• No results found

Die plek van die mens in die etiek van H.M. Kuitert : 'n kritiese bespreking van sy etiek teen die agtergrond van sy vernaamste dogmatiese beskouings

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die plek van die mens in die etiek van H.M. Kuitert : 'n kritiese bespreking van sy etiek teen die agtergrond van sy vernaamste dogmatiese beskouings"

Copied!
181
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE PLEK VAN DIE MENS IN DIE ETIEK VAN H. M. KUITERT

'N KRITIESE BESPREKING VAN SY ETIEK TEEN DIE AGTERGROND VAN SY VERNAAMSTE DOGMATIESE BESKOUINGS

Verhandeling voorgel~ ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Theologiae Magister

in die Fakulteit Teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

deur

Paulus Jacobus de Bruyn, B.A., Th.B. Studieleier: prof. P. W. Buys

(2)

In groot dankbaarheid teenoor die getroue Verbondsgod, wat die geleenthede bied en die lus en liefde skenk vir verdiepende studie - ook om die geeste te beproef -word hierdie verhandeling aangebied.

Om dit te kon skryf onder die leiding van professor P.W. Buys, was 'n voorreg. Sy wetenskaplikheid, maar ook sy inspirasie en meelewing het vir my baie beteken. Veral waardeer ek dit dat hy soveel opgeoffer het om my in staat te stel om die verhandeling betyds te kon voltooi.

Professor R.B. Zaaiman van Unisa het die verhandeling taalkundig hersien. Baie dankie.

Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunny= side het by twee geleenthede aan my verlof toegestaan met die oog op verdere studie. Op hierdie wyse wil ek my dank en waardering teenoor hulle betuig. Ek wil ds. A. Lindhout ook hartlik bedank dat hy tydens die tweede periode van studieverlof al my verpligtinge in die gemeente op hom geneem het.

MY

opregte dank betuig ek ook aan my ouers en skoon= moeder vir hulle hulp en bystand.

MY

vrou het baie opgeoffer om my te help. Sy het ook hierdie verhandeling getik. Vir alles wat sy gedoen het, is ek baie dank aan haar verskuldig.

(3)

Mag hierdie studie diensbaar wees in die koninkryk van God en help om die Gereformeerde teologiese etiek uit te bou.

(4)

1.

2.

INHOUD INLEIDING

1.1 Die objek van die studie 1 . 1 . 1 H. M. Kui tert

1.1.1.1 Kuitert as persoon 1. 1. 1.2 Kuitert se etiek

1.1.1.3 Die plek van die mens in Kuitert se etiek 13 13 13 13 13 - 'n voorlopi ge analise 14

1.2 Die doel van die studie 18

1.3 Aktua1iteit van die onderwerp

1.4 Noodsaaklikheid van hierdie ondersoek 1.5 Begrensing van die ondersoek

1.6 Metode 1.7 Werkplan

KUITERT SE VERNAAMSTE DOGMATIESE BESKOUINGS 2.1 Kuitert se leer oor God

2.1.1 Die antropomorfismes 2.1.2 God as Bondgenoot-God 2.1.3 Om God te ken 18 20 21 22 23 25 25 25 27 28 2.1.3.1 Die mens kan God ten valle ken 28 2.1.3.2 Godse openbarins en die mens se kennis 28 2.1.4 God en sy bondgenootskaplike dade 30 2.1.4.1 God word met sy dade gei'dentifiseer 30 2. 1.4.2 Ana1ogie tussen God en mens 31

2.1.5 God en die ~eskiedenis 31

2.1.5.1 Godse Heer-wees van die geskiedenis 31 2.1.5.2 Godse openbaring in die geskiedenis 33 2.1.5.3 C~d se dade in die geskiedenis 35 2. 1.5.4 Die syn van God in die geskiedenis 37 2.1.6 Godse mensvormigheid en liggaam1ikheid 40

(5)

2.1. 7.1 Di t is mensgesentreerd 40 2.1.7.2 Beperking van die Wese van God tot voordeel

van die mens 41

2.1.7.3 Die mensvormigheid en liggaamlikheid van God 41 2.1.7.4 Alles word ingedwing in sy siening van God

as die Bondgenoot-God 42

2.1.7.5 Swig voor rasionalisme 42

2.2 Kuitert se leer oor die Heilige Skrif 2.2.1 Die tradisie

2.2.1.1 Die Bybel as tradisie 2.2.1.2 Die deurgee van die tradisie

43 43 43 43 2.2.1.3 Die toeeiening van die tradisie 44

2.2.1.4 Die taak van die prediker 44

2.2.1.5 Vertolking word self tradisie 44 2.2.1.6 Klassieke standpunt stagnant, sander Gees 45

2.2.1.7 Die menslike aandeel 45

2.2.1.8 Historisiteit 46

2.2.2 Saak en verpakking 47

2.2.2.1 Saak en verpakking- onderskeiding en skeiding 47 2.2.2.2 Verset teen formele Skrifgesag 50 2.2.2.3 Wat is die saak wat deur die verpakking

omhul word? 51

2.2.2.4 Die historiese betroubaarheid van die Skrif 53 2.2.2.5 Woord van God gedegradeer tot projeksies van

die mens 54

2.2.3 'n Oop kanon en die werk van die Heilige Gees 55 2.2.3.1 Die kanon is nie afgesluit 55 2.2.3.2 Die getuienis van die Heilige Gees 57 2.2.4 Algemene en besondere openbaring 60 2.2.5 Die Skrif verlaag tot projeksies van mense 64

2.2.6 Samevatting en beoordeling 64

2.3 Kuitert se leer oor Jesus Christus 69

(6)

3.

2.3.1.1 Christus- hoogtepunt van C~d se bondge=

nootskap1ike omgang met die mens 70 2.3.1.2 Christus, die "saak" in die Skrif 70

2.3.1.3 Christus se opstanding 71

2.3.1 .4 Nuwe betekenisse van die werk van Jesus 72 2.3. 1.5 Jesus as be1oftewoord vir die toekoms 73 2.3.1.6 Die hei1sboodskap van Christus in moderne

taa 1 73

2.3.2 Beoorde1ing 74

2.3.2. 1 Nuwe betekenisse van die werk van Jesus .. 74 2.3.2.2 Jesus as be1oftewoord vir die toekoms 75 2.3.2.3 Die hei1sboodskap van Christus in moderne

taa1 76

KUITERT SE ETIEK - TEORETIES 3. 1

3. 1 . 1 3.1.2 3 .1. 3 3.2

Die opertbaring van God se wi1 vo1gens Kuitert God is die Bondgenoot-God

Die Skrif: saak en verpakking Die a1gemene openbarin~

Die beroep op die Skrif in die etiek vo1gens Ku i tert 77 77 77 79 81 82 3.2.1 Uiteensetting 82

3.2.1.1 Besware teen die tradisione1e sienin~ 82 3.2. 1.2 Bybe1se gebooie is voorbee1de 84 3.2.1.3 Die onverander1ikheid van Godse wi1 -die

uti 1 i teit van die mora a 1 87 3.2.1.4 Die verandering en kontinuiteit van die

moraa1 88

3.2.1.5 Christe1ike moraa1 en a1gemene (wereld)

-moraal 90

3.2.1.6 Die invloed van die godsdiens op die moraa1 92

3.2.2 Beoorde1ing 94

3.2.2.1 Voorbee1de of gebooie? 94

(7)

4.

3.2.2.3 Uti1iteit 100

3.2.2.4 Kan die moraa1 homse1f korrigeer? 102 3.2.2.5 Die verski1 tussen die Christe1ike moraa1

en die a1gemene moraa1 word ge1oen 103 3.2.2.6 Die inv1oed van die godsdiens op die moraa1 106 3.3 Die norm in die etiek vo1gens Kuitert

3.3.1 Uiteensetting 3.3.1.1 Humaniteit 3.3.1.2 Sosia1e uti1iteit 3.3.2 Beoorde1ing 108 108 108 110 112 3.4 Vryheid en dwang 114 3.4.1 Uiteensetting 114 3.4.2 Beoorde1ing 115

3.5 Die p1ek en taak van die prediking in die etiek

vo1gens Kuitert 118

3.5.1 Uiteensetting 118

3.5.2 Beoordeling

3.6 Die ordeninge of strukture 3.6.1 Uiteensetting

3.6.2 Beoorde1ing 3.7 Die were1d 3.7.1 Uiteensetting 3.7.2 Beoorde1ing

KUITERT SE ETiEK - PRAKTIES

119 120 120 122 124 124 125 127 , 4.1 Rewo1usie 127 4.1.1 Uiteensetting 127

4.1.1.1 Die doe1 van die teo1ogie van die rewo1usie 127 4. 1.1.2 Rewo1usie en horisonta1isering 127 4. 1. 1.3 Die rewo1usie as sodanig 129

4.1.2 Beoorde1ing 131

(8)

4020 l Uiteensetting 133 4020 lo l Die tradisioneel-Gereformeerde siening

afgewys 133

4020102 Die dood en orgaanoorplantings 137 4o2o l 03 Die dood as plekmaak vir ander 138 4o2o lo4 Mense moet mekaar help sterwe 139

40202 Beoordeling 139

4o3 Aborsie 142

4o3ol Uiteensetting 142

4o3ol.l Die verskil tussen biologiese lewe en

menslike lewe 143 40301.2 4o3ol.3 4o3ol.4 40 30 l 0 5 40 30 lo6

'n Bestaande lewe word benadeel Die ongewenste kind

Aborsie en oorloe Aborsie en eutanasie Aborsie en anti konseps i e

143 145 145 146 146 4o3o2 Beoordeling 147

4030201 Die verskil tussen biologiese lewe en

menslike lewe 147

4030202 'n Bestaande lewe word benadeel 4030203 Die ongewenste kind

4030204 Abors ie en oorloe 4o3o2o5 Abors ie en eutanasie 4o3o2o6 Aborsie en antikonsepsie 404 Eutanasie

4o 4 0 l 40402

Uiteensetting Beoordeling

4o5 Huwelik en egskeiding 4o5ol Uiteensetting

4 0 50 l.l Die ekonomi ese dwang het verdwyn 4o5olo2 Die tradisionele (godsdienstige) dwang

moet verdwyn 149 152 152 152 153 154 154 154 155 155 156 157

(9)

5.

