hoe gaan dit met jou?” ... 226

5.5 VERSKILLE IN DIE GEBRUIK VAN GESONDHEIDSFORMULES EN ONDERGESKIKTE GESONDHEIDSFORMULES DEUR MANS EN VROUE ... 229

5.6 SAMEVATTING ... 232

HOOFSTUK 6 GEVOLGTREKKING ... 238

6.1 INLEIDING ... 238

6.2 OPSOMMING VAN BEVINDINGE ... 238

6.3 GEVOLGTREKKING ... 242

BRONNELYS ... 243

(13)

LYS VAN TABELLE

Tabel 1.1: Aanwending van formulaïese taalgebruik ... 36

Tabel 2.1: Openingsfrases van twee briewe deur verskillende skrywers ... 48

Tabel 3.1: Pos ontvang en gestuur in Bloemfontein en die Oranjevrijstaat in

1874-1875 ... 86

(14)

LYS VAN FIGURE

Figuur 3.1: ʼn Koevert geadresseer aan Dina Badenhorst te Klerksdorp (NA A1361) ... 87

Figuur 3.2: Poskaart van Japie Maré te Colenso aan sy susters Nettie en Lily, gedateer 1 Desember 1899 (NA A964) ... 88

Figuur 3.3: ʼn Koevert geadresseer deur ʼn burger op kommando, gedateer 15 Mei 1900. Geen posseël was nodig nie (NA A1361) ... 89

Figuur 4.1: Die jong Johanna Diederichs se brief aan haar broers (OM4150/43) ... 123

Figuur 4.2: Lenie du Plessis se netjiese epistolêre geskrif (OM4327/11) ... 127

Figuur 4.3: Deneys Reitz se brief aan sy ma (NALN574/10) ... 128

Figuur 4.4: Voorbeeld van ʼn brief waar die papier omgedraai is (OM5890/43) ... 130

Figuur 4.5: Voorbeeld van ʼn brief waar die papier omgedraai is om aan die kant daarvan te skryf (OM4848/3) ... 131

Figuur 5.1: Skematiese voorstelling van gesondheidsmeldings binne bepaalde kontekste ... 140

Figuur 5.2: Verspreiding van primêre gesondheidsmeldings in die Anglo-Boereoorlog-Korpus ... 144

Figuur 5.3: Assosiasie van gesondheidsmeldings en kontekste ... 145

Figuur 5.4: Skrywers vermeld God as die bron van welstand ... 148

Figuur 5.5: Skrywers se uitbreiding op formuleagtige taal in ʼn poging om kreatiewer te formuleer ... 201

Figuur 5.6: Uitbreidings op formuleagtige taalgebruik ... 202

Figuur 5.7: Skrywers se gebruik van kort, formuleagtige brokstukke taal versus langer, kreatiewer segswyses ... 211

Figuur 5.8: Skrywers se uitbreidings op formuleagtige taal in ʼn poging om kreatiewer te skryf ... 229

Figuur 5.9: Gesondheidsformules deur manlike en vroulike skrywers onderskeidelik aangewend ... 230

Figuur 5.10: Ondergeskikte formules deur onderskeidelik manlike en vroulike skrywers aangewend ... 231

(15)

HOOFSTUK 1

INLEIDING

1.1

INLEIDING

In hierdie studie word die epistolêre vorm in laat negentiende- en vroeg twintigste-eeuse Afrikaans-Nederlandse brieftekste bestudeer. Die rol en die variasie van epistolêre gesondheidsformules word ondersoek. Tipiese voorbeelde van epistolêre gesondheidsformules uit persoonlike briewe uit die Anglo-Boereoorlog sluit in:

(1) Met ons nog allis wel hoop het zelfde van je bijden te hooren ...

(2) ... ik ben zeer verblyd om te zien dat het met u goed gaat, met ons gaat het nog tamelyk goed ...

(3) Met blydschap kan ik u schryven dat wy door Gods goedheid nog allen wel zyn ...

In Afdeling 1.2 word die studie gekontekstualiseer en aangedui watter bydrae die studie lewer. In Afdeling 1.3 word die probleemstelling en doelstellings van die studie geformuleer, en in Afdeling 1.4 word ʼn aanduiding van verdere hoofstukindeling verskaf.

1.2

KONTEKSTUALISERING EN PROBLEEMSTELLING

1.2.1 KONTEKSTUALISERING

Studies oor briewe is in die verlede veral toegespits op die historiese belangrikheid van die inhoud van briewe, en die wyse waarop die inhoud en konvensies van briewe tot die ontwikkeling van ander skryfvorms aanleiding gegee het. In die bestudering van die briefinhoud en -vorm, is veral voorkeur gegee aan die outobiografiese geskrifte van bekende historiese figure of die korrespondensie van ʼn bepaalde prominente familie of sosiale netwerk. Elspaß (2002) beveel aan dat die outobiografiese geskrifte van onbekende en swak geskoolde mense bestudeer behoort te word, aangesien baie inligting betreffende taalvariasie en -verandering so aan die lig kan kom. In dié verband fokus resente Europese navorsing op die samestelling van omvattende korpora bestaande uit outobiografiese geskrifte van gewone mense met die doel om bestaande taalkundige kennis uit te brei.

Benewens die fokus op taalkundige variasie en verandering, word toenemend ondersoek ingestel na die rol en funksie van epistolêre formules in die briewe van gewone mense. Die voorloper van die meer resente studies is die ondersoek van Austin (1973) na die epistolêre konvensies, en veral die gebruik van briefformules, in die Engelse korrespondensie van die agtiende-eeuse Clift familie. Nevala (2004) en Dossena (2007) fokus in hulle ondersoeke op briefformules, en hoe die aanwending daarvan die verhouding tussen die skrywer en leser belig. Wood (2009) en Elspaß

(16)

(2012) ondersoek die wyse waarop briefskrywers tussen die gebruik van formulaïese en kreatiewe taalgebruik wissel.

Wray se psigolinguistiese studie (2002) en Elspaß (2012) fokus onder meer op die funksies van formulaïese taal, en kom tot die gevolgtrekking dat dit onervare sprekers en skrywers help om die prosesseringsproses te vergemaklik. Van der Wal, Rutten en Simons (2012) sluit hierby aan in hulle bevinding dat swakker geskoolde briefskrywers meer van briefformules gebruik maak. Verskeie navorsers, soos Laitinen en Nordlund (2012) en Rutten en Van der Wal (2012), vind dat die fraseologie van formules in persoonlike briewe uit verskillende dele van Europa groot ooreenkoms toon.

Die buitelinguistiese dimensies wat as bronne/modelle vir die aanleer en aanwending van briefformules binne ʼn bepaalde kommunikatiewe situasie kon optree, word deurlopend ondersoek deur onder andere Nevalainen en Raumolin-Brunberg (1995), Elspaß (2012), Sandersen (2007), Laitinen en Nordlund (2012), Van der Wal, Rutten en Simons (2012), Van der Wal en Rutten (2013), Rutten en Van der Wal (2013) en Klippi (2013).

