• No results found

'n Ondersoek na die rol van sosiale media in sportbemarking

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Ondersoek na die rol van sosiale media in sportbemarking"

Copied!
50
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

'n Ondersoek na die rol van sosiale media in

sportbemarking

FJVZ Willemse

orcid.org/0000-0002-9410-0111

Skripsie voorgelê ter gedeeltelike nakoming vir die graad

Magister in Bedryfsadministrasie

aan die

Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Prof CA Bisschoff

Gradeplegtigheid: Julie 2018

Studentenommer: 10961542

(2)

ABSTRACT

Varsity Cup sport meetings (especially rugby) is well supported by university students and even attract more supporters than some provincial matches. The focus of this study was thus to investigate the nature of the marketing that motivate these supporters. The enormous role that social media plays in modern communication influenced the decision to investigate social media as marketing channel. Along with marketing other reasons for attending were also investigated (e.g. social influences, competition quality, atmosphere etc.). The results showed clear answers regarding the popularity of certain sport codes, the most popular social media platforms used for marketing, and the experience of meetings. Results rendered only usable averages and few correlation and/or statistical meaningful differences. The social media platform profiling of this study could however still be of worth in that this could be targeted by marketers to establish an effective communication channel for marketing.

KEY WORDS: Marketing, social media, Varsity Cup sport, WhatsApp, Facebook OPSOMMING

Varsity Cup sportbyeenskomste (veral rugby) word baie goed ondersteun deur studente en lok groter getalle toeskouers as sommige provinsiale wedstryde. Die fokus van hierdie studie was dus om ondersoek in te stel na die aard van bemarking wat die studente so motiveer. Weens die enorme rol wat sosiale media hedendaags in kommunikasie speel, is besluit om sosiale media spesifiek te ondersoek as bemarkingskanaal. Daar is tesame met bemarking ook gekyk na ander redes vir bywoning (bv. sosiale invloede, kwaliteit kompetisie, gees en atmosfeer ens.). Die resultate het duidelike antwoorde gekry oor gewildheid van die verskeie sportsoorte, die sosiale media platforms wat die gewildste is asook meeste gebruik word vir bemarking, en die ervaring van die byeenkomste. Resultate het egter net bruikbare waardes in gemiddelde gelewer en weinig korrelasies en/of statisties betekenisvolle verskille getoon. Die studie is wel steeds van nut aangesien dit ʼn profiel opgestel het van die sosiale media platforms wat deur bemarkers geteiken kan word om ʼn effektiewe bemarkingskommunikasiekanaal te bewerkstellig.

SLEUTELWOORDE: Bemarking, sosiale media, Varsity Cup sport, WhatsApp, Facebook

(3)

ii

INHOUDSOPGAWE

OPSOMMING ... I 1 PROBLEEMSTELLING ... 1 1.1 Navorsingsvraag ... 1 1.2 Navorsingsdoelwit ... 1 1.2.1 Algemene doelwit ... 1 1.2.2 Spesifieke doelwitte ... 1 1.3 NAVORSINGSONTWERP... 1 1.3.1 Navorsingsbenadering ... 1 1.3.2 Metode ... 1 2 LITERATUURSTUDIE ... 4

2.1 Sosiale media platforms ... 4

2.2 Die “Net” generasie ... 5

2.3 Sportkommunikasie ... 6

2.4 Sportbemarking ... 11

3 RESULTATE EN BESPREKING ... 15

3.1 Resultate ... 15

3.2 Bespreking ... 27

3.2.1 Profiel van die huidige studente bepaal wat VC sport bywoon ... 27

3.2.2 Watter sosiale media suksesvol gebruik kan word om die ondersteuners te bereik ... 28

3.2.3 Die belangrikheid van die verskillende VC sportsoorte te bepaal ... 28

(4)

3.2.5 Die rol wat tradisionele media op kampus speel in die bemarking van VC

sport ... 30

3.2.6 Die rol wat sosiale invloede (byvoorbeeld vriende, klasmaats en koshuis) in die universiteitsomgewing speel as motivering om byeenkomste by te woon ... 30

4 AANBEVELINGS EN TEKORTKOMINGE ... 32

BRONNELYS ... 33

AANHANSELG A – VRAELYS ... 35

AANHANHSEL B – GRAFIEKE (OPGESTEL DEUR GOOGLE FORMS) ... 41 AANHANGHSEL C – STATISTIESE BEREKENINGE... XXI

(5)

iv

LYS VAN TABELLE

Tabel 2-1: Komponente verbonde aan waargenome kwaliteit van ʼn sportfasiliteit ... 13

Tabel 3-1: Demografiese profiel van respondent (n=33) ... 16

Tabel 3-2: Respondente se deelname/belangstelling in sport ... 17

Tabel 3-3: Voorkeur sosiale media gebruik ... 18

Tabel 3-4: VC ondersteuning ... 18

Tabel 3-5: Beskrywende statistiek: Sportsoort ondersteuning ... 19

Tabel 3-6: Bemarking van VC onder studente ... 19

Tabel 3-7: Moontlike redes vir “wegbly” ... 20

Tabel 3-8: Sosiale media kanale vir verspreiding van VC inligting ... 21

Tabel 3-9: Nooi vriende via die volgende sosiale media ... 21

Tabel 3-10: Sosiale redes vir bywoning ... 22

Tabel 3-11: Atmosfeer en karakter van byeenkomste ... 23

(6)

LYS VAN FIGURE

(7)

1 PROBLEEMSTELLING 1.1 Navorsingsvraag

Watter faktor beïnvloed studente se ondersteuning die meeste: sportbemarking op sosiale media, tradisionele bemarking, sosiale invloede of handelsmerk getrouheid?

1.2 Navorsingsdoelwit 1.2.1 Algemene doelwit

Die algemene doelwit is om die rol te bepaal wat sosiale media speel in die bemarking van Varsity Cup (VC) sport.

1.2.2 Spesifieke doelwitte

Spesifieke doelwitte van hierdie navorsing is om te bepaal watter faktore die grootste rol speel in motivering om Varsity Cup sportbyeenkomste by te woon:

 Profiel van die huidige studente bepaal wat VC sport bywoon

 Watter sosiale media suksesvol gebruik kan word om die ondersteuners te bereik  Die belangrikheid van die verskillende VC sportsoorte te bepaal

 Die rol wat sosiale media speel in die bemarking van VC sport

 Die rol wat tradisionele media op kampus speel in die bemarking van VC sport Die rol wat sosiale invloede (byvoorbeeld vriende, klasmaats en koshuis) in die universiteitsomgewing speel as motivering om byeenkomste by te woon

1.3 NAVORSINGSONTWERP 1.3.1 Navorsingsbenadering

Vir hierdie studie sal ʼn nie-eksperimentele ontwerp gevolg word, waar daar van ʼn kwantitatiewe data-insamelingsmetode gebruik gemaak gaan word. Ordinale meting gaan via vraelyste gedoen word.

1.3.2 Metode

(8)

a) Literatuuroorsig

Die literatuuroorsig word in samewerking met die NWU biblioteek se (aanlyn) navorsingsdiens gedoen. Hier speel die toegewyde navorsingsassistent ʼn belangrike rol om die gepaste bronne te identifiseer. Daar word benewens wetenskaplike artikels, boeke en ander brondokumente verder ook op die universiteit se elektroniese databasisse gesteun. Hier speel veral die aanlyn soektogplatforms soos ebscohost,

google scholar en google ook ʼn rol. b) Populasie en steekproef

Die populasie van hierdie studie is voltydse studente aan die Noordwes Universiteit (NWU), Potchefstroom Kampus. Dit sluit in beide mans en vrouestudente. Die insluitingsvoorwaarde vir studie gaan slegs ingeskrewe studente aan NWU, Potchefstroom kampus insluit. Respondente word nie uitgesluit as hul nie wedstryde bywoon nie, omdat hul redes vir nié-bywoning ook waardevol kan wees.

Die studie maak gebruik van ʼn gerieflikheidsneeubal metode om data in te samel. Die populasie is gekies volgens studierigtings (Liggaamlike Opvoeding, Lewensoriëntering onderwys en Menslike Bewegingskunde). Die skakel vier die vraelys is op die akademiese platform efundi se betrokke module blaaie geplaas, sowel as via WhatsApp versprei. Die studie is voorgelê aan die betrokke dosente wat hulle finale goedkeuring op die projek plaas en dan die student inlig dat die studie vrywillig is en slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word. Die studie is ook anoniem. Die respondente is verder versoek om die vraelys skakels aan hulle universiteitsvriende (buite hul studierigting) te versprei om die sneeubal effek aan die gang te sit onder voltydse studente. (Die kwalifiserende vraag wat aandui of die respondent wel ‘n voltydse student is, sal gebruik word om die enkele nie-studente respondente te identifiseer in die datastel.)

c) Meetinstrument

Die meetinstrument is ‘n vraelys bestaande uit twee metodes van antwoord: by die eerste metode moet die respondent slegs die toepaslike opsie (syfer) kies bv. Verblyf: 1) kampuskoshuis, 2) dorpskoshuis of 3) privaatstudent. Die tweede metode dui die respondente hulle ingesteldheid aan op ‘n Likert-skaal formaat waar 1) “Stem glad nie saam nie”, tot 5) “stem volkome saam”, gebruik word (sien Bylaag A). Die vraelys is anoniem. Afdeling A is die ingeligte toestemming. Inligting aangaande die algemene

(9)

en demografiese profiel van die respondente word gevra in Afdelings B, terwyl Afdeling C meer fokus op die sosiale media en bywoningsgedrag van die respondente.

d) Navorsingsprosedure

Die vraelyste gaan op die platform Google forms gegenereer word en sal dan vir

Efundi en WhatsApp versprei word. Die sneeubal effek gaan verder veroorsaak dat

daar verskeie respondente buite die aanvanklike twee koshuise gaan deelneem aangesien die facebook blaaie ook deur ander studente besoek word wat kan deelneem.

e) Statistiese analise

Google forms se data-funksie word gebruik om die data vas te lê. Daarna sal die NWU Statistiese konsultasiedienste die statistiese ontledings doen in oorleg met die studieleier. Beide inferensiële statistiek sowel as multidimensionele analises en betroubaarheidskoëffisiënte word in die vooruitsig gestel.

f) Etiek oorwegings

Die studie word geag as ‘n lae-risiko studie aangesien dit slegs die persepsies van die respondente aangaande hulle bywoning van sport meet. Vraelyste kan dus op geen wyse sosiale, psigiese of fisieke skade aan enige deelnemers verrig nie. Deelname aan die studie is vrywillig en alle deelnemers aan die studie is anoniem. Geen rekord word gehou van die deelnemers, hulle e-pos, IP adresse en/of facebook adresse nie.

