• No results found

Probleme wat ondervind word by die onderrig van Afrikaans as tweede taal by 'n LSEN-skool in Johannesburg : 'n gevallestudie van Hope-skool

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Probleme wat ondervind word by die onderrig van Afrikaans as tweede taal by 'n LSEN-skool in Johannesburg : 'n gevallestudie van Hope-skool"

Copied!
52
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)PROBLEME WAT ONDERVIND WORD BY DIE ONDERRIG VAN AFRIKAANS. AS. TWEEDE. TAAL. BY. ʼn. LSEN-SKOOL. JOHANNESBURG. ʼn GEVALLESTUDIE VAN HOPE-SKOOL.. deur Martie Adriana Vorster. Werkstuk ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier : Dr. G.S. van der Merwe April 2006. IN.

(2) 2. Verklaring Ek die ondergetekende verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk vervat, my eie oorspronklike werk is wat nog nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige ander universiteit ter verkryging van ʼn graad voorgelê is nie. Handtekening: …………………………………… Datum. : ……………………………………..

(3) 3. OPSOMMING By die onderrig van Afrikaans Tweede Taal word daar sekere probleme ondervind. Party van hierdie probleme is algemeen en word deur alle opvoeders van die vak ervaar. By die onderrig van Afrikaans as Tweede Taal vir leerders by ʼn LSEN-skool is daar egter bykomende probleme wat direk verband hou met die aard van die gestremdheid van die leerders. Waar LSEN-skole voorheen gespesialiseer het in ʼn spesifieke gebrek of gestremdheid, moet hulle deesdae, ter wille van getalle en as gevolg van die inklusiebeleid, alle soorte gestremdhede akkommodeer. By so ʼn LSEN-skool waar die leerders, ten spyte van hul gestremdheid, die gewone leerplan volg en dieselfde matriekeksamen skryf as al die ander leerders in die provinsie, word daar baie meer eise gestel aan sowel die leerder as die opvoeder om die bykomende probleme te oorkom. Vir die leerder is dit hoofsaaklik probleme wat verband hou met sy gestremdheid en vir die opvoeder om maniere te vind om ʼn uiteenlopende groep leerders, met verskillende gestremdhede en verskillende behoeftes in een klas te akkommodeer en te onderrig.. SUMMARY When teaching Afrikaans Second Language the educator experiences certain problems. Some of these problems are commonly experienced by all Afrikaans educators. However, when teaching the subject at a LSEN school, a number of other problems occur which stand in direct relation to the disability(ies) of the learner. Formerly LSEN schools used to specialise in a specific disability but now all these schools have to accommodate most disablities, not only because of numbers but also because of the new inclusion policy. At a LSEN school where the same syllabus as all the other mainstream schools is followed, the demands made on both the learner, as well as the educator, are severe because of added problems. The learner’s problems are mostly related to his disability and the educator has to find ways and means to overcome the problem of accommodating and teaching learners with different needs and different disabilities in one class..

(4) 4. INHOUDSOPGAWE. 1.. Inleiding. 6. 2.. Verduideliking van die begrip LSEN-skole. 7. 3.. Profiel van Hope-Skool en sy leerders. 9. 4.. Gestremdhede wat by hierdie sko ol voorkom. 12. 4.1. Liggaamlike gestremdhede. 13. 4.1.1 Spina bifida. 14. 4.1.2 Serebrale gestremdheid. 15. 4.1.3 Spierdistrofie. 16. 4.1.4 Amputasies en ontbrekende ledemate. 17. 4.1.5 Gehoorgestremdheid. 17. 4.1.6 Spraakgestremdhede. 18. Leergestremdhede. 18. 4.2.1 Milieu. 19. 4.2.2 Aandagprobleme. 19. 4.2. 5.. Probleme wat by Hope-Skool ondervind word by die onderrig van Afrikaans Tweede Taal vir grade 10-12. 20. 5.1. Fisiese probleme. 20. 5.1.1 Spastiese leerders. 20. 5.1.2 Spraakprobleme. 21. 5.1.3 Spina bifida. 21. 5.1.4 Leergestremd. 22. Sosiale probleme. 24. 5.2.1 Beperkte leefwereld. 24. 5.2.2 Ouerprobleme. 24. 5.2.2.1. Gebrek aan ouerbetrokkenheid. 24. 5.2.2.2. Ontkenning en onrealistiese. 5.2. verwagtings 5.2.2.3. 25. Ouerinmenging en oorbeskermdheid. 25.

(5) 5. 5.2.2.4 5.2.3. Enkelouers. Multikulturele verskille. 26 26. 5.3. Gebrek aan finansies. 27. 5.4. Kurrikulumprobleme. 27. 5.5. Probleme met laat toelating van nuwe leerders 28. 5.6. Tydsfaktor. 28. 5.7. Amanuense. 29. 5.8. Algemene taalprobleme. 30. 5.8.1 Gebrekkige woordeskat. 30. 5.8.2 Omslagtigheid. 31. 5.8.3 Woordorde. 31. 5.8.4 Los- en vas skryfwyse. 32. 5.8.5 Leestekens. 32. 5.8.6 Probleme met bepaalde woordsoorte. 34. 5.8.7 Spellingprobleme. 37. 5.8.8 Gesproke taal. 38. 5.8.8.1. Die Engelse invloed. 38. 5.8.8.2. Die invloed van Swart tale 39. 5.8.9 Verwarring van woorde se betekenis. 39. 5.8.10 Klankverwarrings. 41. 5.8.11 Die gebruik van Engelse woorde. 41. 5.8.12 Nuwe (ander) manier van praat. 42. 5.8.13 Vloekwoorde. 42. 5.8.14 Getalsverwarring. 43. 5.9. Die skryf van briewe. 43. 6.. Voorstelle vir doeltreffende taalonderrig aan gestremdes. 44. 7.. Samevatting. 49. 8.. Bronnelys. 52.

(6) 6. 1. Inleiding. Hierdie is ʼn gevallestudie oor die probleme wat ondervind word by die onderrig van Afrikaans as tweede taal by Hope-Skool, ʼn LSEN-skool in Johannesburg. (LSEN staan vir Learners with Special Educational Needs). Aangesien die begrip, LSEN-skole, vir die meerderheid mense onbekend is en daar in die algemeen ʼn wanopvatting onder die algemene publiek bestaan oor sogenaamde “spesiale” skole, is dit nodig om ter aanvang eers ʼn verduideliking of omskrywing daarvan te gee. In soverre dit taalprobleme betref wat ondervind word by die onderrig van Afrikaans as tweede taal, is dit natuurlik so dat sekere taalprobleme universeel is en algemeen ervaar word deur alle onderwysers wat Afrikaans as ʼn tweede taal onderrig, maar daar is ook probleme wat spesifiek ervaar word by LSEN-skole en dan in die besonder by hierdie spesifieke skool. Die probleme wat by die onderrig van Afrikaans as tweede taal by hierdie skool ondervind word, is natuurlik nie beperk tot taalprobleme as sodanig nie, maar behels ook ander probleme wat ʼn direkte gevolg is van die fisiese en ander gestremdhede van die spesifieke leerders wat in hierdie skool teenwoordig is. Om dié probleme beter te verstaan, sal daar ʼn profiel van die skool en sy leerders gegee word en dan in die besonder, die leerders wat Afrikaans as ʼn tweede taal neem. Ten einde die uitwerking van die gestremdhede op die onderrig – en leerproses en dan in die besonder Afrikaans Tweede Taal in perspektief te plaas, word die aard van die gestremdhede eers kortliks geskets. Daarna sal die probleme wat ondervind word by die onderrig van Afrikaans as tweede taal aan hierdie leerders uitgelig word en laastens word daar na moontlike oplossings vir hierdie probleme gekyk..

(7) 7. Wanneer daar hier verder van die opvoeder gepraat word, word daarmee bedoel die Afrikaans Tweede Taal opvoeder. 2. Verduideliking van die begrip LSEN-skool. LSEN-skole is skole vir leerders wat nie in die hoofstroom geakkommodeer kan word nie, omdat hulle spesiale onderwysbehoeftes het. Nie alle LSENskole is gerig op dieselfde behoeftes nie, maar waar daar voorheen deur hierdie skole gespesialiseer of gekonsentreer kon word op spesifieke gebreke, moet die meeste skole maar deesdae, ter wille van getalle en weens druk van die Onderwysdepartement se inklusiebeleid, leerders toelaat wat ook ander gebreke het.. Veral leerders met leerprobleme manifesteer. deesdae baie en word ook in die meeste van hierdie skole geakkommodeer. Die leerders wat in LSEN-skole is, is leerders wat nie in die hoofstroom geakkommodeer kan word nie, weens die volgende redes: •. Hulle benodig gespesialiseerde dienste of toerusting om hulle te help om rond te beweeg. (Brennan, 1995:28). Dit is byvoorbeeld rolstoele, krukke, been-en rugstutte, prosteses en kunsmatige ledemate.. Dit. gebeur ook partykeer dat ʼn leerder vir ʼn korter of langer tydperk op ʼn bed moet skool toe kom omdat hy weens druksere of ʼn ander infeksie nie kan sit nie. •. Die fisiese omgewing moet vir hulle omgewingsvriendelik en toeganklik wees, met opritte, handrelings, spesiale toilette en spasie vir gespesialiseerde toerusting.. Vloeroppervlaktes moet nie glad wees. nie. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir inkontinente leerders wat op vasgestelde tye gekateteriseer moet word. •. Van. hierdie. leerders. benodig. ook. gespesialiseerde. onderrighulpmiddele soos tikmasjiene, skootrekenaars, boekstutte, potloodgrepe, driehoekige potlode, ens. om die kurrikulum vir hulle toeganklik te maak. (Fourie en Goodyer, s.j. : 39).

(8) 8. LSEN-skole sluit in skole vir leerders wat: •. gesiggestrem is. •. gehoorgestrem is. •. epileptici. •. serebraal gestrem is met in die meeste gevalle ook ʼn mate van leergestremdheid as gevolg van die serebrale gestremdheid. •. leerprobleme het. •. fisies gestrem is. •. fisies- en leergestrem is. •. aan outisme ly. Die Hospitaal-skool in Johannesburg versorg op ʼn tydelike basis leerders wat vir lang tydperke gehospitaliseer word as gevolg van ongelukke, operasies of vir behandeling, soos dialise, kanker en ander terminale siektes. Bogenoemde skole wissel in die mate van akademiese gerigtheid en die vlak van aanbieding van vakke. Daar is ook skole vir verstandelik erg gestremde leerders, maar aangesien hulle nie ʼn akademiese leerplan volg nie en eerder inrigtings as skole is, word hulle nie hier bespreek nie. By elkeen van hierdie skole word voorsiening gemaak vir terapie in die een of ander vorm. Die meeste LSEN-skole het ʼn afdeling met ʼn volledige span fisio-, arbeids- en spraakterapeute asook opvoedkundige sielkundiges. Remediërende onderrig word gedoen by die meeste skole.. By skole vir. dowes of blindes, moet die opvoeder nie net vak-gekwalifiseerd wees nie, maar ook gebaretaal of braille magtig wees. Toelating tot hierdie skole geskied nadat ʼn leerder deur die departement verwys is en ʼn volledige evaluering deur die hele span terapeute met.