1.2.1.1 Gesondheidsformules

In sy ondersoek na ʼn verskeidenheid formules vind Davis (1965) dat openingsformules reeds voor die vyftiende eeu in gebruik was. Austin (1973) vind dat gesondheidsformules teen die agtiende eeu merendeels in swak geskoolde skrywers se briewe voorkom. Rutten en Van der Wal (2012) se ondersoek na Nederlandse briewe ondersteun Austin se bevinding. Rutten en Van der Wal (2013) verklaar dat skryfervaring ʼn belangrike veranderlike is siende dat vroue en ander swakker geskoolde skrywers meer van gesondheidsformules gebruik maak as mans en beter geskoolde skrywers. Hulle vind ook dat passasies komplekse gesondheidsformules in die sewentiende eeu uit verskeie vooraf saamgestelde woordreekse bestaan wat min of meer onafhanklik van mekaar optree, en in die diskoersstruktuur gekombineer word.

Betreffende die moontlike modelle vir die aanleer van die gesondheidsformules vind Austin (1973) en Van der Wal en Rutten (2013) dat briefskryf-handleidings nie ʼn direkte invloed op die praktyk van briefskryf en die aanleer van gesondheidsformules gehad het nie. Elspaß (2012) meen dat Duitse skrywers ou briewe as konvensionele modelle gebruik. Laitinen en Nordlund (2012) beklemtoon die rol van Finse tradisies in die kollektiewe aanhoor van religieuse fraseologie en briewe, en die kollektiewe skryf van briewe in die aanleer van formules.

Ooreenstemmende gesondheidsformules word in Engelse briewe vanaf die vyftiende eeu en Franse briewe vanaf die veertiende eeu gevind. Dit wys op ’n gedeelde Europese epistolêre tradisie in die herhalende frases en bewoording van gesondheidsformules volgens Rutten en Van

(17)

1.2.1.2 Ondersoeke na vroeë Afrikaans-Nederlandse outobiografiese tekste

Europese navorsers ondersoek ook die outobiografiese, historiese geskrifte van Suid-Afrikaanse skrywers. Stanley (2002) en Stanley en Dampier (2010) ondersoek die epistolêre genre van Olive Schreiner (wat wêreldbekend geword het vanweë haar politieke agitasie). Wlodarczyk (2013) se ondersoek is toegespits op die briewe van Jane Erith wat uit die Oos-Kaap geskryf is.

Terwyl in ander tale baie ondersoeke na die taalkundige en epistolêre eienskappe van outobiografiese dokumente uit vorige eras onderneem word, word in Afrikaans eensydig na die dokumente uit vervloë eras gekyk. Taalkundiges gebruik die vroegste Hollandse en Afrikaans-Nederlandse geskrifte wat op Suid-Afrikaanse bodem ontstaan het as deel van die diachroniese ondersoek na die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikaanse taal. Die bestudering van vroeë outobiografiese geskrifte in die Kaapse argief om die ontstaan en gang van Afrikaans te ondersoek, begin in 1899 met Hesseling. Franken (1953), Van Oordt (1947) en Scholtz (1963) en ander taalkundiges sou in sy voetspore volg en die ondersoek in die Kaapse argief meer sistematies aanpak om die standpunt te staaf dat Afrikaans vroeg ontstaan het. In hulle kritiek teen die standpunt dat Afrikaans ʼn vroeë ontstaan gehad het, ondersoek Roberge (1994) en Deumert (2004) onderskeidelik negentiende- en vroeë twintigste-eeuse Afrikaans-Nederlandse outobiografiese geskrifte.

Die ondersoek na plaaslike sewentiende- tot negentiende-eeuse outobiografiese geskrifte word derhalwe tot suiwer taalkundige ondersoeke beperk. In dié verband is Nienaber (1940) die uitsondering, aangesien hy die negentiende-eeuse taalverskynsels asook die stilistiese elemente in die persbriewe van L.H. Meurant en H.W.A. Cooper ondersoek. Ander belangrike negentiende-eeuse outobiografiese geskrifte soos die groot versameling persoonlike briewe uit die Anglo-Boereoorlog wat oral in Suid-Afrikaanse argiefbewaarplekke bewaar word, word waardevol geag deur Suid-Afrikaanse en Europese historici. Tot nog toe is geen ondersoek egter na die taalverskynsels in die versameling briewe of die epistolêre eienskappe, soos die gebruik van epistolêre formules, onderneem nie.

In die hiaat wat die gebrek aan vorige studies gelaat het, word in hierdie studie ondersoek ingestel na die verskeidenheid gesondheidsformules uit persoonlike briewe wat gedurende die Anglo-Boereoorlog geskryf is.

1.2.1.3 Die briefkultuur voor en tydens die Anglo-Boereoorlog

Die brontekste van die korpus wat vir hierdie studie versamel is, is persoonlike briewe wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur gewone mense geskryf is. Voor die uitbreek van die oorlog is daar reeds ʼn briefkultuur in die twee Boererepublieke asook in Natal en die Kaapkolonie gevestig – ʼn kultuur wat snelle ontwikkeling getoon het. Die oorlog het ʼn nuwe kommunikasiesituasie geskep

(18)

waarin gewone burgers noodgedwonge die pen en papier moes opneem indien hulle met geliefdes en bekendes kontak wou behou. Dit is dus van belang om ondersoek in te stel na die opkoms van die poswese en die briefkultuur in die twee Boererepublieke voor en tydens die Anglo-Boereoorlog. Die ondersoek na die opkoms van die briefkultuur vereis vir die doeleindes van hierdie studie ʼn ondersoek na die ontwikkeling van die poswese. Verder word ʼn ondersoek vereis na die wyse waarop gewone mense die konvensies van briefskryf bemeester het.

Die opkoms van die briefkultuur in die twee Boererepublieke hang ten nouste saam met die ontwikkeling van die poswese in die negentiende eeu. Grobler (1956-tesis) en Gericke (1968-verhandeling) laat die kollig val op die geskiedenis en ontwikkeling van die poswese van

onderskeidelik die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranjevrijstaat.1 Stroud

(2014) fokus in sy publikasie op die funksionering van die posdienste tydens die Anglo-Boereoorlog, ook en veral nadat die twee Boererepublieke deur die Britse magte beset is. Hy skenk hoofsaaklik aandag aan die beskikbaarheid van posdienste binne die Britsbeheerde konsentrasiekampe.

Die versnelde ontwikkeling van die posdienste (na die ontdekking van diamante en later goud in die twee Boererepublieke) en die toename in persoonlike korrespondensie en eietydse lektuur wat per pos versend is, vereis ʼn ondersoek na die vooroorlogse geleenthede wat aan gewone mense gebied is om elementêre geletterdheid te verwerf en sodoende die konvensies van briefskryf te bemeester.

1.2.1.4 Die verwerwing van geletterdheid

Volgens Laitinen en Nordlund (2012:72) lei die teenwoordigheid van epistolêre vormlikheid en formules in die briewe van ʼn bepaalde gemeenskap tot die vraag waar die skrywers die modelle vir briefskryf aangeleer het: by hulle ouers, in ʼn openbare skoolsisteem, in briefskryf-handleidings of eietydse publikasies soos koerante?

In die ondersoek na die briefkonvensies van die negentiende eeu, word vir die doel van hierdie studie aandag geskenk aan die wyse waarop gewone landsburgers elementêre geletterdheid (en daarmee saam briefskryfkonvensies) verwerf het. In die ondersoek na die landsburgers se verwerwing van geletterdheid word veral die navorsing oor die ontwikkeling van die onderwys in Suid-Afrika deur Malherbe (1925), Malan (MA-verhandeling, 1943), Coetzee, Du Toit en Van Schoor (1963) se omvattende werk verken. Die jaarverslae van die Oranjevrijstaatsche Superintendent van Onderwys van 1854 tot 1898 werp lig op die stand van die onderwys in die

(19)

vooroorlogse era en die moontlikheid dat kinders epistolêre konvensies kon aanleer tydens hulle kort formele skoolopleiding.