(10)

2 LITERATUURSTUDIE 2.1 Sosiale media platforms

Sosiale media is versamelnaam vir ʼn verskeidenheid internet toepassings wat verbruikers in staat stel om nuwe inhoud te skep en interpersoonlike interaksie. Hierdie interaksie behels ʼn verskeidenheid forme maar die deel van skakels, publieke profiel opdatering, deel van foto’s video’s ens. en kommentaar op foto’s, plasings ens. kom die algemeenste voor (techopedia, 2017).

 Facebook

Facebook is ‘n gratis sosiale netwerk web platform wat interaksie tussen verskeie individue of groepe (vriende, kollegas en familie) bevorder en fasiliteer (technopedia, 2017). Volgens INSIDE MAN (2016) is Facebook die grootste sosiale media platform en bied geleentheid aan kleiner maatskappy/besighede/organisasies om dieselfde bemarkingsvoetspoor te bereik as die groot korporatiewe maatskappye met groot bemarkingsbegrotings. Volgens BusinessTech (2017) is Facebook die gewildste sosiale media platform in Suid-Afrika met ongeveer 16 million.

 WhatsApp

WhatsApp is ʼn gratis (advertensie vrye) kitsboodskap diens vir alle slimfone en behoort aan Facebook waar interpersoonlike kommunikasie plaasvind via teksboodskappe, foto’s, video’s asook WhatsApp calls (Yourdictionary, 2017). Die diens behels ʼn minimale subskripsie fooi (99 Amerikaanse sent per jaar) wat via wifi gratis boodskappe beteken. Indien wifi nie beskikbaar is nie, word normale selfoon datatyd gebruik. Yourdictionary (2017) reken WhatsApp het nagenoeg 400 miljoen gebruikers wat daagliks vermeerder.

 Twitter

BusinessTech reken dat Twitter die tweede gewildste sosiale media platform Suid-Afrika is met 7 miljoen gebruikers.

 Team App

Team App is ‘n platform vir sportspanne en sosiale groepe wat hul instaatstel om kommunikasie te verbeter deur hulle eie slimfoon toepassing te skep (Team App,

(11)

2017). Inligting rakende wedstryddatums, uitslae, spanlysname ens. kan via hierdie platform gedel word.

 Aanlyn forums

Volgens TechTerms (2017) is aanlyn forums is ‘n webwerf of gedeelte van ‘n webwerf wat gebruikers/besoekers in staat stel om via geplaasde boodskappe interpersoonlik te kommunikeer. Die tema of doelwit van forums verskil individueel en strek vanaf inligtingsblaaie vir stokperdjies (bv. visvang) tot “snuffelgids” blaaie vir informele verkoopsblaaie. Meestal forums laat anonieme besoekers toe om boodskappe te lees, maar om plasings te maak of somtyds selfs om foto’s te besigtig, moet die individu by die forum ingeteken wees.

2.2 Die “Net” generasie

Persone gebore in die 1990’s en later word beskou as die net generasie (network generation). Hul word gekenmerk aan grootwordjare in die teenwoordigheid van rekenaars en sommige het reeds tussen die ouderdomme van 5 en 8 jaar oud rekenaars begin gebruik (Oblinger & Oblinger, 2005). Oblinger & Oblinger (2005) hou voor tot 2 miljoen kinders (6-17 jaar) het in 2005 hul eie webtuiste gehad. Rekenaars en internet begin so algemeen raak soos die telefoon en foonboodskappe speel ʼn belangrike rol in kommunikasie en sosialisering onder leerders. In onderhoude met leerders het hul gevind dat kinders tegnologie baie belangrik ag weens verskeie redes:

 Dit is integraal tot hul wêreld

 Tegnologie is so ingegrawe in die gemeenskap dat dit moeilik sal wees om dit nie te kan gebruik nie

 Dit is behulpsaam – maak dinge vinniger

 Abstrakte konsepte kan makliker verstaan word as tegnologie ingespan word as leer instrument

 Tegnologie laat mens toe om soveel as moontlik te leer oor bykans enige onderwerp

 Kinders maak konneksies met vriende op soek na hulp of om hulp aan te bied Tog het die leerders dit in perspektief ook gesien en aangevoer dat opvoedkundiges steeds nodig is as fasiliteerders vir leer en dat sosiale vaardighede nie (effektief) slegs

(12)

deur tegnologie ontwikkel kan word nie, sonder fisiese persoon tot persoon interaksie (Oblinger & Oblinger, 2005).

Die eienskap van studente (18 tot 22 jariges) (weens tegnologie gebruik) sluit in vinnige terugvoer, digitale geletterdheid, vinnige rondspring van fokus/konsentrasie, in verbinding met die wêreld, eksperimentele leerstyle, goeie sosiale kommunikeerders wat meer ontvanklik is vir diversiteit en mededeelsaamheid, groep/spanwerk georiënteerd en laastens is hul struktuur afhanklik met voorkeur vir duidelike riglyne en reëls rakende probleemoplossing (Oblinger & Oblinger, 2005). Die Net generasie gebruik tegnologie vir simulasies en visualisering om hul eie konklusies te vorm, ʼn ander vorm van eerste persoonleer aangevuur deur verskeie rekenaar speletjies (Oblinger & Oblinger, 2005).

2.3 Sportkommunikasie

Die term “sportkommunikasie” behels meer as sport verwante boodskappe. In ʼn mees basiese definisie kan moontlik gesê word sportkommunikasie is bloot die uitruil van informasie deur sport. Sportkommunikasie is egter dat ʼn baie meer geïntegreerde, gedetailleerde en komplekse proses (Pedersen et al., 2017:82). Pedersen et al. (2017:82) stel ‘n meer omvattende definisie voor nl.

 Sport kommunikasie  is ʼn proses

 waardeur mense

 in sport, in sport omgewing of deur ʼn sport onderneming  simbole deel

 terwyl betekenis deur interaksie geskep word.

Dit word dus gestel dat sportkommunikasie interpersoonlike, groeps en organisatoriese sportkommunikasie insluit (Pedersen et al., 2017:83).

Die sportkommunikasie proses

Kommunikasie bestaan uit verskillende elemente nl. bron, boodskap, ontvanger, terugvoer en aanpassings by terugvoer. Hierdie element word beïnvloed deur steurings en die omgewing. Die proses word beter uiteengesit in fig 2.1.

(13)

Figuur 2-1: Die kommunikasieproses (aangepas vanaf Pedersen et al., 2017:87)

Die proses begin by die sender wat die boodskap genereer, ʼn betrokke

kanaal/medium kies (bv. direk verbaal) en die boodskap aan die ontvanger oordra

via die betrokke kanaal. Die ontvanger interpreteer die boodskap aan en gee terugvoer (via spesifieke kanaal/medium) aan die sender. Die sender pas nou weer interpretasie toe en gee weer terugvoer aan ontvanger. Die proses word herhaal tot die kommunikasieproses gestaak word.

In die wyer konsep van sportkommunikasie kan die sender enige persoon/instansie wees vanaf afrigter en/of spanbestuurder, tot uitsaaiers en/of kommentators. Die kanaal/medium kan strek vanaf direkte verbale kommunikasie of grafiese skemas rakende beplanning (afrigters) tot media/massamedia (tv kommentators en/of sportrubriekskrywers). Ontvangers sal dan strek vanaf spelers/afrigtingspan tot kykers/luisteraars/lesers (Pedersen et al., 2017:88). Interpretasie en terugvoer kan dan direk plaasvind vanaf afrigtingspan terug na afrigter, hoewel by kommentators of die media is die proses meer ingewikkeld of vind soms selfs nie plaas nie. Hier kan sosiale media natuurlik ʼn rol speel, hoewel dit steeds op ʼn indirekte wyse sal plaasvind (bv. ʼn kommentator wat per later geleentheid terugvoer op twitter lees).

Pedersen et al. (2017:95) stel ʼn nuwe model voor vir sport kommunikasie, wat vanselfsprekend deurgetrek kan word na sportbemarking. Hierdie model is Die Strategiese Sport Kommunikasie Model (The Strategic Sport Communication Model o SSCM). Die model kan in Figuur 2.1 gesien word.

(14)

Die model sal vervolgens kortliks bespreek word.

Komponent 1: Persoonlike en organisatoriese kommunikasie in sport

Komponent 1 sluit persoonlike kommunikasie (inter en intrapersoonlike sowel as groepskommunikasie) en organisatoriese kommunikasie (inter en intra-organisatories) (Pedersen et al., 2017:96). Intrapersoonlike kommunikasie behels kommunikasie met jouself of dan interne kommunikasie (refleksies, besluitneming, interne motivering/lokus van kontrole). Hierdie vorm van kommunikasie kom die meeste voor in sport hoewel bykans onmoontlik om te monitor of meet weens die privaatheid daarvan. Intrapersoonlike kommunikasie word wel ervaar waar “blog” skrywers hul gevoelens/menings op sosiale media deel (gemediëerde intrapersoonlike kommunikasie).