4.5.1.3 Die doe1 die huwe1ik ... 158 4.5.1.4 Die verve1ige huwe1ik en die geneentheid

tot ander 158

4.5.1.5 Gevo1gtrekking: redes vir egskeiding .. 159

4.5.2 Beoorde1ing 160

4.5.2. 1 Die ekonomiese dwang het verdwyn 160 4.5.2.2 Die tradisione1e (godsdienstige) gedwonge

bymekaarb1y in die huwe1ik moet verdwyn 161 4.5.2.3 Die doe1 van die huwe1ik 162 4.5.2.4 Die verve1ige huwe1ik en die geneentheid

tot ander 162

4.5.2.5 Redes vir egskeiding 4.6 Homoseksua1iteit 4.6.1 Uiteensetting 4.6.2 Beoorde1ing SAMEVATTENDE BEOORDELING 163 163 163 165 167 5.1 Kuitert se vernaamste dogmatiese beskouings 167

5 .1 . 1 Oor God 167

5.1.2 Oor die Skrif 167

5.1 .3 Oor Christus 168

5.2 Kuitert se etiese beskouings 168

5.2.1 Die openbaring van Godse wi1 168 5.2.2 God se gebooie - voorbee1de of voorskrifte? 169

5.2.3 Die norm in die etiek 169

5.2.4 Vryheid en dwang 170

5.2.5 Die prediking 170

5.2.6 Die ordeninge of strukture 170

5.2.7 Die w~re1d 170

5. 2. 8 Rewo 1 us i e 170

5.2.9 Die dood 171

(10)

5.2.11 Eutanasie 5.2.12 Egskeidin9 5.2. 13 Homoseksua1iteit 171 171 171 5.3 Konk1usie 172

5.4 Gereformeerde teo1ogiese etiek: teosentries 172 Summary

Geraadp1eegde werke Kuitert se werke

174 175 182

(11)
(12)

1. INLEIDING

1.1 Die objek van die studie

In hierdie studie word gehandel oar die mensbeskouing van H.M. Kuitert soos dit in sy etiek tot openbaring kom. Dit is dus nodig om te weet wie Kuitert is en watter pro= bleem daar in verband met sy mensbeskouing in die etiek is wat 'n studie daarvan noodsaaklik maak.

1.1.1 H.M. Kuitert

1.1.1.1 Kuitert as persoon

H.M. Kuitert is in 1924 in Nederland gebore. Na sy skoal= opleiding het hy in die teologie gestudeer aan die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland. Vanaf 1950 was hy predikant, eers in Scharendijke en daarna studentepredi= kant in Amsterdam. In 1962 het hy aan die Vrije Universi= teit gepromoveer met prof. G.C. Berkouwer as promotor. Sy proefskrif het gehandel oar: "De mensvormigheid Gods. Een dogmatisch-hermeneutische studie over de anthropomorfismen van de Heilige Schrift". Soos uit die titel afgelei kan word, handel dit oor die mensvormige wyse waarop daar in die Skrif oor God gespreek word.

Van 1965 af is hy aan die Fakulteit Teologie van die Vrije Universiteit verbonde. In 1967 het hy prof. J.H. van den Berg opgevolg as professor in etiek (en inleiding in die dogmatiek).

1. 1.1.2 Kuitert se etiek

Kuitert het geen etiek geskryf in die sin dat hy in een of meer boeke sistematies sy etiese beskouings op skrif gestel het nie. Met die uitsondering van sy inougurele rede, Sociale ethiek en geloof in Jezus Christus (1967), het hy geen ander

(13)

werk geskryf waarin net oor etiek of etiese vraagstukke gehandel word nie.

Sy etiek kom egter feitlik in elkeen van sy geskrifte op die een of ander wyse ter sprake, nie net in die sin dat bepaalde etiese vraagstukke aangesny word nie, maar veral omdat hy die dogmatiek dikwels laat oorgaan in etiek l) sodat dit soms moeilik is om te s~ of hy in 'n bepaalde gedeelte met dogmatiek of etiek besig is. Om sy etiek te kan verstaan, is 'n studie van sy dogmatiese werke derhalwe

'n sine qua non.

Kuitert skrywe egter ook baie artikels in tydskrifte en daarin behandel hy dikwels suiwer etiese vraagstukke. In hierdie studie sal dus ook heel dikwels na sulke artikels verwys word.

Benewens dergelike tydskrifartikels is 'n studie van minstens die volgende boeke van Kuitert noodsaaklik om 'n goeie begrip van sy etiek te verkry:

- Anders gezegd, 1970. ( 'n Versame 1 i ng tydskri farti ke 1 s). De mensvormigheid Gods, 1969. (Proefskrif).

De realiteit van het geloof, 1971 b.

Sociale ethiek en geloof in Jezus Christus, 1967. Wat heet geloven, 1977.

Zonder geloof vaart niemand wel, 1975.

1.1.1.3 Die plek van die mens in Kuitert se etiek- 'n voorlopige analise.

Kuitert het voor die probleem te staan gekom dat die moderne

1) Vgl. hieroor punt 3.1 14

(14)

mens skynbaar nie meer veel aan die Bybel het nie. Waarom nie? Volgens hom is die rede daarvoor dat die mens in die ·tradisionele Christelike qodsdiens en teologie nie tot sy

reg kom nie. Hy noem dit onder andere "de verwarring en verarming in de anthropologische positie van de mens" waar= teen geprotesteer moet word (1969, p. 188). Hy het hom dan ook ten doel gestel om die mens in die Christelike gods= diens en teologie wel tot sy reg te laat kom. Hy stel dit so: "Het gaat ons dus erom aan de menselijke subjektiviteit zijn legitieme plaats aan te wijzen in het grate raam van openbaring en geloof" (1971 b, p. 158).

Kuitert het die eerste tree na die verwesenliking van hier= die doel reeds in sy proefskrif gegee deur die mens te verhef

tot bondgenoot van God - nie op die wyse waarop dit altyd in die Gereformeerde teologie gedoen is nie, maar op so 'n wyse dat die mens 'n baie grater s~ in sake kry en dat God selfs in 'n sekere sin van die mens afhanklik gemaak word. Hy se immers dat die verhouding tot die mens wesenlik tot die God-wees van God behoort (1971 a, p. 265). So kom die subjektiwiteit van die mens ook in die godsdiens tot sy reg -volgens hom is dit 'n moet (1971 b,p. 148) - en vanselfsprekend kry die mens op die wyse ook 'n grater s~ in sake.

Die gevolg hiervan is dat Kuitert oor verskeie sake 'n standpunt inneem wat nuut en anders is as wat tot dusver in die Gereformeerde teologie aanvaar is. Oit hinder hom skyn= baar glad nie, want hy se dat daar in die teologie wat onder andere streef na 'n "radicale zorg voor de naaste ... een heel andere dogmatiek moet komen die wel tot het maken van vuile handen dwingt" (Kuitert, 1969 d, p. 64).

(15)

By die deurlees van Kuitert se geskrif~e, en - sover dit hierdie studie aangaan - veral die wat handel oor etiese kwessies, kry 'n mens die indruk dat sy etiek mensgesen= treerd is. Die volgende uitsprake, wat later behandel sal word, kan dien as voorbeelde:

~ Die groot vraag waarmee die etikus by die institute te doen kry, is volgens Kuitert (1967, p. 30) die volgende: "Dienen zij het humanum of belemmeren zij juist de ontplooiing van het menszijn? Oat is de eigenlijke cardinale vraag in de sociale ethiek".

~ Kuitert (1969 a, p. 72) s~: "Godsdienstig-zijn is daarom tegelijk en onvoorwaardelijk besig-zijn met medemens en wereld".

~ Wat goed en kwaad is, word deur mense bepaal en nie deur God nie, want, s~ Kuitert (1975, p. 73),

"goed - in de morele zin van het woord - is wat goed voor de mens is".

~ Oor aborsie s~ Kuitert (1969 b, p. 199): "Als een vrouw absoluut geen kind meer wil, dan heeft ze het absolute recht om die abortus aan te vragen". Verskeie skrywers spreek dit as hulle oortuiging uit dat die mens die sentrale posisie in Kuitert se etiek inneem. Die volgende dien as voorbeelde:

~ Velema (1971, p. 115): "In alle ethische overwe= gingen van Kuitert zat de tendens om het humanum hoog te schatten". Voorts verklaar Velema (1971,

(16)

p. 162): "Zijn visie op ethische problemen als de revolutie, abortus en de beeindiging van het leven verraadt dat hij naar het getuigenis van de Schrift niet vraagt".

lt Douma ( 1972, p. 40): "Kui tert propageert een wi jze van christen-zijn, die 'haar hart geheel en al

(!

