• No results found

1. Geboorteplek van eerste blanke noord van die Vaalrivier.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "1. Geboorteplek van eerste blanke noord van die Vaalrivier. "

Copied!
13
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

- 1 ­

DIE GESKIEDENIS VAN ON~ERWYS VAN BLANKES IN uIE WOLMARANSSTADSE uISTRIK: 1876 - 1952.

HOOFSTUK I.

HISTORIESE AGTERGROND.

1. Geboorteplek van eerste blanke noord van die Vaalrivier.

Die besondere onderskeiding kom die Wolmaransstad­

se Makwassierante toe Jat die eerste blanke kind noord van die Vaalrivier bier gebore i3. Op 21 Julie 1823 is Lewis Broadbent, seun van eer". Samuel Broadbent, in die teenswoordige Makwassierante gebore1 ).

Eerw. Samuel Broadbent en T.L. Hodgeson is reeds in 1822 deur die Wesleyaanse Kerk gestuur om sending­

werk onder die Barolongs to kom doen 2 ). Met hulle ge­

sinne het hulle vanuit jie rigting van Griekwastad die Hartzrivier oorgesteek om kort daama in aanraking te kom met die Barolongs onder kaptein Sifonello, wat al vlugtende voor die verwo~stende Matabeles hulle hier gevestig het 3 ).

Sifonello het vir hulle in die rante noord van die teenswoordige Wolmaransstad-Witpoort-pad, onge­

veer twee my1 van die dorpie Witpoort, ~ huisie van hout en klei laat bou, wat later verander is in ~

klipmuurhuis 4 ). Dit is dan ook hier waar die eerste 1. Broadbent: A Narrati.,re of the first introduction of

Christianity among t.:; Barolong tribe of ::eechuanas,

63. Van Zyl: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

2. Broadbent: a.w., II.

Van Zyl: a.w-, 1.

3. Broadbent: a.w., 28 - 29.

4. Broadbent: q.w., 61. Oorblyfsels van die murasie is vandag nogin die rante te vinde. Tans is daar

~ monumentjie opgerig, die terrein omhein en die geheel tot ~ nasionale monument verklaar •

..

- 1 -

DIE GESKIEDENIS VAN ON~ERWYS VAN BLANXES IN vIE WOLMARANSSTADSE ~ISTRIK: 1876 - 1952.

HOOFSTUK I.

HISTORIESE AGTERGROND.

1. Geboorteplek van eerate blanke noord van die Vaalrivier.

Die besondere onderskeiding kom die Wolmaransstad- se Makwassierante toe Jat die eerste blanke kind noord van die Vaalrivier bier gebore i0. Op 21 Julie 1823 is Lewis Broadbent, seUTI van eer". Samuel Broadbent, in die teenswoordige Makwassierente gebore l ).

Eerw. Samuel Broadbent en T.L. Hodgeson is reeds in 1822 deur die Wesleyaense Kerk gestuur om sending- werk onder die Barolongs te kom doen 2 ). Met hulle ge- sinne het hulle vanuit jie rigting van Griekwastad die Hartzrivier oorgesteek om kort daame in eanraking te kom met die Barolongs onder kaptein Sifonello, wat al vlugtende voor die verwo~stende Metabeles hulle hier gevestig het 3 ).

Sifonello het vir hulle in die rante noord van die teenswoordige Wolmaransstad-Witpoort-pad, onge- veer twee myl van die dorpie Witpoort, ~ huisie van hout en klei laat bou, wat later verander is in ~

klipmuurhuis 4 ). Dit is dan ook hier waar die eerste 1. Broadbent: A Narrati.,re of the first introduction of

Christianity among t.) Barolong tribe of Bechuanas,

63. Van Zyl: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

2. Broecbent: e .... '., 11.

Van Zyl: a.w., 1.

3. Broadbent: a.w., 28 - 29.

4. Broadbent: a.wo, 61. Oorblyfsels van die murasie is vandag nog in cie rante te vinde. Tans is daar

~ monumentjieopgerig, die terrein omhein en die

geheel tot ~ nasionale monument verklaar.

(2)

- 2 ­

blanke noord van die Vaalrivier gebore isl) - in werk­

likheid twaalf jaar voor die aanvang van die Groot Trek.

2. Herkoms van die naam die Makwassierante.

Wolmaransstad en omgewing was ongetwyfeld een van die terreine waar die Boesman hom vroe~r gevestig

het. Die teenswoordige Makwassierante was'll besondere aantrekkingskrag vir hierdie ras, wat graag skuilgehou het in sulke beboste bergdele. So vind ons vandag nog baie duidelike Boesmantekeninge op rotse op die plaas

Zendelingsfontein, suid van die Wolmaransstad - Klerks­

dOrp-grootpad2 ).

Oorlewering wil daarop dui dat die Boesmans in hierdie omgewing plek moes maak vir n Korannastam onder •

Mathlawatsi, wat hom in die Makwassierante gevestig het 3). Hierdie rante oos van Wolmaransstad het dus heel duidelik reeds die besondere naam Makwassie 4 ) ge­

kry voordat die blanke beskawing hier gevestig is, of selfs voordat die swakkere Korannastam deur die moord­

1ustige, allesvernietigende impies van Moselekaats die wyk moes neem 5). Die verblyf van die Broadbents asook 1. Die portret van hierdie blanke kind.is bewaar deur

mnr. T. Leask, 'n persoon wat 'n belangrike rol sou speel in die onderwys en algemene vooruitgang van die dorp en distrik. Genoemde portret is tans die eiendom van die Wolmaransstadse ho~rskool en geskenk deur mnr. J.Firth, skoonseun van mnr.Leask, tydens die ontvangs van die Rapportryers in 1949, toe spesiaal aangedoen is by die Broadbent-monu­

mentjie net buite die dorp.

2. Ek het hierdie tekeninge self gesien.

3. Broadbent: A Narrative of the first introduction of Christianity among the ~arolong tribe of Be­

chuanas, 28.

4. Ibid., 61. 2erw. Broadbent het die naam Maquassi gespel. 'Ofskoon sommige wil beweer dat die naam Makwassie ontstaan het as gevolg van die kaptein Mathlawatsie dui die vernaamste getuienisse daar­

op dat dit die naam is van n geurige kruiebossie (spearmint) wat in die rante en omgewing gegroei het.

Van Zyl: Geskiedenis van Wolmaransstad, 1.

Leask: ~itKnipsels en korrespondensie in p1akboek.

5. Broadbent: a.w., 74.

- 2 -

blanke noord van die Vaalrivier gebore is l ) - in werk- likheid twaalf jaar voor die aanvang van die Groot Trek.