Interpersoonlike of klein groepkommunikasie kom die algemeenste voor tussen sportpersoneel binne die sport organisasie. Beide hierdie vorme sluit in die vloei van inligting tussen individue en/of vloei van inligting binne ʼn kleiner groep (twee tot drie presone). Interpersoonlike kommunikasie kan plaasvind via aangesig tot aangesig, geskrewe of deur gemediëerde/ongemediëerde kanale. Pedersen et al. (2017:97) hou voor dat gemediëerde interpersoonlike kommunikasie ʼn groeiende verskynsel in die sportwêreld is, wat beduidend na vore kom in sosiale media. Sosiale media en sosiale netwerke word selfs gesien as die oorsaak dat die onderskeidingslyne tussen interpersoonlike en massa kommunikasie vervaag. Hier neem interpersoonlike kommunikasie ʼn massa media vorm aan en vice versa om sodoende relevant tot sekere gehore te bly (Pedersen et al., 2017:97).

Organisatoriese sportkommunikasie onderskei ook tussen inter en intra-organisatoriese kommunikasie. Interintra-organisatoriese kommunikasie vind plaas wanneer ʼn spesifieke sportorganisasie kommunikeer met ander rolspelers in die bedryf bv. verbruikers ens. Gemediëerde interorganisatoreise kommunikasie sluit in kommunikasie aktiwiteite waar die sportorganisasie kommunikeer via e-pos of sosiale media met ʼn ander entiteit. Intra-organisatoriese kommunikasie vind plaas binne die organisasie. Dit sluit in kommunikasie tussen werknemers en kollegas, sowel as die organisasie kultuur, personeel gebruike/rituele, tradisies en ander faktore wat kommunikasie binne in die organisasie kan beïnvloed (Pedersen et al., 2017:98).

(15)

Hierdie komponent van die Strategiese Sportkommunikasie Model behels die diskrete elemente van die sport media. Die media beïnvloed die sportwêreld die meeste deur sportrubrieke, sport televisiekanale en radiouitsendings, sportwebwerwe en sosiale media platforms asook sporttydskrifte (Pedersen et al. 2017:98). Gemediëerde sportkommunikasie word vergestalt via massa en sosiale media, strekkend vanaf sosiale media interaksie deur sportspanne tot “fantasie sportspan” slimfoontoepassings en gedrukte media soos koerantartikels en tydskrifte soos

Sarugby, Sportsillustrated ens. Pedersen et al. (2017:99) stel dit dat die grootste mark

vir gemediëerde sportkommunikasie is die sogenaamde “millennials” (jongmense gebore in die 1980’s en 1990’s), wat ongeveer 18 uur per dag spandeer op verskeie media platforms. Die platforms kan gelyktydig gebruik word bv. om te tweet terwyl ‘n sportuisending op tv of internet gevolg word.

Massa media in sportkommunikasie bestaan uit tradisionele massa kommunikasie mediums soos die pers en uitsaaimedia (Pedersen et al., 2017:99). Sportpers sluit in sporttydskrifte, koerante en boeke wat professies betrek soos sportjoernaliste soos sportskrywers, rubriekskrywers, fotograwe en redakteurs. Uitsaaimedia sluit weer in tv en radio uitsendings, films, sportkanale en satellietverskaffers. Daar word toenemend van sportjoernaliste verwag om nuwer media tegnologie te gebruik vir beriggewing sowel as nuusinsameling. Sosiale is tans die primêre bron waar die publiek hul sportnuus opsoek en ontvang (Pedersen et al., 2017:102). Digitale, slimfoon en sosiale media is besig om uit te brei in beide verspreiding en belangrike rol wat dit speel in sport en media organisasies en ander sportbelanghebbendes.

Komponent 3: Sportkommunikasie dienste en ondersteuning

Segment van hierdie belangrike komponent sluit in sportverwante geïntegreerde bemarkingskommunikasie, openbare betrekkinge en krisis kommunikasie sowel kommunikasie navorsing (Pedersen et al., 2017:102). Die sportbemarkingskommunikasie behels tegnologiese ontwikkeling in die sport industrie bemarking, innoverende en tradisionele adverteringsmetodes in sport, en advertering deur sport. Ten einde meer effektief te wees benodig sportbemarkingskommunikasie ‘n strategie wat kommunikasie bestuur tussen die bemarker en sy kliënte teiken segment terwyl die handelsmerk volhou en uitgebou moet word. Handelsmerkkommunikasie bestuur behels die koördinering van die handelsmerk kenmerke (beeld, identiteit) met die nuwe geleenthede wat deur die verskeie (en

(16)

nuwe) kommunikasiekanale (digitale en sosiale media, e-pos, internet, direkte bemarking, persoonlike verkope, advertering, publisiteit en borgskappe) gebied word (Pedersen et al., 2017:102). Maatskappye en produkte sukkel al meer om uit te staan tussen tradisionele advertering, e-pos promosies en promosies op sosiale media. Kliënte word oorstimuleer met verskeie media boodskappe vanuit allerlei rigtings bv. internet advertering, advertensieborde, tv advertensies ens. wat daarop neerkom dat media bemarking is bykans onmoontlik vir die individu om te ignoreer.

Openbare betrekkinge en krisis kommunikasie in sport behels boodskap formulering en beeld opbouing deur effektiewe bestuur van sportmedia. Openbare betrekkinge in sport is ‘n kommunikasie bestuursfunksie ontwikkel om 'n sportorganisasie se sleutel publiek te identifiseer, betrekkinge met die betrokke publiek te evalueer en gewenste verhoudinge tussen die organisasie en die betrokke publiek te koester (Pedersen et

al., 2017:102). Hierdie segment van die SSCM se derde komponent sluit in beide

interne en eksterne kommunikasie pogings, strekkend vanaf gemeenskapbetrokkenheid pogings tot bestuur van media via mediabetrekkinge tegnieke.

Sportkrisiskommunikasie behels mediaverklarings wat strek vanaf onvanpaste tweets deur sportlui/of belanghebbendes by 'n sportorganisasie, tot natuurlike rampe wat moontlik groot byeenkomste kan affekteer (Pedersen et al., 2017:103). Die tipe kommunikasie sluit in beide interne en eksterne kommunikasie. Effektiewe interne kommunikasie voorsien bestuur met kritieke inligting en informasie rakende die situasie en sodat alle werknemers bewus is van verwagte optrede tydens sulke situasies. Effektiewe eksterne kommunikasie is krities om te bevestig dat die publiek soos massa media, skenkers en kliënte die aard van die organisasie se respons begryp.

Sportkommunikasienavorsing is die laaste segment van komponent 3 van die SSCM. Sportkommunikasienavorsing vind plaas om akademiese redes vir

publikasies, sowel as buite die akademie waar die sportindustrie vir evaluasie en praktiese doeleindes ondersoek word. Voorbeelde hiervan is publisering van mediaverklarings, meet van media blootstelling verkry deur sekere borge, analises en data ens. (Pedersen et al., 2017:103).

(17)

2.4 Sportbemarking

Van Heerden (2012:97) herinner daaraan dat meer as die uitkoms van die sport wedstryd/kompetisie bemark moet word. Die eerste produk wat die bemarker/sport organisasie aan die kliënt verkoop is wel die uitkoms of kwaliteit van die kompetisie, hoewel hierdie aspekte van toeskouerbelewenis is onkontroleerbare veranderlikes (deur bemarking) is. Daar bestaan wel kontroleerbare veranderlikes en sluit in toeganklikheid van die fasiliteite, estetika, tegnologiese media, sitgemak en higiëne en/of netheid. Weens hierdie kontrole behoort die ondervinding en/of die hele belewenis (skouspel) van die stadion en wat daar plaasvind 'n bemarkingsfokuspunt te wees as sekondêre produk of dienslewering ten einde kliënte satisfaksie te bewerkstellig. Die kwaliteit van hierdie dienslewering en ondersteuner satisfaksie (uitsluitend uitkoms van wedstryd) word dan die hoofprioriteit (Van Heerden, 2012:98). Opsommend kan dit gestel word dat beheerbare veranderlikes die byeenkomskwaliteit kan bevorder, wat die kliënt se waargenome belewenis bevorder en dan eindelik (persepsie van) bevrediging en satisfaksie as uitkoms het.

Van Heerden (2012:98) verwys na bykomende dienste wat gelewer word tydens 'n sportbyeenskoms wat kan insluit kompetisies of vermaak voor, tydens en na die byeenkoms. Hierdie bykomende dienste sal ekstra uitgawes beteken maar moet geag word as bemarkingsuitgawes ten einde meer kliënte te lok.

Die verbruiker by ʼn sportbyeenkoms is sensitief vir persoonlike ruimte en kan tussen een en vyf uur by ʼn spesifieke stadion spandeer. Aangesien die omgewing waarbinne ʼn verbruiker ʼn sekere diens/produk beleef hierdie ondervinding regstreeks beïnvloed, behoort daar streng omgesien word na (kontroleerbare) faktore soos parkering en sitplekke, kwaliteit van alle fasiliteite (netheid en higiëne van stadion en veral badkamers), voedsel en ander verversingprodukte sowel as gedrag van medetoeskouers (Van Heerden, 2012:99).