J.D.) aan de mens en zijn wereld verpandt'.l) Daarmee is voor de moraal de humaniteit als norm gegeven".

lt J. Rinzema: "Ik vind het merkwaardig, dat een christen-ethicus zo kritiekloos zijn uitgangspunt neemt in het zelfbeschikkingsrecht van de mens•.2) Die indruk wat 'n mens kry by die lees van Kuitert se ge= skrifte en uit die oordeel van genoemde skrywers, is dus dat die mens 'n baie sentrale posisie in die etiek van Kuitert inneem - so sentraal dat voorlopig gekonkludeer kan word dat sy etiek as mensgesentreerd bestempel kan word. 'n Mensgesentreerde etiek beteken dat daar geleef en ge= handel word volgens die wil van die mens en nie volgens die wil van God nie. (Vgl. Van Peursen, 1956, p. 243).

Teenoor hierdie voorlopig gediagnoseerde antroposentriese karakter van die etiek van Kuitert staan die tradisionee1-Gereformeerde siening dat die etiek teosentries moet wees. Buys (1975, p. 3) definieer die Gereformeerde teologiese etiek soos volg: "Teologiese etiek is di~ deel van die Teo= logiese wetenskap wat die geopenbaarde wil van C~d met 1) Douma haal aan uit 1970, p. 104 sonder om dit aan te dui. 2) Aangehaal deur Lindeboom, 1970, p. 97, sonder vermelding

(17)

betrekking tot die mens se handel en wandel bestudeer en die mens se handel en wandel in die lig daarvan beoordeel".

(Vgl. ook Schippers, 1957, p. 645). Dit beteken dat nie die mens se wil die maatstaf is vir die beoordeling van die mens se handel en wandel nie, maar God se wil. Dit wil dus voorkom of daar by Kuitert 'n afwyking is van die Gereformeerde teologiese etiek wat betref die plek wat hy in die etiek aan die mens toeken.

1~2 Die doel van die studie

Op grond van die voorgaande is die doel van hierdie studie om vas te stel of die mens inderdaad so 'n belangrike plek in die etiek van Kuitert inneem dat dit as mensgesentreerd gekarakteriseer kan word.

1.3 Aktualiteit van die onderwerp

In 'n tyd waarin daar voortdurend pleitredes gelewer word vir die erkenning en eerbiediging van menseregte, is 'n studie van hedendaagse invloedryke teoloe se sienings van antropologie en etiek beslis noodsaaklik.

Bowendien is die hedendaagse mens tot 'n groot mate daad-gerig. Onder invloed van strominge soos die eksistensialisme en die pragmatisme het die klem by baie van die woord na die daad verskuif. Dit op sigself het die studie van die etiek baie aktueel gemaak.

Dit geld in besonder van Kuitert se etiek omdat hy hom be= sig hou met sake wat tans in die brandpunt van belangstel= ling staan, soos aborsie, eutanasie, huwelik en egskeiding, orgaanoorplantings, rewolusie, ens.

(18)

Hoe aktueel Kuitert se siening van sake is, blyk daaruit dat sowel sy proefskrif as sy inougurele rede minstens driemaal herdruk is - iets wat byna nooit met hierdie soort geskrifte gebeur nie. Sy proefskrif is ook in Duits vertaal en Zonder geloof vaart niemand wel in Engels. Daarby is daar van sy ander pub1ikasies wat al meer as tienmaal her= druk is. Douma (1977 a, p. 507) merk in hierdie verband op: "De boeken van Kuitert 1 open a 1 s een trei n, en da t za 1 nog we1 een poosje zo doorgaan". Van Riessen (1967, p. 82) praat ook van Kuitert se beskouing van sake, "die grote invloed uitoefent". Runia (1976, p. 94) noem Kuitert "een van de belangrijkste theologen, niet alleen in de kring van de Gereformeerde Kerken, maar in hetgeheel van de Nederlandse theologie". In kerklike en teologiese tydskrifte word die naam van Kuitert in die jongste tyd ook voortdurend aange= tref, nie net by artikels wat hy self skryf nie, maar ver= al in reaksies op sy geskrifte - wat wissel van vurige ondersteuning tot heftige teenstand.1)

Dit is bykans onmoont1ik om vandag op wetenskaplike wyse enige onderwerp in die Gereformeerde etiek behoorlik te be= studeer sonder om ook kennis te neem van Kuitert se siening daaroor.

1 ) Om slegs enkele voorbeelde te noem: Kuitert is 'n redak= sielid en as sodanig 'n vaste medewerker van die blad Voor 1 opi a, ~1at bes tempe 1 word as "evange 1 i sch commentaa r blJ de tfjd". Verskeie opspraakwekkende artikels van hom het al daarin verskyn. Enkele reaksies op sy ge= skrifte is: Graafland, 1973 c; J.H. Velema, 1974; Van Oeveren, 1976; Douma, 1977 a en 1977 b; Van Dijk, 1977 b.

(19)

1.4 Noodsaaklikheid van hierdie ondersoek

Saver vasgestel kan word, is die boeke van Visee (1969), Meijers (1970), Velema (1971) en Douma (1972) die vernaam= ste oorspronklike kritiese werke wat in geheel aan die teo= logie van Kuitert gewy is. Visee (1969) en Meijers (1970) se boeke is hoofsaaklik toegespits op Kuitert se Skrif= beskouing. Bowendien is dit in hoofsaak 'n kritiese be= oordeling van slegs een van Kuitert se boeke, naamlik Verstaat gij wat gij leest? (1971 d). Velema (1971) is die enigste wat bykans al die aspekte van Kuitert se teo= logie behandel. Gevolglik sal daar in hierdie studie ook dikwels daarna verwys word.

Kuitert se etiek in sy geheel is nog nie as 'n afsonderlike onderwerp in Suid-Afrika bestudeer nie, en saver bekend ook nie in die buiteland nie.

Die meeste geskrifte oar Kuitert se teologie handel hoof= saaklik oar sy dogmatiek. Kuitert se etiek word wel deur Velema(l971) in 'n afsonderlike hoofstuk behandel en in die ander hoofstukke ter sprake gebring, maar dit geskied meesal kursories en oorsigtelik. Douma (1972) handel net oor Kuitert se Skrifberoep in die etiek. Lindeboom (1970) skenk weer net aandag aan Kuitert se uitlatings oar aborsie. So is daar verskeie geskrifte en artikels wat aan een of meer aspekte van Kuitert se etiek aandag gee. Tog is dit noodsaaklik om 'n geheeloorsig daarvan te kry en dit in die lig van Skrif en Belydenis krities te beoordeel. Daarby kom nag dat,sover vasgestel kon word, die plek van die mens in Kuitert se etiek nag glad nie as 'n aparte on= derwerp bestudeer is nie. Soos reeds aangedui, het ver=

(20)

=skeie persone opmerkings in die verband gemaak en tot die konklusie gekom dat sy etiek mensgesentreerd is, maar dit was nog nie die resultaat van 'n wetenskaplike ondersoek oor die hele veld van sy etiek nie.

So 'n studie is dringend nodig. Kuitert is immers 'n Gereformeerde teoloog (etikus), en as sodanig moet hy buig voor Skrif en Belydenis en afwysend staan teenoor alle mensgesentreerdheid.

In die lig hiervan kan die noodsaaklikheid van hierdie studie duidelik gesien word.

1.5 Begrensing van die ondersoek

Uit die aard van die saak sal Kuitert se etiek so volledig en duidelik as moontlik behandel word. Maar dit is on= moontlik om sy etiek te behandel sander om eers aandag te skenk aan sy dogmatiek, omdat - soos reeds aangedui (punt 1.1.1.2)- sy etiek in verskeie opsigte verband hou met en voortvloei uit sy dogmatiese beskouings.1)

Tog sal die behandeling van sy dogmatiek duidelik beqrens moet word, omdat dit in hierdie verband hoofsaaklik 'n hulpdiens moet betoon, naamlik om sy etiek goed te kan begryp en te kan evalueer. Aan die ander kant sal dit ook weer nie so kart behandel kan word dat die etiese konsekwen= sies van sy dogmatiese beskouings nie duidelik gesien kan word nie.

1) Oor die verband tussen dogmatiek en etiek in die alge= meen, vgl. Honig, 1930, p. 72: "De Ethiek veronderstelt de Dogmatiek". Vgl. verder p. 72-82.

(21)

Waar Kuitert se etiek in besonderhede krities beoordeel sal word, sal die beoordeling van sy dogmatiek slegs in hooftrekke geskied.

Hoewel daar verskeie invloede op Kuitert ingewerk het sodat sy siening van sake nie altyd oorspronklik is nie, 1) val dit, vanwee die omvang daarvan, buite die bestek van hierdie studie om die herkoms van sy standpunte te probeer navors. 1.6 Metode

Die metode wat hier gevolg sal word, is hoofsaaklik teties, analities en krities. 'n Uiteensetting van Kuitert se stand= punt sal so objektief, eerlik en billik as moontlik gegee word. Daarna sal dit in die lig van die Skrif en Belydenis getoets word. Waar nodig, sal ook qepoog word om die konse= kwensies van sy standpunte aan te dui.