2. Herkoms van die naam die Makwassierante.

Wolmaransstad en omgewing was ongetwyfeld een van die terreine waar die Boesman hom vroe~r gevestig

het. Die teensV'loordige Makwassierante was on besondere aantrekkingskrag vir hierdie ras, wat graag skuilgehou het in sulke beboste bergdele. So vind ons vandag nog baie duidelike Boesmantekeninge op rotse op die plaas

Zendelingsfontein, suid van die Wolmaransstad - Klerks- dorp-grootpad 2 ).

Oorlewering wil daarop dui dat die Boesmans in hierdie omgewing plek moes maak vir n Korannastam onder •

Mathlawatsi, wat horn in die Makwassierante gevestig het 3). Hierdie rante oos van Wolmaransstad het dus heel duidelik reeds die besondere naam Makwassie 4) ge- kry voordat die blanke beskawing hier gevestig is, of selfs voordat die swakl{ere Korannastam deur die moord- lustige, allesvernietigende impies van Moselekaats die wyk moes neem 5). Die verblyf van die Broadbents asook 1. Die portret van hierdie blanke kind.is bewaar deur

mnr. T. Leask, 'n persoon wat 'n belangrike rol sou speel in die onderwys en algemene vooruitgang van die dorp en distrik. Genoemde portret is tans die eiendom van die Wolmaransstadse ho~rskool en geskenk deur mnr. J.Firth, skoonseun van mnr.Leask, tydens die ontvangs van die Rapportryers in 1949, toe spesiaal aangedoen is by die Broadbent-monu- mentjie net buite die dorp.

2. Ek het hierdie tekeninge self gesien.

3. Broadbent: A Narrative of the first introduction of Christianity among the Barolong tribe of Be- chuanas, 28.

4. Ibid., 61. 2erw. Broadbent het die naam Maquassi gespel. 'Ofskoon sommige wil beweer dat die naam Makwassie ontstaan het as gevolg van die kaptein Mathlawatsie dui die vernaamste getuienisse daar- op dat dit die naam is van n geurige kruiebossie (spearmint) wat in die rante en omgewing gegroei het.

Van Zyl: Geskiedenis van Wolmaransstad, 1.

Leask: ~itKnipsels en korrespondensie in plakboek.

5. Broadbent: a.w., 74.

(3)

- 3 ­

die van die Barolongs in die Makwassierante was egter van korte duur, want baie gou is hull~ oorval deur

Matabele-hordes en moes hulle weswaarts na die suidelike Vrystaat Vlugl ).

Toe Andries Potgieter in 1836 deur die suidelike Vrystaat getrek het, het hy in aanraking gekom met die Barolongs en met die sterk mag van die Matabeles. Na­

dat hy in die slag van Kapa!n van 4 tot 12 November 1837 die Matabele-mag in die Transvaal finaal ~ nekslag toegedien hut, het hy die land noord van die Vaa1rivier ingelyf by die BoerestaRt van Winburg2 ).

3. Be1angatelling van blankes in Wolmaransstadse

~ omgewins·

Die Wolmaransstadse omgewing het dus deel uitge­

maak van die gebied waardeur Potgieter in die jare

1836-1837 op sy strafekspedisies teen Silkaats opgetrek het.

Met die stigting van Potchefstroom in die jare 1838-1839 3 ) het hierdie streek ook in die Potchefstroom­

se gebied gevel en dus meer en meer onder die blanke sa invloed gekom. ~e suide11ka grans van die Potohef­

stroomse distrik was die Vaalrivier tot by sy samevloei met die Hartzrivier. Die uitgestrekte v1aktes en

ranteveld was baie aantreklik vir bees- en skaapboere, en mettertyd sou hulle hulle hier kom vestige

Na die ontdekking van diamante in 1871 hat die grootpad van die diamantvelde na die Noorde hier1angs deurgegaan. Vo1gens die Keate-uitspraak van 17 Okto­

ber 1871 is die westelike grens van die Transvaal vas­

1. Broadbent: A Narrative of the first introduction of Christianity among the Earolong tribe of !echuanas, 2. Stockenstroom: Historiese atlas van Suid-Afrika, 23. 72.

3. Coetzee: Potchels]room 1838-1938. t23.

- 3 -

die van die Barolongs in die Makwassierante was egter ven korte duur, want baie gou is hul18 oorval deur

Matabele-hordes en moes hulle weswaarts na die suidelike Vrystaat vlugl ).

Toe Andri8s Potgieter in 1836 deur die suidelike Vrystaat getrek het, het by in aanraking gekom met die Barolongs en met die sterk mag van die Matabeles. Na- dat hy in die slag van Kapa!n van 4 tot 12 November 1837 die Matabele-mag in Jie Transvaal finaal ~ nekslag toegedien het, het hy die land noord van die Vaalrivier ingelyf by die BoerestaRt van WinbUrg2 ).

3. Belangatelling van blankes in Wolmaransstadse omgewing.

Die Wolmaransstadse omgewing het dus deel uitge- maak van die gebied waardeur Potgieter in die jare

1836-1837 op sy strafekspedisies teen Silkaats opgetrek het.

Met die stigting van Potchefstroom in die jare 1838-1839 3 ) het hierdie streek ook in die Potchefstroom- se gebied geval en dus meer en meer onder die blanke se invloed gekom. ~e suide11ke grans van die Potchef- stroomse distrik was die Vaalrivier tot by sy samevloei met die Hartzrivier. Die uitgestrekte vlaktas en

ranteveld was baie aantreklik vir bees- en skeapboere, en mettertyd sou hulle hulle hier kom vestig.

Na die ontdekking van diamante in 1871 het die grootpad van die diamantvelde na die Noorde hierlangs deurgegaan. Volgens die Keete-uitspraak van 17 Okto- ber 1871 is die westelike grens van die Transvaal vas- 1. Broadbent: A Narrative of the first introduction of

Christianity among the Barolong tribe of Bechuanas, 2. Stockenstroom: Historiese atlas van Suid-Afrika, 23. 72.

3. Coetzee: Potchefstroom 1838-1938. 123.

(4)

- 4 ­

gestel langs die Makwassiespruit. Die dorp Wolmarans­

stad sou ~nige jare later geleidelik begin ontwikkel aan die westelike oewer van hierdie spruit. Die water van hierdie sprui t het 'n belangrike ui tspanplek op die grootpad van Kimberley se diamantvelde na die Noorde geword.

4. Wolmaransstad word die gemeenskapsentrum.

Reeds in 1876 h~t die broers W. en T.S. Leask ~

winkol opgerig aan die Makwassiespruit, distrik Potchef­

stroom, in n huis wat hulle gehuur hat van H.J. Baden­

horst, eienaar van die plaas VIE' fontein l ). Op 18 Februarie 1879 het hulle die plaas Rooderand, groot 1459 morg, van C.J. RoOd gekoop vir £400 met die doel om die winkel daarheen te verskuif. Toe die erfgename van H.J. Badenhorst op hi~rdie stadium die plaas Vlak­

fontein te koop aanbied, h~t die h~re Leask besluit om

£1,200 te betaal vir die 2273 morge grond. In 1880 hat hulle die plaas weer aan J.C. Bornman verkoop vir

£1410, mc,sr die gedeel tes ten weste en ten suide van die Makwassiespruit is deur die broers Leask uitgehou 2 ).