Die ondersoek na die verwerwing van geletterdheid onder Afrikaans-Nederlandse kinders verken

vlugtig die omstandighede voor, tydens en na die groot volksverhuising van die 1830’s. In die

periode wentel die kern van die onderrig om die religieuse: kinders en jongmense moes onderrig word in die mees elementêre akademiese vaardighede sodat hulle vir die aanneming tot lidmaatskap in die kerk kon kwalifiseer. Daarmee was die kind se formele onderrig afgehandel. Hierdie siening oor die waarde van ʼn behoorlike formele skoolloopbaan en ander faktore het die vordering van die openbare onderwys in die twee Boererepublieke in die vooroorlogse era gestrem. Ander bydraende faktore tot die lae geskooldheid van die Afrikaans-Nederlandse kinders in die jare ná die Groot Trek is die problematiek oor die regte onderrigmedium, die tekort aan goed opgeleide onderwysers, die vraag na goeie Hollandse handboeke, die arbeidervraagstuk, die vakinhoud wat te akademies ingestel was, en die beleid ten opsigte van verpligte skoolbywoning.

Die elementêre geskooldheid van die Afrikaans-Nederlandse landsburgers het hulle egter nie verhoed om die konvensies van die epistolêre vorm te bemeester nie (soos blyk uit ʼn verkenning van epistolêre geskrifte wat in die era geskryf is nie). In die verkenning van die rol van die negentiende-eeuse openbare onderwys word derhalwe ondersoek ingestel na die moontlike bronne wat as modelle sou kon dien vir die aanleer van epistolêre konvensies (soos gesondheidsformules).

In Europa tree briefskryf-handleidings vir die elite as normatiewe bronne op vir die aanleer van sosiaal aanvaarbare briefskryfkonvensies, soos blyk uit navorsing deur Austin (1973), Whyman (2009), Elspaß (soos aangehaal deur Rutten & Van der Wal, 2012:187), Laitinen en Nordlund (2012), Rutten en Van der Wal (2012) en Van der Wal en Rutten (2013). Vir die doel van hierdie studie word ondersoek ingestel na die moontlikheid of gepubliseerde Nederlandse normatiewe bronne as bronne vir die verwerwing van briefformules kon optree. Aangesien die ontwikkeling van die posdiens in die twee Boererepublieke die beskikbaarheid van eietydse publikasies moontlik gemaak het, word die moontlikheid ondersoek of dié publikasies moontlik as modelle vir die aanleer van epistolêre formules kon optree.

1.2.1.5 Die rol van die Anglo-Boereoorlog in die skep van ’n nuwe kommunikasie-situasie

Elspaß (2012:45) benadruk dat die kommunikatiewe situasie waarin outobiografiese tekste ontstaan, ondersoek moet word. Die egodokumente word geskryf deur mense met ʼn spesifieke

(20)

agtergrond binne ʼn spesifieke historiese konteks wat spesifieke doelwitte met die geskrifte wil bereik.

Die korpus van Anglo-Boereoorlog-briewe wat die kern van hierdie studie vorm, is ryk aan ʼn verskeidenheid gesondheidsformules. Om te bepaal waarom gedeeltelik en swak geskoolde burgers van die twee Boererepublieke soveel van gesondheidsformules in hulle persoonlike briewe gebruik maak, vereis ʼn ondersoek na die oorlog waarin die siekte en dood van duisende onskuldige burgerlikes die hooftema vorm in verskeie publikasies deur onder andere Hobhouse (1902), Spies (1977), Scott (2007) Grundlingh en Nasson (2013) en Van Heyningen (2013). In dié verband behoort aandag geskenk te word aan die vryheidsideaal van die burgers van die twee Boererepublieke, en die oorsake van die oorlog oorsigtelik verken te word. Alhoewel briefwisseling tussen geliefdes in al die fases van die krygsera plaasgevind het, is dit veral in die

guerrillafase van die oorlog wat die gesondheidsformules veral prominensie verkry.2

Die burgers te velde het veral in die guerrillafase van die oorlog fisiek veel ontbeer. Gevange burgers sou baie ontberinge deurmaak voordat hulle aan die einde van die oorlog as vrygelate krygsgevangenes per skip na hulle vaderland gerepatrieer is. Die nievegtende burgerlikes in die konsentrasiekampe, naamlik bejaardes, vroue en kinders, sou egter ʼn oorlewingstryd voer te midde van die mees ekstreme fisiese toestande (Pretorius, 2012:246). Die Britse militêre opperbevel se doelbewuste diskriminasie teen vegtende burgers se gesinne tesame met die wanbestuur van die konsentrasiekampe en die blootstelling aan die elemente, sou in die Britsbeheerde kampe tot ongehoorde sterftesyfers onder nievegtende burgerlikes lei. Kinders van alle ouderdomme sou die slagoffers word van die Britse militêre se doelbewuste verhongeringsplan en die aansteeklike siektes wat deur die kampe gewoed het. Die herhaaldelike verwysings na die siekte en dood van geliefdes in outobiografiese tekste wat tydens die oorlog geskep is, kan veral verbind word met die aanwending van gesondheidsformules in die persoonlike briewe van die vegtende en nievegtende burgerlikes.

1.3

NAVORSINGSVRAE EN DOELSTELLINGS

1.3.1 NAVORSINGSVRAE

Hierdie studie wil die volgende vrae beantwoord:

2 Ná die besetting van Bloemfontein en Pretoria, die twee hoofstede van die voormalige Boererepublieke,

het vinnig bewegende kommando’s as guerrillas die stryd teen die Britse oorheersing voortgesit. In dié krygsfase is meer en meer nievegtende burgerlikes in die sogenaamde Britsbeheerde

(21)

1. Op watter wyse/s berig laat negentiende- en vroeg twintigste-eeuse Afrikaans-Nederlandse briefskrywers tydens die Anglo-Boereoorlog oor gesondheid?

2. Druk skrywers die beriggewing oor gesondheid in patroonmatige, formuleagtige taalof in kreatiewe taalgebruik uit? Indien die skrywers formuleagtige taal aanwend, hoe frekwent wend hulle dié formulerings aan, en in watter mate slaag hulle daarin om op dié patroonmatige taalgebruik uit te brei? Watter tipes formules word meer frekwent deur mans of vroulike skrywers aangewend in hulle poging om suksesvol te kommunikeer?

1.3.2 DOELSTELLINGS

1. Om ondersoek in te stel na die wyse waarop ekstralinguistiese dimensies as modelle vir die negentiende-eeuse nie-Europese gemeenskap van briefskrywers optree, naamlik:

 die openbare onderwysstelsels in veral die twee Boererepublieke;  die toename in persoonlike korrespondensie;

en

2. om te bepaal hoe die normatiewe bronne uit die era tot die seleksie van variante gesondheidsformules bydra:

 deur ondersoek in te stel na normatiewe gepubliseerde Europese en Afrikaans-Nederlandse bronne oor epistolêre konvensies;

 deur ondersoek in te stel na die rol en toeganklikheid van eietydse publikasies in die twee Boererepublieke en die Kaapkolonie;

met die doel om te bepaal watter modelle aan die briefskrywers die nodige opleiding verskaf het om tydens ʼn tyd van sosiopolitieke omwentelinge pen en papier op te neem en met geliefdes te kommunikeer.

