• No results found

n Ondersoek na die belewinge van informele versorgers van MIV/VIGS pasiënt : 'n salutogene perspektief

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "n Ondersoek na die belewinge van informele versorgers van MIV/VIGS pasiënt : 'n salutogene perspektief"

Copied!
41
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

'n Ondersoek na die belewinge van

informele versorgers van MlVNlGS

pasiente: 'n Salutogene perspektief

ILSE STEENKAMP

B.A.

Honneurs

Manuskrip ingedien ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir

die graad Magister Artium (Kliniese Sielkunde) by die Noordwes-

Universiteit, Potchefstroom Kampus

STUDlELElER

Dr.

J.C.

POTGIETER

Potchefstroom

November 2005

(2)

'n Ondersoek na die belewinge van

informele versorgers van MlVNlGS

pasiente: 'n Salutogene perspektief

(3)

INHOUDSOPGAWE

BEDANKINGS OPSOMMING SUMMARY TOESTEMMING

BEPLANDE TYDSKRIF VIR PUBLlKASlE RIGLYNE VIR OUTEURS

MANUSKRIP

MANUSKRIP TITEL, OUTEURS EN ADRESSE ABSTRAK

INLEIDING EN AGTERGROND DOELSTELLINGS

METODE VAN ONDERSOEK DATA VERWERKING RESULTATE BESPREKING EN GEVOLGTREKKING AANBEVELINGS VERWSINGS Bladsy i i i iv vi vii viii X xi xii I 6 7 8 9 18 22 23

(4)

BEDANKINGS

"Aan Hom wat d e w sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe

. . .

tot in a l e ewigheid."

Ef 3:20, 21

Ek wil graag die volgende persone uitsonder en bedank vir die aandeel wat hulle in hierdie werkstuk gehad het:

Alle eer en verheerliking aan die Drie-enige God

-

Vader, Seun en Heilige Gees. Dankie Here dat my lewe verstaanbaar is omdat U daarin is, dat dit volkome onder U beheer is en dat U elke dag nuwe betekenis daaraan gee.

My ouers, Hennie en Rina, vir die volgehoue ondersteuning en

belangstelling deur al die jare heen. Dankie dat julle nooit opgehou het om in my te glo nie en dat ek daagliks julle liefde kan ervaar.

Dr. Johan Potgieter vir die uitstekende leiding wat jy verskaf het. Dankie vir die wyse waarop jy my telkens uitgedaag het om dieper na dinge te kyk. Dit was 'n ongelooflike voorreg om saam met jou te kon werk en dankie vir jou ondersteuning en aanmoediging in die moeilike tye.

Die groep versorgers wat aan die navorsing deelgeneem het. Dankievir julle bereidwilligheid om my toe te laat om meer te wete te kom oor julle belewinge.

My taalversorger vir die deurlees van hierdie artikel.

Al my vriende en gebedsgenote vir die volgehoue belangstelling en dat julle geduldig was wanneer die artikel voorkeur bo julle moes kry.

(5)

OPSOMMING

'N ONDERSOEK NA DIE BELEWINGE VAN INFORMELE VERSORGERS VAN MlVNlGS PASIENTE: 'N SALUTOGENE PERSPEKTIEF

Sleutelwoorde: MlVNlGS pasiente, informele versorgers, positiewe sielkunde, salutogenese en koherensiesin.

Die doel van hierdie studie was om te bepaal hoe die informele versorgers van MlVNlGS pasiente se belewing van hul versorgingstaak daar uitsien en watter faktore, of algemene weerstandshulpbronne, 'n invloed op hul

psigologiese welstand (en meer spesifiek hulle koherensiesin) het.

Die stressore waaraan informele versorgers van MlVNlGS pasiente blootgestel word, is reeds goed nagevors in verskeie studies. lnformele versorgers se take behels dikwels veel meer as wat binne die formele grense van versorging, soos byvoorbeeld in die verplegingsopset geld, val. Stressore waaraan versorgers blootgestel word, is van 'n fisiese, finansiele en

emosionele aard, en daar is bewys dat dit 'n negatiewe impak op hul fisieke gesondheid en psigologiese welstand het.

Versorgers rapporteer egter soms 'n mate van groei wat met hul ervarings binne die versorgingsituasie in verband gebring kan word. Die salutogene perspektief bestudeer die oorsprong van gesondheid en word in hierdie studie aangewend om 'n alternatiewe beskrywing van die belewinge van versorgers te verkry. Volgens bogenoemde perspektief is gesondheid nie bloot die

afwesigheid van siekte nie, maar word gesondheid bepaal deur die individu se bestuur van stresvolle situasies. Wanneer die individu, selfs binne stresvolle omstandighede, oor genoegsame algemene weerstandshulpbronne beskik, ontwikkel daar 'n sterk koherensiesin wat 'n positiewe invloed op psigologiese welstand het. Binne die Suid-Afrikaanse konteks bestaan daar weinig inligting

(6)

in die literatuur oor die salutogene faktore wat 'n rol mag speel by informele versorgers van MlVNlGS pasiente.

Die ondersoek is op 'n beskikbaarheidsteekproef van 8 informele versorgers van MlVNlGS pasiente gebaseer. 'n Eenmalige dwarsdeursnitontwerp met triangulering van data-ontledingsmetodes is gebruik. Die navorser het van die

Sense of Coherence Scale (SOC) (Antonovsky, 1987) gebruik gemaak om die versorgers se koherensiesin te bepaal. Semi-gestruktureerde onderhoude is met al die versorgers gevoer en dit is kwalitatief ontleed.

Die resultate toon aan dat die informele versorgers se koherensiesin merkbaar laer was as die van die groep verpleegkundiges (formele

versorgers) soos beskryf in Cilliers (2003) se studie. Hierdie merkbare verskil kan moontlik toegeskryf word aan die gebrek aan 'n gestruktureerde

omgewing waarbinne die informele versorgers hul versorgingstaak verrig. Die resultate lig verder verskeie faktore uit wat 'n negatiewe impak op die

versorgers se koherensiesin gehad het en sluit in: (a) stres, (b) blootstelling aan onbekende situasies en (c) 'n gebrek aan beradingsvaardighede. Daar is egter verskeie faktore, binne die salutogene benadering ook bekend as

algemene weerstandshulpbronne, wat 'n positiewe invloed op die versorgers se koherensiesin gehad het. Van hierdie hulpbronne was (a) spiritualiteit, (b) insig in interpersoonlike situasies, (c) aanwending van sosiale

ondersteuningsisteme en (d) multidissiplint2re samewerking. Dit wil dus

voorkom of die informele versorgers we1 oor algemene weerstandshulpbronne beskik wat veroorsaak dat hulle kan voortgaan met hul versorgingstaak ten spyte van die stressore wat hulle daagliks ervaar. Die formulering van 'n psigo-opleidingsprogram vir informele versorgers waarin daar op die

ontwikkeling van genoemde weerstandshulpbronne gefokus word, asook die toepassing en evaluering daarvan, is een van verskeie aanbevelings wat op grond van die resultate van hierdie studie gemaak is.

(7)

AN INVESTIGATION INTO THE EXPERIENCES OF INFORMAL

CAREGIVERS OF HIVIAIDS PATIENTS: A SALUTOGENIC PERSPECTIVE

Key words: HIVIAIDS patients, informal caregivers, positive psychology, salutogenesis, and sense of coherence.

The aim of this research was to determine the way in which informal

caregivers of HIVIAIDS patients experience their task as caregivers as well as to identify factors, or general resistance resources, which exercise an

influence on their psychological well-being, and more specifically on their sense of coherence.

The stressors encountered by informal caregivers of HIVIAIDS patients have previously been investigated thoroughly in a number of studies. The tasks of informal caregivers very often encompass much more than what would be, for example, included in the nursing context and therefore exceed the limits applying to the formal sector. Stressors to which caregivers are exposed include physical, financial and emotional aspects. It has been proved that this state of affairs has a negative impact on their physical health conditions as well as their psychological well-being.

Caregivers do, however, at times report a certain extent of growth

experienced by them which can be related to the caregiving situation. The salutogenic perspective allows for a study of the origin of health and has, for the purposes of this study, been applied to obtain an alternative description of the caregivers' experiences. According to this perspective health does not merely mean the absence of disease, but also refers to health being influenced by an individual's management of stressful events. When an individual, even if confronted with stressful circumstances, has adequate general resistance resources at hislher disposal, a strong sense of coherence can develop and this will have a positive influence on hislher psychological

(8)

well-being. In the South African context little if any literature can be found on the salutogenic factors that may affect informal caregivers of HIVIAIDS

patients.