Die gemeenskapsentrum en later die dorp Wolmaransstad het gaandeweg op hiordie terrain ontwikkel weens sy gunstige ligging aan die spruit.

In 1876 h~t daar al n posagentskapkantoor bestaan met Huisenga as posmclester3 ). In 1880 is T.S. Leask aangestel as posagent, en weldr~ sou jit ontwikkel tot die natuurlike saamkomplek van d L, inwoners van die omliggende gebied 4 ).

5. Wolmaransstad as dorp geproklam8er en uitgel~.

Op inisiatief van W. en T.S. Leask is reeds van­

af die tagtiger jere petisies geteken deur die in­

1. Leask: Dagboek, 4.

2. Ibid., 26 ..

3. Ibid., 79.

4. Ibid.; 22;-220: Aanstellingsbrief as posagent.

- 4 -

gestel langs die Makwassiespruit. Die dorp Wolmarans- stad sou ~nige jare later geleidelik begin ontwikkel aan die westelike oewer van hierdie spruit. Die water van hierdie sprui t het 'n belangrike ui tspanplek op die grootpad van Kimberley se diamantvelde na die Noorde geword.

4. Wolmaransstad word die gemeenskapsentrum.

Reeds in 1876 h~t die broers W. en T.S. Leask ~

winkol opgerig aan die Makwassiespruit, distrik Potchef- stroom, in n huis wat hulle gehuur h~t van H.J. Baden- horst, eienaar van die plaas VIE fontein l ). Op 18

Februarie 1879 het hulle die plaas Rooderand, groot

1459 morg, van C.J. Rood gekoop vir £400 met die doel om die winkel daarheen te verskuif. Toe die erfgename van H.J. Badenhorst OF hi~rdie stadium die plaas Vlak- fontein te koop aanbied, h~t die h~re Leask besluit om

£1,200 te betaal vir die 2273 morge grond. In 1880

het hulle die plaas weer aan J.C. Bornman verkoop vir

£1410, mClsr die gedeel tes ten weste en ten suide van die Makwassiespruit is deur die broers Leask uitgehou 2 ).

Die gemeenskapsentrum en later die dorp Wolmaransstad het gaandeweg op hiordie terrain ontwikkel weens sy gunstige ligging aan die spruit.

In 1876 h~t daar sI ~ posagentskapkantoor bestaan met Huisenga as posmclester 3 ). In 1880 is T.S. Leask aangestel as posagent, en weldr~ sou Jit ontwikkel tot die natuurlike saamkomplek van d L, inwoners van die omliggende gebied 4 ).

5. Wolmaransstad as dorp geproklamBer en uitgel~.

Op inisiatief van W. en T.S. Leask is reeds van- af die tagtiger jare petisies geteken deur die in-

1. Leask: Dagboek, 4.

2. Ibid., 26~

3. Ibid., 79.

4. Ibid.; 225-226: Aanstellingsbrief as posagent.

(5)

- 5 ­

woners van wyk Makwassic om by Jie Eerste Vo1ksraad van die Z • .A.Repub1iek te agiteer vir die s"tigting van n dorp en die verk1aring van die gebied tot 'n se1fstan­

dige distrik1 ). Vanaf 1884 het die nuwe saamkomp1ek aan die Makwassiespruit besondere aandag van die Vo1ks­

raad ontvang. Op 19 Augustus 1884 is dan ook goed­

keuring ver1een vir die stigting van n dorp ge1e~ in die wyk Makwassie, in die Potchefstroomse distrik 2

).

Petisies is egter ge1yktydig ook gesirku1eer deur die inwoners van Witpoort en Leeuwfontein met die oog op die stigting van die dorp. Die gevo1g was dat d~e

Vo1ksraad in 1888 opdrag gegee het aan die heer J.M.A:

Wo1marans, lid van die Uitvoerende Raad, en kommandant Piet Cronje van die Potchefstroomse distrik, om die saak verder te ondersoek en n aanbeve1ing te maak waar die dorp aange1@ moes word 3 ). Tydens die besoek van die twee here het hu11e die moontlikhede van die drie p1ekke wat op die aanleg van die dorp aanspraak gemaak het, met mekaar verge1yk en ten gunste van Makwassie­

spruit bes1uit 4 ).

Op 16 Februarie 1891 is bekend gemaak dat die dorpie Wo1maransstad as sodanig geprok1ameer en aange­

1. is op n gedee1te van die plaas Rooaerand en V1ak­

fontein in die wyk Makwas~ie, distrik Potchefstroom 5).

Die genoemde dorpsgebied sou onderworpe wees aan die administrasie, kontro1e en bestuur van amptenare wat reeds daartoe aangestel is of in die toekoms deur die Regering van die Z.A.R. aangeste1 sou word 6 ).

1. Leask: Dagboek; kyk dokumente op bladsy 52.

2. Vo1ksraadsnotule van die Z.A.R., 19 Aug. 1884, art., 185.

3. Leask: Dagboek, 53.

4. Ibid., 54.

5. Locale Wetten 1890 - 1893, 320.

6. Idem.

- 5 -

woners van wyk Makwassic om by Jie Eerste Volksraad van die Z.A.Republiek te agiteer vir die s"tigting van

'11 d orp en die verklaring van die gebied tot 'n selfstan- dige distrik 1 ). Vanaf 1884 het die nuwe saamkomplek aan die Makwassiespruit besondere aandag van die Volks- raad ontvang. Op 19 Augustus 1884 is dan ook goed- keuring verleen vir jie stigting van '11 dorp gele~ in die wyk Makwassie, in die Potchefstroomse distrik2 ).

Petisies is egter gelyktydig ook gesirkuleer deur die inwoners van Witpoort en Leeuwfontein met die oog op die stigting van die dorp. Die gevolg was dat d~e

Volksraad in 1888 opdrag gegee het aan die heer J.M.A:

Wolmarans, lid van die Uitvoerende Raad, en kommandant Fiet Cronje van die Potcheistroomse distrik, om die saak verder te ondersoek en 'll aanbeveling te maak waar die dorp aangel@ moes word 3 ). Tydens die besoek van die twee here het hulle die moontlikhede van die drie plekke wat op die aanleg van die dorp aanspraak gemaak het, met mekaar vergelyk en ten gunste van Makwassie- spruit besluit 4).

Op 16 Februarie 1891 is bekend gemaak dat die dorpie Wolmaransstad as soJanig geproklameer en aange- la is op '11 gedeelte van die plaas Rooaerand en Vlak- fontein in die wyk Makwas~ie, distrik Potchefstroom S).