3. om ondersoek in te stel na die sosiohistoriese konteks waarbinne die gebruik van die gesondheidsformules beslag gekry het, naamlik:

 die ontwikkeling van die poswese in die twee Boererepublieke, en

 die sosiopolitieke toestande tydens 1899 tot 1902 wat tot die prominensie van gesondheidsformules in epistolêre geskrifte bydra.

4. Om uit die korpus van Anglo-Boereoorlog epistolêre geskrifte die volgende inligting te onttrek:  die tipes formules wat in die briewe gebruik word, en of manlike of vroulike skrywers

onderskeidelik meer of minder van dié tipes formules in hulle tekste aanwend;

 die verskeidenheid, frekwensie en funksie/s van gesondheidsformules wat in die briewe voorkom;

(22)

 die algemene semantiese struktuur van die gesondheidsformulerings: die mate waarin skrywers formuleagtige taal as kruk gebruik terwyl hulle probeer om sinvol te kommunikeer. En die mate waarin hulle daarin slaag om (met behulp van bepaalde uitbreidings) op die genre-spesifieke, formuleagtige taalgebruik uit te brei. Ook die mate waarin hulle daarin slaag om heeltemal oorspronklik oor gesondheid te rapporteer.

1.4

METODOLOGIE

Die Anglo-Boereoorlog-Korpus is saamgestel uit 256 persoonlike epistolêre geskrifte van 129 merendeels onbekende, laat negentiende- en vroeg twintigste-eeuse manlike en vroulike Afrikaans-Nederlandse skrywers. Dié genre-spesifieke, gespesialiseerde korpus bestaan uit 108 066 woorde. Die diachroniese dekking van die ongeredigeerde databronne wat uit Suid-Afrikaanse argiewe versamel is, strek van 1899 tot 1903. Dié manuskripte met hulle kollektiewe karakter het die Anglo-Boereoorlog oorleef. Min biografiese inligting is egter oor die skrywers van die geskrifte bekend.

Deur ’n seleksie databronne eers met die hand te ondersoek, kan die idees van die skrywers en die trefwoorde wat help om daardie spesifieke idee oor gesondheid te verwoord, geïdentifiseer en volgens betekenis en trefwoorde gegroepeer word. Op dié wyse kan bepaal word of die skrywers bepaalde herhalende idees gebruik om oor hulle eie en geliefdes se gesondheid te rapporteer of navraag te doen oor die fisieke welstand van die ontvanger van die epistolêre geskrif. Wanneer bepaal is watter herhalende idees hulle oor gesondheid gekommunikeer het, kan die idees in moontlike hoofkategorieë verdeel word.

Een so ʼn oorhoofse kategorie kan al die idees oor fisieke welstand (hetsy uitstekend of goed) bevat, terwyl ʼn ander oorhoofse kategorie al die idees oor siekte en dood kan insluit. Met behulp van trefwoorde kan dié idees in verdere semanties-tematiese kategorieë verdeel word, en gekodeer word. Daarna kan al 256 tekste in die korpus met die hand deurgegaan en volgens dié spesifieke betekeniskategorieë gekodeer word.

Met behulp van Scott se WordSmith Tools en die gebruik van Microsoft Excel kan die betekeniskategorieë verder verfyn word, bepaalde patroonmatige formulerings kan geïdentifiseer word en die gebruiksfrekwensie van elke betekeniskategorie bepaal word. Op dié wyse kan bepaal word wat die omvang van die formulering van die gesondheidsrapportering in die Anglo-Boereoorlog-Korpus is: hoe gevarieerd die spektrum van idees is. Binne elke betekeniskategorie kan bepaal word wat die mees algemene idees is, en wat die omvang van die variasie op die basiese tema is. Daar kan ook bepaal word in watter mate skrywers se formulering van gesondheidsmeldings meer formuleagtig of meer oorspronklik is, en watter uitbreidings hulle aanwend in ʼn poging om meer kreatief te formuleer.

(23)

Uit die ondersoek na die data kan bepaal word hoe gebonde skrywers aan vaste formules was in hulle pogings om sinvol te kommunikeer. Die frekwensiedata kan ook inligting bied of die spesifieke patrone in die databronne verband hou met buitetalige kwessies soos die geletterdheidsvlak van die skrywers, en of die gebruik van bepaalde gesondheidsformules geslagsgedifferensieerd is al dan nie.

1.5

BYDRAE VAN HIERDIE STUDIE

In die beperkende bestudering van vroeë Afrikaans-Nederlandse outobiografiese geskrifte en latere negentiende-eeuse tekste is daar in die verlede selde gefokus op die epistolariteit van die tekste. In hierdie studie is die doelstelling om daardie gaping te vul. Daar word ook ondersoek ingestel hoe mense in ʼn nie-Europese konteks daarin kon slaag om briefskryfkonvensies wat reeds vir eeue in Europa nagekom word, binne eie konteks na te volg. Meer spesifiek word ondersoek ingestel na die wyse waarop gewone, landelike burgers briefformules aangewend het om na hulle gesondheid te verwys tydens ʼn era van katastrofiese sosiopolitieke omwentelinge. Uit die ondersoek kan sinvolle inligting bekom word oor die verskeidenheid gesondheidsformules

wat in negentiende-eeuse Afrikaans-Nederlandse briewe voorkom, asook watter

ekstralinguistiese faktore tot die aanleer van die gesondheidsformules bygedra het. In voortsetting van die Europese tendens om die egodokumente van gewone, dikwels swak geskoolde burgers te ondersoek, kan sinvolle afleidings gemaak word oor die beheersing van epistolêre konvensies in negentiende-eeuse Afrikaans-Nederlandse egodokumente.

1.6

HOOFSTUKINDELING

In Hoofstuk 2 word ʼn oorsig aangebied van vorige studies in ander tale waarin brieftekste uit ander periodes as outobiografiese geskrifte in taalkundige navorsing aangewend is. Daar word ook gefokus op die wyse waarop taalkundiges vroeë Hollands-Afrikaanse outobiografiese tekste in diachroniese ondersoeke aangewend het. In Hoofstuk 3 word ʼn verdere kontekstualisering van die vooroorlogse taalsituasie aangebied met spesifieke verwysing na die ekstralinguistiese dimensies wat tot die verwerwing van epistolêre konvensies aanleiding kon gee. Verder word aandag geskenk aan die sosiopolitieke situasie in die twee Boererepublieke wat prominensie verleen aan die gebruik van gesondheidsformules in die persoonlike briewe van gewone burgers. Die metodologie word in Hoofstuk 4 beskryf. Die semantiese struktuur van die gesondheidsmeldings word in Hoofstuk 5 ondersoek en bespreek, en ʼn gevolgtrekking volg in Hoofstuk 6.

(24)

HOOFSTUK 2

DIE GEBRUIK VAN OUTOBIOGRAFIESE TEKSTE

AS BRONNE VIR TAALHISTORIESE ONDERSOEKE

2.1

INLEIDING

Europese navorsers ondersoek al vanaf die vroeë 1970’s die oorsprong, vorm en funksies van formulaïese taal, ook binne die konteks van die persoonlike brief. In hierdie hoofstuk word aandag geskenk aan die rol van formulaïese taalgebruik binne orale kulture en die oorgang na manuskripkulture. Verder word ʼn oorsig oor die navorsing rakende formulaïese taalgebruik in epistolêre geskrifte gebied. Daarna word beskryf wat reeds in die literatuur beskikbaar is oor briefformules, hoe taalkundiges vroeë Afrikaans-Nederlandse databronne benader het, waar hierdie studie by die literatuur inpas, en hoe dit die leemtes daarin aanvul.