1) Kuitert (1966, p. 349-354) verklaar self dat veral Ber= kouwer en Barth,maar ook Miskotte, 'n groat inv1oed op hom uitgeoefen het. Volgens Floor (1971, p. 8) en Visser

(1975, p. 9) is hy bei'nvloed deur "1oltmann en Bloch. Sy hesnnrlere nnnrlrnng rlnt verskillende sake geontmitologi= seer moet word (1970, p. 30, 90, 148; 1973, p. 256), openbaar die deurwerking van die denke van Bultmann by hom (Bultmann, 1961, p. 1-44; Schippers, 1968, p. 157-173). Graafland (1973 c, p. 221) praat van Kuitert as 'n per= soon "die sterk onder Pannenbergs invloed staat". Oor eutanasie het hy grotendeels dieselfde siening as Van den Berg (1970, p. 47-49; vgl. ook Lindeboom, 1970, p. 22). Insiggewend is ook sy verklaring: "Ik ben niet van plan van kerk te veranderen, maar als ik van kerk moest ver= anderen zou ik rooms worden" (1977 b, p. 281). Uit hier= die enkele gegewens is dit duidelik wat die omvang sal wees van 'n deeglike, wetenskaplike navorsing oor die in= v1oede wat op Kuitert ingewerk het. As dit in hierdie studie gedoen moes word, sou dit die balans versteur het en sou die saak waaroor dit hier eintlik gaan, nie tot sy reg gekom het nie. Dit is egter 'n onderwerp wat gewis verdien om grondig bestudeer te word.

(22)

1.7 Werkplan

Eers sal 'n uiteensetting gegee word van Kuitert se ver= naamste dogmatiese beskouings, naamlik oor God, oor die Skrif en oor Christus. By 'n kritiese beoordeling daarvan sal nagegaan word of daarin reeds tekens van mensgesentreerd= heid op te merk is. Veral sal ondersoek word wat die konse= kwensies en betekenis daarvan vir die etiek is.

Daarna sal Kuitert se etiek in twee hoofstukke behandel word.

In die eerste daarvan sal die onderwerpe behandel word wat meer

te~s

van aard is, 1) naamlik:

1. die openbaring van Godse wil aan die mens; 2. die beroep op die Skrif in die etiek; 3. die norm in die etiek;

4. vryheid en dwang;

5. die plek en taak van die prediking in die etiek; 6. die ordeninge of strukture;

7. die siening van die wereld.

In die tweede van hierdie hoofstukke sal die onderwerpe be= handel word wat meer prakties van aard is, naamlik:

1. rewolusie; 2. die dood; 3. aborsie;

1) Die onderskeiding tussen teoretiese en praktiese etiese vraagstukke gaan nie heeltemal op nie, omdat alle etiese vraagstukke sowel teoretiese as praktiese elemente bevat. Tog word hierdie onderskeiding gemaak in die lig van die elemente wat in die verskillende onderwerpe die swaarste weeg, hoewel toegegee moet word dat daar ook grensge= valle is.

(23)

4. eutanasie;

5. huwelik en egskeiding; 6. homoseksualiteit.

Dogmatiese aspekte van sake wat nie in die hoofstuk oor die dogmatiek behandel is nie, byvoorbeeld Kuitert se siening van die dood, sal kortliks behandel word as die betrokke onderwerp by die etiek aan die orde kom.

In 'n slothoofstuk sal 'n samevatting van die bevindings gegee word om so te kom tot 'n duidelike konklusie.

(24)

2. KUITERT SE VERNAAMSTE DOGMATIESE BESKOUINGS

In hierdie hoofstuk word Kuitert se vernaamste dogmatiese beskouings behandel, naamlik oor God, oor die Skrif en oor Christus. Daar sal gepoog word om vas te stel of hierin reeds 'n mindere of meerdere mate van mensgesentreerdheid op te merk is. Vanselfsprekend sal hier gefokus word op sy dogmatiese beskouings slegs in soverre dit relevansie het vir sy etiek.

2.1 Kuitert se leer oor God 2.1.1 Die antropomorfismes

In die Bybel word daar op eg menslike wyse van God gepraat. Van Hom word gese dat Hy oe, ore en hande het; dat Hy toornig is, berou het, ens. Hierdie mensvormige wyse waarop daar van God gespreek word, is in die Gereformeerde teologie meesal antropomorfismes genoem.

Die volgende is voorbeelde van sulke antropomorfismes:

l< In Gen. 3:8 word gese: "En hulle (Adam en Eva) het

die stem van die Here gehoor terwyl Hy wandel in die tuin". Aalders (1960, p.134) se daarvan dat dit "natuurlijk een mensvormige wijze van spreken" is.

l< In Gen. 8:21 word van Noag se offers gese: "en die Here het die lieflike geur geruik ... " Aalders

(1960, p. 226) noem dit "een zeer mensvormige voorstelling, waardoor tot uitdrukking wordt gebracht dat het offer van Noach Gode welbehaag= lijk is".

l< In Ef. 4:30 staan daar: "En bedroef nie die Hei= lige Gees van God nie ... " Grosheide (1960, p. 75)

(25)

noem dit "een sterk anthropomcrphisme. (Vgl. ook Veenhof, 1977 , p. 2) .

Die klassiek Gereformeerde siening van die antropomorfismes kan kortweg soos volg aangedui word:

Alles wat God deur die beskrywing van organe en liggaams=

dele na 'n mens laat lyk, moet van die Bybelse Godsbeeld afgetrek word. Die mensvormige spreke oor God is 'n rna= nier van voorstelling. Dit is 'n aanpassing by die be= vattingsvermoe van die mens. In Homself is God anders. In die Bybel word Hy aan die mens voorgehou asof Hy lig=

gaamlik bestaan, maar dit word nie so bedoel nie, want God is Gees. Die dinge wat kenmerkend is van die mens= like liggaam, moet nie met God geassosieer word nie (Vgl.

Bavinck, 1928 b, p. 68-74; Feenstra, 1956, p. 48).

Kuitert het ernstige beswaar teen hierdie siening. Want wat

gebeur hier? Volgens hom word hier eers 'n Godsbeeld van God opgebou buite en los van die antropomorfe tekste in die Bybel. Daarna keer 'n mens dan terug van die selfgemaakte Godsbeeld na die tekste waarin God mensvormig voorgestel word, en met 'n beroep op die selfgemaakte Godsbeeld ver= klaar hy dan "deze teksten voor anthropomorf" (1969, p. 22). Sy besware kom dus daarop neer dat daar 'n spanning of bot= sing is tussen die Wese en die openbaring van God. God open= baar Hom dan in die Skrif aan ons as mensvormig, maar in werklikheid is Hy nie mensvormig nie. Hy openbaar Hom dan anders as wat Hy in werklikheid is (Kuitert, 1969, p. 23). Hierdie skeiding tussen die Wese en openbaring van God is vir Kuitert onaanvaarbaar. Dit is volgens hom in werklikheid

(26)

niks anders nie as die oorblyfsels van die Griekse wysbe= geerte (Plato) in die kerk. Daarin is die liggaamlike

immers beskou as die laere en die geestelike as die hoere. Daarom heers daar vandag nog die beskouing dat niks wat liggaamlik is, met God geassosieer mag word nie (Kuitert,

1969, p. 55-77).

Maar volgens Kuitert mag op hierdie weg nie langer voortge= gaan word nie. As die Bybel praat van God se oe, ore, hande, ens. mag dit nie van die Bybelse Godsbeeld afgetrek word nie. Dit moet letterlik verstaan word, want volgens hom ( 1969, p. 265), is daa r "een i denti tei t van Gods we zen en Gods openbaring". Die Wese van God is presies soos Hy Hom openbaar. Daarom mag die mensvormigheid van God nie verklaar word as 'n openbaringsgestalte waaragter die eint= like (nie-mensvormige) Wese van God verskuil is nie (Kuitert,

1969' p. 266) .

2.1.2 God as Bondgenoot-God

Volgens Kuitert word die probleme wat in die voorgaande aangedui is, opgelos as God gesien word as Bondgenoot-God. Vroeer is die leer van die verbond tussen God en mens slegs na die kant van die mens toe uitgewerk: hy mag uit genade

'n bondgenoot van God wees. Dit is egter nie na God se kant toe uitgewerk nie, en dit is wat Kuitert nou wel doen. Hierdie benadering lei Kuitert daartoe om God die Bondge= noot-God te noem (1969, p. 195-196; 220-233; 284).

By die gebruik van hierdie naam moet altyd onthou word dat Kuitert daarmee juis wil aandui dat daar 'n eenheid tussen die Wese en openbarina van C~d is, dat God die volheid van sy Wese, presies soos Hy is, aan die mens

(27)

openbaar.

Volgens Kuitert word die Wese (syn) van God bepaal deur sy Bondgenoot·-wees vir die mens ( 1969, p. 228-229) . God as Bondgenoot is die ware God, want God bewys sy God-wees juis deur sy Bondgenoot-wees vir die mens (1969, p. 196). Kuitert gaan selfs so ver om te beweer: "Dever= houding tot de mens hoort wezenlijk by het God-zijn van God" (1969, p. 265). Die bestaan van God veronderstel dus die bestaan van die mens en kan van die bestaan van die mens nie losgemaak word nie. Velema (1971, p. 120) gee Kuitert se siening van God samevattend soos volg weer: "God is de Bondgenoot-God. Hij is niet zonder de mens, omdat Hij niet zonder de mens wilde zijn. Zijn wezen wordt dan ook bepaa 1 d door zi j n re 1 a tie tot de mens". 2.1.3 Om God te ken

2.1.3.1 Die mens kan God ten volle ken

Kuitert s~ verder dat 'n mens God alleen ken as jy Hom as Bondgenoot ken, want "het gekend-worden is in het bondge= noot-zijn begrepen" (1969, p. 285). In sy Bondgenoot-wees word die volle Wese van God aan die mens geopenbaar, want daa r is "een i dentitei t van Gods we zen en Gods open= baring" (1969, p. 265). God is dus niks meer en niks anders as wat uit sy Bondgenoot-wees vir die mens van Hom bekend word nie (1969, p. 229). Dit is dus binne die mens se vermoe om God ten volle te ken!