Die genoemde dorpsgebied sou onderworpe wees aan die administrasie, kontrole en bestuur van amptenare wat reeds daartoe aangestel is of in die toekoms deur die Regering van die Z.A.R. aangestel sou word 6 ).

1. Leask: Dagboek; kyk dokumente op bladsy 52.

2. Volksraadsnotule van die Z.A.R. t 19 Aug. 1884, art., 185.

3. Leask: Dagboek, 53.

4. Ibid., 54.

5. Locale Wetten 1890 - 1893, 320.

6. Idem.

(6)

- 6 -

Wolmaransstad is genoem na die heer J.M.A. Wolma­

rans l ) , lid van die Ui tvoerende Haad van die Z•.A.R.

Hy was 'I1 broer van senator A.D.W. Wolmarans en die seun van Frederik Wolmarans en ook die eienaar van die plaas Gerhardminnebron, Gatsrand, distrik Potchefstroom.

Op 20 Augustus 1691 is 'I1 petisie, onderteken deur 66 inwoners van Wolmaransstad, wyk Makwassie, aan die Posmeester-Generaal te Pretoria, mnr. J. van Alphen, gerig, waarin daar versoek word dat n pos- en poswissel­

kantoor aldaar opgerig moet word. Dit sou nie aIleen tot groot gerief van die ingesetenes wees nie maar ook tot voordeel van die skatkis self. Hulle het '11 pos­

kantoor tot hulle beskikking gehad, maar dit was nie moontlik om poswissels daar te verkry nie. Die naaste bank was op Klerksdorp, en dit was dus baie ongerieflik om geld vanaf Wolmaransstad na elders te versend.

Dit het tot gevolg gehad dat die Posmeester-Gene­

raal op 2 September 1891 'I1 skrywe aan die Staatsekre­

taris gerig het waarin hy die wenslikheid uitgespreek het dat die poswissel-administrasie uitgebrei word deur oprigting van 'l1 poswisselkantoor te Wolmaransstad.

Die Uitvoerende Raad het met sy sitting van 1 Oktober 1891 ten gunste van die voorstel van die Posmeester­

Generaal besluit2 ). 'I1 Poswisselkantoor sou opgerig word met 'I1 posmeester teen 'I1 jaarlikse salaris van £25.

Abraham Daniel Bosman, wat as posagent opgetree het, is as posmeester aangestel vanat 1 November 18913 ).

1. T.S. Leask: Dagboek, 54 en 10. Die gedagte wat later ontstaan het dat die dorp na senator A.D.~

Wolmarans genoem is, word deur Leask as medestig­

ter van die dorp weerl~. J.M.A.Wolmarans het as lid van die Uitvoerende Raad bedank in 1899 en is opgevolg deur A.D.W.Wolmarans maar laasgenoemde het niks met die stigting van die dorp of distrik te doen gehad nie.

2. Notule Uitvoerende Raad d.d. 1 Okt. 1891, art.451.

3. Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

- 6 -

Wolmaransstad is genoem na jie heer J.M.A. Wolma- rans l ) , lid van die Ui tvoerende Haad van die Z •. A.R.

Hy was 'I1 broer van senator A.D.W. Wolmarans en die seun van Frederik Wolmarans en ook die eienaar van die plaas Gerhardminnebron, Gatsrand, distrik Potcheistroom.

Op 20 Augustus 1891 is 'I1 petisie, onderteken deur 66 inwoners van Wolmaransstad, wyk Makwassie, aan die Posmeester-Generaal te Pretoria, mnr. J. van Alphen, gerig, waarin daar versoek word dat 'I1 pos- en poswissel- kantoor aldaar opgerig moet word. Dit sou nie alleen

tot groot gerief van die ingesetenes wees nie maar ook tot voordeel van die skatkis self. Hulle het '11 pos- kantoor tot hulle beskikking gehad, maar dit was nie moontlik om poswissels daar te verkry nie. Die naaste bank was op Klerksdorp, en dit was dus baie ongerieflik om geld vanaf Wolmaransstad na elders te versend.

Dit het tot gevolg gehad dat die Posmeester-Gene- raal op 2 September 1891 'I1 skrywe aan die Staatsekre- taris gerig het waarin hy die wenslikheid uitgespreek het dat die poswissel-administrasie uitgebrei word deur oprigting van 'I1 poswisselkantoor te Wolmaransstad.

Die Uitvoerende Read het met sy sitting van 1 Oktober 1891 ten gunste van die voorstel van die Posmeester- Generaal besluit2 ). on Poswisselkantoor sou opgerig word met on posmeester teen on jaarlikse salaris van £25.

Abraham Daniel Bosman, wat as posagent opgetree het, is as posmeester aangestel vana! 1 November 18913 ).

1. T.S. Leask: Dagboek, 54 en 70. Die gedagte wat later ontstaan het dat die dorp na senator A.D.~

Wolmarans genoem is, word deur Leask as medestig- ter van die dorp weerl~. J.M.A.Wolmarans het as lid van die Uitvoerende Read bedank in 1899 en is opgevolg deur A.D.W.Wolmarans maar laasgenoemde het niks met die stigting van die dorp of distrik

te doen gehad nie.

2. Notule Uitvoerende Raad d.d. 1 Okt. 1891, art.451.

3. Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

(7)

:- 7 ­

6. Stigting van die gemeentes van die Hervormde en N.H. of G. Kerke.

Aangesien die argief van die N.H. of G. gemeente op Wolmaransstad gedurende die Tweede Vryheidsoorlog vernietig is deurdat die kerkgebou afgebrand is, is dit besonder moeilik om dokument~re bewyse te kry vir die ontstaan van die eerste gemeente. Die eerste gemeente van die Hervormde Kerk is op Witpoort gestig in 1878 en op 5 Augustus van dieselfde jaar het ds. Van der Hoff van Potchefstroom die hoeksteen gel~l).

Blykens gegewens verkry uit die dagboek van T.S.

Leask was dit ook in die jare 1878-1879 dat die eerste gemeente van die N.H. of G.Kerk gestig is 2

). Dit is die Makwassie-gemeente ~enoem hoewel die kerkgebou op die plaas Witpoort nr.302 opgerig is. Die predikant gedurende hierdie periode was ds. C.W. du Toit, wat met nagmaalsgeleenthede die gemeente besoek het 3 ). Die aanspraak van Makwassiespruit (Wolmaransstad), Leeuw­

fontein en Witpoort om aangewys te word as die sentrum waar die beoogde dorp aangel~ moes word, het ook op kerklike gebied sy uitwerking gehad. Die inwoners van elkeen van die drie onderskeie omgewings het sterk daar­

op aangedring dat hulle besondere omgewing as die ge­

meentelike sentrum erken moet word. Nadat die stig­

ting van n dorp egter in 1884 goedgekeur is en in 1888 deur die here Wolmarans en Cronj~ ten gunste van Makwassiespruit besluit is, was dit voor die hand liggend dat die gestigte dorp nou ook op kerklike ge­

bied erken moes word.

