• No results found

Die passasierskip Bloemfontein

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die passasierskip Bloemfontein"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE PASSASIERSKIP

BLOEMFONTEIN

L.M . P o tg ie te r*

D ie m o d e l va n d ie p a ssa sie rskip B LO E M ­

FONTEIN wat in besit van die Nasionale Museum is. Die model is deur C. Dubbelman gebou.

'n Besondere item in besit van die Nasionale Museum is n redelike groot model van die ou passasierskip BLOEMFONTEIN. Hierdie soort model w as taam lik algemeen in Suid-Afrikaanse hawens te sien gedurende die vyftiger- en sestigerjare toe hierdie land deur middel van die groot aantal passasierskepe van rederye soos Union-Castle, Lloyd Triestino, Ellerman en Holland-Afrika uitgebreide vervoerverbintenisse met Brittanje sowel as Europa gehad het. Die modelle is vir die skeepvaartmaatskappye deur deskundige modelbouers gebou om deur die rederye vir promosiedoeleindes gebruik te word. Die w edywering om passasiers w as intens en so 'n model kon seker van deurslaggewende belang wees om die voornemende reisigers te laat besluit met w atter skip hulle graag sou w ou reis. Nou is hierdie kleurvolle era vir ons verlore en w ord hierdie modelle nog net in museums aangetref. Een van die belangrikste versamelings is in die Science Museum in Londen te sien w aar n groot saal afgestaan is aan 'n u itsta llin g van 'n verskeidenheid van modelle. Een hiervan, 'n model van die grootste passasierskip van alle tye, die QUEEN ELIZABETH, is dan ook een van die grootste modelle w a t ooit gebou is — meer as vier meter lank. In S uid-A frika w ord 'n kleiner, maar belangrike, versameling in die Kasteel in Kaapstad gehuisves. W at veral hier opval, is die v e r b y s t e r e n d e v a k m a n s k a p v a n di e

modelbouers, nie net in die geval van 'n enorme model van die lynboot CAPETOWN CASTLE nie, maar ook 'n reeks klein modelle gebou deur T e r e n c e M c N a r r y , w a a r di e k l e i n s t e besonderhede van die oorspronklike vaartuig te sien is op 'n model w a t maar net ongeveer 25 cm lank is.

Die model van die BLOEMFONTEIN voldoen aan die hoe standaarde w a t gestel is en dit is dus m oontlik om te sien dat die werklike skip n merkwaardige vaartuig was ten opsigte van verskeie nuwe en buitengewone ontw erp- aspekte. Die skip is in 1934 vir die Vereenigde Nederlandsche Scheepvaart Maatschappij (later bekend as die H olland-Afrika Lyn) voltooi en op die diens tussen Europa en S uid-A frika geplaas. Die grootte daarvan w as 10 473 ton. (Die t o n n e m a a t v a n p a s s a s i e r s k e p e i s ' n inhoudsmaat: 1 ton = 100 kubieke voet).

Selfs die tew aterlating in Junie 1934 het radiogeskiedenis gemaak deurdat die toespraak w a t deur die Eerste M inister van die destydse Unie van S uid-A frika, genl. J.B.M. Hertzog, by die geleentheid gelewer is per radio vanaf Pretoria na die skeepswerf in Am sterdam uitgesaai is. By wyse van 'n knoppie deur genl. Hertzog gedruk, is 'n sein oorgestuur w at die tew aterlatingsm eganism e in w erking gestel het.

(2)

Die radio-tewaterlating van die passasierskip BLOEMFONTEIN deur die destydsepremier, gent. J.B.M. Hertzog. op 16Junie 1934. V.I.n.r. P.Totten (gevolmagtigde m inister. VS.A.). J.B.M. Hertzog (Eerste Minister). A.P.J. Fourie. P C Baerveldt (Nederlandse Konsul. Johannesburg), N. C. Havenga (M in ister van Finansies). D. Fteitz (M inister van Lande). J. H. Hofmeyr. P. Duncan (M inister van M ynweseen Nywerheid, later goewerneur-generaal). T. Connor(burgemeester vanBloem fontein)enI. Solomon (burgemeester van Pretoria). Inlas: H.A. Lorentz (Nederlandse M in ister in Pretoria).