Oliver’s expectancy-disconfirmation of the gap analysis theory berus op die beginsel

of ‘n verbruiker se verwagtinge (met aanvanklike persepsie) bevredig, onbevredig of oortref is. Negatiewe diskonformasie dui daarop dat die waargenome kwaliteit van dienslewering benede die verbruiker se verwagtinge is, positiewe diskonformasie dui daarop dat die kwaliteit hoër is as wat die verbruiker verwag het en eenvoudige

(18)

Van Heerden, 2012:100). Vanuit ʼn bestuursoogpunt (en natuurlik bemarkingsoogpunt) is dit dus noodsaaklik om te bepaal wat beide die toeskouer se verwagtinge en waargenome bevrediging van hierdie verwagtinge behels. Sulke inligting behoort rigting te bied aan die organisasie rakende investering van fondse en pogings ten einde positiewe belewing of dan konformasie te bewerstellig.

Verbruikersbevrediging strek egter wyer as bloot “ja” en/of “nee” antwoorde op verwagtinge maar behels eerder ʼn glyskaal strekkende van onaanvaarbaar, redelik aanvaarbaar, aanvaarbaar, bogemiddeld of bevredigend tot genot. Hierdie glyskaal word regstreeks beïnvloed deur die verbruiker se vlakke van toleransie (of sone wat strek tussen aanvaarbaar en oortreffend). Dit behoort ʼn algemene doelwit wees om te strewe na “genot” eerder as bloot “aanvaarbaar”. Die sportorganisasie (dienslewerraar) sal dus baat by begrip van verbruikers se bevredigingstoleransie sones, ten einde te kan bepaal in watter mate fondse, hulpbronne en dienste ingeperk of uitgebrei behoort te word om te verseker dat (waargenome) verbruikersbevrediging gehandhaaf word tussen eenvoudige en positiewe diskonformasie (Van Heerden, 2012:100).

Rakende groot sportbyeenkomste stop die diens en produk nie bloot as die byeenkoms/kompetisie verby is nie. Die toeskouer/verbruiker neem die waargenome persepsies van die sport, stadion en algemene ervarings daarvan huis toe. Ten einde retensie van toeskouers te bewerkstellig, kan die sportbemarker dus daarop fokus om “positiewe herinneringe” of positiewe diskonformasie aan die verbruiker te verkoop, deur te fokus of die kontroleerbare veranderlikes van die byeenkomservaring (Van Heerden, 2012:100).

Die vasstelling/bevestiging van die toeskouers/verbruikerbehoeftes sal bydra tot ontwikkeling van die doeltreffendste metode van diensaflewering deur ʼn sportorganisasie. Terwyl toeskouerbywoning ʼn belangrike inkomste implikasie het, dra die hoeveelheid/omvang van toeskouergetalle direk by tot toeskouer ervaring. Van Heerden (2012:103) het in opname gemaak rakende watter mate sekere (kontroleerbare/funksionele) aspekte bydra tot ʼn positiewe persepsie van die kwaliteit van ‘n sportfasiliteit. Die 7 punt Likert-skaal (1=stem glad nie saam nie; en 7=stem volkome saam) is gebruik. Die resultate word in tabel 2.1 weergegee.

(19)

Tabel 2-1: Komponente verbonde aan waargenome kwaliteit van ʼn

sportfasiliteit

Veranderlike Gemiddelde aanduiding (N=203)

Elektroniese tellingbord 5.77

Estetika 5.12

Toeganklikheid 5.09

Gemaklike sitplekke 4.78 Netheid/higiëne van geriewe 4.71

Likertskaal: #1=stem glad nie saam nie; en #7=stem volkome saam

ʼn Tegnologies gevorderde tellingbord (bv. elektroniese syfers, tv beeldskerm) het die hoogste getoets op die skaal terwyl higiëne en netheid die laagste resultaat getoon het, ten spyte van ʼn algemene (byna universele) assosiasie tussen die waargenome kwaliteit van ʼn fasiliteit en die netheid (en higiëne) van die geriewe.

Smith (2015) het op die aanlyn e-tydskrif CoSIDA E-Digest, vyftien aanbevelings gemaak rakende interaksie met die toeskouer via sosiale media as platform. Die strategie is sterk gefokus of meer persoonlike interaksie met aanhangers hetsy via bemarking en/of sosiale media. Die vyftien punte is

1. Persoonlike benadering teenoor aanhangers 2. Maksimalisering van Facebook

3. Interaktiewe video

4. Veldtogte vir elke seisoen

5. Integrasie van fisieke en digitale wêreld 6. Handelsmerk persoonlikheid en stem 7. Reeksinhoud

8. Inhoud vir elke platform (inaggenome slimfone) 9. Kwaliteit video

10. Minder “FOMO” (vrees om uit te mis) 11. Inhoud eerste benadering

12. Fokus data/inhoud op die belangrike gebeure/oomblikke 13. “Van die veld af” verhale

(20)

15. Boodskap toepassings

Meestal van die bogenoemde punte gebruik ondersteuner/aanhanger as beginpunt en nie die kompetisie/span/byeenkoms nie.

Die vraag kan nou afgevra word: Fokus sportbemarking op bemarking van die byeenkoms/kompetisie, of fokus dit op die ervaring van die toeskouer/aanhanger?

(21)

3 RESULTATE EN BESPREKING

Die hoeveelheid respondente wat terugvoer gegee het, was teleurstellend. Slegs 33 respondente het teen die afsny datum (17 November) die vraelys beantwoord. Die vraelys is via efundi (moet ʼn e-pos notifikasie) aan nagenoeg 1000 studente gestuur. ʼn Moontlike rede vir hierdie swak reaksie kan wees dat dit aan die einde van die akademiese jaar plaasgevind het waar studente 1) voorberei vir eksamens of 2) reeds hul eksamens afgehandel het en dus ʼn “breuk” neem van alle verpligtinge teenoor die universiteit wat dus reaksie op efundi insluit. Baie studente gebruik ook hul “gmail” e-pos rekeninge slegs vir universiteits/akademiese aangeleenthede en besoek dus nie hul profiele/boodskappe tydens “af”/vakansie tye nie.

3.1 Resultate

Respondente inligting

Die eerste inligting wat genoteer was, is die demografiese profiel van die 33 respondente. Hier is gekyk na geslag, universiteitsverblyf, kwalifikasie reeds voltooi, ouderdom en afstand vanaf die hoofsportterrein van die Potchefstroomkampus (Fanie du Toit sportterrein). Tabel 3.1 vat al die inligting saam.

Die oorgrootte meerderheid respondent was damesstudente (59% teenoor 40%). Dit behoort insiggewend te wees veral omdat die gewilder Varsity Cup sportsoorte manskompetisies is (sien tabel 3.4). Rakende universiteitsverblyf is die meerderheid privaatstudente (nie gebonde aan enige koshuis nie) wat ook duidelike effek het op die invloed van mede-koshuisinwoners op bywoning van byeenkomste (sien tabel 3.10). Die meerderheid studente het reeds graad 12 voltooi maar nog nie ʼn graad nie (51%) en die naaste hoogste kwalifikasie is reeds gegradueer (24%). Laasgenoemde waarde is te danke aan een van die teiken modules wat geneem word deur gegradueerdes ten einde hul nagraadse onderwyssertifikaat te verwerf. Die relevansie van kwalifikasie is moontlik te vinde in “senior studente” i.e. al langer as drie jaar op kampus, wat geneig is om nie meer so gereeld aan georganiseerde rekreasionele aktiwiteite deelneem/bywoon as die nuwer studente nie. Die meerderheid respondente se ouderdom het gestrek vanaf 21 en ouer, met 42% tussen 21 en 22 asook 42% wat aangedui het dat hul ouer as 22 jaar is. Afstand vanaf sportterrein kan

(22)

ook ʼn effek hê op bywoning weens studente wat stap na die byeenkoms veral weens parkeerprobleme (sien tabel 3.7).

Tabel 3-1: Demografiese profiel van respondent (n=33)

Geslag (% van n) Tipe Verblyf (koshuis) (% van n) Kwalifikasie (% van n) Ouderdom (% van n) Afstand vanaf sportterrein (% van n) Manlik (#1) 40.6% KampusK (#1) 21.2% Gr 12 (#1) 51.5% <18 0 <1km (#1) 21.2% Vroulik (2#) 59.4% DorpsK (#2) 6.1% Diploma (2#) 9.1% 18-20 (#1) 15.2% 1-3km (2#) 57.6% Privaat (#3) 72.7% Graad (3#) 24.2% 21-22 (#2) 42.4% >3km (#3) 21.2% Nagraads (4#) 15.2% >22\ (#3) 42.4% Beskrywende statistiek

Geslag Tipe Verblyf

(koshuis) Kwalifikasie Ouderdom

Afstand vanaf sportterrein x̅ + (SA) 1.59(0.5) 2.64(0.65) 2.03(1.19) 2.27(0.72) 2.0(0.66) Med 2 3 1 2 2

#=opsie nr wat respondente kon kies, x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Die oorgrootte meerderheid respondent was damesstudente (59% teenoor 40%). Dit behoort insiggewend te wees veral omdat die gewilder Varsity Cup sportsoorte manskompetisies is (sien tabel 3.4). Rakende universiteitsverblyf is die meerderheid privaatstudente (nie gebonde aan enige koshuis nie) wat ook duidelike effek het op die invloed van mede-koshuisinwoners op bywoning van byeenkomste (sien tabel 3.10). Die meerderheid studente het reeds graad 12 voltooi maar nog nie ʼn graad nie (51%) en die naaste hoogste kwalifikasie is reeds gegradueer (24%). Laasgenoemde waarde is te danke aan een van die teiken modules wat geneem word deur gegradueerdes ten einde hul nagraadse onderwyssertifikaat te verwerf. Die relevansie van kwalifikasie is moontlik te vinde in “senior studente” i.e. al langer as drie jaar op kampus, wat geneig is om nie meer so gereeld aan georganiseerde rekreasionele aktiwiteite deelneem/bywoon as die nuwer studente nie. Die meerderheid respondente se ouderdom het gestrek vanaf 21 en ouer, met 42% tussen 21 en 22 asook 42% wat aangedui het dat hul ouer as 22 jaar is. Afstand vanaf sportterrein kan

(23)

ook ʼn effek hê op bywoning weens studente wat stap na die byeenkoms veral weens parkeerprobleme (sien tabel 3.7).