(9) 9. betrekking tot die behoeftes van die leerder gedoen is. Oorplasings vanaf susterskole word sonder evaluering gedoen. Die onderwysdepartement is ondersteunend en met goeie motivering sal hulle bepaalde hulpmiddels voorsien, of op aanvraag, spesiale opleiding aan opvoeders verskaf.. LSEN skole word ook gebruik as bronnesentrums vir. enige skool met gestremde leerders en kan besoek word om hantering en strategieë te bespreek. 3. Profiel van Hope-Skool en sy leerders. Hierdie skool is ʼn dubbelmediumskool vir fisies gestremde leerders met ʼn verskeidenheid van gestremdhede.. Hier is ook heelwat leergestremdes.. Daar word voorsiening gemaak vir leerders van voorskools tot matriek, dagskoliere, sowel as koshuisinwoners. Die skool bestaan uit ongeveer 80% swart leerders van verskillende kulture. Die ander 20% leerders is Blank, Indiër, Kleurling en enkele Oosterlinge. Die oorgrote meerderheid opvoeders en ander personeel is Blank en Afrikaanssprekend. Ter aanvang moet daar onderskeid gemaak word tussen hierdie spesifieke LSEN-skool wat akademies op dieselfde vlak as hoofstroomskole is en LSENskole waar leerders net tot graad 9 of 10 geakkommodeer kan word, voordat hulle na tegniese- of ander kolleges gaan of die skool verlaat en werk in ʼn beskutte arbeidsomgewing kry.. Aangesien Hope-Skool een van die min. LSEN skole in die land is wat tot graad 12 onderrig bied, kom die leerders uit verskillende dele van die land. Dit moet duidelik gestel word dat dit hier gaan oor die onderrig van vakke aan leerders met normale verstandelike vermoëns, wat wissel van gemiddeld tot bo-gemiddeld. Dit is leerders wat presies dieselfde matriek as ander Gauteng leerders skryf – net onder baie moeiliker omstandighede vir sowel die leerder as die opvoeder.. Vir die leerder as gevolg van sy fisiese- en/of ander. gestremdhede en vir die opvoeder omdat dieselfde hoeveelheid werk voltooi en dieselfde standaard bereik moet word, binne dieselfde tydperk as.

(10) 10. hoofstroomskole met leerders wat teen ʼn baie stadiger tempo werk en nie dieselfde standaard werk kan lewer as hoofstroomleerders nie. Die opvoeder moet boonop aanpassings maak in die onderrigsituasie om die verskillende gestremdhede te akkommodeer. Alle vakke word tans nog op hoër graad en standaardgraad aangebied, maar dit sal geleidelik uitgefaseer word oor die volgende drie jaar volgens die nuwe kurrikulumriglyne. Die profiel van die skool het die afgelope paar jaar verander. Daar moes plek gemaak word vir leerders met leergestremdhede; dit is leerders met normale tot bo-gemiddelde intelligensie, met geen fisiese gestremdheid nie, maar wat ernstig dislekties, hiperaktief, en/of met aandagtekortsindroom gediagnoseer is. Die toelating van hierdie leerders is enersyds weens die inklusiebeleid van die onderwysdepartement en andersyds om te kompenseer vir krimpende getalle en om die verlies van onderwysposte te verhoed. Volgens die huidige wetgewing moet alle leerders twee van die amptelike tale vir matriek aanbied – ten minste een taal op eerstetaalvlak en die ander taal op tweedetaalvlak. By hierdie skool word Afrikaans en Engels as die twee amptelike tale aangebied, Baie van die leerders kan skaars Engels praat wanneer hulle in die skool opgeneem word en die algemene kommunikasie onder mekaar is dan in een van hul moedertale en nie in Engels of Afrikaans nie. Die aanleer van dié twee tale vind dus stadiger plaas as vroeër jare. Die aantal leerders wat Afrikaans Eerste Taal (moedertaal) geneem het, het baie afgeneem en die aantal Afrikaans Tweede Taal-leerders het drasties vermeerder aangesien ook leerders wie se moedertaal nie Engels is nie, Engels Eerste Taal moet neem (omdat hul moedertale nie by hierdie skool.

(11) 11. aangebied word nie). Hulle moet dus Afrikaans as ʼn tweede taal neem, al is Afrikaans hul derde of vierde taal. In die algemeen kan leerders wat Afrikaans Tweede Taal (of eerste addisionele taal) neem, in die volgende groepe ingedeel word: •. Leerders wat Afrikaans as moedertaal praat, maar om een of ander rede deur medium van Engels onderrig word.. •. Leerders wat tuis Engels praat en vir wie Afrikaans werklik ʼn tweede taal is.. •. Leerders wat tuis Kaapse Afrikaans of, soos hulle dit noem, “Kombuisafrikaans” praat.. •. Leerders wat een of meer swart tale as huistaal het, maar redelik blootgestel is aan Afrikaans.. •. Leerders wat een of meer swart taal as huistaal het en glad nie aan Afrikaans blootgestel is nie, of wat na hierdie skool kom van skole waar Afrikaans nie as vak aangebied is nie, of deur onderwysers onderrig is wat self nie die taal vlot praat nie.. By LSEN-skole kan ʼn verdere indeling gemaak word, omdat die spesifieke gestremdhede van die leerlinge hulle in verdere kategorieë plaas: •. Leerders wat weens spastisiteit nie kan skryf nie, maar alle werk op ʼn tikmasjien of rekenaar moet doen.. •. Leerders wat weens die een of ander spiersiekte of as gevolg van ʼn ongeluk só verlam is dat hulle nie hul arms kan gebruik nie en alle eksamens en toetse mondeling moet aflê.. •. Leerders wat weens ʼn siggebrek al hul werk en vraestelle vergroot moet kry.. •. Leerders wat weens ʼn gehoorprobleem ʼn gehoorapparaat moet dra.. Aangesien hierdie skool een van die min LSEN-skole is wat tot matriek gaan en ook alle vakke op hoër en standaardgraad aanbied, trek dit heelwat.

(12) 12. leerders van susterskole wat nie matriek aanbied nie of nie vakke op hoër graad aanbied nie. ʼn Groot persentasie van hierdie leerders kom dus aan die begin van graad 10 na hierdie skool. Omdat die standaard van onderrig by die ander skole wissel, is die leerders wat aan die begin van graad 10 hier aankom, nie noodwendig op dieselfde standaard as leerders wat al vroeër na hierdie skool gekom het nie. Dit gebeur ook dat leerders hierheen kom van ʼn skool waar hulle geen of weinig Afrikaans gehoor het nie.. In werklikheid. begin hulle dus eers in graad 10 met Afrikaans as tweede taal. Weens die toename van die voorkoms van leerlinge wat weens ongelukke gestremd raak, gebeur dit ook dat leerlinge wat in graad 10 of 11 beseer of verlam raak, geen ander keuse het as om na hierdie skool te kom nie. Hul vakkeuses verskil gewoonlik van hierdie skool sʼn. Soos reeds genoem, is die aantal leerders in Hope Skool wat Afrikaans as moedertaal praat, deesdae baie min en in party van die senior grade is daar selfs geen Afrikaanse moedertaalsprekers nie. Op enkele uitsonderings na, neem die leerders in graad 10 - 12 dus Afrikaans Tweede Taal. Daar is baie praktiese probleme, aangesien leerders in rolstoele baie ruimte in beslag neem en die klaskamers nie ontwerp is om massas leerlinge te akkommodeer nie. Die opvoeder se beweging in die klas word aan bande gelê en individuele hulp aan die leerders is dan nie moontlik nie. 4. Die verskillende gestremdhede wat by hierdie skool aangetref word. By hierdie skool word daar verskillende gestremdhede aangetref en dit kan breedweg in twee kategorieë ingedeel word, nl. liggaamlik gestremde leerders en leergestremde leerders. Alhoewel daar ʼn groot verskeidenheid van liggaamlike gestremdhede hier aangetref word, veroorsaak net enkeles probleme vir die Tweede Taalopvoeder. Daar word dus net kortliks ʼn beskrywing gegee van die spesifieke.

(13) 13. gestremdhede wat die onderrig van taal en dan spesifiek die onderrig van Afrikaans as tweede taal beïnvloed. 4.1. Liggaamlike gestremdhede. Die oorsaak, effek en omvang en graad van belemmering van fisiese gestremdhede verskil van een geval tot die volgende. Volgens Fourie en Goodyer (s.j. : 38) kan die gestremdhede op verskillende wyses en verskillende stadiums van die leerder se lewe ontstaan het, naamlik: •. Dit kan kongenitaal (aangebore) wees.. •. Dit kan verworwe wees as die nagevolg van siektes soos polio wat die beenspiere en liggaam gedeeltelik verlam en laat agteruitgaan, of dit kan die gevolg wees van die siekte self soos motorneuron-siekte of spierdistrofie waar die spiere oor die hele liggaam geleidelik agteruitgaan.. •. Dit kan traumaties ontstaan het deur ʼn ongeluk of geweld.. Die fisiese gestremdhede wissel van ʼn matige gestremdheid waar die leerder net lomp is as gevolg van swak koördinasie tot ʼn erge gestremdheid soos verlamming of amputasie van ledemate.. Fisiese gestremdhede sluit. neurologiese gestremdhede in. ʼn Fisiese gestremdheid beteken gewoonlik dat die leerder se mobiliteit of vermoë om rond te beweeg, geaffekteer is as gevolg van die verlies van ledemate of wanneer die leerder sonder ʼn ledemaat of gedeelte van ʼn ledemaat gebore is, of ʼn parapleeg is. Die gestremdheid kan ook veroorsaak wees deur verswakte of spastiese spiere. Behalwe dat die leerder se mobiliteit geaffekteer is, kan sy vermoë om sy hande of voete te gebruik, ook geaffekteer wees. Hierdie gestremdhede.