2.1.3.2 Godse openbaring en die mens se kennis

Kuitert se dat in Israel se kennis van God 'n gestalte van God se openbaring gevind word (1969, p. 297). God se Selfopenbaring kon nie op 'n ander wyse in die wereld

(28)

ingekom het as in Israel se kennis van sy Selfopenbaring nie (1969, p. 296). Wat Kuitert hiermee bedoe1, kom daarop neer dat die kennis wat die mens in die bondgenoot= skaplike omgang met God opdoen, 'n onderdeel word van God se Selfopenbaring (Velema, 1971, p. 36).

Nou tref 'n mens die eienaardige situasie aan dat Kuitert enersyds 'n afhank1ikheidsverhouding tussen Godse open= baring en die mens se kennis daarvan afwys, maar andersyds tog ook weer bek1emtoon dat daar wel so 'n re1asie bestaan. Aan die een kant se hy: "Het is niet de mens die in zijn Godskennis het God-zijn van God rea1iseert, maar God Ze1f die Zijn God-zijn als bondgenoot-zijn overmachtig hand= haaft door het metterdaad tot kennis komen van de mens" ( 1969, p. 287). Daarteenoor se hy op dieselfde b1adsy: "Onthull i ng Gods en het mense 1 i jke tot kenni s komen van God vormen in dat geva1 samen dat wat we bijbels gesproken Gods Zelfopenbaring mogen noemen ... Vanuit de openbaring als Gods zijn in Zijn bondgenootschappelijke omgang is het tot kennis komen van de mens het s1uitstuk van deze openbaring ... Gods Zelfopenbaring wil bestaan in de vorm van menselijke kennis van die openbaring" (1969, p. 287). In sy latere werke het Kuitert hierdie afhank1ikheid van die openbaring van God van die mens se kennis daarvan nog sterker bek1emtoon. (Vg1. 1971 b, p. 164). So verk1aar hy onder andere: "Gods Zelfopenbaring is pas 'af' in de kennis die wij van Hem ('aan Hem', zou men bijna kunnen zeggen) krijge~ d.w.z. in de namen die de mensen met wie Hij omgaat, Hem geven, Hem kunnen, mogen en nu ook durven geven" (1971 d, p. 20). Hier se Kuitert dit baie duide1ik

(29)

dat die name wat ons aan God gee, deel uitmaak van God se Selfopenbaring.

Dit alles toon aan dat, volgens Kuitert, God se Selfopen= baring nie afgehandel is sonder dat die mens God ken nie; sonder die antwoord wat die mens op God se Selfopenbaring gee nie; sonder die naam wat die mens aan God gee nie.

Velema (1971, p. 126) gee Kuitert se siening soos volg weer: Die naam wat die mens aan God gee, is nie 'n

samevatting van sy voorstelling van God nie; dit is nie 'n naspreke van God se openbaring nie; maar dit is deel van God se Selfopenbaring.

God werk deur die dade van die mens heen. Die Selfopen= baring van God vind plaas binne die samewerking tussen God en mens kragtens hulle bondgenootskap1ike omgang (Velema, 1971, p. 126).

2.1.4 God en sy bondgenootskap1ike dade 2.1.4.1 God word met sy dade gei"dentifiseer

Met die aanduiding van God as Bondgenoot-God vir die mens, le Kuitert alle nadruk op die dade van God, op sy daad-werk1ike omgang met die mens. Hy se: "Wie God werke1ijk is - wi1 men: wat het wezen Godsis - wordt in de Heilige Schrift nergens vastgesteld via een theoretische bezinning over het zijn Gods afgedacht van Zijn beneficia" (1969, p. 228-229). Vo1gens hom ken die Bybel die Wese van God slegs in die doen van sy dade en die spreek van sy woorde en nie los daarvan nie (1969, p. 264). Daar is nie meer in God as wat die mens uit sy hande1inge te wete kom ni e. Die Wese van God gaan op in sy dade. Daarom ken die mens ook die volle Wese van God. Hierdie dade van God is

(30)

immers sy bondgenootskaplike dade, dit wil s~ die dade waarin mense, as bondgenote van God, oak deel het. Kuitert haal met instemming die volgende- volgens hom "gelukkige formu1e" -van Barth aan: "Gottes Sein in der Tat"l) {1969, p. 228).

2.1.4.2 Ana1ogie tussen God en mens

Onder ana1ogie word gewoon1ik verstaan dat daar tussen twee sake of persone, ondanks sekere verskille tussen hulle, tog oak een of meer punte van ooreenkoms is. In die verband se Kuitert dat daar tussen God en mens nie 'n synsverwantskap of synsana1ogie is nie. Daar is egter wel "een zijns-ge= lijkenis van God en mens in het doen van hun respektieve= lijke daden, (want) ... het zijn bondgenootschappelijke daden" (1969, p. 281). Daar is dus nie ooreenstemming tus= sen God en mens in hul1e wese nie maar s1egs in hul1e dade. Maar volgens Kuitert vorm God se dade wat Hy in bondgenoot= skap met die mens verrig, dee1 van sy Wese. {Vgl. punt 2.1.4.1). Die implikasie daarvan is dat daar dus wel 'n ooreenstemming of "zijns-gelijkenis" tussen die Wese van God en die wese van die mens is.

2.1.5 God en die geskiedenis

2.1.5.1 Godse Heer-wees van die geskiedenis

Die geskiedenis is vir Kuitert van besondere belang. God is immers die bondgenoot van die mens en Hy betoon sy bondge= nootskap in die loop van die geskiedenis. Of anders gestel: God en die mens verrig saam hulle bondgenootskap1ike dade in die loop van die geskiedenis.

Beteken dit nou dat God en mens eweveel te se het oor die verloop van die geskiedenis? Kuitert wil dit nie so ste1

(31)

nie, want hy praat van God se "Heer-zijn van de geschiedenis" (1969, p. 243). Hierdie Heer-wees van God in die geskiedenis s1uit sy reaksies op die optrede van die mens nie uit nie. Maar beteken dit nie dat God soms "verander" wat sy siens= wyse en beplande optrede betref nie? Kom die onveranderlik= heid van God nie hier in gedrang nie?

Vo1gens Kuitert nie, want die "onverander1ikheid" van God be= teken slegs dat God aan Homse1f en sy ewige voorneme getrou bly. Tog hou Kuitert niks van die uitdrukking "onverander= likheid van God" nie en se hy: "In p1aats van het woord on= verander 1 i j khei d zu 11 en woorden a 1 s 1

bes tendi ghei d 1

,

1 be= trouwbaarheid1

beter kunnen uitdrukken wat de Heilige Schrift aangaande Israels God verkondigenwil" (1969, p. 244).

Hierdie poging van Kuitert om die skerpheid van die uitdruk= king "onveranderlikheid van God" af te stomp, is nie sonder rede nie, omdat die konsekwensies van sy siening van God as Bondgenoot-God dit inderdaad in gedrang bring en God se Heer-wees van die geskiedenis bevraagteken. Kuitert se immers self: "Alle aspekten van verhevenheid, hoogheid, verborgen= heid enz. zijn te zien als bijstellingen bij de centrale karakteristiek van Jahweh: Zijn bondgenoot zijn" (1969, p. 255). Dit kan ook gese word van Godse hei1igheid (1969, p. 253) en sy selfverberging (1969, p. 257). Maar as a1 hierdie deugde van God nou diensbaar gemaak word aan sy "centrale karakteristiek" van bondgenoot-wees vir die mens, dan kan God se Heer-wees van die geskiedenis onmoontlik daarvan uitges1uit word.

Die konsekwensie is dan dat God nie al1een die ver1oop van die geskiedenis bepaal nie, maar dat Hy dit bepaal in bond=

(32)

=genootskap en samewerking met die mens.l) En vanself= sprekend kom die onveranderlikheid van God dan ernstig in gedrang. Trouens, dan kan dit in werklikheid nie meer gehandhaaf word nie, want God reageer dan net op die han= delinge van die mens (1969, p. 243-244).

2.1.5.2 Godse openbaring in die geskiedenis

Kuitert se van God: "Zijn Zelfopenbaring is niet afgelopen, zolang tenminste Zijn omgang met mens en wereld niet is afgelopen" (1971 d, p. 22). Oak is reeds aangedui dat Godse Selfopenbaring afhanklik gestel.word van die kennis van die mens. (Kyk punt 2.1.3.2). As die mens God so ken dat hy name aan Hom kan gee, help hy Hom om Homself aan die mens te openbaar (1971 d, p. 20). Openbaring moet hier egter nie verstaan word in die betekenis van algemene open= baring nie, maar as besondere openbaring, dit wil seas daar vir Kuitert nag enigsins 'n onderskeid tussen die twee is. (Vgl. 1970, p. 133, 134; 1975, p. 92). So 'n voortgaande openbaring is vir Kuitert met sy siening van

'n oop kanon heeltemal moontlik. (Vgl. punt 2.2.3). Soos die mens se kennis in die loop van die geskiedenis toeneem, openbaar God Homself en sy wil steeds duideliker daarin en daardeur. Enkele voorbeelde kan Kuitert se siening toelig.

x As daar voorheen van God as Skepper gepraat is, dan is met sy skeppingsdade geweldige magsdade van Hom 1) Hierdie siening van Kuitert moet nie verwar word met die

gangbare Gereformeerde siening van die voorsienigheid van God en die mens se verantwoordelikheid nie. Die be= swaar teen Kuitert se siening is juis dat hy die optrede van die mens so oorbeklemtoon dat die leer oar die soe= wereiniteit van God daardeur in gedrang kom.