Tabel 3.2 se inligting ondersoek die respondente se belangstelling in sport hetsy as beoefenaars of slegs gereelde ondersteuners.

Tabel 3-2: Respondente se deelname/belangstelling in sport Nasionaal/

provinsiaal Beoefen sport Volg sport gereeld Volg nie regtig nie

27.3% 51.5% 18.2% 3%

Beskrywende statistiek x̅ + (SA) 1.91(0.77)

Med 2

#1=nasionaal/provinsiaal, #2=beoefen sport, #3=volg gereeld, #4=volg nie regtig niex̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Dit is opmerklik dat byna 80% van die respondente aktief sport beoefen en 27% op nasionale en/of provinsiale vlak deelneem. ʼn Moontlike rede vir hierdie voorkoms kan wees omdat ʼn groot aantal van die teikenmodules deel uitmaak van die Menslike bewegingskunde graad, wat ʼn sterk sport en sportafrigting onderbou het. Daar kan ook verwag word dat persone wat aktief aan sport deelneem, meer geneig sal wees om sport te volg en/of ondersteun (noem dit maar “sportkultuur”). Statisties betekenisvolle verskille is gevind tussen die volgende: “nasionaal/provinsiaal” en “volg glad” (p=0.01); “beoefen sport” en “volg glad nie” (p=0.01) asook “volg sport” en “volg glad nie” (p=0.02). Geen statisties betekenisvolle verskille is gevind nie tussen die volgende: “nasionaal/internasionaal” en “beoefen” (p=0.97); “nasionaal/ internasionaal” en “volg gereeld” (p=0.93) sowel as “beoefen sport” en “volg sport” (p-0.96).

Sosiale media

Die algemene belangstelling/gebruik van verskillende sosiale media platforms word weergegee in tabel 3.3. Hier is dit duidelik dat die meeste respondente WhattsApp (WA) verkies (90% met Facebook (FB) as 2e keuse (84%). Twitter (TW) is derde keuse (57%). Die gemiddelde (x̅) en mediaan (Med) ondersteun die feit dat gewildheid van gebruik volgens voorkeur in die volgorde val van: 1) WA, 2) FB, 3) TW, 4) TeamApp (TA) en 5e is Aanlyn besprekingsforums.

(24)

Tabel 3-3: Voorkeur sosiale media gebruik Keuse (#) WA FB TW TA F 1 90.9% 0 3% 3% 3% 2 0 84.8% 0 6.1% 9.1% 3 0 3% 57.6% 12.1% 27.3% 4 0 9.1% 18.2% 60.6% 15.2% 5 9.1% 3% 24.2% 18.2% 45.5% Beskrywende statistiek x̅ + (SA) 1.36 (±1.37) 2.30(±0.77) 3.58(±0.97) 3.85(±0.91) 3.91(±1.18) Med 1 2 3 4 4

#1 = 1e keuse; # 2 = 2e keuse; # 3 = 3e keuse, #4 = 4e keuse; #5 = 5e keuse’ x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Bemarkingsopname

Tabelle 3.4 tot 3.7 gee verskeie bemarkingsinligting weer, wat strek vanaf gunsteling sportsoort tot tipe media wat gebruik vir die bemarking van Varsity Cup Sport. Die resultate toon dat rugby duidelik die gunsteling sportsoort (75%) is om fisies by te woon. Die wedstryde van onder meer krieket (2e); atletiek (3e); hokkie (4e); netbal (5e) en sokker (6e) word minder bygewoon. Die gemiddelde en mediaan (tabel 4.5) ondersteun ook hierdie tendens/volgorde van voorkeur wyse van ondersteuning. Tabel 3-4: VC ondersteuning

Rugby Krieket Atletiek Hokkie Netbal Sokker Volg VC en woon

tuiswedstryde by 75.8% 54.5% 46.9% 34.4% 21.2% 6.1% Volg nie VC nie maar

woon steeds wedstryde by

12.1% 12.1% 15.6% 9.4% 12.1% 6.1%

Volg VC maar kyk dit slegs/meestal op tv uitsendings

6.1% 3% 25% 25% 54.5% 6.1%

Volg nie VC nie en woon dit ook nooit by nie

6.1% 30.3% 12.5% 31.3% 12.1% 81.8%

% van n (33)

Die grootste deel van die respondente (30%) het gevoel dat Varsity Cup sport nie doeltreffend geadverteer word nie, hoewel die mediaan van 4 meer neig na ʼn “stem saam” gevoel neig (tabel 3.6).

(25)

Tabel 3-5: Beskrywende statistiek: Sportsoort ondersteuning

Rugby Krieket Atletiek Hokkie Netbal Sokker x̅ +(SA) (±0.87) 1.5 (±1.35) 2.09 (±1.12) 2.03 (±1.57) 2.53 (±0.95) 2.53 (±0.89) 3.6

Med 1 1 2 3 3 4

#1 = Ek volg VC en woon tuiswedstryde by; #2 = Ek volg nie VC nie maar woon steeds wedstryde by; #3 = Ek volg VC maar kyk dit slegs/meestal op tv uitsendings; #4 = Ek volg nie VC nie en woon dit ook nooit by nie, x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Rakende die bemarkingskanale (sosiale media vs. tradisionele media) het die meerderheid saamgestem dat beide sosiale media (71%) asook tradisionele media (68%) bemarking hul motiveer om byeenkomste by te woon. Die groter meerderheid beleef egter dat tradisionele media bemarking steeds die grooste motivering (40% “stem volkome saam) is vir byeenkomsbywoning. Die groter meerderheid van respondente het wel aangedui dat hul byeenkomste fisies bywoon, maar moontlike redes vir “nie-bywoning” moet steeds ondersoek word – gesien vanuit die lig van “duiwelsadvokaat” speel. Tabel 3.7 toon die “moontlike wegbly redes”.

Tabel 3-6: Bemarking van VC onder studente Keuse (#) Doeltreffend geadverteer Sosiale media bemarking as motivering vir bywoning Tradisionele media bemarking as motivering vir bywoning 1 6.1% 3.2% 3.1% 2 12.1% 3.2% 9.4% 3 30.3% 22.6% 18.8% 4 24.2% 35.5% 28.1% 5 27.3% 35.5% 40.6% Beskrywende Statistiek Doeltreffend bemark onder studente Sosiale media bemarking as motivering vir bywoning Tradisionele media bemarking as motivering vir bywoning x̅ + (SA) 3.6(±1.2) 3.97(±1.02) 3.94(±1.13) Med 4 4 4

Likert skaal: #1 = stem glad nie saam nie; #5 = Stem volkome saam, x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Motorvoertuigverkeer en daarmee saamgaande parkering het ʼn groot negatiewe invloed op bywoning (35%). Hierdie kan te wyte wees aan die feit die sportterrein slegs twee ingange het, waarvan die hoofingang die naaste aan die Rugbystadion is.

(26)

Hoewel die stadion voorsiening maak vir 20 000+ toeskouers, is daar nie naastenby genoeg motorvoertuigparkering vir eens 1000 voertuie nie. Hierdie is een van die redes hoekom verblyfafstand vanaf die sportgronde ʼn impak kan hê op bywoning van die byeenskomste. Die meerderheid respondente het wel die “nie van toepassing opsie gekies wat vertolk word as hetsy hul nie saamstem met die opsies (redes) nie of dat hul nie wegbly nie.

Tabel 3-7: Moontlike redes vir “wegbly”

Rede %

Verkeer en parkering is ʼn probleem 35.5% Verkies TV uitsendings 9.7%

Vermy groot skares 3.2%

Volg glad nie Varsity Sport nie 0%

NVT 51.6%

#1 = 1e keuse; #2 = 2e keuse; #3 = 3e keuse #4 = 4e keuse; #5 = 5e keuse, x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

In tabel 3.8 word response aangedui rakende die sosiale media platforms waar die meeste (bemarkings)inligitng oor Varsity Cup sport versprei word. Facebook (48%) blyk die platformte wees waardeur die meeste VC Inligting versprei word met WA as naasgunsteling (30% as 1e keuse en 39% as tweede keuse). TW kom 5e keuse (39%) meeste voor maar toon ook die hoo0gste 3e keuse (30%) van al die platforms. By die TA is 4e keuse (42%) dus kan afgelei word dat daar ʼn persepsie bestaan dat meer inligting via TA versprei word as TW. Die vyfde veranderlike was “NVT” maar slegs die helfte van die respondente het dit as keuse aangedui en dit is dus uitgelaat. Hoewel FB volgens keuses gesien word as platform wat die meeste inligting deurgee, is beide FB en WA se gemiddeld (x̅=2.1) én mediaan (Med=2) dieselfde. Geen statisties betekenisvolle verskil is gevind tussen WA 1e en FB 1e nie (p=0.13); asook tussen WA 2e en FB 2e nie (p=0.19). Daar is wel ʼn redelike korrelasie gevind tussen FB 1 en WA 2 (r=0.58) en ʼn sterker korrelasie tussen WA 1e en FB 2e (r=0.70). Laasgenoemde dui daarop dat respondente WA as 1e keuse aangedui het, heel waarskynlik FB as 2e keuse aangedui het, maar (nog sterker bewyse) dat respondente wat FB as 1e keuse aangedui het, WA as 2e keuse aangedui het.