The investigation of this study was based on an availability sample consisting of 8 informal caregivers of HIVIAIDS patients. A one shot cross sectional design with triangulation of data assessment techniques was used. The researcher obtained data with regard to the caregivers' sense of coherence by means of the Sense of Coherence Scale (SOC) (Antonovsky, 1987). Semi- structured interviews were conducted with all the caregivers involved and a qualitative analysis followed.

The results revealed that informal caregivers' sense of coherence was much lower than- that of a group of nurses (formal caregivers) as described by Cilliers (2003). One of the reasons for this significant difference could be the lack of a structured setting or environment in which caregivers still have to perform their duties and responsibilities. According to the results a variety of factors exercising a negative impact on informal caregivers' sense of

coherence could be identified. These included (a) stress, (b) exposure to unfamiliar situations, and (c) a lack of counselling skills. Within the framework of the salutogenic perspective there were, however, different factors also known as general resistance resources, that exercised a positive impact on the caregivers' sense of coherence. Among these the following could be counted: (a) spirituality, (b) insight into interpersonal situations, (c) utilisation of social support systems, and (d) multi-disciplinary cooperation. It would therefore seem that informal caregivers do possess general resistance resources which enable them to persevere with their tasks as caregivers in spite of the stressors they encounter on a daily basis.

One of the recommendations that can be posed after having carried out this study and after having analysed the results, is the compilation as well as the evaluation and implementation, of a psycho-education training programme for informal caregivers, with special emphasis on such general resistance

(9)

TOESTEMMING

Ek, die mede-outeur, gee hiermee toestemming dat llse Steenkamp die manuskrip mag voorle as deel van haar verhandeling. Dit mag ook voorgele word aan Health SA Gesondheid vir publikasie.

w-

r J.C. otgieter

bdtchefstroom November 2005

(10)

BEPLANDE TYDSKRIF VIR PUBLlKASlE

Health SA Gesondheid

Die manuskrip, sowel as die verwysings, is volgens die sty1 wat voorgeskryf is deur Health SA Gesondheid. Weens die feit dat die manuskrip ook voorgele word vir eksamineringsdoeleindes was dit egter wenslik om, vir die doel van die verhandeling, van sommige van die riglyne af te wyk. Meer spesifiek is daar van 1.5 spasiering in stede van dubbel spasiering gebruik gemaak, en verskil die titelbladsy van die manuskrip van die riglyne soos deur Health SA Gesondheid verskaf. Hoewel die riglyne vir outeurs slegs in Engels

beskikbaar is, publiseer die betrokke joernaal we1 Afrikaanse artikels.

(11)

RIGLYNE

VIR OUTEURS

Health SA Gesondheid Author Guidelines

Requirements t o which the authors o f articles must conform

.

Nature of,the publication

Health SA Gesondheid is an interdisciplinary research journal which publishes only selected articles of the highest scientific standard with human health as main theme. Articles on research or review articles with the same theme are also considered for publication. Journal articles express the authors' views and are not necessarily the views of Health SA

Gesondheid. Articles may be written in either Afrikaans or English. Copyright reserved

The submission of an article to the editorial staff of Health SA Gesondheid shall be deemed as tacit connect that the copyright to the article be reserved by Health SA Gesondheid. In addition, it is assumed that the article is an original work that has not been published before. Requests for permission to reprint material from this journal should be directed to the Editor at the address below. The editorial staff shall not accept responsibility for any printouts or hard discs ("stifles") of such article being damaged or lost.

The following statement, t o be signed by ALL the authors, must accompany articles submitted f o r evaluation: "The undersigned authorls transfer(s) to Health SA Gesondheid (published by UJ) all copyright of which helshe is the owner in respect of the manuscript entitled ... (title of article), in the event that the work is published. In the event that the copyright subsists in someone other than the author, shelhe warrants that copyright in the manuscript may be so transferred. The undersigned authorls warrant@) that the article is original, is not under consideration by another journal, and has not been previously published."

The author is responsible for obtaining written permissions from the author(s) and publisher for the use of any material (text, tables, figures, forms, photographs, etc.) previously published or printed elsewhere. Original letters granting this permission must be forwarded with the final manuscript.

Review

Each article shall be reviewed on a double-blind basis by at least two selectors. Articles written by any editorial members will also be subjected to a double-blind peer review. Requirements f o r publication

-

Articles must be typed on A4 size paper, 12 pitch letter size, in double spacing.

-

Articles must be submitted in MS Word format or recent compatible software format.

-

Paragraphs must n o t be indented.

-

Two printouts ("hard copies") of the article must be submitted.

- In addition to the above-mentioned printouts, a hard disc ("stiffy") containing the full

article must also be submitted. The latter disc must clearly be marked with the name of each author and co-author, the name of the file and the name of the word processing program used.

-

Articles can also be submitted via email to hsa@edcur.rau.ac.za

-

The article must be accompanied by a cover letter.

-

The title page must give the following particulars: The title of the article

8 The surname, first name and, if any, the other initials of the author(s) and co-

author(~).

The academic and professional qualifications of the author(s) and co-author($. The capacity'in which author(s) and co-author(s) is acting and the name of the organisationlinstitution they are attached to.

(12)

The postal addresses and email addresses of ALL the authors. Please indicate who the corresponding author is.

-

The article must be accompanied by:

The copyright letter (see above copyright statement) signed by all the authors The following statement should be typed on a'separate piece of paper and signed by all the authors: "I have participated sufficiently in the conception and design of this work, the data analysis (when applicable), and the writing of this manuscript to take public responsibility for it. I have reviewed the final version of the manuscript and approve it for submission for possible publication."

A ethical clearance letter from the Ethics Committee of the relevant institutions (where applicable)

= A letter from the author disclosing any funding received in support of the study, any financial interests in products mentioned in the manuscript or in the company that manufactures the product@), as well as any compensation received for producing the manuscript

Abstracts in English and Afrikaans of no more than 200 words 5 Keywords used in the article

A letter from the language editor

-

The article itself may not compromise more than 17 pages (5 000 words), although longer articles may be accepted. Authors must supply a word count.

-

The article must be ready for the press, in other words, it must have been revised for grammar and style. The author must provide a letter from a language editor confirming this.

-

All references to source books must be acknowledged according to the revised Harvard method.

-

All illustrations, figures and tables must be numbered and provided with titles. Each

illustration, figure and table must, in addition, appear on a separate page and must be graphically prepared

-

be press ready. Illustrations, figures and tables must be black and white

-

NOT in colour. The author is responsible for obtaining wn~ten permission from the author@) and publisher for the use of any material (tables, figures, forms or photographs) previously published or printed elsewhere. Original letters granting this permission must be forwarded with the final manuscript.

-

Headings are not numbered. Their order of importance is indicated as follows: Main

Headings in CAPITALS and bold print; subheadings in UPPER and lower case and bold letters; sub-sub headings in upper and lower case, bold and italic letters.

(13)
(14)

MANUSKRIP TITEL, OUTEURS EN ADRESSE

TlTEL

'n Ondersoek na die belewinge van informele versorgers van MlVNlGS pasiente: 'n Salutogene perspektief

OUTEURS ILSE STEENKAMP POSBUS 914259 WINGATE PARK PRETORIA 01 53 Tel. 084 734 41 80 JOHAN POTGIETER DEPARTEMENT PSlGOLOGlE

NOORDWES-UNIVERSITEIT: POTCHEFSTROOM KAMPUS PRIVAATSAK X6001

POTCHEFSTROOM 2520 Psnicpk3puk.ac.za

(15)

Hierdie studie behels 'n ondersoek na informele versorgers van MlVNlGS pasiente se belewinge van die versorgingstaak vanuit 'n salutogene

perspektief. Versorging van MlVNlGS pasiente word toenemend die

verantwoordelikheid van die pasiente se familielede en informele versorgers (UNAIDS, 2000:5). Hierdie versorgingstaak is baie intensief, en versorgers word blootgestel aan 'n verskeidenheid van stressore (Uys, 2002; de

Figueiredo & Turato, 2001 en Flaskerud, Carter & Lee, 2000). Ten spyte van die stressore, rapporteer versorgers dat hulle soms 'n mate van persoonlike groei beleef. Die salutogene perspektief, 'n teorie binne die beweging van positiewe sielkunde wat handel oor die oorsprong van gesondheid, is aangewend om die koherensiesin van 'n groep bestaande uit 8 informele versorgers te ondersoek. Die resultate van die Sense of Coherence Scale

(SOC) en die ontleding van semi-gestruktureerde onderhoude het 'n aantal algemene weerstandshulpbronne aan die lig gebring wat 'n positiewe invloed gehad het op die versorgers se koherensiesin. Verdere navorsing op hierdie gebied kan moontlik lei tot die samestelling van 'n program wat versorgers kan help om hierdie algemene weerstandshulpbronne verder te ontwikkel en te versterk, en sodoende hul sielkundige welstand te handhaaf te midde van die stressore wat met die versorging van MlVNlGS pasiente gepaard gaan.