(14) 14. wissel van ʼn totale onvermoë om die hande te gebruik, soos byvoorbeeld wanneer die kind sy arms of hande verloor het of sonder arms en hande gebore is, tot matige handgestremdhede wat meer te doen het met koördinasie en fyn motoriese bewegings.. Wanneer die leerder se hande. beïnvloed is, veroorsaak dit vanselfsprekend probleme met sy skoolwerk. Die feit dat fisies- gestremde leerders dikwels afwesig is as gevolg van operasies of infeksies, of weens die feit dat hulle gedurende klastyd vir fisio-, of ander terapieë moet gaan, het ook ʼn invloed op hul skoolwerk. 4.1.1 Spina bifida Volgens die Gids vir Genetiese afwykings van die Departement van Gesondheid en Welsyn (1984) is spina bifida een van die mees algemene aangebore defekte. In Suid-Afrika ly ongeveer een baba uit elke 500 aan hierdie toestand. Spina bifida is die term wat verwys na ʼn kind wat met ʼn sogenaamde “oop rug” gebore word. Dit is ʼn aangebore misvorming van die ruggraat en beteken dat die rugwerwels nie heeltemal ontwikkel het nie. Die rugwerwels beskerm normaalweg die rugmurg en onderliggende weefsels. Wanneer die rugmurg onvolgroeid en nie behoorlik gevorm is nie, is die ondersteunende weefsels en werwels gewoonlik ook defektief.. Daar is dan ʼn uitstulping van die. rugmurg en/of die omringende membrane deur hierdie opening (Smith, 1990: 436). 80 – 90% van spina bifidas het ook hidrokefalus wat beteken dat daar vloeistof rondom die brein opbou en daar dan ʼn dreineringspypie in die nek ingeplant moet word om die vloeistof na die maag of bloedstroom te dreineer. Drukking op die brein, komplikasies met die operasie wanneer hierdie pypie ingeplant word, blokkasies en infeksies van die pypie kan ook spraak- en taal gestremdhede veroorsaak. (Smith, 1990:438)..

(15) 15. Ander probleme wat by spina bifidas presenteer, is probleme met hul motoriese vaardighede, aandag, geheue en organiseringsvermoëns. Die spina bifida se ontwikkeling vind net tot op ʼn punt plaas wanneer ʼn plato bereik word en daarna vind verdere leer uiters stadig plaas. Die probleme wat met hierdie gestremdheid by die onderrig van Afrikaans Tweede Taal ondervind word, word onder ʼn latere punt bespreek. 4.1.2 Serebrale gestremdheid Serebrale gestremdheid kan omskryf word as ʼn motoriese disfunksie wat ontstaan as gevolg van breindisfunksie wat voor, gedurende of kort na geboorte voorgekom het.. Dis ʼn toestand waar die funksionering van die. sentrale senuweestelsel wat fisiese bewegings en koördinering beheer, aangetas is. (Botha, 1990:278). Daar is verskillende soorte serebrale gestremdheid. Oor die algemeen word dit gekenmerk deur onwillekeurige bewegings, stywe en saamgetrekte spiere en onakkurate, willekeurige bewegings. (Fourie & Goodyer, s.j.:40). In party gevalle is die gebrek so minimaal dat dit skaars sigbaar is. By ander is dit so erg dat daar gehoor en/of sigprobleme is, die spraak aangetas is en epileptiese aanvalle ook voorkom.. Verlamming kan ook teenwoordig en. intellektuele funksies aangetas wees sodat daar leerprobleme ontstaan. Wanneer die spraak ernstig aangetas is, moet daar van kommunikasiehulpmiddels gebruik gemaak word soos kommunikasieborde en minirekenaars asook spesiale sagteware soos die “Clicker” program. Die gebruik daarvan word egter beperk wanneer die leerder beperkte beheer het oor sy boonste ledemate. Die gebruik van skakelaars wat met die kop/ken/voet of arm gedruk kan word, maak toeganklikheid tot hierdie hulpmiddels moontlik. Die serebraal gestremde leerder kan weens sy spraakprobleem ook nie onmiddellik verbaal reageer wanneer hy aangespreek word nie..

(16) 16. Persone wat serebraal gestremd is, kan dus verskeie opvoedkundige probleme hê wat betref aandag, geheue en waarneming, wat inmeng met hul leerproses. As hulle weens spastisiteit nie veel beheer het oor hul hande en arms nie, het hulle ook probleme met die hantering van boeke en penne. Die probleme wat met taalonderrig ondervind word, word later bespreek. 4.1.3 Spierdistrofie/Spieratrofie Spierdistrofie is ʼn oorerflike, progressiewe spiersiekte wat primêre spiere aantas.. Nie alle tipes is oorerflik nie en dit kan spontaan by ʼn individu. ontstaan. Daar kan hoofsaaklik vier tipes spierdistrofie onderskei word en elkeen van hierdie het variante met verskillende simptome en komplikasies. Leerders wat aan spierdistrofie ly, word oënskynlik normaal gebore, maar word geleidelik vanaf ongeveer die tweede tot sesde jaar swakker en loop moeilik of met krukke en teen ongeveer hul twaalfde jaar moet hulle van ʼn rolstoel gebruik begin maak.. (Van Wyk, 1990: 171).. Hierdie leerders is. gewoonlik kognitief intelligent en het nie taalprobleme as sodanig nie. Die enigste probleem waarmee die taalopvoeder te doen kry, het te doen met die leerder se fisiese toestand wat baie goed dopgehou moet word, sodat daar in samewerking met die terapeute besluit kan word wanneer dit te uitputtend vir die leerder raak om self eksamen of toetse te skryf. Wanneer hierdie stadium bereik word, moet die besluit geneem word om die leerder liewer ʼn amanuense te laat doen. Wanneer die leerder nog in staat is om self te skryf, moet die opvoeder seker maak dat die leerder nie met ʼn te ligte of dun pen skryf nie aangesien die skrif dan so lig is, dat dit feitlik heeltemal onleesbaar is.. Wanneer daar. aantekeninge van die bord afgeskryf word, moet die opvoeder ook dophou vir tekens van uitputting en dan die aantekeninge verder vir die leerder afskryf. Hierdie leerders het ekstra tyd nodig om hul werk te voltooi en word ook in eksamens en toetse 15 minute vir elke uur ekstra tyd toegelaat..

(17) 17. 4.1.4 Amputasies en ontbrekende ledemate Behalwe leerders wat sonder arms of hande of met misvormde hande of arms gebore word, kom dit dikwels voor dat leerders aan ʼn lewendige kragdraad vat en die skok oorleef, maar dan een of meer ledemate verloor. Daar is ook kinders wat voor ʼn trein beland het of in ʼn ongeluk was.. Die lang. hospitalisasie veroorsaak dat baie onderrigtyd verlore gaan. As gevolg van die skok is daar ook emosionele implikasies. Die leerder wat sonder arms of hande of met misvormde hande of arms gebore word (Phocomelia) moet leer om op een of ander manier te skryf of anders van ʼn rekenaar of amanuense gebruik maak. Rekenaartegnologie is so gevorderd dat leerders met ʼn kopstuk aan kan tik of met hul mond. By hierdie skool is daar “touch screen” rekenaars. Dit is natuurlik baie duur maar is deel van die Gauteng on Line-projek en word dus deur die borge van die projek verskaf. 4.1.5 Gehoorgestremdheid Die term, gehoorgestremdheid, is ʼn omvattende term wat verskillende grade van gehoorverlies aandui.. Botha (1990:362) sê dat dieselfde didaktiese. beginsels as in gewone onderrig hier ter sprake is, maar dat dit soms net ʼn ander beklemtoning ontvang. Daar is slegs enkele gehoorgestremde leerders by hierdie skool en hulle kan met behulp van ʼn klein gehoorapparaat goed oor die weg kom. Die opvoeder maak, waar nodig, ook gebruik van ʼn klein mikrofoon wat om sy nek hang en wat die gehoorapparaat van die leerder se sein versterk. Nogtans is daar probleme o.a wat hul spraak betref wat later bespreek word..

(18) 18. 4.1.6 Spraakgestremdhede Onder spraakgestremdhede word daar verwys na leerders wat hakkel of ʼn gesplete verhemelte en/of haaslip het. ʼn Gesplete verhemelte en haaslip kan onafhanklik van mekaar voorkom. Daar is slegs enkele leerders in die skool wat ʼn spraakprobleem het ʼn Gesplete verhemelte word eers op 12 –18 maande herstel of gedeeltelik herstel en die kind het dan alreeds ʼn spraakprobleem ontwikkel wat met gereelde spraakterapie reggestel moet word.. Hoe vroeër ʼn gesplete. verhemelte herstel word, hoe natuurliker die spraak. Die kind met ʼn gesplete verhemelte is nie altyd in staat om die opening na die neus wat aan die agterkant van die keel geleë is, toe te maak nie. Wanneer hy probeer om klanke te maak wat deur die mond behoort te kom, ontsnap ʼn deel van die klank deur die neus en die gevolg is nasale spraak. Die verstaanbaarheid hang af van die mate van gestremdheid en geslaagdheid van die hersteloperasies. 4.2. Leergestremdhede. ʼn Leerder word as leergestremd beskou as hy nie volgens sy ouderdom en vermoë presteer op mondelinge, ekspressiewe en reseptiewe taal, lees, skryf en Wiskunde-vlak nie (Fourie & Goodyer, s.j. : 56) Spesifieke leergestremdhede sluit volgens French et al (1995:11) o.a. breinbeserings, minimale breindisfunksie en disleksie in. Die graad van leergestremdheid wissel van geval tot geval met unieke kombinasies van probleme en is moeilik identifiseerbaar. Die feit dat alle leerders nie in hul moedertaal onderrig word nie, veroorsaak al klaar dat hulle spesiale behoeftes het en gewoonlik ʼn agterstand van twee jaar het by leerders wat wel in hul moedertaal onderrig word..

(19) 19. Leerprobleme word gewoonlik geassosieer met ʼn gebrek om aandag te gee, hiperaktiwiteit. en. impulsiwiteit.. Leerders. is. ook. ongemotiveerd,. ongeorganiseerd en het probleme om kennis van een area na ʼn ander oor te dra of toe te pas. (Fourie & Goodyer, s.j. : 56) Leergestremde leerders het net soveel hulp en terapie nodig as fisiesgestremde leerders. Hulle moet ekstra lesse kry in die vakke waarin hulle probleme ondervind en selfs spraak- of arbeidsterapie. Vir die leergestremde kind om verbaal en nie-verbaal te kan kommunikeer, is dit noodsaaklik dat taalvaardighede deurgaans gedurende die skoolloopbaan gemonitor word en intensiewe hulp verleen word, anders kan dit gebeur dat die leerder in die huidige sisteem net jaarliks aangeskuif word na die volgende klas en uiteindelik in die hoërskool beland sonder dat hy kan lees of skryf. 4.2.1 Milieugestremd Onder milieugestremdheid word verstaan kinders wat onder verwaarlosing en armoede ly, straatkinders is, HIV-positief is of waar die leerder die gesin moet versorg of help versorg omdat die ouers nie meer daartoe in staat is nie of oorlede is. Dit is ook kinders wie se leefwêreld erg beperk is a.g.v. hul fisiese gestremdhede. 4.2.2 Aandagprobleme Leerders wat nie kan konsentreer nie en leerders wat hiperaktief is, ervaar leerprobleme. Alhoewel dit twee tipes probleme is, is daar ʼn noue verband. Wanneer ʼn leerder se aandag maklik afgetrek kan word, hy vergeetagtig is en sukkel om te luister na instruksies en besonderhede, is hy onoplettend. Wanneer die leerder nie kan stilsit nie of uitermate baie beweeg, vroetel of kriewel en praat en nie sy beurt kan afwag nie, is hy hiperaktief. Hierdie versteuring word aandagtekortversteuring met of sonder hiperaktiwiteit genoem. (Fourie & Goodyer, s.j. : 57)..