(27)

Tabel 3-8: Sosiale media kanale vir verspreiding van VC inligting Keuse (#) WA FB TW SMS 1 30.3% 48.5% 6% 3% 2 39.4% 24.2% 6% 18% 3 12% 9% 30% 3% 4 9% 6% 9% 42% 5 3% 12% 39% 21% Beskrywende statistiek WA FB TW SMS x̅ + (SA) 2.1(±1.08) 2.1(±1.4) 3.77(±1.28) 3.69(±1.17) Med 2 2 4 4

Statisties betekenisvolle verskil (p) WA 1 vs FB 1 WA 2 vs FB 2

p=0.13 p=0.19

Korrelasie (r)

WA 1 vs FB 2 FB 1 vs WA 2

r=0.58 r=0.70

#1= 1e keuse; #2 = 2e keuse; #3 = 3e keuse #4 = 4e keuse; #5 = 5e keuse, x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan, p=statisties betekenisvolle verskil (<0.05), r=korrelasie kwosiënt (r=1 of -1)

Tabel 3.9 gee die inligting weer rakende die kanale wat studente gebruik vir kommunikasie oor bywoon van wedstryde. Hier is WA die gewildste 1e keuse (85%), FB (61%) is gewildste 2e keuse, SMS (27%) die gewildste 3e keuse en TW (39.4%) die gewildste 4e keuse. Die gemiddelde sowel as mediane ondersteun hierdie observasie.

Tabel 3-9: Nooi vriende via die volgende sosiale media

Keuse (#) WA FB TW SMS 1 85% 0% 6% 0% 2 0% 61% 0% 15.2% 3 0% 9% 27.3% 30% 4 3% 12.1% 12.1% 27.3% 5 12.1% 6.1% 39.4% 15.2% Beskrywende statistiek x̅ + (SA) 1.58 (±1.39) 2.59(±0.98) 3.93(±1.21) 3.48(±0.99) Med 1 2 4 3

#1= 1e keuse; #2 = 2e keuse; #3 = 3e keuse, #4 = 4e keuse; #5 = 5e keuse; x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

In tabel 3.10 word die data getoon rakende die sosiale faktore wat dien as motivering om die byeenkomste by te woon. Handelsmerkgetrouheid (m.a.w. ondersteuning van die NWU) word aangedui (volgens die Likertskaal) (39%) as die grootste sosiale invloed om byeenkomste by te woon.

(28)

Tabel 3-10: Sosiale redes vir bywoning

Keuse (#) Vriende (nie-deelnemers) Koshuis Handelsmerkgetrouheid

1 3.1% 36.4% 6.1% 2 6.3% 9.1% 3% 3 25% 18.2% 24.2% 4 43.8% 18.2% 27.3% 5 21.9% 18.2% 39.4% Beskrywende statistiek Vriende (nie-spelers/deelnemers Koshuis Handelsmerkgetrouheid x̅ + (SA) 3.88(±0.83) 2.81(±1.59) 3.85(±1.20) Med 4 3 4

Likert skaal: #1 = stem glad nie saam nie, #5 = Stem volkome saam; x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Vriende is tweede (21.9%) en koshuis (18%) is as die minste gelys. Dit moet egter vermeld word dat meer as die helfte van die respondente glad nie aan ʼn koshuise verbonde is nie en dus is die laasgenoemde syfer misleidend en kan nie in ag geneem word nie. Met verwysing na “vriende” en “handelsmerk” moet egter ook verder in ag geneem word dat 43% aangedui het dat hul “saamstem” (#4) dat vriende die grootste sosiale motiveerder is. Dus hoewel “handelsmerkgetrouheid” die meeste “#5” opsies getoon het, dui die beskrywende statistiek deur gemiddeld (3.88 vs 3.85) dat “vriende” die grootste sosiale invloed is. Beide “vriende” en “handelsmerkgetrouheid” het ʼn mediaan van “4” getoon. Geen statistiese betekenisvolle verskil kon tussen die twee gemiddelde bewys word nie (p=0.72 volgens ANOVA berekening).

Atmosfeer

Tabel 3.11 som die verskillende “atmosfeer” faktore op, wat dui op die toeskouers se belewing van die byeenkomste. Die meeste respondente het aangedui dat “gees” ʼn groot motivering is om byeenkomste by te woon (#4=36%, #5=48% , x̅= 4.2 en Med=4.5).Rakende kompetisies en promosies het die meerderheid opsie #4 (33%) gekies met opsie #3 en #5 gelyke waardes (24%). Die gemiddeld (x̅=3.58) en Med (4) neig egter meer na “stem saam”.

(29)

Tabel 3-11: Atmosfeer en karakter van byeenkomste

Keuse (#) Gees Kompetisies en promosies Vriende (spelers) ondersteun Kanon Gimnaste en dansers Biertuin Atmosfeer in geheel 1 9.1% 12.1% 12.1% 15.2% 12.1% 12.1% 12.1% 2 0% 6.1% 18.2% 3% 9.1% 3% 6.1% 3 9.1% 24.2% 33.3% 6.1% 18.2% 21.2% 21.2% 4 36.4% 33.3% 21.2% 15.2% 21.2% 15.2% 27.3% 5 48.5% 24.2% 18.2% 63.6% 42.4% 51.5% 36.4% Beskrywende statistiek Gees Kompetisies en promosies Vriende (spelers) ondersteun Kanon Gimnaste en dansers Biertuin Atmosfeer in geheel x̅ + (SA) 4.22 (±1.07) 3.58(±1.23) 3.19(±1.23) 4.13(±1.41) 3.78(±1.36) 3.97(±1.33) 3.78(±1.29) Med 4.5 4 3 5 4 5 4

Likert skaal: #1 = stem glad nie saam nie, #5 = Stem volkome saam; x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan

Vriende as spelers ondersteun word nie gesien as motivering vir bywoning nie (#3=33%; x̅=3.19 en Med =3) wat op neutrale gevoel dui. Die kanon, wat aan die begin van rugbywedstryde afgevuur word, (#5=63%, x̅=4.14 en Med=5) is duidelik aangedui as bydraend tot unieke atmosfeer. Gimnaste en dansers word geag as ‘n bydrae tot positiewe vermaak (#5=42%; x̅=3.78 en Med=4). Rakende die luim van die studente atmosfeer ontvang die biertuin ook duidelike bevestiging (#5=51%; x̅=3.97 en Med=5). Die byeenkoms se atmosfeer in geheel word geag as ʼn bydraende faktor vir oorweging om die volgende byeenkoms by te woon (#5=36%; x̅=3.78 en Med=4). Dit moet vermeld word dat geen sterk korrelasies gevind is tussen die effek wat gees, kompetisies, die kanon, vermaak, en biertuin onderskeidelik op die algehele atmosfeer het nie (die hoogste was r=0.57 tussen atmosfeer en kompetisies, met gees se korrelasie van r=0.41 met atmosfeer).

(30)

Kwaliteit van die sport

Tabel 3.12 fokus op die invloed wat die kwaliteit van die sportbyeenkoms kompetisie het op die toeskouers se keuses om in die toekoms terug te keer (ondersteunerretensie) en/of die byeenkoms vroeg te verlaat (met goeie en slegte spel as onderskeidelike redes).

Tabel 3-12: Die invloed van die kwaliteit van kompetisie van VC byeenkoms

Keuse (#) Prestasie: retensie Vroeg verlaat indien verloor Vroeg verlaat indien wen 1 24.2% 39.4% 60.6% 2 6.1% 21.2% 6.1% 3 18.2% 12.1% 9.1% 4 24.2% 6.1% 3% 5 27.3% 39.4% 21.2% Beskrywende statistiek

Prestasie: retensie Vroeg verlaat indien verloor Vroeg verlaat indien wen x̅ + (SA) 3.25(±1.57) 2.49(±1.58) 2.23(±1.71) Med 4 2 1 Korrelasie (r)

Vroegtydig verlaat indien verloor vs wen

r=0.69

Likert skaal: #1 = stem glad nie saam nie, #5 = Stem volkome saam; x̅=statistiese gemiddeld, SA=standaardafwyking, Med=mediaan, korrelasie (r=1 of -1).

Die resultaat rakende die kwaliteit van die kompetisie het die volgende aangedui: die meerderheid het aangedui dat goeie prestasie (kwaliteit van spel) as retensie (terugkeer) vir toekomstige tuisbyeenskomste sal dien(#4=24%, #5=27%, x̅=3.25 en Med=4). 39% van die respondente het aangedui dat hul nie die byeenkoms vroegtydig sal verlaat indien dit ooglopend is dat hul span gaan verloor nie, maar 39% het ook aangedui dat hul wel die byeenkoms sal verlaat indien dit ooglopend is dat hul span gaan verloor. Hoewel die gemiddeld hier neig na neutraal (x̅=2.49) dui die mediaan egter aan dat die meerderheid nie saamstem nie en dus sal bly tot aan die einde van die byeenkoms (Med=2). In die geval waar dit ooglopend/duidelik/waarskynlik is dat die span gaan verloor het die oorgrootte meerderheid aangedui dat hul nie vroegtydig die byeenkoms sal verlaat nie (#1=60%) en 21% het aangedui dat hul wel die byeenkoms sal verlaat. Die gemiddeld (x̅=2.23) en mediaan (Med=1) dui egter sterk daarop dat hul nie die byeenkoms sal verlaat nie. ‘n Interessante waarneming is dat

(31)

in 'n korrelasietoets is 'n sterk korrelasie (r=0.7) gevind by die respondente tussen "wen“ en "verloor“ situasies, waar hul moes aandui of hul vroeg die byeenkoms sal verlaat al dan nie. Hierdie dui daarop dat dieselfde respondente behoort te kies om bly en beide wen en verloor situasie, sowel as dieselfde respondente sal verkies om die byeenkoms te verlaat in beide wen en verloor situasies.