(33)

as almagtige God bedoel. Oit is volgens Kuitert gedoen met die "kennisbagage van de toenmalige tijd". Tans is dit egter anders: "Wanneer wij vandaag God de Schepper wi llen belijden. zullen we dat moeten doen met behulp van de kennisbagage van onze tijd, en dus moeten spreken in termen van b.v. evolutie. van cell en en atomen enz." (1971 d, p. 25). Die skepping moet vandag dus nie meer as skeppingsdade van God gesien word nie maar as prosesse van ont= wikkeling.

~ In die Bybe1 word die mens in Rom. 13 geleer om hom te onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is omdat hulle hul mag en gesag van God ontvang. In die loop van die geskiedenis het God se wil vir die mens se lewe. volgens Kuitert. so verander dat hy tans kan s~: "Het evangelie van Jezus is in de wereld waarin wij ~ leven - niemand schrijft ethiek voor de eeuwigheid - s1echts te combineren met verzet tegen de gevestigde machten" (1970, p. 182).

M Omdat God (volgens Kuitert) nog altyd voortgaan om Hom (telkens opnuut) aan ons te openbaar. het Kuitert ook baie min agting vir die belydenisskrifte. Hy

s~ (1972, p. 219) dat die leer altyd dit bevat wat gister die regte leer was, "dat wil zeggen met welke ervaringen de christenen gisteren het woordje God verbonden". Maar vir die mens van vandag is dit nie meer relevant nie. En as die kerk mense aan hierdie leer wil bind, beteken dit dat daardie mense aangespoor word "om ervaringen mee te maken die de hunne niet~eer)zijn" (1972, p. 219).

(34)

Maar in so 'n geval word die indruk geskep dat God vandag gevind kan word waar Hy ook in die verlede te vinde was. Dit is 'n valse indruk. So word die mense van vandag boonop verhinder om die woordjie God te verbind met die ervaring wat hulle self van= dag ondervind (Kuitert, 1972, p. 219).

Daarteenoor s~ Kuitert (1972,p. 220):"Het woordje God slaat niet op een dogmatisch begrip, maar op een bepaalde ervaring. Op welk? Oat mogen wij samen met alle christenen vrij en onverveerd ontdekken" (Vgl. hieroor ook Graafland, 1973 c, p. 221 ,222).

Hieruit is dit duidelik dat God, volgens Kuitert, Homself en sy wil vir die mens se lewe telkens aanvul of verander in die loop van die geskiedenis, afhangende van die mens se toename in kennis van sake. Dit beteken dat Hy eers aan die einde van die geskiedenis ten volle geopenbaar sal wees. Dit impliseer verder dat die eise wat God in sy Woord aan die mens stel, nie noodwendig vandag nog as eise aan die mens beskou moet word nie, want die mens weet vandag meer, en baie dinge het intussen verander.

Maar as God afhanklik gestel word van die mens en die kennis wat die mens in die loop van die geskiedenis opdoen, kom sy posisie van Heer-wees van die geskiedenis nie in gedrang nie? En wat sal gebeur as die mens weier om met God saam te werk en aan Hom name te gee? Sal Hy Homself dan ooit kan openbaar soos Hy wou en soos Hy gehoop het om te doen? 2.1.5.3 Godse dade in die geskiedenis

Soos God se openbaring by Kuitert nie van die mens se ken=

nis losgemaak kan word nie, so kan God se dade in die loop van die geskiedenis nie van die mens se dade losgemaak word

(35)

nie, want dit is immers bondgenootskaplike dade. Die strekking van wat Kuitert oor die teologie en etiek van die rewolusie skryf, is dan ook dat, waar nodig, die mens, die Christe~, met rewolusie en geweld 'n verandering in die maatskappy moet bewerk, want op hierdie wyse is God besig om skeppend, verlossend en voltooiend aan en in die wereld te werk {1970, p. 98-113). Dit sluit ook aan by die prinsipiele stelling van Kuitert dat God se verhouding tot die mens wesenlik tot sy God-wees behoort (1969, p. 265).

In die lig hiervan is dit ook nie vreemd dat Kuitert so ernstig pleit vir horisontalisering nie, omdat die Chris= telike geloof "in een consequente horizontalisering zelfs beter tot zijn recht komt" (1970, p. 98).

Wat beteken hierdie horisontalisering?

Kuitert se dit beteken dat die Christelike geloof so weer= gegee moet word dat die mense die heil van God "niet buiten onze were1d en onze tijd" moet soek nie, nie in 'n wereld agter hierdie were1d of in 'n wereld na hierdie wereld nie, maar in "onze eigen wereld" en in "onze eigen tijd" (1970, p. 99-100). Hy se: "Een zich op aarde historisch zich rea1izerend eschaton komt dicht bij de bedoe1ing" (1970, p. 98). Daarom bepleit hy ook 'n "christen-zijn die haar hart geheel en a1 aan de mens en zijn wereld verpandt en meent daarmee een navo1ger Gods te zijn" (1970, p. 104). Vo1gens Ve1ema (1971, p. 107) beteken dit "dat we geen ingreep van boven te verwachten hebben, maar het Koninkrijk mogen zien liggen binnen de horizont van onze geschiedenis".

(36)

de ontwikkeling, die leidt tot de voltooiing van het Koninkrijk in deze wereld" (Velema, 1971, p. 107).

Deur hulle bondgenootskaplike dade is God en mens dus besig om in die loop van die geskiedenis op aarde gesamentlik die nuwe aarde onder die nuwe hemel te bou, die verlore paradys te herwin en die ewige saligheid te verwerklik. Van die laaste oordeel en die koms van die nuwe aarde onder die nuwe hemel as werk en gawe van God bly daar in die teologie van Kuitert uiteinde1ik niks oor nie, ondanks die getuie= nisse van die Skrif en vera1 die boek Openbaring daaroor. (Vgl. Meijers, 1970, p. 30). Die Skrif leer dat sake na die einde toe nie beter nie maar a1 hoe slegter sal word

(2 Tim. 3: 1-3), maar Kuitert weet skynbaar beter. 2.1.5.4 Die syn van God in die geskiedenis

By Kuitert vind daar geen identifikasie plaas tussen die syn van God en die syn van die mens soos dit al voorheen veral in die fi1osofie plaasgevind het nie.1) Maar van 'n ander kant af kom Kuitert by die punt uit waar daar ten minste van 'n wesensooreenkoms tussen God en mens gepraat kan word. Want, soos reeds aangedui, is handelinge, dade, aktualiteit, ens. deel van die Wese van God en van die mens. (Vg1. punt 2.1.4; vgl. ook Velema, 1971, p. 143, 144). Daarby kom nog dat God en mens saam hu1le bondge= nootskaplike dade verrig (1970, p. 98-113). Dit is dus dade waaraan hul1e beide dee1 het en waarin die wesensoor= eenkoms tussen beide tot openbaring kom.

1) Vgl. in hierdie verband die metafisiese filosofie van onder andere Spinoza (Severijn, 1961, p. 232,233; Van Peursen, 1959, p. 668). Oor die metafisika in die teo= logie, vgl. Bavinck, 1928 a, p. 512-519; Heyns, 1969, p. 107 .

(37)

Dit kan nie ontken word dat die grens tussen God en mens hier beslis nie meer so duidelik is as wat dit volgens Skrif en Belydenis is nie. (Vgl. Jes. 55: 8,9;Rom. 11: 33,34; NGBart. 1).

Die transendensie van God kom hier ook in gedrang. Daar= mee is voorheen altyd bedoel dat God wesenlik verskil van sy skepping, dat God hierdie wereld ver te bowe gaan, dat Hy nie daarin opgesluit kan word nie omdat Hy baie meer is as sy skepping. Hoewel God immanent is in die skepping in die sin dat Hy daarin werksaam is, is Hy tog altyd duidelik transendent daaraan (Velema, 1971, p. 37-38).

Hierdie opmerkings oor die wesensooreenkoms tussen God en

mens en die transendensie van God is belangrik in Kuitert se siening van God in die geskiedenis.

Die geskiedenis is immers die reeks bondgenootskaplike dade wat God en mens saam verrig (Kuitert, 1969, p. 281). Sa am bou hu 11 e a an die toekoms en 1verk hull e heen na die volkomenheid van die eskatologiese heil van die einde.

In hierdie verband is Kuitert se stelling dat God se ver=

houding tot die mens wesenlik tot sy God-wees behoort (1969, p. 265), van besondere belang. Dit beteken im= mers da t die l~ese (Syn) van God in mi ndere of meerdere mate bepaal word deur die wese (syn) van die mens - in 'n eweredige verhouding en beslis nie in 'n verhouding van omgekeerde eweredigheid nie, want God en mens is bondge= note. Die konsekwensie hiervan is dat God eers dan volkome God sal wees as die mens volkome mens is. En dit is juis wat God en mens beide deur hulle gesamentlike bondgenoot=

(38)

=skaplike dade probeer bereik. Daarheen is beide op pad. Dit beteken dat God en mens beide aan ontwikkeling onder= hewig is.

Die geskiedenis is vir God dus ook van geweldige belang, nie omdat dit die proses is waarin sy raadsplan vervul word soos altyd in die Gereformeerde teologie geleer is nie, maar omdat dit die weg is waarop en die proses is waarin Hy self besig is om ten volle God te word. Daarom is die geskiedenis vir Hom nie net van groot belang nie maar eintlik van wesenlike belang.