(20) 20. 5.. Probleme wat by Hope Skool ondervind word by die onderrig van Afrikaans Tweede Taal vir grade 10 – 12. Daar word probleme van velerlei aard ondervind by die onderrig van Afrikaans as tweede taal. Vervolgens sal kortliks geskets word hoe fisiese gebreke, sosiale probleme, kurrikulumprobleme, laat toelating van nuwe leerders, die tydsfaktor en amanuense die onderrig in die wiele kan ry. Daarna sal die fokus geplaas word op die tipe taalprobleme wat die leerders ondervind by die aanleer van Afrikaans as tweede taal. 5.1. Fisiese probleme. ʼn Gelyke aantal fisies- en leergestremde leerders word in die klasse aangetref met ʼn groot verskeidenheid van probleme. Die probleme wat leergestremdes ondervind by die aanleer van Afrikaans as tweede taal verskil van die probleme wat die fisies gestremde ondervind. Die mees algemene fisiese gestremdhede is spina bifida, serebrale gestremdheid, spierdistrofie, verlammings as gevolg van ongelukke en skietwonde, gehoor- en spraakgestremdhede. Die leergestremdhede wissel van hiperaktiwiteit en aandagafleibaarheid tot disleksie in die ergste vorm. 5.1.1 Spastiese leerders Die ideaal vir spastiese leerders is om van rekenaars of tikmasjiene gebruik te maak, maar hulle maak nogtans baie foute. Wanneer leerders getikte werk inlewer wat taalkundig geëvalueer moet word, moet die onderwyser bepaal of die foute wat gemaak is, tikfoute is wat veroorsaak is deur die leerder se beperkte beweeglikheid of gebrek aan akkuraatheid a.g.v. spastisiteit en of dit ʼn spelfout was. Die leerder is gewoonlik nie by wanneer die werk nagesien word nie en kan dus nie die probleem opklaar nie..

(21) 21. Die leerder kan weens sy spastiese bewegings ook die verkeerde knoppie op sy rekenaar druk en al sy werk afvee. Gedurende toetse en eksamens is die opvoeder se hulp hier baie nodig om met gereelde tussenposes die antwoorde te bêre en ook aan die einde van die toets seker te maak dat die antwoorde nie per ongeluk afgevee word nie. 5.1.2 Spraakprobleme as gevolg van gesplete verhemeltes of serebrale gestremdheid Serebraal gestremdes wat moeilik praat, spreek die woorde swaar en/of verkeerd uit. Wanneer hulle dus ʼn mondeling doen, verstaan die opvoeder nie wat hulle probeer sê nie en verloor hulle heelwat punte.. By lees en. voorbereide toesprake kan die opvoeder wel die leerder se toespraak neem en kyk waaroor dit gaan en sodoende darem ʼn inhoudspunt gee.. Daar. bestaan ook tegnologie soos pratende rekenaars, maar dit hou geweldige finansiële implikasies vir die leerder se ouers in en baie min kan dit bekostig. Die vraag is natuurlik of gestremde leerders twee tale moet leer - veral as dit leerders met spraakgebreke is. Dit is vir hulle al klaar moeilik genoeg om hul in hul moedertaal te probeer uitdruk. 5.1.3 Spina bifida Sover dit die taalvermoëns van spina bifida-gevalle aangaan, kan dit op die volgende wyses geaffekteer wees: ʼn Klein aantal van hierdie kinders toon die “cocktail speech syndrome” waar dit oënskynlik lyk of die kind baie sosiaal is en verbaal vlot, maar hul gesprekke is dikwels arm aan inhoud en idees. Hul begrip word ook geaffekteer. Abstrakte begrippe word moeilik begryp soos dinge wat nie gesien of aangeraak kan word nie. Die kind kompenseer vir uitvalle in begrip deur alles uit die kop te leer en hy sal ʼn storie kan oorvertel sonder om te verstaan wat dit beteken. Die spina bifida het ʼn swak.

(22) 22. begrip van geskrewe en gesproke taal en sukkel met die identifisering van die verband tussen verskillende konsepte en om tussen relevante en irrelevante inligting te onderskei en toepaslike afleidings en gevolgtrekkings te maak. Die leerder is nie in staat om vrae behoorlik te interpreteer en te beantwoord nie en vind dit moeilik om instruksies te volg. Alhoewel so ʼn leerder Afrikaans moontlik vlot praat, sal hy byvoorbeeld nie in staat wees om goeie punte in begripstoets te behaal nie, omdat hy nie antwoord wat gevra word nie. Smith (1990:436) sê dat ʼn intakte senuweestelsel noodsaaklik is vir optimale funksionering van die ander liggaamstelsels. senuweestelsel. nie. intakt. nie. en. By spina bifidas is die. veroorsaak. dit. probleme. in. die. opvoedingsituasie. 5.1.4 Leergestremd Die probleme met betrekking tot die aanleer van taal wat by leergestremdes manifesteer, kan een of meer of al die volgende wees (Cartwright, G.P. et al. 1995: 284): •. koördinasie is swak wat tot gevolg het dat leerders in die hoërskool skryf soos ʼn graad eentjie wat pas leer skryf het.. •. ruil letters en syfers om.. •. lees baie swak en sukkelend.. •. het ʼn kort aandagspan.. Wanneer daar luisterlees begripsoefening. gedoen word (wat verpligtend is vir die mondelinge afdeling van die taal), kan hulle selfs na die opvoeder die kort stukkie drie keer gelees het, nie genoeg inligting onthou om basiese begripsvragies te beantwoord nie en maak dan sommer hul eie storie op. ʼn Lae punt is dus nie noodwendig a.g.v. ʼn te klein Afrikaanse woordeskat nie, maar as gevolg van ʼn onvermoë om te konsentreer. •. is baie ongeorganiseerd en verloor gedurig boeke en huiswerk, verspeel hul tyd, is impulsief..

(23) 23. •. druip geskrewe toetse, maar doen baie goed in mondelinge toetse of eksamens of omgekeerd.. Daar is leerders wie se taalontwikkeling onvolwasse is. Hulle druk hulself baie swak uit en het ʼn woordvind-probleem. Waar dit taal aangaan, het hulle nie net ʼn probleem om nuwe woordeskat aan te leer nie, maar sukkel ook om bekende dinge te benoem. Wanneer hulle praat of skryf, gebruik hulle tweeen driewoordfrases. By Afrikaans is dit ʼn probleem, want dit beteken dat die leerder nie in staat is om behoorlik vloeiende opstelle te skryf nie. Hulle •. ondervind ʼn probleem om die verband te sien tussen klanke en die simbool of letter daarvoor. Die Afrikaanse alfabet het sekere klanke wat party leergestremde leerders net nie korrek kan uitspreek nie. Die k- en g-klanke veroorsaak onder meer baie uitspraakprobleme en dan word woorde soos kry as gry uitgespreek en badkamer as baggamer uitgespreek.. •. vind dit moeilik om instruksies te verstaan en uit te voer.. •. het ʼn probleem met oorsaak en gevolg en volgorde.. Wanneer die. lydende en bedrywende vorm behandel word, is daar ʼn sekere resep wat gevolg moet word om die oefeninge te kan doen.. Indien die. leerder gelei word met vrae by elke stap, kan hy dit doen. Moet hy egter self die werk doen, kan hy nie onthou wat en hoe om dit te doen nie. •. Vir ʼn leergestremde is basiese konsepte soos kleur, vorm en grootte moeilik verstaanbaar omdat hy persepsuele probleme mag hê en dit moeilik vind om dinge wat hy sien, hoor of aanraak, te analiseer.. •. Hulle kan nie onthou wat die onderwyser pas gesê het nie, want hy ondervind ʼn probleem om inligting te stoor en later spesifieke dele daarvan akkurraat te herroep. ʼn Voorbeeld hiervan is dat die leerder al die reëls en rympies van voegwoorde en hul effek op woordorde ken en dit kan toepas in die taalperiode. Wanneer hy egter hierdie kennis moet toepas in ʼn opstel, val hy terug op sy vorige verkeerde taalgebruik en het al die sinne woordordefoute..

(24) 24. •. Hulle raak voortdurend deurmekaar met rigtings of tyd ( op x af, links x regs, gister x more). Hy weet gister is verby en more kom nog, maar sal nog steeds antwoord dat die vakansie gister begin as hy more bedoel.. 5.2. Sosiale probleme. 5.2.1 Beperkte leefwêreld Die leefwêreld van hierdie leerders is uiters beperk. Weens party leerders se gestremdhede bestaan hul hele leefwêreld uit hul huis, hospitale en die skool. Die ontoeganklikheid van publieke vervoer, geboue en besienswaardighede en die stigma wat daar aan die gestremde kind kleef, is van die redes waarom die leefwêreld van die kind so beperk is. In die meeste hoofstroomskole is die meerderheid leerders min of meer ʼn homogene groep. Die gestremde leerders by hierdie skool kom uit so ʼn groot verskeidenheid van agtergronde dat gemeenskaplik-bekende onderwerpe baie moeilik is om te vind. Om ʼn onderwerp vir ʼn mondelinge les te kies, kan ook in ʼn nagmerrie ontaard. Gedigte of kortverhale wat vir die een jaar se graad 11-leerders geskik en verstaanbaar is, is nie noodwendig geskik vir die volgende jaar se graad 11leerders nie. 5.2.2. Ouerprobleme. 5.2.2.1. Gebrek aan ouerbetrokkenheid. Wanneer ʼn ouer betrokke is by die skool en aktief deel het aan die besluitneming en bestuur daarvan, verseker hy sodoende dat sy kind maksimum onderrig in die bes moontlike omstandighede kan ontvang. Onbetrokke ouers aan die anderkant, kan weer die opvoedingsproses baie bemoeilik..