1. Engelbrecht: Eeufees-album Nederduitsch Hervormde Kerk, 1842-1942, 36. Volgens die foto wat in die album verskyn, staan ds. Van der Hoff naas die Kanselbybel deur hom geskenk, wat nog op die preek­

stoel 1~.

2. Leask: Dagboek, 113. Die betrokke dokument toon

".~r'

die inkomste en uitgawe van· die gemeente vanaf 1

'of . Mei 1878 •

~ 3. Ibid., 114.

- 7 -

6. Stigting van die gemeentes van die Hervormde en N.R. of G. Kerke.

Aangesien die argief van die N.R. of G. gemeente op Wolmaransstad gedurende die Tweede Vryheidsoorlog vernietig is deurdat die kerkgebou afgebrand is, is dit besonder moeilik om dokument~re bewyse te kry vir die ontstaan van die eerste gemeente. Die eerste gemeente van die Rervormde Kerk is op Witpoort gestig in 1878 en op 5 Augustus van dieselfde jaar het ds. Van der Hoff van Potchefstroom die hoeksteen gel~l).

Blykens gegewens verkry uit die dagboek van T.S.

Leask was dit ook in die jare 1878-1879 dat die eerste gemeente van die N.R. of G.Kerk gestig is 2 ). Dit is die Makwassie-gemeente ~enoem h08wel die kerkgebou op die plaas Witpoort nr.302 opgerig is. Die predikant gedurende hierdie periode was ds. C.W. du Toit, wat met nagmaalsgeleenthede die gemeente besoek het 3 ). Die aanspraak van Makwassiespruit (Wolmaransstad), Leeuw- fontein en Witpoort om aangewys te word as die sentrum waar die beoogde dorp aangel~ moes word, het ook op kerklike gebied sy uitwerking gehad. Die inwoners van elkeen van die drie onderskeic omgewings het sterk daar- op aangedring dat hulle besondere omgewing as die ge- meentelike sentrum erken moet word. Nadat die stig-

ting van ~ dorp egter in 1884 goedgekeur is en in 1888 deur die here Wolmarans en Cronj~ ten gunste van Makwassiespruit besluit is, was dit voor die hand liggend dat die gestigte dorp nou ook op kerklike ge- bied erken moes word.

1. Engelbrecht: Eeufees-album Nederduitsch Hervormde Kerk, 1842-1942, 36. VOlgens die foto wat in die album verskyn, staan ds. Van der Hoff naas die

Kanselbybel deur hom geskenk, wat nog op die preek- stoel 1~.

2. Leask: Dagboek, 113. Die betrokke dokument toon die inkomste en uitgawe van" die gemeente vanaf 1 Mei 1878.

3. Ibid' f 114.

(8)

i

- 8 ­

,

~e N.H. of G.gemeente het te Witpoort voortbe­

staan tot in 1889. Reeds gedurende 1889 is n begin gemaak met die insameling van geld vir die bou van die nuwe kerk op Wolmaransstad. Die kerkgebou op Witpoort

is op 20 April 1891 verruil aan Gideon Johannes Bosman, eienaer ven genoemde plaas, vir erf nr. 327 gele~ aan Vredestraat, Wolmaransstad l ). Die ooreenkoms het be­

paal det Bosman die gebou alleen as pakhuis, waenhuis, stal of vir enige anuer alledaagse huishoudelike doel mag gebruik. ilie gebuu mag on .6r geen omstandighede gebruik word as skool, I'Grk of vir godsdienstige byeen­

komste van enige sekte of gemeente wat by die nuwe eienaar daarom aansoek mag doen nie. Die genoemde bepalings sou ook sy erfgename bind. Indien hierdie ooreenkoms in enige opsig verbreek word sou die Kerk­

raad die reg h@ om die gebou onmiddellik te sloop2).

Die beweegredes van die Kerkraed om hierdie buiten­

gewone voorwaardes by die ooreenkoms in te sluit, was om te verhoed dat die gebou in die hande van die Hervorm­

de Gemeente te Witpoort sou val. Die gevaar het ook bestaan oat die groep Gereformeerdes op Witpoort wat nie wou verenig nie, saam met die ontevredenes van die Wolmaransstadse Gemeente seggenskap oor die gebou kon verkry en weer n opposisiegemeente stig3 ).

Ds. C.J. Snyman was die eerste predikant van die Wolmaransstadse Gemeente. Hy h~t die gemeente bedien van Desember 1890 tot 30 September 1893. Die hoek­

1. Oore~Dkoms tussen die Kerkraad en Bosman 20 April 1891; Dokument in plakboek van Leask, 110.

2. Idem.

3. Hierdie redes word as n byvoegsel tot die ooreen­

koms baie duidelik genoem, sodat ons kan aflei d~t

daar heelwat verdeeldheid op kerklike gebied moet bestaan het. n Brief van Grevelink as scriba van die N.H. of G. Kerk, Makwassie - vergelyk 0.D.9/2 , 1261/1891 - oor die gedrag van onderwyser, Stry­

dom wet gedurende skoolure rondgaan om twis en tweedrag onaer die mense te verwek, wys ook op aie verdeeldheid wat geheers het.

- 8 -

Die N.R. of G.gemeente het te Witpoort voortbe- staan tot in 1889. Reeds gedurende 1889 is n begin gemaak met die insameling van geld vir die bou van die nuwe kerk op Wo1maransstad. Die kerkgebou op Witpoort is op 20 April 1891 verruil aan Gideon Johannes Bosman, eienaar van genoemde plaas, vir erf nr. 327 ge1e~ san Vredestraat, Wolmaransstad l ). Die ooreenkoms het be- paal dat Bosman die gebou alleen as pakhuis, waenhuis, stal of vir enige anuer alledaagse huishoudelike doel mag gebruik. Die gebvu mag on .6r geen omstandighede gebruik word as skool, j

T

8rk of vir godsdienstige bye en- komste van enige sekte of gemeente wat by die nuwe

eienaar daarom aansoek mag doen nie.

bepalings sou ook sy erfgename bind.

Die genoemde Indien hierdie ooreenkoms in enige opsig verbreek word sou die Kerk- raad die reg h~ om die gebou onmiddellik te sloop2).

Die beweegredes van die Kerkraad om hierdie buiten- gewone voorwaardes by die ooreenkoms in te sluit, was om te verhoed dat die gebou in die hande van die Rervorm- de Gemeente te Witpoort sou vale Die gevaar het ook bestaan dat die groep Gereformeerdes op Witpoort wat nie wou verenig nie, saam met die ontevredenes van die Wo1maransstadse Gemeente seggenskap oor die gebou kon verkry en weer n opposisiegemeente stig3 ).