(16)

INLEIDING EN AGTERGROND

Volgens UNAIDS (2000:5) en Aujoulat, Libion, Bois, Martin en Deccache (2002) word die versorging van MlVNlGS pasiente toenemend die

verantwoordelikheid van familielede of informele versorgers. In hierdie studie dui die term infonnele versorger op vroulike versorgers wat teen 'n minimale vergoeding omsien na MlVNlGS pasiente vanuit dieselfde gemeenskap, maar met wie hulle nie enige familie- of bloedvetwantskap het nie.

lnformele versorgers verrig daaglikse roetine take wat hul lewens drasties kan bei'nvloed. Die aktiwiteite waarby versorgers betrokke is, sluit onder andere die huishouding, persoonlike higi'ene, mediese versorging, vervoer van en emosionele ondersteuning aan die pasignt asook sy of haar familielede in (Theis, Cohen, Forrest & Zelewsky, 1997:77). Heyns, Venter, Esterhuyse, Bam en Odendaal (2003:83) het in hul studie oor verpleegsters (dus formele versorgers met duidelike taakomskrywings) betrokke by die versorging van pasignte wat aan Alzheimer se siekte ly (wat ook beskou word as 'n baie intensiewe proses), bevind dat 21 % van die populasie simptome toon van uitbranding. Vanwee die feit dat daar dikwels van informele versorgers vetwag word om take te verrig wat buite die grense van formele versorging val, word die taak van die informele versorger ook beskou as 'n baie

intensiewe proses, en gaan dit dikwels gepaard met verskeie stressore wat 'n ingrypende invloed op die versorger se psigologiese welstand kan he

(Flaskerud, Carter & Lee, 2000:121). Vanuit bogenoemde kan daar voorspel word dat uitbrandingsyfers onder informele versorgers selfs hoer mag wees vanwee die unieke eise van die konteks waarbinne hulle werksaam is.

Die verskillende stressore waarmee informele versorgers van MlVNlGS pasiente moet cope is reeds goed deurvors. In die eerste plek ontvang versorgers min professionele ondersteuning van medici en dit wil voorkom of 'n gebrek aan assertiwiteit daartoe bydra dat hul rol en bydrae nie altyd erken word nie

(Uys,

2002:102). Onvoldoende leiding deur rnedici rakende die versorging van pasiente (de Figueiredo & Turato, 2001 :637), veral psigiatriese

(17)

pasiente (Uys, 2002:lOl) lei tot gebrekkige orientasie, wat as een van die mees prominente stressore gedurende die versorgingsproses beskou kan word. Die gebrekkige emosionele ondersteuning van medici wat deur

versorgers gerapporteer word, lewer ook 'n bydrae tot die emosionele las wat hulle ervaar (de Figueiredo & Turato, 2001:638).

Versorgers se behoefte om tyd te bestee aan gemeenskapsdiens dien dikwels, ten spyte van bogenoemde stressore, as 'n bron van motivering om by die versorgingstaak betrokke te bly (UNAIDS, 2000:5). Verskeie navorsers wys daarop dat gemeenskaplikhede tussen die versorgers en hul pasiente 'n inherente pligs- of barmhartigheidsgevoel teenoor die MlVNlGS pasient tot gevolg het (Gueritault-Chalvin, Kalichman, Demi & Peterson, 2000:150; Visintini et al., 1996 soos aangehaal in Van Wyk, 2002:22). Dit is hierdie barrnhartigheidsgevoel wat dikwels die versorgers se vermoe om binne die grense van die versorgingstaak te bly, belemmer. Die versorgers neem dus onwetend die verantwoordelikhede van die pasiente of hut familielede op hulself (Boyd-Franklin, Steiner & Boland, l995:218). Raveis en Siegel (1 989, soos aangehaal deur McDonell, Abell & Miller, 1991 :44) het aangetoon dat versorgers ook stres ervaar omdat hulle dikwels die behoeftes van siek teenoor gesonde gesinslede teenoor mekaar moet balanseer wat daartoe lei dat die versorger se persoonlike roetine omver gewerp word.

Addisioneel tot bogenoemde stressore noem De Figueiredo en Turato (2001 :633) en Gueritault-Chalvin et al. (2000: 150) die volgende vyf

emosionele oorsake van versorger-stres: (a) vrees vir infeksie, (b) aversie teenoor die pasiente wanneer ontrouheid binne die verhouding blootgel6 word, (c) jammerte vir die pasiente as gevolg van sylhaar fisiese agteruitgang, (d) hulpeloosheid wanneer die dood van die pasient onvermydelik blyk te wees en (e) stigmatisering van die MlVNlGS pasient vanuit die gemeenskap. Die langdurige blootstelling aan so 'n verskeidenheid van stressore is

bydraend tot die gerapporteerde hoe stresvlakke wat 'n negatiewe impak op die versorgers se algemene gesondheid en psigologiese welstand het.

(18)

In 'n studie deur Theis en Pearson (1 991, soos aangehaal deur Theis

et

a/. 1997:76) is daar inderdaad bevind dat die selfgerapporteerde gesondheid van versorgers beter was voor aanvang van die versorgingsproses en dat dit stelselmatig afgeneem het soos die proses gevorder het. Verder ervaar versorgers dikwels verskeie emosies soos woede, angs en eensaamheid wat volgens Flaskerud et al. (2000:121) verklaar kan word as die simptomatiese uitdrukking van 'n depressiewe gemoed. Weens die feit dat MlVNlGS pasiente oor 'n lang tydperk toenemend van die versorger afhanklik raak, neem die tyd en intensiteit van die versorger se betrokkenheid by die pasient dienooreenkomstig toe (Theis

et

a/. 1997:77). Gevolglik is dit dus te verstane

dat die hoeveelheid tyd wat spandeer word aan die versorging van pasiente direk eweredig is aan 'n verlaging in die versorgers se lewenskwaliteit (Rose & Clark-Alexander, 1999:340).

Hoewel dit mag voorkom of die versorgingstaak slegs 'n negatiewe impak op versorgers het, is daar egter ook gevind dat versorgers 'n mate van

persoonlike groei rapporteer, wat hulle met hul ervarings in die

versorgingsituasie in verband bring (McCausland & Pakenham, 2003:865). Die persoonlike groei wat versorgers soms rapporteer is duidelik uitgelig in 'n studie deur Uys (2002: 101) waarin versorgers aandui dat die motivering om, ten spyte van bogenoemde stressore, met die versorgingstaak voort te gaan, juis gevind word in hul persoonlike oortuiging dat hul sorg en advies aan

pasiente 'n betekenisvolle verskil maak. Dit wil dus voorkom asof (a) die uitsluitlike fokus op stressore nie 'n volledige omskrywing van die versorgers se belewinge gee nie , (b) daar ander faktore aanwesig is wat die versorger in staat stel om met die versorgingstaak te volhard en (c) volharding in die versorgingstaak ten spyte van stressore moontlik dien as katalisator vir persoonlike groei.

Hierdie observasie hou verband met die Positiewe Sielkunde

-

'n relatief nuwe beweging in die veld van sielkunde. Hierdie beweging wend

verskillende teoriee aan om die mens se vermoe om staande te bly ten spyte van die teenwoordigheid van stres, te verklaar (Seligman & Csikszentmihalyi, 2000). Hierdie studie het ten doel om vanuit een van hierdie teoriee (die

(19)

salutogene benadering, saluto=gesondheid, genesis=oorsprong of begin) ondersoek in te stel na informele versorgers se belewing van hul taak en hul vermoe om daarmee voort te gaan ten spyte van daaglikse blootstelling aan geweldige stresvolle omstandighede.

Salutogenese

Soos genoem, poog navorsers werksaam binne die veld van salutogenese om die vraag na die mens se vermoe om gesond te bly te midde van

stresvolle omstandighede te beantwoord (Antonovsky, 1979:vii). Van Eeden (1 996: 15-1 8) identifiseer die volgende verskille tussen die salutogene en die tradisionele patogene perspektiewe: (a) dit ondersoek die oorsprong van gesondheid in plaas van die oorsaak van patologie, (b) dit stel 'n soeke na menslike sterktes voor, (c) dit vereis dat gesondheid as deel van 'n kontinuum eerder as 'n gesondheid-siekte digotomie beskryf word en (d) anders as die patogene perspektief se beskouing van stres, laat dit ruimte vir die feit dat effektiewe hantering van stres tot persoonlike ontwikkeling en groei kan lei en nie noodwendig met die ontstaan van patologiese toestande verband hou nie.