2.2

ORALITEIT

Die outobiografiese geskrifte van onbekende en elementêr geskoolde mense is in die verlede deur taalkundiges geïgnoreer, aangesien van die standpunt uitgegaan is dat die ongeletterdheid van die skrywers en hulle onvermoë om aan die norm van die standaardtaal te voldoen, die tekste vir navorsing waardeloos gemaak het (Elspaß, 2007:4-5). Terselfdertyd is orale skeppings as benede die aandag van ernstige akademiese aandag beskou weens die fokus op die wetenskaplike en literêre bestudering van taal.

Ferdinand de Saussure vestig byvoorbeeld die aandag op die voorrang wat orale spraak geniet asook die tendens om geskrewe werk as die basiese vorm van taal te beskou (Ong, 1982/2000:5). Ten spyte van sy insigte rakende oraliteit, meen Saussure skrýf verteenwoordig gesproke taal in sigbare vorm (Ong, 1982/2000:17). In taalstudies word derhalwe eerder op geskrewe tekste as op oraliteit gefokus (Ong, 1982/2000:8). Elspaß (2007:4-5) is egter van mening dat tekste wat elemente van oraliteit reflekteer, bestudeer moet word om nuwe taalkundige insigte te bekom. Briewe reflekteer orale, informele registers (Cantos, 2012:103). Dossena (2007:13) wys op die belang van persoonlike korrespondensie in die lig daarvan dat dit na verwant aan die spreektaal is. In ooreenstemming hiermee meen Van der Wal en Rutten (2013:20) dat tekste soos briewe van taalkundige belang is, aangesien die briewe oor niestandaard, vernakulêre eienskappe beskik wat nie in gedrukte tekste gevind word nie. Persoonlike briewe het ʼn hibridiese aard aangesien dit ooreenkom met spraak, en terselfdertyd eienskappe van geskrewe taal, soos epistolêre formules, besit (Van der Wal & Rutten, 2013:4; Dossena & Del Lungo Camiciotti, 2012:2, 5). Martineau (2013:134) meen hibriditeit is meer sigbaar in swak geskrewe materiaal –

(25)

dit reflekteer die skryfstandaarde wat die skrywer losweg volg en die orale elemente wat die teks infiltreer.

Vervolgens word aandag geskenk aan die eienskappe en funksies van oraliteit binne ʼn orale kultuur sowel as die oorgang van oraliteit na geletterdheid. Aangesien persoonlike briewe oor formuleagtige kwaliteite beskik wat sterk ooreenkoms toon met die herhalende, patroonmatige uitdrukkings wat in orale kulture gevind word, het die gesproke woord ’n deurslaggewende invloed op denke en uitdrukking in die primêre orale kultuur.

ʼn Primêre orale kultuur kontrasteer met ʼn geletterde kultuur in die opsig dat eersgenoemde onaangeraak is deur skryf en geskrifte (Ong, 1982/2000:6, 31). ʼn Orale kultuur beskik dus nie oor tekste nie (Ong, 1982/2000:33). Die vraag ontstaan hoe die mens in die orale kultuur inligting onthou, herhaal en oorgedra het, aangesien die orale uiting in ʼn orale diskoers verdwyn die oomblik nadat dit geuiter is (Ong, 1982/2000:40). Herhaling en woordoortolligheid het spreker en hoorder op die regte spoor gehou (Ong, 1982/2000:40).

Binne ʼn orale kultuur moes kennis aanhoudend herhaal word, anders sou dit verlore gaan (Ong, 1982/2000:35). In ʼn orale kultuur moes die spreker dink in en teruggryp na geheuebrugpatrone in die vorm van herhalings en antiteses, in formulaïese uitdrukkings, in spreekwoorde wat gedurig deur almal gehoor en maklik herroep kon word (Ong, 1982/2000:34). Vaste, formulaïese, patroonmatige denkpatrone was noodsaaklik vir wysheid en effektiewe administrasie (Ong, 1982/2000:23). Sulke herhalende formules is ononderbroke in die orale kultuur aangewend. Hoogs patroonmatige, vaste formules het die kern van die orale mens se denke gevorm, en het gedeeltelik dieselfde doel as skrif gedien (Ong, 1982/2000:35, 36). Formulaïese taal word derhalwe gesien as herhalende vaste frases of vaste uitdrukkings in vers en prosa wat in orale kultuur ʼn belangrike funksie vervul (Ong, 1982/2000:25-26).

Formulaïese styl kenmerk nie alleen poësie nie, maar ook alle denke en uitdrukking in die primêre orale kultuur. Byvoorbeeld, wanneer Xhosa digters leer om te skryf word hulle geskrewe poësie aan ʼn formulaïese styl gekenmerk. Moderne kulture, soos die Arabiese kultuur, steun ook sterk op formulaïese denke en uitdrukking (Ong, 1982/2000:26).

Die formules wat kenmerkend is aan oraliteit in orale kulture het uit meer as net individuele woorde bestaan (Ong, 1982/2000:35). Spreuke en raaisels is byvoorbeeld nie net aangewend om kennis te stoor nie, maar ook om ander persone in verbale en intellektuele tweegevegte die stryd aan te sê (Ong, 1982/2000:44). Oor ʼn lang tydperk moes dieselfde formules herhaal word. Dit vereis ʼn hoogs tradisionele, konserwatiewe aanleg wat intellektuele eksperimentering beperk (Ong, 1982/2000:41). Terselfdertyd is verbale geheuevaardigheid ʼn waardevolle bate in orale kulture (Ong, 1982/2000:58).

(26)

Orale sprekers se geheue het inderdaad swaar gedra aan bagasie, want hulle het byvoorbeeld in formele diskoers verkies om nie van die prinses te praat nie, maar van die beeldskone prinses (Ong, 1982/2000:38). So is die taalgebruik van die Homeriese gedigte vergelykbaar met die spesiale taal wat ons vandag gebruik as ons sprokies vertel (Ong, 1982/2000:23). Mense het vir eeue lank verkeerdelik aangeneem dat die Homeriese gedigte basies geskrewe komposisies was, aangesien hulle van mening was dat orale gemeenskappe nie uit intelligente mense bestaan het nie (Ong, 1982/2000:56).

Milman Parry (1928) ondersoek die poësie van Homerus en vind dat byna elke onderskeidende kenmerk van Homerus se poësie die gevolg is van die doelmatigheid wat deur orale metodes van komposisie daarop afgewing is (Ong, 1982/2000:21). Volgens Parry was die Ilias en die Odyssee in wese orale skeppings (Ong, 1982/2000:57). Die heksameters van die skeppings het bestaan uit woordeenhede en formules. Metries aangepaste formules het die komposisie van die antieke Griekse heldedig beheers (Ong, 1982/2000:58). Parry vind dat Homerus in die Ilias en Odyssee formule na formule herhaal het. Homerus het voorafvervaardigde brokke taal aan mekaar geflans. Die Homerus gedigte skyn saamgestel te wees uit uitdrukkings of elemente wat baie ooreenkomste met clichés toon. Homeriese Grieke het clichés van waarde geag omdat die hele intellektuele wêreld of denke op die formulaïese samestelling van gedagtes gesteun het. Slegs ʼn fraksie van die woorde in die Ilias en Odyssee het nie deel uitgemaak van formules nie. Gestandaardiseerde formules is volgens gestandaardiseerde temas gegroepeer (Ong, 1982/2000:23). Die ware inhoud van die antieke Griekse heldedig lê in die gememoriseerde tradisionele formulaïese en strofeagtige patrone eerder as in die bewuste bedoeling van die sanger om ʼn narratief op ʼn bepaalde wyse te rangskik (Ong, 1982/2000:142).