Ds. C.J. Snyman was die eerste predikant van die Wolmaransstadse Gemeente. Ry h~t die gemeente bedien van Desember 1890 tot 30 September 1893. Die hoek- 1. Oorecukoms tussen die Kerkraad en Bosman 20 April

1891; Dokument in plakboek van Leask, 110.

2. Idem.

3. Hierdie redes word as n byvoegsel tot die ooreen- koms baie duidelik genoem, sodat ons kan aflei d~t

dear heelwat verdeeldheid op kerklike gebied moet

bestaan het. n Brief van Grevelink as scriba van

die N.R. of G. Kerk, Makwassie - vergelyk 0.D.9/2 t

1261/1891 - oor die gedrag van onderwyser, Stry-

dom wat gedurende skoolure rondgaan om twis en

tweedrag onuer die mense te verwek, wys ook op die

verdeeldheid wat geheers het.

(9)

9 ­

steenlegging van die nuwe kerkgebou hat op 26 Julie 1890 plaa~gevind, en die ingebruikneming op 26 Januarie 1891 is ook deur die konsulent, ds. A.M. de Villiers van Hartebeestfontein, bygewoonl ).

7. Wolmaransstad as onafhanklike distrik verklaar.

Aanvanklik het die omgewing van Wolmaransstad deel uitge~aak van die Potchefstroomse distrik en het geval in die wyk Makwassie. Hi;,rdie posisie het voort­

geduur tot in 1894, toe die Eerste Volksraad by artikel 1049 besluit het om aan die versoek van die petisionaris­

se te voldoen deur Wolmaransstad, met advies en toe­

stemming van die Uitvoerende Raad, tot Wolmaransstad­

distrik te verklaar2 ). Blykens die notule van die Uitvoerende Raad gedateer 6 November 1895, artikel 763, is die grense van die nuwe distrik soos volg bepaal en OmSkrywe 3 ): Tussen Bloemhof en Wolmaransstad be­

ginnende op die suidwestelike hoek van die plaas Kalk­

gat, distrik Bloemhof, aan Vaalrivier bekend as baken nr.l; vandaar met n reguit lyn in n noordelike rigting tot baken nr.2, Leeuwbosch; van baken nr.2 noordwaarts tot baken nr.3, Spioenheuwel (tans Spioenkop) wes van Katboschfontein; die plaas van Jacobus Bredenhaan as hoekbaken; vandaar in noordooetclike rigting, baken nr.4, westelike lyn van die plaas Doornpan tot Twee­

lingspan; vandaar in dieselfde rigting tot baken nr.5, vandaar tot die weatelike hoek van die plaas Biesjea­

laagte van C.J. Kirsten, wat n hoekbaken van die dis­

trik sal uitmaak; vandaar met ~ reguit lyn oor Brak­

pan, die plaas van E.S. Vermaak, en Schaapplaats, die 1. Leask: Dagboek, 181.

2. ~ Locale=Wetten der Z.A.R. 1895, 363.

3. Ibid., 1895, 363-364.

- 9 -

steenlegging van die nuwe kerkgebou het op 26 Julie

~890 plaaegevind, en die ingebruikneming op 26 Januarie

189~ is ook deur die konsulent, ds. A.M. de Villiers van Hartebeestfontein, bygewoonl ).

7. Wo~maransstad as onafhanklike distrik verklaar.

Aanvanklik het die omgewing van Wolmaransstad deel uitge~aak van die Potcheistroomse distrik en het geval in die wyk Makwassie. Hi:,rdie posisie het voort- geduur tot in 1894, toe die Eerste Volksraad by artikel 1049 besluit het om aan die versoek van die petisionaris- se te voldoen deur Wolmaransstad, met advies en toe-

stemming van die Uitvoerende Raad, tot Wolmaransstad- distrik te verklaar2 ). Blykens die notule van die Uitvoerende Read gedateer 6 November 1895, artikel 763, is die grense van die nuwe distrik SOOS vo1g bepaal en OmSkrywe 3 ), Tussen Bloemhof en Wolmaransstad be- ginnende op die sUidwestelike hoek van die plaas Kalk- gat, distrik Bloemhoi, aan Vaalrivier bekend as baken nr.l; vandaar met ~ reguit lyn in ~ noordelike rigting tot baken nr.2, Leeuwbosch; van baken nr.2 noordwaarts tot baken nr.3, Spioenheuwel (tans Spioenkop) wes van Katboschfontein; die plaas van Jacobus Bredenhaan as hoekbaken; vandaar in noordooetclike rigting, baken nr.4, westelike lyn van die plaas Doornpan tot Twee- lingspan; vandaar in dieselfde rigting tot baken nr.5, vandaar tot die westelike hoek van die plaas Biesjes- 1aagte van C.J. Kirsten, wat ~ hoekbaken van die dis- trik sal uitmaak; vandaar met ~ reguit lyn oor Brak- pan, die plaas van E.S. Vermaak, en Schaapplaata, die 1. Lessk: Dagboek, ~81.

2. ~ Locaie=Wetten der Z.A.R. 1895, 363.

3. Ibid., 1895, 363-364.

(10)

~ - 10 ­

~

plaas van C.J. Kriel; vandaar na die ou werf van E.S.

Vermaak, baken nr.6; vandaar met ~ reguit lyn tot baken nr.7 op Rietfontein, distrik Potohefstroom, op die hoogste punt van ~ kop aan die noordoostekant van die woning van Salomon Klaassen; vandaar in ~ suide­

like rigting oor die plase Sohietfontein en Jaokhals­

fontein tot ~ baken op die heuwel Jaokha1sfontein,

baken nr.8; vandaar in dieselfde rigting oor die plase Klippen, Goedvooruitzicht, Cyferfontein en Vaelbosch, tot ~ hoek by baken nr. 9, Matjesspruit aan die Vaal­

rivier op die plaas van G. Potgieter, wat die ou hoek­

baken vorm tussen wyke Schoonspruit en Makwassie en van- dear met Vaa1rivier af tot by baken nr.l.

Vanaf 15 Januarie 1896 sou die distrik onderworpe wees aan die jurisdiksie van ~ landdroshoof en aan die outoriteit van ~ landdros en ander amptenare wat ver­

kies of in die toekoms aangestel sal word vir die ad­

ministrasie van die distrik1 ). Op 23 Januarie 1896 is Hendrik de Waal as waarnemende landdros met n sala­

ris van £550 per jaar en Nicolaas Jacobus Smit as pu­

blieke aanklaer, landdrosklerk en se~luitde1er met ~

salaris van £300 per jear aangeste1 2 }. Eersgenoemde was vroeer landdrosklerk te Barberton en laasgenoemde

tweede landdrosklerk te Heidelberg3 ).