Hierdie relatief onlangse vewikkeling binne die sielkunde het ontstaan uit die besef dat gesondheid nie die gevolg is van die afwesigheid van stres nie. Hieruit blyk dit dat 'n mate van stres te alle tye teenwoordig is, wat spanning in die individu (en ook in die lewens van informele versorgers) veroorsaak. Die gevolge van spanning is egter nie noodwendig patologies van aard nie, maar word bepaal deur die persoon se hantering daarvan (Antonovsky,l979, 1 987).

Volgens die salutogene benadering maak individue gebruik van sogenaamde 'algemene weerstandshulpbronne' (AWH's) om die spanning geassosieer met stresvolle omstandighede te verlig. Met behulp van verskeie AWH's

(byvoorbeeld geld, ego-sterkte, kulturele stabiliteit en sosiale ondersteuning) wend die individu voortdurend pogings aan om die stressore waarmee hylsy gebombardeer word suksesvol te hanteer. Die herhaaldelike suksesvolle

(20)

hantering van stresvolle situasies en ervarings verwant aan die effektiewe aanwending van beskikbare AWH's oor tyd, dra by tot die ontwikkeling van 'n sterk koherensiesin of anders gestel:

,

".

. .

a global orientation that expresses the extent to which one has a

pervasive, enduring though dynamic feeling of confidence that (1) the stimuli deriving from one's internal and external environments in the course of living are structured, predictable, and explicable; (2) the resources are available to one to meet the demands posed by this stimuli; and (3) these demands are challenges, worthy of investment and engagement" (Antonovs ky , 1 979, 1987:19).

Uit die aanhaling van Antonovsky (1979, 1987) is dit duidelik dat koherensiesin uit drie onderskeibare komponente bestaan, naamlik:

verstaanbaarheid, beheehaarheid en betekenisvolheid.

Verstaanbaarheid

-

die kognitiewe aspek van koherensiesin

-

verwys na die wyse waarop die individu die eise wat vanuit die omgewing aan hom gestel word verstaan en sin daaruit kan maak sodat dit as gestruktureerd,

voorspelbaar en gelykmatig ervaar word. Die tweede komponent,

beheehaarheid, behels die mate waartoe die individu glo dat hylsy oor die nodige hulpbronne beskik om die eise, wat deur die omgewing aan die individu gestel word, die hoof te bied. Hierdie hulpbronne kan binne die individu se beheer wees (soos geld) of dit kan mense wees wat hylsy voel vertrou kan word, byvoorbeeld vriende, kollegas of 'n huweliksmaat. Die laaste element, betekenisvolheid,

-

die motiverende element van die

koherensiesin-konstruk

-

verwys na die mate waartoe die individu voel dat die lewe emosioneel sin maak en dat dit betekenisvol is om energie te spandeer aan die hantering van die eise en die geassosieerde uitdagings.

Cilliers (2003:69) het in 'n studie oor verpleegsters gevind dat hoe vlakke van salutogene funksionering, wat koherensiesin, gehardheid en aangeleerde vindingrykheid insluit, individue in staat stel om die effek van uitbranding teen te staan. Laasgenoemde twee konstrukte maak nie deel van koherensiesin

(21)

uit nie, maar beide is bydraend tot die mate van psigologiese gesondheid wat individue beleef. Die resultate is in ooreenstemming met soorgelyke

bevindinge in Heyns et al. (2003:84) se studie rakende verpleegpersoneel betrokke by die versorging van pasignte met Alzheimer se siekte. In die literatuur is daar egter bykans geen aanduiding van die AWH's waarvan informele versorgers van MlVNlGS pasiente gebruik maak nie. Dit is nie bekend hoe die koherensiesin van hierdie informele versorgers daar uitsien nie, watter invloed dit op hul psigologiese welstand het nie, of tot watter mate dit 'n rol speel in hul bereidheid om met die versorgingstaak vol te hou ten spyte van die stressore wat daarmee gepaard gaan nie. Dit is dan juis vanuit hierdie perspektief wat die huidige studie poog om die volgende vrae te beantwoord:

Tot watter mate beleef versorgers die versorgingsituasie as verstaanbaar, beheerbaar en betekenisvol (hoe sien hul koherensiesin daaruit)?

Watter AWH's oefen 'n invloed op versorgers se koherensiesin uit?

Meer inligting in hierdie verband mag meer lig werp op daardie faktore waarop gefokus behoort te word ten einde hierdie en ander versorgers in staat te stel om hul psigologiese welstand te behou en voort te gaan met die

versorgingstaak ten spyte van moeilike omstandighede.

DOELSTELLINGS

Die algemene doelstelling van hierdie studie is om die belewinge van die informele versorgers van MlVNlGS pasiente vanuit 'n salutogene perspektief te ondersoek. Ten einde hierdie doelstelling te bereik, is die volgende

spesifieke doelstellings gestel:

Om die aard en omvang van informele versorgers van MlVNlGS pasiente se koherensiesin te bepaal.

Om die faktore (AWH's) wat 'n rol speel in die bepaling van hierdie informele versorgers se koherensiesin te identifiseer.

(22)

METODE VAN ONDERSOEK

Ontwerp

'n Eenmalige dwarsdeursnitontwerp is gebruik met triangulering van data- ontledingsmetodes. Weens die hoofsaaklik kwalitatiewe aard van die studie is slegs die Sense of Coherence Scale (SOC) (Antonovsky, 1987: 189) aangewend ten einde 'n bree aanduiding te kry van hoe versorgers se koherensiesin daar uitsien. Wat die kwalitatiewe been van die ondersoek betref is semi-gestruktureerde, individuele onderhoude met die versorgers gevoer, waarin daar inligting bekom is in verband met die faktore wat 'n invloed op die koherensiesin van versorgers het.

Ondersoekgroep

'n Beskikbaarheidsteekproef, bestaande uit 'n groep van 8 informele

versorgers (soos gedefinieer in die inleidende paragraaf) wat tussen 22 en 45 jaar oud is, is tydens hierdie ondersoek gebruik. Die informele versorgers was almal vrouens, waarvan meeste Tswana-sprekend is, en as vrywilligers diens doen by die kerk waaraan hulle verbonde is. Die betrokke kerk

ondersteun hulle werk en die pastoor van die gemeente tree as koordineerder op van die hierdie groep wat reeds vir die afgelope 2 jaar werksaam is.

Prosedure

Die navorser het die informele versorgers persoonlik ontmoet by die kerk vanwaar hulle werk gekoordineer word. Nadat die vraelyste in die groep afgeneem is, is die onderhoude op individuele basis en per afspraak by die kerk gedoen.

Sense of Coherence Scale (SOC) (Antonovsky, 1987)

Hierdie skaal bestaan uit 29 items wat onderverdeel kan word in drie

(23)

items) en betekenisvolheid (8 items). Antonovsky (1993:731) is van mening dat die onderskeie subkomponente nie as subskale gesien moet word nie, maar dat die instrument as 'n geheel gebruik behoort te word. Response word gegee op 'n sewepuntskaal met twee ankerpunte (Antonovsky,

1993:726). Die laagste telling wat behaal kan word is 29 en die hoogste 203. Antonovsky (1993:730) rapporteer gemiddelde tellings wat wissel van 117 tot 152.60 in 'n opsomming van 26 studies waar die SOC-29 op beide gesonde populasies, en populasies wat 'n risiko toon vir die ontwikkeling van patologie, afgeneem is.

Semi-gestruktureerde onderhoude

Semi-gestruktureerde, individuele onderhoude is met deelnemers gevoer volgens die riglyne wat deur Kvale (1996:88) voorgestel is. Die doel van die onderhoude was om die versorgers 'n geleentheid te gee om hul belewinge op 'n spontane wyse met die navorser te deel. 'n Aantal voorbereide vrae is aan die versorgers gevra, bv. Vertel my meer oor jou rol as 'n vrywilliger, Wat

presies doen jy? Wat enlaar jy wanneer jy met die siek mense werk? Waf dink jy wil die siek mense he moet jy vir hulle doen? Hoe gaan dit met jou vandatjy die werk doen? Die versorgers is aangemoedig om soveel as moontlik op hul antwoorde uit te brei. Die onderhoude is op band opgeneem en as teks data getranskribeer vir latere analise.

DATAVERWERKING

Statistiese analise

Gegee die hoofsaaklik kwalitatiewe aard van die ondersoek, en die klein ondersoekgroep, is geen inferensiele statistiese ontledings gedoen nie. Die rekenkundige gemiddeldes en standaardafwykings is vir die totaaltelling sowel as die subkomponente van die vraelys bereken, ten einde 'n bree aanduiding van die aard en omvang van die versorgers se koherensiesin te bekom.