3.2 Bespreking

Vervolgens sal die resultate na aanleiding van die navorsingsdoelwitte (soos gestel in Hoofstuk 3) bespreek word.

3.2.1 Profiel van die huidige studente bepaal wat VC sport bywoon

Die eerste profiel veranderlike was geslag waar die respondente uit ʼn meerderheid damesstudente bestaan het (59% vs. 40%). Hierdie waardes is interessant aangesien die VC sportsoorte wat die meeste (gewildste) bygewoon word oorwegend meer manssporte is soos bv. rugby en krieket. Hoewel netbal gewild onder die studente is, het dit swak bywoningsyfers opgelewer maar die redes daarvoor sal onder 5.3 aangespreek word. 72% van die respondente het nie aan ʼn universiteitskoshuis behoort nie, wat beperkinge op die studie geplaas het aangesien koshuisinwoners (hetsy kampus of dorpskoshuis) normaalweg ʼn sterk sosiale invloed op mekaar uitoefen. Slegs 21% van die respondente was in kampuskoshuisinwoners. Die meerderheid respondente (51%) was voorgraadse studente met gr12 kwalifikasie met ʼn gemiddelde ouderdom van 21 tot 22 (42%) sowel as ouer as 22 (42%). Die grootste deel van die respondente was woonagtig tussen 1 tot 3 km van die sportterrein af. Hier is dit interessant dat daar geen korrelasie gevind kon word nie tussen afstand vanaf die sportterrein en “parkering” as ʼn rede van wegbly (die hoogste waarde was tussen “verder as 3km” en parkering” waar r=0.1).

Verder kon geen sterk korrelasies gevind word tussen respondente profiele en VC bywoningsgedrag en voorkeure nie. ʼn Opmerklike resultaat was die verskillende geslagte se siening van “handelsmerk as motivering om wedstryd by te woon.” Hoewel glad nie sterk korrelasies nie, het mans ʼn resultaat van r=-0.4 getoon en dames r=0.4. Dit dui op ʼn verskil tussen die mans en dames se persepsie rakende handelsmerkgetrouheid, waar dames positief en mans negatiewe korrelasies toon.

(32)

Die enigste redelike korrelasies is gevind tussen rugby en sokker ondersteuners (r=-0.6) wat daarop dui dat rugby ondersteuners nie sokker bywoon nie en visa versa. Die ander redelike korrelasie was tussen “byeenkoms verlaat as span ooglopend verloor” en “byeenskoms verlaat as span ooglopend wen” met ʼn r=0.7 wat daarop dui dat dit moontlike dieselfde respondente is wat in beide gevalle die byeenkoms vroeër sal verlaat.

3.2.2 Watter sosiale media suksesvol gebruik kan word om die ondersteuners te bereik

Die resultate het aangedui dat die respondente WA (90% 1e keuse) die meeste gebruik gevolg deur FB (84% 2e keuse). ʼn Redelike sterk korrelasie (r= 0.7) is gevind tussen WA en FB as gunsteling platforms wat deur die respondente gebruik word. Hierdie twee platforms kan dus met vrug gebruik word om ondersteuners te bereik. ʼn Negatiewe korrelasie is ook gevind tussen WA en TA (r= -0.8) asook tussen FB en TA, en FB en aanlyn forums (beide r= -0.7). Die bogenoemde negatiewe korrelasies dui daarop dat respondente wat WA gebruik nie TA behoort te gebruik/verkies nie, sowel as verbruikers van FB behoort nie TA en Aanlyn forums te verkies nie.

3.2.3 Die belangrikheid van die verskillende VC sportsoorte te bepaal

Die vrae rakende belangstelling teenoor die VC se verskillende sportsoorte, was gemik op wyse van ondersteuning eerder as om bloot van die respondente te verwag om hul gunsteling sportsoorte aan te dui. Die opsies was: Ek volg VC en woon tuiswedstryde by; Ek volg nie VC nie maar woon steeds wedstryde by; Ek volg VC maar kyk dit slegs/meestal op tv uitsendings; en Ek volg nie VC nie en woon dit ook nie by nie. Hierdie opsies is vir elke sportsoort apart gestel en die meerderheid respondente (75%) het aangedui dat hul rugby VC volg en wedstryde bywoon, tweede gewildste was krieket met 54%, derde atletiek met 46%, vierde hokkie (34%) vyfde netbal (21% en laastens sokker met slegs 6% respondente wat aangedui het hul volg en woon die byeenkomste by. ʼn Interessante observasie is die aantal respondente wat aangedui het hul volg nie ʼn spesifieke sportsoort nie, maar woon steeds die tuis wedstryde by. Hier het atletiek die hoogste getal gekry (15%) gevolg deur rugby, krieket en netbal (elk met 12%), 5e was hokkie (9%) en sokker weer laaste met 6%. Die laasgenoemde resultate behoort veral insiggewend te wees rakende die sukses van die bemarking/advertering van die byeenkomste en/of die gees, atmosfeer en kwaliteit van die byeenkomste as nie-ondersteuners dit bywoon. Rakende VC op tv kyk, het netbal die meeste kykers gehad (54%), atletiek en hokkie het gevolg met beide 25%, rugby en sokker het gevolg met 6% elk en krieket

(33)

was 6e met 3%. Hier moet egter ʼn paar faktore in ag geneem word. By rugby dui die lae getal nie op min ondersteuners nie, maar eerder dat die ondersteuners verkies om stadion toe te gaan. By netbal was daar geen tuiswedstryde in 2017 nie (die geriewe is afgekeur weens te min ondersteunersitplekke), dus was ondersteuners genoodsaak om wedstryde op die tv te volg – vanwaar die hoë waarde van 54%. Die laaste waarde nl. “volg glad nie en kyk nie VC nie” is by al die rugby (6%), atletiek (12%) en netbal (12%) laag. Krieket en hokkie het waardes van 30% en 31% onderskeidelik maar sokker het ʼn waarde van 81% “geen belangstelling” gelewer. Dit kan te wyte wees weens 2 faktore eerstens het die Potchefstroom kampus glad nie tradisioneel ʼn groot sokker kultuur nie, en tweedens (moontlik die grootste rede) het Potchefstroomkampus nog net een jaar aan VC sokker deelgeneem. Die ander jare, insluitend 2017, het Mafikengkampus die universiteit verteenwoordig.

3.2.4 Die rol wat sosiale media speel in die bemarking van VC sport

Die resultate (sien tabel 3.6) dui op die oog af dat die respondente neutraal voel teenoor bemarking van VC onder die studente, met ʼn waarde van 30% (hoogste teenoor 24% “stem saam” en 27% “stem volkome saam”). As die gemiddeld en mediaan egter in ag geneem word dui dit eerder op “stem saam” (x̅ = 3.6(±1.2) en Med = 4) veral gesien teen die agtergrond dat #4 “Stem saam” opsie verteenwoordig. Rakende die rol wat sosiale media bemarking speel in motivering om byeenkomste by te woon, dui die resultate gelyk op tussen “stem saam” en “stem volkome” saam (beide 35%). Die gemiddeld en mediaan dui egter op “4 stem saam” met waardes van 3.97(±1.02) en 4 onderskeidelik.

Die kommunikasiekanale wat vir bemarking gebruik word het sterk geneig na FB met 48% van die respondente wat dit as 1e keuse gemerk het en 24% 2e keuse. WA het 30% respondente as 1e keuse aangedui en 39% as 2e keuse. Hoewel hier ʼn ooglopende neiging na FB is, dui gemiddeld en mediaan (x̅=2.1 en Med=2 vir beide faktore) nie op verskil tussen die waardes nie. Dit kan egter steeds aanbeveel word VC FB en WA as primêre kommunikasiekanale vir bemarking en advertensies behoort te gebruik.

Aansluitend hierby het die resultate rakende persoonlike gebruik van sosiale media om medestudente na VC byeenkomste te nooi, oorwegend in die guns van WA geval (#1=85%, x̅=1.58, Med=1) met FB tweede keuse (#2=61%, x̅=2.59, Med=12). Hoewel WA ʼn meer interpersoonlike kanaal van kommunikasie is, kan dit met vrug gebruik

(34)

word indien innoverende bemarkingsmetodes ontwikkel kan word om hierdie platform tot sy volle potensiaal as bemarkingskanaal te ontgin.

3.2.5 Die rol wat tradisionele media op kampus speel in die bemarking van VC sport

Tradisionele media bemarking se rol in motivering om byeenkomste by te woon dui ooglopend op ʼn meerderheid van opsie 5 “stem volkome saam”, maar die gemiddeld en mediaan toon aan dat die resultaat eerder “stem saam” is (x̅=3.94(±1.13) en Med=4).

Die afleiding/aanbeveling wat moontlik oor VC bemarking oor die algemeen, via sosiale media en tradisionele media gemaak kan word dui op ruimte vir verbetering aangesien al drie faktore met ʼn gemiddeld van onder 4 en ook bykomend ʼn mediaan van 4. VC bemarking kan dus ʼn strategie oorweeg om sterker fokus te plaas op bemarking oor die algemeen en meer spesifiek sosiale media en tradisionele media. Daar is gehoop dat ʼn betekenisvolle verskil rakende die invloed van bemarking tussen sosiale en tradisionele media gevind sou word, maar sowel bge die gemiddelde en mediane dui reeds daarop dat dit nie die geval sal wees nie. ʼn T-toet het dit ook bevestig met ʼn waarde van p=0.75. Inteendeel is daar redelike ʼn korrelasie gevind (r=0.63) tussen sosiale en tradisionele media bemarking as motivering om byeenkomste by te woon.