Hierdie siening wat by Kuitert en in gevarieerde vorms ook by ander moderne teoloe voorkom, formuleer Van Niftrik

(1971, p. 59-60) soos volg: "Andere theologen als f.bltmann, Pannenberg, Sauter, Harvey Cox en nu ook Kuitert, vatten de transcendentie van C~d niet meer ruimtelijk, maar tempo=

reel op: God is onze toekomst en alzo alle geschiedenis van mensheid en wereld transcendent ... De transcendentie Gods moet temporeel en eschatologisch worden verstaan ...

Alles wordt in de categorie van de tijd gebracht. Wij zijn op weg naar het Koninkrijk. God onze toekomst. God is nu nog niet helemaal God, maar Hij heeft ook de zijnswijze van de toekomst; straks is Hij voluit God voor aller oog. Het heden hijgt naar de toekomst".

Hier word God so aan die mens verbind en van die mens af= hanklik gestel dat dit 'nope vraag is of die uiteinde nie sal wees dat die mens tot god verhef sal word en in sy dwaasheid sal s~ dat daar geen God is nie (Ps. 14:1). Van die belydenis van die vo1komenheid en vo1maaktheid van God bly hier niks oor nie.

(39)

2.1.6 Godse mensvormigheid en liggaamlikheid

Wie soos Kuitert aanvaar dat God-wees identies is met Bond= genoot-wees, dat die Wese van God identies is met sy open= baring en dat die Wese van God opgaan in sy dade, het na= tuurlik geen probleem met die antropomorfismes nie. As daar van die hande van God gepraat word, word daarmee God self en God se eie, werklike hande bedoel. God openbaar Hom dus nie net as mensvormig, terwyl Hy in werklikheid tog nie mensvormig is nie (Kuitert, 1969, p. 266). Nee, God~ werklik mensvormig. Om werklik Bondgenoot vir die mens te kan wees, is sy mensvormigheid noodsaaklik. Duideliker geste1: by God as Bondgenoot-God hoort ook sy 1iggaamlikheid (Kuitert, 1969, p. 213).

Kuitert s~ verder: "God is voor Israel, strikt genomen, mensvormig omdat de mens God-vormig is" (1969, p. 278, 281), en die mens is- ook liggaamlik - God-vormig omdat hy na die beeld en gelykenis van God geskape is .(1969,

p. 278).

2.1.7 Samevattende beoordeling

Na die voorgaande uiteensetting en beoordeling van Kuitert se leer oor God, kan die kritiek daarop soos volg saam= gevat word:

2. 1. 7.1 Di t is mensgesentreerd

Kuitert wil in die uitbouing van sy teo1ogiese beskouings die mens meer tot sy reg laat kom (Kuitert, 1971 b, p. 158). Hy slaag inderdaad daarin deur die mens sentraa1 te p1aas en al1es om die mens te 1aat sentreer. Hy doen dit egter op 'n onbybe1se wyse en gee aan die mens 'n baie grater p1ek as wat hom regtens toekom volgens die Skrif. Hy

(40)

verk1aar onomwonde dat godsdiens 'n "typisch mense1ijke aange 1 egenhei d" is ( 1975, p. 5). Daa rdeur beweeg hy baie sterk in die rigting van die humanisme.

2.1.7.2 Beperking van die Wese van God tot voordee1 van die mens

Kuitert het aan die mens in die godsdiens grater seggenskap gegee, maar dit is gedoen ten koste van God: Hy moes van sy seggenskap aan die mens afstaan. Sy se1fopenbaring word afhank1ik geste1 van die kennis van die mens,en sy bondgenootskap1ike dade van die dade van die mens. Sy verhouding tot die mens behoort wesen1ik tot sy God-wees sodat Godse bestaan die bestaan van die mens veronderste1. Dit is heeltema1 in stryd met die Skrif. (Vg1. onder andere Ps. 90:2; Ps. 115:3; Jes. 40:12-26; Rom. 11: 33-36).

Die konsekwensie van hierdie siening van Kuitert is dat God op die ou end vir hom niks meer is nie as 'n b1ote funksie in die 1ewe van die mens (Ve1ema, 1976, p. 80, 105). 2.1.7.3 Die mensvormigheid en 1iggaamlikheid van God

Om die godsdiens vir die moderne mens aanvaarbaar te maak, word God deur Kuitert as mensvormig en se1fs as 1iggaam1ik voorgeste1. Daarom p1aas Kuitert 'n gelykheidsteken tussen die openbaring en die Wese van God. Dit 9ebeur egter ten onregte, want volgens die Skrif is God baie meer as wat enige mens van Hom weet. (Vgl. Job. 26:14; Ps. 90, ens.). Daarby kan God nie as menslik voorgestel word nie, want die Skrif leer ons dat God Gees is (Joh. 4:24).

Adam het in sonde geval omdat hy soos God wou wees. By Kuitert is dit net andersom: hy probeer om God soos die mens te laat wees.

(41)

2.1.7.4 Alles word ingedwing in sy siening van God as die Bondgenoot-God

Kuitert se siening van God as die Bondgenoot-God bied vol= gens hom aan die moderne mens die nodige ruimte vir die uitlewing van sy godsdiens. Dit lei by Kuitert egter daartoe dat al die ander deugde en werke van God inge= dwing word in en onderworpe gemaak word aan sy siening van God as die Bondgenoot-God. (Vgl. Buytendach, 1972, p. 172, 173). Daardeur word 'n skewe en onskriftuurlike voorstelling van God gegee. God se deugde mag nie teen mekaar afgespeel word nie.

Graafland (1973 c, p. 88) se dat die verwarring wat daar tans op teologiese en godsdienstige gebied heers, ook ver= oorsaak word "door het subtiele theologoumenon dat God en mens geen concurrenten zijn, maar elkaars bondgenoten.

Oat moet doorgaan voor het echte bijbels-israelitische denken, maar in feite is het een judafstisch-pelagiaans denken, dat in de Schrift zelf reeds zich openbaart in zijn vyandschap tegen Christus en zijn exclusieve en volkomen genade".

2. 1.7.5 Swig voor rasionalisme

Kuitert wend 'n poging aan om aan die moderne mens ook op godsdienstige gebied iets te gee waarvan hy absoluut seker kan wees. Daarom le hy soveel nadruk op redelikheid, ken= nis, verstandelike verklaarbaarheid, ens., dus op die ra= sionele. Daarmee beland hy in die greep van die rasiona= lisme. En rasionalisme het in die teologie nog altyd aangedui dat die mens ontevrede is met die plek wat God aan hom gegee het (Velema, 1971, p. 48). Geloof is baie meer as rasionele deursigtigheid.

(42)

Om saam te vat: wat sy Godsbeskouing betref, gaan Kuitert op 'n weg wat Skriftuurlik onaanvaarbaar is, omdat hy daarin te 'n groat plek aan die mens toeken.

2.2 Kuitert se leer oor die Heilige Skrif 2.2.1 Die tradisie

2.2.1. 1 Die Bybel as tradisie

Kuitert se: "De overlevering die de christelijke kerk mee= draagt, bestaat uit Israels Godskennis, gesproten uit om= gang met God in een verleden tijd, en voortverteld, over= geleverd, tot traditum gemaakt, om volgende generaties tot omgang te wekken" (1969, p. 164; vgl. ook 1971 a, p. 289-293).

Hierdie uitspraak kan beskou word as basiese stelling, as uitgangspunt van Kuitert se leer oor die Heilige Skrif (Velema, 1971, p. 53).

Die gedagte van die tradisie speel by Kuitert 'n baie groat rol.

Hierdie tradisie is nie identies met die selfopenbaring van God nie, maar is die neerslag van die kennis wat die mens opgedoen het in sy bondgenootskaplike omgang met God. Die tradisie of verhaal oor die openbaring moet die mens aanspoor om self tot nuwe omgang met God te kom. 2.2.1.2 Die deurgee van die tradisie

Op sigself is die tradisie gestolde Godskennis wat in homself nie aktuele waarde het nie. Maar dit kry waarde as dit vloeiend gemaak en deurgegee word aan die volgende geslagte (Kuitert, 1971 b, p. 186-187). Hulle moet weer op die wyse aangespoor word om self op hulle eie met God

(43)

om te gaan.

2.2.1.3 Die toeeiening van die tradisie

'n Mens kan hierdie tradisie egter nie deurgee as hy dit nie eers tot sy eie gemaak en vir homself toegeeien het nie. "Het overlevering gebeurt alleen wanneer de prediker (predikant of gemeente) eerst gezien heeft wat er verder te vertellen is ... Eerst in de toeeigening bereikt de overlevering ervan zijn zin" (Kuitert, 1970, p. 119).

Hierdie toeeiening geskied deur vertaling en vertolking (Kuitert, 1970, p. 121-139).

Toeeiening beteken dus om die sin van die gebeurtenisse uit die verlede tot jou eie te maak. Dit gebeur as dit in jou eie taal vertaal en vir jou eie tyd vertolk word. Dan kan jy dit ook verder vertel.

2.2.1.4 Die taak van die prediker

Hierin het die prediker 'n besondere taak: "Zo is de prediker zelf dus a.h.w. een soort transformatorhuisje, waa ri n de st room van een bepaa 1 d voltage (de taa 1 van de christelijke 9emeente) wordt omgezet in stroom van een ander voltage (de taal van de buitenstaander. Of om onze oorspronklijke inzet vast te houden: zo wordt de heilsbood= schap door een levende gemeente (= gemeente in twee

werelden) om-getaald van de ene in de andere taal" (Kuitert, 1970, p. 124-125).

