• No results found

Isa die intrapreneur

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Isa die intrapreneur"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Wat behels jou werk as hoof van Kommersiële Bankwese by Guaranty Trust Bank?

My werk is hoofsaaklik ’n krediet- en bemarkingsfunksie wat op middelvlak ondernemings met ’n jaarlikse omset van tussen $3.125 miljoen en $31.25 miljoen (N160/$) fokus.

Jy werk sedert 1999 in die banksektor. Wat geniet jy van dit?

Die banksektor speel ’n uiters belangrike rol as verkenningshuis vir oortollige, asook ’n tekort aan ekonimiese eenhede in enige ekonomie. Die klem op korportiewe bestuursgedrag, veral deur my bank, die vlak van blootstel-ling aan ’n groot reeks sektore met leergeleenthede vir werknemers, asook die sterk netwerk wat oor tyd gebou is, is opwindend. Ek geniet dit om jong gegradueerdes te ontwikkel en om deur spanne te werk om ondernemings te ontwikkel wat sorg vir voordelige uitkomste vir kliënte, die bank en sy belangegroepe, asook die nasie. Ek probeer my kollegas se aandag vestig op hoe ons daaglikse aksies die nasie se BBP beïnvloed. Dit is opwindend wanneer jy die impak van jou daaglikse werk met ekonomiese parameters jukstaponeer.

Wat bring jy na die tafel?

Ek is ’n man van die daad. Ek probeer om myself in soveel mense moontlik te herskep, in elke sfeer van my in-vloed. Ek is ’n leermeester, ’n motiveerder en ’n verrigter. Sonder om onbeskeie te klink – ek is iemand op wie jy kan staatmaak en integriteit is vir my baie belangrik. Ek kan met sekerheid sê dat ek ’n intrapreneur is omdat ek eienaarskap van enige ruimte wat aan my toegeken word vat met passie en baie energie.

Nigerië het die grootste ekonomie in Afrika. Wat waardeer jy die meeste van in jou tuisland werk?

Nigerië se ekonomie is dieper as wat vasgelê is. Die bevolking is massief en die demografi e neig sterk na mense wat in baie produktiewe ouderdomme en fases van hul lewens is. Die groot kwessies is by infrastruktuur en die implementering van regs- en beleidsraamwerke. Ons het leierskapuitdagings, veral op voetsoolvlak. Die uitdagings is kunsmatig en dit kan in een generasie reggestel word. Ek is ’n ongeneesbare optimis oor Nigerië en Afrika. Ons het net sterk leiers en instansies nodig wat kan opstaan teen verraderlike mense om ’n kwantumsprong in ontwik-keling te veroorsaak en om die onegeloofl ike aantal hulpbronne op die vasteland te kanaliseer sodat die meerder-heid van ons mense uit hul onmenslike omstandighede gehelp kan word. Dit is vir my lekker om die bevoedgmeerder-heid te ontwikkel wat sorg vir die dinamiese, strawwe en lewendige manier van leef en sake doen in Nigerië.

Jy het in 2011 jou MDevF aan die USB voltooi. Wat is die waarde van hierdie graad vir jou?

Die waarde van die MDevF is soos om ’n annuïteit-inkomste na ’n belegging te geniet. Behalwe vir die toepas-sing van die verskeie vakke se beginsels, het dit my blootgestel aan ontwikkelingskwessies oor Afrika heen – in ’n lewendige formaat en beter as wat ek ooit sou kry deur bloot daarvan te lees. Die verskillende gevallestudies en die teoretiese onderstuttings het vir my insig gegee oor hoe dinge op verskillende vlakke van bestuursgdrag verbeter kan word. Die oomblik toe ek die module oor Korporatiewe Bestuursgedrag voltooi het, het ek aangebied om ’n interne dosent by my bank se Opleidingsakademie te wees. Ek bied klasse aan jong gegradueerdes en junior- tot middelvlak-bestuurders in Sake-etiek, Bemarking en Onderhandeling of Vaardighede vir die Aangaan van Transaksies.

MENSE MPHIL IN ONTWIKKELINGSFINANSIES-ALUMNUS (MDEVF)

AGENDA NR 2 l 2014 lwww.usb.ac.za

Toe hy jonk was wou Isa Omagu, wat onlangs verkies is tot voorsitter van die USB-Alumnivereniging se uitvoerende komitee, ’n mediese dokter word. Hy het egter ’n ander loopbaanpad gevolg en is nou besig om mense se lewens te verryk deur fi nansiële advies en mense-ontwikkeling in sy rol as hoof van Kommersiële Bankwese by Guaranty Trust Bank plc in Lagos, Nigerië. Cherice Smith het met hom gesels.