Teen die tyd dat Plato op die voorgrond getree het, het die Grieke nie meer hulle kennis in geheuebrugagtige formules gestoor nie, maar in geskrewe tekste. Die intellek is dus vir meer oorspronklike, meer abstrakte denke beskikbaar gestel (Ong, 1982/2000:24).

Luria (1976) wys daarop dat slegs ʼn geringe mate van geletterdheid ʼn geweldige verskil in denkprosesse kan maak (Ong, 1982/2000:50). Die beperkte linguistiese kode van persone met laer geskooldheid is hoofsaaklik oraal in oorsprong en gebruik. Sulke persone se uitdrukkings beskik oor ʼn formuleagtige kwaliteit; gedagtes word soos krale aan ʼn raam aaneen geryg (Ong,

1982/2000:104-105).3

3 George Orwell (1946, 1949) oor die kapasiteit van formulaïese taal om skerp denke in gevaar te stel:

“... ready-made phrases ... will construct your sentences for you – even think your thoughts for you … and at need they will perform the important service of partially concealing your meaning even from

(27)

Die oorgang van oraliteit na geletterdheid was stadig (Ong, 1982/2000:113). Terwyl die orale wêreld uit nabootsing bestaan het, funksioneer die wêreld van die gedrukte woord deur disseminasie (Ong, 1982/2000:165). Geskrewe dokumente is die enigste oorblyfsels van spontane orale gesprekke (Martineau, 2013:130). Geskrewe werk het gedien om kennis in die orale wêreld te hersirkuleer deur die lees van letterkundige en ander tekste aan groepe, en deur hardop te lees selfs wanneer jy net aan jouself skryf (Ong, 1982/2000:117). Orale kommunikasie verenig mense in groepe (Ong, 1982/2000:68). In orale kommunikasie is die spreker en die hoorder in mekaar se teenwoordigheid. Met lees en skryf is die skrywer en die leser nie by mekaar nie – iemand is afwesig (Ong, 1982/2000:167). Van die antieke tyd regdeur tot in die agtiende eeu was baie letterkundige tekste dus bedoel vir openbare voordrag. In die vroeë manuskripkulture en vroeë drukkerskulture was lees geneig om ʼn sosiale aktiwiteit te wees met een persoon wat vir ander in ʼn groep lees. In die twintigste eeu was dit steeds algemene gebruik om hardop vir familie en ander klein groepies te lees (Ong, 1982/2000:128, 154). Orale kwaliteite is derhalwe aanwesig in bepaalde historiese geskrewe dokumente, soos familiebriewe (Martineau, 2013:130).

Manuskripkulture het hoofsaaklik oraal gebly in die onttrekking van materiaal uit tekste. Memorisering is aangemoedig, aangesien geskrewe tekste geheuebrugagtige nabootsing bevat het wat herroeping vergemaklik het (Ong, 1982/2000:117). Dit blyk dat daar reste van oraliteit in geskrewe en gepubliseerde werk geskuil het (Ong, 1982/2000:115). Dit blyk onder andere uit die formulaïese taalgebruik in godsdienstige rituele seremonies en geskrifte.

Al die godsdienstige tradisies van die mensdom het ’n oorsprong in die orale verlede (Ong, 1982/2000:175). In die meeste godsdienste funksioneer die gesproke woord integraal in seremoniële en godsdiensoefening (Ong, 1982/2000:74). In die orale kultuur is rituele taal aangewend wanneer dieselfde ritueel telkens met dieselfde inhoud, styl en formulaïese struktuur aangebied en met elke optrede herhaal is (Ong, 1982/2000:64).

Vandag ervaar ons ’n nuwe era van oraliteit: ons bevind ons in ʼn era van telefone en radio wat gebruik maak van bepaalde formules (sekondêre oraliteit). Dit stem ooreen met die sterk groepsgevoel en die aanwesigheid van ʼn gehoor wat ʼn mens in primêre orale kulture aangetref het (Ong, 1982/2000:133-134).

In ooreenstemming met die prioriteit wat Elspaß (2007:4-5) gee aan tekste wat oraliteit reflekteer, word in dié studie die epistolêre geskrifte van doodgewone, dikwels elementêr geskoolde mense bestudeer. Dit is juis die linguistiese kode van die gewone man/vrou wat oor sterk formuleagtige eienskappe beskik.

(28)

2.3

ONDERSOEKE NA OUTOBIOGRAFIESE EPISTOLÊRE GESKRIFTE

Om ou dokumente te bestudeer, is ʼn fassinerende taak, veral as die navorser besef hoe

waardevol en uniek die dokumente is. Behalwe die oorspronklike skrywer en/of leser asook historici, het baie min mense die dokumente onder oë gehad (Dossena & Del Lungo Camiciotti, 2012:1). Taalkundiges wat dié dokumente bestudeer, stel in meer as net die historiese inhoud daarvan belang. Taalkundiges stel belang in die linguistiese keuses (byvoorbeeld van vernakulêre gebruik of bewyse van ʼn proses van linguistiese verandering) wat die skrywers uitgeoefen het (Dossena, 2012:15). Die struktuur, tekstuele organisasie, sintaksis, woordeskat, pragmatiek, sosiohistoriese en sosiolinguistiese eienskappe van die dokument is vir die taalkundige navorser van belang. Die doel is om meer te wete te kom van taalgeskiedenis (Dossena & Del Lungo Camiciotti, 2012:1).

Die geskrifte van doodgewone mense wat geen prominente rol in die geskiedenis van hulle land gespeel het nie, is dié geskrifte wat jare al bykans onopgemerk in argiewe gestoor word. Die bestaan van die dokumente wys op die prominente rol wat dit in ʼn skynbaar onbelangrike mens

se lewe gespeel het (Dossena & Del Lungo Camiciotti, 2012:1). Dié dokumente, spesifiek die

korrespondensie, van gewone mense (gedeeltelik en heeltemal ongeletterde mense) verbreed die taalkundige se insig in taalgeskiedenis (Dossena & Del Lungo Camiciotti, 2012:1), en dien as betroubare bronne om die sosiale gebruike van taal van vorige eras te ondersoek (Marquilhas, 2012:36).

Wanneer Europese navorsers in die verlede persoonlike briewe bestudeer het, is min aandag geskenk aan briefskryf as ʼn aktiwiteit op sigself (Barton, 2000:2). Studies oor briewe is toegespits op navorsing oor die geskiedenis van verskillende skryfvorms met die vertrekpunt dat briewe die basis van ʼn verskeidenheid geskrewe genres vorm. In dié verband ondersoek onder andere Altman (1982) die verwantskap tussen die briefvorm en die liefdesroman, terwyl Bazerman (2000) fokus op die invloed van die briefvorm om nuwe genrevorme te skep. Die primêre doel van ondersoeke is egter die inhoud van die briewe. Europese navorsers, veral historici en literêre kritici, het die kollig laat val op die persoonlike korrespondensie van beroemde figure, families en sosiale netwerke. So belig Burton (1958) die korrespondensie van Mary Wordsworth (1800-1855), terwyl onder meer Blunt (1923), Myers (1990) en Eger (1999) die agtiende-eeuse briewe en sosiale netwerke van die vroulike skrywers van die sogenaamde Bluestocking Letters ondersoek.