2.2.1.5 Vertolking word self tradisie

Maar as die tradisie so vertaal en vertolk word, word die mens se eie vertaling en vertolking self ook tradisie wat op sy beurt weer vertaal en vertolk moet word. Daarom

(44)

moet die Christen die vertaling en vertolking van vroeere

generasies ken. Dit is soos 'n ketting waarvoor daar telkens nuwe skakels ge~aak word. Alles uit die vorige eeue moet geaktualiseer word (Kuitert, 1970, p. 119). 2.2.1.6 Klassieke standpunt stagnant, sander Gees

Kuitert se beswaar teen die klassieke siening is dat dit

te stagnant is; dit klou te veel vas aan die verlede; dit

durf nie die aktualisering van die hede aan nie. Ten diep= ste is dit 'n angs "om in de Heilige Geest te geloven

als God-met-ons door de tijden heen" (1970, p. 121). Maar

daarom is dit ook met lamheid geslaan en kan dit nie ant=

woord gee op die hedendaagse brandende vrae nie.

2.2.1.7 Die menslike aandeel

Daarteenoor meen Kuitert dat sj siening dit moontlik maak

om die kennis wat die mens tans het, te gebruik by die

verklaring van die tradisie. Nou kan die natuurwetenskap= like denke ingedra word in die verstaan, dit wil se in

die vertaling en vertolking van die Bybel. So kan die Christen en veral die teoloog reg laat geskied aan die

menslike aandeel in die verstaan van die Bybel (1971 b, p. 170). In die verlede is dit nie gedoen nie en dit was 'n fout. Vir Kuitert is dit baie belangrik om "dit mense= lijke element er niet uit te filteren, maar het zijn le9i=

tieme rol te laten spelen" (1971 b, p. 170).

Hoewel Kuitert dus aan die tradisie wil vashou, relativeer hy dit tog ook weer deur di t te laat gaan "door het filter van onze verstaanshorizont (waarin) ... aan de moderne levens=

gevoel een grate plaats wordt ingeruimd" (Velema, 1971, p. 55-56).

(45)

2.2.1.8 Historisiteit

Omdat God as Bondgenoot-God met die mens omgaan, maak Hy die inhoud {boodskap) van die Bybel vir elke mens in sy eie {histories bepaalde) tyd effektief. Hy laat die mens sien wat uit die traditum vir sy eie tyd ter sake is. En God doen dit deur die Heilige Gees wat elke dag {"heden") vernuwend en bevrydend met die mens \~il omgaan ( Kuitert, 1971 b, p. 166). (Daar is dus 'n baie nou band tussen God as Bondgenoot-God en die historisiteit van die mens). Hier kom die mens behoorlik tot sy reg en word volle er= kenning aan sy historisiteit gegee: dit is die mens van hierdie dag en datum wat aangespreek word en nie een van vroeer of later nie.

Die hi.storisiteit van die mens bring mee dat die waarheid nooit in ewige, onveranderlike formulerings gegee kan word nie (Kuitert, 1971 b, 167). Di t is nie die formule= ring wat van belang is nie maar die saak self, en die saak is die bondgenootskaplike omgang tussen God en mens. Wie vroeer oor God as Skepper gepraat het, kon daarby ge= dink het aan 'n magsdaad van God. Maar wie vandag daaroor wil praat, moet dit doen in terme van ewolusie, ontwikke=

ling, selle, ens. (Kuitert, 1971 d, p. 25).

Onder waarheid word gewoonlik verstaan dat die weergawe van 'n saak in ooreenstemming moet wees met die werklik= heid. Maar as Kuitert praat van die historisiteit van die waarheid en se dat dit wat 100 jaar gelede op grond van die Skrif waar was, vandcg nie noodwendig waar is nie, toon hy dat hy iets anders onder waarheid verstaan. En daardeur word die hele Skrif en belydenis op losse skroewe

(46)

gestel. Dit beteken immers dat wat vir die Bybelskrywers en opstellers van die belydenisskrifte waar was, nie nood= wendig vir die mens van vandag meer waar hoef te wees nie. 2.2.2 Saak en verpakking

2.2.2.1 Saak en verpakking- onderskeiding en skeiding Kuitert kritiseer die eksistensieteoloe omdat, volgens hulle, slegs dit waarheid is wat my as waarheid aanspreek en wat vir my denke en doen relevant is (1971 b, p. 77 e.v.; p. 176). Dit is volgens Kuitert te subjektief.

Watter alternatief stel hy voor?

Hy s~ daar moet gevra word na die sin en betekenis van die gebeurtenisse wat as tradisie aan die kerk gegee is (Velema, 1971, p. 59).

Om dit te kan doen, moet onderskei word tussen die~= tuienis ~die historiese klankbodem, d.w.s. tussen die saak {die eintlike boodskap van die tradisie) en die verpakking {die kultuur-historiese terminologie waarin dit gegiet is) {Kuitert, 1971 b, p. 174). Die verpakking is nie normatief nie. Wie die verpakking wi1 kanoniseer, doen tekort aan die historiese karakter van die waarheid. Kuitert se immers: "Wij hebben in de Schrift Gods Zelfopenbaring in de vorm van Israels kennis daarvan, d.w.z. in een vorm die on1osmakelijk verbonden is met een bepaa1de cultuur-historisch definieerbare contekst" {1971 b, p. 174).

Die onderskeiding tussen saak en verpakking hang ten nouste saam met die wyse waarop God Hom openbaar, en dit geskied

(47)

weer op 'n wyse wat bepaal word deur Kuitert se siening

van God as die Bondgenoot-God.

God het destyds sy "saak" aan Israel gestel in die vorm of verpakking wat vir Israel verstaanbaar was, en so s te 1 God ook vandag sy "saak" in 'n verpakk i ng

wat vir die moderne mens verstaanbaar en aanvaarbaar is.

Die mens is God se bondgenoot. In sy Selfopenbaring, dit wil

s~ in die deurgee van sy saak deur middel van die Skrif (die tradisie) en die Heilige Gees, pas God Hom aan by die kultuur-historiese situasie van die betrokke mens. So kry

God die geskikste verpakking. Die verpakking is dus die wyse

waarop God Hom aanpas by die kultuur-historiese situasie van

die betrokke mens(e). So word reg gedoen aan die subjektiwi=

teit van die mens. Maar so word dit ook duidelik dat dit nie

die verpakking is wat van belang is nie, maar dit wat God in

die situasie aan die mens wil se (Kuitert,l971 b, p.l74-185).

Maar hoe weet die mens van die twintigste eeu wat saak en wat verpakking is in die Skrif? Die uitlegging van die Skrif is immers 'n baie belangrike saak, en Kuitert se self

dat die grens tussen saak en verpakking nie presies aange=

wys kan word nie (1971 b, p. 185).

Hy sien die oplossing van die probleem soos volg: ln die

bondgenootskaplike omgang tussen God en die mens word dit

vir die mens deur die verligting van die Heilige Gees duide=

lik wat in die Skrif vir hom belangrik is en wat nie, wat vir hom saak en wat net verpakking is (1970, p. 87). Uit= eindelik is dit dus die mens wat dit moet uitmaak. Maar dit sal vir die mens alleen duidelik wees as God in sy spreke

(48)

situasie waarin hy vandag verkeer.

In die lig hiervan kan van Kuitert se Skrifbeskouing en Skrifverklaring die volgende gese word:

~ Eerstens: Terwyl die kultuur-historiese situasie waarin die mens uit die Bybel verkeer het, as heel=

temal onbelangrik beskou word en as verpakking wegge= skuif word,is die kultuur-historiese situasie waar=

in die moderne mens verkeer, verskriklik belang= rik, want slegs as hy daarin aangespreek word, kan hy uitmaak wat saak en wat verpakking is.

~ Tweedens: Om sy saak aan die mens oor te dra, moes God Hom aanpas by die mens. Daarom moes God in die tyd waarin die Bybel geskryf is, die saak in 'n eie= tydse (destyds belangrike maar wesenlik tog onbe= langrike) verpakking giet. Maar na twintig eeue is dit weer die mens wat besluit wat in die Bybel die eintlike saak (boodskap) is en wat as onbelangrike en nie-normatiewe verpakking geignoreer kan word. Hier kan gesien word hoe mensgesentreerd Kuitert in sy Skrifbeskouing en Skrifverklaring is.

In die lig hiervan is dit ook verstaanbaar waarom Kuitert dit beklemtoon dat die vryheid van die mens in die uitleg=· ging en verklaring van die Skrif ten volle gehandhaaf moet word. Hy praa t dan ook van "de mees t catas trofa l e gevol gen van de onvrije· ui tleg", en se verder: "Onvrije ui tleg maakt onvrije mensen" (1971 d, p. 34).

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&amp;URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

derings vergaderings van c[lpsdraers as sodanig is, gee ons hom dit t tDe cie.t, waar die kerkrade deur ampsdraers verteenwoordig word, hulle tog ook agtens

noegsaam water en elektriese krag, buitelugskuilings soos bome, ens.. onderv~sers met twintig kinders toegelaat word. Dan is daar die Kindertuin vir sub. Cb) Vir

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies

Hier is dus reeds die grondslag van 'n Algemeen Beskaafd aanwesig. Maar bij die drang naar eenheid vertoon die 17de eeuwse literatuur nog 'n'rijke verskeidenheid.