• No results found

Tristian Anne Borer, Challengin the state. Churches as political actors in South Africa. 1980-1994

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Tristian Anne Borer, Challengin the state. Churches as political actors in South Africa. 1980-1994"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Resensies

Nouwen se werke aanhaal. Die leser kry hierin werklik 'n baie goeie snit uit Nouwen se boeke. Vir die leser kan die lees hiervan geloofsverrykend wees. Inderdaad 'n goeie boek binne die veld van spiritualiteit.

• Prof

J S Kellerman

Tristian Anne Borer

CHALLENGING THE STATE. CHURCHES AS

POLITICAL ACTORS IN SOUTH AFRICA.

1980-1994.

Notre Dame, Indiana: University of Notre Dame Press. 1998 pp. 289. Sagteband.

Die jeugdige Tristan A. Borer (1965 - ), "Assistant Professor of Government" by Connecticut College, Notre Dame, het Suid-Afrika drie keer in die loop van vier jaar besoek. Tydens sy besoek in 1993 her hy onderhoude met 'n twinrigtal meningsvormers in die geledere van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskopskonferensie (SAKBK) gevoer: van Chikane en Cochrane, tot Kistner, Beyers Naude, Nolan en Villa-Vicencio. Borer se kennis van die Suid-Afrikaanse (kerk)geskiedenis berus verder op 'n indrukwekkende bibliografie van uirsluit!ik Engelse standaardwerke en artikels, asook primfre bronne (notules, verslae, pamflette, briewe) uit die argiewe van die SARK en SAKBK, en die organisasies se onderskeie mondstukke, lnternos en Ecunews.

Maar was dit genoeg om 'n boek die wfreld in re stuur met die ambisieuse titel Challenging the State. Churches as Political Actors in South Africa, 1980-1994?

Borer se intensie was om die laaste dekade-en-'n-half van die stryd teen die apartheidsbewind te beskryf, en spesifiek die rol van "kerke" in hierdie stryd. Na 'n eerste sistematiese hoofstuk oar politiek, kerke en konrekstuele verandering beskryfBorer die wortels

(2)

Acta Theologica 2000: I

van protes teen die staatsbestel in Suid-Afrika (1910 tot einde sewentigerjare); clan die kerklike betrokkenheid in 'n veranderende politieke konteks (die tagtigerjare); voorts die veranderinge wat in godsdienstige denke ingetree het en die opkoms van kontekstuele teologie; die spiraal van betrokkenheid by die politieke stryd; die institusionele konteks waarin debatte verloop het; en ten slotte Suid-Afrika in die 1990's - "New Contexts, New Identities". Wie 'n oorsig soek van hoe instansies soos die SARK en die SAKBK die destydse staat uitgedaag het, sal in Boren se werk genoeg stof vind. Maar dit is 'n ope vraag of Boren se vlag die lading dek. Kan hier sprake van "kerke" wees, wanneer die fokus hoofsaaklik op drie organisasies - die SARK, SAKBK en die Instituut vir Kontekstuele Teologie - val? Is dit genoeg om te stel dat die drie 'n "alternative church" was wat die prates teen die staat gelei het? Is dit regtig moontlik om oor hierdie jare te skryf, en Afrikaanse kerke - die NG Sendingkerk inkluis - slegs drie keer sydelings ter sprake te bring wanneer na die "powerful and influential pro-apartheid white" Ned. Geref. Kerk verwys word (p. 54)? En verder: waarom kies Boren 1980 om hierdie geskiedenis te periodiseer? Korrom, die kompleksiteit van die verhale van kerke in ons land, verg omsigtige ladings en nederige vlae. En 'n deurwinterde historikus huiwer vir die eie tyd.

Aan die ander kant is Boren eerlik genoeg om twee belangrike kwessies op die tafel te plaas: eerstens, die soeke na toepaslike inhoud vir "new contextual theologies" in die negentigerjare (p. 190). Die auteur wys daarop dat die Eksodusverhaal die primere simboliek in die kontekstuele teologie van die tagtigerjare verskaf het, maar dat nuwe simbole vir die cyd na 1990 gesoek moes word - soos die swerftog van Israel deur die woestyn, of die herbou van Jerusalem se mure na die Ballingskap. Enigiemand wat die Afrikaanse variance van die kerkgeskiedenis in hierdie land ken, sou luid wou uitroep: broers en susters, pasop! Ongelukkig gaan buitestaanders (socs Boren) onkrities by hierdie teologies-dodelike valluik verby.

En tweedens, die Amerikaanse perspektief eindig met 'n relevance vraag: "Where have the prophets gone?" (p. 204). En clan word vertel van Chikane, Mkhatshwa en Boesak wat na 1994 politieke rolspelers geword het (dit was nie anders in 1948 nie!), en Tutu en

(3)

Resensies

Vicencio wat by die WVK leiding geneem het. Maar meer nog: organisasies soos die SARK en die SAKBK is sedert 1990 in identiteitskrisisse gedompel: "The SACC has shrunk overnight, and that's because of 1990 and the changing context. Its heyday is over" (p. 201). En in 'n land soos Suid-Afrika behoort daar besorgdheid te wees wanneer die profetiese stemme stil raak. In die opsig het Boren die spyker op die kop geslaan.

• DsJ J

Lubbe

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

H2b: “Persuasion knowledge zal het hoogst zijn bij traditionele media, daarom zullen consumenten het merk beter herinneren bij single-medium met de combinatie TV-TV”..

Vragen die hierbij gesteld worden zijn: hoe was de situatie waarin de LVA zich bevond in de periode 1920-1935?; hoe behoorde de organisatie te zijn volgens de voorschriften?;

Hierbij werd op basis van theorie verwacht dat een green cue een positief effect zou hebben op het merkimago (H1) en dat dit gemodereerd zou worden door de gepercipieerde

Eigen vertaling: Spanje in crisis […] is uitgegroeid tot een bron van negatieve berichten […] Wat er met Frankrijk gebeurt toen de rellen in de migranten buitenwijken ontstonden,

Using a heuristic argument, which applies polymer physics to space-time, we are able to combine baryonic matter, dark matter and dark energy to obtain a description of gravity

This section theorizes the key findings related to control and monitoring activities and thereby provides an answer on the sub question: How does the implementation

Holmström (1979) geeft in zijn artikel aan hoe het agency model wordt uitgelegd. In het model wordt uitgelegd dat de inspanningen van de manager lastig ofwel niet te observeren

The consolidated results suggest that trust signals from sellers, particularly positive reviews from other customers, might indeed have influence in sales, and