(25) 25. Oueronbetrokkenheid kan as gevolg van verskillende redes soos taalverskille en ongeletterdheid wees. Normaalweg kan ouers van groot hulp wees wanneer dit by huiswerk kom, deur die kind na die biblioteek te neem of op die internet in te gaan om inligting vir take te kry of leiding te gee by die skryf van ʼn opstel By hierdie skool kan ouers nie altyd van hulp wees wanneer dit by huiswerkopdragte kom nie, want heelparty ouers is nie Afrikaans magtig nie en in sekere gevalle selfs ook nie Engels nie.. Dit bemoeilik ook. kommunikasie met die ouers. Ongeletterdheid van ouers is ʼn verdere probleem, daar van die ouers nie matriek of selfs enige hoërskoolopleiding het nie. Dit lei tot misverstande, want die ouers reageer nie op skriftelike kommunikasie vanaf die skool nie en die skool sien dit (verkeerdelik) as onbetrokkenheid. Die ouers voel weer dat die skool hulle nie verstaan nie en nie betrek by skoolsake nie. 5.2.2.2. Ontkenning en onrealistiese verwagtings. Soos in hoofstroomskole is daar ook by hierdie skool ouers wat nie hul kind se gestremdheid wil aanvaar nie en onrealistiese verwagtings van hul kinders se potensiaal koester. 5.2.2.3. Ouerinmenging of oorbeskerming. Daar is natuurlik ook oorbetrokkenheid van ouers veral waar dit die meer geletterde of gekwalifiseerde ouer betref. Die ma help die kind met huiswerk en is veronderstel om te skryf wat die kind vir haar sê om te skryf, maar sy kan nie altyd objektief bly nie en wanneer sy sien dat hy spel- of taalfoute in sy opstel maak, “korrigeer” sy dit. Dan is dit natuurlik nie moontlik vir die onderwyser om te bepaal of dit die leerder se werk of die ma sʼn is nie..

(26) 26. By portefeuljewerk wat hoofsaaklik in die klas gedoen moet word, is hierdie probleem natuurlik ʼn groot een. Die leerder kan nie sy opstel of begripstoets in die klas voltooi nie en die werk gaan huis toe. Wanneer die voltooide werk nagesien word, kan die onderwyser sien dat die standaard van werk of taalgebruik nie dieselfde is as die mondelinge- of taalwerk wat in die klas gelewer word nie. Ouers. wat. ʼn. gestremde. kind. het,. probeer. oorkompenseer. a.g.v.. skuldgevoelens, veral wanneer die gestremdheid veroorsaak is deur ʼn traumatiese gebeurtenis. Hulle wil alles vir die kind doen of gee, maar bly baie keer op emosionele vlak onbetrokke by die kind, omdat hulle self nog nie die gestremdheid verwerk het nie. 5.2.2.4. Enkelouers. Omdat ʼn gestremde kind ʼn groot stremming op ʼn huwelik plaas, is baie van die ouers enkelouers. Wanneer die enkelouer ook nog ander kinders het wat in hoofstroomskole is, trek die gestremde kind se skool aan die kortste end. 5.2.3 Multikulturele verskille Die multikulturele samestelling van die skool veroorsaak dat verskillende waardes geheg word aan bv. tyd en stiptelikheid en dit benadeel ouerbetrokkenheid.. Ouerdae word op Saterdae gehou om ouers te. akkommodeer wat ver bly of wat gedurende die week werk. Ouers met ander waardes van tyd, kom laat by die ontmoetingsgeleentheid aan wanneer die belangrikste sake al bespreek is of wanneer van die onderwysers al vertrek het. Dit lei tot frustrasie by die ouer en die onderwyser. Party ouers kan nooit ouerdae bywoon nie, omdat hulle ook Saterdae werk of afhanklik is van openbare vervoer wat onbetroubaar, duur en gevaarlik is. Ander bly net te ver om vir ʼn paar uur na Johannesburg te reis om ouerdae of konserte by te woon..

(27) 27. 5.3. Gebrek aan finansies (ouers en staat). By die onderrig van Afrikaans Tweede Taal word daar heelwat werk van die skryfbord afgeskryf, veral waar dit taaloefeninge betref.. Met die. veranderende leerplanne, is daar nog nie nuwe handboeke beskikbaar nie en die voriges is so verouderd dat sommige opvoeders verkies om uit verskillende handboeke aantekeninge en taaloefeninge saam te stel. Waar die meeste leerders nie ʼn probleem het om van die bord af te skryf nie, is dit ʼn werklike probleem vir die serebraal gestremde leerder.. Hul skryfspoed is. stadig en boonop is die handskrif feitlik onleesbaar. ʼn Skootrekenaar kan die gestremde kind baie help om meer onafhanklik te wees of vinniger te werk. Die meeste ouers is egter nie finansieel in staat om skootrekenaars en somtyds selfs boeke te koop nie. ʼn Probleem wat ook bestaan as gevolg van die leerder se swak finansiële posisie, is dat hy wel by die skool ʼn rekenaar of tikmasjien tot sy beskikking het, maar nie tuis nie en dus nie sy huiswerk kan doen nie. ʼn Verdere probleem is dat indien die leerder ʼn rekenaar het, hy nie altyd ʼn drukker het nie. Bring hy die rekenaarskyfie skool toe om sy werk hier uit te druk, kan daar allerhande virusse op die skool se rekenaars oorgedra word. 5.4. Kurrikulumprobleme. Die onderwysdepartement se voorgeskrewe kurrikulum vir Afrikaans as tweede taal maak nie spesiale voorsiening vir gestremdes nie. Aangesien die leerders dieselfde matriek as normale leerders skryf, moet hulle aan dieselfde vereistes voldoen. Die vereiste is dat die leerder Afrikaans nie net baie goed moet kan verstaan nie, maar homself ook verstaanbaar moet kan uitdruk in Afrikaans. Kommunikasie is die sleutelwoord..

(28) 28. Die eerste helfte van die matriekjaar word in beslag geneem deur die versameling van mondelinge punte en die skryf van portefeuljestukke. Die mondelinge punt wat 20% van die finale punt tel, moet teen Meimaand reeds by die Onderwysdepartement wees sodat die punte gemodereer kan word. Die portefeuljepunt tel ongeveer 26% van die totale punt en moet ook teen die helfte van die jaar by die departement wees vir moderering. Die gestremde leerder is nie in staat om teen dieselfde tempo te werk as ʼn normale leerder nie en dit is ʼn groot probleem vir die opvoeder om al die werk betyds gedoen te kry. Die tweede helfte van die jaar laat geen onderrigtyd oor nie en word in beslag geneem deur die rekordeksamen en die finale eksamen. Die matriekjaar kan dus nie gereken word as ʼn jaar waarin leerders nog Afrikaans kan leer nie. Slegs afronding kan gedoen word. Dit is dus ʼn baie groot probleem om graad 10-leerders met geen of baie min kennis van Afrikaans in net twee jaar op so ʼn standaard te kry dat hulle teen matriek in staat is om deur medium van Afrikaans te kan kommunikeer en Afrikaans so te beheers dat hulle matriek kan slaag. 5.5. Probleme met laat toelatings van nuwe leerders. . Uit die aard van die skool se situasie, word daar partykeer leerders aanvaar wat weens ʼn ongeluk in ʼn rolstoel beland en nie meer by hul vorige hoofstroomskole geakkommodeer kan word nie. Leerders wat in ongelukke verlam of gestrem geraak het, se toelating geskied sodra hul rehabilitasie voltooi is en kan enige tyd van die jaar geskied. Dit veroorsaak dus ontwrigting by vakonderwys. 5.6. Tydsfaktor. Al hierdie leerders is geregtig op ekstra tyd (15 min vir elke uur) weens hul fisiese gestremdheid wanneer hulle toetse of eksamens skryf. Gedurende ʼn.

(29) 29. toetsreeks, word toetse in dubbelperiodes van net 90 minute in totaal, afgeneem.. Die opvoeder moet dus toetse aanpas sodat die leerder wat. stadig werk as gevolg van sy gestremdheid, ook betyds kan klaarkry. Dit beteken dat die toets nooit veel langer as ʼn uur kan wees nie. Daar kan van amanuense gebruik gemaak word, maar gedurende toetsreekse is daar nie altyd iemand beskikbaar om vir die leerder te skryf nie en die onderwyser kan ook nie sy klas alleen los om die skryfwerk te doen nie. In die klas kan dit ook nie gedoen word nie, want dan hoor die ander leerders die antwoorde. 5.7. Amanuense. Alhoewel amanuense ʼn groot hulp vir die opvoeder beteken, veroorsaak dit ook ʼn paar probleme: •. Wanneer die opvoeder wil hê dat ʼn amanuense vir ʼn leerder gedoen moet word, moet daar lank vooraf gereël word vir iemand om dit te doen.. •. Wanneer portefeuljewerk gedoen word, word dit gewoonlik onder eksamentoestande in die klas gedoen. Portefeuljewerk in Afrikaans Tweede Taal bestaan uit vyf kreatiewe stukke – twee lang opstelle en drie. funksionele. skryfstukke. soos. ʼn. dialoog,. verslag,. dagboekinskrywing, ens. Dit word oor verskeie periodes geskryf. Die leerder kan nie in die klas die amanuense doen nie, dus moet dit elders gedoen word. Die persoon wat die opstel vir hom skryf, is nie altyd beskikbaar nie en die leerder se werk kan dus nie betyds saam met die ander voltooi word nie. •. Objektiwiteit van die persoon wat die amanuense doen, is ʼn verdere probleem. Aangesien spelling en taal tel en alles die leerder se eie werk moet wees, moet die leerder feitlik elke woord vir die skrywer spel. Dit is ʼn baie tydsame proses en die persoon raak haastig of vergeet om al die woorde te laat spel. Indien dit ʼn Afrikaanssprekende is, verander hulle partykeer woordordefoute sonder om dit agter te.

(30) 30. kom. Die opvoeder moet probeer bepaal of die hele opstel die leerder se werk is. 5.8. Algemene taalprobleme. Alhoewel daar by Hope-Skool ʼn diverse groep leerders is, elke groep met sy eie kenmerkende manier van praat, kan die taalfoute wat hulle maak of die probleme wat hulle met die aanleer van die taal het, nie in duidelike hokkies afgebaken word nie. Die meeste probleme wat die leerders by hierdie skool ondervind by die aanleer van Afrikaans as tweede taal, is gemeenskaplike probleme. Hier en daar is die probleme wat ondervind word, as gevolg van die taal, kultuur of gemeenskap waaruit hulle kom. Die meeste probleme kan egter gewyt word aan die invloed van Engels. Die invloed van Engels op ander tale moet nie onderskat word nie. Dit maak nie saak of die leerder ʼn eerste-, tweede-, of derde taal Engelssprekende is nie.. Almal wat Engels redelik goed magtig is, is geneig om Engelse. taalstrukture te gebruik wanneer hulle Afrikaans praat of skryf.. Selfs. Afrikaanssprekende leerders wat deur medium van Engels onderrig word, se gebruik van Afrikaans ly ook onder die Engelse invloed. Van die algemene probleme wat by die onderrig van Afrikaans as tweede taal by hierdie skool ondervind word, is onder andere met feitlik al die woordsoorte, woordorde, los en vas skryf van woorde, die afkappingsteken se gebruik, lees- en skryftekengebruik, die skryf van briewe en die leerder se uitspraak wat uiteindelik ook die skriftelike werk beïnvloed.. Daar gaan. vervolgens kortliks na hierdie probleme gekyk word. 5.8.1 Gebrekkige woordeskat Leerders wat eers in graad 10 aan Afrikaans blootgestel word en nie die basiese woordeskat geleer het wat ander al in die laer grade geleer het nie, het ʼn geweldige agterstand. Hulle het hoegenaamd nie die woordeskat om kreatiewe skryfstukke te skryf nie. Hulle denkprosesse vind gewoonlik ook.