3.2.6 Die rol wat sosiale invloede (byvoorbeeld vriende, klasmaats en koshuis) in die universiteitsomgewing speel as motivering om byeenkomste by te woon

In tabelle 3.10 en 3.11 is die resultate van die rol wat sosiale faktore speel as motivering om byeenskomste by te woon. Vriende (nie-deelnemers) het as ʼn redelike sterk invloed deurgekom (#4 “stem saam” 43% en #5 stemvolkome saam 21%). Die gemiddeld en mediaan ondersteun ook hierdie observasie (x̅=3.88 en Med=4). Hierdie bevinding sluit aan by die belewenis van ʼn byeenskoms as ʼn ondervinding (Van Heerden, 2012:98) en vriende dra natuurlik by tot die ondervinding van die atmosfeer. Aansluitend hierby het “gees en atmosfeer” as motivering om terug te keer, ook baie positief getoets onder die respondente (#4=36%; #5= 48%, x̅=4.22 en Med=4.5). Dit sou dus te wagte wees dat daar ʼn sterk korrelasie tussen die twee faktore gevind kan

(35)

word, maar slegs ʼn waarde van r=0.07 is gevind. Die respondente het ook aangedui dat hul redelik neutraal voel, rakende ondersteuning van vriende (spelers of deelnemers) met waardes van #3=33% en x̅=3.19 en Med=3).

Ongelukkig kon resultate rakende die invloed van mede-koshuisinwoners op mekaar nie gebruik word in hierdie studie nie aangesien ʼn oorgrootte meerderheid respondente aan geen koshuis verbonde is nie. Normaalweg bestaan daar sterk sosiale invloede veral binne kampuskoshuise. Rakende handelsmerkgetrouheid het die meerderheid aangedui (#5=39%) dat dit belangrik is vir bywoning en hierdie word ook ondersteun deur die gemiddeld en mediaan (x̅=3.85 en Med=4).

Prestasie van die ondersteunde span is egter ook steeds deurslaggewend as motivering om die volgende byeenkoms by te woon, soos gesien kan word vanuit tabel 3.12 waar die meerderheid (#4=24% en #5=27%; x̅=3.25 en Med=4).

(36)

4 AANBEVELINGS EN TEKORTKOMINGE

Toekomstige studies wat studente betrek sal ʼn motiveringstrategie vir deelname moet bewerkstellig (dink aan “wen ʼn VC trui!”) sowel as beter tydsberekening moet toepas – bv. om te midde van ʼn VC kompetisie (hetsy rugby, krieket of netbal) die vraelyste uit te stuur. So ʼn studie sal ook van meer waarde wees as ʼn deeglike proefsteek oor die hele kampus gedoen word (selfs verteenwoordigers van al die universiteite betrokke by VC) om ʼn wyer basis van belangstelling t.o.v. sport te bereik – hierdie studie het primêr gefokus op Menslike Bewegingskunde en Liggaamlike Opvoeding studente. Indien meer universiteite betrek word sal kultuurtendense moontlik oorkom of selfs beter gedefinieer/omskryf kan word. Die doel was om ʼn sneeubal-effek via WhatsApp na ander groepe studente te bewerkstellig, maar die tydsberekening (einde van die akademiese jaar) het hierdie effek gekniehalter.

Navorsing in samewerking met VC self word ook aanbeveel waar hul waardevolle insette kan lewer rakende kwessies wat hulself identifiseer of reeds geïdentifiseer het waarop hul antwoorde en/of resultate verlang.

(37)

BRONNELYS

Businesstech. 2017. How many people use Facebook, Twitter and Instagram in South Africa. https://businesstech.co.za/news/internet/199318/how-many-people-use-facebook-twitter-and-instagram-in-south-africa Datum van toegang: 5 Oktober 2017

Google drive. 2017. Google Forms. https://docs.google.com/forms/u/0/ Datum van toegang: 3 Nov 2017

Google Forms. 2017. Varsity Cup Sports questions.

https://docs.google.com/forms/d/1iXv1GlKgtfLwtXQh7Nv7Tz00_mAw4bulBFV6g1X7 JlY/edit

Google Forms. 2017. Varsity Cup Sports responses.

https://docs.google.com/forms/d/1iXv1GlKgtfLwtXQh7Nv7Tz00_mAw4bulBFV6g1X7 JlY/edit#responses

Oblinger, D. & Oblinger, J. 2005. Is it age or it: first steps toward understanding the Net generation. EDUCAUSE.

https://www.educause.edu/research-and- publications/books/educating-net-generation/it-age-or-it-first-steps-toward-understanding-net-generation Datum van toegang: 18 Oktober 2017

Pedersen, M.P., Laucella, P.C., Kian, E.M. & Geurin, A.N. 2017. Strategic sport communication. 2nd ed. Champaign, IL: Human Kinetics p408

Smith, J. 2015. 15 ideas to consider in social media and sports for 2015. CoSIDA

E-Digest.

https://s3.amazonaws.com/writeTest/January_2015_CoSIDA_EDigest/index.html#/3 6 Datum van toegang: 20 Augustus 2017

Team App. 2017. How Team App works. https://www.teamapp.com/about-how-it-works Datum van toegang: 5 Oktober 2017

Techopedia. 2017. Definitions. https://www.techopedia.com/definition Datum van toegang: 5 Oktober 2017

(38)

TechTerms. 2017. Web forums. https://techterms.com/definition/web_forum Datum van toegang: 5 Oktober 2017

Van Heerden, C. 2012. The relationship between spectator satisfaction and sportscape at a cricket stadium. African journal for physical health education,

recreation and dance, 1(1), pp.97-108

Welman, C., Kruger, F., Mitchell, B. & Huysamen, G.K. 2012. Research methodology. 3rd ed. Cape Town: Oxford university press.

Youdictionary. 2017. WhatsApp Messenger - computer definition.

http://www.yourdictionary.com/whatsapp-messenger Datum van toegang: 5 Oktober 2017

(39)

AANHANGSEL A – VRAELYS Vraelys

INSTRUKSIES

Voltooi die drie afdelings en dien in. Klik op die toepaslike klinkknoppie om u antwoord op elke stelling weer te gee.

Afdeling A: Voltooi ingeligte toestemming om die vraelys te voltooi

1. Hiermee verklaar ek dat my deelname aan hierdie vraelys 100% vrywillig is, dat ek bewus daarvan is dat my deelname aan hierdie vraelys absoluut anoniem is, en verder gee ek hiermee toestemming dat die antwoorde van hierdie vraelys vir navorsing gebruik mag word.

JA 1 NEE 2

Afdeling B: Respondente profiel

In hierdie afdeling benodig ons biografiese inligting soos geslag, fakulteit, ens. Voltooi asseblief die vrae deur te klik op die toepaslike wit sirkel ('klinkknoppie').

2. Is u ʼn voltyds ingeskrewe student aan die NWU Potchefstroomkampus? JA 1 NEE 2 3. Verblyf: Kampus koshuis 1 Dorpskoshuis 2 Privaatstudent 3

4. Akademiese kwalifikasie (slegs hoogste reeds voltooi)

5. Verblyfafstand vanaf Fanie du Toit sportterrein Minder as 1km 1 1km tot 3 km 2 Meer as 3km 3 6. Geslag Gr 12 1 Diploma (2 of 3 jaar) 2 3 of 4 jaar graad 3 Nagraadse kwalifikasie 4

(40)

Manlik 1 Vroulik 2 7. Ouderdom Jonger as 18 1 18-20 2 21-22 3 Ouer as 22 4 8. Sportbelangstelling: Ek

Beoefen sport provinsiaal/ nasionaal 1 Beoefen sport 2 Volg sport gereeld 3 Volg nie regtig sport nie 4 Kyk glad nie/selde na sport 5

Sosiale media

9. Ek het uitnodiging om aan hierdie studie deel te neem onvang via WattsApp 1

Facebook 2 SMS 3 Mondelings 4

10. Ek het die skakel vir hierdie vraelys via die volgende sosiale media platform gevolg

WattsApp 1 Facebook 2 SMS 3

11. Ek gebruik die volgende sosiale media (kies in volgorde van belangstelling m.a.w. 1 = gebruik meeste en 5 = gebruik minste)

WattsApp 1 2 3 4 5 Facebook 1 2 3 4 5 Twitter 1 2 3 4 5 Team app 1 2 3 4 5

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The difference is that under FB “intuitive” additional constraints are added to the market coupling, forbidding exchanges from a high priced area to a low priced area, even in

Deze resultaten komen overeen met andere vergelijkbare studies bij melkvee (tabel 15). Voor een potstal voor melkvee varieerde de ammoniakemissie tussen 7,5 en 85,5 g/dag per

De gehalten organische contaminanten op vetbasis zijn in blankvoorn vaak hoger dan die van aal, maar door de grote verschillen in vetgehalten zijn de gehalten organische

Het huidige onderzoek, waarin indicatief de werkbelasting, werksnelheid en ervaringen van het werken met twee verschillende hoge draad tomaten haken zijn vergeleken, geeft

Niet alleen zijn er toekomstbeelden voor 2030, innovatieve projectideeën en concrete projecten – die inmiddels in uitvoering zijn – zijn ontstaan, ook is geleerd hoe dergelijke

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

Vraag ook naar de plaats waar meestal gegeten wordt (aan tafel?) en de manier waarop ouders het eetgedrag van hun kind ervaren en hanteren. · Mond sensomotorische problemen

The aim of the research was to determine the adequacy of design management processes used by Eastern Cape (EC) architectural practices and compare these with the design