(24)

Kwalitatiewe analise

Die getranskribeerde onderhoude is gekodeer en gei'ndekseer om sodoende temas wat voorgekom het, te identifiseer. Die geldigheid en betroubaarheid van die kwalitatiewe data-analise en die tema's wat gei'dentifiseer is, is verseker deur die betrokkenheid van 'n tweede, onafhanklike navorser by die analise-proses. 'n Kombinasie van induktiewe en deduktiewe benaderings is toegepas aan die hand van riglyne soos verskaf deur Berg (1998) en Malterud (2001:486). Aanvanklik het die navorser temas gei'dentifiseer wat met die versorgers se belewing van verstaanbaarheid, beheerbaarheid en

betekenisvolheid verband gehou het. Hierdie eerste orde interpretasies is in fyner kategoriee verdeel wat weergegee is in 'n frekwensietabel (tabel 2) om sodoende die bespreking daarvan te vergemaklik.

Etiese aspekte

Die navorsingsmetodologie is deur die etiese komitee van die Noordwes- Universiteit, Potchefstroom-kampus ondersoek en goedgekeur alvorens met die proses van data-insameling begin is. Daar is ook ingeligte toestemming van die versorgers verkry voordat die ondersoek in aanvang geneem het. Konfidensialiteit en anonimiteit is verseker deur aan elke deelnemer 'n

nommer toe te ken wat op die vraelyste ingevul is in plaas van name. By die weergee van kwalitatiewe resultate is fiktiewe name gebruik. Die navorser het self die versorgers bygestaan in die afname van die vraelys en het ook self die onderhoude gevoer en getranskribeer. Daar was deurentyd 'n geregistreerde sielkundige beskikbaar, sou van die deelnemers tydens die ondersoek van die diens gebruik wou maak.

RESULTATE

Kwantitatiewe resultate

(25)

(SOC) uiteengesit.

Tabel 1. Sense of Coherence Scale (SOC) (Antonovsky, 1987) Subskaal

I

Totaal

I

(Koherensiesin)

I

Verstaan baarheid Beheerbaarheid Betekenisvolheid Totaaltelling

Weens die gebrek aan bestaande navorsing met vergelykbare groepe, kon die tellings gerapporteer in enkele studies waarin die Sense of Coherence

Scale (SOC) ook aangewend is, slegs gebruik word om 'n bree aanduiding te verkry van die stand van die huidige groep se koherensiesin-tellings. Cilliers (2003:63) rapporteer in sy ondersoek na salutogene funksionering van 105 algemene verpleegsters in Gauteng hospitale 'n gemiddelde koherensiesin- telling van 141.28. Die gemiddeldes van die drie komponente van

koherensiesin was: Verstaanbaarheid 49.26, Beheerbaarheid 46.1 7 en vir Betekenisvolheid was dit 50.96. Die informele versorgers se tellings, met uitsondering van die beheerbaarheid-telling, was dus opmerklik laer as die van die groep verpleegsters wat in Cilliers se studie gebruik is. Die moontlike redes vir die laer tellings sal in die bespreking in meer besonderhede hanteer word. In 'n studie deur Wissing, Wissing, du Toit, Temane en Botha

(2005:27) waar vroulike deelnemers afkomstig vanuit dieselfde gemeenskap as die informele versorgers se koherensiesin bepaal is, word daar egter 'n gemiddelde telling van 128 gerapporteer.

Gemiddeld

Wanneer die koherensiesin-tellings van hierdie groep informele versorgers in oenskou geneem word, wil dit uit die groepgemiddeld voorkom asof

individuele groepslede we1 tot 'n mate hul situasies as verstaanbaar,

beheerbaar en betekenisvol sien. Hoewel hul tellings dus laer is as die van 'n groep verpleegsters in Cilliers (2003) se studie, kan die afleiding gemaak word dat dat hierdie groep versorgers waarskynlik we1 oor 'n aantal AWH1s

Standaard 349

364 304 1017

beskik, wat daartoe lei dat hulk koherensiesin-tellings vergelykbaar is met die 43.63 45.5 38 127.13 afwyking 4.97 5.88 6.75 14.34

(26)

van persone uit dieselfde gemeenskap.

Kwalitatiewe resultate

Tydens die kwalitatiewe ontleding van onderhoude wat met die versorgers gevoer is, het daar 'n aantal spesifieke faktore aan die lig gekom wat 'n rol blyk te speel in die bepaling van die versorgers se koherensiesin. Hierdie faktore, wat volgens die voorafgaande bespreking as AWH's beskou kan word, het 'n positiewe invloed op een of meer van die komponente van die versorgers se koherensiesin gehad. Die frekwensie waarmee dit met die onderskeie komponente in verband gebring is, word in tabel 2 weergegee. Weens die omvang van die kwalitatiewe data verskyn slegs die mees prominente AWH's in die tabel en daaropvolgende bespreking

.

Soos daar vanuit die literatuur voorspel sou kon word, was daar 'n

verskeidenheid van faktore wat baie negatief deur die versorgers beleef is. Blootstelling aan onbekende situasies, gebrekkige beradingsvaardighede, stres en magteloosheid, twyfel aan eie vermoens tot hulpverlening, en skuldgevoelens was 'n paar van die faktore wat deur versorgers as uiters negatief beleef is. Wat hierdie aspek van hul belewing betref, het hierdie groep dus 'n groot mate van ooreenstemming getoon met soortgelyke groepe waarvan die stresbelewing nagevors is. Hierdie ooreenkomste het duidelik geblyk uit opmerkings soos die volgende:

"Yes, you feel stress. If you go to the patient, he's very ill. There's no food, there's no one to take care of him and it seems hopeless"

"And then when I started working here I was just asking myself will I manage to do this work?"

"Yes, sometimes I feel guilty and it is painful. You feel as if you don't do your work, you don't care".

Vanuit tabel 2 is dit egter duidelik dat daar 'n aantal faktore, wat as AWH's beskou kan word, tydens die onderhoude na vore gekom het en telkens met die behoud van versorgers se koherensiesin in verband gebring

kon

word.

(27)

Die mees prominente van hierdie faktore sal vervolgens aandag geniet.

Tabel 2. Frekwensietabel van faktore (AWH's) wat 'n positiewe invloed op die versorgers se koherensiesin gehad het

Spiritualiteit en religieusiteit Toewyding tot en ondersteuning van pasiente Gebruik van sosiale ondersteuning lnsig in interpersoonlike situasies en eie belewenisse lnternalisering van versorgingsproses Kennis van die siektetoestand MultidissplinQre samewerking Empatie Spiritualiteit en religieusiteit Verstaanbaarheid 16 2 3 6 0 15 2 2 0 I

Spiritualiteit verwys na die individu se vermoe om in iets groter as, of buite hom- of haarself, betekenis te vind. Religieusiteit verwys in die geval van

Beheerbaarheid I I 8 22 I 0 0 5 15 I 5 4

hierdie groep versorgers spesifiek na die uitdrukking van daardie vermoe in

Betekenisvolheid 13 24 I

9

24 0 0 3 0 0

christelike godsdiens, en dus godsdienstige affiliasie tot 'n spesifieke denominasie. Vanuit die frekwensietabel is daar bevestiging dat al drie komponente van die versorgers se koherensiesin deur bogenoemde faktore bei'nvloed is. In die eerste plek het versorgers hul taak en belewenis daarvan as meer verstaanbaar ervaar wanneer hulle besef dat daar 'n groter doel met hul lewens is: "I think we are here on purpose. God created us and maybe it

was God's will for us to become caregivers. So, I think we are doing the right

'

Die frekwensies in die tabel verteenwoordig die hoeveelheid kere waar daar na 'n spesifieke AWH in die onderhoude verwys word. Die AWH's is volgens hoogste tot laagste frekwensie op grond van hul kumulatiewe totaal (d.w.s die som van al drie die kornponente van

(28)

thing to help people". Soos duidelik uit hierdie aanhaling blyk, was

versorgers, vanwee die groter begrip wat by hulle ontstaan het, ook beter daartoe in staat om die betekenis van hul dagtaak te identifiseer. Die versorgingstaak was dan meer beheerbaar weens die oortuiging wat by versorgers ontstaan het dat God bepaal wat gebeur, en nie die versorger self nie: "And then they can go to the doctor and the doctor can tell you how

much time you have before you die. Then I said to them you can believe it or you don't have to believe it, but know that the one who is responsible for your life is God. The doctor only does the physical work, that's what they say to you, but God can do miracles". Die versorger het dus 'n mate van

gemoedsrus ervaar omdat die beheer in God se hande is.