Isa die intrapreneur

Publikasie: USB Agenda

Datum: Oktober 2014

(2)

Hoe voel jy oor jou aanstelling as voorsitter van die USB-Alumnivereniging se uitvoerende komitee

en wat wil jy graag deur hierdie rol bereik?

Ek voel nederig. Die USB-Alumnivereniging het drie hoofdoelwitte met betrokkenheid as sy fulkrum: betrok-kenheid by mekaar, by die gemeenskap en in die ontwikkeling van ondernemings. Ek wil saam met die bestuur van die USB werk, insluitend die Alumnikantoor, die president van die Alumnivereniging, medevoorsitters oor die wêreld heen en ander belangegroepe om ’n baie sterk alumnibetrokkenheid voort te bring, wat uiteindelik ons interaksie met die sakewêreld sal aanhelp. Ek hoop om ’n USB-uitkeringsfonds op die been te bring wat navors-ing vir ontwikkelnavors-ing sal verbeter en korporatiewe sosialeverantwoordelikheidinisiatiewe sal ondersteun.

Wat is jou loopbaanuitdagings?

Uitdagings? Ek sien net geleenthede en kyk slegs na die glas half vol. Ek laat nie toe om vasgevang te voel in organisatoriese piramiedes nie en ek probeer altyd om opwinding en genot om my werk te skep.

Wat is die professionele prestasie waarop jy die trotste is?

Toe ek ’n telekommunikasiegroep binne Guaranty Trust wat ’n verlies gely het, oorgeneem het en dit met ’n plaas-like span opgebou het tot ’n volhoubare besigheid. Ek was ook tussen 2006 en 2013 een van die kernpersone in groot telekommunikasie finansieringstransaksies tussen sindikaatbanke.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Ek sien myself afgetree van die bankwese – ’n maksimum van agt jaar van nou af – en baie betrokke by opleiding en konsultasiewerk.

AGENDA NR 2 l 2014 lwww.usb.ac.za

Meer oor Isa Wie is jou mentors?

Ek kies positiewe eienskappe van verskillende mense wat ek ontmoet, sit dit saam en gebruik dit om modelle vir oorlewing te ontwikkel. Wêreldikone soos Madiba, Lee Kuan Yew, Warren Buffet en José Mourinho verteenwoordig onderskeidelik uithouvermoë, opoffering, goeie leierskap, menslikheid en doeltreffende afrigting, en hierdie gebiede is nodig vir my volgende stappe.

Wat is jou gunsteling-land om in sake te doen?

Rwanda. Die land is onder ’n baie sterk leierskap en is nommer een in Afrika wat betref die gemak van sake doen sonder kapitaalbeperkings.

Waarsonder kan jy nie leef nie?

God, familie en werk – in daardie volgorde.

Isa se belangrikste loopbaanlesse

• Ontwikkel voortdurend jouself en belê in jouself. • Neem eienaarskap van jou rol en wees ’n intrapreneur. • Skep jou eie wêreld om jou werk en wees positief. • Moenie vergeet om te bid, dink en doen nie.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die religieuse grondmotief van sl~ep:ping 7 sondeval en verlossing is ook cUe enigste wa.re grondmotief vir die vJetensJt.apo Vanu:it Calvinistiese oogpunt gesien

Keyter, J... Die besl~.ik:bare hoeveelheid kenn:i s neem ge:vJeldig vinnig ·toe. die uiteindelike opvoedingsdoel vr.rs nie.. Die et.iese doel ra.a.k 'n

This might be especially important during the financial crisis because it is hard to access external funds during that period and this is why I want to research how investment-cash

In het rapport van de Europese Commissie wordt uitgelegd wat de beste methode is voor het implementeren van fiscale R&D faciliteiten. 84 Door 80 fiscale faciliteiten in 31

In order to better understand the proposed model and provide a clearer picture of how entrepreneurial spirit can affect self-perceived employability while taking soft skills

enige bevolkingsgroep is die bedelt maar toch die reputatie heeft gekregen ondanks dat zeker niet alle Roma bedelaars zijn; ‘Natuurlijk ergeren veel Roma zich ook aan deze

Uit bogenoemde kan die oorhoofse afleiding gemaak word dat, gegewe die bepaalde behoeftes wat daar in kinderbediening in die Suid-Afrikaanse konteks bestaan, en gegewe die

Met betrekking tot het vertrek vanuit de vorige woonplaats wordt in Venlo en Venray vooral het argument beschikbaarheid van een woning genoemd terwijl in de kleinere kernen de