(31) 31. nog plaas in ʼn taal waarin hulle gemaklik voel en dan poog hulle om met behulp van ʼn woordeboek die skryfstuk woord vir woord te vertaal. As gevolg van ʼn bykomende gebrekkige vaardigheid om woordeboeke korrek te gebruik, bestaan die skryfstuk dan uit ʼn aantal Afrikaanse woorde wat hoegenaamd geen sinvolle sinstrukture bevat nie. Voorbeelde: •. Ek onthou agterna matriek sodat hulle kan alles soek kan kry lyk anders kinders. •. Ek is bly omdat jy het jou sterke ʼn jou matriekjaar. Wat die leerders hier probeer meedeel het, is onduidelik. Dit is nie net ʼn vertalingsprobleem nie, maar ook ʼn geval van ʼn onvoldoende beheersing van Engels en die invloed wat hul moedertale op hul denkpatroon het. 5.8.2 Omslagtigheid Dikwels is daar so ʼn omslagtige beskrywing van die onderwerp, dat die onderwerp skaars aangeraak of misgetas word. Dit gebeur veral by die korter skryfstukke soos ʼn dialoog of brief dat die leerder so ʼn langdradige inleiding het dat hy nooit by die onderwerp uitkom voordat die voorgeskrewe aantal woorde bereik word nie.. Dit kan miskien toegeskryf word aan kulturele. invloede waar daar nie sommer met die deur in die huis geval word nie, maar eers oor en weer na mekaar en die families se welstand uitgevra word voordat daar by die punt uitgekom word. 5.8.3 Woordorde Woordordefoute is seker die grootste probleem wat die opvoeder teëkom by alle leerders van Afrikaans Tweede Taal. Rympies, reëls en “resepte” en baie drilwerk gedurende taaloefeninge is seker die beste manier om hierdie probleem op te los. Ongelukkig het die meeste leerders ʼn onvermoë om.

(32) 32. taalstrukture buite die taalles toe te pas op kreatiewe of enige ander skryfwerk. Ten einde woordvolgordeprobleme na voegwoorde te probeer voorkom, word rympies betreffende die woordvolgorde van die drie groepe voegwoorde reeds van die laer klasse af al by leerders ingedril. Maar al kry hulle volpunte wanneer hulle getoets word of selfs in taaloefeninge waar hulle twee sinne moet verbind, is die toepassing van hierdie kennis, selfs by die matrieks ʼn probleem. Sodra hulle in die ander afdelings van Afrikaans soos stelwerk, begripstoets of mondelinge gesprek, die woordorde korrek moet gebruik, is hulle nie daartoe in staat nie. Voorbeelde: •. Liewe boek ek so jammer dat het jy my storie geluister. •. Ek wens dat een dag ek sal besoek America.. 5.8.4 Los- en vas skryfwyse Woorde wat in Engels los geskryf word, maar in Afrikaans een woord is, is problematies vir alle leerders. Voorbeelde: •. Klas toets (Class test). •. Kaap stad (Cape Town). Te word ook dikwels vas aan die ww. geskryf. Voorbeeld: •. Ek het baie werk om tedoen. 5.8.5 Leestekens Die gebruik van leestekens veroorsaak ook ʼn paar probleme. In Engels word daar ʼn komma gebruik voor die direkte rede, maar in Afrikaans ʼn dubbelpunt. Die Engelse invloed veroorsaak dat leerders in Afrikaans ook ʼn komma, of glad geen leesteken behalwe die aanhalingstekens, gebruik nie..

(33) 33. •. Piet vra, “ Wanneer doen jy jou huiswerk?”. Dan het hulle ook ʼn probleem om te onthou dat die aanhalingstekens heel laaste, ná die punt, vraagteken of uitroepteken die sin afsluit. Dit gebeur gereeld dat die direkte rede met aanhalingstekens afgesluit word en dan volg die punt, vraagteken of uitroepteken. •. Piet vra: “Wanneer doen jy jou huiswerk”?. Sekere leestekens word korrek gebruik en ander nie. Die komma is een van die leesteken waarmee probleme ondervind word. Kommas word gereeld voor voegwoorde uitgelaat asook tussen twee werkwoorde - veral wanneer dit dieselfde woord is. Voorbeeld: •. Toe hy die kos vir my gebring het, het ek hom daarvoor betaal. Die korrekte gebruik van die kappie en deelteken word moeilik by die leerders vasgelê. Die gebruik van die kappie by sê veral, word na willekeur gedoen, selfs al het die leerder die woord voor hom. Partykeer word die woord met en ander kere sonder die kappie gespel.. Die woord se word gewoonlik reg. gespel, maar dit gebeur tog dat ʼn leerder die twee woorde omruil en die kappie op se sit en dan weer weglaat wanneer dit sê is. Dit gebeur ook dat leerders wat ʼn baie beperkte kennis van Afrikaans het, die kappie aansien as ʼn skewe deelteken en dan deeltekens oral maak waar kappies moet wees. Of hulle gee alle e’s ʼn deelteken. ʼn Baie “gewilde” fout wat selfs leerders met ʼn baie goeie kennis van Afrikaans maak, is om ʼn deelteken op die e by opeenvolgende ae-klanke te plaas. Voorbeelde: •. bedraë. •. laër.

(34) 34. Die komma van die ʼn veroorsaak vir party leerders ʼn groot probleem. Hulle kan nie onthou of dit voor, na of bo die n gemaak moet word nie.. Die. gewildste keuse is na die n en lyk dan só: •. n’. Nog ʼn tipiese skryffout is dat hoofletters in die middel van ʼn sin en selfs ook binne woorde gebruik word. Voorbeelde: •. geSpeel. •. geLeer. Dit kom nie net in lopende skrif voor nie, maar ook wanneer hulle drukskrif skryf. Gewoonlik ontstaan die probleem as die leerder ʼn swierige handskrif aankweek en sekere letters “spesiaal” probeer maak. Veral leergestremdes het hierdie probleem. Dit gebeur ook dat ʼn leerder drukskrif skryf, maar alles in hoofletters en nie kan verstaan dat dit as ʼn spelfout beskou word nie.. Die enigste oplossing vir al hierdie leestekenprobleme is om die leerders baie gereeld lees-en skryfteken-oefeninge te gee en die probleme wat hulle met leestekens ondervind een vir een te behandel. Indien die leerder met punte gestraf word vir foute, word dit ook baie gou uitgeskakel. 5.8.6 Probleme met bepaalde woordsoorte Voorsetselfoute kom by alle leerders wat nie Afrikaanssprekend is nie, voor. Hulle vertaal die voorsetsel net soos dit in Engels gebruik word. Voorbeelde: •. Ek gaan toe my oom (I go to my uncle) in plaas van: Ek gaan na my oom toe. •. Hulle wil by die badkamer/skool/winkel gaan In plaas van: badkamer of skool of winkel toe gaan..

(35) 35. Een vaste uitdrukking wat selfs deesdae deur Afrikaanssprekendes verkeerd gebruik word, is •. Ek is mal vir swem/seekos in plaas van: Ek is mal oor swem/seekos.. ʼn Algemene taalfout op Engelse model is: •. Ons sit rond die tafel (We sit around the table). Ongelukkig is daar nie reëls wat geleer kan word nie en kan voorsetsels, veral in vaste uitdrukkings, net deur herhaling vasgelê word.. Hoe meer. blootstelling die leerder aan Afrikaans het en hoe meer ervare die leerder in die taal word, hoe meer verbeter hul gebruik van die voorsetsel. Voornaamwoorde Persoonlike voornaamwoorde: Die leerders wat Afrikaans as ʼn derde of vierde taal aanleer, het ʼn probleem om te onderskei tussen die tweede en derdepersoonsvoornaamwoorde, enkelvoud en meervoud, nl. jy en hy asook julle en hulle. Voorbeeld: •. Jy eet sy kos (in plaas van Hy eet sy kos). Hulle kan wel die Engelse vertaling van die woorde gee en gebruik dit ook blykbaar korrek in Engels, maar die oomblik wanneer hulle dit in ʼn Afrikaanse sin moet gebruik, raak hulle deurmekaar. Besitlike voornaamwoorde: ʼn Baie algemene fout van leerders wat “Kombuisafrikaans” praat, is om die datiefvorm hom te gebruik in plaas van die besitlike voornaamwoord sy..

(36) 36. Voorbeelde: •. Hom naam is Piet.. •. hom hare. Ook word die woordjie se baie keer aangelas. Voorbeeld: •. Piet laat hom se hare sny.. •. So maak ons al ons se klappers gereed om te skiet.. Die fout wat die meeste Engelssprekende leerders maak, is om die Engelse ’s wat besitting aandui, in Afrikaans te behou in plaas van se te gebruik . Party gebruik wel se maar behou ook die ’s hoewel hulle darem die afkappingsteken weglaat. Voorbeeld: •. Dit is Piets se hoed wat daar hang.. Betreklike voornaamwoorde: Die betreklike voornaamwoord word partykeer heeltemal weggelaat deur leerders in hierdie groep. Voorbeeld: •. Die kos ^ ons eet, ...... Lidwoorde Die weglaat van die lidwoord die is ook ʼn algemene fout wat gemaak word as gevolg van die Engelse invloed. Voorbeeld: •. Hy is in skool (He is in school) (in plaas van Hy is in die skool). •. Meeste mense (most people) (in plaas van die meeste mense). •. mees mense drink op Kersfees.

(37) 37. Telwoorde Die leerders ondervind almal probleme met die morfologie van sekere telwoorde. Voorbeelde: •. viertien en viertig (in ooreenstemming met vier, vier-en-twintig, vieren-dertig ens.). •. drietig (in plaas van dertig, maar dertien is meestal korrek). •. agtig (in plaas van tagtig). •. tagentagtig (in plaas van agt-en-tagtig). 5.8.7 Spellingprobleme Die omruil van die laaste twee letters van woorde wat in Afrikaans op –el eindig na –le soos dit in Engels geskryf word, kom gereeld voor. Voorbeelde: •. tafle (in plaas van tafel). •. middle (in plaas van middel). Dat sekere letters wat in Engels gebruik word, glad nie in Afrikaans gebruik word nie soos x en c, kan baie leerders maar net nie onthou nie en woorde soos examen word gereeld aangetref. Dan is daar nog woorde wat in Afrikaans op een s eindig, maar met ʼn dubbel s geskryf word, soos in Engels. Voorbeeld: klasstoets Die leerders kan nie die verskil snap tussen kort en lang a’s, o’s of e’s nie. Dit vind ook in hul spelling neerslag. Voorbeelde: •. mag in plaas van maag. •. saal in plaas van sal.