Die doel van die eienaardige rompvorm, w a t in Duitsland ontw ikkel is en die M aiervorm geheet het, was om die kleinste m oontlike oppervlak onder die w aterlyn te he. Die weggesnyde boeg het blykbaar m in weerstand in onstuim ige toestande verseker. Skepe met hierdie rompvorm het altyd die indruk geskep dat hulle bo-oor die w ater gly. Die ontw erp was in 'n mate suksesvol, maar nie baie gewild nieen slegs 'n paar vaartuie van die dertigerjare, o.a. BLOEMFONTEIN se susterskip, JAGERSFONTEIN, het hierdie voorkoms gehad.

'n Baie meer suksesvolle eienskap van die o n tw e rp van h ie rd ie tw e e skepe, w a t norm aalweg nie sigbaar was nie, w as die twee vrystaande stuurvinne w a t aan weerskante van die agterstewe geplaas was. Dit het die hantering van die vaartuie vergemaklik en is tot vandag toe nog 'n unieke voorbeeld van 'n stuurm eganism e vir 'n passasierskip, aangesien handelsvaartuie fe itlik altyd een sentraalgeplaasde roer het. Die stelsel w a t vir die BLOEMFONTEIN gebruik was, word e in tiik net by oorlogskepe aangetref w aar hanteerbaarheid van die allergrootste belang is. Gedurende die Tweede W ereldoorlog is die skip d e u r die U n ite d S ta te s W ar S h ip p in g A d m in istra tio n oorgeneem en van 1942 tot September 1945 as troepedraer aangewend. In hierdie hoedanigheid het die skip meer as 54 00 0 m ilitere personeellede vervoer en is 'n totale afstand van meer as 'n halfm iljoen kilometer

afgele. Vanaf 1946 is die BLOEMFONTEIN weer op die gewone roete tussen Europa en Suid- A frika ingestel. In 1948 is die bowebou herbou en vergroot (die model toon die vaartuig se voorkoms na die verbouing) en tot in 1959 was dit een van die mees gewilde passasierskepe w a t hierdie land se hawens bedien het.

In 1959 het die skip na Hongkong vertrek om daar gesloop te w o rd . Die su ste rskip JAGERSFONTEIN is in 1942 suid van die B erm uda-eilande deur 'n D uitse d u ikboo t gekelder.

* Mnr. Potgieter is 'n komponisen dosent in orkesopleiding in diens van die O.V.S. Onderwysdepartement en sy stokperdjie is die bou van skeepsmodelle.

D ie p a s s a s ie r s k ip B L O E M F O N T E IN . D ie BLOEMFONTEIN moet nie verwar word met die BLOEMFONTEIN CASTLE nie wat in die vyftigerjare die oseane deurkruis het.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Standpunte in paragraaf 3.3 veronderstel dat die skakeltendense van metaalnywerhede wat binne vanderbijlpark gevestig is, met die onderske ie stedel ike angewing s

(vi) Die sosiokulturelo werklikhcid is voortdurend besig om te ontwikkel en te verander as gevolg van die sosiale prosesse van verandering wat In vorm van

Daar moes met enkele vrae in die vraelys bepaal word in welke mate hierdie aspek in die beroepsleidingprogram tot sy reg kern.. Individuele voorligting is die

Verder handel hierdie navorsing by uitstek oor ouer-kind-opvoedingsverhoudinge en word daar deurgaans besin oor die wese en doel van opvoeding, oor die

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

industri~le ~ebied~ kan dit beswaarlik verlaag word. eerder mag klim as daal. Dit moet ook onthou word dat daar individuele begaafd-.. hei~sverskille tussen

in the intron sequence between exons 19 and 20 of the RYR1 gene 283 4.109 Photographic representation of amplified PCR products encompassing. exons 21 and 22 284 4.110

of die leerlinge se motoriese aEJnleg van so'n aard is dat huilile die voorgeskrewe aktiwiteite kan