Toewyding tot en ondersteuning van pasiente

Die toewyding wat die versorgers tot hul pasiente getoon het, en die ondersteuning wat hulle verskaf het, het 'n invloed gehad op al die komponente van hulle koherensiesin, maar veral op die mate van

betekenisvolheid wat die versorgers beleef het. Soos reeds genoem, het die versorgers verstaan hoe belangrik sosiale ondersteuning is, en het hulle dus self op 'n gereelde basis van sosiale ondersteuningsnetwerke gebruik

gemaak. Die moontlikheid bestaan dat hulle dieselfde ervaring aan hul pasiente wou bied en dat die toewyding waarmee hulle hierdie ondersteuning verskaf het, tot 'n dieper ervaring van betekenisvolheid gelei het. Die

toegewydheid van die versorgers ten opsigte van hul pasiente, kom duidelik na vore uit die volgende opmerking: "I start by giving him a hug and then he

wants to know if I'm afraid of him. Then I ask him 'Why should I be afraid of you? Standing next to you and giving you a hug, doesn't mean 1'11 be HIV positive. ' And sometimes I use the thing that he uses at that moment to show that I'm close to him. I do this from the bottom of my heart so that he may see that we as caregivers care for him". Vir die pasient was dit duidelik dat die

versorger werklik omgee en haar nie laat afskrik deur potensigle risiko's nie. Terselfdertyd was die versorger se ervaring van betekenisvolheid egter

daardeur versterk, omdat dit op emosionele vlak die moeite werd was om energie aan die pasient te spandeer.

(29)

Gebruik van sosiale ondersteuning

Versorgers het dikwels gemeld dat dit vir hulle nodig en voordelig is om hul ervarings met ander persone, soos familielede of mede-versorgers, te deel en dan ook ondersteuning van hulle te ontvang. Die beskikbaarheid en gebruik van sosiale ondersteuning het 'n baie groot invloed gehad op die mate van beheerbaarheid wat die versorgers ervaar het, soos blyk vanuit die

frekwensietabel. Uit een van die versorgers se opmerkings het dit geblyk dat sy verstaan wat die effek daarvan was indien sy nie dit wat sy ervaar met familielede of mede-versorgers gedeel het nie: "I talk to them because I don't

have secrets. Sometimes things that are secret make you sick so I don't keep secrets". 'n Ander versorger het ook genoem dat dit nie goed is om probleme

geheim te hou nie, en dat die verligting wat sy gevoel het wanneer sy dit met iemand kon deel, haar gehelp het om meer in beheer te voel van haar

ervaringe: "Sometimes there are other problems that I want to keep secret.

But if I keep it a secret this thing is not getting better, it will always be hard. So if I talk about it I always remove some of the things in my heart".

Versorgers se verhoudings met familielede en mede-versorgers dien dus as hulpbronne wat die versorger in staatstel om die eise wat die versorgingstaak aan hulle stel, die hoof te bied. Die gebruik van sosiale ondersteuning het ook 'n invloed gehad op die versorgers se belewenis van betekenisvolheid omdat hulle na so 'n katarsis-ervaring opnuut gemotiveerd was om die eise wat aan hulle gestel is aan te pak en as uitdagings te sien.

lnsig in interpersoonlike situasies en eie belewenisse

Die insig wat die versorgers in interpersoonlike situasies, en in hul eie

belewenisse daarvan getoon het, het 'n invloed gehad op al die komponente van die versorgers se koherensiesin. Eerstens het hierdie insig hulle in staat gestel om beter te verstaan wat die behoeftes van pasiente was: "...but I

must try and know how to deal with myself as I'm dealing with otherpeople. You can't deal with people and not know how to handle yourself'. Hierdie

insig van die versorgers het ook gelei tot die besef dat hulle nie altyd in beheer van situasies hoef te wees nie en dat hulle soms die beheer aan die pasignte kon oorgee: "If they don't want us to do something..

.

Maybe

(30)

sometimes if you see something is important to her, you try to speak to her. If she doesnY want to talk, she doesn't want to. There's nothing you can do, because they get too much angry". Versorgers se insig rakende hul

belewenis van situasies waaraan hulle blootgestel was, het ook gedien as motivering om selfs moeilike situasies as uitdagings te sien: "Because I love

the way 1 am. Because 1 mean something to the community, I can help the community. I feel so special about me. That's why I'm alive". Hierdie insig

het die energie wat aan die versorgingstaak bestee is geregverdig, en dus bygedra tot versorgers se ervaring van die betekenisvolheid daarvan.

lnfernalisering van versorgingsproses

Al die versorgers het tydens die onderhoude genoem dat hulle verpleegsters wil word. Dit wil dus voorkom of hulle, hoewel binne 'n ander konteks, graag met die versorgingstaak wou voortgaan. Die bydrae wat die versorgers gemaak het tot die kwaliteit van hul pasiente se bestaan het as 'n sterk motiverende faktor gedien, weens die bydrae wat dit gemaak het tot hul ervaring van betekenisvolheid. Waar die erkenning wat die versorgers van hul pasiente ontvang het, aanvanklik vir versorgers 'n motiverende faktor was,

("I'm glad they are able to tell other people: 'This is my caregiver. She does this for me"'.) wil dit dus voorkom of die versorgingstaak stelselmatig in 'n

roeping vir die versorgers verander het: "But 1 want to see myself in the future. I want to see myself as a nurse. I want to continue to help people".

Die versorgers se motivering vir hul versorgingstaak het dus mettertyd vanuit hulself na vore gekom. Die intrapsigiese proses wat plaasgevind het, is mooi deur een van die versorgers opgesom: "I have learned that I must trust

myself and to believe in me". Dit wil dus voorkom of daar by sommige van die

versorgers, as gevolg van die versorgingsproses, stelselmatig 'n interne lokus van kontrole en 'n groot mate van selferkenning ontwikkel het.

Kennis van die siekfefoesfand

Die kennis wat die versorgers deur middel van opleiding oor MlVNlGS en die gevolge daarvan bekom het, het veroorsaak dat hulle 'n beter begrip vir die waarskynlike verloop van die siektetoestand ontwikkel het, en dus ook vir hulle eie ervarings na aanleiding van hulle betrokkenheid by die pasiente.

(31)

Vanuit die frekwensietabel blyk dit 'n groot invloed te gehad het op die verstaanbaarheidskomponent van versorgers se koherensiesin. Uit die volgende situasie blyk dit dat die versorger bewus was van die eise wat deur die pasignt aan haar gestel word en dat sy haar kennis oor die

versorgingstaak gebruik het om meer begrip by familielede vir die pasient te kweek: "We have to tell her smoothly all right and then at the end they will

accept what you say. And even tell the family if the patient doesn't want to drink theirpills you mustn't shout at them

...

if you talk to someone she will understand you but if you shout at her she won't understand Kennis kan ook

gesien word as 'n hulpbron wat die versorger kan aanwend om die eise van die versorgingstaak beter te hanteer, omdat dit die versorger se onsekerheid verminder en dus die ervaring van beheerbaarheid versterk: "Maybe 1 ask

more about my job. Maybe 1 want infomation about if 1 did this what would happen and if 1 did that what would happen". Uit hierdie opmerking word dit

duidelik dat meer kennis die versorger se ervaring van beheerbaarheid versterk het omdat sy beter voorbereid was op onvoorsiene omstandighede.

MultidissiplinOre samewerking

Die geleentheid om in 'n multidissiplin6re span te kan saamwerk, en die gepaardgaande besef dat hulle die verantwoordelikheid van die

versorgingstaak met die res van die span kan deel, het veral die mate van beheerbaarheid wat die versorgers beleef het versterk, soos duidelik blyk uit die frekwensietabel. Die versorgers het besef dat hulle nie altyd oor al die kennis beskik wat nodig is in die versorgingstaak nie, maar dat hulle we1 van sekere hulpbronne gebruik kon maak, en pasiente kon verwys vir spesifieke probleme. Dit het duidelik geblyk uit die volgende voorbeelde: "Yeah, I

sometimes solve the problem, but if it is difficult I take them back to the

pastor. Or maybe if the pastor does not know or is not here 1 refer them to the social welfare." en "If there is something that 1 see 1 can do by myself, I do it but the heavy one I have to ask somebody more knowledgeable so that they can help me with the problem". Die versorger se besef dat sy nie altyd oor al

die hulpbronne beskik nie, maar verwysings kan maak waar dit noodsaaklik is, het dus op paradoksale wyse bygedra tot haar ervaring van

(32)

Empatie

Empatie verwys na die individu se vermoe om homself in 'n ander se situasie te kan voorstel en dan dienooreenkomstig op te tree. Volgens die

frekwensietabel was die vermoe van die versorgers om empaties te wees teenoor hul pasignte ook 'n faktor wat tot hul ervaring van verstaanbaarheid en betekenisvolheid bygedra het. Die versorgers se begrip vir die belewing van die pasient is versterk omdat hulle weens hul empatiese vermog die situasie vanuit hut pasient se perspektief kon beskou en sin daaruit kon maak:

"You feel pain for that person, maybe they all don't feel well for the whole day. You feel the pain that the patient feels". Een van die versorgers se empatie

het haar in staat gestel om beter met die pasient te identifiseer, wat daartoe gelei het dat sy meer gemotiveerd was om aan te hou met die uitmergelende taak: "Sometimes I feel very bad. I put myself in the shoes of the patient.