(38) 38. 5.8.8 Gesproke taal 5.8.8.1. Die Engelse invloed. Wanneer dit by die gesproke taal kom, slaan die Engelse invloed sterk deur. Enkele voorbeelde word vervolgens genoem. In Engels word die e aan die einde van woorde soos house nie uitgespreek nie en leerders is dan geneig om ook nie die e aan die einde van Afrikaanse woorde te lees of uit te spreek nie, veral meervoudsvorme wat op e eindig. Die leerder sal dan byvoorbeeld huis lees as daar huise staan. Leerders met Engels of ʼn ander taal as huistaal, wat baie min met Afrikaans in aanraking kom, probeer partykeer Afrikaanse woorde vorm deur die Engelse uitgang -ing aan Afrikaanse woorde te las of om die Engelse woord in Afrikaans uit te spreek. Voorbeelde: •. Juffrou I’m still soeking (looking) for my book. •. Juffrou I’m not praating. Foute met verbale uitgange is algemeen. Voorbeeld: •. sociallasier (in plaas van sosialiseer). In die lydende vorm word dikwels onder Engelse invloed verkeerdelik was in plaas van is gebruik. Voorbeelde: •. Hy was doodgeskiet.. •. Ek was gebore.. Die leerders kan nie verstaan dat Johannesburg nie Johannesberg in Afrikaans word nie. Dit is miskien as gevolg van hul geneigdheid om die.

(39) 39. Afrikaanse woord berg as burgh uit te spreek en wanneer hulle dan burg hoor wil hulle dit outomaties in Afrikaans berg maak Dan word gereeld gebruik in plaas van as weens die Engelse invloed van than. Voorbeeld: •. Die man is groter dan die seun. 5.8.8.2. Die invloed van Swart tale. Die i in kort woordjies word deur party leerders na ʼn e te verander. Dit kom voor by leerders wat een of meer swart taal as huistaal het en wat redelike blootstelling aan Afrikaans het. Eers is dit ʼn uitspraakfout maar dit kom later ook by die skriftelike werk voor. Voorbeelde: •. en (in plaas van in). •. is (in plaas van is). •. gester (in plaas van gister). Ook wat die gebruik van sekere woorde betref, is dit duidelik dat hul moedertaal hul Afrikaanse taalgebruik beïnvloed. Voorbeeld: •. Ek soek dit nie. (in plaas van: Ek wil dit nie hê nie). Baie van die probleme wat swart leerders met die aanleer van Afrikaans ondervind, is te wyte aan die feit dat sekere begrippe, strukture en woorde nie in hulle taal bestaan nie.. Die inheemse tale is gewoonlik basies en. eenvoudig. Voornaamwoorde en lidwoorde byvoorbeeld bestaan nie daarin nie. 5.8.9 Die verwarring van woorde se betekenis ʼn Ander algemene probleem is die verwarring oor die betekenis van twee woorde. Voorbeelde:.

(40) 40. glo versus belowe •. Jy kan my belowe (in plaas van: Jy kan my glo). •. Almal wat in die Here belowe. help versus hulp Omdat daar in Engels net een woord, maar in Afrikaans twee woorde vir help is, naamlik help wat die ww is en hulp wat die s.nw is, sal die leerder maklik skryf : •. Ek het help nodig (in plaas van hulp). •. Kan ek jou hulp? In plaas van help). wil versus sal Die Engelse gebruik van twee woorde om toekomende tyd aan te dui (will en shall) is baie verwarrend vir hierdie leerders en hulle gebruik gereeld die Afrikaanse wil (want to) in plaas van sal (will/shall). •. Ek wil my boek more vir jou bring (in plaas van sal). dat versus dit Dat en dit word gereeld verwar, veral deur leerders wat Engels nog nie heeltemal baasgeraak het nie en that as dat in plaas van dit vertaal. Voorbeeld: •. Jy moet dat doen. dit versus die Die verwarring van die persoonlike voornaamwoord met die bepaalde lidwoord. •. Dit man (in plaas van: die man). te versus geDie verwarring van die infinitief te en die verlede tyd ge- gee ook baie probleme vir party leerders. Voorbeeld: •. Hy het baie hard te werk..

(41) 41. gelede versus verlede •. Ek het gelede jaar gedruip.. ken versus weet •. Jy weet mos die nuwe kind (in plaas van ken). bedoel versus beteken •. Ek weet nie wat jy beteken nie. (in plaas van bedoel). •. Die woord bedoel iets anders (in plaas van beteken). hard versus moeilik Die werk is baie hard 5.8.10. (in plaas van: Die werk is moeilik). Klankverwarrings. Party leerders uit alle groepe, nie leergestremd nie en dikwels baie goed in Afrikaans, is geneig om ie en ei in woorde om te ruil. Voorbeelde: •. Die klien man (klein). •. Die miesie (meisie). Dit is die gevolg van klanke wat nie goed genoeg in die laer grade gedril is nie. Al raad om hierdie probleem te oorkom, is om die leerder die woord te laat uitskryf elke keer wat hy die fout maak en baie invuloefeninge te gee met verskillende woorde waarin die twee klanke uitgelaat is. 5.8.11. Die gebruik van Engelse woorde. Leerders wat tuis Afrikaans praat, maak vrylik gebruik van Engelse woorde in Afrikaans as gevolg van die gewoonte van die gemeenskap waaruit hulle kom om Engelse woorde onveranderd oor te neem en in Afrikaans te gebruik..

(42) 42. Voorbeelde: •. Ons gaan nou lunch.. •. Ons gaan na die wedding toe.. •. My cousin kom vir my kuier.. Engelse woorde word soms wel effens verander wanneer hulle dit uitspreek en dan op dieselfde wyse gespel. Voorbeelde:. •. My antie het dit vir my gegee. •. Gee asseblief vir my ʼn pakkie crips (crisps).. •. Ek lyk hom nie.. 5.8.12. Nuwe (ander) manier van praat. Swart leerders het ʼn eie manier van dinge sê: •. Juffrou, ek hoor jou nie. (beteken: ek verstaan nie wat jy sê nie). •. Hierdie werk is nie pap en vleis nie (beteken: is nie maklik nie). Voorbeeldsin: Ek hoop dat jy sal altyd hard werk en onthou dat dirtien jare in skool was nie pap en vleis nie.. 5.8.13 Vloekwoorde Vloekwoorde is skynbaar die eerste Afrikaanse woorde wat hulle aanleer en die f-woord word gereeld in opstelle of mondelinge gebruik in die betekenis van “niks”. Voorbeelde: •. Hy weet fokol.. •. Ek het fokol geld..

(43) 43. 5.8.14. Getalsverwarring. Die leerders kan almal, wanneer gevra word, sê dat die lidwoord ʼn meestal dui op een persoon of een ding, maar ten spyte hiervan dikwels lees of skryf •. ʼn huise. Nog ʼn voorbeeld: • 5.9. Die kind is tien jare oud. (in plaas van tien jaar). Die skryf van briewe. By die skryf van briewe word probleme ondervind by die vorm en struktuur daarvan. Enkele voorbeelde word vervolgens bespreek. •. Die straatadres (hul eie) wat hulle neerskryf, is nie in ʼn logiese volgorde met woonstelnommer, dan die straat en dan die voorstad nie. Die voorstad of deel waar hulle bly, word sommer eerste genoem of die uitbreiding en dan ʼn nommer. (Of daar ooit pos by hulle uitkom, is onduidelik.). •. By die aanhef word liewe as lewe of lewer geskryf of liewe en lewe se gebruik word omgeruil. Voorbeeld: Liewe Piet word lewe Piet geskryf Wanneer lewe later in die brief gebruik moet word, word liewe gebruik. Voorbeeld: …gelukkig met enige goed dinge wat jy sal doen in jou liewe. •. Die inleidende paragraaf begin meestal met die stereotipe: Hoe gaan dit met jou? Met my gaan dit goed. of Ek is goed.

(44) 44. Die tweede gewildste inleidende sin as alternatief is: Ek is baie bly om hierdie brief vir jou te skryf. of Ek is baie gelukkig vir jou te skryf •. By die slot van ʼn informele brief word geen geslagsonderskeid gemaak nie. Dit is altyd van “ Jou vriend” al is dit ʼn meisie wat die brief skryf. Engelse invloed is hier ter sprake.. •. Die slot bevat ook altyd hulle naam en van asof hulle vriende of ouers nie weet wie Piet of Anna is nie en dan word die woordjie van boonop altyd saam met die naam gebruik. Daar word ook nie by die blokvorm gehou nie. Voorbeeld: Van Piet. Al oplossing wat die opvoeder vir hierdie probleem het, is om die leerders ʼn posbusadres te laat leer, al is almal sʼn dieselfde en ook ʼn vasgestelde slot sonder om keuses of variasies vir hulle toe te laat. 6.. Voorstelle vir doeltreffende taalonderrig aan gestremdes. Ten einde doeltreffend te onderrig in buitengewone onderwys kan die individualiteitsbeginsel se belangrikheid nie oordryf word nie.. (Botha,. (1990:294) Met uitkomsgebaseerde onderrig is dit makliker om aanpassings te maak vir individuele onderrig. Op die oomblik, selfs sonder UGO, moet die opvoeder aanpassings maak om al die gestremdhede te akkommodeer en probleme op te los. In hierdie skool konsentreer die opvoeders tereg op die leerder se vermoëns en nie op sy gestremdhede nie. Daar word baie wyer gewerk en nie net by die leerplan gehou nie om sodoende die ervaringswêreld van die milieugestremde leerder uit te brei..