Op 25 Februarie 1896 is die distrik in twee wyke verdee1, n1. wyk nr. 1 of Makwassiespruit en wyk nr.2 of wyk Vaa1rivier. Die verdelingslyn was soos volg:

Van die plaas Rietfontein van D. Wessels met ~ reguit lyn ne Wolmaransstad en vandaar af met die grootpad na die plaas Jackhalsfontein van J.J. van Vuuren4 ).

1. 2. Staatsalmanak der Z.A.Republiek 1897, 324.

Notu1e Uitvoerende Raad d.d. 22 Jan. 1896.

3. Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

4. staats Courant, 28 September 1898, 1359.

Leask: Dagboek, 78. Hoewel die verdeling ~eds

in 1896 gemaak is, is dit eers in 1898 so ge­

prok1ameer.

- 10 -

pIa as van C.J. Kriel; vandaar na die ou werf van E.S.

Vermaak, baken nr.6; vandaar met n reguit lyn tot baken nr.7 op Rietfontein, distrik Potohefstroom, op die hoogste punt van n kop san die noordoostekant van die woning van Salomon Klaassen; vandaar in ~ suide- like rigting oor die plase Schietfontein en Jaokhals- fontein tot ~ baken op die heuwel Jackhalsfontein,

baken nr.8; vandaar in dieselfde rigting oor die plase Klippan, Goedvooruitzioht, Cyferfontein en Vaalbosoh, tot ~ hoek by baken nr. 9, Matjesspruit aan die Vaal- rivier op die plaas van G. Potgieter, wat die ou hoek- baken vorm tussen wyke Sohoonspruit en Makwassie en van- dear met Vaalrivier af tot by baken nr.l.

Vanaf 15 Januarie 1896 sou die distrik onderworpe wees aan die jurisdiksie van ~ landdroshoof en aan die outoriteit van ~ landdros en ander amptenare wat ver- kies of in die toekoms aangestel sal word vir die ad- ministrasie van die distrik l ). Op 23 Januarie 1896 is Hendrik de Waal as waarnemende landdros met ~ sala- ris van £550 per jaar en Nicolaas Jacobus Smit as pu- blieke aanklaer, landdrosklerk en seeluitdeler met ~ salaris van £300 per jaar aangeste1 2 ). Eersgenoemde was vroe~r landdrosklerk te Barberton en lea.sgenoemde

tweede landdrosklerk te Heidelberg3 ).

Op 25 Februarie 1896 is die distrik in twee wyke verdeel, nl. wyk nr. 1 of MBkwassiespruit en wyk nr.2 of wyk Vaalrivier. Die verdelingslyn was soos volg:

Van die plaas Rietfontein van D. Wessels met ~ reguit lyn na Wolmaransstad en vandaar af met die grootpad na die plaas Jackhalsfontein van J.J. van Vuuren4 ).

1. Staatsalmanak der Z.A.Republiek 1897, 324.

2. Notule Uitvoerende Raad d.d. 22 Jan. 1896.

3. Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 2.

4. staats Courant, 28 September 1898, 1359.

Leask: Dagboek, 78. Hoewel die verdeling ~eds

in 1896 gemaak is, is dit eers in 1898 so ge-

prok1ameer.

(11)

I

- 11 -

Op 9, 10, 11 en 12 Desember 1896 is daar 'll ver­

kiesing in die nuwe distrik gehou om die burgers die geleentheiJ te gee om vir hulle 'll 1anddros te kiesl ).

Die Uitvoerende Raad het besluit om aie here H. de Waal, tweede landdros te Vio1maransstad, en J.F.E. de Beer, Resident-Vrederegter te Potgietersrust, as kandidate te benoem. Die burgers se keuse het op H. de Waa1 geval.

Op 12 Januarie 1897 1s by na Pretoria, waar hy op 26 Januarie op gebruiklike wyse as landdros ingesweer is 2 }.

Die 1anddros het hom daadwerklik beywer om blanke berede polisie aangestel te kry in die plek yan die be­

staande po1isiewag van kleurlinge. Op 2 Februarie 1897 het hy 'll skrywe aan die Staatsekretaris gerig, waarin by

die aanstelling van 'll distriksgeneesheer as baie nood­

saaklik bepleit. Uit die twee sollisitante, drr. P.A.

Hoole en Justus Sohmauer, is laasgenoemde aangeneem en aangestel teen £100 per jaar3 }.

Magtiging is verkry van die Uitvoerende Raad om 50 goewermentserwe per publieke veiling te verkoop teen'll insetprys van £10 per erf. Die nommers van die erwe sou bepaal word deur die Registrateur van Aktes in oor­

leg met di€ lanJdros te Wolmaransstad 4 ). Op 1 April 1897 is n petisie geteken deur 147 ingesetens aan die Tweede Volksraad gerig, waarin hulle verklaar het dat die bloei en vooruitgang van die dorp grootllks bevor­

der sou word deur die aanbou van 'll dam. Hu1le hat eerbiedig versoek dat die som van £3,000 vir hierdie doe1 toegestaan sou word. Die erwe sou sovee1 in wear- de styg dat dit by die verkoping driedubbel die bedrag sou oplewer5 ). Ne onderhandelings is op 10 Maart 1898 l . Staats Courant, 7 Desember 1896: Goewermentskennis­

gewing Nr.45l.

2. Staatsalmanak der Z.A.Repub1iek 1897, 324.

3. Notule Uitvoerende Raad, 25 Maart 1897, art. 272.

4. Ibid., 11 Maart 1897, art. 208. ' 5. Eau1ing: Geekiedenis van Wolmaransstad, 5.

- 11 -

Op 9, 10, 11 en 12 Deseraber 1896 is daar 'll ver- kiesing in die nuwe distrik gehou om die burgers die geleentheiJ te gee om vir hulle n landdros te kiesl ).

Die Uitvoerende Raad het besluit om die here H. de Waal, tweede landdros te V/olmaransstad, en J.F.E. de Beer, Resident-Vrederegter te Potgietersrust, as kandidate te benoem. Die burgers se keuse het op H. de Waal geval.

Op 12 Januarie 1897 is by ne Pretoria, waar hy op 26 Januerie op gebruiklike wyse as landdros ingesweer is 2 ).

Die landdros het horn daadwerklik beywer om blanke bereee polisie aangestel to kry in die plelt 1'811 die be- staande polisiewag van kleurlinge. Op 2 Februarie 1897 het hy n skrywe aan die Staatsekretaris gerig, waarin by die aanstelling van ~ distriksgeneesheer as baie nood- saaklik bepleit. Uit die twee sollisitante, drr. P.A.

Hoole en Justus Schmauer, is laasgenoemde aangeneem en aangestel teen £100 per jaar3 ).