What if it is me or my sister, anyone in my family?". Empatie het dus ook

betekenis aan die versorger se taak gegee omdat dit haar kon motiveer om deur die pynvolle situasies te werk om sodoende die kennis wat sy opgedoen het in soortgelyke situasies en tot ander se gewin te kon aanwend.

Stel van grense

Vanuit die frekwensietabel blyk dit dat die versorgers se vermoe om grense te stel rakende die versorgingstaak en die mate van betrokkenheid by pasignte 'n invloed het op versorgers se belewing van beheerbaarheid. Een van die versorgers stel vir haarself duidelike grense deur die volgende te doen: "If I'm

at the job I have to think about my patient and what I'm going to do and when I'm at home I must think about myself and my family and my friends. It helps me to handle the job better, because if you mix them

-

your patients, your family

-

it will cormpt things1'. 'n Ander versorger se ervaring van

beheerbaarheid is versterk wanneer sy vir haarself grense gestel het in terme van haar werkslading: "Some of the work I make sure that I'm making it. And

if I didn't do some of the work, I will come tomorrow and finish the work I must have done yesterday". Die stel van duidelike grense het veroorsaak dat die

versorgers meer beheerbaarheid ervaar het omdat hulle nie oorweldig gevoel het deur die eise van die versorgingsituasie nie.

(33)

Geduld

Weens die veeleisende aard van die versorgingstaak het die geduld waaroor die versorgers beskik veral bygedra tot hulle ervaring van verstaanbaarheid en beheerbaarheid soos uit die frekwensietabel afgelei kan word. "You have

to have a long heart for them" en "They are not listening, they are stubborn. You must have a heart for the sick person, you must be strong for him". Dit is

duidelik uit hierdie opmerkings dat die versorgers se geduld bygedra het tot groter begrip vir die pasignte se optrede en om die pasient se frustrasie te ontlont. Die versorgers se geduld het ook gehelp dat hulle in beheer kon bly van hul eie reaksies. Die versorgers het, weens hul geduld, besef dat dit soms meer belangrik was om hul beheer prys te gee ter wille van 'n goeie verhouding met die pasient: "Sometimes they shout at you and you have to

be patient when they come here, be cool and polite. You have to have a long heart for them". Die feit dat die versorger steeds geduldig gebly het te midde

van die eise wat deur die pasient aan haar gestel is, het daartoe gelei dat sy hierdie eise die hoof kon bied en tog 'n mate van beheerbaarheid kon ervaar.

BESPREKING EN GEVOLGTREKKING

Die stressore waaraan informele versorgers van MlVNlGS pasiente blootgestel word, is reeds goed deurvors. Daar bestaan egter nog

onduidelikheid oor die faktore wat 'n rol speel in die versorgers se vermoe om te volhard met die versorgingstaak ten spyte van hierdie stressore. Die doel van die studie was dus in die eerste plek om te bepaal hoe die versorgers se belewing van die versorgingstaak, en meer spesifiek hulle koherensiesin (die mate waartoe hulle die versorgingsituasie as verstaanbaar, beheerbaar en betekenisvol beskou) daar uitsien.

Die informele versorgers in hierdie studie se koherensiesin in totaliteit, sowel as die verskillende komponente waaruit koherensiesin bestaan, was laer as die van 'n groep algemene verpleegsters in Gauteng hospitale waaroor Cilliers (2003) gerapporteer het. Die feit dat informele versorgers nie so geredelik toegang het tot ondersteuningspersoneel, soos in die geval van die

(34)

verplegingsituasie nie, kan as een van die moontlike redes vir die laer tellings aangevoer word. Verder het dit ook uit die onderhoude met die informele versorgers duidelik geblyk dat daar dikwels van hulle verwag word om take te verrig wat buite die formele grense van versorging val. Hierdie take was dikwels van so 'n aard en intensiteit dat dit die versorgers se daaglikse roetines omver gewerp het en aansienlike stres veroorsaak het. Vanuit die resultate wil dit voorkom of die versorgers al die tipiese stressore wat in die literatuur beskryf word, op 'n daaglikse basis ervaar het. Die versorgers se gemiddelde koherensiesin-telling is egter we1 vergelykbaar met persone vanuit dieselfde gemeenskap wat in Wissing et al. (2005) se studie gevind is. Uit die koherensiesin-tellings kan die afleiding gemaak word dat daar we1 faktore werksaam mag wees wat 'n positiewe invloed het op hul

koherensiesin, en hulle dus in staatstel om voort te gaan met hul taak. 'n Aantal faktore, wat binne die salutogene benadering bekend staan as AWH's, is gei'dentifiseer wat telkens 'n verband getoon het met een of meer van die komponente van die versorgers se koherensiesin.

Die AWH's wat 'n invloed gehad het op die versorgers se belewing van

verstaanbaarheid binne die versorgingsituasie het geblyk op Wee vlakke te I& In die eerste plek het die versorgers se feitelike kennis rakende hierdie

siektetoestand, wat uitgebrei het na mate hulle meer betrokke geraak het by die pasiente, daartoe gelei dat hulle die versorgingsituasie beter verstaan het. Hulle het hierdie kennis as 'n hulpbron aangewend en dit gedeel met die pasignte en hul families, wat dan ook die belewing van beheerbaarheid by die versorgers versterk het. In die tweede plek het versorgers se spiritualiteit en religieusiteit op 'n geestelike, eerder as 'n feitelike vlak daartoe bygedra dat hulle beter verstaan het wat hul rol in die omgewing en die doel van hul taak, asook van hul lewens was. Dit is in lyn met bevindinge soos die van Johnsen (1 992:98-102) dat persone wat aangedui het dat spiritualiteit 'n belangrike komponent in hul lewens is, hul huidige stressore wat hulle beleef het beter verstaan het en die betekenis daarvan kon sien. George, Larson, Koenig & McCullough, 2000 (soos aangehaal deur Coleman, 2004:15) het bevestig dat religieusiteit betekenis aan individue se lewens verskaf en sin aan hul lewens gee. Daar bestaan dus 'n sterk verband tussen spiritualiteit en religieusiteit

(35)

en

die invloed daarvan op versorgers se ervaring van verstaanbaarheid en betekenisvolheid van die versorgingsituasie.

Die AWH1s het ook op twee vlakke 'n invloed gehad op die versorgers se belewing van beheerbaarheid, naamlik op inter-en intrapersoonlike vlakke. Op die interpersoonlike vlak kon twee AWH1s gei'dentifiseer word, naamlik gebruik van sosiale ondersteuningsnetwerke asook multidissiplin6re samewerking. Die eise wat aan die versorgers gestel was, het dit vir hulle noodsaaklik gemaak om ook hul eie ondersteuningsnetwerke saam te stel. Die feit dat hulle meestal van familielede en goeie vriende gebruik gemaak het, strook met Jankowski, Videka-Sherman en Laquidara-Dickinson

(1996:209) se bevindinge dat die MlVNlGS pasiente se vertrouelinge, en so ook informele versorgers, die meeste gesteun het op hul eie familielede en enkele goeie vriende. 'n Tweede faktor wat op interpersoonlike vlak 'n bydrae gelewer het tot die belewing van beheerbaarheid was die multidissiplin6re span waarvan die versorgers deel gevorm het. As gevolg hiervan was dit nie vir versorgers nodig om die verantwoordelikheid van die versorgingstaak alleen te dra nie. Die span het dus gedien as 'n ondersteuningsisteem wat bygedra het tot die versorgers se ervaring van beheerbaarheid en

verstaanbaarheid in die versorgingsituasie.

Op 'n meer intrapsigiese vlak het die versorgers stelselmatig drie verskillende vermoens ontwikkel wat bygedra het tot hulle belewing van beheerbaarheid. Eerstens het die versorgers hulself aangeleer om duidelike grense te stel in terme van die versorgingstaak en dan ook in terme van hul werkslading deur nie toe te laat dat hul werksverpligtinge inmeng met hul gesinslewe nie. 'n Tweede intrapsigiese vermoe wat die versorgers ontwikkel het was om die pasiente met geduld te benader. Dit was vir die versorgers moontlik om aan hul pasiente die geleentheid te bied om uiting te gee aan hul frustrasies sonder om daardeur oorweldig te word en dus op so wyse in beheer van die situasie te kon bly. Die versorgers se spiritualiteit, en hul geloof dat die lewens van hul pasiente uiteindelik in God se hande is, het ook in hierdie verband 'nbydrae gelewer. Die versorgers het laastens ook goeie insig

(36)

ontwikkel in interpersoonlike situasies, en in terme van hul eie belewenisse daarvan. Hierdie insig het die versorgers in staat gestel om die behoeftes van hul pasiente beter te verstaan en het ook as 'n verdere motivering gedien om betrokke te bly by die versorgingstaak aangesien dit hul ervaring van

beheerbaarheid versterk het.