(45) 45. Multi-sensoriese stimulasie kan leer vinniger in die klas laat plaasvind. Die opvoeder moet sorg dat hy op hoogte van al die nuwe spesiale tegnologie bly wat in die klaskamer aangewend kan word om die gestremde leerder te help om sy maksimum potensiaal te bereik.. Die opvoeder moet nie net. rekenaargeletterd wees nie, maar ook tegnologies geletterd om die maksimum voordeel uit spesiale hulpmiddels te trek. Rekenaars kan baie doeltreffend by onderrig vir gestremde leerders ingespan word. Vir hierdie doel het die onderwysdepartement ʼn projek geloods om aan alle skole ʼn volledig- toegeruste rekenaarsentrum te verskaf. Dit is eerste by die LSEN skole geïmplementeer.. Die idee agter hierdie projek is om die. internet vir alle leerders toeganklik te maak sodat selfs agtergeblewe of andersins milieugestremde leerders navorsing vir take kan doen en opvoeders projekte kan aanpak om hul vakke vir die leerders interessanter en aanskouliker te maak en die leerders se algemene kennis uit te brei. Alle opvoeders moes ʼn opleidingskursus deurloop voordat hulle hierdie lokaal kon gebruik het. Die latere toevoeging van nog spesiale hulpmiddels soos ʼn “touch screen” vereis nog verdere opleiding. Die milieugestremde leerder moet op soveel opvoedkundige uitstappies as moontlik geneem word en aan soveel nuwe ervarings as moontlik blootgestel word om sy verwysingsraamwerk uit te brei. Koerante is ook baie nuttig vir die verbreding van leerders se leefwêreld en kan baie suksesvol by taalonderrig gebruik word. Begripstukke word uit koerante of tydskrifte gehaal en onderwerpe word gekies wat binne die meeste leerders se leefwêreld val. Een van die moontlikhede wat die opvoeder van Afrikaans Tweede Taal by ʼn leerder wat hakkel, kan gebruik, is ʼn nuwe hulpmiddel wat onlangs bekendgestel is. Dit lyk soos ʼn gehoorstuk wat die hakkelende kind dra en wat vertraagde spraak tot gevolg het. Dit werk amper soos ʼn telefoon met ʼn eggo. Die hakkelende leerder hoor homself praat en praat dan stadiger. Dit werk in die meeste gevalle en help veral by hardop lees of vir toesprake om die leerder te laat ophou met hakkel..

(46) 46. Die probleme van die spina bifida kan in taalonderrig aangespreek word deur ʼn multi-sensoriese benadering van remediëring en kompensasie. Dit behels onder meer dat: •. daar van die leerder se sterkpunte gebruik gemaak moet word.. •. daar van direkte onderrigmetodes gebruik gemaak moet word.. •. konsepte sistematies, stap vir stap vir die kind geleer word. Inligting moet eksplisiet oorgedra word en leer moet nie aan intuïsie en ontdekking oorgelaat word nie.. •. daar gepraat moet word oor wat gelees is. Wie, wat, waar? Leer die kind verskillende betekenisse vir woorde en om die inhoud te analiseer.. •. die geheue geoefen moet word deur soveel as moontlik sintuie te betrek wanneer nuwe werk aangebied word en deur aanbiedings te varieer.. •. daar gebruik gemaak moet word van bandopnemers sodat die leerder nie aantekeninge hoef te maak nie en rustiger op luister kan konsentreer. Die opvoeder kan ook aantekeninge maak en uitdeel. Sodoende word daar boonop voorkom dat die werk verkeerd afgeskryf of spelfoute gemaak word.. •. die kind geheuestrategiee geleer word soos om te assosieer en te oefen om prente in sy geheue te sien.. •. rolspel aangemoedig word.. •. die leerder ekstra tyd vir eksamens en toetse gegee word.. Die. toegelate ekstra tyd is 15 minute vir elke uur. By die serebraal gestremde leerders moet die opvoeder tussen hulle rond beweeg en waar hulp nodig is, die vrae en aantekeninge vir hulle afskryf. Wanneer dit moontlik is om die aantekeninge te tik en fotostateer, moet dit gedoen word.. ʼn Ander moontlike hulpmiddel is in die vorm van ʼn. klasassistent(e) wat hulp verleen met die aantekeninge terwyl die opvoeder aangaan met onderrig..

(47) 47. Die serebraal gestremde leerder word ook ekstra tyd toegelaat gedurende toetse en eksamens. Aangesien die leerder al meer spasties raak wanneer hy gespanne raak, is dit wenslik om liewer ʼn amanuense te reël. By die serebraal gestremde behoort die beginsel van moedertaalonderwys te geld (Botha,1990:293), anders kan taalverwarring en die gepaardgaande belemmering van die kind se kognitiewe groei, plaasvind. Die opvoeder kan hulp in verskillende vorme aan die leergestremde verleen: •. Die leerder kan ekstra tyd gegee word om take te voltooi.. •. Inligting kan ʼn paar keer herhaal word totdat hulle dit begryp.. •. Die opvoeder moet korter instruksies gee en net een opdrag op ʼn keer.. •. Die opvoeder moet ook gebruik maak van ʼn variëteit van media en materiaal in die lesaanbieding veral visuele hulpmiddels.. •. Inligting moet stelselmatig en gestruktureerd aangebied word. Roetine en struktuur in die lesaanbieding help ook die leergestremde om die werk makliker baas te raak. Gee opsommings van lesse.. •. Die opvoeder kan ook van ʼn bandmasjien gebruik maak wanneer daar toetse of eksamens geskryf word, deur die vrae op band te sit en die leerder met oorfone daarna te laat luister en die antwoorde neer te skryf. Vir die leerder wat nie kan skryf nie, kan daar ruimte op die band gelaat word sodat hy sy antwoorde mondeling op band kan opneem. Die opvoeder kan ook lesse of die storie wat in die klas behandel word, op band opneem.. •. Die opvoeder moet probeer om daagliks die kind te oefen om na opdragte of sinne te luister. Begin miskien met een sin, dan twee, dan drie en maak dit geleidelik moeiliker en langer totdat die kind se aandagspan begin verleng.. Die opvoeder kan ook probeer om die. luisterlees-oefening op verskillende maniere aan te pak . •. Die opvoeder kan ook ekstra tyd gee aan die leerder wanneer hy dit nodig het..

(48) 48. •. Die leerder kan toegelaat word om aan konkrete hulpmiddele te raak en dit te gebruik.. Om die probleem van onvolwasse taalontwikkeling te remedieer, kan die leerder baie oefeninge in sinsuitbreiding gegee word om te doen. Gee die leerder byvoorbeeld ʼn basiese sin of neem een van sy eie driewoordfrases. Vra dan aanhoudend vrae wat hom dwing om die sin uit te brei: Die man loop. (Hoe lyk die man? Hoe loop hy?) Die groot man loop vinnig. ( Wat het die man op sy kop?) Die groot man met die swart hoed loop vinnig. (Waarheen loop hy?) Die groot man met die swart hoed loop vinnig na sy motor toe. (Hoekom?) Die groot man met die swart hoed loop vinnig na sy motor toe want dit begin reën. Probleme wat die opvoeder met gehoorgestremde leerders kan ondervind, is dat die leerder nie sy gehoorapparaat dra nie of dat die mikrofoon stukkend of by die huis gelaat is. Wanneer die leerder dan afkyk of wegkyk, weet hy glad nie wat in die klas aangaan nie. Ook wanneer ʼn ander leerder ʼn vraag vra of antwoord gee, hoor hierdie leerder nie wat gesê word nie. Die leerder kan ook nie aan groepbesprekings deelneem nie, want almal praat gewoonlik gelyk en hy weet nie waar om te kyk nie. Die opvoeder moet dus maar aanhoudend die leerder se aandag kry en seker maak dat die leerder nie wegkyk nie. Die uitspraak van hul woorde is nie altyd korrek nie en hulle stemtoon wanneer hulle lees of praat, is gewoonlik toonloos, sonder kleur en eentonig. Die leerder moet remediërende spraakhulp kry en baie individuele aandag van die opvoeder. Veral wat die paarwoorde met verskillende konsonante aan die begin of einde betref, soos bak en bad, tak en dak moet die uitspraak duidelik wees en gereeld geoefen word..

(49) 49. Die opvoeder kan ook die leerder gereeld stories laat vertel om so die ouditiewe geheue te oefen wat normaalweg versteurings openbaar. Botha (1990:361) sê dat taal in die geval van die gehoorgestremde kind ʼn besonder belangrike rol speel. Die kind moet onderrig word in die taal wat hy verstaan omdat hy sodoende leerinhoude beter sal verstaan. Eenvoudige, direkte woorde en sinne moet gebruik word. En daar moet baie van herhaling gebruik gemaak word. ʼn Leerder met ʼn haaslip of gesplete verhemelte, spreek die woorde snaaks uit en skryf en spel dit soos hy dit uitspreek. Wanneer mondelinge gedoen word, is ʼn moontlike oplossing dat die opvoeder die toespraak of leesstuk voor haar het terwyl die leerder besig is om te praat. 7.. Samevatting. Die normale kind gaan deur verskillende stadiums van kognitiewe ontwikkeling – van die senso-motoriese stadium tot by die formeeloperasionele stadium.. By die kind wat van geboorte af fisies en/of. verstandelik gestremd is, kan normale kognitiewe ontwikkeling nie plaasvind nie. Daar moet gepoog word om met behulp van terapie hierdie kind te help om sy maksimum potensiaal te bereik om sodoende so normaal as moontlik te kan funksioneer.. LSEN-skole bied vir die meeste leerders met ʼn. gestremdheid, ʼn plek waar hulle die nodige hulp kan kry om hulle volle potensiaal te kan bereik. ʼn Jong kind leer gedurende die eerste paar jaar van sy lewe baie makliker ʼn nuwe taal aan as ʼn ouer kind of volwassene as gevolg van die plastisiteit van sy brein.. Soos die taalvermoë ontwikkel, ontwikkel kognisie wat met die. denkprosesse te doen het en dit lei tot verdere taalontwikkeling. ʼn Taalonderwyser moet bepaal op watter vlak die leerder se kognitiewe ontwikkeling is, en dan aktiwiteite beplan wat binne die leerder se bevoegdhede val. Wanneer die leerder egter in die heel senior klasse kom.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Woorde Is die skrywer se gereedskap. DIE LOGIESE INHOUD. Verba valent usu -woorde se betekenis word bepaal deur ·hulle gebruik.. En dit geld netso goed vir

Service cut-offs became widespread as local authorities implemented aggressive cost recovery policies which resulted in the advent of community movements whose primary aim was to

Gewoonlik word die onderskeiding gemaak: die regverdiging .is die wegneming van die skuld en die he.i.ligmaking is die wegneming van di.e smet van di.e

Although consumption does not by itself have a long run effect on employment in the private sector, together with investment spending these two components of

Tegen de verwachting in toont dit onderzoek aan dat er een interactie effect is van type advertentie (groen, neutraal), type product (hedonische, praktisch) en scepticisme tegenover

Only combined sub-chronic THC + efavirenz exposure was hedonic in the SPT, while sub-chronic THC + efavirenz also induced greater cortico-striatal lipid peroxidation,

In de huidige maatschappij is er een trend te zien waarbij de overheid haar (financiële) steun aan maatschappelijke instellingen terugtrekt en meer actief

With China laying out plans for establishing a group of competitive machine manufacturing companies by 2010, OEM's of coal mining equipment need to see this as an opportunity to