Magtiging is verkry van die Uitvoerende Raad om 50 goewermentserwe per publieke veiling te verkoop teen 'll insetprys van £10 per er!. Die nommers van die erwe sou bepaal word deur die Registrateur van Aktes in oor- leg met di€ lanJdros te Wolmaransstad 4 ). Op I April 1897 is ~ petisie geteken deur 147 ingesetens aan die Tweede Volksraad gerig, waarin hulle verklaar het dat die bloei en vooruitgang van die dorp grootliks bevor- der sou word deur die aanbou van n dam. Hulle het eerbiedig versoek dat die som van £3,000 vir hierdie doel toegestaan sou word. Die erwe sou soveel in wear- de styg dat dit by die verkoping driedubbel die bedrag sou oplewer5 ). Na onderhandelings is op 10 Maart 1898 l. Staats Courant, 7 Desember 1896: Goewermentskennis-

gewing Nr.451.

2. Staatselmanak der Z.A.Republiek 1897, 324.

3. Notule Uitvoerende Raed. 25 Maart 1897, art. 272.

4. Ibid., 11 Maart 1897, art. 208. .

5. Bauling: Geekiedenis van Wolmaransstad, 5.

(12)

- 12

j eur die Sekretaris 'n skrywe gerig waarin hy meed eel dat n bedrag van £5,000 goedgekeur is vir die doell ), en op 23 Mei 1898 het landdros De Waal aan die hoof van publieke werke 'n telegram gestuur dat werksaamhede aan die dam begin is met 100 man 2 ).

In 1897 was die vernaamste geboue in die dorp die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Kerk, met ds. Paul Nel as predikant, die winkels van Thos. Leask en Kie.• en F. Wronssky, asook verskeie privaat wonings 3 ). Die eerste gesondheidskomitee het bestaan uit 4 ):-

Vir die dorp: mnre. J.C. Bornman, F.W. Konig, Thos.

Leask;

vir Wyk 1: mnre, N.J.S.Bosman, C.J. van Wyk, W.J.Erasmus;

vir Wyk 2: mnre. H.J.C.Sneyders, W.O'Reilly, L.P.Ober­

holzer.

8. Sameva tting.

Hoewel belangstelling van blankes in Wolmaransstad­

se omgewing al vanaf die veertiger jare van die negen­

tiende eeu aangetref word, die ontdekking van diamante in 1871 die grootpad na die Noorde hierlangs tot gevolg gehad het, die broers Leask reeds vanaf 1876 hier begin handel Jrywe het, w8ardeur die dorp as sodanig in 1884 geproklameer kon word, tog vind ons n@rens dokument~re

gegewens dat georganiseerde onje~vys gegee is of aandag geniet het voor 1886 nie. iJie redes hiervoor is voor die hand liggend. Die gebied se re~nval is laag, en droogtes het dikwels voorgekom, waardeurdie boerdery so onseker was dat daar voortdurend getrek moes word op soek na beter wei,ling vir j ie vee. Daarby moet ge­

voeg word dat hierdie deel ook minjer produktief was, 1. Volksraadsnotule van die Z.A.R., 9 Ma~rt 1898,

art.3l9.

2. Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 6.

3~ Staatsalmana~ der Z.l.Republiek 1897, 324.

4. Idem.

- 12 -

d eur cl ie Sekretaris 'n skrywe gerig waarin hy meedeel dat n bedrag van £5,000 goedgekeur is vir die doell ), en op 23 Mei 1898 het landdros De Waal aan die hoof van publieke werke 'n telegram gestuur dat werksaamhede aan die dam begin is met 100 man 2 ).

In 1897 was die vernaamste geboue in die dorp die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Kerk, met ds. Paul Nel as predikant, die winkels van Thos. Leask en ICie .• en F. Wronssky, asook verskeie privaat wonings 3 ). Die eerste gesondheidskomitee het bestaan uit 4 ):-

Vir die dorp: mnre. J.C. Bornman, F.W. K8nig, Thos.

Leask;

vir Wyk 1: mnre. N.J.S.Bosman, C.J. van Wyk, W.J.Erasmus;

vir Wyk 2: mnre. H.J.C.Sneyders, W.O'Reilly, L.P.Ober- holzer.

8. Sameva tting.

Hoewel belangstelling van blankes in Wolmaransstad- se omgewing al vanaf die veertiger jare van die negen- tiende eeu aangetref word, die ontdekking van diamante in 1871 die grootpad na die Noorde hierlangs tot gevolg gehad het, die broers Leask reeds vana! 1876 hier begin handel Jrywe het, waardeur die dorp as sodanig in 1884 geproklameer kon word, tog vind ons n@rens dokument@re gegewens dat georganiseerde onje~vys gegee is of aandag geniet het voor 1886 nie. Die redes hiervoor is voor die hand liggend. Die gebied se re~nval is laag, en droogtes het dikwels voorgekom, waardeurdie boerdery so onseker was dat daar voortdurend getrek mocs word op soek na beter weiJing vir Jie vee. llaarby moet ge- voeg wora dat hierdie deel ook min-:ler produktief was, 1. Volksraadsnotule van die Z.A.R., 9 Ma~rt 1898,

art.319.

2 .• Bauling: Geskiedenis van Wolmaransstad, 6.

3~ Staatsalmana~ der Z.l.Republiek 1897, 324.

4. Idem.

(13)

- ~j -

en die belangstelling van die boere is eers gaande ge- maak nadat die beste plase in Transvaal in besit geneem was. Die ontwikkeling ook op onderwysgebied sou dus baie gele~de11k intree •

- ~j -

en die belangstelling van die boere is eers gaande ge-

maak nadat die beste plase in Transvaal in besit geneem

was. Die ontwikkeling ook op onderwysgebied sou dus

baie gele~de11k intree.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

(vi) Die sosiokulturelo werklikhcid is voortdurend besig om te ontwikkel en te verander as gevolg van die sosiale prosesse van verandering wat In vorm van

Daar moes met enkele vrae in die vraelys bepaal word in welke mate hierdie aspek in die beroepsleidingprogram tot sy reg kern.. Individuele voorligting is die

Verder handel hierdie navorsing by uitstek oor ouer-kind-opvoedingsverhoudinge en word daar deurgaans besin oor die wese en doel van opvoeding, oor die

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

industri~le ~ebied~ kan dit beswaarlik verlaag word. eerder mag klim as daal. Dit moet ook onthou word dat daar individuele begaafd-.. hei~sverskille tussen

die subtoetse. Swak prestasie in die subtoetse vir psigomotoriese koordinasie mag daarop dui dat die betrokke leerlinge liefs beroepe waar skryf- en/of tekenwerk

Hierdie studie vorm deel van die Projek Akademiese PrestasievoorspeZling van die Departement Empiriese Opvoedkunde en is deur n groter toekenning van die Raad

Die wyse waarop nie-direktiewe respondering gebruik word, maak die kind met AS daarvan bewus dat hy nie meer ʼn liniêre benadering (waar ander geblameer word