• No results found

SA onderwysers ís gereed vir die toekoms Mediaverklaring

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "SA onderwysers ís gereed vir die toekoms Mediaverklaring"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Mediaverklaring

SA onderwysers ís gereed vir die toekoms

2020/07/14

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het vanmiddag hul nuutste navorsingsverslag oor die stand van leer in skole bekend gemaak. Die verslag fokus op skole se gebruik van vernuwende

onderwysmetodes om leerders voor te berei vir die eise van ’n tegnologie-ryke wêreld waar verandering toenemend versnel.

Verskeie rolspelers (onderwysers, bestuur en beheerliggaamlede) aan 463 Afrikaanse- en parallelmedium skole landwyd, het aan die ondersoek deelgeneem.

Die navorsing het bevind dat onderwysers tot ‘n groot mate dieper leer en kritiese denke by leerders suksesvol ontwikkel en dat waardes goed vasgelê word.

Die grootste leemte in skole blyk tans die ontwikkeling van leerderverantwoordelikheid teenoor leer te wees. Die manier waarop die meeste assessering tans gedoen word, is een van die grootste

beperkende faktore vir selfgerigte leer en leerderverantwoordelikheid. Tegnologie en afstandleer kan egter nuttig ingespan word om selfverantwoordelikheid te ontwikkel. Handige lesse, waarop skole kan voortbou, is die afgelope dekade en veral tydens die Covid-19 krisis geleer.

André Badenhorst, innovasie-spesialis en navorser aan die SOS, het beklemtoon dat die sukses van vernuwende onderwys meer van pedagogie as van tegnologie afhang. Onderwysers aan skole wat deelgeneem het aan die studie, se pedagogiese onderbou is uitstekend. Die verslag bring ervaring van skole in lyn met vernuwende onderrigleer modelle en gesonde pedagogiese beginsels.

‘n Opsomming van die navorsing oor vernuwende onderwys kan hier afgelaai word. Die vraelys dien as

‘n nuttige strategiedokument vir skole met die oog op die innoverende gebruik van tegnologie en vernuwing van onderrigpraktyke.

Skole kan steeds die vraelys voltooi by http://bit.ly/dieperleer en sal die resultate per e-pos ontvang.

Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is gerig op die versterking van Afrikaanse onderwys. Die SOS se Wolkskool bied ʼn volledige aanlyn kurrikulum vir leerders van Graad 1 - 12, en twaalf

verskillende vakverenigings bied professionele ondersteuning aan onderwysers.

(2)

Vir alle medianavrae:

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

One to study the influence of MORC6 and NFC2 on meiotic recombination and another to test dmc1 and syn1 as meiosis specific promoters in Arabidopsis.. It has been shown that DMC1 is

To conclude, the necessary material for a good life is best met in a scenario with high demand an neoliberal regime and worst met in a scenario with low demand and

validatie; emo: emotioneerbaarheid; fan: fantaseren; ana: analyseren van de ander; ina: inzicht in de ander; anf: feitelijk analyseren eigen emoties; ann: normatief analyseren

De professionals uit deze gebieden kunnen beter zelf indicaties stellen om extra werk, onzekerheid en verantwoordelijkheden voor de sociaal werker te voorkomen en hun eigen

3 Implementation of a real time energy management system on a national water pumping scheme.. 3.1

This study investigates the effect of claim types (no claim, nutrient content claim, superfoods claim and nutrient content claim + superfoods claim) on perceived healthiness,

In the fear discourse strand, Polish shops are represented as an example of Polish immigrants taking over certain Dutch neighbourhoods, while in the positive

As this comment infers, the Renaissance had originally produced the concept of a dramatically infused historical poetry and the English history play, as a result, had developed