Die versorgers se belewing van betekenisvolheid is ook deur 'n aantal AWH's bei'nvloed. Hulle het eerstens die uitsonderlike vermoe getoon om, ten spyte van die eise van die versorgingsituasie, empaties teenoor hul pasiente op te tree. Hulle was dus instaat om die versorgingsituasie vanuit die pasient se perspektief te beleef en soortgelyke emosies as die pasient te ervaar

(Kleinke, 1 998:l54). Vanwee die versorgers se vermoe tot empatie, het die toewyding waarmee die versorgers hut taak aangepak het toegeneem sodat hulle graag ondersteuning wou verskaf aan hul pasiente. Hierdie toewyding het mettertyd daartoe gelei dat die versorgingsproses gei'nternaliseer is en dat die versorgers dus eienaarskap daarvan geneem het. Die versorgers se spiritualiteit het bygedra tot die ontwikkeling van motivering vir hul taak wat veroorsaak het dat hul lewens meer betekenisvol was namate hulle besef het dat hut ondersteuning en empatie 'n verskil gemaak het in pasiente se

lewens. Daardeur is 'n sterk interne lokus van kontrole gevestig wat daartoe gelei het dat die versorgers se taak vir hulle 'n roeping geword het wat sin en betekenis aan hut lewens gegee het.

Al die bogenoemde AWH's het dus geblyk 'n invloed te he op die versorgers se koherensiesin. Aangesien hierdie groep versorgers meeste van die stressore wat reeds in die literatuur bekend is beleef, kan die afleiding gemaak word dat hulle in terme van belewing van die versorgingsproses nie 'n buitengewone groep was nie. Daar is egter by hierdie groep ook 'n aantal AWH's gei'dentifiseer wat 'n invloed op hulle belewing van die versorgingstaak gehad het. lndien meer aandag gegee kan word aan die ontwikkeling van genoemde AWH's, kan versorgers in staat gestel word om te volhard in hul taak ten spyte van die teenwoordigheid van stressore.

(37)

Hierdie studie ondersteun die bestaande navorsingsresultate in terme van die stressore waaraan versorgers blootgestel is, maar het terselfdertyd

aangetoon dat versorgers we1 oor AWH's beskik het wat hulle in staat gestel het om die versorgingstaak te kon verrig. Daar word aanbeveel dat dieselfde studie met soortgelyke groepe herhaal moet word om sodoende meer te wete te kom oor die verskillende AWH's wat in 'n verskeidenheid van

versorgingsituasies 'n rol speel. Dit sou verder sinvol wees om op grond van die resultate 'n program te ontwikkel wat versorgers kan help om hierdie AWH's verder te ontwikkel, en hulle sodoende beter in staat stel om hulle psigologiese welstand te handhaaf ten spyte van die stressore geassosieer met die versorgingsproses.

(38)

ANTONOVSKY, A 1979: Health, stress and coping. San Francisco: Jossey- Bass Publishers.

ANTONOVSKY, A 1987: Unraveling the mystery of health: How people manange stress and stay well. San Francisco: Jossey-Bass Publishers.

ANTONOVSKY, A 1993: The structure and properties of the sense of coherence scale. Social science & medicine, 36(6):725-733.

AUJOULAT, I; LIBION, F; BOIS, H; MARTIN, F & DECCACHE, A 2002: Communication difficulties of health care professionals and family caregivers of HIV infected patients. Patient education and counseling, July,

47(3):213-222.

BERG, BL 1998: Qualitative research methods for the social sciences; 3rd edition. Boston: Allyn & Bacon.

BOYD-FRANKLIN, N; STEINER, GL & BOLAND, MG 1995: Children, families and HIVIAIDS: Psychosocial and therapeutic issues. New York: Guilford Press.

CILLIERS, F 2003: Burnout and salutogenic functioning of nurses. Curationis, May:62-74.

COLEMAN, PG 2004: Spirituality, religion, health and well-being in later life. Health psychology update, April, 13(2):9-17.

DE FIGUEIREDO, RM & TURATO, ER 2001 : Needs for assistance and emotional aspects of caregiving reported by AIDS patient caregivers in a day- care unit in Brazil. Issues i n mental health nursing, (22):633-643.

(39)

FLASKERUD, JH; CARTER, PA & LEE, P 2000: Distressing emotions in female caregivers of people with AIDS, age-related dementias and advanced- stage cancers. Perspectives in psychiatric care, October-December, 36(4):12l-I3O.

GUERITAULT-CHALVIN, V; KALICHMAN, SC; DEMI, A & PETERSON, JL 2000: Work-related stress and occupational burnout in AlDS caregivers: Test of a coping model with nurses providing AlDS care. AlDS care, 12(2):149- 161.

HEYNS, PM; VENTER, JH; ESTERHUYSE, KG; BAM, RH & ODENDAAL, DC 2003: Nurses caring for patients with Alzheimer's disease: Their strengths and risk of burnout. South African Journal of Psychology, 33(2):80-85.

JANKOWSKI, S; VIDEKA-SHERMAN, L & LAQUIDARA-DICKINSON, K 1996: Social support networks of confidants to people with AIDS. Social work, March, 41 (2):206-213.

JOHNSEN, GA 1992: Sense of coherence, perceived health, and the performance of health-promoting behaviours. Michigan: UMI Dissertation Services (Ph D thesis).

KLEINKE, CL 1998: Coping with life challenges. Pacific Grove: BrooksICole Publishing Company.

WALE, S 1996: Interviews: An introduction to qualitative research interviewing. Thousand Oaks: Sage publications.

MALTERUD, K 2001 : Qualitative research: standards, challenges, and guidelines. The Lancet, 358(11):483-488.

(40)

MCCAUSLAND, J & PAKENHAM, KI 2003: Investigation of the benefits of HIVIAIDS caregiving and relations among caregiving adjustment, benefit finding and stress and coping variables. AlDS care, 15(6):853-869.

MCDONELL, JR; ABELL, N & MILLER, J 1991: Family members' willingness to care for people with AIDS: A psychosocial assessment model. Social Work, 36(1):43-53.

ROSE, MA & CLARK-ALEXANDER, B 1999: Coping styles of caregivers of children with HIVIAIDS: Implications for health professionals. AlDS patient care and STDs, 13(6):335-342.

SELIGMAN, MEP & CSIKSZENTMIHALYI, M 2000: Positive psychology: An introduction. American Psychologist, 555-14.

THEIS, SL; COHEN, FL; FORREST, J & ZELEWSKY, M 1997: Needs assessment of caregivers of people with HIVIAIDS. Journal o f the association of nurses in AlDS care, 8(3), MaylJune:76-84.

UNAIDS 2000: Caring for carers: Managing stress in those who care for people with HIV and AIDS. Geneva: UNAIDS.

UYS, LR 2002: The practice of community caregivers in a home-based HIVIAIDS project in South Africa. Journal of clinical nursing, 11:99-108.

VAN EEDEN, C 1996: Psigologiese welstand en koherensiesin.

Potchefstroom: Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onde~vys (Ph D-proefskrif).

VAN WYK, R 2002: Burnout in home-based carers nursing people living with HIVIAIDS. Cape Town: University of the Western Cape (MA dissertation).

(41)

WISSING, JAB; WISSING, MP; DU TOIT, MM; TEMANE, QM & BOTHA, E 2005: Psychometric properties of some scales measuring psychological well- being in a South African context. Potchefstroom: Northwest University (Ph D thesis).

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In South Africa a number of functions have been delegated to local government by either Central andlor Provincial Government. These functions may vary between

De elementen die hulpverleners belangrijk vinden zijn: aandacht voor religie en cultuur, respect, interesse in de jongere, afstemmen tussen twee culturen, confronteren,

Hoewel sociale spanning geen moderator is voor de relatie tussen sociale steun en psychosociale spanning, blijkt uit zowel de kwantitatieve als de kwalitatieve studie dat

Is er volgens de rechter geen sprake van dwang of geweld, dan vallen gelijke omstandigheden, voor dezelfde slachtoffers, op hetzelfde moment en op dezelfde plaats, niet onder

First and foremost we expected that the verbal persuasion (versus control) would initially lead to higher self-efficacy beliefs in the participants, whereas a strong decrease in

From that moment on no significant measures or prescriptions were taken by the national government, and the German electric industry accepted the new norms set by

In the oxidation step (step e), the thickness is determined by the selectivity of the required etch recipe for sacrificial layer etch, stress considerations and more importantly

The 490-nm period gratings were defined with laser interference lithography (LIL), using a Lloyd’s-mirror-setup, producing a pattern size 2.7×10 cm 2.. For our application,