Stanley (2002) en Stanley en Dampier (2010) loods ʼn historiese oorsig met klem op feministiese skryfwerk asook epistolêre netwerke in hulle ondersoek na die epistolêre eienskappe en inhoud van die negentiende-eeuse briewe van die Oos-Kaapse boorling en wêreldbekende skrywer Olive Schreiner. Stanley (2002:264) se inhoudelike ondersoek fokus op Schreiner se sogenaamde

(29)

“ras”-briewe waarin die skrywer kapitalisme soos vergestalt in sy imperialistiese vorm in negentiende-eeuse Suid-Afrika ondersoek. Stanley en Dampier (2010) se ondersoek verken Schreiner se epistolêre betrekkinge met swart leiers in Suid-Afrika gedurende die stryd om swart burgerskap, en die verband tussen haar korrespondensie, sosiale teoretisering en praktiese politieke aktiwiteite (Stanley & Dampier, 2010:7).

2.3.1 STUDIES VOORTSPRUITEND UIT DIE FOKUSVERSKUIWING RAKENDE EPISTOLÊRE GESKRIFTE

In hierdie afdeling word aandag geskenk aan Europese navorsing wat spruit uit die fokusverskuiwing om die outobiografiese tekste van mense met min of elementêre geskooldheid te ondersoek. Uit studies waarin taalkundige verskynsels in die persoonlike en besigheidsbriewe van onbekende persone vanaf die sestiende tot die negentiende eeu ondersoek is, blyk onder andere die briefskrywers se pogings om die norm na te volg, die rol van sosiale stratifikasie en geslag, die rol van briewe in die sosialiseringsproses asook die fokus op spesifieke taalstruktuurbevindings.

2.3.1.1 Fokusverskuiwing

In navolging van die historiese tendens om bekende openbare figure se egodokumente te ondersoek, skenk taalkundiges in die verlede min aandag aan die persoonlike brieftekste van

onbekende skrywers met ʼn lae geletterdheidsvlak.4 Resente navorsers bevraagteken egter dié

benadering.

Volgens Elspaß (2007:3) het taalhistorici tot die laat twintigste eeu hoofsaaklik aan unifikasie- en standaardiseringsprosesse aandag geskenk, en ʼn “language history from (and) of above” bevorder. Die taalgebruik in handgeskrewe tekste is as voorbeelde van swak taal afgemaak (Elspaß, 2015:36). Hy bevraagteken die tradisionele taalhistoriografiese benadering wat in die verlede voorgeskryf het dat slegs tekste wat aan die standaardtaal se norme voldoen, ondersoek

behoort te word.5 Gewone mense se briewe bevat “language from below” wat baie ooreenkomste

4 Jacques Presser, historikus verbonde aan die Universiteit van Amsterdam, was die skepper van die

term “egodocument”. Hy het die konsep vir die term vir die eerste keer in die akademiese jaar van 1956-1957 gebruik. Dit verwys breedweg na outobiografieë, memoires, dagboeke en persoonlike briewe. Eenvoudiger gedefinieer verwys dit na ʼn outeur wat oor sy of haar eie handelinge, denke en gevoelens skryf (Dekker, 2002:14).

5 Elspaβ (2015:35) se bevraagtekening van tradisionele sienings van historiese taalkunde en

(30)

met gesproke taal toon (Elspaß, 2007:153, 155). Hy meen dat die tradisionele benadering tot ʼn tonnelvisie-weergawe van taalgeskiedenis gelei het. Die verwaarlosing van tekste ónder die oppervlak van gedrukte taal het gelei tot ʼn taalhistoriografie waarin ʼn groot deel van die taalgemeenskap en hulle geskrewe produksie nie verteenwoordig is nie (Elspaß, 2007:4). Die ongeletterdheid van swak geskoolde skrywers het taalkundiges daarvan weerhou om dié skrywers se outobiografiese geskrifte te ondersoek (Elspaß, 2002:45-47). Hy beveel aan dat die outobiografiese geskrifte van onbekende en elementêr geskoolde mense bestudeer word, aangesien dit elemente van oraliteit reflekteer, en vir die taalkundige groot voordele inhou om op

die wyse nuwe insigte betreffende taalvariasie en -verandering te bekom (Elspaß, 2007:4-5).6

Fairman (2000:10-11) demonstreer die mate waarin historici van Engels die gesproke en geskrewe taal van die meerderheid (ongeskoolde) Engelse burgers geïgnoreer het in sy ondersoek na Engelse pouperbriewe (aansoeke om noodleniging) van behoeftige mense (1800-1834). Fairman (2007:32-40) doen ook ʼn vergelykende sosiohistoriese linguistiese studie waarin hy die briewe van ongeskoolde, gedeeltelik geskoolde en geskoolde briefskrywers ondersoek met die doel om ʼn algemene oorsig oor die verskillende vlakke van geletterdheid vas te stel. Die korpus van 1 500 Engelse briewe (tussen 1795 en 1834) is deur arm mense geskryf met die doel om aansoek te doen vir finansiële hulp (Fairman, 2007:31, 32). Hy argumenteer dat die geskrifte van skrywers met elementêre of geen skryfervaring nie, met ander woorde briewe met “language from below”, net so belangrik is as geskrifte met “language from above”. Hy waarsku egter teen ʼn eensydige perspektief wat net op een weergawe van die taal konsentreer (Fairman, 2007:42). Whyman (2009) ondersoek die rol van die briefkultuur in Engeland vanaf 1660 tot 1800 en betrek briefversamelings van families van verskillende sosiale klasse in haar ondersoek. Whyman (2009:107) gebruik die term “hidden rural literacy” ter verklaring van hoe gewone mense uit die laer sosio-ekonomiese klasse geletterdheid verwerf het. Die skrywers in haar gevallestudies het ʼn informele opvoeding ontvang op maniere wat dokumentasie ontglip het (Whyman, 2009:107). Teen 1800 het ʼn briefkultuur in Engeland ontstaan wat laer- en middelklasskrywers ingesluit het. Die geletterde bevolking het uit meer mense as net die hoër klas en geleerdes bestaan; dus moet gewone mense se geskrifte ook ondersoek word (Whyman, 2009:17).

6 ʼn Onderskeid moet getref word tussen die “language history from below”-benadering van Elspaβ (en

ander resente navorsers) en Labov (1994) se gebruik van die konsep “language change from below”. Laasgenoemde verwys na sistematiese veranderinge wat eers in die omgangstaal verskyn en die werking van interne, taalkundige faktore verteenwoordig. Dit verwys hoofsaaklik na veranderinge onder die oppervlak van sosiale bewustheid, en kan deur enige sosiale klas in omloop gebring word Elspaß,

(31)

In reaksie op die eensydige historiese benadering tot die analise van brieftekste deur die elite benader resente Europese navorsers dus die tekste van gewone, meestal elementêr geletterde

mense vanuit ʼn ander hoek. Hierdie tekste bevat moontlik spore van die gesproke taal waarin

taalkundiges belangstel (Ong, 1982/2000:115; Elspaß, 2007:4-5). Verder bied dit insig variante en variëteite van die geskrewe taal van die era juis aangesien sodanige taalgebruikers hulle midde-in taalverandering bevind, volgens Elspaß (2015:38-39). Dit is ʼn betekenisvolle fokusverskuiwing, aangesien taalverandering juis “from below” geïnisieer word. Gevolglik het daar in die laaste drie dekades ʼn fokusverskuiwing rakende die ondersoek na epistolêre geskrifte plaasgevind. Daarmee is die eensydige beeld wat deur bestaande studies van die historiese taalkunde gebied word, verruim.

2.3.1.2 Briefskrywers probeer om die norm na te volg

Die geskrifte van onbekende mense is nie voorheen deur navorsers bestudeer nie, aangesien gemeen is dat hulle taalgebruik nie aan die norme van die standaardtaal voldoen nie. Die taalgebruik in die outobiografiese geskrifte van elementêr geskoolde mense kan egter ʼn aanduiding wees dat dié briefskrywers en hulle leermeesters ʼn poging aangewend het om aan die vereistes van die standaardtaal te voldoen.

Elspaß (2002, 2007) doen ʼn histories-sosiolinguistiese ondersoek na die persoonlike briewe van negentiende-eeuse Duitse emigrante. Weens ʼn groot beweging om geletterdheid onder die Duitse bevolking te bewerkstellig, kon duisende Duitse emigrante per brief met geliefdes kommunikeer (Elspaß, 2007:163). In die negentiende eeu is die geskrifte van gewone mense in Duitssprekende lande geïgnoreer, aangesien die mense as ongeletterd beskou is (Elspaß, 2002:45). Hy ondersoek onder andere sogenaamde gestigmatiseerde taalverskynsels, en kom tot die gevolgtrekking dat gewone mense se skryfwerk min beïnvloed is deur amptelike standaarde, en ooreenkomste toon met gebruiksnorme wat met agtiende-eeuse en ouer skryfkonvensies ooreenstem (Elspaß, 2007:163). Hy vind ook dat die voorkoms van niestandaardtaalvorme in persoonlike briewe die gevolg is van onderwysers in elementêre skole wat skynbaar onbewus was van die amptelike standaardvorm (Elspaß, 2002:60-61).

Nordlund (2007) se histories-sosiolinguistiese ondersoek fokus op die besigheidsbriewe van negentiende-eeuse Finse handelaars en boere wat sy vergelyk met die persoonlike briewe van die Forest Finns, ʼn groep vroeë Finse immigrante na Skandinawië (Nordlund, 2007:229). Sy vind dat die briewe van die handelaars en boere sterk beïnvloed is deur Finse Bybelse invloede, soos vergestalt in die gebruik van bepaalde taalverskynsels in die briewe (Nordlund, 2007:239). Die skrywers het probeer om aan die vereistes van die bedoelde standaard te voldoen. Vir die vroegste skrywers was Bybelse Fins die standaard (Nordlund, 2007:236-237). Alhoewel die skrywers duidelike stilistiese modelle gehad het, slaag skrywers uit die laer sosio-ekonomiese

(32)

klas nie daarin om dit in hulle skryfwerk te laat realiseer nie (Nordlund, 2007:244). Ten spyte van dié briefskrywers se blootstelling aan religieuse fraseologie in die standaardtaal, werk hulle elementêre geskooldheid beperkend in op hulle vermoë om in hulle briewe aan die eise van die standaardtaal te voldoen.

Sandersen (2007) ondersoek die verskil in ortografiese vaardighede soos blyk uit negentiende-eeuse Deense soldate se briewe. Uit dié histories-sosiolinguistiese ondersoek blyk dat die baie hiperkorreksies in die briewe te wyte is aan die korrespondente se pogings om die norm na te volg (Sandersen, 2007:278).

2.3.1.3 Die rol van sosiale klas en geslag in ortografiese vaardigheid

Verskeie navorsers ondersoek die rol wat sosiale klas en geslag in die ortografiese vaardigheid van die skrywers van epistolêre geskrifte speel. Nobels en Simons (2013) ondersoek epistolêre aanspreekvorme (Ul, U.E., gij, u, jij) in Nederlandse private briewe van die sewentiende en agtiende eeu deur op die invloed van sosiale faktore (klas en geslag) te fokus (Nobels & Simons, 2013:67). Die sosiohistoriese linguistiese studie toon dat sosiale klas die verspreiding van aanspreekvorme in albei eras beïnvloed, terwyl geslag slegs in die sewentiende eeu ʼn rol speel in die verspreiding van die aanspreekvorme. Teen die agtiende eeu het vroue hulle manlike eweknieë geëwenaar in soverre dit vaardigheid met die pen betref het (Nobels & Simons,

2013:86).7

In Sandersen (2007) se ondersoek na, onder andere, fonetiese afwykings in die spelling van negentiende-eeuse Deense soldate, bevind sy egter dat baie van die spelfoute aan die dialek van die korrespondent te wyte is, en nie aan sosiale stratifikasie nie (Sandersen, 2007:278). Uit dié navorsing oor die geskrifte van gewone mense kom ons meer te wete oor dialekverskeidenheid. Uit die briewe van standaardtaalskrywers sou ons nie dié inligting kon bekom nie.

2.3.1.4 Sosialisering

Navorsers ondersoek die wyse waarop epistolêre geskrifte as medium vir sosialisasie kan dien waardeur die skrywer vir homself ʼn bepaalde sosiale ruimte deur middel van selfverwysing skep. Epistolêre geskrifte kan ook ʼn blik op die veranderende sosiale praktyke van ʼn bepaalde era bied.

7 Hier word na twee studies verwys wat nie noodwendig op die gebruik van epistolêre formules gefokus

het nie. In Afdeling 2.3.2 word weer na die rol van klas- en geslagsverskille verwys, maar binne die konteks van ondersoeke wat op die gebruik van epistolêre formules gefokus het. Alhoewel die studies

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Bakkaart ‘Vier keer voeding’. Antwoorden bij

Neem kort de opgaven door zodat de werkwijze voor iedere kind duidelijk

Ze heeft een nieuwe broek, een nieuw T-shirt een nieuwe trui en een nieuwe muts nodig... Vul de getallen die je gooit in de vakjes in en los jouw eigen

- Plaatst voorwerpen op het oog of op het gevoel in een serie op basis van lengte, oppervlakte, inhoud of gewicht De kinderen behalen minimaal een B-score op de Cito-toets M1

Als de golflengte drie keer zo klein is, is de buis aan een kant open (buik) en aan de andere kant gesloten (knoop).. Omdat de beker een open uiteinde is, moet het riet dus als

We nemen aan dat elke keer dat de test wordt gedaan de kans op succes 0,3 is, onafhankelijk van eventuele vorige testen.. De verwachtingswaarde van het aantal keren dat

Zo vindt bijna een derde van de respondenten de werkdruk binnen GGD HN niet acceptabel en 67% van de respondenten schrijft tijd voor tijd omdat de hoeveelheid werk te veel is,

Daarnaast zou Van der Meer zou volgens Kuijpers bezig zijn met één van de grootste stedelijke omwente- lingsoperaties van Nederland op dit moment, waar bouwen aan de